GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Size: px
Start display at page:

Download "GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON"

Transcription

1 1 5 Mei 2013 Jaargang 27 Nommer 15 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON ONS EREDIENSTE VANDAG Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit: Filippense 3: en die teks: Filippense 3: Vanoggend is die Heidelbergse Kategismus Sondag 22 aan die orde. Tema: Christus skenk gawes wat ewigheidswaarde het vir Sy kerk. Hoofpunte: Hy neem my siel na Hom. Hy verheerlik my liggaam. Hy skenk my die ewige lewe. Sing: Psalm 9: 1, 8 en 10 ; Skrifb 12-2 : 1 en 2; Psalm 19: 6 en 7; Psalm 71: 5 en 6; Psalm 73: 10 Aanddiens Dit is vanaand die gebruiklike ruildiens van die kerke in Pretoria. Ds Swanepoel preek vanaand by Waterkloofrand en dr Douw Breedt preek hier by ons. Die Skriflesing kom uit Lukas 24:50-53 en die teks Lukas 24:50 Die Tema: Die sigbaarheid met hemelvaart word opgevolg met verdere sigbaarheid. Met hemelvaart staan die sigbaarheid van die oorwinning op die voorgrond. Met die hemelvaart tree Jesus op ʼn baie besondere manier op. Hy verskyn en verdwyn hierdie keer nie soos met die vorige verskynings ná die opstanding nie. Hy tree hierdie keer sigbaar op. Lukas sê dat Hy sy dissipels uitgelei het. Hy lei hulle uit Jerusalem tot by die suid-oostelike hange van die Olyfberg (by Betánië). Hier op die Olyfberg, waar die verskrikking wat vir Jesus voorgelê het, so sterk op die voorgrond gestaan het, waar Hy sy

2 2 5 Mei 2013 dissipels soveel geleer het, hier word die vrug van sy lyding en oorwinning nou sigbaar en duidelik aan die dissipels oorgedra. Sigbaar word hulle gelei tot op die Olyfberg, sigbaar hef die Oorwinnaar sy hande op en seën sy volgelinge. Sigbaar vaar Hy op gaan Hy na die Vader om as Oorwinnaar gekroon te word. Die Koning bewerk ook sigbare veranderings. Die sigbaarheid van Jesus se oorwinning met hemelvaart word ook sigbaar in sy volgelinge. Die dissipels het voorheen, ondanks die Here se nabyheid, nie werklik tekens van oorwinning vertoon nie. Wanneer hulle van die Olyfberg vertrek, is die verandering by hierdie dissipels sigbaar. In die plek van hulle passiwiteit kom verwagting en gehoorsaamheid. Hulle gaan wag volgens die opdrag vir die uitstorting van die Gees (vgl. 24:49). Die selfgerigtheid wat die dissipels se lewe gekenmerk het (vgl. bv. Matt 18:1), word vervang met gerigtheid op die Here. Let op: Hulle is gevul met aanbidding, lof en dankbaarheid. Sing: Psalm 93:1, 3, 4; Psalm 72:10-11; Sb. 7-2:1, 2 MEELEWING Ons heet graag vir Alwinus en Meliska van Niekerk welkom hier by ons in die gemeente. Ons wil terselfderty geluk aan Alwinus en Meliska geluk sê met die geboorte van Anya op 27 Maart. Daar is ook nog ʼn boetie en sussie, nl Alwinus en Carmi. Ons vertrou dat julle spoedig tuis gaan wees. Die Van Niekerks is in Wyk 7. Carina Naude van Wyk 18 het aan die einde van verlede jaar haar B.Mus graad by Unisa klaargemaak en ontvang haar graad gedurende Mei. Baie geluk Carina en sterkte met die lisensiaat studie. Baie geluk aan Lourens en Madri de Beer met die aanwins in die familie. Klein Marli is op 29 April in die Kloof Hospitaal gebore. Alled het goed verloop en Madri en Marli is reeds tuis. MANNA EN KWARTELS VIR DIE GEES Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan nie die Here dien nie. Hy is n heilige God, Hy is n God wat onverdeelde trou eis en julle opstandigheid en sonde nie sal vergewe nie. (Josua 24:19) HY IS N HEILIGE GOD! Baie van ons kies nooit werklik om die Here te dien nie. Dit is maar so n tradisie waarmee ons grootword. Ons bid so af en toe,

3 3 5 Mei 2013 lees nog minder Bybel, gaan soms eredienste toe, wil darem in n kerk trou, doop n kind, moet n eervolle begrafnis hê. So n Christelike lewenstyl is leeg en betekenisloos, wanneer ons nie besef dat God HEILIG is en dat ons diens aan Hom besliste keuses vra nie. Josua, die leier van die volk Israel wat hulle oor die grens na die beloofde land geneem het, dra in opdrag van die heilige God hierdie lewensbelangrike boodskap oor: Onthou dat Ek julle verlos het uit Egipte, die land Kanaän geskenk het, my aan julle verbind as julle God! En nou? Kies of julle die Here wil dien in hierdie nuwe land waarin God julle woonplek gee! (Josua 24) Vandag sê die Here vir ons dat Jesus Christus ons Verlosser is. Hy het ons uit die slawehuis van sonde verlos. Hy lei ons na die volheid van n lewe met God, nou en op n nuutgemaakte aarde wanneer Jesus weer kom. Maar, sê Hy, onthou Ek is n HEILIGE GOD. As julle my wil dien, hou dit belangrike implikasies in. Vir die ou Israel het dit beteken dat met alle afgodsdiens (soos van die heidennasies) gebreek moes word. Vir ons sê die Here in Efesiërs 4: Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. (21-14) Keuses om God te dien, moet uitgevoer word. Die volk Israel is deur Josua gewaarsku dat die Here getrouheid eis. Jy kan nie net beloof nie, jy moet dit ook doen. Die heilige God duld geen valse beloftes nie. Hy straf opsetlike sondes. Daarom moet ons elke dag ingaan met die begeerte om slegte gedagtes, lelike taal en sondige dade af te sterf. Die Heilige God gee deur sy Gees die krag daartoe. DOEN DIT! En as jy dalk tog sondig al wou jy nie? Erken daardie sonde, bely dit voor God, vlug weg daarvan. Die heilige God is getrou en sal jou ter wille van Christus vergewe. Dr Callie Opperman: Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid

4 4 5 Mei 2013 STREEKSINODE PRETORIA Geagte voorsitter, broeders en susters; KENNISGEWING: KONFERENSIE OOR DIE OMKEERSTRA= TEGIE EN KERKEENHEID U word hartlik uitgenooi na die konferensie, D.V op 1 Junie 2013 by die Gereformeerde Kerk Meyerspark. Hierdie konferensie word gereël in opdrag van die Streeksinode Pretoria. Die deputate het geoordeel om tydens die konferensie te fokus op die twee sake wat wye belangstelling en reaksie na Sinode 2012 uitgelok het en na deputate verwys is: Die Omkeerstrategie en Die saak van Eenheid-in-verskeidenheid in ons Kerke. Ons vertrou dat die konferensie die geleentheid sal bied vir stimulerende gedagtes en besinning oor hierdie twee aktuele sake in ons kerke. Die gemeentes binne die resort van die Streeksinode Pretoria word uitgenooi om ruimskoots persone te stuur om die konferensie by te woon. Ons nooi ook ons broeders en susters van Kerke buite ons ressort van harte uit. Die program sal later gestuur word. Die volgende inligting het betrekking op die konferensie: Datum: 1 Junie 2013, van 9:00 tot 15:00. Registrasie en oggendkoffie vanaf 08:00 Tema OMKEERSTRATEGIE EN KERKEENHEID Plek Gereformeerde Kerk Meyerspark Koste R 50,00 per persoon wat koffie, tee, verversings asook n middagete insluit. Sprekers Di. Piet Venter en Danie Snyman, die voorsitters van die deputate oor die Omkeerstrategie en Eenheid-in-verskeidenheid onderskeidelik. Formaat Beide sprekers ontvang 30 minute elk om perspektiewe te bied. Twee respondente reageer tydens elke sessie waarna n uur aan bespreking gewy word. Aan die einde sal twee persone geleentheid ontvang om die konferensiegangers mee te deel wat hulle tydens die konferensie gehoor het. Broeders wat reeds ingewillig het om op te tree is Dr. Heinrich Zwemstra, Ds. Christo Swanepoel, Ds. Griffel van Wyk, Dr Gerard Meijer en Ds. Johan Nel. Sal u so vriendelik wees om voor Maandag 20 Mei 2013 n aanduiding te gee by gkmeyerspark@gmail.com of ferdikruger4@gmail.com van hoeveel persone die konferensie sal bywoon. Deputate: Opbou en Uitbou van die Kerk

5 5 5 Mei 2013 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON: 60 JAAR Onthou ons vier die 60 jarige bestaan van ons gemeente DV op 19 Mei Ons gaan Saterdagmiddag lekker kuier rondom ʼn snoekbraai wat deur die diakens aangebied word en Sondag word die Sakrament van die Heilige Nagmaal bedien. Na die Nagmaal gaan ons ʼn groot ete in die saal aanbied. Ons vra dat u asb vir Marie Kemp moet laat weet indien u dalk ekstra gaste saambring. Bring asb eetgerei saam en jou eie drinkgoed. Vertel van die geleentheid vir voormalige lidmate en nooi hulle uit om te kom deelneem. Vir die wat Sondag saam wil Nagmaal gebruik volg ons die normale prosedure van aansoek vir Nagmaal. Reëlings vir die Snoekbraai van Saterdag 18 Mei Soos ons almal reeds verneem het, vier ons die 60ste bestaansjaar van ons Kerk DV op 18 en 19 Mei. Die Diakens bied weer die immer gewilde Snoekbraai aan, op Saterdagmiddag 18 Mei. Die kaartjies sal van volgende Sondag af beskikbaar wees by alle Diakens. Die kaartjies word te koop aangebied teen R50 per Volwassene en R25 kinders onder 10 jaar. Daar sal weer macaroni en kaas vir die kleintjies beskikbaar wees. Die Diakens vra u ondersteuning en ook dat kaartjies so gou moontlik aangekoop word, omdat daar n redelike groot aantal gaste verwag word. Ons gaan vanaf 14h00 begin saamkuier en die vis sal teen ongeveer 17h00 gereed wees. Ons wil dit graag weer n spesiale geleentheid maak soos in die verlede. Dus benodig ons susters wat bereid sal wees om as gasvrouens op te tree en vir 10 gaste tafel te dek. Skakel asb vir Carin Burger by of e-pos haar by carin.burger@mweb.co.za sou u bereid wees om as gasvrou op te tree. BEROEPENUUS BEROEPE ONTVANG Ds DJ Dykstra van Colesberg/Bloemburg/Philippolis na Nigel. Ds BCG Fourie van Kameeldrift na Newcastle. BEROEPE AANVAAR Ds DJ Dykstra van Colesberg/Bloemburg/Philippolis na Nigel.

6 6 5 Mei 2013 JAARLIKSE SAAMTREK VAN DIE SUSTERS U word hartlik uitgenooi na die Damesoggendtee op Saterdag 24 Augustus 2013 saam met Lindie Strydom en Nianell Ten bate van die Gereformeerde kerk se Kinderhuise Gesamentlike uitreik aksie van Pretoria Gemeentes (georganiseer deur Gereformeerde Kerk Kameeldrift) Plek: St Mary s DSG Saal; Duxburyweg, Lynnwood Tyd: 8:30 vir 9:00 Tema: Seisoene Toegang: R Kontakpersone Carin Burger Marie Greyling Verlede jaar het ons susters geskitter met die twee tafels wat hulle voorberei het. Ons vra dat u noual reeds sal bespreek sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word indien ons dalk drie of vier tafels moet voorberei. VAN DIE SUSTERS Hier kom ʼn verassing!!!! Marlette en Leonie beplan n baie oulike sustersaksie. Hou die Koerier dop vir verdere inligting. Die Damesoggend van Kameeldrift in Augustus word al hoe meer ʼn hoogtepunt op die jaar se kalender. Verlede jaar was daar bykans 500 susters wat dit bygewoon het. Kyk elders in die Koerier vir die besonderhede. Die ondersteuningsgroep van ons gemeente het die afgelope week vergader. Hierdie groep is nie net op hospitaal besoek gefokus nie maar wil graag enigiemand wat ondersteuning nodig het, onderskraag. As jy enigsins weet van iemand wat ondersteuning nodig het of dan ook vir jouself skakel asb vir Trudie Grobbelaar by O Baie geluk aan Marie Kemp wat die voorsitterstoel van die susters inneem. Die susters staan bankvas agter jou en wens jou sterkte toe. HEMELVAART Eerskomende Donderdag is dit Hemelvaart. Ons het n gesamentlike diens met GK Centurion om 1830 by Centurion. Ds Christo Swanepoel preek.

7 7 5 Mei 2013 HIERDIE WEEK HOU ONS, ONS BESIG MET: Vandag: Die kollekte tydens die erediens is vir die diens van barmhartigheid en by die deure vir Emirtaatsversorging. Die ouderlinge en diakens van wyke 17 en 18 is aan diens. Die susters van Wyk 2 is aan die skink vandag. Ons sê baie dankie daarvoor. Maandag: Die Bedryfs- en die Bedieningskommissie vergader onderskeidelik om 18:00 en 1900 Dinsdag: Daar is Bybelstudie om 09:45 aan huis van Eric en Martie Oosthuizen. Donderdag: Daar is nie Bybelstudie nie omdat ons ʼn gesamentlike Hemelvaartdiens met Centurion het. Huisbesoek: Ds Swanepoel is besig met huisbesoek in Wyk 11 VERJAARSDAE 7 Mei: George Lee 9 Mei: Casper Pöhl 10 Mei: Smittie Pöhl Mag Sy vrede jou beskutting wees, jou hart Sy volmaaktheid ken en deur Sy almagtige krag oorwinning oor elke vyand smaak. Mag Hy teweeg bring dat die diepste begeertes van jou hart vervul word. I am thankful for all of those who said NO to me. Its because of them I m doing it myself. ~Albert Einstein

8 8 5 Mei 2013 ALGEMENE INFORMASIE Predikant: Ds Christo Swanepoel, Burgerlaan 113, Lyttelton Manor Selfoon E-pos swanepoel.gerefkerk@telkomsa.net Bedieningskommissie: Ouderling Kobus Erasmus. Tel Bedryfskommissie: Ouderling Chris Venter. Tel: Bestuurskommissie: Ouderling Tiddo Voogt. Tel: Voorsitter van die Diakonie: Diaken Johan van Rooyen Tel: Susters: Voorsitter. Sr Griet Swanepoel Tel Orrelis: Tertius du Plessis, Tel: Koster: Mike Muller Bank: Absa Bank Lyttelton, Takkode , Rek No: Gereformeerde Kerk Lyttelton H/v Stasie en Monument Strate Navrae: Susan Schoeman Tel/Faks: E-pos: gkl@telkomsa.net Skriba: Eric Oosthuizen Tel: en selfoon: , e-pos fjoost1@gmail.com Attes Skriba: Henry Engelbrecht, Tel: ; Selno: E-pos:henmet@telkomsa.net Die Koerier: Die redakteur is Ferdie van Wyk. Skakel hom by of e -pos by ferdievw@telkomsa.net. Hy hoor graag u insette en kommentaar. Die Webblad: Ons gemeente se webblad is by Besoek dit gerus. Elke Sondag word die oggenddiens geredigeer en dit kan of op die internet geluister word of jy kan dit op jou hardeskyf aflaai en dan daarna luister.

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 19 Mei 2013 Jaargang 27 Nommer 17 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Nagmaal Ds Hentie Kruger se Woordbediening kom uit Johannes 12:1-8 en die teksvers is Johannes

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 4 November 2018 Jaargang 36 Nommer 41 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit:

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 15 Januarie 2017 Jaargang 31 Nommer 02 ONS EREDIENSTE VANDAG GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za Oggenddiens: Die Woord word bedien deur Ds. Christo Swanepoel. Die Skriflesing is Samuel

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 11 Mei 2014 Jaargang 28 Nommer 17 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Dit is voorbereiding vir Nagmaal aanstaande Sondag. Onthou ons Nagmaal diens

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 8 Junie 2014 Jaargang 28 Nommer 21 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Ds Swanepoel is met verlof en Ds Rassie Smit lei die erediens Die Skriflesing

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di Januarie 2018 1 Ma NUWEJAARSDAG 2 Di 3 Wo 4 Do 5 Vr Die Kerkjaar Die kerkjaar draai om 3 hoogte-punte nl. Paasfees, Pinksterfees en Kersfees. Die kerkjaar bestaan uit verskeie seisoene. Hierdie feeste

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS: In n Seisoen van Gebed Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: 012 654 6904 FAKS: 086 598 3922 bedien@eldofam.co.za www.eldofam.co.za 09:00 EREDIENS (NAGMAAL) André Joubert 09:00 MINI-CHOMPS in die ARK 09:00

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018 Sendingwerkers vir die week: Benson en Mutende Sakala... doen evangeliseringswerk onder die Somaliërs in Kenia. Hulle werk onder groot druk en is baie afhanklik van die bydraes van ondersteunende gemeentes.

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie 22 Junie 2014 Uitgawe 20/2014 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf E-pos

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 17 FEBRUARIE Verslae KR / Deurkollekte Jeug Groeigroepe

More information

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan... Augustus 2017 Die Voorsitter van die Kerkraad NG Gemeente Geagte Dominee en Kerkraad Ondersteuning aan die Dowes: hoe kan hulle glo sonder om te hoor 136 Jaar gelede was die NG Kerk die stigter van die

More information

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans! Williston Garage As jy nog twyfel of jy op die regte pad is, is dit nou die tyd om vorentoe te begin kyk en die doel waarvoor jy geroep is, passievol in te hardloop en te begin DOEN! Jy het kosbare geleenthede

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 7 September 2014 Jaargang 28 Nommer 34 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die diens word gelei deur emeritus predikant Ds Francois Lessing. Ds Lessing

More information

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die God van heerlikheid en die geboorte en lewe van die kerk Reeks preke oor die openbaring van die God van heerlikheid,

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 19 Oktober 2014 Jaargang 28 Nommer 39 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Woordbediening word deur Ds Christo Swanepoel behartig. Die Skriflesing

More information

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling) DIE FINALE ROEP deur Deborah Melissa Möller Kopiereg 2011 Deborah Melissa Möller Published by Deborah Melissa Möller at Smashwords Smashwords Edition, License Notes Thank you for downloading this free

More information

Empathy Ouerhandleiding

Empathy Ouerhandleiding Empathy Ouerhandleiding www.itschools.co.za Inhoud Empathy gebruikershandleiding vir ouers 2016 Oorsig van Empathy... 1 Wat is Empathy?... 1 Hoe om boeke te bestel... 1 Aan die begin: Registrasie en aanteken...

More information

Paulus se Verbasende Reise

Paulus se Verbasende Reise Bybel vir Kinders bied aan Paulus se Verbasende Reise Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

More information

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Sakkie Leon Welkom Hannes Lof LB212:1-3 Loof die Heer Hy is goed LB205:1-3 Bring Lof aan die Vader

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens! Die Lewende Kerk! Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie 2016 Baie Welkom by ons Erediens! www.bergbron.org.za Erediens Vandag se erediensword gelei deur ds. Stephan Briel

More information

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE 1e Diens WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Saartjie Dirk Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB543:1-3 Here Jesus ek

More information

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. 2 HOE STERK IS JOU GELOOF. Hoofstuk 1 Leer die waarheid ken van

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

Die plek van jou tent

Die plek van jou tent Die plek van jou tent Ons is reeds by die halfpadmerk van die jaar. JUNIE MAAND die sesde maand. Die sesde letter in die Hebreeuse alfabet, is die letter VAV, ook gespel Waw! Die Hebreeuse woord vav/waw

More information

GEBED VIR KERKLEIERS

GEBED VIR KERKLEIERS GEBED VIR KERKLEIERS HERE, Ek dank U vir ons geestelike leiers wat U aan die liggaam van Christus gegee het om ons te bewaar van elke gevaar, die waarheid in liefde te spreek en ons toe te laat om te groei

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en spoed. ʼn Huis bestaan primêr uit ʼn fondament, mure, deure

More information

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor. 21. MA GENESING Deel in hierdie sessie met die pyn in jou verhouding met jou ma, stiefma, huisma in die geval van n koshuis of kinderhuis met ander woorde met die ma-figuur wat jou grootgemaak het. Indien

More information

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) 1. Teks Vergelding 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk REDAKTEURSBRIEF Enigeweersvriende Dis moeilik om te definieer wat n goeie vriend is. Iemand het eendag gesê: Om getroue vriende te hê is soos om n stukkie hemel op aarde te beleef. Maar ai ons skiet soms

More information

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 29 Januarie 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 29 Januarie 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 29 Januarie 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 29 JANUARIE 4de Sondag ná Epifanie 09:00: Erediens:

More information

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 29 MEI 2016 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Eugene H Peterson sê die mens is n skeppende mens (homo faber). Die mens gebruik instrumente vir sy voortbestaan. Die mense

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD, Dankie vir die tyd. [Broer Neville sê: Amen. Red.] Ek het vir Broer Neville gesê: Is jy seker jy het nie n klein bietjie salwing vanmôre nie? 2 Ek kom hierheen om vir

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III AANNEMING, DEEL III 69 Aanneming Deel III ` ^Neville. Goeie môre, klas. Ons is baie bly om weer terug te wees om julle weer te groet in daardie algenoegsame Naam van die Here Jesus. Vertrouend dat julle

More information

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

Volume 3 van 2016 September 2016

Volume 3 van 2016 September 2016 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen

More information

Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 14 AUGUSTUS 2016 Wees Lig! VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE (1 TIM 4:1-11) HARTLIK WELKOM Søren Aabye Kierkegaard (1813-1855) was n bekende Deense filosoof

More information

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap #04/2016 Onrus Suidwes-Kaap 15-17 April 2016 1 Onrus, as jy die naam hoor is die eerste wat by jou opkom, Vrydagmiddag se verkeer daar by die Strand verby en dan die pas. Dit is soos om n turksvy af te

More information