Volume 3 van 2016 September 2016

Size: px
Start display at page:

Download "Volume 3 van 2016 September 2016"

Transcription

1 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen - 9 OORDENKING: INFLASIE Ek is seker jy het al baie keer die woord "inflasie" gehoor. Weet jy wat dit beteken? Ek moet eerlik wees, ek weet nie heeltemal nie. Dit klink vir my of dit iets te doen het met die geld wat in omloop is in die land wat nie deur dieselfde hoeveelheid goudbates gedek word nie. Nou wil jy vra; "maar wat het dit met my as gelowige te doen?" Die eenvoudige antwoord is dat feitlik elke gemeente in die land worstel om hulle boeke te laat klop. Inflasie speel n groot rol hierin in die sin dat geld se waarde minder word en pryse voortdurend styg. Dit is egter nie dié soort inflasie waaroor ek met jou wil praat nie. Ek praat van 'n ander soort inflasie wat dalk vir die kerk en vir elke gelowige baie groter gevaar inhou as die inflasie waarvan ek vroeër gepraat het ek praat van woordinflasie. Ek het gesê inflasie beteken dat daar meer geld in omloop is as wat daar goudreserwes is. My vraag aan jou is; "is daar nie in die kerk en in die lewe van gelowiges meer woorde in omloop as wat daar geloofsdade in reserwe is nie?" Dink maar aan die baie bekende woord vergiffenis; Wat van ons mooi woord Sondag, Sabbat, Rusdag? Dink maar aan 'n woord soos liefde; Hoe lyk ons medemenslikheid? Wat maak ons met die woord "hoop?" Sien jy hoe diep inflasie ingesny het in die Kerk? Ons het baie woorde, maar nie altyd die dade om daardie woorde iets werd te maak nie. Jesus sê woorde en dade lê nie los van mekaar nie. Ons het gelees van 'n pa wat twee seuns gehad het. Hy het vir altwee dieselfde opdrag gegee. Die een het gesê hy wil dit nie doen nie. Later het hy spyt gekry en gaan doen wat sy pa gevra het. Die ander het dadelik gesê, hy sal, maar dit nooit gedoen nie. Jesus se vraag: "Wie het die wil van die pa uitgevoer?" Die een wat, alhoewel hy eers nee gesê het, tog later die opdrag uitgevoer het. Daarmee wil Jesus vir ons sê geloof moet meer as woorde wees. Geloof is meer as vinnige antwoorde. Jesus wil gelowiges hê wie se woorde met dade versier word. Hy wil nie 'n inflasiekoers in die Kerk hê van 500/600/700% nie. Hy hou nie van baie woorde en min dade nie. Hierdie Pa wil hê dat al twee sy seuns ja sê en ja doen. Een Seun het dit reeds gedoen. Een Matteus 21:28-32 Seun het reeds "ja" gesê en "ja" gedoen, al het Hy om n stadium gesê; "Pa, as dit anders kan, laat hierdie lydensbeker by my verby gaan. Maar as Ek dit moet drink, dan sal Ek dit drink." En Hy het dit gedrink - leeg gedrink. Hy het die beker, wat vol was van God se toorn oor jou en my sonde, leeg gedrink aan die kruis. Kom ons kyk weer na al die ja's wat ons sê en reeds gesê het en ons vra: "het inflasie sy tol geëis?" As dit so is, moet ons voor begin. Ons moet 'n nuwe geldeenheid vir ons eie lewe kry, 'n geldeenheid wat nie deur inflasie opgevreet kan word nie, 'n geldeenheid wat nie deur motte verniel kan word of deur diewe gesteel kan word nie. Ons moet ons kinders in n liefdevolle verhouding met God en met mekaar toe bring deur van hulle ware navolgers van Jesus Christus te maak. Dankie aan die ouers wat moeite doen om hulle kinders by die huis ook van die Here se liefde te leer. Dankie dat julle hulle bring na die geleenthede wat in die gemeente aangebied word om hierdie liefde vir God en ander mense te laat groei. En dankie aan ons getroue spanne by al die vlakke van kinder- en jeugbediening. 1

2 YSKAS GRAFFITI Dit was tyd om ons koeldrankyskas so bietjie te verfraai. Verskillende voorstelle was op die tafel soos o.a. om dit met nuwe plakkers te beplak. Uiteindelik is besluit om al ons kinders op die yskas te laat skryf so ietsie waarna hulle in die toekoms kan terugkom en sê: "kyk wat het ek geskryf." Elke kind het geleentheid gekry om o.l.v. Chantel Neveling, ons Kategesehoof en Soekie Human wat die projek gekoördineer het, iets op die yskas te skryf. Baie van hulle kon nie gou genoeg die dominee gaan haal om vir hom te wys wat hulle geskryf het nie. Daar is nog heelwat oop plek op die yskas. Vir die volgende jaar of twee gaan nuwe kinders soos nuwe Gr. 1 s of nuwe kinders in die gemeente, geleentheid kry om daarop te skryf. As jy nog nie gesien het hoe spoggerig die yskas lyk nie, gaan maak dan gerus n draai in die koffiekamer en kyk. Redaksie: Piet van Zyl, Theresa Weideman, Chantel Neveling, Soekie Human, Drieka Engelbrecht, Gerda van Zyl Medewerkers: Willie van Zyl & Retha Coetzee Epos: ermelo@nhk.co.za Webblad: HERSTEL EN INSTALLEER VAN GARAGE DEURE EN OOK BOU EN INSTALLEER VAN VEILIGHEIDS DEURE EN VENSTERS GARAGE DEUR MOTORS EN HEK MOTORS 2

3 KINDERKERK Ons kinderkerk, wat een maal per maand plaasvind, is goed op dreef. O.l.v. n baie bekwame span onderwyseresse word die kinders op n vlak aan die Bybel en die Here bekend gestel sodat hulle dit vir altyd sal onthou. Ons doel met al die vlakke van jeugwerk (Kategese, Kinderkerk, Pikkewouters en Spy Kids en 7Ups) is om ons kinders in n liefdevolle verhouding met God en met mekaar te bring deur van hulle ware navolgers van Jesus Christus te maak. Ons is seker dat hierdie visie tot elke ouer wat vir sy/haar kind lief is, spreek. Dit is tog seker wat elke ouer ook vir sy/haar kind wil hê - n liefdevolle verhouding met God en met ander mense en ware navolgers van Jesus Christus. 3

4 WINDHONDE TEEN ATLETE Die jaarlikse besoeke aan skole voor die basaar vorm n baie belangrike deel van die bekendstelling van die basaar. Hierdie jaar is Laerskool JJ van der Merwe en Laerskool Ermelo besoek met windhonde van Gert en Marita Wessels. Albei skole het ingestem dat hulle beste atlete teen die honde resies hardloop. Die kinders het natuurlik n groot voorsprong gekry. Die honde was geklee in die kleure van die Lions, Cheetahs, Sharks en Bulle. Hulle kon nie n hond kry wat bereid was om stil te staan dat hulle vir hom klere van die Stormers aantrek nie. VERKIESING O! VERKIESING Elke keer tydens n verkiesing, hetsy algemeen of munisipaal, irriteer die plakkate teen die lamppale my geweldig. Elke paal, elke substasie is vol gesigte wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie. Ek kan gewoonlik nie wag dat die verkiesing afgehandel sodat hulle dit weer kan afhaal nie. Tog het ek tydens hierdie verkiesing gewonder of - indien ons n foto van God sou hê en ons sou dit op lamppale en substasies aanbring - meer mense God in hulle lewe sou kies? Wanneer ons stem, moet ons sekere keuses uitoefen. Gaan dit net oor n beter regering of gaan dit ook oor verandering in ooreenstemming met God se standaarde? Psalm 127 sê: "As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs." Daarom moet ons eerste vir God kies. Hy is die enigste Een wat werklik vir ons omgee. Hy het vir my en vir jou gekies. Daar is maar een Iemand wat altyd vir ons kies: God. 'n Beter keuse as vir Hom kan ons nie maak nie! (Theresa) 4

5 Kuierhoekie Da inni Kaap in skreeu hulle mos: "WP jou lekka ding!" dat jy net gums en slagtande sien... Hier in Mpumalanga het ons niks anders om te skreeu as: "Kuierhoekie, jou lekka ding..." Ons skreeu dit dat ons valstande skoon uit die gums uitval. Lekka is dit lekka, veral as daar koek en koffie betrokke is. Ou Antie is erger oor koek as n speedcop oor omkoopgeld. Daarom was ek so bly toe die bestuur besluit het dat ons by die Kuierhoekie hierdie jaar gaan "coffeeshop crawling" doen. Jy het reg gehoor, nie "pub crawling" nie, "coffeeshop crawling." Die 18e Augustus maak ons toe weer so en n volle 26 oues van dae en jonges van dae, met kieries en sonder kieries, daag by Madness op. Die koek en quiche was uit die boonste rakke. Dit saam met koffie en tee en n klomp lekker pelle... Kuierhoekie jou lekka ding... Ek wonder net of daar nie ietsie in daardie koffie en tee was nie, want skaars was dit in, of die spulletjie begin hulle grappe vertel. Hulle het behoorlik hand opgesteek soos n graad een klas om n beurt te kry. Party was maar lekker onder die belt en dit nogal van Hervormers. Ek het so gelag dat my bra skoon skeef gesit het toe ek daaruit is. Ek moes kort-kort my asmapompie gryp vir n bietjie hulp. Dit was lekker. Niemand was so bly toe die oggend tot n einde gekom het as die personeel van Madness nie. Daardie plek was nie net rooi geverf nie, maar sommer pienk en geel en blou ook. Kuierhoekie jou lekka ding... Kuierhoekie jou lekka ding... Sien jou volgende keer. Groetnis. (Ou Antie) 5

6 BASAAR

7 7

8 OP DIE VENSTERBANK Eduan Wessels het Saterdag 13/08/2016 aan die Triton Karate Challenge te Lydenburg deelgeneem. Hy verwerf 2 medaljes. Een silwer en een brons. Hy verwerf ook Mpumalangakleure vir karate. Hy gaan aan die SA-Karate-Kampioenskappe deelneem wat in Oktober te Sun City plaasvind. Anke de Kock, 1ste op Top 10 in Graad 7 Bernè de kock 1ste op Top 10 in Graad 10 Hermie Odendaal is voorsitter van die Hotelskool by EHS en is ook lid van die Dorps - en Errie raad. Leané von Wielligh 1ste plek op die top 10 by EHS in Gr 9. 8

9 KLIPPIE IN MY SKOEN Die basaar is verby en ons is dankbaar baie dankaar. Om so 'n groot basaar te hou, verg beplanning en harde werk van baie mense. Ons beplanning vir die volgende jaar se basaar begin altyd die Maandag na die basaar wanneer die Fondsekomitee byeen kom om die pas afgelope basaar te evalueer. Soos elke jaar was daar n groot klomp mense wat baie hard gewerk het. Hulle het nie net een kilometer gestap nie, maar twee of drie of tien. Party het die laaste twee weke voor die basaar omtrent net by hulle huise geslaap. Dan is daar n tweede groep wat bydraes gegee het in die vorm van goedere of geld en dalk op die dag van die basaar so bietjie kom help het. Daar is n derde groep wat baie min of niks gee of doen nie. Hulle kom ondersteun wel die Saterdag deur by die basaar te kom rondloop, ietsie te koop en hier en daar te kuier. Hulle groet vriendelik en sê vir jou: "Julle is lekker besig nê!" Dit laat my altyd wonder: "Wie is die "julle" waarvan hulle praat?" Joh. 1 sê elkeen wat in Jesus glo, is n kind van God. As jy n kind van God is en ek is n kind van God, is ons mekaar se broer en suster. Om voor en tydens die basaar glad nie jou broers en susters te ondersteun of by te staan nie, om van jou broers en susters te praat as "julle"; is miskien n bietjie liefdeloos. Paulus vergelyk n kerk en dus ook n gemeente met n liggaam (Rom.12; 1 Kor.12). As jy aan jou eie liggaam dink, het jy een linkerkleintoontjie en een regtergroottoon. Jy het een linkeroog en een regteroor. As n gemeente soos n liggaam lyk, beteken dit jy is n deel van die liggaam. Dalk is jy die linkerkleintoontjie of die regtergroottoon of die linkeroog of die regteroor? Kom ek vertel vir jou waarom die julle waarvan jy gepraat het, so besig was. Sê nou jy is die regtergroottoon van die gemeente en jy is nie daar nie, moet die linkerkleintoontjie of die regteroor die werk van die regtergroottoon saam met die werk doen wat n linkerkleintoontjie of regteroor moet doen en daarom is die julle so besig. Ek verwyt niemand nie. Ons is dankbaar baie dankaar vir dit wat ons kon doen met genade van Bo. Tog wonder ek maar net wat sal gebeur as elkeen in die gemeente sy/ haar kant bring, nie net met die basaar nie, maar met elke ding wat ons in die gemeente doen, van erediens tot kategese, van NHSV tot basaar, van kerkraad tot gholfdag? (Piet) 9

10 Tee vir gesondheid! Matchatee Matchatee is n fyngemaalde teeblaar wat vir die eerste keer deur die Zen-monnike gebruik is vir meer verstandelike helderheid en fisiese energie. Die teeblare wat gebruik word om Matcha te maak, word in die skaduwee geplant sodat meer chlorofil, antioksidante, aminosuur en L-Theanine geproduseer kan word. Die Japannese beskou Matcha gelykstaande aan 10 koppies groen tee. Hier is n paar voordele van Matchatee: Hoog in antioksidante Verhoog energievlakke Gee jou immuunstel en konsentrasie n hupstoot Verbeter jou vel Help veg teen kanker Kalmerende effek en verbeter jou bui Verlaag jou cholesterol Jy kan matchatee aanlyn bestel by: en 10

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is in die Here. Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak) Ons stalletjie is op en Goudrif is reg vir die grootste Pizza pie braai wat SAWA nog gesien het! So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD, Dankie vir die tyd. [Broer Neville sê: Amen. Red.] Ek het vir Broer Neville gesê: Is jy seker jy het nie n klein bietjie salwing vanmôre nie? 2 Ek kom hierheen om vir

More information

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus KANT KIES VIR JESUS 669 Kant Kies Vir Jesus ` Een of ander plek in Louisville waar jy_jy eet, en dit word genoem^laat ons sien, Dogpatch Restaurant. Ek het vandag een gekry. As iemand daar eet, dan neem

More information

aan God alle eer Kinderkerk - 2 Tolderia Kerssangdiens - 7 Gemeente Ermelo Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

aan God alle eer Kinderkerk - 2 Tolderia Kerssangdiens - 7 Gemeente Ermelo Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2017 Volume 1 van 2017 Mei 2017 Kinderkerk - 2 Tolderia 2017-4 Kerssangdiens - 7 OORDENKING: AS

More information

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017. NEWSLETTER Message from the Chairman Dear Colleagues I recently attended a luncheon where the Minister of Finance, Mr Calle Schlettwein, was our guest speaker. He presented a very optimistic view and stated

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. 1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. GEEN VERDERE VRAE. VERDERE ONDERVRAGING DEUR MNR. SCHABORT: Op die lode Vloer waar Dr. Aggett ondervra

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

To love without knowing how to love wounds the person we love.

To love without knowing how to love wounds the person we love. To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

WYSHEID TEENOOR GELOOF

WYSHEID TEENOOR GELOOF WYSHEID TEENOOR GELOOF, Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Môre, môre. Broer 2 Môre, vriende. [Iemand sê: Môre, Broer Branham. Red.] Bly om terug te wees in die huis van die Here! 3 Ek is net teruggeroep

More information

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK, Julle mag maar sit. Dis goed om weer vanaand terug te wees. Dankbaar dat ons nou weer hierdie geleentheid het om die Here te dien. En nadat ek julle so lank gehou het gisteraand,

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE 6.1 INLEIDING In die navorsing tot dusver - hoofstukke een tot vyf - is kontekste en perspektiewe verduidelik van waaruit ek betrokke sou wou raak in pastoraalterapeutiese

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie... INHOUDSOPGAWE Inleiding... 9 Gesprek 1: Oor die groter prent... 17 Gesprek 2: Oor haar vriende... 37 Gesprek 3: Oor haar akademie... 54 Gesprek 4: Oor haar lyf... 71 Gesprek 5: Oor haar geloof... 86 Gesprek

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap #04/2016 Onrus Suidwes-Kaap 15-17 April 2016 1 Onrus, as jy die naam hoor is die eerste wat by jou opkom, Vrydagmiddag se verkeer daar by die Strand verby en dan die pas. Dit is soos om n turksvy af te

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly. HOE KAN EK OORWIN?, Laat ons ons hoofde buig vir gebed. Onse Vader, ons dank U, vanmôre, vir hierdie wonderlike tyd van weer saam te kom, en om die Woord van die Here oop te maak, Dit voor ons te lê. En

More information

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR E k het in n Christelike huis grootgeword en na n Christelike skool gegaan, iets wat weliswaar sy voordele en nadele ge had het. As n volwassene wat dit vandag waardeer dat ek

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat

More information

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: 013 262 3381/4114 Gemeente met n Droom Die afgelope tyd is dit baie duidelik die kerke in Suid Afrika begin leeg loop. Die NG Noordelike Sinode sê vir ons dat oor

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante Ontmoeting 16 Die 10 plae Aan die einde van die ontmoeting moet die kinders besef hoe lief God Sy volk het, dus elkeen van ons ook en dat Hy deur extreme measures sal gaan om ons te help. Teks: Eks 7 11

More information

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit? Dienstye: Alberton LewenSentrum Eredienstye: Sondae 08:15 10:15 18:00 Kerkkantoor: 011 867 7244 Noodnr: 079 524 7945 E-pos: info@als.org.za Webtuiste: www.lewensentrum.org.za Bankbesonderhede: Alberton

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4 februarie 2011 Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse.... p4 Leef wat jy droom Ons het almal drome... p7 p2 Fokus p6 p8 p10 Kaleideo Klanke Kuier by... Uitreike p11 Kreatief

More information

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks: PUTKOS 30 Junie 2015 Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, 6229 Tel: 041 922 7179 Faks: 086 682 5649 www.uitenhageoos.co.za skriba@uitenhageoos.co.za Versorg en toegerus om strome lewende water te

More information

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April 2018 Grabouw Soos ʼn koeipaal op die plaas Die laaste keer wat ek Kaapstad besoek het, was op uitnodiging van die Woordfees, die Afrikaanse

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God. HEBREËRS, HOOFSTUK EEN 1 HEBREËRS, HOOFSTUK EEN ` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God. 2

More information

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca) Les 1 Oefeninge vir

More information

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE 1e Diens WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Saartjie Dirk Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB543:1-3 Here Jesus ek

More information

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Inhoudsopgawe Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Week 1: Leer om die taal van liefde te praat... 9 Die Vyf tale van die liefde-profiel... 21 Week 2: Liefdestaal #1: Opbouende woorde... 27 Week 3:

More information

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling) DIE FINALE ROEP deur Deborah Melissa Möller Kopiereg 2011 Deborah Melissa Möller Published by Deborah Melissa Möller at Smashwords Smashwords Edition, License Notes Thank you for downloading this free

More information

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die God van heerlikheid en die geboorte en lewe van die kerk Reeks preke oor die openbaring van die God van heerlikheid,

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU In die huis van my Vader Inhoudsopgawe 1. Die Groot Huis van God... 13 2. Die woonkamer... 19 3. Die fondament... 29 4. Die uitkyktoring...

More information

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak Inhoudsopgawe 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak 2. Hoe God se beursie werk... 19 Sewe stappe wat jou voorberei om met God saam te werk vir n finansiële wonderwerk

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information