ALLIENUUS. DUDIE EN DUDE-AAND Laruschka Smit

Size: px
Start display at page:

Download "ALLIENUUS. DUDIE EN DUDE-AAND Laruschka Smit"

Transcription

1 ALLIENUUS UITGAWE 1 Julie2016 DUDIE EN DUDE-AAND Laruschka Smit As jy Dudie en Dude 2016 misgeloop het, dan het jy vir seker geskiedenis in Hoërskool Alberton gemis! Ons 10 handsomeste seuns en ons 10 pragtigste meisies het meegeding om die prys huis toe te vat. Ons sê baie geluk aan die volgende wenners: 2de Prins- Caltino Jones 2de Prinses- Robyn Erasmus 1ste Prins- Lunga Molele 1ste Prinses- Jeanine Lindsay Dude Ian v d Merwe Dudie Zandri Basson Mnr Fotogenies- John-Lloyd Dadswell Mej Fotogenies- Zandri Basson Mnr Persoonlikheid- Ewart Schwab Mej Persoonlikheid- Tandice Rynhoud En oulikste Paartjie- Tharien Erasmus en Billy Senekal Ons sê ook wel gedaan aan al die finaliste, asook die komitee wat deelgeneem het. Julle het 'n goeie taak afgehandel en beslis geskiedenis in Allieland gemaak!

2 Tienertoneel 2016 Dit is ʼn geskarrel, ʼn gekwetter, ʼn gelag en gesels. Dis ʼn vreemde dorpie met snaakse mense en snaakse gebeure. Dit is snaaks en uitdagend, super cool en vreeslik opwindend... DIT is Hoërskool Alberton se Tienertoneel 2016 en dit is aan die brand! Daar is twee-en-twintig opgewonde spelers, ʼn verhoogbestuurder, klanken beligtingouens, souffleurs asook ʼn wonderlike regisseur en afrigters wat almal hard oefen om gereed te wees vir hulle eerste optrede by die Roodepoortteater. Hulle het vir die eerste keer ingeskryf vir die ATKV- Tienertoneel en moet uitdun om ʼn plek in die finale rondte te kry. Almal in Allieland sal later vanjaar kans kry om ons akteurs en aktrises op die verhoog te sien wanneer Moerkoffie tydens ons kultuuraand op die planke gebring word. Intussen groet ons julle met die tradisionele teatergroet: break a leg! Mag julle groot sukses behaal Zoë Salzwedel Eksamenflaters Cindy Van der Westhuizen Lewenswetenskap V: Wat is die doel van die kies- en oogtande? A:Die kiestande kou die kos terwyl die oogtande net kyk hoe hulle die werk doen. V:Hoe word dou gevorm? A:Die warm son skyn op die blare en dan sweet hulle. Wiskunde V: Wat is teenoorgestelde hoeke? A: Hoeke wat vir mekaar kyk. Aardrykskunde V: Wat is die ewenaar? A: Wanneer meneer naar is en ek ook naar is, dan is ons ewenaar. Afrikaans V: Wat is die manlike vorm van ʼn weduwee? A: ʼn Skaduwee. Toerisme V: Hoe kan jy ʼn kaping voorkom? A: Klim net in die kattebak. RTT V:Waarom moet rekenaargebruikers gereeld rugsteunkopieë maak? A: Sodat hulle nie rugpyn kry nie. LO V: Wat is ʼn terminale siekte? A: As jy op die lughawe siek word. Gasvryheid V: Wat is etiket? A: Klein goedjies wat ʼn mens nie graag wil doen nie

3 Allieland groet mev. Schoeman Vanjaar sê ons totsiens aan een van Allieland se bekendste- en mees geliefde onderwysers. Na sestien jaar by Hoërskool Alberton is dit moeilik om vir Me Schoeman te groet. Ons as skool wil net graag vir Jufrrou dankie sê vir dit wat Juffrou vir ons gedoen, beteken en geleer het (Of ons nou by Juffrou klas gekry het of nie!) Juffrou los n leemte in die hart van Allieland en ons gaan beslis na Juffrou verlang. Ons wens Juffrou net die beste toe en hoop dat Juffrou elke oomblik saam met Juffrou se geliefdes sal geniet. Allies, juffrou Schoeman los ons met die volgende gedagte: Allies, woeker met julle talente, hetsy op die sportveld, kultuurof akademiese gebied. Leef die lewe van julle drome en begin al vandag- op elke manier wat jy kan. -Leandra Merrick Akademie Met al die sport en kultuur is die belangrikste steeds akademie. Soos almal weet moet jy goed doen op akademiese gebied om eendag n goeie werk te kry en dan n suksesvolle lewe te hê. Ons by die Allienuus wil geluk sê aan al die kinders wat in die top 10 is en ons hoop julle hou die skool se naam hoog met al julle prestasies. Kom almal werk vir die res van die jaar n bietjie harder. Wie weet, dalk sien ons jou ook eendag op die verhoog saam met die ander top 10- leerders. -Zanrich Smit Foto: Ankia Ackermann Dekor 2016 As gevolg van die herstelwerk in Allieland, kon die dekorkomitee ongelukkig nie vanjaar ʼn agtergrond vir die Groentjiekonsert skilder nie. Maar wees gerus: hulle het kliphard gewerk om die Doedie en Dude-agtergrond klaar te kry. Die lede van die komitee is vreeslik opgewonde oor dié wit-en-swart skildery en ons is beslis trots om sulke goeie kunstenaars in Allieland te hê! Ingrid Scholtz

4 #MarioAllies I said Brrr It s cold in here, there must be some NAMIES in the atmosphere! I said Sjoeee It s hot in here, there must be some ALLIES in the atmosphere! By die Interhoër van 2016 het die ander skole baie duidelik nie geweet wat hulle getref het nie. Ons dirigente het uitgeslaan met n BANG en n baie oorspronklike Mario-Allies tema. Al wat die ander skole se dirigente kon doen, was om hulle koppe in skaamtet e laat sak. As n Allie kan ek werklik sê dat ek trots is (en was) op ons dirigente. Hulle is en bly die lewe van ons skool en die Interhoër sonder ons Mario-Allies sou die Interhoër werklik droog gewees het. Dirigente, dankie vir julle lang ure van oefen, laat nagte en baie harde werk, want dit was werklik die moeite werd gewees! Julle is die beste en ons is trotse Allies. Chanté Nepgen Hokkie in Allieland! Hokkie is een van die oudste sportsoorte waarin spanne teen mekaar meeding. Die slim ou mense vertel dat mense al 4000 jaar gelede speletjies met stokke en n bal gespeel het wat baie soortgelyk was aan die Hokkie wat ons vandag ken en speel. Dit was in Egipte, en wie weet, dalk het Moses ook hokkie gespeel toe hy groot geword het in die Faro se paleis? Vandag speel ons Allie Hokkie-Bokkies nogsteeds hierdie stokou sport. Elke liewe een met n stok in haar hand en Allie-bloed wat deur haar are pomp, sal vir jou die wonderlike gevoel beskryf as jy in maroen en blou op die hokkieveld uit draf! Ons seisoen het afgeskop met wedstryde teen Hoërskool Standerton. Al ons spanne het goed gevaar. En alhoewel nie almal gewen het nie, het ons met tevredenheid in ons harte na Alberton terug gekeer. Die eerste hokkiespan het in Maart na Groblersdal getoer, waar hulle hard gewerk het, nog harder geoefen het en sommer baie geleer het. Ons dank juffrou Coston en elke ander persoon wat dít vir ons moontlik gemaak het! - Bronwin Thomas

5 Welkom in Allieland! Die vreemde kreature het lang ure geoefen om hulself gereed te kry vir die Groentjiekonsert. Nog voordat hulle hulle oë kon uitveë, was die groot aand hier! En sommer ook die groot oomblik wat elke Allie vir altyd sal onthou. Ons almal hier in Allieland weet tog: Jy IS nie n Allie nie. Jy WORD n Allie! Hulle was vol gemengde emosies en niemand kon meer wag om ware Allies te word nie. Hulle konsert was vir elke persoon in die gehoor soos iets uit n storieboek. Jy kon die aand saam met Hansie en Grietjie, Rooikappie, die skewe sewe, Aspoestertjie en die Drie Varkies geniet. Die gelukkige einde het gekom toe die graad aggies ontek dat Allieland die beste skool is! Ons sê baie geluk aan 8C die Drie Varkies- wat aan die einde van die aand as die wenners van die Groentjiekonsert aangewys is. Hulle harde werk word beloon met n uitstappie na Gold Reef City. Die splinternuwe Allies het die skoollied gesing en so het hulle die konsert afgesluit. Uiteindelik is hulle nou ware Allies en ons hoop en vertrou dat hulle in die toekoms die Allienaam sommer baie hoog sal hou. Baie dankie aan elke onderwyser, URL-lid en graad aggie wat van hierdie aand n sukses gemaak het. - Cherise Havenga SIEN JY DUBBEL? Moenie so vining bekommerd raak nie, die Allies spog met n paar tweelinge. -Denise Beetge

6 POM-POMS 2016 Aandag alle Allie- afrigters (van alle sportsoorte hier in Allieland): as julle graag ʼn fiksheidsessie nodig het, stuur julle spanne gerus na ʼn pompom oefening. Van vroegoggend tot laataandhetsy by die skool, in die stort of selfs voor die spieël in jou kamer- oefen ons. Maar raai wat, Allies? Op die ou einde, na baie lang oefentye, min slaap en BAIE energiedrankies was dit alles die moeite werd gewees en het ons die toeskouers behoorlik op hulle voete gehad! Dit het gelyk of die stadion bewe van al die Allies wat saam beweeg en selfs meneer Freek Erasmus het probeer dans (wat ʼn belewenis!) Een ding is seker: ons Allies se gees is en bly die beste in die dorp! Dankie aan die Allie-familie vir die ondersteuning, gees en toewyding Leonie van Sittert Allie-atletiek -Andruschka Kaltwasser Ons kan terugkyk op n baie suksesvolle atletiekseisoen! Hoërskool Alberton het die atletiekbane behoorlik aan die brand gehardloop. Voor die seisoen behoorlik aan die gang was, het die atlete en afrigters dag na dag voorberei. Die Prestige-atletiek van 2016 is agter die rug, maar sal nie sommer vergeet word nie. Terwyl ons atlete die ander gewys het wie is baas, was dit duidelik dat die Allies die meeste gees daar gehad het. Die hele skool, ouers en onderwysers, was op hulle voete met luidkeelse aanmoediging toe die Allies gewys het wie is baas in die aflosse. Dis duidelik dat elke atleet die skool se leuse, Deur inspanning tot sukses, uitgeleef het. Baie dankie aan elke atleet wat hulle harte in hulle items gesit het.

7 RUGBY Jy IS nie ʼn Allie nie, jy WORD ʼn Allie en toe ons 0/14 rugbygroep die kans kry om op die rugbyveld te kom, het hulle gesorg vir groot opwinding op en langs die veld. Ons het hierdie jaar ʼn baie opwindende span. Die manne kom uit verskillende laerskole, maar het sommer vinnig een span geword in die Allietrui. Die 0/15-span speel goeie rugby teen baie sterk opponente en hulle moenie onderskat word nie! Die Allies se 0/16 s het sterk begin, en het ook die voorreg gehad om die Mauritz Hansen-rugbyweek by te woon. Hulle het baie goed in die toernooi gevaar en het ʼn algehele derde plek uit twintig spanne behaal. Ons tweede span se seisoen het op ʼn hoë noot begin met meer as veertig spelers wat bereid was om aan hierdie wonderlike spel deel te neem. Toe die wedstryde begin, het die span gemengde welslae behaal. Opwindende rugby word deur ons eerste span gespeel.! Hulle het lekker fiks EN styf teruggekeer van ʼn suksesvolle oefenkamp en is meer as gereed vir al die groot kragmetings wat die seisoen vir hulle inhou. Baie sterkte aan al ons rugbyspanne, dit gaan kliphard wees, maar dit is hoe dit moet wees Jeanrique Prinsloo Hierdie fassinerende sport het op n hoë noot begin. Netbal Met die afskop van die seisoen was die woord bootcamp op almal se lippe. Die bootcamp het die netbalsterre n geleentheid gegee om te werk aan spanwerk en ook om hulle afrigters bietjie beter te leer ken. Die netbal het n goeie seisoen gehad, waar al die spanne tot aan die einde hulle bes gegee het. Die Allie-meisies het weereens gewys wat in hulle steek en het uiters goed in die liga gevaar. Die onder 14 A, 17 A, 17 B en 2de span het deurgedring na die D16 uitspele en het beslis Allies se naam hoog gehou! Celine Duncan Elke jaar verwelkom ons nuwe goetertjies hier in Allieland. Ons noem hulle groentjies, eerste jaars, outcasts Elke jaar net leliker as die vorige! Dis darem nie te lank voor hulle as volwaardige Allies die skoolhekke binne stap nie. Vir dit om te gebeur, moet hulle eers n paar dinge deurmaak en dit ook oorleef ek grap net, eintlik is dit nie so erg nie! Ons is trots om te sê dat ons een van die min 100% Afrikaanse skole in die omgewing is en ons is van plan om Ontgroening 2016 nog lank so te bly! Dis vet pret om ontgroen te word, want dis al manier hoe jy n Allie gaan word n trotse Allie! Ene met guts! Die eerste week van n nuwe skooljaar lyk dit kompleet asof ons Allies skool gaan saam met n trop diere van n heeltemal ander spesie, maar selfs dit kom tot n einde! Die Gr8 s van 2016 het die Ontgroening en ook die Groentjiekonsert gate uit geniet! Skewe-Sewes julle was n Hit hoor Selfs julle is welkom hier in Allie-land nudge nudge wink wink -Calista Welken

8 Merke, gereed, TRAP! Dit was n getrap en n gesweet, n gelag en n gejuig. Dit was n deurnag-sessie met laatmiddag pret en vroegoggend kampvure. Dit was Allie teen Allie, ryer teen ryer, graad teen graad DIT was die Allies se Fietsrymarathon 2016! Die laaste klok het op 19 Februarie om 12:00 gelui om die begin van n opwindende reis aan te kondig. Die Allies gaan Kaap toe! En dit sonder om Allieland werklik te verlaat. Trap daai fiets. Trap daai fiets. Ry hom vinnig. Trap daai fiets (SO het meneer Basson ons vir ure met sy kletsrym vermaak) Daar was hope lekkergoed, baie energiedrankies en vroegoggend koffie te koop en jy kon selfs LANrekenaarspeletjies in die voorportaal speel. Daar was n getrap en n gekuier soos net Allies weet om te doen. Dit was graad teen graad of eerder ryer teen kilometer en Allie teen slaap. Teen ses uur Saterdagoggend, 1500 km later, het daar orals slapende Allies lam gelê of met moeë oë na die vuur gesit en staar. Die afstand was net te veel en deurnag was net te moeilik, maar ons het ALMAL hope pret gehad! Dit is een van die min kere waarop elke Allie met opwinding kan vertel hoe hy/sy by die skool geslaap het- en nee, NIE teen sy/haar wil nie! Dit was beslis vet pret en n behoorlike avontuur. Het julle toe ooit die Kaap bereik? Wel, kom ons stel dit so: Ons kon darem Tafelberg in die verte gewaar en die sout van die see in lug proe. En DIT alles sommer net hier in Allieland! - Zoë Salzwedel Soft Play Jumping Castle Water Slides Balloon Décor and arches Cakes Full Party set ups for all ages Please visit our Facebook: Page Rawrsome Party Planners

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April 2018 Grabouw Soos ʼn koeipaal op die plaas Die laaste keer wat ek Kaapstad besoek het, was op uitnodiging van die Woordfees, die Afrikaanse

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca) Les 1 Oefeninge vir

More information

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE 6.1 INLEIDING In die navorsing tot dusver - hoofstukke een tot vyf - is kontekste en perspektiewe verduidelik van waaruit ek betrokke sou wou raak in pastoraalterapeutiese

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

To love without knowing how to love wounds the person we love.

To love without knowing how to love wounds the person we love. To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

WYSHEID TEENOOR GELOOF

WYSHEID TEENOOR GELOOF WYSHEID TEENOOR GELOOF, Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Môre, môre. Broer 2 Môre, vriende. [Iemand sê: Môre, Broer Branham. Red.] Bly om terug te wees in die huis van die Here! 3 Ek is net teruggeroep

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak) Ons stalletjie is op en Goudrif is reg vir die grootste Pizza pie braai wat SAWA nog gesien het! So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter 1000 die eerste dae van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter Die Eerste 1000 dae van Migrasie is n selfgepubliseerde projek. 2014 Omslagontwerp en bladuitleg Amelia Sonnekus van Shining

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE 1e Diens WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Saartjie Dirk Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB543:1-3 Here Jesus ek

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD, Dankie vir die tyd. [Broer Neville sê: Amen. Red.] Ek het vir Broer Neville gesê: Is jy seker jy het nie n klein bietjie salwing vanmôre nie? 2 Ek kom hierheen om vir

More information

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak Inhoudsopgawe 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak 2. Hoe God se beursie werk... 19 Sewe stappe wat jou voorberei om met God saam te werk vir n finansiële wonderwerk

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK, Julle mag maar sit. Dis goed om weer vanaand terug te wees. Dankbaar dat ons nou weer hierdie geleentheid het om die Here te dien. En nadat ek julle so lank gehou het gisteraand,

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie... INHOUDSOPGAWE Inleiding... 9 Gesprek 1: Oor die groter prent... 17 Gesprek 2: Oor haar vriende... 37 Gesprek 3: Oor haar akademie... 54 Gesprek 4: Oor haar lyf... 71 Gesprek 5: Oor haar geloof... 86 Gesprek

More information

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID, Ek ag dit n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie mooi byeenkoms van Christenmense, om hierdie geleentheid te hê om met julle te praat

More information

UITGAWE 2 OVIES. is kompeterend! OVIES. is talentvol! OVIES OVIES. is vrolik! is beeldskoon OVIELAND IS DIE PLEK WAAR JY WIL WEES!!!

UITGAWE 2 OVIES. is kompeterend! OVIES. is talentvol! OVIES OVIES. is vrolik! is beeldskoon OVIELAND IS DIE PLEK WAAR JY WIL WEES!!! UITGAWE 2 OVIES is kompeterend! OVIES is talentvol! OVIES is vrolik! OVIES is beeldskoon OVIELAND IS DIE PLEK WAAR JY WIL WEES!!! REDAKTEURSBRIEF Beste Ovies REDAKTEURS BRIEF Die tweede kwartaal het verby

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is in die Here. Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes

More information

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap #04/2016 Onrus Suidwes-Kaap 15-17 April 2016 1 Onrus, as jy die naam hoor is die eerste wat by jou opkom, Vrydagmiddag se verkeer daar by die Strand verby en dan die pas. Dit is soos om n turksvy af te

More information

Cape St Martin Private Nature Reserve

Cape St Martin Private Nature Reserve Cape St Martin Private Nature Reserve CHAIRMAN S REPORT Quarterly Newsletter No.3 1 April 2018 A newsletter providing free flow information between home owners. From the editor : Hi all A very happy New

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR E k het in n Christelike huis grootgeword en na n Christelike skool gegaan, iets wat weliswaar sy voordele en nadele ge had het. As n volwassene wat dit vandag waardeer dat ek

More information

19-21 Februarie Sondag erediens en voorsitterstee. Welkom en hallo sê

19-21 Februarie Sondag erediens en voorsitterstee. Welkom en hallo sê 19-21 Februarie 2016 Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier Saterdag Inbetaling, Spelletjies, Boekevat, saam braai Kamp verslag SWK Laslappie 1 Waar moet ek begin

More information

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly. HOE KAN EK OORWIN?, Laat ons ons hoofde buig vir gebed. Onse Vader, ons dank U, vanmôre, vir hierdie wonderlike tyd van weer saam te kom, en om die Woord van die Here oop te maak, Dit voor ons te lê. En

More information

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU In die huis van my Vader Inhoudsopgawe 1. Die Groot Huis van God... 13 2. Die woonkamer... 19 3. Die fondament... 29 4. Die uitkyktoring...

More information

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017. NEWSLETTER Message from the Chairman Dear Colleagues I recently attended a luncheon where the Minister of Finance, Mr Calle Schlettwein, was our guest speaker. He presented a very optimistic view and stated

More information

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle, N UITKOMS GEE, Goeienaand, vriende. En mag die Here julle ryklik seën. En dankie, Broer Neville, vir daardie mooi opmerking. So bly om vanaand terug te wees by die tabernakel, in die diens van ons geseënde

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited 14 November 2014 Disclaimer:

More information

www.nglynnwood.co.za Baie welkom as leier van Stadsretreat II! Ja, jy het reg gehoor, jy lei die retreat. Die stadsretreat is n geleenthied vir jou om jou oop te stel vir God soos jy die naweek wil inrig.

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

Volume 3 van 2016 September 2016

Volume 3 van 2016 September 2016 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen

More information

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) 1. Teks Vergelding 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus KANT KIES VIR JESUS 669 Kant Kies Vir Jesus ` Een of ander plek in Louisville waar jy_jy eet, en dit word genoem^laat ons sien, Dogpatch Restaurant. Ek het vandag een gekry. As iemand daar eet, dan neem

More information

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: 013 262 3381/4114 Gemeente met n Droom Die afgelope tyd is dit baie duidelik die kerke in Suid Afrika begin leeg loop. Die NG Noordelike Sinode sê vir ons dat oor

More information

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE, Dis sekerlik n voorreg om weer terug te wees onder hierdie Spaanse mense vanmôre. En ek wonder of Jim hierdie kry. O, hy kry die opname. Ek het steeds die plaat

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God. HEBREËRS, HOOFSTUK EEN 1 HEBREËRS, HOOFSTUK EEN ` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God. 2

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III AANNEMING, DEEL III 69 Aanneming Deel III ` ^Neville. Goeie môre, klas. Ons is baie bly om weer terug te wees om julle weer te groet in daardie algenoegsame Naam van die Here Jesus. Vertrouend dat julle

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

APRIL Nobody were very keen to pack up on Tuesday morning and we all left again in convoy. Thanks everyone for a wonderful weekend.

APRIL Nobody were very keen to pack up on Tuesday morning and we all left again in convoy. Thanks everyone for a wonderful weekend. APRIL 2018 CHAIRMAN S REPORT Goeie dag almal Wat maak n Rally so opwindend en lekker. As 11 karavane aan hulle voertuie agter mekaar inval en saam-saam vertrek na n Rally. Dit is net iets wat jy nie kan

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan. PARA DOKS, Goeiemôre, vriende. Dis n voorreg om vanmôre weer hier te wees. En, nou, hulle het vir my gesê hulle het n spesiale byeenkoms gehad, en het n bietjie notule gehou. En hulle wou hê ek moes na

More information

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX INHOUDSOPGAWE 1 Kom maar in die water is lieflik 3 2 So, jy wil gedoop word? 9 3 Wat is die doop van die gelowiges? 11 4 Waarom moet ons gedoop word? 17

More information