GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Size: px
Start display at page:

Download "GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON"

Transcription

1 1 19 Oktober 2014 Jaargang 28 Nommer 39 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Woordbediening word deur Ds Christo Swanepoel behartig. Die Skriflesing kom uit : Ester 3 en Ester 8 Teksverse: Ester 3:10 en Ester 8:8 Tema: God se volk kan op Sy onpeilbare bewaring vertrou. Hoofpunte: Die noodsaak vir God se bewaring. Die onpeilbaarheid van God se bewaring. Die vertroue in God se bewaring. Sing: Psalm 98:1, 2 en 3; Skrifb12-3:1 en 2; Psalm 9: 1, 5, 7 en 10; Psalm 125: 1, 2 en 3; Psalm 59: 1 en 10 Ester 3:10 Toe haal die koning sy seëlring van sy vinger af en gee dit vir die vyand van die Jode, vir Haman seun van Hammedata die Agagiet, Ester 8: 8 Skryf julle dan nou maar wat julle goeddink aan die Jode. Skryf dit in my naam en verseël dit met my seëlring. 'n Proklamasie wat in die naam van die koning geskryf is en met sy seëlring verseël is, kan egter nie herroep word nie. Die Aanddiens. Lees: Jakobus 1:1-18. Teks: Jakobus 1: 5 en 6. HK Sondag 45 word behandel. Tema: "Die gebed is n gesprek tussen n kind en sy hemelse Vader wat getuig van liefde en vertroue." Hoofpunte: Die noodsaak van gebed. Die uitgangspunte van gebed. Die inrigting van n gebed.

2 2 19 Oktober 2014 Sing: Psalm 33:1 en 11; Psalm 42:1 en 3; Skrifb 10-2; Psalm 61: 4 en 6 Jakobus 1:5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Jakobus 1:6 Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. MANNA EN KWARTELS VIR DIE GEES LYDING IS NIE ALTYD DIE GEVOLG VAN SONDE NIE! Ons het almal maar iets van vergelding in ons gedagtes, wanneer iets beoordeel moet word. n Oog vir n oog. As iemand iets verkeerd gedoen het, is daar n reaksie. Ek ry te vinnig en kry n boete. Hy ry onverskillig, bots teen iemand, n persoon sterf hy is skuldig! Daarom dink ons in ons tye van lyding ook so. Ons soek baie maal die rede vir blindheid (Joh 9), VIGS, kanker, ensovoorts, in n sondige leefstyl. Ons hoor dikwels die vraag: Waarom straf die Here my so deur lyding? Wat het ek verkeerd gedoen in sy oë? Soms is dit wel die regte vraag. Daar is in die verbond met Israel n duidelike belofte: As julle gehoorsaam is, sal julle baie lank bly woon in die land wat die Here met n eed beloof het... (Deut 11:9). Maar ook n vloekwaarskuwing: Pas op dat julle nie verlei word om ander gode te gaan dien en vereer nie, want dan sal die toorn van die Here teen julle ontvlam,... en julle sal baie gou verdwyn uit die goeie land wat die Here aan julle gee. (Deut 11:16-17). Maar dit is nie net mense wat n spesifieke sonde gepleeg het, wat lyding ervaar nie. So was dit met die man wat blind gebore is (Joh 9). FOKUSVERS: Sy dissipels het gevra: Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s n? (Johannes 9:2) Jesus antwoord: Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. (vers 3). En dan kan die dissipels (en ons) dit nie altyd verstaan nie. Hoe kan God toelaat dat mense wat goed leef, ly? Waarom bring God slegte dinge oor goeie mense? Om dit te verstaan moet ons die konteks van ons fokusvers goed verstaan (Joh 9). Jesus se werke om Hom as Seun van God bekend te maak moet gesien word. Dit is meer as net fisiese sig,

3 3 19 Oktober 2014 ook geestelike oë moet oopgaan. In hierdie man se geval genees Jesus sy blindheid, wat n hele klomp mense raak. Sommige se oë bly gesluit (al sien hulle), ander kom tot geloof. Daarom kan die vraag soms in ons lyding met reg gevra word: Waartoe dien my lyding? Hoe reageer ek daarop? Hoe ervaar ek God se hand daarin? Genees Hy my van lyding? Gee Hy my krag om dit te kan dra? Kan ek oor Hom getuig terwyl ek ly of as ek bevry is daarvan? Moenie altyd n sonde-rede soek agter lyding nie. Onthou veral dat Jesus vir al ons sondeskuld betaal het. Ons sal nie weer daarvoor gestraf word nie. Waar daar n spesifieke sondige leefstyl was, wat lyding as gevolg het, sal God jou oë daarvoor oopmaak. Dan sien jy Hom weer as die genadige God wat vergifnis gee. Keer dan terug na Hom. Dr Callie Opperman Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid HERVORMING SONDAG Aanstaande Sondag is dit Hervorming Sondag. Daar is n gesamentlike diens onder leiding van Lyttelton se kerkraad by Centurion. Die diens begin om 18:00. Ons herdenk Hervormingsondag, die dag waarop Martin Luther in 1517 sy 95 stellings teen die deure van die Slotkerk in Wittenberg vasgespyker het, en so die Kerkhervorming in die 16de eeu begin het. Om iets te herdenk beteken om met dankbaarheid en vreugde aan iets terug te dink, om met vreugde weer iets te onthou. Die sentrale boodskap van die Hervorming is ook die hart van die evangelie van Jesus Christus. DIAKONIE VERSLAG Die GKL is geseënd om nie op die oomblik baie behoeftige gevalle te hê nie en ons dank ons Hemelse Vader daarvoor. Ons dank ook aan ons lidmate wat ons projekte soos die snoekbraai, ribs en tjips en ander ondersteun en vir hul bydraes tot die diakonale kas. Met die finansies tot ons beskikking kon ons baie ander instansies help. Ons is deurentyd betrokke by die Eljada huis en wil vir broeder Johan Bloemhof en diaken Thea van der Merwe bedank vir hulle betrokkenheid by die instansie. Die diakonie het gehelp om n gedeelte van die nuut aangeboude stoep se plafon te slaan. Volkshulp2000 is ook deur die Diakonie gehelp. Die diakonie het

4 4 19 Oktober 2014 betrokke geraak by die GK Platinum Gordel projekte en het al n paar bydraes gemaak. Die President Kruger Kinderhuise en Vriendekring word ook deur die diakonie ondersteun. Die diakonie help ook deurentyd die GKSA Studente en het die afgelope kwartaal R geskenk. Veldbrande in die Harrismith distrik het ook n groot nood veroorsaak en die diakonie het n bydrae van R5000 gemaak. Moeggesukkel is ondersteun deur die BOB BOX projek. Die BOB BOX is n boks met huishoudelike skoonmaakmiddels in en is beskikbaar vir R200. Kontak vir diaken Thea van der Merwe of jou diaken vir aankope. Die diakonie het, saam met die Susters, die krag onkostes vir die kombuis gedra en daar is R vir Kerkkamp bygedra om hulp te verleen met die delging van kostes. Die volgende instansies is ook deur die diakonie gehelp: Danville Hulp Projek R8000 bydrae Helpende Hand se Wintervoedsel Projek vir Kinders R3000 bydrae BASAAR 2014: 31 OKTOBER 1 NOVEMBER. Kom beleef ons basaar! Koördineringvergadering Dinsdag 21 Oktober om 18:30 Skaapbraai en Plaasontbyt Vrydagaand gaan ons nie minder as vyf skape braai nie. Ons voer Hoffie Hoffman al die pad van Nylstroom af in om die taak te kom verrig. Die skaapbraai se kaartjie kos R55 Saterdagoggend se Plaasontbyt. Groot lekkerte verby, R50. Praat met jou ouderling of diaken, hulle sal jou op koers plaas vir die heerlikste etes denkbaar. Veiling Hierdie item op Saterdagoggend by die plaasontbyt aagebied. Ons het egter items nodig om op te veil. Onthou jy nog laasjaar hoe daardie eksklusiewe wyn aftrek gekry het. Watter verrassing het jy vir Ds Christo. Praat met hom asb oor daar die eksklusiewe item

5 5 19 Oktober 2014 wat goed op n veiling sal doen. Wit Olifant Ons is op soek na boeke vir die Wit Olifant Tafel. Hierdie item lok nogal heelwat snuffelaars. Kyk bietjie wat is daar in die boekrak wat jy wil afstaan. Help asseblief Ouderling Chris Venter is die plaastafel se groenteman. Hy moet Donderdag 30 Oktober die groente gaan afhaal. En vra hulp met n langbak bakkie of dan n motor met n lekker lang sleepwa om die groente te laai. Wie kan help asb. Skakel hom by BEMARKING VIR DIE KERKBASAAR Jy moet asb wyd en syd verkondig dat ons basaar hou. Ons het almal se ondersteuning nodig. Die pienk pilletjies is een van ons beste bemarkingsitems. Skakel asb met Adele Drenth om n voorraad te kry. Sy sal ook vir jou aandui in watter straat jy die pakkies in die posbusse moet gaan gooi. Kry dit sommer al vandag, dit neem regtig nie lank om die takie af te handel nie.. Onthou ons wil graag vooraf bestellings vir die vetkoek en pannekoek hê. Dit maak die voorbereiding soveel makliker. DIE NEDERLANDSE GELOOFSBELYDENIS: Deel 4 In 1548, terwyl Guy nog in Mons was, het hy 'n vriendskap gesmee met 'n Engelse egpaar: Mnr Nicholas en sy vrou. Mnr Nicholas, sy vriend en twee vroue is gevang deur die owerhede en beskuldig van die ondermyning van die Rooms-Katolieke geloof. Hulle is in die tronk saam met 'n aantal van die Protestante van daardie gebied gegooi. Guy het na Engeland gevlug, tydens die bewind van Edward VI. Op 4 November 1547 het die Engelse parlement besluit dat die twee elemente wat gebruik word in die Nagmaal nou deur al die mense gebruik mag word. Guy het waarskynlik kontak opgebou met 'n aantal van die vlugtelinge van die vasteland van Europa. Tremellius, Valérand Poullain, Martin Bucer, John 'n LASCO, Jan Utenhove, Marten de Klyne (MartenMicron of Micronius), Wouter Deelen, François de la Rivière Perucel en ander. Terwyl in Engeland het Guy die kerk van Johannes A LASCO bygewoon en in 1551 het hy ook vertroud met LASCO se Londen

6 6 19 Oktober 2014 belydenis geraak. Die grootste groep vlugtelinge het uit die Lae Lande gekom. John An LASCO as die as superintendent van 'n aantal buitelandse gemeentes insluitend die Nederlanders het die gelowiges bedien. A LASCO was 'n Poolse edelman met Zwingliaanse neigings. (1551). BORG N BYBEL Die Sinode 2012 het die konsep van Borg 'n Bybel goedgekeur! Dit het te doen met die benadering wat gevolg word tov Bybelverspreiding ten einde lidmate meer bewus te maak van die ware betekenis van Bybelverspreiding. Dit kom daarop neer dat ons eerder die fokus sal plaas op die Bybel as op die geld wat bygedra moet word; maw, dat ons lidmate (kinders en grootmense) sal aanmoedig om elkeen ten minste een Bybel te borg gedurende die jaar. Dié aksie (borg) sal help dat 'n ander wat honger na die Woord 'n Bybel sal kan kry teen 'n bekostigbare prys. Maak n Bydrae deur R50 in n koevert te plaas in die kollekte sakkie. Merk asb die koevert duidelik: Borg n Bybel SKAAPVLEIS Die volgende verkope van skaap/lamvleis is op 31 Oktober en val saam met ons Basaar. Lam R67 per kg R605 vir ½ Lam; Skaap R55 per kg RR495 vir ½ skaap; pakke vark van R200; Wors R51 per kg ; Maalvleis R46 per kg; Wildsbiltong R190 per kg en die R100 en R200 pakke lam. Bestel vroegtydig, tydens die basaar is daar altyd n groot aanvraag vir vleis. FINANSIëLE VERSLAG SOOS OP 30 September2014 Saldo oorgebring 1 Sep 2014 R ,00 Inkomste vir September R ,00 Totaal R ,00 Uitgawes vir September R ,00 Trustfondse R ,00 Ander R ,00 Netto Kerkkas R ,00

7 7 19 Oktober 2014 HIERDIE WEEK HOU ONS, ONS BESIG MET: Vandag: Die kollekte tydens die erediens is vir die diens van barmhartigheid en by die deure vir ARSO. Die ouderlinge en diakens van wyke 3 en 4 is aan diens. En die susters van Wyk 9 nooi u uit om saam n koppie tee te kom geniet na die diens. Katkisasie Les 23 Maandag: Daar is vanaand n Pretoria Suid-Wes Klassisvergadering. Ons versoek asb dat u voorbidding vir die vergadering sal doen. Dinsdag: Die Bybelstudie is by die kerk om 09:45. Basaar vergadering Ons koördineer verder. 18:30 Donderdag: Bybelstudie vir die werkendes om 18:30. VERJAARSDAE 20 Oktober: Pieter Engelbrecht. 23 Oktober: David Cloete 24 Oktober: Brian Norden 25 Oktober: Lourens de Beer Br Peet van der Walt is op 24 Oktober 88 jaar oud. Baie geluk oom Peet. Ons bid jou n vreugdevolle dag met baie bederf en ook goeie gesondheid toe. Mag jy volkome heel wees in liggaam, siel en gees en niks ontbreek nie omdat jy in ʼn harmonieuse geheel met God se wil en doel in jou lewe is. Annalien Carstens <ac@altimax.co.za> Ek is op soek na die dienste van 'n dame as au pair vir 3 skoolgaande kinders in Centurion. Afrikaans. Christelik. Kode 8 bestuurslisensie. Moet ook kook vir gesin. Dienstye: Elke weeksdag van 13:00-19:00. Ook sommige aande en naweke teen ekstra vergoeding. Out of clutter, find Simplicity. From discord, find Harmony. In the middle of difficulty lies Opportunity. Albert Einstein

8 8 19 Oktober 2014 ALGEMENE INLIGTING Predikant: Ds Christo Swanepoel, Burgerlaan 113, Lyttelton Manor Selfoon E-pos Bedieningskommissie: Ouderling Kobus Erasmus. Tel Bedryfskommissie: Ouderling Chris Venter. Tel: Voorsitter van die Diakonie: Diaken Johan van Rooyen Tel: Susters: Voorsitter. Sr Griet Swanepoel Orrelis: Tertius du Plessis, Tel: Koster: Mike Muller Bank: Absa Bank Lyttelton, Takkode , Rek No: Die Koerier: Ferdie van Wyk by Gereformeerde Kerk Lyttelton Skriba: Eric Oosthuizen H/v Stasie en Monument Strate Tel: Navrae: Susan Schoeman selfoon: , Tel/Faks: e-pos: E-pos: Attes Skriba: Henry Engelbrecht, Tel: ; Selno: Emosionele Ondersteuningsnetwerk: Indien u emosionele bystand weens eensaamheid, siekte, trauma ens. beleef of net wil deel word van die emosionele ondersteuningsnetwerk in ons gemeente, kan u gerus vir Trudie Grobbelaar (koördineerder) skakel by tel: , of sel:

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 4 November 2018 Jaargang 36 Nommer 41 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit:

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 15 Januarie 2017 Jaargang 31 Nommer 02 ONS EREDIENSTE VANDAG GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za Oggenddiens: Die Woord word bedien deur Ds. Christo Swanepoel. Die Skriflesing is Samuel

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 8 Junie 2014 Jaargang 28 Nommer 21 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Ds Swanepoel is met verlof en Ds Rassie Smit lei die erediens Die Skriflesing

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 5 Mei 2013 Jaargang 27 Nommer 15 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit: Filippense

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 19 Mei 2013 Jaargang 27 Nommer 17 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Nagmaal Ds Hentie Kruger se Woordbediening kom uit Johannes 12:1-8 en die teksvers is Johannes

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE 1e Diens WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Saartjie Dirk Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB543:1-3 Here Jesus ek

More information

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie 22 Junie 2014 Uitgawe 20/2014 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf E-pos

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 17 FEBRUARIE Verslae KR / Deurkollekte Jeug Groeigroepe

More information

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS: In n Seisoen van Gebed Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: 012 654 6904 FAKS: 086 598 3922 bedien@eldofam.co.za www.eldofam.co.za 09:00 EREDIENS (NAGMAAL) André Joubert 09:00 MINI-CHOMPS in die ARK 09:00

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

Volume 3 van 2016 September 2016

Volume 3 van 2016 September 2016 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

GEBED VIR KERKLEIERS

GEBED VIR KERKLEIERS GEBED VIR KERKLEIERS HERE, Ek dank U vir ons geestelike leiers wat U aan die liggaam van Christus gegee het om ons te bewaar van elke gevaar, die waarheid in liefde te spreek en ons toe te laat om te groei

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span My liewe vriend, jy doen regtig wat ʼn gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het,

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE 7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week

More information

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. 2 HOE STERK IS JOU GELOOF. Hoofstuk 1 Leer die waarheid ken van

More information

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) 1. Teks Vergelding 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset

More information

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Verwerking van die Sake van Jou Hart Verwerking van die Sake van Jou Hart www.freshstartforallnations.org Om die Stryd in jou Hart deur te werk n Proses en n pad om jou te help om die stryd van n grief, n leed en n verlies te verwerk Wees

More information

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD, Dankie vir die tyd. [Broer Neville sê: Amen. Red.] Ek het vir Broer Neville gesê: Is jy seker jy het nie n klein bietjie salwing vanmôre nie? 2 Ek kom hierheen om vir

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

SONDAG 13 JAN 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID : AANDDIENS

SONDAG 13 JAN 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID : AANDDIENS LITURGIE SONDAG 13 JAN 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID : AANDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Musiek CD1 MG Lof-en-aanbidding Kom loof die Heer Loof die Heer Hy is Goed Loof Hom met die tromme As ek in

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 7 September 2014 Jaargang 28 Nommer 34 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die diens word gelei deur emeritus predikant Ds Francois Lessing. Ds Lessing

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

More information

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN 1 FAITHSTORY PUBLISHING 1 Tarentaal Weg, Mooivallei Park, Potchefstroom, 2531 Alle regte voorbehou. Gedruk vir die eksklusiewe gebruik deur Every Nation Faith City. Geskep en gepubliseer onder die lisensie

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

Pelgrimstog deur die Lewe

Pelgrimstog deur die Lewe Pelgrimstog deur die Lewe Stadsretreat IV Die diepste versugting van gelowiges is om te groei in geloof en ons dors daarna om in intieme kontak met God te leef. Hierdie diep begeerte nooi ons op verskeie

More information

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK, Julle mag maar sit. Dis goed om weer vanaand terug te wees. Dankbaar dat ons nou weer hierdie geleentheid het om die Here te dien. En nadat ek julle so lank gehou het gisteraand,

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks: PUTKOS 30 Junie 2015 Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, 6229 Tel: 041 922 7179 Faks: 086 682 5649 www.uitenhageoos.co.za skriba@uitenhageoos.co.za Versorg en toegerus om strome lewende water te

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 11 Mei 2014 Jaargang 28 Nommer 17 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Dit is voorbereiding vir Nagmaal aanstaande Sondag. Onthou ons Nagmaal diens

More information

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die God van heerlikheid en die geboorte en lewe van die kerk Reeks preke oor die openbaring van die God van heerlikheid,

More information

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan... Augustus 2017 Die Voorsitter van die Kerkraad NG Gemeente Geagte Dominee en Kerkraad Ondersteuning aan die Dowes: hoe kan hulle glo sonder om te hoor 136 Jaar gelede was die NG Kerk die stigter van die

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

nuusblad Briewe en brokkies vanaf Facebook Eerbied (respek) deur At de Lange Kalender Volg die Bybelverhaal Jaargang 1 Vol 2 Junie 2013

nuusblad Briewe en brokkies vanaf Facebook Eerbied (respek) deur At de Lange Kalender Volg die Bybelverhaal Jaargang 1 Vol 2 Junie 2013 28 facebook nuusblad mootvallei nuusblad Briewe en brokkies vanaf Facebook WENK VIR DIE DAG: Sien jouself as n kleurpotlood. Jy is nie almal se gunsteling kleur nie maar iewers op n dag gaan iemand spesiaal

More information

WYSHEID TEENOOR GELOOF

WYSHEID TEENOOR GELOOF WYSHEID TEENOOR GELOOF, Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Môre, môre. Broer 2 Môre, vriende. [Iemand sê: Môre, Broer Branham. Red.] Bly om terug te wees in die huis van die Here! 3 Ek is net teruggeroep

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding Esegiël 12:21 28 EN die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Mensekind, wat is dit vir 'n spreekwoord wat julle het in die land van Israel, naamlik: Die dae gaan voort, en van al die gesigte kom

More information

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is in die Here. Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes

More information