Size: px
Start display at page:

Download ""

Transcription

1

2 Baie welkom as leier van Stadsretreat II! Ja, jy het reg gehoor, jy lei die retreat. Die stadsretreat is n geleenthied vir jou om jou oop te stel vir God soos jy die naweek wil inrig. Wees oop om gelei te word sodat jy die naweek uniek kan inrig om deur God aangeraak te word. Om in enige sportsoort goed te kan doen, moet n mens oefen. Wanneer jy dan in die wedstryd kom, is jou spiergeheue goed ontwikkel om amper alles outomaties te doen sonder om veel daarop te konsentreer. Geestelike oefeninge is oor eeue heen ontwikkel om ons te help sodat ons in die normale verloop van die lewe met n blywende spirituele bewussyn kan leef. Ons hoef nie eers spesifiek te konsentreer op die teenwoordigheid van God nie, maar ons leef met die bewussyn van sy teenwoordigheid. Dis amper soos twee mense wat vir mekaar lief is en goed ken, en nie eers woorde nodig het om bewus te wees dat die ander daar is nie. Soos n string pêrels deur die string n aanmekaar gebind word, is die bewussyn van God by my, die kern van al die momente van ons lewe. Elke moment van die dag is n pêrel van vroegoggend af, wanneer ek wakker word, opstaan, was, ontbyt eet, werk toe ry, werk, gesels; regdeur totdat ek my lig afsit en aan die slaap raak, word alles deur die sting van God se teenwoordigheid aanmekaar gebind. Een van die beste oefeninge wat die eeue gebruik is om ons van hierdie wonderlike eenheid te herinner is ons asemhaling! Dit is hoekom ons regdeur die retreat gaan fokus om deur asemhaling die bewyssyn van God te oefen. Mag die retreat jou diep verryk! Immanuel van Tonder, immanuel@vantonder.org.za NS Lees ook 2010 se Stadsretreat by by Lewenskuns. 2 Stadsretreat II NG Lynnwood

3 Beplan jou Retreat Dit is belangrik dat jy vooraf jou tye vir die naweek beplan. Die Gids werk met 7 geleenthede waar jy gaan oefen. Natuulik kan jy nog tye inwerk. Vrydag: Saterdagoggend: Saterdagoggend: Saterdagmiddag: Saterdagaand: Sondagoggend: Sondagmiddag: Hartsverlange en basiese oefeninge Stiltetyd om jou dag te begin Metgeselskap oefening: kuierafspraak Ontspanning as ont-spanning Stilword geleentheid Oggenddiens waar Pinkster afskop Refleksie, danksegging en commitment. Vrydag: Die Retreat begin! * STOP eers met alles van die week en word rustig waar jou aandag nie afgetrek kan word nie. Geniet net eers die sit. * Hou jou asem op vir n rukkie sodat jy kan voel hoe honger jou liggaam word vir suurstof. Haal dan asem en ervaar hoe die suurstof jou liggaam vul. Doen dit net so paar keer... * Verwoord nou jou diepste hartsverlange oor die teenwoordheid van God soos wat jy sopas fisies beleef het oor jou geestelike asemnood. * Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort. God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. - Kol 1:26 & 27 Haal nou rustig asem, met elke inasem herhaal jy Christus is in my en met die uitasem laat jy gaan (let go) wat nodig is om te laat gaan 3 Stadsretreat II NG Lynnwood

4 * Hou aan met die oefening en wees bedag op wat jou aandag telkens weggelei het van die oefening. Verwelkom dit wat jou aandag weggetrek het sonder om daaroor kwaad te wees. Laat dit dan gaan in jou uitaseming * Praat nou met die Here oor die wonderlike waarheid dat Hy in jou is en oor dit wat jou aandag weggelei het. * Sit nou vir n ruk net in die bewussyn van God wat in jou is sonder om op woorde te fokus. Geniet en waardeer net die wees by God. Opmerking: Jy het pas ervaar hoe asemhaling mens kan help om i bewus te wees van God se nabyheid, op n wyse verby woorde ii bewus te raak van dit wat binne jou gebeur. Jouself ontmoet. So bied asemhalingsoefeninge vir jou n pad na jou binneste en n poort vir God om jou aan te raak. Saterdagoggend Stiltetyd Hoop jy het lekker geslaap en is reg vir n dag vol verrassings. Vandag is oop voor jou om jou oefening regdeur die dag toe te pas. * Lees weer die brief aan die begin van die gids. * Sit nou rustig en let op hoe jy asemhaal. Moenie jou asemhaling beinvloed nie, wees net bewus van hoe jy asemhaal: diep/vlak? Vinnig/stadig? Harde geluid/sag? Ritmies/a-ritmies? Voel die lug deur jou neus vloei tot in jou longe. * Wat lei jy af oor jou gesondheid nav jou oefening? * Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens n lewende wese geword het. Gen 2:7 (Lees ook vers 8-9!) Na die opstanding lees ons in Joh 20:22 Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: Ontvang die Gees! Lees die gedeeltes n paar keer deur en let op die rykdom wat hier opgesluit is. Met elke keer wat jy weer die teks lees of n woord oordink sal nuwe perspektiewe na vore kom.. 4 Stadsretreat II NG Lynnwood

5 * Eindig jou oggendstilte met dié gedig as gebed: Fluit van God n Klein, fyn fluit van hout Leeg, hol, van riet, stil, rustend in haar hand. Afwagtend die blaas in dié amorfe vorm, van die Asem van die lied. My veelal leë lewe rus in die hand van God; soos die uitgeholde fluit, verlangend na die melodie wat alleen U blaas kan uit. Die klein fluit van hout en ek, verlang na asem, wagtend op die Een wat die melodie verwerk. Die Een, wie se aanraking te voorskyn bring, wag op my leë, alledaagse gestalte, sodat ons lied-verhongerde aarde gevoed mag word met goue melodieë. Saterdagoggend metgeselskap kuier * Nooi iemand vir n kuier. (uit jou huwelik, gesin, vriende, kollegas) * Terwyl jy kuier let net op 2 sake: (FOKUS daarop!) i Luister aandagtig na die ander persoon ii Let op jou asemhaling en eenheid met God terwyl jy kuier * Oordink na die tyd wat jy God deur die gesprek hoor sê het. 5 Stadsretreat II NG Lynnwood

6 Saterdagmiddag Ont spanning * Tydens die sport of ontspanning vanmiddag, let op hoe jou asemhaling n storie oor jou emosies vertel: Spanning laat mens vlak asem haal, Lag laat jou heeltyd meer en meer lug uitasem, Kwaad laat jou asem ophou, Teleurstelling laat jou sug en lug uitblaas, Moed skep laat mens asem optrek, Moegheid maak jou uit asem. * Oefen as jy dalk vanmiddag kwaad of gespanne is, doen die volgende ontspanningsasemhalingsoefening. (Volgens Dr Adrew Weil van Univ van Arazona wat medici oplei om hulself en hulle pasiente te laat ontspan). Tel vinnig: 4 tellings inasem - 7 tellings hou lug binne - 8 tellings uit asem. Hierdie oefening kan jy toepas in verkeer as jy kwaad is, as jy gespanne is, of angstig voel. Dit is oor jare toegepas en medies nagevors. Wanneer jy nog die geestelike faset van God se teenwoordigheid in gedagte hou is hierdie proses n besondere instrument! En dis onder jou neus! TOETS dit! Saterdagaand stilword * Onthou ons fokus vir die naweek is om asemhaling as kanaal te gebruik om meer teenwoordig te wees vir jouself en God. Want God is hier, maar die vraag is of jy oop en bewus leef van die Teenwoordige. Het jy iets daarvan vandag ervaar? * Asemhaling is n baie besondere funksie in die menselike liggaam want dis die enigste funksie van die liggaam wat ons beide bewus en onbewus kan doen. Mens haal outomaties asem maar ons kan dit ook beheer. Hier is n besondere geleentheid om met n fisiese proses n emosionele of kognitiewe terapie te doen. Daar ook talryke fisiese voordele en potensiaal vir genesing. Die doelwit vir asemhaling is om stadiger, dieper (met jou diafragma asem haal), sagter en meer ritmies asem te haal. Sit nou n rukkie rustig en probeer iets van bg doelwitte bereik. Ervaar die effek op jou ligggaam en emosies. 6 Stadsretreat II NG Lynnwood

7 * Een van die oefeninge wat mens ook kan doen as jy gaan slaap (lê!) is om iets van Gen 2:7 (by vanoggend se stiltetyd) deur jou verbeelding te ervaar. Terwyl jy sit of lê, ervaar jy hoe die lug tydens inaseming deur God in jou in geblaas word en die uitasem natuurlik uitvloei. Daardeur sal jy n dieper rus ervaar maar ook besef dat asemhaling iets heiligs is. Lug en suurstof is ook gawes van God. Vir my persoonlik is hierdie vorm van asemhaling iets baie besonders. Die noue verbintenis met God word op dié manier gevier. * Baie mense sukkel met slapeloosheid, selfs al is dit net vir n tydperk. Asemhalingsoefeninge is n baie suksesvolle terapie om iets daaraan te doen. Enige van die 4 oefeninge wat ons gedoen het kan help: i Let net op hoe jy asem haal ii Tel 4 in 7 hou 8 uit iii Maak jou asemhaling dieper, stadiger, sagter en meer ritmies iv Laat lug in jou geadem word. * Lees Ps 4:7-9 en slaap rustig in God se teenwoordigheid. Wees net by God. Sondagoggend Erediens Die oggenddiens is die begin van Pinkster. In Pinkstertyd word ons weer herinner daaraan dat die Heilige Gees in ons woon! Ervaar ook in die erediens vanoggend hoe die string van God se teenwoordigheid ook deur die pêrel van die erediens loop. Gebuik n asemhalingsoefening om op God se teenwoordigheid te fokus. Sondagmiddag retreat afsluiting Maak n lekker koppie koffie of tee, en gaan sit waar jy lekker kan ontspan en dink. * Volg jou asemhaling. Besef dat God so naby aan jou is soos jou asemhaling. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: Ons stam ook van Hom af. Hand 17:28 Lees die teks n paar keer stadig deur en haal bewus-telik asem! 7 Stadsretreat II NG Lynnwood

8 * Dink na oor jou naweek. Wat was die effek daarvan dat jy meer bewus van God geleef het? * Skryf n gedig of gebed op gemeente se webblad by Bedienings, Lewenskuns of of epos dit aan immanuel@vantonder.org.za. Wat sal jy uit die retreat in die week wil indra? Dink prakties. Skryf dit neer. * Eindig jou Retreat met die gebed van Joyce Rupp: Remember the Holy One is with you. Bring to mind His Loving Presence within you and around you as you pray the following: Touch your fingertips to your forehead, saying: Open my mind to remember your presence. Touch your fingertips to your mouth, saying: Open my mouth to speak your wisdom. Touch your fingertips to your heart, saying: Open my heart to extend your love. Hold both hands out, open, palms up, saying: Open my hands to serve you generously. Holding arms wide open, saying: Open my whole being to you. Make a deep bow to God s loving presence in you. 8 Stadsretreat II NG Lynnwood

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie STADSRETREAT leef in Volkleur Hoë Definisie Weergawe 1 ~ 1 ~ n Volkleur hoë definisie lewe Welkom by die eerste unieke Stadsretreat. Jy word uitgenooi om hierdie naweek te groei in die bewussyn van God

More information

Pelgrimstog deur die Lewe

Pelgrimstog deur die Lewe Pelgrimstog deur die Lewe Stadsretreat IV Die diepste versugting van gelowiges is om te groei in geloof en ons dors daarna om in intieme kontak met God te leef. Hierdie diep begeerte nooi ons op verskeie

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Leef jy voluit? Waarna verlang jy? Wat motiveer jou? Smag jy. na God? Lees en oordink elkeen van die vrae. en stap saam oppad na n.

Leef jy voluit? Waarna verlang jy? Wat motiveer jou? Smag jy. na God? Lees en oordink elkeen van die vrae. en stap saam oppad na n. Waarna verlang jy? Leef jy voluit? Wat motiveer jou? Lees en oordink elkeen van die vrae en stap saam oppad na n lewe van oorvloed in Christus vandag! Smag jy na God? 2 Paspoort tot die Lewe: Stadsretreat

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca) Les 1 Oefeninge vir

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE 7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Die Bybel is werklik n merkwaardige stel boeke. Dit be vat so baie: so baie verhale, so baie karakters, so baie emo sies, so baie gebeure, so baie

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

To love without knowing how to love wounds the person we love.

To love without knowing how to love wounds the person we love. To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is in die Here. Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di Januarie 2018 1 Ma NUWEJAARSDAG 2 Di 3 Wo 4 Do 5 Vr Die Kerkjaar Die kerkjaar draai om 3 hoogte-punte nl. Paasfees, Pinksterfees en Kersfees. Die kerkjaar bestaan uit verskeie seisoene. Hierdie feeste

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. 2 HOE STERK IS JOU GELOOF. Hoofstuk 1 Leer die waarheid ken van

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

Besprekingsvrae vir selgroepe

Besprekingsvrae vir selgroepe Besprekingsvrae vir selgroepe Week 1 : Egte God INLEIDING God is die bron, die oorsprong van liefde, daarom lei elke opregte soeke na liefde in die hart van n mens altyd weer terug na God. Maar dis nie

More information

GEBED VIR KERKLEIERS

GEBED VIR KERKLEIERS GEBED VIR KERKLEIERS HERE, Ek dank U vir ons geestelike leiers wat U aan die liggaam van Christus gegee het om ons te bewaar van elke gevaar, die waarheid in liefde te spreek en ons toe te laat om te groei

More information

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Verwerking van die Sake van Jou Hart Verwerking van die Sake van Jou Hart www.freshstartforallnations.org Om die Stryd in jou Hart deur te werk n Proses en n pad om jou te help om die stryd van n grief, n leed en n verlies te verwerk Wees

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

Die krag van. n vrou wat bid

Die krag van. n vrou wat bid Die krag van n vrou wat bid 26 Wanneer Die krag n van vrou n vir vrou haarself wat bid bid P HOOFSTUK EEN p Here, trek my nader sodat ek meer intiem saam met U kan wandel V oordat ek die Here leer ken

More information

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Inhoudsopgawe Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Week 1: Leer om die taal van liefde te praat... 9 Die Vyf tale van die liefde-profiel... 21 Week 2: Liefdestaal #1: Opbouende woorde... 27 Week 3:

More information

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling) DIE FINALE ROEP deur Deborah Melissa Möller Kopiereg 2011 Deborah Melissa Möller Published by Deborah Melissa Möller at Smashwords Smashwords Edition, License Notes Thank you for downloading this free

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie... INHOUDSOPGAWE Inleiding... 9 Gesprek 1: Oor die groter prent... 17 Gesprek 2: Oor haar vriende... 37 Gesprek 3: Oor haar akademie... 54 Gesprek 4: Oor haar lyf... 71 Gesprek 5: Oor haar geloof... 86 Gesprek

More information

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY Bladsy 2 INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 Lent 2018: As-Woensdag 14 12 Februarie 6 Februarie 2 Lent 2018: Jesus se uitnodiging 19 Februarie 9 3 4 5 6 7 Lent 2018: Om die bose te oorwin 26 Februarie

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

More information

MEDITASIE N GIDS AJAHN SUCITTO

MEDITASIE N GIDS AJAHN SUCITTO MEDITASIE N GIDS AJAHN SUCITTO AJAHN SUCITTO AJAHN SUCITTO FOR FREE DISTRIBUTION Meditasie: n Gids deur Ajahn Sucitto Cittaviveka Chithurst Petersfield GU31 5EU, UK www.cittaviveka.org. Hierdie teks is

More information

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak Inhoudsopgawe 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak 2. Hoe God se beursie werk... 19 Sewe stappe wat jou voorberei om met God saam te werk vir n finansiële wonderwerk

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep. Gustav se jarelange ervaring in die veld en sy passie vir voluit leef is sigbaar in sy werk. Die beginsels is getoets, verstaanbaar en gebalanseerd, en sal jou nader bring aan n lewe vol ware impak. Hettie

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13 Inhoud Bladsy Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13 IV. BOU JOU HUWELIK 18 Welkom! Baie welkom by die dooptoerusting.

More information

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie

More information

CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level AFRIKAANS 8679/2 PAPER 2 Reading and Writing OCTOBER/NOVEMBER SESSION 2002 1 hour 45 minutes Additional materials:

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

RIGLYNE VIR WÊRELDVIGSDAG EREDIENS SONDAG 30 NOVEMBER (OF SONDAG 7 DESEMBER 2008)

RIGLYNE VIR WÊRELDVIGSDAG EREDIENS SONDAG 30 NOVEMBER (OF SONDAG 7 DESEMBER 2008) RIGLYNE VIR WÊRELDVIGSDAG EREDIENS SONDAG 30 NOVEMBER (OF SONDAG 7 DESEMBER 2008) INHOUD 1 Agtergrond vir Wêreld vigsdag 2008 2 Wenke vir voorbereiding vir 'n erediens in aansluiting by Wêreld vigsdag

More information

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. Vas en gebed Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. ~ Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder whether it

More information

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN 1 FAITHSTORY PUBLISHING 1 Tarentaal Weg, Mooivallei Park, Potchefstroom, 2531 Alle regte voorbehou. Gedruk vir die eksklusiewe gebruik deur Every Nation Faith City. Geskep en gepubliseer onder die lisensie

More information

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Perspective Training College Plek: Potchefstroom Datum: 25 28 Oktober 2017 Tyd: Elke dag van 08:00 16:00 Plek: Paarl Datum: 22 25 November 2017

More information

ALFABET VAN DIE HUWELIK

ALFABET VAN DIE HUWELIK ALFABET VAN DIE HUWELIK Aanvaarding Aanvaar mekaar vir wie julle is. Moet nie jou maat probeer beitel tot die perfekte huweliksmaat nie. Bederf As julle lief is vir mekaar sal julle mekaar altyd bederf.

More information

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX INHOUDSOPGAWE 1 Kom maar in die water is lieflik 3 2 So, jy wil gedoop word? 9 3 Wat is die doop van die gelowiges? 11 4 Waarom moet ons gedoop word? 17

More information

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE 6.1 INLEIDING In die navorsing tot dusver - hoofstukke een tot vyf - is kontekste en perspektiewe verduidelik van waaruit ek betrokke sou wou raak in pastoraalterapeutiese

More information

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. 1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. GEEN VERDERE VRAE. VERDERE ONDERVRAGING DEUR MNR. SCHABORT: Op die lode Vloer waar Dr. Aggett ondervra

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25 Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25 A. Kom ons deel eers ʼn paar praktiese wenke met mekaar wat ons kan help om na God se stem in Sy Woord te

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

Volume 3 van 2016 September 2016

Volume 3 van 2016 September 2016 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen

More information

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID, Ek ag dit n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie mooi byeenkoms van Christenmense, om hierdie geleentheid te hê om met julle te praat

More information