Kleingroepbediening in ons gemeente

Size: px
Start display at page:

Download "Kleingroepbediening in ons gemeente"

Transcription

1 SIG Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld UITGAWE 2 APRIL 2016 Kleingroepbediening in ons gemeente Heinrich Punt & Carollize Laing Kom maak 'n nuwe begin met jou dissipelskap. Hierdie uitnodiging is vir almal van jonk tot oud, enkellopend of getroud. Durbanville Gemeente se reis om SAAM te kom, betree 'n nuwe tydvak om 'n kleingroep-gemeente te raak. Ons het reeds 30+ kleingroepe waarby gemeentelede inskakel om mekaar se geloof en geestelike groei prakties SAAM uit te bou. Groepe skep ruimte vir dissipelskap binne die groepies, binne na die gemeente en dit skep ook 'n platform om makliker na die gemeenskap uit te reik. Kleingroepe van welke formaat ookal bou, as te ware die hedendaagse brug tussen die kerk en die betrokke dissipel. Kleingroepe is egter vir die meeste van ons nog n vreemde verskynsel wat dieper verstaan moet word. Juis daarom gaan ons in die komende kwartaal tydens eredienste en ook ander spesiale geleenthede (lees taxigroepe en bestaande kleingroepe) vir almal geleenthede skep om dit te ervaar. Daag jouself uit en skep 'n geleentheid om mede gelowiges te nooi na 'n bestaande groep of om self vorentoe te tree om meer van kleingroepe te verstaan by van die kerk se taxi-groep -geleentheid. Die Here roep ons almal as sy dissipels. Wat moet jy weet van ons gemeente se kleingroepbediening? Kleingroepe lei tot die ontwikkelling van 'n vertrouensverhouding wat die ideale platform skep om ons dissipelskap uit te leef, mekaar te versorg en om tot diens vir ander te wees. Wat maak n kleingroep suksesvol? Kenmerke wat groei en ontwikkeling verseker: Nuwe planne vir Kleingroepe hierdie jaar... Ons wil weekliks via die Omgeediens spesifieke projekte aan julle kommunikeer om groepe die geleentheid te gee om te dien. Leer saam uit die Bybel Bid saam (as groep, maar ook vir mekaar) Carollize Laing vertel soos volg: Ek het Magda en Zaretha by 'n kerkvergadering ontmoet waar hulle my uitnooi na een van hulle kleingroepaande. Ek was maar skepties, aangesien ek al voorheen self probeer het om 'n kleingroep op die been te bring sonder enige sukses. Hierdie groep bestaan toe net uit enkellopendes en dit klink na 'n goeie tuiste vir my... Ek het niks om te verloor nie, het ek myself wysgemaak. Versorg mekaar Dien saam Ons wil... Die reeds gevestigde biblioteek met studiemateriaal vir groepe soos bv boeke, videogrepe, ens. se info met julle deel. Leierskaptoerusting vir groepleiers aanbied. Gemeentelede wat nog nie aan 'n kleingroep behoort nie, kan Sondae en Woensdae by 'n taxigroep by die gemeentesentrum bymekaar kom. Kom ervaar die wonder van 'n kleingroep. Die taxi-groep skop af op Sondag 17 April om 17:00 en Woensdag 20 April om 18:30 in die gemeentesentrum. Die Donderdag daarna maak ek toe my opwagting by die kleingroepbyeenkoms. Ek is 7 uur daar soos wat die uitnodiging gesê het, stap voordeur toe en lui die klokkie. Magda maak die voordeur oop en nooi my binne. Stadig, maar seker, daag die ander lede op. Ek kom agter dat dit OK is as jy laat werk of 'n krisis het om eers uit te sorteer. Ons wag tot almal hul opwagting maak al is dit 20 minute. Die lede van die groep is uiteenlopend: 'n onkoloog, rekenaaropleier, finansiële adviseur wat ook spinning vervolg p2 Ons tieners rock by The Rock Lottie van Niekerk: Die oggend toe ek hoor ons kerk gaan weer 'n koffiekroeg in die aande hê, het my hart regtig bly geword. Ek kom toe die eerste aand daar aan en ek kon sien die mense wil moeite doen en dit lekker maak. Elke Sondagaand daarna het die bediening al hoe meer ontwikkel en die idees het net oorgeborrel almal was gewillig om te help. Ek is mal oor die aktiwiteite wat ons kry om te doen en die videos van preke reik regtig uit na my as n Christen. Ek is baie lief vir my nuwe plek dit gee my die geleentheid om tyd saam met God te spandeer. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het. Lara van der Merwe: Durbanville Gemeente se jeug is vinnig aan die groei en ons almal is ywerig aan die werk om dit op die been te kry. Die vibe is vreeslik lekker. Ons is baie opgewonde oor wat als voorlê. Jane Theron: The Rock het definitief iets vir almal! Ek het nog nooit daar weggestap sonder 'n boodskap of les nie. Daar is 'n gemaklike atmosfeer en dit is glad nie soos 'n preek nie, hoewel daar altyd 'n lessie is. Dit is 'n informele manier om Jesus beter te leer ken, na jou eie Christenskap te kyk en nuwe vriende te maak. INHOUDSOPGAWE Kleingroepbediening in ons gemeente Stigting van die gemeente Fresh Expressions of Church Ons finansies vorentoe Die 2016-begroting in n neutedop Redakteur gesels Hoe sê mens regtig dankie Die 14 Stasies van die Kruis Dae Straatbraai Dae SAAM Kinderpinkster 'n Digitale dwelmmiddel Gr. 11-Belydenisklaskamp Piekniek te Melkbos Die vele gedaantes van oupa- en oumawees! Die Koue van Alleenwees Vrywillige Hande wat Help Sê Dit, Skryf Dit, Deel Dit Ons Mense: Alrina Krige Oom Fritz & Tannie Elsie Rauch Jy skryf jou eie jaar... en lewe! Dagboek vir die 2de kwartaal Resep: Gebakte eier- en hamholtes... 08

2 vervolg van p1 klasse aanbied by die gym, voedseltegnikus, 'n jack-ofall-trades met 'n obsessie vir tegnologie en ons plaaslike celebrity met haar eie program op RSG. Magda het kos gemaak en 'n bottel wyn oopgemaak. Almal gesels en vra uit oor die ander een se week. Drukkies en grappies word uitgeruil. Ons eet en gesels en ek besef: Hierdie mense ken mekaar goed. Hulle stel regtig belang in die ander se wel en weë. Hoe verfrissend, dink ek? Nog groeplede vertel so... Ons kleingroepaand is vas in my dagboek! Dit is soos 'n mini oase waar ek kan rustig raak en saam met mense wat soos ek glo (en somtyds ook nie) fokus op die evangelie. Hulle is vir my 'n ondersteuningsnetwerk en dan is dit nog mense waarvan ek hou ook. - Lizelle Ek dink 'n groep werk veral goed as die mense mekaar begin vertrou en ken dan is dit makliker om dinge te deel. Die feit dat ons groep vir die eerste min eers saamkuier en eet, werk baie goed. Ons Whatsapp -groep werk ook goed, want sodoende kan ons deur die loop van die week kontak hou en mekaar ondersteun waar nodig. - Corné Ons is sewe vrouens wat in 'n interkerklike selgroep is vir die afgelope 18 maande. Ons het sommer gou sussies in Jesus Die etery is opgevolg met Bybelstudie en die entoesiasme van gesprekvoering bly tasbaar. Daar is baie verskillende opinies rondom die tafel, maar almal gee mekaar die nodige respek en ruimte om sy opinie te lug. Dis duidelik dat hulle liefde vir Jesus die ononderhandelbare fondasie vir alle gesprekvoering is. Ek voel vervul en gaan verryk huistoe. Ek het nog nie weer 'n Donderdagaand gemis nie. Hierdie is nou my mense, my tuiste. geraak. Ons is almal verskillend en kom van uiteenlopende geestelike oortuigings en ervarings, maar daar is 'n liefde tussen ons wat net van God af kom! Daar was tye wat ons van mekaar verskil het, maar op die ou end was dit amazing hoe elkeen se diep liefde vir Jesus en om sy voorbeeld te volg, alles oorwin het. Ek voel ongelooflik bevoorreg om deel te wees van hierdie groep vrouens. In 'n sin het God net weer my lewe kom red! Om deel te hê aan 'n groep vrouens wat mekaar dra, ondersteun, challenge, aanmoedig en aanvaar nes hulle is, is 'n ongelooflike ervaring en ek loof God daarvoor met my hele hart! Mandi INTERNATIONAL C O N F E R E N C E CAPE TOWN, SOUTH AFRICA FEBRUARY 2016 FRESH EXPRESSIONS OF CHURCH André van Wyk Hoe moet die kerk van Jesus vandag lyk? En in die toekoms? Is dit genoegsaam om net te doen wat ons nog altyd doen? More of the same means less of the same. Baie kerke krimp, verouder en kry nie nuwe lidmate by nie. Kan ons net bestaan vir die mense wat besluit om deel te word van ons geloofsgemeenskap? Om soos ons te word in te pas en aan te pas. Daarom is die groot vraag by die INTERNATIONAL FRESH EXPRESSIONS OF CHURCH -konferensie die volgende: Wie in ons gemeenskap word nie deur die kerk bereik as ons net bly doen wat ons nou doen nie? In ons konteks, in Durbanville: Hoe lyk die mense wat dalk nooit sal of kan deel word van ons geloofsgemeenskap nie? Wat dalk nie sal of kan inpas of aanpas nie? En wat doen ons om van hulle dissipels te maak? Die kerk is tog immers die enigste organisasie wat bestaan ter wille van sy nielidmate! Moderne kerke het baie kleure & geure. Kerkkultuur, spiritualiteit en elkeen se manier van doen, verskil. Maar meeste kerke het een praktyk in gemeen: Ons nooi mense om na ons toe te kom. Om deel te word van ons manier van dinge doen. Om saam met ons, hier by ons, dissipels van Jesus te word. Soms gaan ons buite ons kerkgrense, ontmoet mense van buite die kerk en nooi hulle dan na ons kerk toe. Maar baie selde, indien ooit, gaan ons uit na sulke mense met die doel om hulle daar waar hulle is te be-dien en te help om dissipels te wees, sonder om te probeer om hulle weer te integreer met ons kerk. Skep daar 'n nuwe soort kerk vir hulle wat nog nooit deel kon word van 'n kerk nie. Ek dink hierdie week heeltyd aan Saggeus se verhaal. Jesus spandeer tyd met die kerkmense. Hulle gesels soos hul saamstap. Maar op 'n punt stop Jesus. Hy vra Saggeus of hy by hom kan kom eet. Saggeus nooi al sy buite-diekerk -vriende om saam te kom eet en gesels. En so maak Jesus dissipels van 'n groep mense wat nooit hul voet in enige kerk sou sit nie. En moontlik daarna ook nie na die kerk sou gaan nie. Hulle is deur iets anders aanmekaar gebind en vorm dus nou hul eie nuwe geloofsgemeenskap, met dieselfde doel as enige ander vorm van kerk maak dissipels. Andrew Kok Op Sondag, 6 Augustus 1826, is die kerkgebou van die NG Gemeente Durbanville ingewy. Ons vier dus vanjaar die 190ste verjaarsdag van die moedergemeente. In die drie opeenvolgende artikels in die SIG-uitgawes van 2016 gaan ons u bietjie meer vertel oor die geskiedenis van die gemeente. STIGTING VAN DIE GEMEENTE KERKGEBOU VIR 190ste VERJAARSDAG Op 23 Augustus 1824 het die bezitters van plaatsen aan en naby de Tijgerberge 'n versoek aan Goewerneur Charles Somerset gerig vir 'n eie gemeente. Op 25 Oktober 1824 is die versoek toegestaan en daar is bepaal dat die boerplase geleë in De Koebergen, aan De Blaauw- en Tijgerberger en die in De Kuijlen tot die gemeente sal behoort. Die gemeente versoek ook dat 3-4 morg grond aan die Pampoenkraal aan die gemeente geskenk word vir oprigting van 'n kerkgebou. Die gemeentelede het nie op hul laat wag nie en dadelik aan die werk gespring. Op 1 April 1825 is die hoeksteen van die kerkgebou gelê. Die kerk is teen sowat Riksdaalders voltooi en op Sondag, 6 Augustus 1826 is die kerkgebou ingewy. The South African Chronicle berig as volg oor die gebeurtenis: This beautiful little church, refreshing to the eye of the traveller, like an oasis in the desert, and of incalculable importance to the dwellers of the country, as a light shining in a dark place, has at length been opened for public worship. Ds JC Berrange het die wydingsrede gelewer. By dié geleentheid is Johannes Jacobus Roeland ook gedoop en die gemeentesang was begelei deur die Filharmoniese Musiekgeselskap van Kaapstad. Hierna is die ouderlinge en diakens ook in hul ampte bevestig. Onder hulle was byvoorbeeld JA Louw van Fisantekraal, SJ Louw van Keer-de-Koe, S Malan van Kuiperskraal en JW Louw van Eversdal. Aanvankilk is die kerkplaas Pampoenkraal genoem en na die gemeente is verwys as die Tijgerbergsche gemeente. Die gemeente-grense het gestrek in die noorde tot by Klipheuwel, Oortmanspoort, Boterberg, Driefontein, Haarmeyerskraal en Buffels-rivier. Aan die suidekant van die Onder Zouten Riviers mond, verby Roode Bloem aan der Wijnbergse Kerk, tot by Jacobus Faure se plaas Vergenoegd, gelegen aan de Eerste Rivier in het district Stellenbosch. In die ooste het dit gestrek tot by die gemeentegrense van die Paarl en in die weste tot teen die weskus. Op 'n kerkraadsvergadering van 1 Augustus 1836 het ds JJ Beck gevra dat daar op 'n naam vir die dorpie wat nou rondom die kerk ontwikkel het, besluit moet word. 'n Beraad van die rustende broeders het besluit op die naam D'Urban. By wyse van 'n kennisgewing in die Staatskoerant van 2 September 1836 sou die dorp dan so heet. Eers in 1841 word die gemeente se naam ook D'Urban. Intussen het daar ook 'n Durban in Port Natal ontstaan en die Kaapse Sinode gee in 1886 toestemming dat die naam na Durbanville kan verander. Lees volgende keer verder oor die kerkgebou en ander fasiliteite. Die Fresh Expressions-beweging wil nie die kerk soos ons dit ken, vervang nie, maar juis eerder komplimenteer en uitbou. Dit help ons om in ons denke 'n paradigmaskuif te maak. Weg van ons kerk en wat ons doen om kerk te wees, na wat doen ons nie en wie mis uit op dissipelskap as ons net bly doen wat ons tans doen. Hoe kan ons as geloofsgemeenskap nuwe maniere vind om hulle wat nie kerk toe sal kom nie te bereik, en dissipels van Jesus te maak? Ek dink dit bly die vraag vir die kerk, ook vir Durbanville Gemeente. Accounting Academy Rekeningkunde Akademie Durbanville Grade 8-12 Anel van Rhyn CA.(SA) thebookbeanies@gmail.com Kontaknommer: Ure: Maandag tot Sondag 07:30 20:00 E-pos: aurorasuperspar@intekom.co.za 02

3 Stephan Pretorius ONS FINANSIES VORENTOE BEGROTING VIR DIE 2016/2017 FINANSIËLE JAAR Wat die begroting vir die huidige finansiële jaar betref, is totale dankoffers begroot met'n toename van nagenoeg 7% op die verwagte totale dankoffers vir die finansiële jaar. Die totale uitgawes is begroot op 'n gemiddelde toename van 5% op die verwagte totale uitgawesyfer vir die finansiële jaar. Ons het verder ook begroot om gelyk te breek vir die komende finansiële jaar, met ander woorde ons het so begroot dat die totale inkomste gelyk is aan die totale uitgawes. MAANDELIKSE DANKOFFER Van groot belang is die maandelikse dankoffers. Die uiteindelike verwesenliking van die begrote syfers hang grootliks daarvan af of die maandelikse dankoffers ontvang word soos voor begroot. Die totale begrote maandelikse dankoffers beloop nagenoeg R3,5miljoen. DIE 2016 BEGROTING IN N NEUTEDOP Grafiese uiteensetting van die samestelling van uitgawes. Fondse word hoofsaaklik op die volgende maniere deur die kerkraad aangewend tot uitbouing van God se Koninkryk: administrasie MR 0,4 salarisse MR 4,1 Ek verwys u na die meegaande twee grafieke. Die eerste een toon aan die deel wat dankoffers en ander inkomste onderskeidelik uitmaak van ons totale inkomste. Die tweede grafiek gee 'n aanduiding van hoe die totale dankoffers saamgestel is uit erediens-offergawes, maandelikse offergawes en die jaarlikse dankbaarheidsoffer. Dit is uit laasgenoemde duidelik dat elke komponent van die offergawes 'n sleutelrol speel. inkomste MR 6,3 plaaslike werksaamhede MR 0,27 DANKBAARHEIDSMAAND hoe sê mens regtig dankie... Mariëtte Steyn Wanneer n mens werklik dankbaar is en besef dat alles wat jy het van God afkomstig is, dan is jy geneig om ook makliker te gee. As jy leef vanuit God se genade, is jy ook meer geneig om genadig teenoor ander te wees; om ander te vergewe en daadwerklik te help waar daar behoefte is. Dit wat jy dan gee, is ware dankoffers. Jy gee jou tiendes en dankoffers uit dankbaarheid en nie omdat jy verplig voel nie. Jy help armes, voorsien in hulle behoeftes en betuig só jou dankbaarheid teenoor God. geboue MR 0,5 jeug MR 0,12 bedieninge MR 0,09 Durbanville Gemeente het met sy dankbaarheidsoffer vir die finansiële jaar geëindig op 29 Februarie 2016 nagenoeg R ingesamel. Volgens Stephan Pretorius verteenwoordig dit 'n toename van ongeveer 10% op die vorige jaar se bedrag. Hy sê: Ons is verheug hieroor. Die Here is baie goed vir ons as gemeente. Hierdie fondse stel ons instaat om al ons verpligtinge na te kom. eredienste MR 0,05 *MR Miljoen Rand kommunikasie MR 0,14 1. Salarisse van permanente personeel wat in diens is van die gemeente (leraars, administratiewe personeel, jeugwerkers, maatskaplike werker, kosters, orrelis en musiekkoördineerder, tuin- en skoonmaakpersoneel); 2. Onderhoud en versekering van die gemeente se eiendomme 3. Sinodale aanslag (word grootliks deur die kerkstrukture aangewend vir Barmhartigheid- Sending- en Getuienisaksies op 'n nasionale vlak); 4. Verskeie Gemeentebedieninge, Barmhartigheid- en Getuienisaktiwiteite op plaaslike vlak sinodale verpligting MR 0,43 Die eerste drie groepe van uitgawes is van 'n vaste aard en is nodig vir die normale funksionering van die gemeente terwyl die belangrike vierde dié area is wat ons graag sal wil uitbrei, as uitvloeisel van ons gemeente se visie. Ek wil elke gemeentelid namens die kerkraad bedank vir u voortgesette betrokkenheid en bydrae. Dit bly 'n groot voorreg om deel te kan wees van 'n gemeente soos Durbanville. Hierdie begroting vorm 'n integrale deel van ons gemeente se visie om as dissipels van Jesus, saam in diens van God se Nuwe Wêreld te wees. Ons sê baie baie dankie aan elkeen wat deel was van hierdie groot bydrae en die woorde in die tuin van ons harte en lewens groei daar saam met hoop ook die blom van dankbaarheid, is beslis waar hier by ons. Ons lidmate wys weereens dat om n dankbare hart te hê mense se uitkyk en hoe jy oor die lewe voel, verander. Navorsing wys al jare lank dat mense wat dankbaar is, gelukkiger, meer opgeruimd en meer tevrede met hulle lewe en verhoudings is. Hulle is minder gespanne en depressief. Dankbaarheid is n manier van lewe en nie net n gevoel nie. Die Bybel leer ons dat dankbaarheid deel is van die kern van n Christen se lewe. Redakteur gesels... Ons SiG loop letterlik oor hierdie kwartaal en ek is so trots op alles wat in ons gemeente gebeur. Baie baie dankie aan elke medewerker wat gehelp het om hierdie SIG die lig te laat sien. Ek weet ek het baie gepla en soek aanmekaar nog iets en nog iets. Ek skuil maar onder die feit: dis my werk! Hierin is so baie vir elkeen om te lees en ook soveel pitkos waaruit ons kan leer en groei. As jy aan die ouma- en oupakant trek, kan jy gerus op p6 gaan kyk hoe die gedaantes van grannies lyk. Petrus skryf ook op p8 oor hoe ons verantwoordelik is vir ons eie lewe. Moenie die artikel, Jy kies jou eie jaar lewe, mis nie. Ons het hierdie kwartaal klem laat val op ons Kleingroepe wat dit behels en wat ons planne daarmee vorentoe is. Dis maar in n neutedop saamgevat, maar vind by ds André meer uit hieroor as jy belangstel. Dit maak nogal n verskil aan jou lewe om deel van so n groep te wees, waar jy kan tuisvoel en aflaai. Ons het ook heelwat te vertelle oor ons mense. Dis mos as jy mense deel van jou lewe maak, dat die lewe regtig sin kry. Omring jou met lekker mense. Dis die kosbaarste besitting wat mens hier op aarde kan hê. Mense wat vir jou omgee en vir wie jy kan omgee, by wie jy kan leer, jou hart uitpraat en jou vreugdes deel. Nouja, ons winter lyk my, het sommer vinnig afgeskop. Moes daar nie eers n herfs gewees het nie? Hou jou maar warm en sorg vir genoeg vitamines dit hou mens gesond. My wens vir elkeen is dat jy warm en met n vol maag kan gaan slaap elke aand. Mens dink dis vanselfsprekend né, maar as mens saans deur die strate ry, sien jy sovele wat op straat, onder kartonne en bondeltjies, slaap. Waar kry hulle byvoorbeeld die basiese wasgeriewe, kos, ens? Mens wonder nogal hoe n gemeente soos Durbanville n verskil kan maak? Ek weet nie, ek wens ek het! Sterkte vir die kwartaal wat voorê. Dis mos gewoonlik die besigste kwartaal van n skooljaar. Ons herdenk binnekort ook Jesus se Hemelvaart en Pinkster is ook om die draai. Mag dit vir ons almal n geseënde tyd wees. 03 KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville 7551 ontvangs@durbanvillegemeente.co.za Ma, Di, Do en Vr: 08:00-14:00 Wo: 08:00-16:00 NG Gemeente Durbanville ABSA Durbanville Tjekrekening: Voeg asb verwysing by bv. Naam/MDO durbanville gemeente REDAKSIE: Andrew Kok Jackie Pretorius Mariëtte Steyn Cindy vd Merwe Lezjé v Zyl Atel Streicher Jana Dickason

4 Die 14 Stasies van die Kruis Georina Westraadt Toe ek in 2007 in Edinburgh, Skotland was, het ek n uitvoering in n katedraal bygewoon waarin met orrelmusiek, koorsang en kunswerke, die 14 Stasies van die Kruis, uitgebeeld was. Die indruk wat daardie ervaring by my gelaat het, bly my steeds by. Vol verwagting het ek en Ben Dinsdag so teen 18:00 die 14 Stasies van die Kruis in ons gemeentesentrum gaan deurloop. Vanaf die eerste tot die laaste, was dit n diep en uitsonderlike emosionele ervaring wat op verskeie sintuiglike waarnemings berus het. Ten eerste, was dit ordelik uiteengesit met duidelike aanwysings van wat mens by elke stasie kon doen, maar ook die skrifgedeeltes en gebede het by elke stasie die Lydenstyd van Jesus weereens n werklikheid laat word. Diep geroer, het ons gelees, oordink, die instruksies gevolg en die aksies uitgevoer. Ek was telkens oorstelp en moes lang tye net sit voordat ek weer kon voortgaan en lees. Want ja, dit is n emosionele roete wat aan die hart ruk. Die uitleg, die skemerte, die stilte en gewydheid het gemaak dat ek maar kon huil, kon weifel en rustig kon dink. Elkeen van die Stasies het vir ons n besonderse betekenis gehad wat ons kon toepas op ons lewe en situasies waarin ons ons daagliks bevind. Wat my egter ten diepste ontroer het, was die kruis wat ons twee saam kon dra dit het so simbolies geword van die weg wat ons daagliks in ons ingewikkelde en komplekse gesinsopset en werksomstandighede moet hanteer en ek was dankbaar dat ons twee dit saam kon dra. Want ja, dit sou vir my alleen te swaar gewees het. Atel Streicher Die 14 Stasies van die Kruis was die beste geestelike ervaring in 'n lang tyd. Die praktiese maniere waarop dit uitgebeeld is, het my gehelp om op n manier tog te besef hoe wyd en ver en hoog en diep Christus se liefde vir ons is om so n onbaatsugtige liefdesdiens te lewer. Die dra van die balk was baie emosioneel vir my, asook die olie wat ons moes smeer aan sy liggaam. Ek het toe weer besef hoe alleen Hy regtig was, want net Josef van Arimatea, wat eintlik n dissipel in die geheim was en Nikodemus was daar om Hom te begrawe. Die doek wat agtergebly het by die graf, het mens weer laat besef Hy het opgestaan, ja Hy het waarlik opgestaan! Here, ons gee onsself oor aan U om U vryspraak en verlossing ten volle te smaak. Petrie Marx Die Stasies van die Kruis het gehelp om jou midde-in die gebeure rondom die kruis te plaas, sodat jy die bekende verhaal nie net weer oppervlakkig lees nie. Jy kry die gevoel dat jy een van die omstanders was wat gesien het hoe alles afspeel, of meer nog, dat jy ook soms verskonings maak, eerder as om jouself vir Jesus uit te spreek. Die blywende indruk vir my was egter hoe dit vir Jesus steeds telkemale by die Stasies gegaan het oor die mense rondom Hom, eerder as oor Homself, selfs in Sy donkerste uur. So skyn sy liefde bo alles deur. Die grafen opstandingstonele was ook baie treffend. SAAM Tinus van Zyl het n paar lidmate gevra wat hulle die afgelope 40 dae geleer het. Andrew Kok: In 'n gejaagde wêreld is ons baie geneig om dinge op ons eie te doen. Die SAAM van die afgelope 40 dae het ons weer geleer om afhanklik te wees van mekaar, dinge saam te doen en bo alles dit SAAM met Jesus te doen. Naruluska Smal: Samesyn van medegelowiges is belangrik om in geloof te groei. Deur diensbaarheid is ons die Here se voete en hande hier op aarde. Freek Truter: Ek kom uit die bekende kokon van vriende en eintlik is dit maklik om met vreemde mense saam die Here te loof en saam te gesels. Ons het eintlik maar almal dieselfde behoeftes, ervarings, vrae, maar Hy sorg vir ons individueel nie noodwendig dieselfde nie. Geo Westraad: Hoe maklik dit is om vir mekaar kos te maak of te bring sonder te veel moeite Lidmate leer ken wat ek nou in die dorp sien en groet soos bekendes. Almal het 'n plek in die gemeente. Mense wil deel wees van die geloofsgemeenskap al is die lewe hoe gejaagd. Zaretha King: Nuwe mense leer ken Vergifnis is belangrik Leer om beter te luister Geleentheid gehad om vir mense wat ons nie ken nie, te bid. Marie van Breda: Om as selgroep so SAAM te wees. Om met al die ander gemeentelede, bekendes en onbekendes, SAAM te wees Om vir onbekendes iets te doen en te bid Die opdragte van doen iets vir 'n ander en bid vir 'n ander en hou ook kontak. ADVERTEER IN SIG EN SPAAR R200 SO! Ons SIG-advertensies kos R250 vir n besigheidskaartjie-grootte. Bespreek en betaal jou spasie in SIG vir die volgende 4 uitgawes van 2016 en spaar R200. Koste vir 4 advertensies dus R800. Kontak kerkkantoor. Nicolene Potgieter: samesyn mededeelsaamheid vriendskap kuier stil raak omgee bid vir mekaar vergewe mekaar leer by mekaar verdra mekaar dankbaarheid 40 Dae Straatbraai Cindy van der Merwe Hierdie jaar het ons 40 Dae op n heel besondere manier afgeskop met n heerlike straatbraai wat ons gehou het op Vrydag, 5 Februarie! Dit was n inoefeningsgeleentheid van gasvryheid en om mense uit allerlei oorde te verwelkom en met liefde en aanvaarding te ontvang. Dit is elke jaar 'n wonderlike geleentheid van saam lag, saam kuier en natuurlik lekker eet! Die weer het heerlik saamgespeel en die vure het al van vroegaand af gebrand. Ons bobaas braaiers het die hoender heerlik gaargemaak en saam met die varsgebakte brode en besonderse lekker slaai was dit n wenner! 04 Ons bedank graag almal wat betrokke was om hierdie geleentheid n sukses te maak en bowenal alle dank en eer aan ons Hemelse Vader!

5 JEUG Kinderpinkster 16 Lezjé van Zyl Kinderpinkster is elke jaar 'n hoogtepunt in die Kinderbediening se kalender. Hierdie jaar vind dit vanaf Maandag, 9 Mei tot Donderdag, 12 Mei om 18:30 in die Gemeentesentrum plaas. Die tema hierdie jaar is: Talente en Geestelike geskenke. Hierdie reeks gaan ons help om ons talente en geestelike geskenke tot voordeel van mekaar en tot eer van God te gebruik. Ons gaan na verhale luister van jongmense in die Bybel wat húlle geestelike gawes gebruik het om God te dien. Ons gaan onder andere na Dawid, Ester, Mirjam, Samuel en Timoteus kyk. Ons gaan ook ons eie Geestelike Geskenke ontdek en hoor dat ons nooit te klein is om hierdie gawes wat God vir ons gee tot eer van Hom te gebruik en uit te deel nie. Die Kinderbediening nooi elke kind uit om saam met ons na hierdie verhale te kom luister, asook om te kom deelneem aan speletjies, verse leer en 'arts en crafts'. Ons sien uit om julle daar te sien! Gr. 11-Belydenisklaskamp 16 Matthys Carstens Op 19 Februarie het die Gr.11-Belydenisklas (bestaande uit Jansie, Rieke, Sjanete, Mari, Charl-Pierre, Daneel, Christiaan, Stefan, Simon en Matthys) na Hermanus vertrek. Dr. Tinus en sy gesin, Gerhard en Annemie van Niekerk en prop. Jana Dickason het ons vergesel. Dit was tog só heerlik om vir n naweek in die middel van die kwartaal bietjie te ontsnap en ontspan! Vrydagaand het ons n groot spel 30 Seconds gespeel (die dominees het dit dalk meer as ons geniet!). Daar was ook n paar ysbrekers, waarna ons die boodskap vir die aand gekry het en verder net ontspan het. Saterdagoggend was daar n uur stiltetyd waar elkeen met Psalm 23 beweeg het na n plek waar hulle rustig voel op die strand of enige ander plek om op hul eie met God te praat. Ons het daarna die res van die dag vir onsself gehad daar is hard gewerk aan Skeinat en n ekspedisie na The Daily Bread is onderneem. Daardie aand het ons weer stiltetyd gehad waar ons deur verskillende stasies beweeg het met verse en opdragte. Ons het die oorblywende deel van die aand tot vroegoggendure Mafia gespeel saam met Jana en die kamp op n hoogtepunt afgesluit. Sondag het ons n laaste Bybelstudietyd gehad, waarna ons opgeruim het, foto's geneem het op die strand en teruggekeer het Durbanville toe. Dit was uiteindelik n baie suksesvolle kamp: elkeen het baie gegroei in sy verhouding met homself, hulle omgewing, ander mense en die Here. 'n Digitale dwelmmiddel Lara van der Merwe Gr. 10 Durbanville gemeente se jeuggroep, 'The Rock', het op Sondag die 21ste Februarie 'n roerende praatjie deur Brad Huddleston by Durbanville-Bergsigkerk beleef. Dit bly iets wat elkeen van ons lewens geraak het. Brad Huddleston, 'n Amerikaanse openbare spreker, het gepraat oor sy nuwe boek 'DIGITAL COCAINE', waarin hy verduidelik oor hoe enige vorm van tegnologie en sosiale media, chemies verslawend is en heel moontlik besig is om jou lewe oor te neem. Hy het wetenskaplik bewys oor hoe tegnologie 'n oormaat dopamien 'n goedvoelhormoon in die brein vrystel. Gevolglik lei dit tot 'n groot kans van depressie, angstigheid en agressie. In Deuteronomium 5:9 staan daar: Want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God,. Sy standpunt het gehandel oor die feit dat ons sosiale media bó ons godsdiens verkies. Ons spandeer meer tyd daarop, ons word meer vermaak daardeur, minwetend dat ons die Here totaal van ons lewens verwerp. So bêre jou slimfoon, klim van die internet af en skakel die Playstation af. Lees jou Bybel en vertel Hom hoe jou dag was. Hy pleit vir jou aandag. So indien jy nie gelukkig genoeg was om die praatjie te hoor nie, gaan doen jouself 'n guns en skaf hierdie hiper-interessante boek aan. Dit sal jou hartsnare roer, jou mond laat oophang en heel waarskynlik jou hele uitkyk op die lewe verander. Piekniek te Melkbos Angelique van der Merwe Ons tienergroep, #The Rock, het op Valentynsdag, 14 Februarie op die bus geklim om piekniek te gaan hou by Melkbosstrand saam met Jana. Pragtige Tafelberg, die mooi blou see en sonsak op die horison het die uitstappie baie spesiaal gemaak. Ons het almal saam gekuier, gelag, gespeel en heerlik piekniek gehou terwyl ons die Heer se skepping wat voor ons oopgelê was, bewonder het. Ons het heerlik baljaar op die strand en genoeg selfies en foto's geneem om altyd hierdie spesiale Valentynsdag te onthou. Op die bus terug het van ons saam liedjies gesing, musiek geluister en gesels oor die piekniek. Ek is seker dit was vir almal een van daai spesiale uitstappies wat ons altyd sal onthou. Toe ek by die huis gekom het, kon ek nie uitgepraat raak oor alles nie. Dankie aan Jana wat dit vir ons gereël het en aan die Here vir sy skepping en genade. 05

6 Seniors Die Koue van Alleenwees Atel Streicher Baie mense dink dit is net alleenlopende bejaardes wat alleenheid beleef In werklikheid is daar jongmense wat smag na vriendskap, kameraadskap, aanvaarding en samesyn. So iemand is Rietjie (skuilnaam). Die vele gedaantes van oupa- en oumawees! Gebore en getoë in Durbanville, geliefd in haar ouerhuis, goeie opvoeding en blootstelling maar tog so 'n bietjie van 'n randeier. Sy kon nooit as kind haar volle potensiaal bereik nie agv leergestremdhede. Sy staan vandag haar skoene vol in die samelewing. Sosiaal aanvaarbaar, aantreklik, welberese, goed gemanierd, geestelik gevoed maar is dit vandag genoeg? Volgens Rietjie raak jongmense in hulle vroeë twintigs nie sommer betrokke in vriendskappe as die persoon nie op die oog af cool genoeg is nie. Die vraag is, doen ons nog vandag genoeg moeite om die ware mens te leer ken of is ons Facebook - vriendelys lank genoeg en Instagram followers eintlik waaroor dit gaan? Rian & Maria Verster Die vreugde, ons gaan oupa en ouma word! Dit het amper weer so 'n bietjie gevoel soos toe ons vir die eerste keer pa en ma geword het. Dit is egter ook heeltemal anders. Die blydskap en opgewondenheid het ons van ons voete af gehad. Dit was nogal bietjie vreemd om hulle vir die eerste keer te sien. Dit is mensies in eie reg. Natuurlik het ons ook die goedige gespot gehad sy lyk net soos haar oupa of, hy lyk net soos sy ouma, asof hulle glad nie 'n pa en 'n ma het nie. En dan die verrassing, ons ken nog nie hierdie bondeltjies mens nie, maar ons het hulle liefgekry, van dag een af, soos ons eie! Dit was nogal lekker om te ontdek dat jong oupas en oumas een ding in gemeen het. Ons haal die selfone uit, nie om te bel nie, dis boring, om foto s van ons kleinkinders te wys vir almal wat wil sien en ook dié wat nie wil sien nie. Dit is 'n heerlike voorreg dat ons kinders en kleinkinders naby ons is. Ons sien mekaar gereeld en ons deel in die groei-en ontwikkelingsfases. Ons het dit tog met ons eie kinders ook beleef, maar dit is nou asof ons dit beter sien, meer betrokke, miskien meer intens omdat ons ook al deur die grootmaakproses met ons eie kinders is. Ek het nie die woorde om die emosie te beskryf wat ons ervaar het toe die kleintjies die eerste geluidjies begin maak het, die eerste keer regop sit, self bottel vashou, begin kruip, eerste treetjies gee en eerste woordjies sê! En dan is daar natuurlik die groot lekkerte in saamspeel. Plat op die maag op die mat om blokkies te bou of nou, dat hulle groter word, legkaarte te pak en al die ander lekker dinge wat die kleintjies help om die groter wêreld te ontdek en vir oupa en ouma help om te onthou dat hierdie groot wêreld ook klein kante het. En dan het ons ook gou agtergekom, soos hulle groter word, babysit is baie harde werk. Die spreekwoord die gees is gewillig, maar die vlees is swak, kry nou vir ons nuwe betekenis. Maar ons ruil dit vir niks! Dis ook vir Oupa en Ouma 'n baie groot lekkerte om na baie jare weer deur die rakke met babaklere te drentel en te wonder wat sal pas en wat sal mooi lyk aan ons kleinkinders se lyfies. En moenie van die speelgoed-rakke vergeet nie, dis nou weer baie lekker om trekkers, vragmotors, karretjies, vliegtuigies, bootjies, poppe en mooi goed te bekyk en te droom oor hoe lekker dit sal wees om hiermee te speel en ook te onthou hoe dit destyds was toe onsself deur hierdie wonderwêreld betower is. En dan kom ons baie opgewonde met die speelding by die kinders aan net om te besef, hulle is eintlik nog te jonk hiervoor. Toe ons net na die geboorte in die hospitaal by die bedjies van ons kleinkinders gestaan het en hulle ook bietjie kon vashou, is ons oorweldig deur God se wonderwerkende grootheid! Klein handjies, vingertjies en toontjies is volmaak! En toe, by hulle doop, God wat hulle geskape het, is ook die God wat Homself aan hulle verbind en in Christus Homself oor hulle ontferm, met die belofte dat Hy vir hulle God sal wees!! Terwyl ek hier skryf, is ek so bewus van mense wat hierdie artikel sal lees en smag na die voorreg om kinders en kleinkinders te kan hê. Ek sien ook in ons samelewing hoe oumas en oupas wat nie getroud is nie en nie kinders van hulle eie het nie, vry is om oupas en oumas te wees onbeperk. Hoe hulle n groot verskil maak in kinders se lewens in 'n harde wêreld. Een so 'n ouma wat ek ken, skryf haar vierjarige kleinseun het hoogs ontsteld by die huis kom vertel dat die kinders by die skool sê dat hy nie drie oumas kan hê nie. Hy was honderd present oortuig van sy storie, Ouma Plaas, Ouma See en Ouma Dorp! Daar is soveel oupas en oumas wat instaan as pappa of mamma nie kan nie. Oupas en oumas wat dan ook met 'n traan in die vreugde deel as die kleinkinders vir wie hulle verantwoordelikheid geneem het hulle voete in die samelewing vind. Baie dankie Oupas en Oumas, julle doen Koninkrykswerk!! Iemand het eendag gesê: Kleinkinders is God se manier om op te maak vir ouerword! Esther Blackhaller Eensaam is ellendig! Regtig? Of voel dit meeste van die tyd so. Jy is só lankal alleen of het jou lewensmaat verloor. Jy ervaar dat daar nie iemand is om mee te praat, 'n medemens met wie jy dinge, jou probleme of gewone lewensverhale kan deel nie. En boonop moet mens amper alles self doen. Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote. Psalm 25:16 Indien mens hierdie belewing van eensaamheid het en soms voel of jy in 'n put verkeer, is die kuns, die besluit om doelbewus en daadwerklik iets daaraan te doen. Die eerste stap wat jy kan neem, is om met God te praat oor jou eensaamheid. Néém God se belofte vir JOU, en herinner jouself daaraan dat Hy altyd by jou is. Wat jy daarnà soek, is om Hom in mensgestalte raak te sien in die aanwesigheid van ander. Daarom moet jy uitbeweeg na ander mense. Sluit aan by mense wat dieselfde belangstellings as jy het. Nooi iemand vir tee. Begin net die aksie om nader aan ander te beweeg, want God seën die bedoeling. Dikwels is dit nodig om (weer) vriende te maak, weer deel te word van 'n Bybelstudiegroep of 'n Omgeegroep, sodat jy met vrymoedigheid kan gesels. Indien jy immobiel is, dink en beplan saam met 'n omgeemens, hoe jou situasie meer positief kan verander om steeds sinvol en gelukkig te kan leef. Hoewel 'n mens se geluk nie afhanklik is van ander mense nie, is sosiale verhoudings nodig om gelukkig te voel. Moenie ophou uitreik as die eerste aantal mense nie op jou vriendskap reageer nie. Hou aan uitreik en uitbeweeg. Jy sal ver-baas wees hoe jy op soms ongewone tye en plek-ke verras word met die regte mense op die ge-gewe plek en tyd. Onthou om met verwondering te leef. Sien die klein dinge in die alledaagse raak. Leef met dankbaarheid deur elke oggend God te dank vir ten minste vyf dinge. Leef in bewuste teenwoordigheid van die Heilige Gees met wie jy gereeld kan praat. 06

7 VRYWILLIGE HANDE WAT HELP Baie lidmate het waarskynlik al gewonder hoe die offergawes wat opgeneem word tydens ons eredienste, hanteer word. Is daar die nodige sekuriteit, presiese hantering, ens? Sondae na die diens word die geld wat in die eredienste opgeneem is, in verskillende banksakke geplaas en dan in een sak verseël. Onder dekking van 'n spesiale vorm met die betrokke seël se nommer en die nodige handtekeninge daarop word die sak in 'n kluis toegesluit deur die koster en een van die leiers wat Sondae aandiens is. Maandagoggende word die geld getel en gereed gemaak om gebank te word. Die geld word getel deur vrywilligers uit die gemeente om die personeel in die kerkkantoor se taak te verlig. Die taak word al ongeveer 20 jaar verrig deur Joey Steenkamp en Etha Korf wat elke Maandag getrou op hul pos is. Indien een afwesig moet wees, is Steve Groenewald, wat ook al ʼn hele aantal jare betrokke is, die persoon wat regstaan om af te los. Ook hierdie taak word volgens vaste reëls aangepak. Die geld word in die kerkkantoor getel en die seël word slegs gebreek wanneer albei persone teenwoordig is. Die nommers word gekontroleer volgens die vorm in die sak. Die telproses is maar tydrowend, want die note, silwer en brons moet eers geskei word en dan apart getel en opgeskryf word op verskillende vorms om deur die bank aanvaar te word. Die familiediens se kollektes word dan ook apart getel en opgeskryf voordat alles bymekaar getel kan word. Die verskillende sakkies met geld en die nodige vorms word dan weer verseël in een sak om na die bank te gaan. Deesdae word die geldsakke vir veiligheidshalwe, afgehaal by die kantoor deur ʼn sekuriteitsmaatskappy. Jy sal verbaas wees om te sien in watter vorms die note uit die offergawesakke kom. Soms opgevou in klein stywe bondeltjies, ander is gevou soos 'n bootjie, 'n vlieër of opgerol soos 'n sigaret. Soos te verstane neem dit baie tyd om al die note weer soos banknote te laat lyk. Vir aanvaarding deur die bank moet almal natuurlik netjies plat gestryk wees met dieselfde kante na bo. Dit neem ongeveer twee ure om die taak op 'n Maandagoggend te verrig, en om die nodige konsentrasie te behou moet daar darem tussendeur na mekaar se welstand en wedervaringe ook geluister word. Dit is 'n groot verantwoordelikheid, maar Joey, Etha en Steve geniet dit om so agter die skerms ook 'n bydrae te kan lewer in diens van God se nuwe wêreld, as sy dissipels. SÊ dit, SKRYF dit, DEEL dit Dawie Theron Die agtergrond vir my storie is die volgende: as gevolg van 'n gebeurtenis waardeur ek meer as 20 jaar gelede gegaan het, het ek geleer dat inkomste, selfs 'n vaste salaris en besittings soos huise of enige ander bates, geen sekuriteit verskaf nie, maar dat Jesus ons enigste ware sekuriteit is. Dié beginsel pas ek sedert daardie tyd in my lewe toe, maar daar was 'n swak skakel in my lewe, naamlik twyfel. Ek het nooit aan die vermoë van God getwyfel of aan sy Almag nie, maar wel aan die aard van my verhouding met Hom. Ek het altyd geweet, God kan dit doen, maar wil Hy dit vir my doen. In Mei 1961 was ek 'n 15-jarige skoolseun in Franschhoek. Daardie jaar met die pinsterdienste het 'n waarnemende predikant die dienste gelei. In hierdie verhaal is daar 'n paar ooreenkomste wat jy moet raaksien om die volle omvang te begryp, en die eerste daarvan is die waarnemende predikant. Die Sondagaand met Pinksterfees preek hy uit die brief aan Laodisea, en aan die einde van die diens, na aanleiding van vers 20, Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop... rig hy 'n uitnodiging en sê, Indien jy vanaand die Here se stem gehoor het, indien Hy vanaand aan jou hart geklop het, staan op en kom na vore en gee jou hart en lewe vir Jesus. Baie mense het opgestaan, meestal jongmense, en ek het ook opgestaan. In die 52 jaar wat daarop gevolg het, was daar geloofshoogte-, maar ook baie laagtepunte in my lewe. Die laagtepunte het altyd met my twyfel te doen gehad, want twyfel het maar baie kom nes maak by my. Is ek seker dat Jesus daardie aand, lank gelede vir my geroep het, was ek eerlik daardie aand toe ek opgestaan het om op Jesus se roepstem te antwoord, of het ek opgestaan omdat meeste van my maats opgestaan het en spesifiek, omdat ek gesien het die meisie wat as 15-jarige seun op daardie stadium vir my die mooiste in die wêreld was, het ook opgestaan. Die jaar 2013 het vir my op 'n baie krapperige noot begin en as gevolg daarvan maar ook as gevolg van 'n paar preke van die kansel af, het die twyfel weer by my begin blom. My ontmoeting met Jesus in die Woestyn Maart is ek en Marie (my vrou) Hentiesbaai toe vir vakansie. Wanneer jy uit die dorp uit is, is daar net twee dinge, die woestyn en die see. Een van die bekorings van Hentiesbaai vir my is dat wanneer jy daar langs die see buite sig van ander mense is, en die branders het die spore van die strand kom afvee, kan jy jou maklik verbeel jy is die enigste mens op aarde. Die eerste week wat ons daar is, nooi Marie se vriendinne haar om die dag saam met hulle te gaan koffie drink en kuier en ek ry alleen see toe. 'n Bietjie later in die oggend bevind ek my so 80 km noord van Hentiesbaai teen die see by 'n hengelplek met die naam van Rondebos. By my aankoms was daar heelwat ander hengelaars, maar soos hengelaars maar maak, kom en gaan dit, en op 'n stadium kom ek agter ek is nou heeltemal alleen by die see. Ek bly egter alleen. Op 'n stadium kom daar so 'n ligte, wit deinserigheid uit die see op wat op die strand kom lê. Dit is nie 'n digte mis nie, die son skyn nog helder, maar dit beperk jou sig net so effens en sluit jou bietjie af van alles verder. Dit maak alleenwees, meer intens. So alleen by die see werk jou gedagtes oortyd en twyfel kom lê swaar op my gemoed. Ek begin met die Here praat. Vir die eerste keer, noem ek hardop vir die Here dat ek nie seker is dat Hy my daardie aand geroep het nie. Op 'n stadium sê ek vir die Here: Here, ek weet u het by geleentheid gesê dit is 'n verdraaide of sondige geslag wat vra vir 'n teken, maar die belangrikste ding in my lewe nou, is om te weet of my saak met U reg is. Gee asseblief vir my 'n teken. Die Sondagmôre is ek en Marie kerk toe. Daar is weer 'n waarnemende predikant wat preek. Hy staan op die preekstoel en sê: Ek weet nie wat ek vanoggend vir hierdie gemeente moet sê nie, want ek het in die week 'n preek voorberei waar die soldate die Here se klere onder mekaar verdeel het. Donderdag, toe ek aan die preek werk, vat die Here my elke keer terug na Openbaring 3 toe. Hoe harder ek aan die preek werk, hoe meer neem die Here my terug na Openbaring 3. Ek verstaan dit glad nie, want dit is Lydenstyd en ek is besig met 'n preek oor Jesus se lyding. Ek los later en begin my preek voorberei uit Openbaring 3 gee. Al wat ek kan dink is dat hier vanoggend iemand in die kerk is wat spesifiek hierdie woord moet hoor. Toe hy die brief aan Laodisea begin lees, rys my hare, want onmiddelik besef ek, die Here het nie vir my 'n teken gegee nie, maar Hy kom antwoord my vanoggend uit die enigste betroubare bron wat daar is, uit sy Woord. Lank voor die predikant by vers 20 kom, weet ek dat Jesus vir my sê: Dit is Ek, die enigste geloofwaardige en ware getuie, wat jou daardie aand lank gelede geroep het. In die preek kom sê die Here ook presies vir my wat verkeerd is in my verhouding met Hom. Ek ervaar nog dikwels wanhoop, maar het nou 'n wonderlike vrede in my gemoed. ONS MENSE Alrina en Carel Krige Alrina is dertig jaar oud en twee jaar met Carel, 'n tekenaar, getroud. Hulle is lief vir die buitelewe en gaan stap graag langs die see met hulle hondjie, Bella. Hulle is lief vir onthaal en het 'n wye vriendekring. Albei is lief om saam kos te maak en nuwe dinge te probeer. Alrina het in Malmesbury gematrikuleer. Tans is Alrina en haar man woonagtig in Durbanville. Sy is 'n mense-mens, en gaan uit haar pad uit om iemand te help, sy is ook vriendelik en hou van gesels. Haar ouers woon in Bellville. Sy is die oudste van drie kinders en sy het 'n broer wat in IT werksaam is en 'n jonger suster wat in die onderwys studeer. Sy sien baie uit na die nuwe werksuitdaging en om almal in die gemeente te leer ken. Julle sal haar by Ontvangs vind. Oom Fritz & tannie Elsie Rauch Rian Verster Ons het beplan om in hierdie uitgawe van SIG in die gereelde rubriek Ons mense te skryf oor oom Fritz en tannie Elsie Rauch wat vir amper 'n halwe leeftyd lidmate van die Gemeente is. Oom Fritz is oorlede op die 11de Februarie 2016 in die ouderdom van 95 jaar. Ons is dankbaar teenoor die Here vir die plek wat hy in die gemeente en in die samelewing volgestaan het. Met sy wysheid en insig, rustige beredeneerdheid waarmee hy geleef het, was hy vir ons 'n voorbeeld en het hy ons gehelp om twee keer of meer te dink voordat ons praat of optree. Oom Fritz en tannie Elsie se liefde vir die Here, vir mekaar en vir mense was vir ons 'n voorbeeld en inspirasie. Hoewel oom Fritz meer as dertig jaar ouer is as ek was hy vir my 'n vriend vir wie ek die grootste waardering gehad het. Vir tannie Elsie, die kinders en kleinkinders bid ons die Here se troos en nabyheid toe. 07

8 AKTUEEL JY SKRYF JOU EIE JAAR... EN LEWE! Petrus Theron Die Franse filosoof, Jean Paul Sartre ( ), het beweer dat elke mens die outeur van sy/haar eie lewensverhaal is. Deur ons keuses, ons aksies maar ook ons nalating om te handel, skep ons uiteindelik onsself en ons toekoms. Hierdie verantwoordelikheid, hierdie vryheid om te kies, kan nie ontduik word nie. In Sartre se woorde: ons is verdoem tot vryheid. Maar kan dit waar wees? Skryf ons regtig ons eie lewens te midde van sovele fisiese en sosiale beperkings op ons vryheid? Die lewensverhaal van die Oostenrykse neuroloog en psigiater, Victor Frankl ( ), is om meer as een rede aangrypende leesstof. Frankl was een van die miljoene Jode wat in 'n konsentrasiekamp in Nazi- Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog beland het. Hy het na die oorlog 'n boek Waarom lewe ek geskryf oor die lewe in die kampe ondermeer oor die vraag hoekom sommige selfmoord gepleeg het en andere nie. Waarom kies jy om aan te hou lewe? Die konsentrasiekampe het getoon tot watter dieptes (wreedhede en ontmensliking) die mens as kroon van die skepping (Ps. 8) geval het. Benewens die uiterste ontberings, gekenmerk deur honger, koue, vernedering, pyn, angs, depressie, wanhoop en woede het die meeste Jode uiteindelik in gaskamers gesterf. Frankl het oorleef maar absoluut alles verloor. Behalwe sy suster sterf sy hele familie. Sy ideale was verpletter. Die dood was letterlik van oomblik tot oomblik sy metgesel. Hy het nooit geweet of sy paadjie die volgende oomblik nie óók na die gevreesde oonde sou lei nie. Die gelukkiges wat die gaskamers vrygespring het, moes die liggame van gestorwe makkers gaan uitgrawe of die as van diegene wat reeds verbrand is, gaan opvee. Eendag, naak en alleen in 'n klein kamertjie, het hy 'n ontdekking gedoen wat sy oorlewing op 'n psigiese vlak verseker het. 'n Nuwe sielkundige terapie genaamd Logoterapie is hieruit gebore. Hy het besef dat 'n mens letterlik gestroop kan word van alles in die lewe: ideale, ondersteuning van mense, jou goeie naam, gesondheid, menswaardigheid en ook jou vryheid. Daar is egter een laaste vryheid wat nie van ons weggeneem kan word nie. En dit, sê Frankl, is die vryheid om self te kies hoe gaan ek reageer op wat ookal met my gebeur en waaroor ek soms geen beheer het nie. In Frankl se woorde: Tussen dit wat met ons gebeur en ons reaksie daarop is daar 'n spasie. In daardie spasie lê ons vermoë (mag) om ons reaksie te kies. In ons gekose reaksie lê ons groei en ons vryheid. Daar gebeur talle dinge waaroor ons geen beheer het nie. Dit sal ook vanjaar weer met die meeste van ons die geval wees. Niks en niemand kan egter hierdie laaste vryheid om self te besluit wat my houding en ingesteldheid teenoor my omstandighede gaan wees, wegneem nie. En sodoende voort te gaan om inderdaad die outeur van my lewensverhaal te bly. So lank as wat ons egter kies om te glo dat ons probleme en ongelukkigheid die resultaat is van iets of iemand buite ons beheer: 'n lewensmaat wat nie wil verander nie, 'n rebelse kind, rassisme, slegte senuwees en foutiewe breinchemie, gene of verlede, kies ons om onsself te ontmagtig en andere te bemagtig om die koers van ons lewens vir ons te bepaal. Frankl het sy laaste vryheid om self te kies hoe hy gaan reageer in die konsentrasiekamp gebruik om psigies ten volle in beheer van sy lewe te bly. Hoe gaan jy vandag jou laaste vryheid gebruik? Watter keuses kan jy vandag maak om 'n gelukkiger mens te wees ongeag jou omstandighede? Wat is die kritieke keuses waarvoor jy vandag, of vanjaar, te staan gaan kom? DAGBOEK VIR DIE 2DE KWARTAAL 13 April Senior Lidmate Tee 5 Mei Hemelvaart (Eredienste 10:00 & 18:30, Kerk) 8-12 Mei Pinkster & KInderpinkster 13 Mei Pinksterete om 19:00 18 Mei Huwelikskursus begin 19 April Kerkraadsvergadering 28 April Durbanville/Bergsig Seniorgroep 3 Mei Buitengewone Kerkraadsvergadering 5-15 Mei D4J Gebedskamer 15 Mei Pinksterfees 26 Mei Durbanville/Bergsig Seniorgroep 29 Mei Durbanville Gemeente 4X4 Dag Gebakte eier- en hamholtes Atel Streicher 'n Lekker Paasontbyt wat jy maklik kan vermeerder vir meer gaste. (Lewer 4-6 porsies) Bestanddele: 6 snytjies ham van jou keuse (of meer afhangend van die grootte van die skyfies) 6 ekstra groot eiers Sout en varsgemaalde swartpeper 125 ml (½ k) fyngerasperde kaas (Cheddar) 5 ml (1 t) varsgekapte pietersielie Metode: 1. Voorverhit oond tot 180 C. Spuit 'n muffinpan met diep holtes met kleefwerende middel. 2. Plaas 'n stukkie of 2 ham in elke holte sodat dit effe oor rand van muffinpan hang. 3. Breek 'n eier in elke holte. Geur met sout en peper en bak sowat minute, afhangend van hoe gestol jy verkies. 4. Verwyder uit oond en verdeel kaas en pietersielie oor almal. 5. Sit dadelik voor. 31 Mei Vroueaand om 19:00 31 Mei Kerkraadsvergadering 08 DESIGN A PRINT

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di Januarie 2018 1 Ma NUWEJAARSDAG 2 Di 3 Wo 4 Do 5 Vr Die Kerkjaar Die kerkjaar draai om 3 hoogte-punte nl. Paasfees, Pinksterfees en Kersfees. Die kerkjaar bestaan uit verskeie seisoene. Hierdie feeste

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

To love without knowing how to love wounds the person we love.

To love without knowing how to love wounds the person we love. To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is in die Here. Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

Besprekingsvrae vir selgroepe

Besprekingsvrae vir selgroepe Besprekingsvrae vir selgroepe Week 1 : Egte God INLEIDING God is die bron, die oorsprong van liefde, daarom lei elke opregte soeke na liefde in die hart van n mens altyd weer terug na God. Maar dis nie

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca) Les 1 Oefeninge vir

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente

More information

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef DEEL 1 Vreugde is my erfdeel Weet dat jy vreugdevol mag leef Jy is in die span! Jy het n beurs gekry! Ons wil jou graag aanstel! Sal jy met my trou? Mooi so! Jy het die transaksie beklink. Jy het so pas

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Inhoudsopgawe Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Week 1: Leer om die taal van liefde te praat... 9 Die Vyf tale van die liefde-profiel... 21 Week 2: Liefdestaal #1: Opbouende woorde... 27 Week 3:

More information

die goeie en mooi GEMEENSKAP

die goeie en mooi GEMEENSKAP die goeie en mooi GEMEENSKAP Inhoudsopgawe Hoe lyk die reis? 4 Die goeie en mooi gemeenskap (Deel 1): 10 Februarie 16 Maart 1. Die goeie en mooi gemeenskap 8 2. Die vreemde gemeenskap 13 3. Die hoopvolle

More information

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan... Augustus 2017 Die Voorsitter van die Kerkraad NG Gemeente Geagte Dominee en Kerkraad Ondersteuning aan die Dowes: hoe kan hulle glo sonder om te hoor 136 Jaar gelede was die NG Kerk die stigter van die

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

ALFABET VAN DIE HUWELIK

ALFABET VAN DIE HUWELIK ALFABET VAN DIE HUWELIK Aanvaarding Aanvaar mekaar vir wie julle is. Moet nie jou maat probeer beitel tot die perfekte huweliksmaat nie. Bederf As julle lief is vir mekaar sal julle mekaar altyd bederf.

More information

Waar vind ek n genadige God?

Waar vind ek n genadige God? Jaargang 18, Nr. 1 Mrt 2017 Kobus Sandenbergh Een van die vrae wat die wêreldgeskiedenis verander het, was Martin Luther se vraag: Waar vind ek n genadige God? In die Rooms-katolieke kerk van sy dag het

More information

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak) Ons stalletjie is op en Goudrif is reg vir die grootste Pizza pie braai wat SAWA nog gesien het! So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE 6.1 INLEIDING In die navorsing tot dusver - hoofstukke een tot vyf - is kontekste en perspektiewe verduidelik van waaruit ek betrokke sou wou raak in pastoraalterapeutiese

More information

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie MIDDELMISBRUIK SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie Beskikbaarheid van skadelike middels Trauma en stres

More information

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak Inhoudsopgawe 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak 2. Hoe God se beursie werk... 19 Sewe stappe wat jou voorberei om met God saam te werk vir n finansiële wonderwerk

More information

www.nglynnwood.co.za Baie welkom as leier van Stadsretreat II! Ja, jy het reg gehoor, jy lei die retreat. Die stadsretreat is n geleenthied vir jou om jou oop te stel vir God soos jy die naweek wil inrig.

More information

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13 Inhoud Bladsy Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13 IV. BOU JOU HUWELIK 18 Welkom! Baie welkom by die dooptoerusting.

More information

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor. 21. MA GENESING Deel in hierdie sessie met die pyn in jou verhouding met jou ma, stiefma, huisma in die geval van n koshuis of kinderhuis met ander woorde met die ma-figuur wat jou grootgemaak het. Indien

More information

Pelgrimstog deur die Lewe

Pelgrimstog deur die Lewe Pelgrimstog deur die Lewe Stadsretreat IV Die diepste versugting van gelowiges is om te groei in geloof en ons dors daarna om in intieme kontak met God te leef. Hierdie diep begeerte nooi ons op verskeie

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK, Julle mag maar sit. Dis goed om weer vanaand terug te wees. Dankbaar dat ons nou weer hierdie geleentheid het om die Here te dien. En nadat ek julle so lank gehou het gisteraand,

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie... INHOUDSOPGAWE Inleiding... 9 Gesprek 1: Oor die groter prent... 17 Gesprek 2: Oor haar vriende... 37 Gesprek 3: Oor haar akademie... 54 Gesprek 4: Oor haar lyf... 71 Gesprek 5: Oor haar geloof... 86 Gesprek

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE 1e Diens WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Saartjie Dirk Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB543:1-3 Here Jesus ek

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY Bladsy 2 INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 Lent 2018: As-Woensdag 14 12 Februarie 6 Februarie 2 Lent 2018: Jesus se uitnodiging 19 Februarie 9 3 4 5 6 7 Lent 2018: Om die bose te oorwin 26 Februarie

More information

Die Anglo-Boereoorlog *

Die Anglo-Boereoorlog * OpenStax-CNX module: m24577 1 Die Anglo-Boereoorlog * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) 1. Teks Vergelding 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset

More information

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Perspective Training College Plek: Potchefstroom Datum: 25 28 Oktober 2017 Tyd: Elke dag van 08:00 16:00 Plek: Paarl Datum: 22 25 November 2017

More information

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING Help Seniors SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING Deur: Syd Eckley Inleiding Vir die eerste keer in die mensdom se geskiedenis bevind drie tot vier generasies hulleself saam op aarde. Meer mense

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE 7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3 er en Ti ie ud st el yb B al na er jo as el de n va al ia er at gm l vo op r vi e in ag m #i ce en ri pe ex CREDO ONS IS DIE IMAGINE GENERASIE ONS GLO IN MÔRE, WANT JESUS MAAK NUUT ONS DROOM VAN VREDE,

More information

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID, Ek ag dit n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie mooi byeenkoms van Christenmense, om hierdie geleentheid te hê om met julle te praat

More information