09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: Ek kniel in gebed voor ONS Vader

Size: px
Start display at page:

Download "09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: Ek kniel in gebed voor ONS Vader"

Transcription

1 Jaargang 4 #25 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Ek kniel in gebed voor ONS Vader 16 Augustus 2015 Sing: Sb 15-1:1 Sing: Sb 1-4:1,2,3,4 Geloofsbelydenis Sb12:2:1-5 Sing: Sb 2-4:1,3 Skriflesing: Efesiërs 2:16-3:21 Teks: Efesiërs 2:14,15 Sing: Sb 10-2 Nagmaal Sing: Ps 23-1:3 Sing: Lied 510:1,3,4 Sing: Sb 18-1:1,2,3 Amen: Sb :30 International Service Rev Fanie Coetzee Theme: I kneel before our Father Scripture reading: Ephesians 3:14-21 Key verse: Ephesians 3: :00 Aanddiens Ds Willem Steyn Tema: Eenheid wat opgebou word deur diversiteit Sing: Sb 15-1:1 Sing: Ps 95-2:1, 3 Sing: Lied 207: 1, 3 Sing: Lied 334: 4 Skriflesing: Efesiërs 4:1-16 Teks: Efesiërs 4:1b-3 Sing: Lied 478:1, 2 Skriflesing: Efesiërs 2:11-22 Sing: Lied 478: 3, 4 Amen: Sb 13-2 Ouderlinge en Diaken aan diens Ouderlinge: Koos Schoeman & Flip Schutte Diaken: WD Schutte

2 Verjaarsdae Meelewing Maandag, 17 Augustus Raymond Potgieter Grethe van Heerden Fanie van Wyk Dinsdag, 18 Augustus Ben Schutte Woensdag, 19 Augustus Triena Mulder Erika Schoeman Donderdag, 20 Augustus Nannie van der Schyff Rhodé Vorster Vrydag, 21 Augustus Danielle Verster Saterdag, 22 Augustus Gert Kruger Ons dank die Here vir die mooi getuienis wat uitgegaan het rondom die begrafnis van Jos Coetzee. Ons bid steeds vir Tina ( ) en haar gesin. Tannie Hattie Martins se toestand het verbeter nadat sy krities siek was. Ons bid vir haar en vir Esté ( ) wat haar so getrou bystaan. Bertus Herbst ( ) was die week in die hospitaal met infeksie. Ons is dankbaar dat dit beter gaan en bid om herstel. Zabeth Robinson ( ) sukkel met haar gesondheid. Ons bid vir haar en Robbie. Ons is egter ook saam met hulle bly vir n kleindogter wat verlede week gebore is! ingang / uitgang Onthou asseblief dat die parkeerarea n spesifieke ingang en uitgang het. Ons kan maklik ongelukke voorkom deur hierdie padreëls na te kom. Bordjies en pyle is op die ryvlak aangebring om die rigting aan te dui. Kerkgebou Molenstraat KAMP IN DIE WILDTUIN Daar is DV volgende jaar, vanaf 22 tot 27 April weer ʼn kampgeleentheid saam met lidmate in Krugerwildtuin. Ons kon ʼn groepsbespreking by die Balule- satellietkamp naby Olifants maak. Daar is nog twee kampplekke beskikbaar en belangstellendes kan met Braam de Villiers skakel om te bespreek 2 Kom ons help mekaar Ons sê baie dat ons graag mense wil help maar net nie weet hoe nie. Dalk het jy een van die volgende items wat jy nie meer gebruik nie, en aan een van ons behoeftige lidmate kan skenk: Klere vir babadogtertjie (6-12 maande) Fiets Selfoon Rekenaar (ons het reeds n skerm gekry) Skakel met die kerkkantoor vir enige verdere navrae.

3 Gemeente-ete Om die Fokustyd behoorlik af te skop gaan ons as gemeente vandag saam eet en kuier! Die ete begin om 12:30 by die kerksaal. Onthou asb jou eie eetgerei (en poedingbakkies!) en drinkgoed. Indien jy die grasperk verkies, bring gerus n kombers of kampstoele saam! Liturgiese Werkgroep Die belewing van die gemeenskap deur ons lidmate saam in, van en buite die erediens vereis dat ons op n gereelde grondslag oor alle aspekte hiervan sal besin. Hiervoor het ons die ondersteuning van al ons lidmate nodig en die Liturgiese Werkgroep is n forum hiervoor. Daarom word alle lidmate uitgenooi om hulle belewenis te deel op enigeen of almal van die volgende maniere: Kom word deel van die Liturgiese Werkgroep wat sowat drie keer per jaar ontmoet by die Kerksaal van 19:00 tot 20:30 en die volgende ontmoeting is op 31 Augustus Kom neem deel aan die gesprek van die Liturgiese Werkgroep. Die Liturgiese Werkgroep sal ook graag wil hoor van julle ervarings, behoeftes en bydraes om die belewenis van die erediens op Sondae die belewenis van die erediens van ons lewens te maak. Skakel met die kerkkantoor of Lou van Wyk ( ). Brahm en Lida het verlede week n dogtertjie ryker geword. Ons wil graag n pakkie Walvisbaai toe stuur. Kontak ons by indien u van iemand weet wat ons kan help Baie dankie, Robbie en Zabeth 3 Resepteboek Deel met ons jou trefferresep! Ons het al heelwat heerlike resepte ontvang, maar omdat hierdie n projek VIR die gemeente DEUR die gemeente is, sal dit goed wees as diegene wat nog nie n bydrae gemaak het nie daardie familiegunsteling saam met n agtergrondstorie neerpen en vir ons aanstuur. Hoewel einde Junie as spertyd gestel is, sal ons geen resep afwys wat tot einde Augustus ingedien word nie. E-pos dit na mercia.venter72@gmail.com of eunicestoltz@gmail.com of gee vir ons n kopie by die kerk. Jy is ook welkom om dit by die kerkkantoor af te gee. Vir meer inligting of om die resep en storie sommer mondelings met ons te deel, kontak Mercia Venter: of Eunice Stoltz: Enige resep is welkom! Lees jy Kruispad? Teken in! Kruispad se intekenjaar is saam die res van die GKSA se tydskrifte van Julie tot Junie. Dit beteken dit is nóú die tyd om vir 2015/2016 in te teken. Die pryse is as volg vir vier uitgawes: R132 (gedruk) of R120 (digitaal) Laat weet ons sommer nou of jy met jou intekening wil voortgaan en of jy wil inteken. Jy kan ons e-pos by kantoor@kruispad.net of faks Teeskinkbeurte 16 Augustus Wyk 28 (Retha van Wyk ) Wyk 30 (Jacoba van Rooy ) 23 Augustus Wyk 31 (Elsa Reinecke ) Wyk 33 (Wilma Herbst ) 30 Augustus Wyk 38 (Liza Lemmer ) KG 1 (Anna Fick ) Baie dankie!

4 Frankfort Riviertoer 2-6 Desember 2015 Inskrywings nou oop! Gaan kyk op frankfort of kontak die kerkkantoor vir meer inligting. Die Kuierkombuis: Dienslewering is ons kos! Kom praat saam! Vanjaar gaan ons Die Kuierkombuis tydens Aardklop vanuit n ander hoek benader! Die fokus moet verskuif vanaf n winsmotief na dienslewering aan ons gemeenskap en Aardklopbesoekers. Dienslewering kan ook voor-en na Aardklop plaasvind in die vorm van uitreike. Ons beoog om steeds ontbyte te bedien en n teetuin te bedryf maar ons wil graag vanjaar die Dienssentrum vir Bejaardes betrek om hul sodoende die geleentheid te gee om ook n inkomste tydens Aardklop te genereer deur ligte etes te verkoop. Ons praat nog oor n moontlike G5 Aardklop uitreik waartydens ons bv. Aardklop ook met ouetehuise en versorgingseenhede in ons omgewing kan deel. Ons moet die Kuier terugsit in Kuierkombuis en daarom nooi ons die gemeente en kleingroepe uit om op die stoep te kom saamkuier tydens Aardklop! Indien daar Kleingroepe is wat graag wil betrokke raak deur bv. n ligte aandete te bedien is jul meer as welkom om jul hande op te steek! Daar word op hierdie stadium nog baie gepraat oor die presiese hoe en wat en daarom nooi ons u uit om Donderdagmiddag 20 Augustus om 17:00 te kom saampraat by Ds. Fanie se huis. INTERDOPPERKAMP Eenheid 4 Borg- n-bybel Ons het elke jaar n Borg- n-bybel projek wat in die derde kwartaal plaasvind. Ons het laas jaar R ingesamel amper 485 Bybels. Ons mik hierdie jaar vir 500! n Bybel kos R50, maar enige donasies is welkom koeverte is by die deure beskikbaar. Plaas dit asseblief in die bruin blikke by die deure. Hierdie donasies vervang die gewone Bybelverspreiding-kollektes wat gewoonlik gehou word. Ons soek n Kleingroep wat hierdie projek kan bestuur. Kontak asseblief die kerkkantoor vir meer inligting. Wil jy die Lantern elektronies ontvang? Stuur `n e-pos aan gkbult@gmail.com Jy kan ook die Fokusboekie elektronies ontvang. Stuur ook n e-pos hiervoor. Baie dankie Baie dankie vir die pragtige ruiker asook die oproepe, besoeke en meelewing en ook die bywoning van die diens. Dank aan ds Fanie en Orton Becker vir hul besoeke aan Pierrie. Ons waardeer dit baie. Al jul gebede, bystand en meelewing. Om aan so gemeente te behoort is n voorreg. Sterkte met julle geestelike taak. Groete, Hettie Venter Senior Studente en Jong Werkendes welkom Augustus Nooitgedacht R320 Navrae: Koos Henning of jubilacachet@gmail.com

5 Mede-orrelis vir GK Bult Daar is tans n vakature vir bg pos en enige persoon met toepaslike kwalifikasies wat begeleiding tydens eredienste vir Afrikaanse en Internasionale dienste kan doen, sowel as leiding kan neem met die koördinering van instrumentaliste vir die samestelling van musiekondersteuningsgroepe, word uitgenooi om hiervoor aansoek te doen. Navrae kan gerig word aan Fransa Vorster by Geref Kerk Potch Die Bult (gkbult@gmail.com; tel ). Aansoeke sluit op 21 Augustus Vertaling Lantern Ons Afrikaanse nuusbrief word elke week vertaal sodat ons Internasionale diens ook n nuusbrief kan hê. Ons kort egter nog n vertaler vir ons span van sewe. Daar sal van jou verwag word om een keer elke sewende week vertaling te doen op n Donderdagmiddag / -aand, van om en by 700 woorde. Die kerkkantoor het dan die vertaling teen 08:00 op n Vrydagoggend nodig. Sien jy kans hiervoor? Kontak asseblief die kerkkantoor vir meer inligting. Liefdegawes by die deure 16 Augustus Oggend: Teologiese Studentekas Aand: Meelewingsfonds 23 Augustus Oggend: Emeritaatsversorging Aand: Meelewingsfonds 30 Augustus Oggend: Deputate Jeugsorg Aand: Meelewingsfonds Liefdegawes tydens die diens word vir die Liefdesdiens van die diakens gebruik. 5 Saaier van die Woord-fonds Die Saaier van die Woord-fonds het ten doel om teologiese studente met hul lang en duur studies by te staan. Tot dusver is meer as R5 miljoen ingesamel en uit die beleggingsgroei kon R vanjaar vir die doel van die fonds aangewend word. Baie dankie aan al die anonieme bydraers. Ons wil die fonds verder uitbou sodat die Gereformeerde leer in ons land en ook buite ons land se grense uitgedra kan word. Lidmate wat hul geroepe voel om tot die fonds by te dra, kan n direkte inbetaling maak by Rekeningnaam: Admin Buro vd Geref Kerk Bank: Absa. Takkode: Rekeningnommer: NB Depositoverwysing: 0591/002 Saaiers van die Woord. U is welkom om meer inligting by die voorsitter van die fondsdeputate, Koos Smit ( ), te kry. Ek wil graag n lidmaat word Ek wil graag huisbesoek hê Naam:... Telefoonnommer:... Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

6 advertensies Towerlantern Fotografie Jy word hartlik uitgenooi om foto s te kom besigtig van studente van Towerlantern Fotografie. Die opening vind plaas op 17 Augustus 2015 om 18:00 vir 18:30. Die uitstalling is by Blou Galery, Van Rooystraat 31. Verdere besigtigingstye is Dinsdag 18 Aug 10:00 tot 20:00 en Woensdag 19 Aug 10:00 tot 18:00. Jy is baie welkom. Navrae: Johan de Klerk; selnommer Advertensies in die Lantern is gratis. Hou dit asb kort en stuur dit teen Donderdae om 10:00 na die kerkkantoor. In die hartjie van Mooivallei 1 Slaapkamer wooneenheid met stoep en badkamer. Onderdakparkering. Nuwe pad, 1.4 km van Patria-hek. Jong getroudes, Nagraadse of werkende studente. Afgetreede, pensioenaris. n Tweeslaapkamer kothuis is ook beskikbaar: oopplan met kombuis. Nuwe pad maak dit baie toeganklik. Christa Truter: Vir kunsklasse of raamwerk kontak Celia Kruger by Available now: Bachelor s flat + carport in a quiet area. 1 km from campus. R 1800 p.m. + electricity used @nwu. ac.za /user/gkpotchbult #potchg5 #gkbult Kontak ons Kerkkantoor (tel) (faks) e-pos: gkbult@gmail.com webblad: Ds Fanie Coetzee: fanie1coetzee@gmail.com Ds Willem Steyn: steyn.willem@gmail.com Skriba: Jaap Verhoef: Orrelistes: Jetty van Rensburg: Annatjie Verhoef: Koster (Molen): Piet van Maarleveld: Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: Internasionale diens: Ray Everson: Katkisasie: Braam Pieterse: Kinderbegeleiding: Marida van Eeden: Preekbegeleiding: Henriëtte vd Zwan: Dataprojeksie: Adelle Lotter: Klank: Stefan Linde: Tolkdienste: Kerkkantoor: Preekopnames: Kerkkantoor: Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00-13:00) vir: Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens. 6 Diakonie: Elsa Els: Omgee-groep Seniors: Ans Geertsema: Sopkombuis: Elsa Els: Kosbank: Kerkkantoor: Susters: Judie Coetzee: Onthaalkomitee: Retha van Wyk: G5 Bediening: Ds Willem Steyn: Musiekbediening: Hanlie Steyn: Bedieningskommissie: Jan Geertsema: Eiendomskommissie: Faan van Wyk: Liturgiese Werkgroep: Lou van Wyk: Finansiële kommissie: Carools Reinecke: Kassier: Paul Delicado: Bankbesonderhede Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult ABSA Tomstraattak (Tjekrekening) Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

09:30 Oggenddiens. Amen: Sb 13-2

09:30 Oggenddiens. Amen: Sb 13-2 Jaargang 3 #19 09:30 Oggenddiens 1 Junie 2014 Ds Willem Steyn Tema: Hemelvaart en Pinkster n toekomsperspektief Sing: Ps 84-2: 1, 2, 5 Geloofsbelydenis: Apostoliese geloofsbelydenis Sing: Sb 12-2:3 Sing:

More information

18:00 Ker angdiens. Kontak ons nuut! PREDIKANTE MET VERLOF

18:00 Ker angdiens. Kontak ons nuut! PREDIKANTE MET VERLOF Jaargang 1 #36 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Gelowiges wat doen Sing: Ps. 90-1:1,9 Sing: Sb. 12-3:1,2 (Kinderbegeleiding) Sing: Ps. 24-1:2,3 Skriflesing: Jakobus 2:14-26 Teks: Jakobus 2:22 Sing:

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens Jaargang 5 #25 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 7 Augustus 2016 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn Tema: Leef biddend, met wysheid, sodat almal die evangelie kan

More information

09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: Onse Vader laat U wil geskied

09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: Onse Vader laat U wil geskied Jaargang 2 #39 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Onse Vader laat U wil geskied 1 Desember 2013 Sing: Ps. 33-1:1,6 Sing: Ps.33-1:7 (Kinderbegeleiding) Wetlesing: Deut. 5 Sing: Ps.25-1:2,3 Skriflesing:

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018 Sendingwerkers vir die week: Benson en Mutende Sakala... doen evangeliseringswerk onder die Somaliërs in Kenia. Hulle werk onder groot druk en is baie afhanklik van die bydraes van ondersteunende gemeentes.

More information

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS: In n Seisoen van Gebed Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: 012 654 6904 FAKS: 086 598 3922 bedien@eldofam.co.za www.eldofam.co.za 09:00 EREDIENS (NAGMAAL) André Joubert 09:00 MINI-CHOMPS in die ARK 09:00

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie 22 Junie 2014 Uitgawe 20/2014 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf E-pos

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di Januarie 2018 1 Ma NUWEJAARSDAG 2 Di 3 Wo 4 Do 5 Vr Die Kerkjaar Die kerkjaar draai om 3 hoogte-punte nl. Paasfees, Pinksterfees en Kersfees. Die kerkjaar bestaan uit verskeie seisoene. Hierdie feeste

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 18 AUGUSTUS Deurkollekte Jeug SAKELYS : KERKRAAD

More information

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 29 MEI 2016 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Eugene H Peterson sê die mens is n skeppende mens (homo faber). Die mens gebruik instrumente vir sy voortbestaan. Die mense

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak) Ons stalletjie is op en Goudrif is reg vir die grootste Pizza pie braai wat SAWA nog gesien het! So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self

More information

Die Kandelaar 13 November 2016

Die Kandelaar 13 November 2016 Die Kandelaar 13 November 2016 NG Gem Universitas-Wes Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap #04/2016 Onrus Suidwes-Kaap 15-17 April 2016 1 Onrus, as jy die naam hoor is die eerste wat by jou opkom, Vrydagmiddag se verkeer daar by die Strand verby en dan die pas. Dit is soos om n turksvy af te

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

KWARTAAL INLIGTING 1/2017

KWARTAAL INLIGTING 1/2017 Baie welkom by NG Kerk Culembeeck! KWARTAAL INLIGTING 1/2017 Tel (Kantoor): 011 7691055/6 / 011 7691704 Leraar: Ds Yolandi Kok (079 354 7902) E-pos: kantoor@liveitchurch.com Webblad: www.liveitchurch.com

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan... Augustus 2017 Die Voorsitter van die Kerkraad NG Gemeente Geagte Dominee en Kerkraad Ondersteuning aan die Dowes: hoe kan hulle glo sonder om te hoor 136 Jaar gelede was die NG Kerk die stigter van die

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 5 Mei 2013 Jaargang 27 Nommer 15 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit: Filippense

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

Hartklop. Wees Lig! 24 JULIE van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE FAMILIEDIENS

Hartklop. Wees Lig! 24 JULIE van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE FAMILIEDIENS Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 24 JULIE 2016 Wees Lig! VANOGGEND SE FAMILIEDIENS DS ANTON DUVENHAGE (1 TIM 4:1-11) Hey Siri! - n frase wat mens vir die nuwe Iphone sê en dan begin die foon fisies

More information

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING KOPIEREG VOORBEHOU//COPYRIGHT RESERVED DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING SKOOL VIR DIE BOU-OMGEWING/SCHOOL OF THE BUILT ENVIRONMENT FAKULTEIT INGENIEURSWESE, BOU-OMGEWING EN INLIGTINGTEGNOLOGIE

More information

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca) Les 1 Oefeninge vir

More information

Baie welkom by NG Kerk SIONSRAND

Baie welkom by NG Kerk SIONSRAND Baie welkom by NG Kerk SIONSRAND Telefoon (Kerkkantoor): 041-360 4374 E-pos: sionsrand@absamail.co.za Webblad: http://sionsrandkerk.co.za/ FB: Sionsrand Kerk KERKKANTOOR-URE: Dinsdag & Woensdag - 10:00-12:00

More information

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit? Dienstye: Alberton LewenSentrum Eredienstye: Sondae 08:15 10:15 18:00 Kerkkantoor: 011 867 7244 Noodnr: 079 524 7945 E-pos: info@als.org.za Webtuiste: www.lewensentrum.org.za Bankbesonderhede: Alberton

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 29 Januarie 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 29 Januarie 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 29 Januarie 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 29 JANUARIE 4de Sondag ná Epifanie 09:00: Erediens:

More information

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017. NEWSLETTER Message from the Chairman Dear Colleagues I recently attended a luncheon where the Minister of Finance, Mr Calle Schlettwein, was our guest speaker. He presented a very optimistic view and stated

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans! Williston Garage As jy nog twyfel of jy op die regte pad is, is dit nou die tyd om vorentoe te begin kyk en die doel waarvoor jy geroep is, passievol in te hardloop en te begin DOEN! Jy het kosbare geleenthede

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited 14 November 2014 Disclaimer:

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die plek van jou tent

Die plek van jou tent Die plek van jou tent Ons is reeds by die halfpadmerk van die jaar. JUNIE MAAND die sesde maand. Die sesde letter in die Hebreeuse alfabet, is die letter VAV, ook gespel Waw! Die Hebreeuse woord vav/waw

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

GRACE ARTS. Vir alle raamwerk bekostigbaar Retha Wessels: / Krugerlaan 177 (na-ure beskikbaar)

GRACE ARTS. Vir alle raamwerk bekostigbaar Retha Wessels: / Krugerlaan 177 (na-ure beskikbaar) VERJAARSDAE 15 TOT 21 AUGUSTUS 2010 08/15 TINKIE NORTMANN 2DE STRAAT 11 Blok 1 08/15 TONY ENGELBRECHT HANS STRIJDOMLN 21 Blok 4 08/16 NOLANDI BOTHA MILKWOOD 18 Blok 4 08/16 APIE ERASMUS THEODORESTR 45

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 15 Januarie 2017 Jaargang 31 Nommer 02 ONS EREDIENSTE VANDAG GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za Oggenddiens: Die Woord word bedien deur Ds. Christo Swanepoel. Die Skriflesing is Samuel

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

Empathy Ouerhandleiding

Empathy Ouerhandleiding Empathy Ouerhandleiding www.itschools.co.za Inhoud Empathy gebruikershandleiding vir ouers 2016 Oorsig van Empathy... 1 Wat is Empathy?... 1 Hoe om boeke te bestel... 1 Aan die begin: Registrasie en aanteken...

More information

Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 14 AUGUSTUS 2016 Wees Lig! VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE (1 TIM 4:1-11) HARTLIK WELKOM Søren Aabye Kierkegaard (1813-1855) was n bekende Deense filosoof

More information

Waar vind ek n genadige God?

Waar vind ek n genadige God? Jaargang 18, Nr. 1 Mrt 2017 Kobus Sandenbergh Een van die vrae wat die wêreldgeskiedenis verander het, was Martin Luther se vraag: Waar vind ek n genadige God? In die Rooms-katolieke kerk van sy dag het

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 17 FEBRUARIE Verslae KR / Deurkollekte Jeug Groeigroepe

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep. Gustav se jarelange ervaring in die veld en sy passie vir voluit leef is sigbaar in sy werk. Die beginsels is getoets, verstaanbaar en gebalanseerd, en sal jou nader bring aan n lewe vol ware impak. Hettie

More information

Suidwes-Kaap. Ou Skip Oord Januarie 2016 Vrugtekamp. Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier.

Suidwes-Kaap. Ou Skip Oord Januarie 2016 Vrugtekamp. Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier. Suidwes-Kaap Ou Skip Oord 22 24 Januarie 2016 Vrugtekamp Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier Kamp verslag Saterdag Inbetaling, Spelletjies, Boekevat, saam braai

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

SONDAG, 17 JANUARIE In Ritme?

SONDAG, 17 JANUARIE In Ritme? Baie welkom by Trinitas! Ons sien onsself as 'n verloste familie van diensknegte wat gestuur is. Ontdek saam met ons wat dit vir jou en Vanderbijlpark beteken! OGGEND 09:00 SONDAG, 17 JANUARIE 2016 In

More information

Hartklop. Wees Lig! 4 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Hartklop. Wees Lig! 4 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 4 SEPTEMBER 2016 Wees Lig! VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE Matteus 15 en 16 (veral Matteus 16:1-4) HEMEL OP AARDE MET WONDERWERKE Wonderwerke, ons wonder

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 4 November 2018 Jaargang 36 Nommer 41 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit:

More information

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen... Mei maand is een van daardie maande in my lewe wat soveel vra! Ek maak reg vir n lang winter voor my (ek hou nie van koud kry nie), my Prinses verjaar (dit is n groot storie), my Pa verjaar (wat n voorreg

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE 7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI

NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI Tweede Uitgawe Oktober 2009 IN HIERDIE UITGAWE: Ons predikantspaar van 25 jaar Constantia Jeugnuus Die Lewende Bybel Vriendekring funksie Bid vir ons Sendelinge Houtbaai Kersopvoering

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

2016/17 N GETUIENIS VAN GOD SE GENADE MIEDERPARK GEMEENTE SENDING/GETUIENIS BEDIENING

2016/17 N GETUIENIS VAN GOD SE GENADE MIEDERPARK GEMEENTE SENDING/GETUIENIS BEDIENING 2016/17 N GETUIENIS VAN GOD SE GENADE MIEDERPARK GEMEENTE SENDING/GETUIENIS BEDIENING INDEKS Voorwoord Jerry Minny (Botswana) Bl. 1 Pieter Loots (Malawi) Bl. 2-3 Tim Van Aarde Bl. 4-5 Petro Zaayman (Hospitaalsending)

More information

Die Kandelaar 27 Januarie Sou jy vir Hannes wou skakel, sy selnommer is ROOIKERK-EREDIENSTE

Die Kandelaar 27 Januarie Sou jy vir Hannes wou skakel, sy selnommer is ROOIKERK-EREDIENSTE Die Kandelaar 27 Januarie 2019 Telefoon en faks: 051 522 2547 Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134 E-pos: Admin@nguniversitaswes.org.za

More information

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Inhoudsopgawe Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Week 1: Leer om die taal van liefde te praat... 9 Die Vyf tale van die liefde-profiel... 21 Week 2: Liefdestaal #1: Opbouende woorde... 27 Week 3:

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Maart 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Maart 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Maart 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 18 MAART Deurkollekte Jeug Oostelike Sinode vergader

More information

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico Voetspore Herfs uitgawe - 2017 In dié krag van die Heilige Gees Dr. Jorrie Potgieter Een ding wat ek in die meer as 25-jaar in die bediening geleer het, is dat mens nooit moet dink dat jy weet in watter

More information

wat is n Ma? Ma s het geld vir tamatiesous en seep en tannepaste en koffie en pap en bietjie geld vir swiets.

wat is n Ma? Ma s het geld vir tamatiesous en seep en tannepaste en koffie en pap en bietjie geld vir swiets. wat is n Ma? Ma s is baie mooi. Hille verf op hille gesigte. Ma s lees vir ons stories. Ma s sê altyd kinners is vuil en moet was en bad. Hulle maak groente vir kos. Ma s moet slim wees want ons juffrous

More information

Hartklop. Wees Lig! 20 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM. VANOGGEND SE DIENS (DR DAVID HARRISON) Gal 4:21-5:1

Hartklop. Wees Lig! 20 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM. VANOGGEND SE DIENS (DR DAVID HARRISON) Gal 4:21-5:1 Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 20 SEPTEMBER 2015 Wees Lig! VANOGGEND SE DIENS (DR DAVID HARRISON) Gal 4:21-5:1 Een van die merkwaardigste oomblikke in Jesus se bediening was toe Hy kindertjies

More information

NG KERK MIEDERPARK IEDERARK. Wat gebeur DV die volgende week.

NG KERK MIEDERPARK IEDERARK. Wat gebeur DV die volgende week. NG KERK MIEDERPARK IEDERARK Uitgawe 4/2013 3 Februarie 2013 Inhoud: Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093

More information

REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE

REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE Jaargang 16 - Uitgawe 31 12 Oktober 2018 REDAKSIONEEL Welkom by hierdie uitgawe... en by die laaste kwartaal met sy baie dinge! Ons fokus hierdie week op die volgende: Onder Sinodenuus is weer inligting

More information

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL c entre Number andidate Number Name www.xtremepapers.com MRIGE INTERNTIONL EXMINTIONS International General ertificate of Secondary Education FRIKNS S SEON LNGUGE Paper 2 Listening 0548/02 SPEIMEN [REVISE

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information