GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Size: px
Start display at page:

Download "GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON"

Transcription

1 1 11 Mei 2014 Jaargang 28 Nommer 17 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Dit is voorbereiding vir Nagmaal aanstaande Sondag. Onthou ons Nagmaal diens begin 10:00. Ds Swanepoel se Skriflesing is uit Efesiërs 6:1-24 en die teks is Efesiërs 6: Die Tema: Voorbereiding vir Nagmaal is n saak van biddende smeking voor God. Die Hoofpunte: Waarvoor gebid moet word. Wanneer moet gebid word. Hoe word daar gebid. Sing: Psalm 107: 1 en 10; Skrifberyming 12-3: 1 en 2; Psalm 32: 1 en 3; Psalm 86: 6; Psalm 90: 2 en 7. Efesiërs 6:18 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Efesiërs 6:19 Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. Die Aanddiens Dit is n ruildiens met Waterkloofrand en Dr Douw Breedt preek hier by ons. MEELEWING Ons harte gaan uit na drie gesinne in ons gemeente wat die afgelope tyd geliefdes aan die dood afgestaan het. Br Eric en Martie Oosthuizen se dogter Petra is Vrydag

2 2 11 Mei 2014 begrawe. Br Gideon Haasbroek se eggenoot Martie is verlede Saterdagoggend oorlede en is gister begrawe. Br Bert en Sr Trudie Grobbelaar se skoonseun, Gerhard is die afgelope week in n fratsongeluk oorlede toe sy motor hom teen sy motorhek vasgedruk het. Ons innige simpatie gaan met julle en jul dogter. Jesaja 57:18 Ek het gesien wat met hom gebeur, en Ek sal hom genees. Dié van hom wat treur, sal Ek lei en terugbring; Ek sal vir hulle uitkoms gee. Ons predikant, Ds Christo Swanepoel is more, 12 Mei, 28 jaar in die bediening. Ons loof die Heer vir Christo se dienswerk en die verkondiging van die Woord. Van ons in die gemeente dominee, baie dankie vir jou leiding en werk hier by ons. MANNA EN KWARTELS VIR DIE GEESFOKUSVERS: n Klaaglied van Dawid... (Psalm 7:1) FOKUSGEDAGTE: WANNEER MAG ONS KLA VOOR DIE HERE? n Klaaglied...! Pas dit in ons kommunikasie met God? Ja, beslis, ons mag en behoort ons klagtes voor God uit te stort. Juis voor Hom! Soms kla ons onder mekaar oor alles onder die son. Die pryse wat opgaan, die geweldpleging, die onsekere politieke wêreld van 2014, die bose dinge waaraan die jeug blootgestel word. Maar dan word daar geen woord daaroor in ons gebede gesê nie. Ons moet eerder voor God kla dit bring ons telkens weer by lofprysing. n Klaaglied vertoon n redelik vaste patroon. Die digter roep tot God om hulp. Hy herinner Hom aan sy groot verlossingsdade in die verlede. In kontras daarmee beleef hy egter groot nood en hy kla daaroor. Hy verklaar sy vertroue in God en smeek om hulp. Dikwels vra hy in n klaagtoon waarom God hom in die steek gelaat het. Ten spyte van die donker ondertone, is daar feitlik altyd n wending aan die einde van n klaaglied. Klag gaan oor tot lof. Dit is die belangrikste les wat n klaaglied ons wil leer vlug met jou nood ná God toe en nie weg van Hom af nie. Ontdek by Hom weer nuwe perspektief. Dan kan ook jou klag in lof verander. Die psalms is die asemhaling van die gelowige: die uitblaas van uitgediende menslike vrae, vrese en nood, en die intrek van die lewegewende asem van God se woord. Baie psalms herinner jou aan God se liefde en goedheid vir jou. Wanneer jy moedeloos, ontsteld, bang of onseker is, sal jy liedere vind, wat saam met jou huil of kla. Baie van jou eie ervarings en emosies

3 3 11 Mei 2014 word daarin weerspieël. Dit lei dikwels jou deurmekaar gedagtes na woorde waarmee jy na God kan gaan. n Psalmdigter se klaaglied beskryf soms presies jou eie nood. Deur die mond van die een digter na die ander hoor jy die stem van God n stem wat jou wil lei in aanbidding en versugting, in lof en dank. So gaan Psalm 7 oor van klaaglied na loflied: Ek wil die Here prys omdat Hy reg laat geskied. Die Naam van die Here, die Allerhoogste, wil ek besing. (Ps 7:18) Maar hierdie loflied breek slegs deur, omdat die digter vrymoedigheid geneem het om te kla, by God te kla. Waarom by God? Omdat Hy weet: God is n betroubare regter, n God wat altyd die skuldiges straf. (Ps 7:12) In die Psalm leer ons om onsself voor God oop te stel, sodat Hy ons harte en motiewe kan ondersoek. Het ons klagtes grond? Is ons vir ons eie nood verantwoordelik? Is ons die skuldige party of ly ons terwyl ons goed wil doen? Neem vrymoedigheid om by God te kla. Hy is betroubaar. Die lewende Here wil ons gebede in die Naam van Christus verhoor. Wie God as regter inroep, verklaar sy bereidheid om self beoordeel te word. Hulle kan hoop op n regverdige uitkoms. Ja, die klaaglied voor God dra in hom die saad van lofprysing! Dr Callie Opperman Gereformeerde Kerk Windhoek Suid VAN DIE SUSTERS Ons wil graag al die susters bedank wat gehelp het met die spyseniering die afgelope week se twee begrafnisdienste. Dank aan Carl Pohl wat kom help het met die aanry van tafels. Dankie vir die heerlike lasagne-geregte. Dank aan die Silwerkrone vir die koeksisters. Volgende Sondag na Nagmaal is weer ons liefdesmaaltyd soos altyd. Getrou aan die Christelike gemeente se tradisie deur die eeue kuier ons saam as gelowiges na die Nagmaal. Die spyskaart is rys, hoender, groenboontjies en pampoenkoekies met gebakte poeding en vla. Bring asb. eie drinkgoed en eetgerei. Wyke: 1,2,3,4 en 5 Opruim (Sussie Voogt sameroeper) Wyke: 6,7,8,9 en 20 Saalvoorbereiding (Liesl Markram sameroeper)

4 4 11 Mei 2014 Wyke: 10,11,12,13,14 Gebakte nagereg (Griet Swanepoel sameroeper) Wyke: 15,16,17,18, 19 Ete ( Anita Schutte sameroeper) Wintermark Kan almal wat Saterdag, 21 Junie kom help by die vetkoek en vleis stalletjie vir Griet kontak by tel Ons gaan reeds baie vroeg die oggend begin. Vooraf bestellings kan gemaak word by die kerkkantoor. Vetkoek se prys: R15 met vleis, skoon R5. Beste groete, Griet. GETUIENIS GELEWER TYDENS DIE GESPREK MET DIE OWERHEID OP 22 APRIL DEEL 2 Tydens die gesprek het die owerheid 'n oorsig gegee oor die vordering wat die afgelope twintig jaar in Suid-Afrika gemaak is, terwyl sekere mislukkings ook erken is. 'n Beroep is gedoen dat almal sal inskakel by die owerhede se beplande viering van 20 jaar van demokrasie. Hierna is ruim geleentheid gegee vir insette vanaf die genooide instansies. Gevolglik kon prof Nico Vorster namens die deputate sekere standpunte van die GKSA profeties aan die owerheid stel. Prof. Derrick Mashau het ook 'n geleentheid gekry. Die voorlegging wat Prof. Nico Vorster namens ons deputate gelewer het, is aangeheg. Hy het die fokus veral laat val op armoede; die staat wat toenemend outoritêr optree en so bv. die beperkinge van sy rol in die samelewing, misken; die ondermyning van artikel 9 instansies van die grondwet. Prof. Derrick Mashau het by hom aangesluit en sake ten opsigte van veiligheid (o.a. "Guptagate" by 'n nasionale sleutelpunt) en korrupsie verder aangeroer. Sekere sake wat ons as deputate beplan het om te opper, was toe reeds deur ander gestel. As deputate waardeer ons dit dat beide Mnr. Motlanthe en Gordhan punt vir punt op die sake wat deur die instansies geopper is, gereageer het. Hulle het o.a. gestel waar hulle saamstem en verskil met die standpunte wat ons as deputate gestel het en het met ander woorde dus van ons getuienis kennis geneem. Adj. Pres. Motlanthe het dit ook in die vooruitsig gestel dat soortgelyke ontmoetings in die toekoms moet plaasvind waar ons hierdie sake verder met die owerheid kan opneem. Die deputate het reeds begin om 'n ontmoeting te reël waar ons ons getuienis in 'n kleiner groep met die owerheid opneem. As deputate wil ons die kerke oproep om, volgens die opdrag in 1

5 5 11 Mei 2014 Tim 2:2, voorbidding vir die owerhede te doen - soveel te meer met die oog op die nuwe owerheid wat DV op 7 Mei verkies sal word. Dit was vir ons verblydend dat die gesprek nie alleen in 'n goeie gees plaasgevind het waar probleme uitdruklik aangetoon is nie, maar dat daar geen sprake van 'n media-sirkus was nie. Laastens wil die deputate daarop wys dat ons 'n uitnodiging na 'n ontmoeting met die ANC op 23 April by die Voortrekker monument van die hand gewys het. DOPPERPARLEMENT Die Dopperparlement se Koffie en Koek geselligheid is uitgestel na Sondagaand 25 Mei. Ons is jammer dat dit weer uitgestel moes word maar die maandelikse toebroodjie aand is Sondagaand 11 Mei en daarna is dit Nagmaal. Ons is vas van voorneme om die 25e Mei voort te gaan met die lekkerste koffie n koek waaraan jy kan dink. Wissel so lank gedagtes met Elfrieda. SNOEK EN PATATS: JAARLIKSE SNOEKBRAAI -31 MEI Elke jaar hang die diakens uit en dan braai hulle snoek. Dit is voorwaar een van die hoogtepunte en geselligste dae van die jaar. Die diakens beplan dat die snoek gereed sal wees so van 5 uur af maar ons kuier al so van 2 uur af. Die kaartjies is R55 per persoon en u sal dit reeds van vandag af by die diakens kan aanskaf. Jy moet asb jou eetgerei en drinkgoed na smaak saam bring. Die rugby wedstryd tussen die Bulle en die Leeus sal van 5 uur op die groot skerm in die kerksaal gewys word. KERKKAMP Ons Jaarlikse Kerkkamp is van 19 tot 21 September. Dit is weer by Bosveldwegbreek. Die tema van die kamp is Dapper@Dopper deur die eeue. Die tema sal deur Ds Christo behandel word en die komitee waarborg dat dit net so treffend soos verlede jaar gaan wees. Ons gaan bietjie kyk na ons geskiedenis en Saterdagaand tydens die ete gaan ons ons optooi soos die mense van daardie tyd aangetrek het. Gaan besoek gerus met Google om te sien wat die mense daardie jare gedra het. Doen jou besprekings by Ferdie van Wyk, Johan Markram, Elfrieda de Beer of by Petrus Correia. Moenie huiwer om met Ferdie te praat as jy bietjie bystand benodig om die kampgeld te vereffen nie. Dit word in die grootste vertroulikheid hanteer.

6 6 11 Mei 2014 Kom ouens, die tyd is besig om uit te loop! WINTERMARK 21 JUNIE 2014 Die belangstelling in die Wintermark is GROOT en volgens Tronel (Oom Harry Spangenberg se dogter en hoof organiseerder) is daar alreeds 65 verskillende stalletjies. Dit is nie net stalletjies van ons gemeente nie. Die meeste is van buite persone. As u nog sou belangstel om n stalletjie te bespreek doen dit asb voor of op 12 Mei. Die susters poog om n groot naaldwerktafel te hê en vra dat die volgende items gemaak word: Gebrei: bedsokkies, serpe, sjaals, babatruie, musse, speelgoed, hangers, popklere Lap: tafeldoeke, tafellopers, popklere, vatlappe, vadoeke, waslappies, teenette, voorskote Ons benodig ook materiaal/wol en vrywilligers wat kan help om items te maak. Ons gaan naaldwerksessies in die kerksaal hê op Maandag 12 Mei vanaf 12uur tot 3uur en ook Woensdag 14 Mei vanaf 9 uur tot 12uur. Alle dames wat kan help is baie welkom. Bring jou eie naaimasjien, masjiengare en naaldwerkskêr saam. Enige vrae: Adéle Drenth ( ). U kan ook gaan loer op die webblad vir meer inligting. DIE SILWERKRONE Die Silwerkrone wat Falcon Glen toe gaan van 19 tot 23 Mei raak nou baie opgewonde en kan nie meer wag om te gaan. Al die reëlings is klaar in plek en dit is nog net die kosaankope wat gedoen moet word. Dit beloof om weer soos in die verlede 'n onvergeetlike tydjie te wees. Courage doesn t always roar. Sometimes courage is the little voice at the end of the day that says, I ll try again tomorrow. Mary Anne Radmacher-Hershey The person who removes a mountain begins by carrying away small stones. Chinese proverb

7 7 11 Mei 2014 HIERDIE WEEK HOU ONS, ONS BESIG MET: Vandag: Die kollekte tydens die erediens is vir die diens van barmhartigheid en by die deure vir die instandhouding van die Erediens. Die ouderlinge en diakens van wyke 17 en 18 is aan diens. Die susters van wyk 12 skink vandag tee en nooi jou om saam te kom kuier. Dinsdag: Daar is Bybelstudie by Eric en Martie Oosthuizen om 09:45 en die susters vergader om 18:30 in die kerksaal. Woensdag: Die ouderlinge vergader om 18:30 en die susters van wyk14 skink tee. Donderdag: Daar is Bybelstudie vir werkendes om 18:30 by die kerk. VERJAARSDAE 12 Mei: Gerti Erasmus en Jan Kriel 17 Mei: Danica Naude Mag Sy vrede jou beskutting wees, jou hart Sy volmaaktheid ken en deur Sy almagtige krag oorwinning oor elke vyand smaak. Mag Hy teweeg bring dat die diepste begeertes van jou hart vervul word. BAIE BELANRIK! BAIE BELANGRIK! Die Kerk het nou 'n alarm wat aan ADT gekoppel is. Lidmate moet asb die hek in Monumentlaan ingang gebruik. As u voor die hek staan sal daar 'n rooi liggie skyn onder die saal se dak langs die muur reg voor u mits die alarm geaktiveer is. As u die liggie sien moet u asb nie ingaan alvorens dit afgeskakel is nie. Indien die kantoor beman is (Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00-13:00) druk die knoppie op die regterhandse paal van die hek. Enige ander tyd moet een van die persone wat 'n afstandbeheer apparaat het dit afsit. Die persone is die Koster( ), Johannes, Ds Christo ( ), Adelle Drenth ( ), Susan ( ) en Jan Plomp.(

8 8 11 Mei 2014 ALGEMENE INLIGTING Predikant: Ds Christo Swanepoel, Burgerlaan 113, Lyttelton Manor Selfoon E-pos Bedieningskommissie: Ouderling Kobus Erasmus. Tel Bedryfskommissie: Ouderling Chris Venter. Tel: Bestuurskommissie: Ouderling Tiddo Voogt. Tel: Voorsitter van die Diakonie: Diaken Johan van Rooyen Tel: Susters: Voorsitter. Sr Griet Swanepoel Orrelis: Tertius du Plessis, Tel: Koster: Mike Muller Bank: Absa Bank Lyttelton, Takkode , Rek No: Gereformeerde Kerk Lyttelton Skriba: Eric Oosthuizen H/v Stasie en Monument Strate Tel: Navrae: Susan Schoeman selfoon: , Tel/Faks: e-pos: E-pos: Attes Skriba: Henry Engelbrecht, Tel: ; Selno: Emosionele Ondersteuningsnetwerk: Indien u emosionele bystand weens eensaamheid, siekte, trauma ens. beleef of net wil deel word van die emosionele ondersteuningsnetwerk in ons gemeente, kan u gerus vir Trudie Grobbelaar (koördineerder) skakel by tel: , of sel:

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 8 Junie 2014 Jaargang 28 Nommer 21 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Ds Swanepoel is met verlof en Ds Rassie Smit lei die erediens Die Skriflesing

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 15 Januarie 2017 Jaargang 31 Nommer 02 ONS EREDIENSTE VANDAG GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za Oggenddiens: Die Woord word bedien deur Ds. Christo Swanepoel. Die Skriflesing is Samuel

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 5 Mei 2013 Jaargang 27 Nommer 15 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit: Filippense

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 4 November 2018 Jaargang 36 Nommer 41 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit:

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 19 Mei 2013 Jaargang 27 Nommer 17 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Nagmaal Ds Hentie Kruger se Woordbediening kom uit Johannes 12:1-8 en die teksvers is Johannes

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca) Les 1 Oefeninge vir

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 7 September 2014 Jaargang 28 Nommer 34 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die diens word gelei deur emeritus predikant Ds Francois Lessing. Ds Lessing

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018 Sendingwerkers vir die week: Benson en Mutende Sakala... doen evangeliseringswerk onder die Somaliërs in Kenia. Hulle werk onder groot druk en is baie afhanklik van die bydraes van ondersteunende gemeentes.

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

Die plek van jou tent

Die plek van jou tent Die plek van jou tent Ons is reeds by die halfpadmerk van die jaar. JUNIE MAAND die sesde maand. Die sesde letter in die Hebreeuse alfabet, is die letter VAV, ook gespel Waw! Die Hebreeuse woord vav/waw

More information

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS: In n Seisoen van Gebed Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: 012 654 6904 FAKS: 086 598 3922 bedien@eldofam.co.za www.eldofam.co.za 09:00 EREDIENS (NAGMAAL) André Joubert 09:00 MINI-CHOMPS in die ARK 09:00

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

To love without knowing how to love wounds the person we love.

To love without knowing how to love wounds the person we love. To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie 22 Junie 2014 Uitgawe 20/2014 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf E-pos

More information

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017. NEWSLETTER Message from the Chairman Dear Colleagues I recently attended a luncheon where the Minister of Finance, Mr Calle Schlettwein, was our guest speaker. He presented a very optimistic view and stated

More information

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie

More information

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit? Dienstye: Alberton LewenSentrum Eredienstye: Sondae 08:15 10:15 18:00 Kerkkantoor: 011 867 7244 Noodnr: 079 524 7945 E-pos: info@als.org.za Webtuiste: www.lewensentrum.org.za Bankbesonderhede: Alberton

More information

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 29 MEI 2016 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Eugene H Peterson sê die mens is n skeppende mens (homo faber). Die mens gebruik instrumente vir sy voortbestaan. Die mense

More information

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. 1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. GEEN VERDERE VRAE. VERDERE ONDERVRAGING DEUR MNR. SCHABORT: Op die lode Vloer waar Dr. Aggett ondervra

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer

More information

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE 6.1 INLEIDING In die navorsing tot dusver - hoofstukke een tot vyf - is kontekste en perspektiewe verduidelik van waaruit ek betrokke sou wou raak in pastoraalterapeutiese

More information

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE 7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week

More information

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Sakkie Leon Welkom Hannes Lof LB212:1-3 Loof die Heer Hy is goed LB205:1-3 Bring Lof aan die Vader

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Preek Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Reekstema: Hoe om in vrede en liefde met ander te leef Skriflesing: Gen 29:31-30:24 Hierdie verhaal handel oor die konflik tussen Ragel en Lea. Die rede

More information

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID, Ek ag dit n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie mooi byeenkoms van Christenmense, om hierdie geleentheid te hê om met julle te praat

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

GEBED VIR KERKLEIERS

GEBED VIR KERKLEIERS GEBED VIR KERKLEIERS HERE, Ek dank U vir ons geestelike leiers wat U aan die liggaam van Christus gegee het om ons te bewaar van elke gevaar, die waarheid in liefde te spreek en ons toe te laat om te groei

More information

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di Januarie 2018 1 Ma NUWEJAARSDAG 2 Di 3 Wo 4 Do 5 Vr Die Kerkjaar Die kerkjaar draai om 3 hoogte-punte nl. Paasfees, Pinksterfees en Kersfees. Die kerkjaar bestaan uit verskeie seisoene. Hierdie feeste

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die God van heerlikheid en die geboorte en lewe van die kerk Reeks preke oor die openbaring van die God van heerlikheid,

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

Volume 3 van 2016 September 2016

Volume 3 van 2016 September 2016 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen

More information

www.nglynnwood.co.za Baie welkom as leier van Stadsretreat II! Ja, jy het reg gehoor, jy lei die retreat. Die stadsretreat is n geleenthied vir jou om jou oop te stel vir God soos jy die naweek wil inrig.

More information

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 17 FEBRUARIE Verslae KR / Deurkollekte Jeug Groeigroepe

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 19 Oktober 2014 Jaargang 28 Nommer 39 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Woordbediening word deur Ds Christo Swanepoel behartig. Die Skriflesing

More information

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly. HOE KAN EK OORWIN?, Laat ons ons hoofde buig vir gebed. Onse Vader, ons dank U, vanmôre, vir hierdie wonderlike tyd van weer saam te kom, en om die Woord van die Here oop te maak, Dit voor ons te lê. En

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE 1e Diens WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Saartjie Dirk Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB543:1-3 Here Jesus ek

More information

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens! Die Lewende Kerk! Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie 2016 Baie Welkom by ons Erediens! www.bergbron.org.za Erediens Vandag se erediensword gelei deur ds. Stephan Briel

More information