Waarvoor staan Jesus?

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Size: px
Start display at page:

Download "Waarvoor staan Jesus?"

Transcription

1 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA JUNIE 2013 Op Kersdag, 25 Desember 2012, het ds. Wynand van Beek tydens sy boodskap hierna verwys. Hy begin met `n verwysing na `n essay van G.K. Chesterton waar drie moderne wyse manne geskenke moes bring om die stad van ewige vrede, waarvan hulle gehoor het, binne te kom. Hulle het geskenke gebring van goud, die moderne wetenskap en `n nuwe mirre in die vorm van `n gesplitste atoom wat spoedig sou klaarspeel met enigeen wat die droom van vrede teenstaan. Hulle is toe na die paleis van vrede waar Josef hulle by die poorte ingewag het. Hy aanskou hulle geskenke, maar weier om enigeen toe te laat. Hy fluister vir hulle elkeen iets in die oor en hulle gaan bedroef weg. Josef het vir hulle gesê: Julle het van die Kind vergeet. Hulle probleem was dus dat hulle met geloof in eie vermoëns gekom het en Jesus buite rekening gelaat het. Vader Joseph Pelligrino vervolg op die storie: With all our technology, with all our affluence, with the power we have shown to dominate many forces of nature, we moderns are convinced that we are wise. The air no longer holds us to the ground. We can fly in it. The atmosphere no longer holds us to the earth. We can fly through it. The depths of the sea are no longer mysteries. We can put on scuba gear, or enter deep submersibles. Diseases like small pox and polio are distant, bad memories. We are convinced that we can find ways to ensure peace and happiness for everyone. We are convinced that we are wise. But we have forgotten the child. Peace only comes through the Prince of Peace. Men cannot create peace apart from God. ( Ds. Van Beek vra toe die vraag, Waarvoor staan Jesus? Hy staan vir Vrede op aarde, Welbehae in mense en Hoop. Vrede op aarde Engele sing dit. Ons besef nie altyd hoe ernstig Jesus oor vrede en versoening is nie. Ons hou van vrede, ja, maar wil self nie veel daaraan doen nie. Na 18 jaar van demokrasie is ons werk steeds nie klaar nie; nie as ons kyk na die voorkoms van rassisme en onverdraagsaamheid nie. God se welbehae in mense Welbehae beteken doodgewoon dat God van alle mense hou. Hy wil hê ons moet mekaar se menswees eer en respekteer. Jesus het hier op aarde sy liefde vir mense bewys, maar ons sukkel skynbaar om dit te verstaan. Ons vaar nie goed met medemenslikheid en respek nie. Hoop Hoop dat die lewe beter kan wees. Dis wat Kersfees doen; dit wek telkens die hoop, die droom dat die lewe beter kan wees. Daar is iets aan die ster van Betlehem wat mense fassineer. Die vraag is of dinge kan verander, of kan ons maar net daarna verlang? Ons as christene glo dat daar agter die hoop `n goeie, genadige en mensliewende God is wat regtig omgee. Is dit te moeilik om te glo? Die lewe is nog moeiliker as jy dit nie glo nie, het hy gesê. Waarvoor staan Jesus?

2 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA Bladsy 2 Liewe leser... Om kerk toe te moes gaan, was vir my as kind dikwels `n beproewing. Seker omdat ek my kerk toe gaan tande op Kenhardt in die Noordweste gesny het. Daar voel dit vir my was dit heeljaar somer, want ek onthou net hoe warm dit in die kerk was en dat ons moes das dra. My ouers het gereeld kerk toe gegaan. Ek het dit eendag, ek was darem al bietjie ouer, dit gewaag om te beweer die mense gaan net kerk toe op Kenhardt omdat daar niks anders was om te doen nie. Dit het, om anglisitiese taal te gebruik, nie goed afgegaan nie. Nagmaal was die beste tyd van die jaar, want dan kon ons by die huis bly, maar ook net vir die Nagmaalsdiens. Daar het die boere so ver van die dorp af gebly dat daar bykans honderd dienste ingepas moes word oor die naweek. Vrydagaand was Voorbereidingsdiens en ons moes dikwels saamgaan. Ek het later gewonder waarop ek my voorberei. Seker op die dankseggingsdiens drie-uur die Sondagmiddag die boere moes uit plaas toe. En die diens moes ons ook bywoon. Sondagoggend was daar nog `n vroeë biduur ook waarheen `n paar dapperes gegaan het. Vir die aardigheid het ek `n paar keer gegaan, maar in die winter is dit te koud en dan het ons hinderlaag gelê. Die snaaksigheid was gou oor. En dit was nie hoe nie of daar is ook `n basaar ingepas op die Saterdagmiddag as daar nie Kerkraadsvergadering gehou was nie. Die manne in die swart manelle het gesweet in die somer en seker geswets in die winter, want dan mis hulle die dorp se rugbywedstryd teen Upington of Kakamas of een van die ander omliggende dorpe op die dorpsveld. En dit was so `n mooi veld. Grasgroen en so gelyk soos `n rolbalbaan. Aan die kante was die leivore vanaf die boorgat en op die walle het bloekoms geblom. Om in die bome te klouter was pure pret; daarvan het ons meer verstaan as die rugby self. Gelukkig mis hulle darem net een wedstryd per kwartaal, maar die gemor het dit laat klink asof die seisoen by hulle verbygegaan het. Omdat die boere so ver gebly het, moes daar nog `n samekoms van `n aard gereël word tussen Nagmale om die gemeente op die dorp te kry. Middelkerk is dit genoem. Nie so `n groot gedoe soos Nagmaal nie, maar ook maar vol dienste. Die arme predikant het sy geld verdien. Ek kan onthou dat die sendingleraar wat in daardie dae `n eerwaarde genoem is, ook soms opgetree het. Die dominees het togas en beffies gedra. Vir my het die beffie nes `n baba se borslappie gelyk. Ds. Gagiano s`n het een Sondagmiddag tydens die kinderdiens afgeval en hy het dit ewe nonchalant in sy Bybel gesit. By `n ander geleentheid het een van die dapperes dit gewaag om sy toga in die somer op die kansel van sy skouers af te haal en met die diens voort te gaan. En die hemel het nie geval nie. Hy was in ieder geval nog in `n swart baadjie ook geklee. Dikwels het die dominees nog `n onderbaadjie ook aangehad. Praat van toegewikkel! Ek het een Sondag die wonderlike afleiding beleef van `n wit wollerige hondjie wat tydens die diens die kerk binnegekom het. Ek het so gehoop hy loop onder ons bank verby. My voete het nog nie grond geraak nie. En glo dit as jy wil: die volgende oomblik kom staan hy onder die bank tussen my voete. Wat kon ek anders doen; ek moes hom vasknyp. Sy benoude tjank het `n paar mense laat wip en onnodige aandag op ons bank gevestig. Ma se gehandskoende hand het `n stuk van my binneboud beetgekry en ék het gewip. Ek onthou ook nog die vroegoggend koelte en stilte in die kerkgebou Pieter

3 Bladsy 3 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA Offisiële Kerkseël (Vroeëre- en Offisiële Seël) Die Kerkseël gee n vrou te sien wat in haar regterhand die Bybel en in haar linkerhand `n kruis hou. Sy is die verpersoonliking van die Kerk. Op haar skyn uit die hemel die Son der Geregtigheid. Naas haar brand daar n mensehart op die altaar, wat dus te kenne gee die liefde wat hom geheel en al aan God wy. Agter haar is n deel van n anker sigbaar, wat die sinnebeeld is van die hoop, waaraan die historiese naam Kaap de Goede Hoop laat dink. Die geloof vind sy uitdrukking in die kruis wat in die linkerhand van die vrouebeeld gehou word; sodat in die seël al drie die deugde van 1 Kor 13: gesimboliseer word: En nu blijft geloof, hoop en liefde, deze drie; dog de meeste van deze is de liefde. Op die agtergrond verhef hom die trotse Tafelberg, aan die voet waarvan die Kerk by die grondlegging van die Kolonie gestig is; en tussenin is die see, met die vaartuig daarop waarmee die godsdiens en die beskawing na Suid-Afrika gebring is. Nog bly daar een besonderheid te vermeld, wat by die eerste oogopslag enigsins verwondering baar. Op n wapenskild of seël pryk gewoonlik n leuse waarin uitdrukking gegee word aan doel en wens. Ook in ons Kerkseël is sulk n leuse, wat gegraveer staan op die sy van die altaar t.w. 1 Kor 14:40. En as ons die vers opslaan, dan vind ons dat daarin geen bede om n geestelike seën of n opwekking tot n sekere deugsbetragting vervat is nie, maar enkel die vermaning van die Apostel: Laten alle dingen eerlik en met orde geschieden. Maar ons vadere het reg gesien. Immers dit was, volgens Hand 9:31, toe die gemeentes vrede had, dat hulle gestig was en in die vrese van die Here en in die vertroosting van die Heilige Gees gewandel het. Waar wanorde is, kan geen seën wees nie. (Bron: Kaapkerk.co.za) Thinus Blignaut het `n hele ruk gelede vir ons inligting gegee oor `n vriendin, Debbie Zaayman, wat sendingwerk doen in Nepal. Om die geheue te verfris, plaas ons weer `n foto van haar. Sy het mos aangedui dat sy haar werk in Nepal voltooi het en haar werk in Sri Lanka sou voortsit. Sy is nou reeds twee jaar daar. Sy is tans in Batticaloa en Mantivu eiland. Volgens haar jongste skrywe is alles grasgroen en welig. Sy skryf verder: I am overdosing on garlic as I have so many itchy mosquito bites and that in spite of a mosquito net, spray, coil, and mosquito repellant cream. On my arrival in Colombo I met a young doctor of South Africa. He left for India the following week feeling very poorly with Dengue fever. Yes, it is only by His grace we function from day to day. Thinus het vir haar `n e-pos gestuur om haar die beste toe te wens waarop sy soos volg reageer. Ons gee dit verbatim weer.: Dankie Thinus vir jou goeie wense. Ek vertrek met volle vertroue in Hom, die begin en voleinder van alle dinge... Moet nie stress oor jou kerk nie, Kerk is binne in jou, waar julle saam kom om Hom te loof en prys. Die predfikant is Sy instrument wat Hy sal voorsien in Sy tyd, jy bly getrou en dit is waar jou prys in lê. Shalom.

4 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA Bladsy 4 Die mure het ore... n Paar weke terug het ons dié toneelstuk opgevoer met die oog daarop om fondse in te samel vir die Vriendekring en ook om n bydrae te maak tot die gemeente fonds. Kinders het n kort voorprogram gedoen met n voorstelling van hul BEURSIES wat elkeen n boodskap gehad het oor die gee van geld. Daarna was die toneelstuk. Ek het die Dominee (Oom Frikkie Osborne) gevra om vir ons te skryf wat sy ervaring van die aand was. Hier is wat hy geskryf het: Vrydagaand 26 April 2013! Wat was so besonders daaraan? Toe kon en het die NG Gemeente van Constantia n heerlike aandjie van genotvolle samesyn beleef. Die toneelstuk Mure het Ore deur Ds. J. van der Lugt is by die geleentheid op die planke gebring. Genotvolle gedagtes van en herinneringe aan vervloeë dae se eertydse KRUIK toneelgeselsskap, of te wel die nuwe CRUIK (Constantia se Raad vir Uitvoerende Kunste), kon weer opgediep en met dankbaarheid herleef word. Daar is geheel-en-al van plaaslike talent gebruik gemaak. n Hele aantal kinders uit verskillende agtergrond- en ouderdomsgroepe is ook betrek. Die deelnemers was hul sout werd en het hul goed van hul taak gekwyt. Die karakters is geloofwaardig en met oorgawe meelewend uitgebeeld. Die boodskap was eenvoudig, maar tog heel duidelik. God woon nie in huise wat met hande gemaak is nie. Die kerklidmate en nie die kerkgebou nie, behoort die gebou van God te vorm. Ons moet by en met mekaar betrokke wees. Die kinders van God die wat uit die duisternis tot die lig geroep is is die Gebou van God, die Tempel van die Heilige Gees. Die Huis van God is n geestelike huis gebou met lewende stene om geestelike offers te bring. Daarom moet ons oppas en versigtig wees hoe ons op die Rots Jesus bou. Nie met die verganklike, vleeslike en tydelike nie, maar met die onverganklike, geestelike en ewige. Die werklikheid en kontras tussen die komiese maar tog tragiese van die alledaagse lewe in die gemeenskap en kerk is goed uitgebeeld en het hom helder voor die geestes-oog afgespeel ja, die lag met n traan. Die openlike hoogmoed van die EIE EK teenoor die versteekte een van vals nederigheid en skynheiligheid is pragtig en duidelik teenoor mekaar afgespeel. Die opkoms was verrassend goed, die bywoning verblydend en bemoedigend en die gehoor aangenaam en wonderlik meelewend. Sommige kaartjiehouers het as beloning ook pryse ontvang. Na die opvoering was daar tyd om n koppie tee en koekies saam te geniet n geleentheid om mekaar beter te leer ken. Dit was n tyd van heerlike samesyn om die gemeenskap van die gelowiges te versterk en uit te bou, so nodig in die gejaagde tyd van vandag. Op die koop toe was daar ook lekker lippe-aflek-eetgoed te koop. Ons harte is vol dankbaarheid as ons terugkyk. Aan die Here Jesus al die eer. Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem, dit bygewoon en bygedra het om die aand so n suksesvolle belewenis te maak. Ons waardeer jul tyd en kragte daaraan afgestaan en sal altyd met genot daaraan terugdink n heerlike herinnering! Mag daar in die toekoms nog vele meer voortreflike geleenthede soos hierdie hom voordoen. Baie dankie Constantia Gemeente! DOE SO VOORT!! Verskeie mense het vir my gevra of daar volgende jaar weer n toneelstuk sal wees. Wel, ons sal maar moet wag en sien. Wie weet? Alles is moontlik. Waar daar n wil is, is daar n weg. Helmien

5 Bladsy 5 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA En ore... Dominee (Oom Frikkie Osborne) Gemeentelede

6 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA Bladsy 6 ONTHOU JY NOG Sportkyk voor die dae van Televisie. Belewenis van sportgebeure was destyds iets anders as vandag, maar dit was buitengewoon opwindend en onvergeetbaar. Toe het ons nog nie gedroom van die voorregte wat sou ontwikkel in latere jare nie. Die voorreg om top sportgeleenthede te aanskou en ervaar, maar met die verskil van die gemak van jou TV-kamer en sonder enige moeite. Afrikaanssprekendes kan egter nie van destydse sportgeleenthede praat sonder om aan die radio en top uitsaaiers soos Gerhard Viviers te dink nie. Selfs lank na die instelling van televisie, het ons dikwels die TV se klank afgedraai en Gerhard se radiokommentaar gevolg. Daarsonder was rugby-kyk saai. Gerhard, saam met ander goeie radio kommentators soos onder andere Johan de Bruyn, het sport vir ons sigbaar gemaak; `n mens kon letterlik sien hoe Siddie Siddie (Nomis) en Mannetjies Roux hul drieë druk. En moenie vir Charles Fortune op die Engelse stasie vergeet nie. Krieket en prosa in een program? En op die Afrikaanse stasie Steve de Villiers, Edwil van Aarde en Kie wat oor tyd heen, Afrikaanse terminologie vir krieket ontwikkel het, so saam met die opwinding van boulers soos Neil Adcock, Peter Heine en Hugh Tayfield. So ook die voorreg en opwinding om te kon hoor hoe Paul Nash weer n keer binne 10 sek. die 100 treë hardloop, hoe De Villiers Lamprecht die eerste 4 min-myl in SA afdraf en hoe Fanie van Zyl vir Dicky Broberg (as wêreldrekordhouer) in die 880 treë met duime klop die goue era van middelafstande vir ons land. Maar om sport lewendig te wou sien, moes `n mens dikwels ry, soms met baie moeite. Soms op een van die talle spesiale treine na n ander rugby bestemming om jou span in die finaal van die Curriebeker te sien speel en ondersteun. Wie onthou nog die ou Loftus, die ou Ellispark (met sy naartjie-gooiery en al), die ou Nuweland met sy staanplek-pawiljoen om meer mense geleentheid te gee om te kan kyk? Praat van Nuweland hier is n petalje nog uit die dae van Springbok, Chum Ochse, vir die wat van hom weet. Dit was die jaar 1956 toe Australië se nasionale span in Suid Afrika getoer het en vier toetse teen die Springbokke moes speel. Die eerste toets was op Nuweland en destyds was die rugbyveld en pawiljoene alles ineen, en was daar nie n ding soos n heining wat mense van mekaar skei nie. As dit by staanplek kom, kon jy sit of staan net waar jy wil, maar jong skoolkinders was toegelaat om rondom die veld op die gras te sit, net buite bereik van die kantlyne. Die pawiljoen was gepak tot teen die dak en honderde kinders het die veld omring. Net agter n groep kinders aan die hoofpawiljoen kant het mense gestaan wat baie bekend is vir hulle humorsin, en baie vinnig is om iets te beskryf net soos hulle dit sien. Gedurende die wedstryd het Chum Ochse wat bekend was vir sy buitengewone spoed, daar op die Regtervleuel - die Springbokke het van links na regs gespeel - die bal gekry op die vyf-en-twintig en laat spat doellyn toe. Sy Australiese teenstander sit hom agterna, maar toe hy uiteindelik besef dat Chum gaan score voor hy hom kon vang, voer hy n desperate duikslag na hom uit, maar hy mis hom, en val plat, reg tussen al die klomp skoolkinders, en reg voor my Kaapse vrinne. Voor hy nog kon opstaan, kyk een hom so skeef aan, en sê vir hom Soek Meneer vir Meneer Ochse hy is al last week hier verby... Johann Hubinger

7 Bladsy 7 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA Pinkster in Constantia Helen van der Horst Die Pinksterreeks het op 12 Mei in Constantia afgeskop met n gesellige sop-en-brood byeenkoms voor die eerste diens. Heerlike wintersoppe, vanaf Russiese borscht tot Suid-Afrikaanse boontjiesop, is deur verskeie staatmakerkokke verskaf en resepte is oor en weer gevra. Hierdie resepte kan ons gemeentelede inspireer om vir die winter se koue aande heerlike, voedsame trooskos te voorsien. Om met ander te kan deel is altyd n groot vreugde. Nooi gerus mense oor vir n sop-en-brood aand by jou huis of neem n bakkie sop na iemand wat dit nodig het. Vir spys en drank Sê ons U Naam lof en dank Ons loof U Naam o Heer Amen Alfons se Groentesop Groot pan; ui kleinsnipperen en beetje aanbakken, wortelen, prei, seldery (met veel blad en stengels!) en enige andere groente die jy verkies kleinsnyden en in water laten koken met vleis (of bouillon blokjes). Jy kan nog aardappels vir die binding byvoeg of lentils. Met kruiden en zout en peper op smaak brengen. As jy een pittig smaakje verkies kan jy curry daarby voeg. Jy kan die sop na verkies ook pureren. Bon appétit! Esmari se SLOW-FOOD BOONTJIE SOP (as jy haastig is, gaan koop 'n blikkie sop, dollie dit op met spek/gebraaide uie/worsies/blikkie baked beans en siedaar!) Andersins... Een sakkie rooi spikkel boontjies moet gewas en oornag geweek word soos die sakkie vir jou voorskryf. Dan spoel jy dit weer en kook dan sowat 2-3 ure tot sag (sout moet eers aan einde bygevoeg word) 'n Blokkie aftreksel help ook. Maak fyn met watter instrument van 'mass-destruction' ookal vir jou werk (voedselverwerker / Bamix tot een van daai hand 'mashers' as jy sterk voel) Voeg by tamatiepuree en sout en peper na smaak. Ek voeg altyd 'n blikkie of twee 'baked beans' by wat ek nie te veel fyn maak nie, sodat daar nog heel boontjies ook is. Gebraaide uie, gebraaide spek en/of gesnyde en gebraaide Russiese worsies bygevoeg gee dit die verskoning dat jy nou ook jou vleis vir die dag gehad het! Nog liplekker resepte op bll. 8 en 9.

8 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA Bladsy 8 Sop sonder sukkel Shani se Bortsch oftewel Beetsop Genoeg vir 4-6 mense Die smaak verbeter na so bietjie veroudering, so maak die sop reeds 'n dag voor die tyd. 6 koppies water 1 pakkie beesskenkel (opsioneel, kan vervang word met 3 blokkies beesvleis aftreksel) 800g (2 bossies) beet, geskil en in fyn stokkies gesny 2 wortels, geskil en fyn gesny 2 seldery stokkies, fyn gesny 1 klein ui, fyn gesny 1 bossie kruie: pietersielie OF marjolein OF vinkel 2 heel naeltjies sout en peper na smaak 125g crème fraîche (of sagte maaskaas, of natuurlike jogurt) vir bediening 1 bossie pietersielie OF 'n paar sprietuie, fyngekap vir bediening METODE 1. Indien vleis gebruik word, sit dit in 'n groot kastrol saam met die water en die bossie kruie en laat dit kook vir een uur sodat vleis gaar kan kook. Indien net die aftreksel gebruik word, laat dit oplos in warm water, voeg saam met die 6 koppies water en die kruie in 'n groot kastrol. Bring tot kookpunt. 2. Voeg die groente by die bees/beesvleisaftreksel en laat kook tot gaar. 3. Verwyder die bossie kruie en gooi weg. Geur met sout en peper na smaak. 4. Haal helfte van die groente en al die vleis uit en laat eenkant. Versap die res. 5. Sit die groente weer terug in die pot saam met die versapte vloeistof. Sny die vleis fyn en sit terug. 6. Indien warm bedien word: kook weer op om warm te laat word en sit voor met crème fraîche en kruie. Indien koud bedien word: laat afkoel in die yskas en bedien dan met crème fraîche en kruie.

9 Bladsy 9 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA Andrea se Corn Chowder (Gebaseer op `n resep van Jamie Oliver.) Genoeg vir vier mense Bestanddele 1 med groot ui, gekap 1 1/2 E botter 1/2 t gedroogde tiemie 1 E meel 3 koppies melk 1 t sout 1 middelmatige aartappel, geskil en in blokkies gesny 1 rooi soetrissie, gekap 2 koppies bevrore mielies 1/4 koppie grasuie en/of pietersielie (opsioneel) Helen se Wortelsop met n Thaise geur Bestanddele: So maak mens Smelt die botter oor `n matige hitte. Voeg die uie en tiemie by. Roer totdat die ui verkleur. Voeg spek by en braai tot effens bros. Sprinkel meel oor en roer totdat alles ingeroer is. Voeg die melk by, dan die sout, aartappel en soetrissie. Bring tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Draai die hitte laer en laat kook totdat die aartappel gaar is, maar nie pap nie - sowat 10 minute. Roer die mielies by sodra die aartappels gaar is. Laat die sop weer kook. Sout en peper na smaak. Versier daarna met die pietersielie of grasuie en bedien met bros broodrolletjies en/of Parmesankaas. Vir variasie kan vars of gerookte vis bygevoeg word, of selfs skulpvis. Voeg dit by saam met die mielies en maak net seker dat die vis gaar is voor opdiening. 1 E botter 2 E sonneblom- of kanola-olie 2 uie, fyngekap 2 koppies vars wortels, gekap of in ringe gesny 3 E meelblom 2 t kerriepoeier 2 t vars gerasperde gemmerwortel 4 koppies (1 liter) water 3 E Ina Paarman se Hoenderaftreksel (poeier) 1 koppie geblikte klappermelk Gerasperde skil en sap van n halwe suurlemoen Kwart koppie vars koljanderblare (dhania) of pietersielieblare Metode: Braai uie in olie en botter tot sag. Voeg wortels by en roerbraai oor medium hitte vir 3 minute. Roer die meelblom, kerriepoeier en gemmerwortel by. Vermeng deeglik met n houtlepel. Voeg die water, hoenderaftrekselpoeier en klappermelk by. Stowe op stadige hitte vir 15 tot 20 minute (roer deurgaans). Verpulp indien verkies. Voeg speserye by na smaak. Voeg suurlemoenskil en suurlemoensap by. Garneer met koljanderblare of pietersielie net voor opdiening. Bedien met vars brood. Ina Paarman se Suurlemoen en Swartpeper spesery of Sout en Peper soos verkies

10 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA Bladsy 10

11 Bladsy 11 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA BESOEK AAN ST HELENA Een van my bucket list wense was n besoek aan St Helena. Isak was daar in 1956 toe hy met n Union Castle skip die Weskus roete na Engeland gevaar het. Toe hy my 'ingevoer' het in 1958 was ons roete via die Ooskus (Madeira). Maandag, 14 Januarie, het ek en n vriendin aan boord die MSC Sinfonia gestap en Saterdag 19 Januarie lê ons buite die eiland om Sondag per veerboot aan wal te gaan. Toe hoor ons dis nie moontlik nie! Ek het geweet dat dit dikwels gebeur - het n paar lelike woorde vir myself gesê en van die 5de tot die 12de dek trappe geklim en net na die eiland gestaar! Sondagmiddag. Maandagoggend aan wal! Die skip sal sneller terugvaar en niemand mag kla as dit n bietjie rof is nie. Ons het die Island Tour gekies en dit was n wonderlike ervaring. Die Saints (so noem die eilanders hulle self ) is van die vriendelikste mense wat ek ooit ontmoet het. Amper almal is bruin van kleur en baie het ligblou, groen of grys oë beurtelings was die Engelse en Hollanders in bevel en tot laat in die 19de eeu was dit n slawekolonie laat n mens baie dink aan Suid Afrika. Dis orals baie heuwelagtig ek was bly ons het dit met die kombi gedoen. Hoogtepunte was Napoleon se graf (2 km stap heen en weer) in n pragtige omgewing n plek wat hy self gekies het. (Sy kis is in 1840 in die Dôme des Invalides in Parys gebêre.) Napoleon se tweede verbanning (hy het ontsnap van Elba) was in 1815 en hy het in Longwood House gebly pragtig gerestoureer met baie van die oorspronklike meubels en die groot tuin is soos dit was in sy tyd. (Hy is oorlede in 1821 en die oorsake van sy dood is nog steeds omstrede). Die begraafplaas van 6000 boere oorloggevangenes ( ) is diep ontroerend ons het nie die Deadwood Plain besoek waar hulle kamp was nie. Plantation House, waar die goewerneur woon, is indrukwekkend en op die gras kuier n 180-jarige reuse skilpad met die naam van Jonathan tevrede rond. St James Church dateer van 1774 en is die oudste Anglikaanse kerk in die suidelike hemisfeer. Die museum is klein maar beslis die moeite werd. Daar is baie meer om te verken en ek sou die m.s. St Helena verkies het wat vier dae op die eiland insluit maar dit sou meer as dubbel soveel gekos het! Ek het die vaart baie geniet, maar sal nooit die besoek aan St Helena vergeet nie! Lieske Bester

12 NED GEREF GEMEENTE CONSTANTIA Bladsy 12 A D R E S S E H/v Ladies Mile en Firgroveweg, KREUPELBOSCH, 7945 Telefoon/Faks (Kerkkantoor): E-pos: Houtbaai-Kerkgebou: h/v Oxfordstraat & Albertweg, Houtbaai Webwerf adresse : Evert skink en Linda hou toesig. Wat dink jy, Buks, nog so `n tydjie? Anna vat vas! Wat `n heerlike dag! Sekerlik die meeste mense nog ooit! Dit kan moontlik toegeskryf word aan die heerlike warm sonskyn weer wat ons gehad het. (`n Mens dink toe onwillekeurig aan Lieske se gebed die vorige Sondag... Ag Heer, as dit dan moet reën, laat dit dan asseblief Maandag of Dinsdag reën...) Die kosstalletjies en wyntafel was almal uitverkoop teen 14h30. Ons was baie geseënd met so 'n goeie dag, die wins beloop R107,971!! Baie dankie aan Anna Els wat die afgelope paar jaar die konvenor vir Teddiefees was. Ons dankbaarheid teenoor haar vir haar geduld met almal, haar harde werk (veral agter die skerms!) en haar toewyding word baie waardeer! Daar is nog nie duidelikheid oor hoe die Teddiebeerfees in 2014 bedryf gaan word nie, maar gemeentelede sal op die hoogte van sake gehou word. Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die suksesvolle dag!! Pannekoek jou lekker ding! Weer eens 'n bewys dat ons lekker kan saamwerk!