Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Size: px
Start display at page:

Download "Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening"

Transcription

1 Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca)

2 Les 1 Oefeninge vir die tongpunt /t/ 20 keer (3x/dag) /ts/ 20 keer (3x/dag) Hou cheerio op tandrif vir 10 sekondes, mond oop (3X/dag) Hou cheerio op tandrif vir 10 sekondes, mond toe Tong-kliek (daardie klank wat jy met jou tong maak as jy vies is of as jy n perd wil aanmoedig Die ingekleurde deel dui aan watter oefeninge julle op watter dag moet doen. Onthou, dit is absoluut noodsaaklik dat julle hierdie oefeninge getrou moet doen, anders gaan daar geen vordering wees nie.

3 Les 2 Oefeninge vir die tongpunt Tong opstote (hou 5 sekondes) 6 keer, 1 keer per dag Metode: - Tong op kolletjie - Druk tong boontoe vir 5 sekondes - Ontspan jou tong deur dit weer te laat val Gebruik die inkleurkaarte om die oefeninge te tel 3 slurp en sluk (2 keer per dag) Metode: -Sit joung tong op die kolletjie - Byt agterste tande op mekaar - Lippe weg van mekaar (hanswors-lippe) - Slurp (suig spoeg in) - Sluk 6 slurp en sluk (2 keer perdag) 12 slurp en sluk (3 keer per dag)

4 Les 3 Oefeninge vir die middelste deel van die tong Kou-spiere (6 keer) Metode: - Maak mnd oop - Byt agterste tande op mekaar - Sê tjoe - Maak mond weer op en ontspan al die mondspiere Tong pop 10 keer (3 keer perdag) ELKE dag Metode: - Druk tong teen tandvleis agter voortande. Maak seker die hele tong is bo in die mond. (hou 3 sekondes in daardie posisie) Metode: - Mond wyd oop - Suig die tong afwaarts om n harde pop geluid te maak. - Gebruik spieël om te monitor Geforseerde tja 3 keer (3 keer per dag) ELKE dag Metode - Mond oop - Tong in pop posisie - Forseer tja (ontspan mondspiere na elke Tja)

5 Les 4 Oefeninge vir die middelste deel van die tong Ons gaan nou begin om vorige oefeninge te kombineer om n nuwe oefening te vorm 12 stadige tja, Slurp, sluk Gebruik jou hand om die oefening te doen Tja Tja Tja Slurp Sluk 12 vinnige tja, slurp, sluk Tja Slurp Sluk 2 stadige oefeninge soos op dag 1 en 2 10 vinnige oefeninge soos op dag 3 Oefen /k/ woorde (10 keer) (3 keer perdag) Tong Pop - Mond toe - Moenie pop nie. Suig net in Gebruik cheerios en hou op kolletjie terwyl jy TV kyk (30 minute)/ skool toe ry

6 Les 5 Oefeninge vir die AGTERSTE deel van die tong Koek-sluk (die tong moet agter teen sagte verhemelte n hobbel maak) 6 keer per dag Metode - Mond oop - KLEIN slukkie water - Kop agter-oor - Tong agter ONDERSTE tande - Sê koek - Sluk Tong Oplig Metode: - Sit n KLEIN stukkie van n harde soutkoekie op die agterste deel van jou tong. - Maak asof jy koek gaan sê voel die koekie teen jou verhemelte druk. - Jou tongpunt moet onder in jou mond bly. - Laat sak jou tong tot onder Herhaal 10 keer per dag ONTHOU: jou mond moet TOE wees as jy nie eet

7 of praat nie EN jou tongpunt op OP die kolletjie agter jou botande rus Water- HOKKIE Ons gaan oefen om water in n hokkie tussen jou tong en verhemelte te hou. Metode - Sit jou tong in die POP posisie. Die tongpunt is op die kolletjie en die kante van jou tong raak aan die tandvleis. Dit vorm nou die HOKKIE - Suig al jou spoeg tot op jou tong en maak die hokkie. - Byt op jou tande en sluk - Neem n klein slukkie water en maak n hokkie - Knik jou kop en maak seker dat geen water uit die hokkie lek nie. - Lig jou kop - Sluk Doen 3 spoeg-hokkie oefeninge en 5 waterhokkie oefeninge per dag.

8 Les 6 Sluk-opleiding Sluk Vloeistowwe (wanneer jy tandeborsel Metode - Byt op agterste tande - Lippe oop (hansworsglimlag) - Tong op kolletjie - Trek middel van tong op (soos pop oefening) - Trek agterste deel van tong op (soos koek sluk) - Sluk 2 oefensessies 6 sluk-oefeninge met metode hierbo Alles wat jy drink: EERSTE 5 slukkies volgend die metode hier bo Onthou! Moenie dat jou tong uitkruip nie!

9 Sluk vaste stowwe Onthou! - Klein happies - Kou baie goed - Kou met agterste tande - Probeer om jou tande weg te hou van jou tong - Maak die kos bymekaar soos die water in die hokkie Oefen 2 keer per dag Gebruik soutkoekies Oefen die sluk 12 keer Tydens etes Oefen die regte sluk met die EERSTE 5 happies Onthou! Partykeer kry jy nie al die kos in jou mond met die eerste sluk afgesluk nie. Dan moet jy seker maak dat jy OOK die volgende sluk reg doen.

10 Les 7 Sluk-opleiding Oefen normale slukpatroon as jy eet en drink. EERSTE 5 happies/ slukkies Drie vinnige slukke vloeistowwe na mekaar Onthou jou tong op die kolletjie. Geforseerde gaap (3x/ry) (3x/dag) Kyk in spieël hoe jou kleintongetjie op beweeg as jy gaap. Gorrel as jy tandeborsel Sê t,d,l,k, en g woorde elke dag 5 keer. Die eerste klank moet hard en met klem gesê word. Prente aangeheg

11 Les 8 Sluk-opleiding Peperment Doel: om speeksel-produksie te stimuleer Metode - Sit n KLEIN pepermentjie op jou tongpunt - Druk die peperment vas op jou kolletjie (net soos die rekkie vroeër. - Die peperment begin nou oplos en jy het meer spoeg in jou mond. - Jy gaan n paar keer moet sluk - Voel hoe jou tong n hobbel agter teen jou verhemelte maak Doen hierdie een keer VOOR en NA ete. Ontspanne lippe en gesig Voorheen het ons hansworslippe gemaak. Nou moet ons begin om ons spiere te ontspan. Metode - Hou jou tong op die kolletjie - Agterste tande opmekaar - Maak lippe toe en ontspan - Sluk Doen hierdie oefening 10 keer

12 wanneer jy tandeborsel. Doen dit voor n spieël As jy enige beweging van jou gesig, lippe of ken sien, het jy verkeerd gesluk. As jy hierdie mooi regkry, kan jy begin om so te sluk wanneer jy eet. Vinnig-sluk Metode - Drink 1 klein glas water met vinnige slukke. Dit moet so vinnig as moontlik wees sonder jou tong wat uitkom. Doen hierdie oefening 1 keer per dag. Een ete per dag moet geëet word met AL die slukke op die regte manier. Gebruik n reminder om jou te help onthou - bv sit n tennisbal langs jou bord neer.

13 Les 9 Sluk-opleiding Drink met strooitjie 1 keer per dag 10 slukkies Metode - Knik kop sodat jy jou voete kan sien. - Agterste tande op mekaar - Tong op kolletjie - Klein slukkies Elke keer as jy tande borsel: Maak n 250ml glas vol water: 1) 3 klein slukkies met lippe wyd oop 2) 3 klein slukkies met lippe Ontspanne 3) 8 vinnige slukke 4) Drink res van die water Op met aanhoudende slukke Speeksel Omdat ons omtrent 200 keer per dag spoeg moet afsluk, moet jy onthou om daardie slukke ook reg te doen. Dit is moeilik om te onthou omdat n mens nie daaroor dink nie. Probeer gereeld onthou dat jy moet reg sluk

14 Les 10 Oordrag: Die nuwe slukpatroon moet nou outomaties gebruik word Tot op hede het die kind die heeltyd GEDINK oor sy slukpatroon. Dit is die ouer se taak om die kind die HELE tyd te herinner aan die regte slukpatroon. Beoordeel nou self die slukke. Gebruik die tabel op die volgende bladsy. Drie vinnige slukke vloeistowwe na mekaar Onthou jou tong op die kolletjie. Geforseerde gaap (3keer) (3 keer perdag) Kyk in spieël hoe jou kleintongetjie op beweeg as jy gaap. Gorrel as jy tandeborsel

15 Onthou-prente Plak die prente op verskillende plekke om jou te herinner aan die regte sluk. Wanneer jou oog een van die prente raaksien, sluk spoeg af met die regte sluk. In die nag: Vir die volgede AGT dae moet jy net voor jy aan die slaap raak, die volgende liedjie in jou kop sing: Vannag gaan ek tog weer reg sluk Reg sluk Reg sluk Vannag gaan ek tog weer reg sluk Die hele nag deur! (Op die wysie van Mary had a little lamb)

16 Soort sluk SUPER Klein slukkies - lippe oop Klein slukkies - lippe ontspanne Soutkoekie - lippe oop Soutkoekie - lippe ontspanne Vinnige slukke Spoeg sluk - lippe oop Spoeg sluk - lippe ontspanne

17 Les 11 Oordrag: Die nuwe slukpatroon moet nou outomaties gebruik word Maandag - t-t-t-t - ts-ts-ts - Tong-opstote - Klieks - Slurp-sluk Dinsdag Hersiening Sluk reg tydens 1 ete: beoordeel jou slukke (reg/ verkeerd) Woensdag - Tong pop - Tja - Tja sluk Donderdag - Sluk spoeg reg vir 10 minute Vrydag - Gaap - Gorrel - Koek-sluk - Tong oplig Saterdag Tongpunt-oefeninge Middel van die tong Agterste deel van die tong Sluk reg tydens 1 ete: beoordeel jou slukke (reg/ verkeerd)

18 Les 12 Instandhouding Dit gaan nodig wees om vir die volgende JAAR steeds te dink aan jou nuwe sluk-patroon. Weekliks Tydens 1 ete moet jy jou slukke beoordeel: reg-verkeerd Elke keer as jy tandeborsel - Sluk spoeg - Klein slukkies water met lippe oop - Klein slukkies water met lippe ontspanne - Drink n klein glasie water met vinnige slukke

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

www.nglynnwood.co.za Baie welkom as leier van Stadsretreat II! Ja, jy het reg gehoor, jy lei die retreat. Die stadsretreat is n geleenthied vir jou om jou oop te stel vir God soos jy die naweek wil inrig.

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

LAAT JOU KANTOOR VIR JOU WERK!

LAAT JOU KANTOOR VIR JOU WERK! LAAT JOU KANTOOR VIR JOU WERK! Aangebied deur Mia Vermaak Dept. Arbeidsterapie Universiteit van die Vrystaat T: +27(0)51 401 9111 info@ufs.ac.za www.ufs.ac.za UITNODIGING Kom leer hoe om jou kantoor in

More information

GESONDE EETGEWOONTES *

GESONDE EETGEWOONTES * OpenStax-CNX module: m27833 1 GESONDE EETGEWOONTES * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 * Version 1.1: Jul 7, 2009

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

ALFABET VAN DIE HUWELIK

ALFABET VAN DIE HUWELIK ALFABET VAN DIE HUWELIK Aanvaarding Aanvaar mekaar vir wie julle is. Moet nie jou maat probeer beitel tot die perfekte huweliksmaat nie. Bederf As julle lief is vir mekaar sal julle mekaar altyd bederf.

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m30920 1 Meetkunde * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 5 3 MEETKUNDE, DATAHANTERING

More information

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. Vas en gebed Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. ~ Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder whether it

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie STADSRETREAT leef in Volkleur Hoë Definisie Weergawe 1 ~ 1 ~ n Volkleur hoë definisie lewe Welkom by die eerste unieke Stadsretreat. Jy word uitgenooi om hierdie naweek te groei in die bewussyn van God

More information

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus KANT KIES VIR JESUS 669 Kant Kies Vir Jesus ` Een of ander plek in Louisville waar jy_jy eet, en dit word genoem^laat ons sien, Dogpatch Restaurant. Ek het vandag een gekry. As iemand daar eet, dan neem

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Perspective Training College Plek: Potchefstroom Datum: 25 28 Oktober 2017 Tyd: Elke dag van 08:00 16:00 Plek: Paarl Datum: 22 25 November 2017

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING KOPIEREG VOORBEHOU//COPYRIGHT RESERVED DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING SKOOL VIR DIE BOU-OMGEWING/SCHOOL OF THE BUILT ENVIRONMENT FAKULTEIT INGENIEURSWESE, BOU-OMGEWING EN INLIGTINGTEGNOLOGIE

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Volume 3 van 2016 September 2016

Volume 3 van 2016 September 2016 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited 14 November 2014 Disclaimer:

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie

More information

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Die Bybel is werklik n merkwaardige stel boeke. Dit be vat so baie: so baie verhale, so baie karakters, so baie emo sies, so baie gebeure, so baie

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Pelgrimstog deur die Lewe

Pelgrimstog deur die Lewe Pelgrimstog deur die Lewe Stadsretreat IV Die diepste versugting van gelowiges is om te groei in geloof en ons dors daarna om in intieme kontak met God te leef. Hierdie diep begeerte nooi ons op verskeie

More information

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God. HEBREËRS, HOOFSTUK EEN 1 HEBREËRS, HOOFSTUK EEN ` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God. 2

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

Besprekingsvrae vir selgroepe

Besprekingsvrae vir selgroepe Besprekingsvrae vir selgroepe Week 1 : Egte God INLEIDING God is die bron, die oorsprong van liefde, daarom lei elke opregte soeke na liefde in die hart van n mens altyd weer terug na God. Maar dis nie

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie MIDDELMISBRUIK SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie Beskikbaarheid van skadelike middels Trauma en stres

More information

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie... INHOUDSOPGAWE Inleiding... 9 Gesprek 1: Oor die groter prent... 17 Gesprek 2: Oor haar vriende... 37 Gesprek 3: Oor haar akademie... 54 Gesprek 4: Oor haar lyf... 71 Gesprek 5: Oor haar geloof... 86 Gesprek

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Januarie 2013 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Hier volg nog n aflewering in die reeks wat in 1987/88 in die Pretoria News verskyn het. U moet maar verskoon as ek inligting

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. 2 HOE STERK IS JOU GELOOF. Hoofstuk 1 Leer die waarheid ken van

More information

Empathy Ouerhandleiding

Empathy Ouerhandleiding Empathy Ouerhandleiding www.itschools.co.za Inhoud Empathy gebruikershandleiding vir ouers 2016 Oorsig van Empathy... 1 Wat is Empathy?... 1 Hoe om boeke te bestel... 1 Aan die begin: Registrasie en aanteken...

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE, Dis sekerlik n voorreg om weer terug te wees onder hierdie Spaanse mense vanmôre. En ek wonder of Jim hierdie kry. O, hy kry die opname. Ek het steeds die plaat

More information

To love without knowing how to love wounds the person we love.

To love without knowing how to love wounds the person we love. To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein

More information

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat

More information

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. 1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. GEEN VERDERE VRAE. VERDERE ONDERVRAGING DEUR MNR. SCHABORT: Op die lode Vloer waar Dr. Aggett ondervra

More information

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Inhoudsopgawe Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Week 1: Leer om die taal van liefde te praat... 9 Die Vyf tale van die liefde-profiel... 21 Week 2: Liefdestaal #1: Opbouende woorde... 27 Week 3:

More information

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly. HOE KAN EK OORWIN?, Laat ons ons hoofde buig vir gebed. Onse Vader, ons dank U, vanmôre, vir hierdie wonderlike tyd van weer saam te kom, en om die Woord van die Here oop te maak, Dit voor ons te lê. En

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017. NEWSLETTER Message from the Chairman Dear Colleagues I recently attended a luncheon where the Minister of Finance, Mr Calle Schlettwein, was our guest speaker. He presented a very optimistic view and stated

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD, Dankie vir die tyd. [Broer Neville sê: Amen. Red.] Ek het vir Broer Neville gesê: Is jy seker jy het nie n klein bietjie salwing vanmôre nie? 2 Ek kom hierheen om vir

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep. Gustav se jarelange ervaring in die veld en sy passie vir voluit leef is sigbaar in sy werk. Die beginsels is getoets, verstaanbaar en gebalanseerd, en sal jou nader bring aan n lewe vol ware impak. Hettie

More information

WYSHEID TEENOOR GELOOF

WYSHEID TEENOOR GELOOF WYSHEID TEENOOR GELOOF, Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Môre, môre. Broer 2 Môre, vriende. [Iemand sê: Môre, Broer Branham. Red.] Bly om terug te wees in die huis van die Here! 3 Ek is net teruggeroep

More information

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) 1. Teks Vergelding 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak Inhoudsopgawe 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak 2. Hoe God se beursie werk... 19 Sewe stappe wat jou voorberei om met God saam te werk vir n finansiële wonderwerk

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY Bladsy 2 INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 Lent 2018: As-Woensdag 14 12 Februarie 6 Februarie 2 Lent 2018: Jesus se uitnodiging 19 Februarie 9 3 4 5 6 7 Lent 2018: Om die bose te oorwin 26 Februarie

More information

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV AANNEMING, DEEL IV 109 Aanneming Deel IV ` Aan ons dierbare vriende, ons is bly om terug te wees hier in die kerk vanaand. n Bietjie warm, en daarom sal ons probeer gou maak net vinnig as moontlik, regstreeks

More information

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III AANNEMING, DEEL III 69 Aanneming Deel III ` ^Neville. Goeie môre, klas. Ons is baie bly om weer terug te wees om julle weer te groet in daardie algenoegsame Naam van die Here Jesus. Vertrouend dat julle

More information

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID, Ek ag dit n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie mooi byeenkoms van Christenmense, om hierdie geleentheid te hê om met julle te praat

More information

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE 7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week

More information

Groenvoer Hidroponies

Groenvoer Hidroponies Groenvoer Hidroponies Sonneblomme Doel: Om jou eie stelsel te bou op die mees effektiefste metode sodat groenvoer deurlopend geproduseer kan word. Ons sal kyk na verskillende metodes en hoeveelhede maar

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information