Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Size: px
Start display at page:

Download "Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede."

Transcription

1 Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help om reg en Bybels oor die realiteit van armoede te dink. Die Koning beveel ons in Lukas 10:27: jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, EN JOU NAASTE SOOS JOUSELF. Dit beteken ek kan nie onaangeraak teenoor armoede staan nie, want my liefde verhoudinge kom uit God. Ek kan dit nie maar net in my kop rasionaliseer en sê dit of dat is die oorsaak, en daarom hoef ek nie iets te doen nie. Ek herinner julle aan wat David Platt sê: The gospel compels Christians in a wealthy culture to action selfless, sacrificial, costly, counter-cultural action on behalf of the poor. For if we don`t act in this way, then it may become clear that we were never Christians in the first place. Ons het vir mekaar gesê dat die opdrag om iets aan armoede te doen, aan almal van ons is. As jy dan agterkom dat dit dan die armes selfs se skuld is, om watter rede ook al, kan jy dit nie daar laat nie. As gelowige moet jy dan help om `n oplossing te kry. Dus het ons begin praat oor hoe ons prakties iets kan doen. Die eerste punt was om self hard en pligsgetrou te werk.

2 Wanneer jy hard werk, wys jy dat jy vir die Koning werk, die vrug op jou werk sal die genade van God vir jou met ander deel, en dit gee jou ook die geleentheid om uit jou vergoeding, goed te wees vir ander. 2. Leef eenvoudig 1 Timoteus 6 Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, 7want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. 8As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. >>KLIKK<< 9Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. 10Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. Dit gaan hier oor iemand wat dink dat om Jesus te volg beteken dat jy finansieel ryk gaan wees, maar dan juis die punt mis. Die kern is om tevrede te wees met wat God vir jou gun, terwyl jy pligsgetrou jou werk doen. Waarmee sal jy tevrede wees? Het jy al gaan sit en dit fisies bepaal? Ons samelewing het verval in `n bose kringloop van dink dat die enigste pad van sukses is om bo uit te kom. Bo beteken meer geld, beter werksomstandighede, meer vryheid en onafhanklikheid. Nou wil ek dadelik sê dat ons nooit mense met meer aardse besittings moet verafsku of dink dat hulle iewers ongehoorsaam aan die Here moet wees nie.

3 Die Bybel het baie voorbeelde van mense wat baie besit het, maar God het dit aan hulle toevertrou sodat hulle tot `n seën kon wees vir ander. Die probleem wat Paulus hier stel, is dat die soeke na rykdom `n lokval is, waarin mense baie maklik val. Dit veroorsaak `n verkeerde gesindheid teenoor God omdat dit meer wil hê as wat God gee, maar verder ook teenoor my naaste omdat die rykdom meestal vir my eie seën is. Hoor ook Jesus se waarskuwing in Mark 10: Jesus kyk toe na sy dissipels rondom Hom en sê vir hulle: Hoe moeilik sal mense wat ryk is, in die koninkryk van God kom. 24Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sê toe verder vir hulle: Kinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God te kom. 25Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom. 26Dit het hulle geweldig ontstel en hulle het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word? Verbaas en ontsteld. Dit is maar hoe ons ook reageer wanneer ons hierdie woorde hoor, en waarom so baie dit dikwels afmaak as nie so ernstig nie en selfs sê: ek hoef nie skuldig te voel as die Here my so wil seën nie. Hierdie is ook die wortel van die dwaling onder die sogenaamde prosperity gospel of voorspoedsgodsdiens. En raai waar kry hierdie valse teologie sy wortels die diepste ingeslaan? Ja, onder die armes. Hul wil glo in `n God wat vir hulle rykdom gaan gee, soos vir daardie groep. Dis moeilik om in die Koninkryk van God te kom, wanneer jou fokus reeds daarop gestel is om elke keer meer te kry as wat jy reeds het.

4 En veral wanneer jy dit nie sien as `n geleentheid om self eenvoudig te leef, binne vasgestelde grense, en die res aan te wend om ander se omstandighede te verbeter nie. Hierdie verbetering moet beide fisies wees, maar ook geestelik, sodat die verkeerde beeld nie geskep word en God se eer gesteel word nie. Glo ons Jesus se woorde hier? Wees daarom baie versigtig vir hierdie lokval. So wat kan ek prakties hieraan doen? Die eerste raad van Paulus is om tevrede te wees met hoe die Here met jou werk. Wees vergenoegd (content), met ander woorde moenie dat jou lewe daaroor gaan dat jy net nog en nog bymekaar moet maak nie. Identifiseer noodsaaklike prioriteite. `n Goeie manier om dit te doen is om daardie mense te vra wat hul hande op jou skouers het, wat besig is om jou te dissipel. Vra hulle om te help toets oor of iets `n noodsaaklike prioriteit is, of `n selfgemaakte prioriteit. Die vraag sal dan wees: hoe eer ek God meer met hierdie saak of besitting? Minimaliseer luukses. Watter bydrae gaan dit maak om meer van `n seën vir my naaste te wees? Moenie in die lokval trap dat `n groter salaris noodwendig groter uitgawes en `n beter leefstyl moet beteken nie. Die Bybelse beginsel is dat God ons met meer vertrou sodat ons meer kan gee. 3. Gee opofferend Wanneer weet ek dat ek genoeg gegee het? CS Lewis die bekende skrywer en filosoof skryf: I do not believe one can settle how much we ought to give. I am afraid the only safe rule is to give more than we can spare. In other words, if our expenditure on comforts,

5 luxuries, amusements, etc., is up to the standard common among those with the same income as our own, we are probably fiving away too little. If our charities do not at all pinch or hamper us, I should say they are too small, there ought to be things we should like to do and cannot do because our charities expenditure excludes them. Ons kry `n baie mooi voorbeeld van hierdie manier van gee in 1 Korintiërs 8. Paulus vertel hier van die baie arm gemeentes van Masedonië wat daarop aangedring het om ondanks hulle armoede by te dra vir die kerk in Jerusalem wat swaar gekry het. hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. Sal jy jouself te na kom aan gerief, sodat jy ander kan help, veral uit hierdie voorbeeld, ander gemeentes? Ons gemeente het al ander gemeentes in ons klassis gehelp, wat regtig `n wonderlike saak is. Ons moet oorweeg of ons uit ons rykdom help, en of ons self saam seerkry omdat ons gee? 4. Konstruktiewe hulp Om sommer maar net te help en oral uit te deel, help ook nie altyd nie. Corbett en Fikkert het `n boek geskryf met die titel: When helping hurts: How to alleviate poverty without hurting the poor and yourself. Die rede vir die boek is juis dat die sogenaamde Weste en filantrope vir baie lank armes help, sonder om hulle werklik te help. Hieroor sê David Platt dat die Bybel ons nie oproep om lui mense van armoede te red nie. Paulus skryf in Tessalonisense: Wie nie werk nie, moenie eet nie.

6 Natuurlik moet daar dan darem ook werk wees om te doen, maar dit gaan oor die gesindheid om te wil werk. (onthou eerste punt nl. werk pligsgetrou.) Dien en ondersteun die verantwoordelike. Dit gaan dus nie daaroor om aalmoese (handouts) te deel nie, maar om `n lewe te deel. Om konstruktief te help is om kreatief en aanpasbaar in iemand se lewe betrokke te raak. Verder beteken dit om so betrokke te raak dat jy iemand bemagtig en nie oorheers nie. Kan jy hoor hoedat dit juis vra dat jy `n pad van genade en liefdeverhoudinge moet stap terwyl jy as dissipel demonstreer en dupliseer. Dit sal daartoe bydra dat jyself en die een met jy `n lewe deel in jul geloof groei, juis omdat dit baie genade, vergifnis, bekering en beproewinge sal bring. Verhoudinge is morsig, so het Jesus ook met ons kom leef. 5. Maak `n ewige belegging Ons moet anders dink oor wat die woord belegging beteken. Jesus leer ons so: Matteus 6: Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. 20Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. 21Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. Markus 10:21 Jesus aan die ryk jongman.

7 21Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My! Hierdie is die praktiese kopskuif wat ons moet maak. Om konstruktief te gee, en regtig in lewens te deel, vra `n anderste manier van leef. Ja dit vra dat ons werklik die genadepad uitleef. Die rede waarom ek en jy dan `n werk het, is sodat dit as deel van jou en my bediening, ook die res van ons bediening kan finansier. So maak jy `n belegging in die ewige. Hoe ons dus nou omgaan met ons aardse besittings wys of ons werklik glo in die skat wat God ewig vir ons bewaar. Hoor Jesus se belofte oor die toekoms as mens verder in Markus 10 lees: 29Jesus antwoord: Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of eiendom nie, 30of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en eiendom, saam met baie vervolging, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe. 31Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste. Geliefdes hierdie is maar `n paar praktiese sake. Die moed om iets daaraan te doen, is in ons hande. Begin klein as jy dalk nog nie iets doen nie. Begin deur te bid: Bid vir die armes vir `n regte gesindheid teenoor God, vir ware geloof. Bid dat die Here jou hart t.o.v. die armes sal draai, en dat Hy wys waar en hoe jy moet help.

8 Bid vir gelowiges met baie besittings, sodat ons en hulle nie in die lokval sal trap van nog en nog nie, maar om werklik `n tasbare seën vir ander te wees. Raak betrokke. Vra jou huishulp na haar omstandighede, deel in die verhouding. Help so, dat dit nie seerder maak nie. Neem deel, gebruik die gawes wat God jou gegee het, om die wat werklik swaarkry te bemagtig, sodat hulle ook in die sweet op hulle gesigte, hulle brood kan verdien en die Here daarvoor kan dank. Leef self vanuit die beginsel in Handelinge 20:35 en verkondig dit: Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak `n mens gelukkig as om te ontvang. Amen

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer

More information

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. 2 HOE STERK IS JOU GELOOF. Hoofstuk 1 Leer die waarheid ken van

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Verwerking van die Sake van Jou Hart Verwerking van die Sake van Jou Hart www.freshstartforallnations.org Om die Stryd in jou Hart deur te werk n Proses en n pad om jou te help om die stryd van n grief, n leed en n verlies te verwerk Wees

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling) DIE FINALE ROEP deur Deborah Melissa Möller Kopiereg 2011 Deborah Melissa Möller Published by Deborah Melissa Möller at Smashwords Smashwords Edition, License Notes Thank you for downloading this free

More information

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span My liewe vriend, jy doen regtig wat ʼn gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het,

More information

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is in die Here. Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes

More information

Besprekingsvrae vir selgroepe

Besprekingsvrae vir selgroepe Besprekingsvrae vir selgroepe Week 1 : Egte God INLEIDING God is die bron, die oorsprong van liefde, daarom lei elke opregte soeke na liefde in die hart van n mens altyd weer terug na God. Maar dis nie

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

die goeie en mooi GEMEENSKAP

die goeie en mooi GEMEENSKAP die goeie en mooi GEMEENSKAP Inhoudsopgawe Hoe lyk die reis? 4 Die goeie en mooi gemeenskap (Deel 1): 10 Februarie 16 Maart 1. Die goeie en mooi gemeenskap 8 2. Die vreemde gemeenskap 13 3. Die hoopvolle

More information

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE 6.1 INLEIDING In die navorsing tot dusver - hoofstukke een tot vyf - is kontekste en perspektiewe verduidelik van waaruit ek betrokke sou wou raak in pastoraalterapeutiese

More information

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

More information

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) 1. Teks Vergelding 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

My liewe broers en susters, ek

My liewe broers en susters, ek EERSTE PRESIDENSIE- BOODSKAP, NOVEMBER 2017 My liewe broers en susters, ek bid nederig dat die Gees van die Here met ons sal wees terwyl ek vandag praat. My hart is vol dankbaarheid aan die Here, wie se

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die God van heerlikheid en die geboorte en lewe van die kerk Reeks preke oor die openbaring van die God van heerlikheid,

More information

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3 er en Ti ie ud st el yb B al na er jo as el de n va al ia er at gm l vo op r vi e in ag m #i ce en ri pe ex CREDO ONS IS DIE IMAGINE GENERASIE ONS GLO IN MÔRE, WANT JESUS MAAK NUUT ONS DROOM VAN VREDE,

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie Jesus sê wat?! Om die Here Jesus te volg is nie maklik nie. Hy het uitsprake gemaak waarin die eise tot navolging vir ons op die oog af dikwels onmoontlik en onuitvoerbaar lyk. Moet n mens jouself vermink

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

GEBED VIR KERKLEIERS

GEBED VIR KERKLEIERS GEBED VIR KERKLEIERS HERE, Ek dank U vir ons geestelike leiers wat U aan die liggaam van Christus gegee het om ons te bewaar van elke gevaar, die waarheid in liefde te spreek en ons toe te laat om te groei

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Inhoud Kaart: Kolosse in die Romeinse Ryk................... 4 Woordelys........................................ 5 Hoe om hierdie studie

More information

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1 DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1 1 DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1 ` Dankie, Broer Neville. Gaan n doopdiens hê tussen_in? [Broer Neville sê: Net nadat jy klaar is. _Red.]

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN 1 FAITHSTORY PUBLISHING 1 Tarentaal Weg, Mooivallei Park, Potchefstroom, 2531 Alle regte voorbehou. Gedruk vir die eksklusiewe gebruik deur Every Nation Faith City. Geskep en gepubliseer onder die lisensie

More information

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

Pelgrimstog deur die Lewe

Pelgrimstog deur die Lewe Pelgrimstog deur die Lewe Stadsretreat IV Die diepste versugting van gelowiges is om te groei in geloof en ons dors daarna om in intieme kontak met God te leef. Hierdie diep begeerte nooi ons op verskeie

More information

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor. 21. MA GENESING Deel in hierdie sessie met die pyn in jou verhouding met jou ma, stiefma, huisma in die geval van n koshuis of kinderhuis met ander woorde met die ma-figuur wat jou grootgemaak het. Indien

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

Die krag van. n vrou wat bid

Die krag van. n vrou wat bid Die krag van n vrou wat bid 26 Wanneer Die krag n van vrou n vir vrou haarself wat bid bid P HOOFSTUK EEN p Here, trek my nader sodat ek meer intiem saam met U kan wandel V oordat ek die Here leer ken

More information

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef DEEL 1 Vreugde is my erfdeel Weet dat jy vreugdevol mag leef Jy is in die span! Jy het n beurs gekry! Ons wil jou graag aanstel! Sal jy met my trou? Mooi so! Jy het die transaksie beklink. Jy het so pas

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie... INHOUDSOPGAWE Inleiding... 9 Gesprek 1: Oor die groter prent... 17 Gesprek 2: Oor haar vriende... 37 Gesprek 3: Oor haar akademie... 54 Gesprek 4: Oor haar lyf... 71 Gesprek 5: Oor haar geloof... 86 Gesprek

More information

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Inhoudsopgawe Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Week 1: Leer om die taal van liefde te praat... 9 Die Vyf tale van die liefde-profiel... 21 Week 2: Liefdestaal #1: Opbouende woorde... 27 Week 3:

More information

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks: PUTKOS 30 Junie 2015 Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, 6229 Tel: 041 922 7179 Faks: 086 682 5649 www.uitenhageoos.co.za skriba@uitenhageoos.co.za Versorg en toegerus om strome lewende water te

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April 2018 Grabouw Soos ʼn koeipaal op die plaas Die laaste keer wat ek Kaapstad besoek het, was op uitnodiging van die Woordfees, die Afrikaanse

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE 1e Diens WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Saartjie Dirk Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB543:1-3 Here Jesus ek

More information

Die Studie van Bemiddelings Gebed

Die Studie van Bemiddelings Gebed Gebed vir Ander Die Studie van Bemiddelings Gebed Dit is regtig nie `n geleë tyd om die hoof te sien nie. Hy het pas `n boodskap ontvang dat `n skeepsvrag timmerhout wat vandag moes land, vertraag is.

More information

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly. HOE KAN EK OORWIN?, Laat ons ons hoofde buig vir gebed. Onse Vader, ons dank U, vanmôre, vir hierdie wonderlike tyd van weer saam te kom, en om die Woord van die Here oop te maak, Dit voor ons te lê. En

More information

Volume 3 van 2016 September 2016

Volume 3 van 2016 September 2016 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen

More information

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK, Julle mag maar sit. Dis goed om weer vanaand terug te wees. Dankbaar dat ons nou weer hierdie geleentheid het om die Here te dien. En nadat ek julle so lank gehou het gisteraand,

More information

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak Inhoudsopgawe 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak 2. Hoe God se beursie werk... 19 Sewe stappe wat jou voorberei om met God saam te werk vir n finansiële wonderwerk

More information

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie

More information