Kwartaalverslag 31 Desember 2016

Size: px
Start display at page:

Download "Kwartaalverslag 31 Desember 2016"

Transcription

1 Kwartaalverslag 31 Desember 2016

2 INHOUD FONDS VERWIKKELINGE... 2 MARKOORSIG... 3 OPBRENGSTABELLE... 4 BATEALLOKASIE

3 FONDS VERWIKKELINGE Naviga BCI Income Planner FvF: SA Effekte het n negatiewe opbrengs van 6.67% gelewer gedurende Desember 2015 nadat President Jacob Zuma die plaaslike effektemark geskok het deur die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene met David van Rooyen te vervang. Effekte het ook gesukkel weens die dreigende afgradering van Suid-Afrikaanse krediet na rommel status. Ons glo egter dat die mark oorreageer het in die korttermyn en het dienooreenkomstig SA Effekte se blootstelling verhoog. Effekte het n opbrengs van 6.55% vir die eerste kwartaal van 2016 gelewer teenoor die 1.6% van SA kontant. Ons het die blootstelling aan SA effekte verhoog deur meer te allokeer aan die buigsame inkomste fondse en die blootstelling aan BCI Enhanced Interest te verminder. Naviga BCI Secure Growth FvF: Die JSE Alle Aandele indeks het voortgegaan met Desember 2015 se afwaartse tendens en 3% in die eerste maand van die jaar verloor. Ons het besluit om hierdie geleentheid te benut deur SA aandele gedurende Februarie met meer as 5% te verhoog. Die SIM Active Income fonds is by die portefeulje gevoeg as n plaaslike buigsame inkomste fonds om die buitelandse effekte blootstelling te verminder. n Taktiese allokasie is aan die Satrix Fini Indeks gemaak. Daar was geen veranderinge aan die buitelandse fondse nie. Naviga BCI Balanced Growth FvF: Soos reeds genoem, het ons die SA aandele blootstelling verhoog. Buitelandse aandele is gedurende die kwartaal verminder. Ons het die blootstelling aan indeksfondse verhoog om die koste en die wisselvalligheid rondom die indeks te verlaag. n Taktiese allokasie is aan die Satrix Fini Indeks gemaak. Naviga BCI Worldwide Flexible FvF: Twee passiewe fondse, GinsGlobal MSCI World Index en Satrix Top 40, is by die fonds gevoeg om koste en wisselvalligheid rondom die indeks te verlaag. Daar was geen bate allokasie veranderinge nie. BCI Best Blend Global Equity FvF: Die blootstelling aan Afrika aandele is verlaag, terwyl blootstelling aan kontant en goud verhoog is om risiko te verminder. Naviga BCI SA Equity Fund: Efficient Select (aktiewe fondsbestuurder) is vervang deur die Satrix Top 40 en DBX MSCI World Index fondse wat beide passiewe fondse is. Dit verlaag die afwyking van die fonds se opbrengs teenoor die indeks se opbrengs. Die tabel hieronder bevat n opsomming van die veranderinge gedurende die eerste kwartaal van 2016: Fonds Bate allokasie Fondse bygevoeg Fonds verwyder Naviga BCI Income Planner FvF Verhoog SA Effekte None Geen Naviga BCI Secure Growth FvF Verhoog SA Aandele SIM Active Income Satrix FINI Index Naviga BCI Balanced Growth FvF Verhoog SA Aandele Satrix Top 40 Verminder Buitelandse Satrix FINI Index Aandele DBX MSCI World Index Naviga BCI SA Equity Fonds Geen Satrix Top 40 DBX MSCI World Index Naviga BCI Worldwide Flexible FvF Geen GinsGlobal MSCI World Index Satrix Top 40 BCI Best Blend Global Equity Fonds Verminder Afrika None Verhoog kontant en goud Geen SIM Value Coronation Top 20 Efficient Select Geen Geen 2

4 MARKOORSIG Desember is gewoonlik n goeie maand vir aandelemarkte. Sedert 1950 het die S&P 500 in Amerika, gedurende Desember, n positiewe opbrengs in 50 maande gelewer teenoor slegs 17 maande wat negatief was. Die gemiddelde opbrengs was 1.54% sedert Desember 2016 het nie teleurgestel nie deur n opbrengs van 1.76% te lewer. Plaaslik het die JSE Algehele Indeks positief geëindig met n opbrengs van 0.97%. Vir die tweede keer sedert 2008 het die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) die rentekoers met 0.25% verhoog na 0.75%. Die Fed was meer optimisties as verwag en daar mag dalk nog drie rentekoers verhogings gedurende 2017 plaasvind. Die optimisme van die Fed kan toegeskryf word aan die mark se reaksie na gelang van die Amerikaanse verkiesing. Die S&P 500 het n nuwe hoogtepunt gedurende Desember bereik. Donald Trump het beloof om belasting te verminder en fiskale besteding te verhoog wat die ekonomie behoort te ondersteun. Dit kan tot hoër inflasie lei wat n inkrimpende monetêre beleid sal verlang. Aanvanklik het die verhoogde rentekoers n negatiewe impak op plaaslike effekte en die rand gehad, maar die bateklasse het teen die einde van die maand goed herstel. SA effekte en eiendom het onderskeidelik n opbrengs van 1.54% en 4.24% vir Desember gelewer. Die rand het met 2.5% teenoor die VSA Dollar versterk. In Europa het ekonomiese groei positief gebly al was dit laag. By die Europese Sentrale Bank (ESB) se vergadering op 8 Desember het die ESB bevestig dat die kwantitatiewe verligting na Maart 2017 verleng sal word. Die ESB sal voortgaan met die aankoop van 60bn se effekte tot Desember 2017 en selfs langer indien nodig. Nuutverkose president Trump het aangedui dat die huidige handelsooreenkomste met die VSA hersien sal word. Daar sal 'n groter klem op die beskerming van plaaslike nywerhede wees. Plaaslik is die regering ook geneig om vervaardigers te beskerm en vryhandel te beperk. Navorsing dui daarop dat lande wat vryhandel omhels is geneig om n hoër ekonomiese groei en n jaarlikse inkomste per capita te lewer. Die uitdaging is om die rykdom vanaf vryhandel meer gelyk te versprei. 3

5 OPBRENGSTABELLE TABEL A: MARK OPBRENGS TOT 31 DESEMBER 2016 Bateklas Vierde Kwartaal: Maande JSE Algehele Aandele -2.09% 2.63% Hulpbron Aandele -1.20% 34.24% Finansiële Aandele 2.89% 5.44% Industriële Aandele -4.69% -6.55% SA Effekte 0.32% 15.42% SA Eiendom 1.26% 10.20% SA Kontant 1.76% 7.03% VPI 0.98% 6.61% Internasionale Aandele (VSA$) 1.86% 7.51% Internasionale Effekte (VSA$) -7.07% 2.09% Internasionale Kontant (VSA$) 0.11% 0.32% Rand/Dollar -0.55% % TABEL B: FONDS OPBRENGSTE TOT 31 DESEMBER 2016 Vierde Kwartaal Portefeuljes Maande 3 Jaar¹ Sedert Aanvangs¹ Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Naviga BCI Income Planner 1.62% 1.86% 8.27% 7.37% 6.90% 6.58% 7.97% 7.31% Naviga BCI Secure Growth -0.60% 1.70% 2.57% 9.61% 5.93% 8.72% 9.47% 8.74% Naviga BCI Balanced Growth -2.66% 1.93% -0.54% 10.61% 4.25% 9.72% 11.12% 9.85% Naviga BCI SA Equity -0.30% -3.22% 4.23% 4.13% 4.19% 7.59% 8.66% 13.81% BCI Best Blend Global Equity -4.52% 1.29% % -5.12% 4.78% 13.45% 10.30% 14.61% Naviga BCI Worldwide Flexible N/A N/A N/A N/A N/A N/A N/A N/A 1) Opbrengste langer as 12 maande is n jaarliks opbrengs 4

6 BATEALLOKASIE NAVIGA BCI INCOME PLANNNER NAVIGA BCI SECURE GROWTH NAVIGA BCI BALANCED GROWTH 5

7 NAVIGA BCI SA EQUITY BCI BEST BLEND GLOBAL EQUITY NAVIGA BCI WORLDWIDE FLEXIBLE * Die Naviga BCI SA Equity Fonds, asook die BCI Best Blend Global Equity Fonds word as die aandeleboublok binne die ander Naviga fondse gebruik. 6

8 Vrywaring: Kollektiewe beleggings is gewoonlik medium- tot langtermynbeleggings. Die waarde van winsdelende belange mag toe- óf afneem, en historiese prestasie is nie noodwendig n aanduiding van toekomstige prestasie nie. Kollektiewe beleggings verhandel teen heersende pryse, en mag aandelebewys lenings aangaan. Vooruit pryse word gebruik. n Skedule met fooie en heffings en maksimum kommissies is beskikbaar op aanvraag van die maatskappy/skema. Kommissies en aansporingsbonusse mag betaal word, en indien wel, word dit in totale koste ingereken. Die Fonds mag gesluit word vir nuwe beleggers. n Fonds van fondse kollektiewe beleggings mag in ander kollektiewe beleggings belê, wat hul eie fooie hef en dus in n hoër fooiestruktuur vir sodanige portefeuljes mag veroorsaak. Grafieke en prestasiesyfers word bekom van Morningstar vir enkelbedragbeleggings, insluitende inkomsteverspreiding, op n netto batewaarde-tot-netto batewaarde grondslag. Syfers sluit nie aanvangsfooie in nie. Inkomste word herbelê op die datum wanneer die belegger geregtig is op die dividende. Ware beleggingsprestasie verskil na gelang van toepaslike aanvangsfooie, beleggingsdatum en datum van herbelê van inkomste. Kollektiewe beleggings word bereken op n netto batewaarde basis, en ouditeursfooie, bankkoste en trust fooie word gehef op die portefeulje. Die portefeuljebestuurder mag tot en met 10% van die markwaarde van die portefeulje leen om ontoereikende likiditeit te oorbrug, in geval van die afkoop van winsdelende belange. Direkteure: H. Weidhase, D. Janse van Rensburg Reg. no. 2001/005392/07 Catnia Building, Bella Rosa Village, Bella Rosa Street, Bellville, 7530 t: +27 (0) f: +27 (0) e: info@naviga.co.za 7 Naviga Solutions (Edms) Bpk is n gemagtigde finansiële dienste verskaffer, FSP 381.

Dinamika Fonds Bestuurders Markoorsig vir September 2018

Dinamika Fonds Bestuurders Markoorsig vir September 2018 Dinamika Fonds Bestuurders Markoorsig vir September 2018 Nuus Hooftrekke SA Rentekoerse was onveranderd gelos op 6.5% met die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee wat nie konsensus gehad het nie. Drie

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited 14 November 2014 Disclaimer:

More information

Die jaar om finansieel fiks te word! LID NUUSBRIEF. Boodskap van die Hoofbeampte

Die jaar om finansieel fiks te word! LID NUUSBRIEF. Boodskap van die Hoofbeampte LID NUUSBRIEF Januarie 2014 Boodskap van die Hoofbeampte Beste lede Ons hoop julle het n heerlike feestyd saam met familie en vriende deurgebring. Namens die Media24 Aftreefonds wens ek julle n wonderlike

More information

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd 12 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute advice.

More information

Boodskap van die Hoofbeampte LID NUUSBRIEF. Oktober Beste lede. Vriendelike groete Lynn van der Merwe

Boodskap van die Hoofbeampte LID NUUSBRIEF. Oktober Beste lede. Vriendelike groete Lynn van der Merwe LID NUUSBRIEF Oktober 2014 Boodskap van die Hoofbeampte Beste lede Dit was lekker om uit die reaksie op die ledevraelys te sien dat baie lede die Fonds se kommunikasie geniet en die inligting kan gebruik.

More information

krag van Die buitengewone saamgestelde rente JANUARIE Boodskap van die Hoofbeampte Lid Nuusbrief Eenmalige addisionele vrywillige bydrae van R15 000

krag van Die buitengewone saamgestelde rente JANUARIE Boodskap van die Hoofbeampte Lid Nuusbrief Eenmalige addisionele vrywillige bydrae van R15 000 Lid Nuusbrief JANUARIE Boodskap van die Hoofbeampte Beste Lid Welkom terug en alles van die beste vir die jaar wat voorlê! Goeie aftreebeplanning is afhanklik van die bydraes wat jy lewer en die beleggingsopbrengste

More information

NUUSBRIEF DESEMBER 2016

NUUSBRIEF DESEMBER 2016 NUUSBRIEF DESEMBER 2016 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET INHOUDSOPGAWE In hierdie uitgawe 1) BELEGGINGSBELEID EN AANPASSINGS 2 1.1 RSA Makelaars Beleggingsbeleid 2 1.2 Lewende Annuïteit: Jaarlikse

More information

Verstaan jou pensioenkeuses by aftrede LID NUUSBRIEF JULIE. Boodskap van die Hoofbeampte. Waar begin n mens dus?

Verstaan jou pensioenkeuses by aftrede LID NUUSBRIEF JULIE. Boodskap van die Hoofbeampte. Waar begin n mens dus? LID NUUSBRIEF JULIE Boodskap van die Hoofbeampte Beste Lede In die vorige uitgawe van Die Neseier het ons ten slotte kortliks gekyk na oorwegings rondom aftreebeplanning waarvan julle bewus moet wees,

More information

PL A ASLIKE BELEGGINGS

PL A ASLIKE BELEGGINGS PLAASLIKE BELEGGINGS GLACIER PLAASLIKE BELEGGINGS 1 ONTDEK GLACIER 2 Glacier van Sanlam bring vooraanstaande kundiges en gerekende finansiëledienste-maatskappye bymekaar om in welvarende kliënte se finansiële

More information

Universiteit Stellenbosch NUUSBRIEF NEWSLETTER. Voorsittersverslag

Universiteit Stellenbosch NUUSBRIEF NEWSLETTER. Voorsittersverslag USAF Universiteit Stellenbosch Stellenbosch University AFTREDEFONDS RETIREMENT FUND NUUSBRIEF NEWSLETTER INHOUD Voorsittersverslag Dit is aangenaam om n terugblik op die afgelope paar maande van 2017 te

More information

PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF) In-Fonds Lewende Annuïteit (IFLA) Vrae en antwoorde

PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF) In-Fonds Lewende Annuïteit (IFLA) Vrae en antwoorde PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF) In-Fonds Lewende Annuïteit (IFLA) Vrae en antwoorde 2 PREDIKANTE IN-FONDS LEWENDE ANNUÏTEIT INHOUDSOPGAWE Agtergrond 4 1. Wie kan

More information

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI NORTHERN CAPE PROVINCE PROFENSI YA KAPA-BOKONE NOORD-KAAP PROVINSIE IPHONDO LOMNTLA KOLONI Provincial Gazette Kasete ya Profensi igazethi YePhondo Provinsiale Koerant Vol. 19 KIMBERLEY, 20 AUGUST AUGUSTUS

More information

PSG WEALTH PRETORIA-OOS

PSG WEALTH PRETORIA-OOS PSG WEALTH PRETORIA-OOS Union Caterers 23 Oktober 2014 01 LEON MOSTERT Page 2 2 Copyright PSG 1 Wat is u verwagtinge rondom u beleggings en word dit daarvolgens bestuur? Page 3 Verwagtinge en werklikheid

More information

Die invloed van vakbonde *

Die invloed van vakbonde * OpenStax-CNX module: m25212 1 Die invloed van vakbonde * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

NUUSBRIEF Menlyn. Suid-Afrika: 5 grafieke wat my hoop gee vir 2017

NUUSBRIEF Menlyn. Suid-Afrika: 5 grafieke wat my hoop gee vir 2017 Oktober 2016 NUUSBRIEF Menlyn Suid-Afrika: 5 grafieke wat my hoop gee vir 2017 Grafiek 2: Suid-Afrikaanse sakevertroue (1976-2016) Marius Cornelissen Die Nkandla-saga, grootskaalse korrupsie, die krisis

More information

HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG

HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG REMGRO BEPERK / GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG VERSLAE AAN AANDEELHOUERS HOOF FINANSIËLE BEAMPTE SE VERSLAG INLEIDING Vanweë die feit dat Remgro n beleggingshouermaatskappy is, is tradisionele prestasiemetings,

More information

PRESS STATEMENT BY THE MINISTER OF FINANCE

PRESS STATEMENT BY THE MINISTER OF FINANCE PRESS STATEMENT BY THE MINISTER OF FINANCE (13th September, 1965) THE Government has during the past months been engaged in relieving the inflationary pressure on the economy, without restricting economic

More information

26 September 2014 Carine van Zyl Tel: (021)

26 September 2014 Carine van Zyl Tel: (021) 26 September 204 Carine van Zyl Tel: (02) 808 589. SAFEX (MTM-PRYSE) Die MTM-prys op Vrydag 26 September 204 vir koringlewering in Oktober was R3 640 per ton gelewer te Randfontein. MTM-pryse (26/09/204)

More information

Annuïteite: Vriend of Vyand? (deur Andró Griessel) 15 Februarie 08

Annuïteite: Vriend of Vyand? (deur Andró Griessel) 15 Februarie 08 Annuïteite: Vriend of Vyand? (deur Andró Griessel) 15 Februarie 08 Meeste mense voel oor Annuïteite soos oor hulle skoonma s. Hulle wens hulle het dit nie gehad nie! Gelukkig is daar darem van ons wat

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za

More information

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE DEPARTMENT OF TRANSPORT GG 23345 (RG 7336) No. R. 499 26 April 2002 MERCHANT SHIPPING ACT, 1951 (ACT No. 57 OF 1951) AMENDMENT OF TONNAGE REGULATIONS, 1986 The Minister of Transport has, under section

More information

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS

VERSLAE AAN AANDEELHOUERS VERSLAE AAN AANDEELHOUERS VERSLAE AAN AANDEELHOUERS Voorsitter en Hoofuitvoerende beampte se verslag JOHANN RUPERT VOORSITTER THYS VISSER HOOFUITVOERENDE BEAMPTE MET N OOGOPSLAG BEKENDSTELLING VAN KING

More information

Empathy Ouerhandleiding

Empathy Ouerhandleiding Empathy Ouerhandleiding www.itschools.co.za Inhoud Empathy gebruikershandleiding vir ouers 2016 Oorsig van Empathy... 1 Wat is Empathy?... 1 Hoe om boeke te bestel... 1 Aan die begin: Registrasie en aanteken...

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec Regulation Gazette No. 9460 Regulasiekoerant Vol. 547 January Pretoria, 28 Januarie 2011 No. 33967 2 No.33967 GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not

More information

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016 Sinodale Aandeel Inligting soos op 28 Januarie 2016 Die sinodale kantoor kry soms navrae oor die moontlikheid om afslag of korting op sinodale aandeel te gee. Ander vra weer dat die Sinode die sinodale

More information

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016 Interaksie met Sakekamer 15 Maart 2016 Basis van vertrek moet wees dat alle waterbronne aan die staat behoort en dat die Voëlvleidam soos ander damme in die Wes Kaap deur die Departement van Water en Sanitasie

More information

EKWITEIT IN KAPITAALWINSBELASTING

EKWITEIT IN KAPITAALWINSBELASTING Omstctcon100Q Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoih Onderwys r;ojaar:::!btandfg2001 WETENSKAPLIKE BYDRAES REEKS H: INOUGURELE REDE NR. 180 EKWITEIT IN KAPITAALWINSBELASTING Prof K Coetzee lnougurele

More information

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING KOPIEREG VOORBEHOU//COPYRIGHT RESERVED DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING SKOOL VIR DIE BOU-OMGEWING/SCHOOL OF THE BUILT ENVIRONMENT FAKULTEIT INGENIEURSWESE, BOU-OMGEWING EN INLIGTINGTEGNOLOGIE

More information

NUUSBRIEF Menlyn. Bitcoin Waaroor gaan dit alles? Die boustene van jou belegging verstaan en bevraagteken voor jy dit aanvaar.

NUUSBRIEF Menlyn. Bitcoin Waaroor gaan dit alles? Die boustene van jou belegging verstaan en bevraagteken voor jy dit aanvaar. Oktober 2017 NUUSBRIEF Menlyn Bitcoin Waaroor gaan dit alles? Marius Cornelissen Wat is Bitcoin? Bitcoin is n digitale of kriptogeldeenheid wat in 2009 geskep is deur n onbekende persoon wat die skuilnaam

More information

TOEKOMS BEPLAN N GEORGANISEERDE

TOEKOMS BEPLAN N GEORGANISEERDE 360 Nuusbrief van The Core Group Uitgawe 19 2 de Kwartaal Junie 2018 Newsletter of The Core Group Issue 19 2 nd Quarter June 2018 BEPLAN N GEORGANISEERDE TOEKOMS INDEKS Teenvermydingsreëls Is die waardasie

More information

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon. 1.Hierdie skou sal volgens die reëls van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kouvoëlvereniging aangebied word. Alle reëls deur die organiserende liggame neergelê, sal deur die deelnemers nagekom word. 2.Inskrywingsfooi:

More information

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018 Table of Costs for Conveyancing. As from April 01, 2018 2 Transporte en Verbande/Transfers and Bonds Tables calculated in accordance with the guidelines prescribed by the various Law Societies with Deeds

More information

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016 LAERSKOOL ROODEKRANS BELEID TEN OPSIGTE VAN TOEKENNINGS BUITE-SKOOLVERBAND VIR UITSONDERLIKE PRESTASIE Beleid hersien: Me. T J van Rensburg Datum: 29 September 2016 Gekontroleer: Mnr. M Swanepoel Datum:

More information

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 May May 01, 2017

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 May May 01, 2017 Table of Costs for Conveyancing. As from May 01, 2017 2 Transporte en Verbande/Transfers and Bonds Tables calculated in accordance with the guidelines prescribed by the various Law Societies with Deeds

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Senwes Opsie- & Makelaarsdienste 2017/12/21

Senwes Opsie- & Makelaarsdienste 2017/12/21 Senwes Opsie- & Makelaarsdienste 2017/12/21 ###### Bestuurder: Frans Dreyer (018) 464 7786 frans.dreyer@senwes.co.za Opsieskrywer: Susari Geldenhuys (018) 464 7430 (072) 116 9999 susari.geldenhuys@senwes.co.za

More information

REMGRO BEPERK Registrasienommer 1968/006415/06 ISIN ZAE Aandelekode REM TUSSENVERSLAG

REMGRO BEPERK Registrasienommer 1968/006415/06 ISIN ZAE Aandelekode REM TUSSENVERSLAG Registrasienommer 1968/006415/06 ISIN ZAE000026480 Aandelekode REM TUSSENVERSLAG ONGEOUDITEERDE RESULTATE VIR DIE SES MAANDE GEËINDIG 31 DESEMBER 2014 HOOFTREKKE Intrinsieke netto batewaarde per aandeel

More information

Die Anglo-Boereoorlog *

Die Anglo-Boereoorlog * OpenStax-CNX module: m24577 1 Die Anglo-Boereoorlog * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

More information

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED.

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED. C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: 2010-08-17 Datum van uitspraak: IN DIE NOORDGAUTENG HOE HOF (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES

More information

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1 Omri van Zyl Uitvoerende Direkteur: Agri SA 7 September 2016 Agri Noordwes Kongres Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1 Droom 2015 Agri SA 2 Suid Afrika

More information

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9 ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 015 GRAAD 9 PUNTE: 100 TYD: UUR AANTAL BLADSYE INSLUITEND VOORBLAD: 7 Wiskunde Graad 9 GET November 015 INSTRUKSIES EN INFORMASIE 1. Hierdie vraestel

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Die effek van dalende goudmynproduksievlakke op indiensname in die Dr. Kenneth Kaundadistriksmunisipaliteit

Die effek van dalende goudmynproduksievlakke op indiensname in die Dr. Kenneth Kaundadistriksmunisipaliteit 678 Die effek van dalende goudmynproduksievlakke op indiensname in die Dr. Kenneth Kaundadistriksmunisipaliteit The effect of declining goldmine production levels on employment in the Dr. Kenneth Kaunda

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction from the dominium - toets Voorgeskrewe werk Hierdie eenheid

More information

AARDRYKSKUNDE VS1 NOVEMBER 2006 ADDENDUM

AARDRYKSKUNDE VS1 NOVEMBER 2006 ADDENDUM Aardrykskunde/VS1 AARDRYKSKUNDE VS1 NOVEMBER 2006 Aardrykskunde/VS1 2 Aardrykskunde/VS1 3 FIGUUR 1.6 MAANDAG JULIE 17, 2:26 NM Golwe teister die suidkus van die Java-eiland nadat 'n tsunami-waarskuwing

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA (REPUBLIEK VAX SUID-AFRIKA)

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA (REPUBLIEK VAX SUID-AFRIKA) IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA /ES (REPUBLIEK VAX SUID-AFRIKA) HAAL DEUR WAT NIE VAN TOEPASSING IS ME (1) RAPPORTEERBAAR: ^/NEE. (2) VAN BELANG VIR ANDER REGTERS: j / NEE. (3) HERSIEN. DATUM HANDTEKENING

More information

Senwes Opsie- & Makelaarsdienste 2018/06/04

Senwes Opsie- & Makelaarsdienste 2018/06/04 Senwes Opsie- & Makelaarsdienste 2018/06/04 ###### Bestuurder: Frans Dreyer (018) 464 7786 frans.dreyer@senwes.co.za Opsieskrywer: Susari Geldenhuys (018) 464 7430 (072) 116 9999 susari.geldenhuys@senwes.co.za

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015 PROVINCE OF THE WESTERN CAPE Provincial Gazette Extraordinary PROVINSIE WES-KAAP Buitengewone Provinsiale Koerant 7453 7453 Tuesday, 21 Dinsdag, 21 Julie 2015 Registered at the Post Offıce as a Newspaper

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

2. Historiese ontwikkeling van Uitenhage

2. Historiese ontwikkeling van Uitenhage Gemeenskapsanaliese-verslag 1.Inleiding 2. Historiese ontwikkeling van Uitenhage 3. Toekomstige ontwikkeling 4. Spesifieke Nood 5. Hulpbronne en Gawes in die gemeenskap 6. Bronnelys 1. Inleiding Uitenhage

More information

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie MIDDELMISBRUIK SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie Beskikbaarheid van skadelike middels Trauma en stres

More information

AANBOD OM N DEELTITEL-EENHEID TE KOOP

AANBOD OM N DEELTITEL-EENHEID TE KOOP AANBOD OM N DEELTITEL-EENHEID TE KOOP 1. PARTYE 1.1 KOPER(S) (die "Koper") Adres: 1.2 VERKOPER(S): (die Verkoper ) Adres: 2. INTERPRETASIE In hierdie ooreenkoms het die volgende woorde die betekenis soos

More information

Government Gazette Staatskoerant

Government Gazette Staatskoerant Government Gazette Staatskoerant REPUBLIC OF SOUTH AFRICA REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Regulation Gazette 9952 Regulasiekoerant Vol. 575 Pretoria, 3 May Mei 2013 36419 N.B. The Government Printing Works will

More information

-14.1% +11.6% +10.2% +34.2% GEOUDITEERDE GEKONSOLIDEERDE RESULTATE

-14.1% +11.6% +10.2% +34.2% GEOUDITEERDE GEKONSOLIDEERDE RESULTATE GEOUDITEERDE GEKONSOLIDEERDE RESULTATE VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE EN VERKLARING VAN KONTANTDIVIDEND HOOFTREKKE Wesensverdienste per aandeel Wesensverdienste per aandeel uitgesluit Mediclinic herfinansieringskoste

More information

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan... Augustus 2017 Die Voorsitter van die Kerkraad NG Gemeente Geagte Dominee en Kerkraad Ondersteuning aan die Dowes: hoe kan hulle glo sonder om te hoor 136 Jaar gelede was die NG Kerk die stigter van die

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

HOOFSTUK 5 GESONDHEIDSTOESTANDE IN GEVANGENISSE

HOOFSTUK 5 GESONDHEIDSTOESTANDE IN GEVANGENISSE -200- HOOFSTUK 5 GESONDHEIDSTOESTANDE IN GEVANGENISSE 5.1 Inleiding Die Grondwet van Suid-Afrika (wet 108 van 1996) gee sekere regte aan gevangenes en Korrektiewe Dienste is dus verplig om hierdie regte

More information

UITSPRAAK GELEWER OP 24 FEBRUARIE 2006

UITSPRAAK GELEWER OP 24 FEBRUARIE 2006 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) Rapporteerbaar In die saak tussen: Saaknommer: 813/05 Hersiening: 54/2005 Hooggeregshofverw: 0501497 DIE STAAT en LIONEL

More information

REMGRO BEPERK Registrasienommer 1968/006415/06 ISIN ZAE Aandelekode REM

REMGRO BEPERK Registrasienommer 1968/006415/06 ISIN ZAE Aandelekode REM Registrasienommer 1968/006415/06 ISIN ZAE000026480 Aandelekode REM GEOUDITEERDE VERKORTE GEKONSOLIDEERDE RESULTATE VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2017 EN VERKLARING VAN KONTANTDIVIDEND HOOFTREKKE Wesensverdienste

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

HOOFSTUK 6. Resultate van ondersoek

HOOFSTUK 6. Resultate van ondersoek HOOFSTUK 6 Resultate van ondersoek 6.1 Aantal proefpersone en toetse Daar is 'n totaal van 2349 dogters tussen die leeftye 12 tot 18 jaar getoets. Die aantal dogters per leeftydsgroep per item word in

More information

Verkorte gekonsolideerde tussentydse verslag vir die ses maande tot 30 September 2017

Verkorte gekonsolideerde tussentydse verslag vir die ses maande tot 30 September 2017 Verkorte gekonsolideerde tussentydse verslag vir die ses maande tot 30 September 2017 KOMMENTAAR Naspers het vir die ses maande tot 30 September 2017 sterk gepresteer, met n jaar-tot-jaarstyging van 33%

More information

Waar vind ek n genadige God?

Waar vind ek n genadige God? Jaargang 18, Nr. 1 Mrt 2017 Kobus Sandenbergh Een van die vrae wat die wêreldgeskiedenis verander het, was Martin Luther se vraag: Waar vind ek n genadige God? In die Rooms-katolieke kerk van sy dag het

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. Vas en gebed Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. ~ Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder whether it

More information

GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 GEOGRAFIE V1 BYLAAG

GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 GEOGRAFIE V1 BYLAAG NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 GEOGRAFIE V1 BYLAAG *GEOGA3* Hierdie bylaag bestaan uit 13 bladsye. 2 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/SEPTEMBER 2016) FIGUUR 1.1: ATMOSFERIESE VERANDERINGE

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2008 PUNTE: 150 TYD: 3 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en 'n addendum van 9 bladsye. Geskiedenis/V1 2 DoE/Voorbereidende

More information

2 No.62 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 20 MARCH 2009 No. CONTENTS INHOUD Page No. Gazette No. LOCAL AUTHORITY NOTICES 456 Town-planning and Townshi

2 No.62 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 20 MARCH 2009 No. CONTENTS INHOUD Page No. Gazette No. LOCAL AUTHORITY NOTICES 456 Town-planning and Townshi Vol. 15 PRETORIA 20 MARCH 2009 J MAART No. 62 2 No.62 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 20 MARCH 2009 No. CONTENTS INHOUD Page No. Gazette No. LOCAL AUTHORITY NOTICES 456 Town-planning and Townships Ordinance

More information

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Perspective Training College Plek: Potchefstroom Datum: 25 28 Oktober 2017 Tyd: Elke dag van 08:00 16:00 Plek: Paarl Datum: 22 25 November 2017

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Januarie 2013 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Hier volg nog n aflewering in die reeks wat in 1987/88 in die Pretoria News verskyn het. U moet maar verskoon as ek inligting

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE John Kenneth Galbraith (Soos aangehaal in Bridges 1991:IX) sê: "Faced with the choice between changing one s mind and proving that there is no need to

More information

Swartland: vir jou en my. Foreword to 1st Swartland Bulletin. D ie Swartland as n streek onder die jurisdiksie. Binne Inside

Swartland: vir jou en my. Foreword to 1st Swartland Bulletin. D ie Swartland as n streek onder die jurisdiksie. Binne Inside Swartland: vir jou en my D ie Swartland as n streek onder die jurisdiksie van die Swartland Munisipaliteit word soos elke streek en onderneming gekonfronteer met n dinamika wat voortdurend verander. Binne

More information

Die plek van jou tent

Die plek van jou tent Die plek van jou tent Ons is reeds by die halfpadmerk van die jaar. JUNIE MAAND die sesde maand. Die sesde letter in die Hebreeuse alfabet, is die letter VAV, ook gespel Waw! Die Hebreeuse woord vav/waw

More information

WATERKLOOF AGS. n gemeente in die MISSIO DEI. netwerk van die APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. kerk GEMEENTEBELEID

WATERKLOOF AGS. n gemeente in die MISSIO DEI. netwerk van die APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. kerk GEMEENTEBELEID WATERKLOOF AGS n gemeente in die MISSIO DEI netwerk van die APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA kerk GEMEENTEBELEID (Ingevolge die bepalings van artikel 2.4.1 van die konstitusie van die Apostoliese

More information

Die impak van VVA in die jaar wat was. Tien Tafels en Tshehang Development and Training Centre IN DIE KOLLIG: KERSFEES PROVINSIALE NUUSBRIEF

Die impak van VVA in die jaar wat was. Tien Tafels en Tshehang Development and Training Centre IN DIE KOLLIG: KERSFEES PROVINSIALE NUUSBRIEF CLICK HERE FOR THE ENGLISH VERSION DRUK HIER VIR DIE PDF WEERGAWE saamgestel deur www.zpr.co.za VOLUME 4, UITGAWE IN DIE KOLLIG: KERSFEES PROVINSIALE NUUSBRIEF Weereens bereik ons n punt in die jaar wat

More information

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan applikant die. volgende regshulp in die kennisgewing van mosie vorder:

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan applikant die. volgende regshulp in die kennisgewing van mosie vorder: VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die aansoek tussen:- ROBERT OOSTUIZEN Aansoeknommer : 2520/2012 Applikant en JACOBUS LOMBARD Respondent CORAM: VAN ZYL, R GELEWER OP: 4 FEBRUARIE

More information

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan. applikant die volgende regshulp in die kennisgewing van

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan. applikant die volgende regshulp in die kennisgewing van VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die aansoek tussen:- ROBERT OOSTUIZEN Aansoeknommer : 2520/2012 Applikant en JACOBUS LOMBARD Respondent CORAM: VAN ZYL, R GELEWER OP: 4 FEBRUARIE

More information

Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa

Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa Platinum Bankdienste Platinum e-tydskrif Uitgawe #63 November 2014 Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa In Hierdie Uitgawe Wees kommervry oor jou geldsake met jou buitelandse reis Spesiale

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Friday, 2 June 2017 Vrydag, 2 Junie 2017

Friday, 2 June 2017 Vrydag, 2 Junie 2017 7778 7778 Friday, 2 June 2017 Vrydag, 2 Junie 2017 Registered at the Post Off ce as a Newspaper As n Nuusblad by die Poskantoor Geregistreer CONTENTS (*Copies are obtainable at Room M21, Provincial Legislature

More information

AANBOD OM TE KOOP. 1.2 VERKOPER(S): (die Verkoper )

AANBOD OM TE KOOP. 1.2 VERKOPER(S): (die Verkoper ) AANBOD OM TE KOOP 1. PARTYE 1.1 KOPER(S) (die "Koper") Adres: 1.2 VERKOPER(S): (die Verkoper ) Adres: 2. INTERPRETASIE In hierdie ooreenkoms het die volgende woorde die betekenis soos hieronder aangedui:

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Sien Afrikaanse deel van brief hieronder: Dear Sir/Madam

Sien Afrikaanse deel van brief hieronder: Dear Sir/Madam From: Dirk Pretorius [mailto:dirk.pretorius@aurecongroup.com] Sent: 22 July 2016 02:25 PM Subject: Proposed Upgrade and Surfacing Of Divisional Road DR01609 and a Portion DR01625 within the Rondevlei Village,

More information

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep. Gustav se jarelange ervaring in die veld en sy passie vir voluit leef is sigbaar in sy werk. Die beginsels is getoets, verstaanbaar en gebalanseerd, en sal jou nader bring aan n lewe vol ware impak. Hettie

More information

Jy mag die vraag vra: Hoekom n artikel oor. Dink uit die boks, dink AGRITOERISME. Lees Binne: MAART Graan SA tydskrif vir ontwikkelende boere

Jy mag die vraag vra: Hoekom n artikel oor. Dink uit die boks, dink AGRITOERISME. Lees Binne: MAART Graan SA tydskrif vir ontwikkelende boere PULA IMVULA >> GROWING FOOD >> GROWING PEOPLE >> GROWING PROSPERITY >> MAART 2017 Dink uit die boks, dink AGRITOERISME Graan SA tydskrif vir ontwikkelende boere Lees Binne: 04 08 Die gebruik van hitte-eenhede

More information

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25019 1 Kleursimboliek * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 8 3 PERSOONLIKE

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) DATUM VERHOOR: 8 MAART 2002 DATUM GELEWER: 15 MAART 2002 UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) DATUM VERHOOR: 8 MAART 2002 DATUM GELEWER: 15 MAART 2002 UITSPRAAK Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Saakno: 171/2002 DATUM VERHOOR: 8 MAART 2002 DATUM

More information

J A A R V E R S L A G

J A A R V E R S L A G JAARVERSLAG 2018 // 2019 01 MOSAÏEK JAARVERSLAG 2018 // 2019 KULTUUR ARGITEK BRIEF Ek is vandag vol dankbaarheid as ek terugkyk na die jaar wat verby is. Daar het soveel goeie dinge gebeur. Daar is van

More information