Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

Size: px
Start display at page:

Download "Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen..."

Transcription

1 Mei maand is een van daardie maande in my lewe wat soveel vra! Ek maak reg vir n lang winter voor my (ek hou nie van koud kry nie), my Prinses verjaar (dit is n groot storie), my Pa verjaar (wat n voorreg om hom nog by my te hê) en natuurlik daardie een spesiale dag, Moedersdag. Daardie een dag wat elkeen van ons glo dat alles net om ons gaan draai... ontbyt in die bed... n geskenkie wat sê Ons is baie lief vir Mamma... en LIEFDE... baie LIEFDE... Liesel Krause-Wiid skryf in n onlangse artikel in die Finesse dat ons soms so baie liefde vir ander gee en dan niks vir onsself oor hou nie. Die geheim is om jouself eerste lief te hê en dit dan uit te deel. As daar nie liefde in jou is nie, is jy soos n petroltenk. As dit leeg is, het jy geen woema om aan die gang te kom nie. Net deur jouself weer lief te kry, raak dit moontlik om ander te waardeer en lief te hê. Haar woorde het soveel waarheid in en ek wil dit graag aan elkeen van julle opdra. Maak MEI-maand die maand om JOUSELF weer LIEF te kry. Al is hierdie nie vir jou so n spesiale maand nie, al het jy nie n spesiale Moedersdag nie, MAAK dit die maand van LIEFDE VIR JOUSELF, jy VERDIEN dit! Anria van Heerden Uitgawe 2 van 2012 Uit die Hoofmeisie se pen...

2 CARING DAISIES GOLFDAG Die Caring Daisies het op Woensdag, 8 Februarie 2012 hul Celebrity Golfdag by Wingate Country Club te Pretoria gehou. Elke Daisy het hard gewerk om te verseker dat hierdie dag, soos al die ander projekte wat hulle aanpak, n reuse sukses sou wees. Ons was weereens verras met die bydraes wat soveel mense gemaak het ten opsigte van pryse en ander items wat geskenk was. Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om al ons borge, wat ons so oorweldig het, te bedank. Ook n groot dankie aan ons celebs wat tyd afgestaan het om daar te wees - David Rees, Bok van Blerk, Arno Jordaan, Karen Ferreira, Hanna Grobler, John-Henry Opperman, Pieter Koen, Jaco Labuschagne, Pieter Smith, MD Greyling en Corrie Sanders. Sonder julle sou ons golfdag nie so suksesvol gewees het nie! BORGE VAN DIE CARING DAISIES GOLFDAG Girafrica Solutions Six-O-Six Truck Spares Oasis (Menlopark) Rhapsody s Brooklyn DGB Brouerye Xco Sport Nativa Q Tyre Netstar Bubble Blast Beiershof Escalator Capital Eastern Titans Jenna Clifford Lynnbridge Bubble Blast Volvo Bathopele Recruitment Johnny s Liquor Wino Supplies Pixel Pro Photography PPC Cement Thenga Clothing and Gifts Soulstice Day Spa Pretoria DisChem Brooklyn Turke Pure Wellness Spa Minimag Stone Cradle Couzyn, Hertzog & Horak Revive Salon Fritz Kroon Vervoer Noble Private Portfolios Garden Bleu Edu Care Pretoria East Pick&Pay (Moreletapark) Anria van Heerden Baie dankie dat ons op julle ondersteuning kon staatmaak. Te danke aan julle kon ons n groot verskil in twee baie spesiale mense se lewens maak. Lees verder in hierdie uitgawe vir meer inligting.

3 Links: Corrie Sanders Onder: Arno Jordaan Links: Karen Ferreira Regs: Pieter Koen saam met die Daisies David Rees, MD Greyling en Pieter Smith tussen die Daisies

4 n Paar golfdag foto s...

5 Regs: Die span van Escalator Capital Links: David Rees saam met die Wino Office Supplies span Links: n Lafenissie vir Corrie Sanders se droë keel. Wat is n golfdag sonder n bietjie pret??

6 Ons suksesvolle golfdag het ons in staat gestel om die volgende versoeke goed te keur... Nadia Nel Die Caring Daisies het gedurende Januarie-maand n versoek gekry van n familielid van Nadia Nel. Nadia was in Desember 2011 in n vierwielmotorfiets ongeluk en het haar been in die proses verloor. Sy is n toegewyde Mamma en n vreeslike positiewe mens. Omrede sy n enkelouer is, was sy genoodsaak om so gou moontlik terug te keer werk toe om te verseker dat sy nie haar werk verloor nie. Haar bestuurder is gelukkig ook baie toegewend en het haar toegelaat om so twee maal n week slegs vir n paar uur te kom werk. Nadia het n prostese nodig gehad. Sy kon wel by die staat aansoek doen vir hulp, maar dan sou sy op n 2-jaar waglys geplaas word. Indien die prostese toegestaan word, sou dit slegs n basiese prostese wees. Ons Daisies het gevoel ons wil graag by haar geval betrokke raak, want dié keer gaan ons iemand se lewe nie net kan makliker maak vir n maand of twee nie, maar ons gaan dit vir altyd kan verander en vir haar haar onafhanklikheid teruggee, sodat sy weer self kan werk toe ry en kan rondloop saam met haar twee kinders. Anria het Jaco Deist, van Deist Ortotiste in Pretoria genader. Hy het met die Daisies n ooreenkoms aangegaan. Die Daisies betaal R45,000 en hy sal die res van die kostes dra om te verseker dat Nadia die heel beste prostese moontlik kan kry. Die kostes beloop ongeveer R100, 000. Die Caring Daisies het deur middel van Jakaranda FM se Good Morning Angels program die aankondiging gedoen en so vir Nadia die goeie nuus gegee. Vat my Hand, n TV-program op Kyknet, het ook dieselfde dag deurgery na Nadia en n opname gaan doen vir hulle program wat die daaropvolgende Sondag op TV uitgesaai sou word. Die reaksie wat ons na hierdie program en radio uitsending ontvang het, was oorweldigend.

7 Ons het baie nuwe versoeke ontvang, maar ook mense wat hul hulp aangebied het. Giel en Hannie Greyling, van Gutes Gastehuis in Centurion, het aangebied dat Nadia gratis in hul gastehuis kan tuisgaan as sy in Pretoria is. Hulle sal haar ook na én van Jaco Deist se spreekkamers vervoer. Die proses het Maandag, 5 Maart 2012 begin en ons is vreeslik opgewonde om hierdie pad na herstel saam met Nadia te stap! Jaco Deist, Nadia en Anria Briefie ontvang van Nadia... Dit is vir my n groot voorreg om te weet dat daar mense soos julle daar buite is wat ongelooflik baie moeite doen vir iemand wat julle glad nie ken nie. Ek is een van daai mense wat julle liefde en genade nou raak. Vir al julle dames by die Caring Daisies en die spannetjie by Jakaranda Good Morning Angels baie dankie. Julle goeie harte maak dit vir my as mens weer moontlik om n normale lewe te gaan kan lei. Net om te dink dat ek weer saam met my kinders sal kan gaan stap maak dat ek trane in my oë het. Julle is almal wonderlike mense. Nadia Nel

8 Pippie - Isabella Kruger Pippie het vreeslike brandwonde opgedoen op 31 Desember 2011 toe fire lighter gel in haar pa se hande ontplof het. Sy was so drie meter van hom af weg. Dit het haar getref en sy het 80% oor haar hele lyf gebrand en derhalwe derdegraadse brandwonde opgedoen. Al waar sy nie gebrand het nie is onder haar arms, n stuk van haar rug, haar privaatdele, boudjies en die een voetjie. Verder is daar vreeslike skade binne en buite aan die dogtertjie. Pippie se Mamma is positief en leef na aan die Here. Sy glo dat die Here die ding oor hulle gesin gebring het, om sodoende klomp mense te kry wat na Hom kan keer en bid! Die Caring Daisies het dit goedgedink om R25,000 aan Pippie se trustfonds te skenk. Ons het ook persoonlik gaan besoek aflê by Pippie en haar Mamma in die hospitaal! Pippie voor die ongeluk. Daar is ook verskeie Facebook bladsye vir Pippie geskep waar u meer omtrent haar vordering kan lees. Een van hulle se naam is Hello Pippie.

9 Hier is een van ons Daisies, Tanya Kroon, saam met Pippie se ouers Erwin en Anice Kruger. Tanya het hulle in die hospitaal gaan besoek op Maandag, 20 Februarie Terugvoer van Tanya oor ons skenking van R25,000 aan die trust fonds: Ons weet nie hoe om dankie te sê vir die geld nie. Sy het gevra dat ek vir elkeen van julle n groot dankie moet stuur. Anica se woorde: Dankie klink te eenvoudig, maar dis al wat ek het.

10 n Kornea vir Angelique Human Ongeveer n jaar gelede het Angelique n ooginfeksie gekry en probleme begin ondervind met haar een oog. Na vele ondersoeke deur n oogspesialis is daar bevind dat Angelique se kornea sodanig beskadig is dat sy n kornea-oorplanting moet kry. Sy kan niks meer sien uit hierdie oog nie. Haar mamma, Tanya, het kwotasies aangevra en die oorplanting beloop tussen R40,000 en R50,000. Hulle beskik ook oor geen mediese fonds nie. Angelique se storie het die Caring Daisies geraak omrede haar vriende bereid was om self betrokke te raak en sodoende haar lewe te verander. Hulle het blik-skud sessies gereël om fondse in te samel. Hulle was vir die Caring Daisies n groot inspirasie en ons het daar en dan besluit om ons eie Spaarvarkie projek te begin. Ons het spesiale spaarvarkies laat maak en hulle versprei by al die Daisies se werksplekke en waar ookal die Daisies kom, sodat ons al die fondse wat met die spaarvarkies ingesamel word aan Angelique kan skenk. Kontak ons gerus as jy wil help om fondse vir Angeliqe in te samel met n Caring Daisies Spaarvarkie.

11 Wat kan ek doen? Ons ontvang op n daaglikse basis navrae van die publiek wat wil deel word van die Caring Daisies of selfs hulp aanbied om by van ons projekte betrokke te raak. Ongelukkig kan ons nie nog nuwe lede aanstel nie, want ons het reeds ons maksimum bereik. Hierdie was ook een van ons redes waarom ons die Spaarvarkie Projek begin het. Indien jy voel dat jy graag betrokke wil raak of die Caring Daisies wil ondersteun, kom haal n spaarvarkie of kontak ons sodat ons vir jou n spaarvarkie kan bring wat volgemaak kan word. Alle fondse wat op hierdie manier ingesamel word, sal vir toekomstige projekte gebruik word. Vir elke persoon wat vir ons drie vol spaarvarkies terugbesorg, sal ons n gratis kopie van ons kookboek, SoetKoek, skenk. Maak jy vyf spaarvarkies vol, kry jy n gratis kalender en kookboek! Kontak ons gerus, indien jy sou belangstel. CARING DAISIES BESONDERHEDE: Posadres: Posbus Erasmuskloof 0048 Tel: Faks: E-pos: Facebook: Twitter: info@caringdaisies.co.za Caring

12 Cherise Höll Cherise Höll is gebore met Alkohol Fetale-Sindroom. Haar ma, Cheryl, het in n kroeg gewerk en daagliks vir Cherise by n buurvrou gelos om na haar te kyk sodat sy kon werk. Op 6 weke is haar ouers Sun City toe vir die naweek en het Magda se ouers aangebied om na Cherise te kyk. Sondag het gekom en gegaan en Cherise se ouers het nooit opgedaag nie. Magda se ouers het Cherise versorg en haar grootgemaak as hulle eie. Sy is ook later in hulle kerk gedoop. Om Cherise op haar pleegouers se mediese fonds te kon registreer, moes hulle Cherise amptelik aanneem en het hulle met die aannemingsproses begin. Cherise se ouers moes opgespoor word sodat hulle haar kon afteken. Vyf jaar later het haar ouers opgedaag en haar kom haal. Haar gesin het verslae gestaan en toekyk hoe hulle haar agter in die motor laai en wegry. Cherise se lewe het daarna drasties verander. Sy was blootgestel aan drank en geweld in haar ouerhuis en het selfs Graad 1 gedruip. Magda het deur die jare kontak behou met Cherise en het haar naweke gaan haal sodat sy by Magda se ouers kon gaan kuier het. In Graad 5 het Cheryl weer vir Magda gevra of Cherise tydelik by hulle kan bly. Twee jaar het verby gegaan en weer het Cheryl uit die bloute opgedaag om haar dogter te kom oplaai. Sy is weereens na n nuwe skool geskuif. Die laaste keer wat Cheryl vir Cherise gaan aflaai het, was by n mansvriend genaamd Jay. Hy was n enkelouer met n dogter dieselfde ouderdom as Cherise. Hy het goed na Cherise gekyk en sy het by hulle gewoon tot sy in Graad 10 was. Jay se besigheid het kort daarna ondergegaan en kon hy nie verder vir Cherise sorg nie. Weereens het Magda haar gaan haal sodat sy by hulle kon gaan woon.

13 Toe Cherise 18 jaar oud word het sy werk gekry en was sy finansieël onafhanklik. Vandag is sy 28 jaar oud en het twee jaar gelede n wonderlike man, met die naam van Schalk, ontmoet. Sy is deel van n Christelike selgroep en met haar skamele R5,500 wat sy per maand verdien, help sy nog boonop twee bejaardes van onderskeidelik 87 en 84 jaar oud, asook hulle gestremde seun van 64 jaar. Schalk en Cherise se droom is om op 1 Desember 2012 te trou, maar met haar klein salaris en die feit dat sy nog ander mense bystaan, is daar nie veel oor om vir die troue te spaar nie. Ons is trots om te sê dat die Caring Daisies, met die hulp van al ons borge, vir Cherise en Schalk n sprokiestroue gaan hou op 1 Desember Hou ons webblad dop by vir vordering oor die troue, asook inligting van al die borge wat ons help om hierdie dag ekstra spesiaal te maak. Ons sal aan die einde van die jaar die troufoto s in ons nuusbrief plaas.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

To love without knowing how to love wounds the person we love.

To love without knowing how to love wounds the person we love. To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Empathy Ouerhandleiding

Empathy Ouerhandleiding Empathy Ouerhandleiding www.itschools.co.za Inhoud Empathy gebruikershandleiding vir ouers 2016 Oorsig van Empathy... 1 Wat is Empathy?... 1 Hoe om boeke te bestel... 1 Aan die begin: Registrasie en aanteken...

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak) Ons stalletjie is op en Goudrif is reg vir die grootste Pizza pie braai wat SAWA nog gesien het! So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor. 21. MA GENESING Deel in hierdie sessie met die pyn in jou verhouding met jou ma, stiefma, huisma in die geval van n koshuis of kinderhuis met ander woorde met die ma-figuur wat jou grootgemaak het. Indien

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE 6.1 INLEIDING In die navorsing tot dusver - hoofstukke een tot vyf - is kontekste en perspektiewe verduidelik van waaruit ek betrokke sou wou raak in pastoraalterapeutiese

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE 1e Diens WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Saartjie Dirk Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB543:1-3 Here Jesus ek

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter 1000 die eerste dae van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter Die Eerste 1000 dae van Migrasie is n selfgepubliseerde projek. 2014 Omslagontwerp en bladuitleg Amelia Sonnekus van Shining

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks: PUTKOS 30 Junie 2015 Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, 6229 Tel: 041 922 7179 Faks: 086 682 5649 www.uitenhageoos.co.za skriba@uitenhageoos.co.za Versorg en toegerus om strome lewende water te

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak Inhoudsopgawe 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak 2. Hoe God se beursie werk... 19 Sewe stappe wat jou voorberei om met God saam te werk vir n finansiële wonderwerk

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit? Dienstye: Alberton LewenSentrum Eredienstye: Sondae 08:15 10:15 18:00 Kerkkantoor: 011 867 7244 Noodnr: 079 524 7945 E-pos: info@als.org.za Webtuiste: www.lewensentrum.org.za Bankbesonderhede: Alberton

More information

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus KANT KIES VIR JESUS 669 Kant Kies Vir Jesus ` Een of ander plek in Louisville waar jy_jy eet, en dit word genoem^laat ons sien, Dogpatch Restaurant. Ek het vandag een gekry. As iemand daar eet, dan neem

More information

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK, Julle mag maar sit. Dis goed om weer vanaand terug te wees. Dankbaar dat ons nou weer hierdie geleentheid het om die Here te dien. En nadat ek julle so lank gehou het gisteraand,

More information

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April 2018 Grabouw Soos ʼn koeipaal op die plaas Die laaste keer wat ek Kaapstad besoek het, was op uitnodiging van die Woordfees, die Afrikaanse

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat

More information

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD, Dankie vir die tyd. [Broer Neville sê: Amen. Red.] Ek het vir Broer Neville gesê: Is jy seker jy het nie n klein bietjie salwing vanmôre nie? 2 Ek kom hierheen om vir

More information

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie... INHOUDSOPGAWE Inleiding... 9 Gesprek 1: Oor die groter prent... 17 Gesprek 2: Oor haar vriende... 37 Gesprek 3: Oor haar akademie... 54 Gesprek 4: Oor haar lyf... 71 Gesprek 5: Oor haar geloof... 86 Gesprek

More information

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX INHOUDSOPGAWE 1 Kom maar in die water is lieflik 3 2 So, jy wil gedoop word? 9 3 Wat is die doop van die gelowiges? 11 4 Waarom moet ons gedoop word? 17

More information

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is in die Here. Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes

More information

WYSHEID TEENOOR GELOOF

WYSHEID TEENOOR GELOOF WYSHEID TEENOOR GELOOF, Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Môre, môre. Broer 2 Môre, vriende. [Iemand sê: Môre, Broer Branham. Red.] Bly om terug te wees in die huis van die Here! 3 Ek is net teruggeroep

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) 1. Teks Vergelding 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset

More information

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan. PARA DOKS, Goeiemôre, vriende. Dis n voorreg om vanmôre weer hier te wees. En, nou, hulle het vir my gesê hulle het n spesiale byeenkoms gehad, en het n bietjie notule gehou. En hulle wou hê ek moes na

More information

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca) Les 1 Oefeninge vir

More information

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: 013 262 3381/4114 Gemeente met n Droom Die afgelope tyd is dit baie duidelik die kerke in Suid Afrika begin leeg loop. Die NG Noordelike Sinode sê vir ons dat oor

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap #04/2016 Onrus Suidwes-Kaap 15-17 April 2016 1 Onrus, as jy die naam hoor is die eerste wat by jou opkom, Vrydagmiddag se verkeer daar by die Strand verby en dan die pas. Dit is soos om n turksvy af te

More information

GRATIS Uitgawe Nr 3 - Des 2011 Tel : /4114

GRATIS Uitgawe Nr 3 - Des 2011 Tel : /4114 GRATIS Uitgawe Nr 3 - Des 2011 Tel : 013 262 3381/4114 Kersfees gaan oor n Kindjie met die naam Jesus wat beskryf word as Immanuel, Leidsman, Vredevors en Koning, maar agter hierdie Kindjie was n moeder,

More information

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY Bladsy 2 INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 Lent 2018: As-Woensdag 14 12 Februarie 6 Februarie 2 Lent 2018: Jesus se uitnodiging 19 Februarie 9 3 4 5 6 7 Lent 2018: Om die bose te oorwin 26 Februarie

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 13 MEI 2015

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 13 MEI 2015 PINKSTER Gedurende Mei het ons weer Hemelvaart (nie meer n vakansiedag nie) en Pinkster gevier. Met Hemelvaart herdenk ons die gebeure toe Christus teruggekeer het na sy verheerlikte posisie by die Vader.

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie MIDDELMISBRUIK SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie Beskikbaarheid van skadelike middels Trauma en stres

More information

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly. HOE KAN EK OORWIN?, Laat ons ons hoofde buig vir gebed. Onse Vader, ons dank U, vanmôre, vir hierdie wonderlike tyd van weer saam te kom, en om die Woord van die Here oop te maak, Dit voor ons te lê. En

More information

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God. HEBREËRS, HOOFSTUK EEN 1 HEBREËRS, HOOFSTUK EEN ` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God. 2

More information

Uitgawe 2: Januarie- 2 Mei 2016

Uitgawe 2: Januarie- 2 Mei 2016 Uitgawe 2: Januarie- 2 Mei 2016 Een foto sê n duisend woorde Inhoudsopgawe 1. Voorwoord & Country Park. 2. Kyk hoe nostalgies raak die bestuur. 3. Die manne op die bestuur lê ook n eier. 4. Neil aan die

More information

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie 22 Junie 2014 Uitgawe 20/2014 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf E-pos

More information

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk REDAKTEURSBRIEF Enigeweersvriende Dis moeilik om te definieer wat n goeie vriend is. Iemand het eendag gesê: Om getroue vriende te hê is soos om n stukkie hemel op aarde te beleef. Maar ai ons skiet soms

More information

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017. NEWSLETTER Message from the Chairman Dear Colleagues I recently attended a luncheon where the Minister of Finance, Mr Calle Schlettwein, was our guest speaker. He presented a very optimistic view and stated

More information

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III AANNEMING, DEEL III 69 Aanneming Deel III ` ^Neville. Goeie môre, klas. Ons is baie bly om weer terug te wees om julle weer te groet in daardie algenoegsame Naam van die Here Jesus. Vertrouend dat julle

More information

Volume 3 van 2016 September 2016

Volume 3 van 2016 September 2016 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen

More information

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES, Skat ek is soort van n langasem prediker. En sonder geleerdheid, skat ek ek klink ek nie na veel van n prediker vir party mense nie. En ek ek maak nie eens daarop aanspraak

More information