Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Size: px
Start display at page:

Download "Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur"

Transcription

1 Handleiding 12 Borgskapwerwing en -bestuur bestuur 1 GKSA - Borgskapwerwing Borgsk en bestuur

2 12.11 INLEIDING Borge stel daarin belang om ʼn kerk te ondersteun en terselfdertyd hulle besigheid, op een of ander manier, te bevorder. ʼn Borgskapgeleentheid moet dus die grootste moontlike bemarkingsblootstelling vir hulle bemarkingsbegroting bied wat as ʼn besigheidkoste afgeskryf word. Borge word dus nie vir skenkings gevra nie, maar om in ʼn bemarkingsgeleentheid te belê. Sodra die kerk borge gewerf het, is dit belangrik om met hierdie belanghebbendes in kontak te bly en die borgskappe te bestuur. 2

3 12.2 BORGSKAPWERWING Riglyne vir die werwing van borge Daar is vele plaaslike besighede wat bereid is om te help mens moet hulle net vra! Die kerk kan die volgende stappe volg om ʼn borg te werf. Onthou dat ʼn borgskappakket as ʼn verkoopsinstrument gebruik moet word en moet daarom aanloklik wees, met ander woorde die waardes (handelsmerk) van die kerk weerspieël. Stap 1 Definieer die kerk se doelwitte en maak hulle meetbaar: meetbaar Wat wil die kerk bereik? Beraam ʼn begin- en einddatum asook ʼn manier om doeltreffendheid te meet. As ʼn potensiële borg besluit om ʼn bydrae tot die kerk te maak, sal die borg die kerk beter wil leer ken en op grond van hierdie kennis, kennis, sal die borg besluit of hulle met die kerk betrokke en/of geassosieer wil word. Stap 2 Ken die getalle! Weet hoeveel hoev mense die program dalk mag beïnvloed. Byvoorbeeld: Weet hoeveel lidmat idmate, hoeveel predikante en vrywilligers bereik kan word. Moenie die getalle opblaas nie; hou dit realisties. ʼn Borg org sal sekere voordele verwag wat borgpublisiteit insluit en moet oor die geraamde hoeveelheid publisiteit ingelig word. Byvoorbeeld: As A die kerk ʼn webwerf het, voorsien oorsien hulle met die aantal webwerfbesoekers van die kerk. Verskaf die borg met ʼn gedetailleerde uiteensetting van borgvoordele /-erkenning. / Voorbeeld (in Engels): Title Sponsorship Investment: 6 R GKSA - Borgskappwerwing en -bestuur

4 Recognition & Benefits Titling > Category Exclusivity > Status as Title sponsor and listed as title sponsor in all paid and in-kind print, radio and digital media advertisements, as well as all collateral material > Recognised as follows: Title Sponsor (logo, next to even name/logo) Hospitality > 2 Platinum tickets > 4 Gold tickets > 8 Regular tickets > President & CEO afforded opportunity to address audience at VIP Receptions > Exclusive, 2-week presale period to promote and sell tickets to sponsor s employees, clients and prospects Stap 3 Bepaal wie is reeds by die kerk betrokke. Kyk rond in die plaaslike gemeenskap vir iemand wat reeds ʼn goeie gemeenskap vennoot-borg is. Gee hulle die vergunning en stel hulle in staat om deel te neem. Kyk na besighede wat nuut in die dorp is, en ʼn indruk wil maak. Gebaseer op die getalle, dink aan watter besighede daardie tipe van volume kan hanteer. Stap 4 Maak seker dat die besighede wat genader word, die relevante getalle sal kan hanteer. Soek besighede wat met die gehoor verband hou (die verskillende belanghebbendes van die kerk), soos ʼn boekwinkel wat boeke verkoop wat die kerk graag sou lees. Stap 5 Hou in gedagte tydens die ontwikkeling van die aanbod hoe die vennoot sal kan baat, behalwe om net ʼn goeie korporatiewe burger te wees. Bepaal wat hulle uit die verhouding wil hê. Die borgskapvlakke behoort beduidende verskille te toon sodat die beste opsie vir die besigheid voor die hand liggend sal wees - hulle is dan in staat 7

5 om duidelik en vinnig te identifiseer wat vir hulle van waarde sal wees, maar slegs as dit maklik is om die waarde te sien. Stap 6 Moet nie verwag dat alle potensiële borge op die trein gaan spring, sonder ʼn oproep om die transaksie te beklink nie. Kies die beste vrywilligers en kontak elkeen van hulle. Dink daaraan as skenkerprospektering (wat dit baie wel in die toekoms kan word) en ontwikkel ʼn lys van moontlike borge, op lidmaatverbindings gebaseer. Bepaal dan hoeveel hulle waarskynlik sou borg en vra vir daardie vlak van borgskap. Kontak die besighede, lei met die feite en wys die verskil wat hulle in hul eie agterplaas kan maak en stel ʼn sperdatum vir die maak van ʼn besluit. Stap 7 Erken, bedank en sluit die vennote by alle korrespondensie in. Hou hulle op hoogte van die vordering asook die resultate, deur middel van gereelde telefoonoproepe of persoonlike besoeke. Hoe meer aandeel die vennote in die program het, hoe beter is die kans op sukses Die dryfveer vir borge ʼn Besigheid se motivering om die kerk te borg sal bepaal hoe hulle benader moet word. Daar is vele besigheidsvoordele vir borgskap, maar die volgende is die mees algemene: 1. Toenemende handelsmerklojaliteit: Die handelsmerk verdien vertroue en lojaliteit van mense wat meer besigheid en verspreiding van die handelsmerknaam waarborg. 2. Handelsmerkonderskeid: Daar word makliker onderskeid tussen verskeie handelsmerke getref en ʼn spesifieke handelsmerk se naam begin moontlik uitstyg. 3. Verandering of versterking van handelsmerkbeeld: Die beeld van ʼn handelsmerk is alles. ʼn Goeie beeld verseker ʼn goeie handelsmerk. 8

6 4. Skepping van besigheids- of produkbewustheid en -sigbaarheid: borgskappe gaan met produkbewustheid gepaard deurdat handelsmerke se name gereeld verskyn. 5. Dit beklemtoon gemeenskapsverantwoordelikheid of korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid. 6. Dit bou van nuwe en meer insiggewende of dieper netwerke. 7. Dit verbeter die besigheid se geloofwaardigheid en die opvoeding van die publiek oor die produk en dienste. 8. Die publiek kry die geleentheid om ʼn nuwe monster of produk te hê of die demonstrasie van ʼn produk of diens te sien. 9. Dit teiken ʼn nismark. 10. Dit werf, behou en motiveer werknemers. 11. Dit bevorder talent en gee werknemers die geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer. 9

7 12.3 BORGSKAPBESTUUR BORGSKAP STUUR Sodra die gemeente borge het om hulle te ondersteun, moet die nodige stappe geneem word om hulle te behou hou en aan hulle behoeftes tes te voldoen. Om borge te bestuur vereis die neem van verantwoordelikheid en hulle oor die lewering van resultate gerus te stel. Bestuur borge deur te fokus op: - verantwoordelikheid; - gerusstelling; en - resultate Neem verantwoordelikheid Maak seker dat die borg van die kerk se doelwitte bewus is en elke doelwit duidelik verstaan. Laat die borg van die staanspoor presies weet wat die kerk nodig het, het en wat om in ruil daarvoor, te verwag. Die neem van inisiatief speel ʼn belangrike rol in die bevrediging van die borg. Probeer die volgende sin voltooi (in (i Engels): 6 GKSA - Borgskappwerwing en -bestuur

8 Stel gerus Borge raak bekommerd. Hulle bekommer hulle oor die syfers, die bevrediging van hul base, die verbetering van gehaltediens, die kry van die regte mense en om uit die moeilikheid te bly. Wys borge ʼn begrip van hulle besigheid, maak duidelike kontrakte oor die bydrae wat hulle kan verwag, hou hulle op hoogte en lewer vroeë suksesse. Borge hou nie van enige verrassings nie, so bestuur hul verwagtinge. Wees eerlik, veral wanneer daar moontlike krisisse in die gesig gestaar word. Wys dat moontlike maniere vorentoe oorweeg word, die onderskeie gevolge en, waar toepaslik, maak aanbevelings. Probeer die volgende sin voltooi (in Engels): Lewer resultate Borge oordeel volgens die resultate gelewer. Dit vereis drie dinge: Eerstens, wees kristalhelder oor wat gelewer moet word; tweedens, verseker die besmoontlike omstandighede vir die bevordering van die borg se produk; en gaan daardie ekstra myl. Probeer om aan borge se behoeftes te voldoen, hulle sal uitstekende diens in die toekoms onthou. Deur hierdie stappe te neem, sal borge geskep en behou word. 10

9 Probeer om die volgende sinne te voltooi (in Engels): Hou die volgende in gedagte tydens die beplanning van borgskapaktiwiteite a. Waar is borgskap gepas? Borgskap werk die beste en is mees gepas vir spesiale geleenthede waar aansienlike koste eksterne befondsing benodig en is vêr genoeg van die kern van die erediens verwyder dat dit nie die boodskap sal teenstaan nie. Oorweeg wanneer ʼn korporatiewe borg aanstoot sal gee en wanneer dit aanvaar sal word. b. Wie word verteenwoordig? Dit is taamlik seker dat dit nie ʼn slim idee is om ʼn drankwinkel of ʼn sigaretvervaardiger te nader om die bediening te borg nie. Wanneer borgskapteikens vernou word, doen ʼn deeglike agtergrondsoektog op die organisasie se produk of dienste, die besigheidsfilosofie en die onlangse betrokkenheid by die gemeenskap. Onthou, die primêre doel van die geleentheid is om God te verheerlik. Die keuse van die verkeerde borg kan hierdie doelwit verhinder en skade aan die reputasie van die bediening doen. c. Stel ʼn borgskappakket saam Die opstel van ʼn borgskappakket wat duidelik die besonderhede van die geleentheid en die gepaardgaande borgskapgeleenthede uiteensit, is ʼn kritieke deel van die borgproses. 11

10 Die borgskappakket moet die volgende insluit: Borgskappryse ʼn Aantal veranderlikes beïnvloed die opstel van borgskappryse. Borgskappryse kan deur die prys of vlak (byvoorbeeld: goud, silwer of platinum); behoefte (byvoorbeeld: kos of drank); sessie (d.w.s. hoofspreker of konsert, ens.) of na gelang van ander kriteria bepaal word. Die voorstel moet die koste en behoeftes van die geleentheid weerspieël, waarvolgens die pryse bepaal kan word. Gebeurtenis- of deelnemerbeskrywing Daar is ʼn groter kans om ʼn kwaliteit borg vas te maak as die doel van die gebeurtenis en die teikenmark met dié van die borg en sy handelsmerkidentiteit ooreenstem. Stel die doel van die gebeurtenis duidelik uiteen. Byvoorbeeld: ʼn grimeringverskaffer kan die ideale borg vir ʼn damestee wees. As die tema ʼn gesondheidsverwante onderwerp is, soos diabetes- of kankervoorkoming, kan die plaaslike apteek of dokter se kantoor dalk in ʼn vennootskap belangstel. Sigbaarheid Terwyl die bereik van die deelnemers van die gebeurtenis die hoofprioriteit vir borge is, verlang besighede ook sigbaarheid vooraf, gedurende en na die gebeurtenis. Wees duidelik oor die mate van sigbaarheid die gebeurtenis die borg sal bied. Uithangborde van die gebeurtenisplek (gewoonlik in hoësigbaarheidgebiede geplaas), aanbring van die logo op die bemarkingsmateriaal, webbanieradvertensies, geleenthede om promosie-items te versprei en ʼn persverklaring wat die borg se deelname aan die gebeurtenis aankondig, is almal standaard maniere om borge sigbaarheid te gee. Dit is goed om die borgskappakket as gids te gebruik, maar wees altyd bereid om kreatiewe denke aan die dag te lê Korttermynbesigheidsvennoot Maak seker om die borg op hoogte van veranderinge aan die geleentheid te hou. ʼn Borg is in wese ʼn korttermynbesigheidsvennoot en het ʼn gevestigde belang in die sukses van die geleentheid. Dit is net ʼn paar wenke om in gedagte te hou wanneer ʼn borg vir die volgende bedieningsgebeurtenis gekies word. Soos belangstelling in Christelike verbruikers steeds momentum kry, moenie bang wees om ʼn plaaslike of nasionale korporasie te nader vir die borg van die opkomende geleentheid nie - solank dit gepas vir die kerk en die gebeurtenis is. 12

11 12.5 SAMEVATTING Om borge vir die kerk te kry en steeds die regte boodskappe aan die verskillende belangegroepe van die kerk te stuur, kan ʼn uitdaging wees. Die situasie moet versigtig hanteer word. Dit is nie altyd moontlik om almal gelukkig te hou nie, maar wys borge en lidmate dat hierdie borge tot die voordeel van al die lede en die gemeenskap sal wees. 10

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

Empathy Ouerhandleiding

Empathy Ouerhandleiding Empathy Ouerhandleiding www.itschools.co.za Inhoud Empathy gebruikershandleiding vir ouers 2016 Oorsig van Empathy... 1 Wat is Empathy?... 1 Hoe om boeke te bestel... 1 Aan die begin: Registrasie en aanteken...

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited 14 November 2014 Disclaimer:

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie MIDDELMISBRUIK SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie Beskikbaarheid van skadelike middels Trauma en stres

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Besprekingsvrae vir selgroepe

Besprekingsvrae vir selgroepe Besprekingsvrae vir selgroepe Week 1 : Egte God INLEIDING God is die bron, die oorsprong van liefde, daarom lei elke opregte soeke na liefde in die hart van n mens altyd weer terug na God. Maar dis nie

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

finansiële oplossings vir besigheidseienaars Maak die verskil deur diensvoortreflikheid

finansiële oplossings vir besigheidseienaars Maak die verskil deur diensvoortreflikheid finansiële oplossings vir besigheidseienaars Maak die verskil deur diensvoortreflikheid n Versameling van artikels geskryf deur Jannie Rossouw, Hoof: Sanlam Besigheidsmark Inhoud 02 04 06 08 10 Hoe om

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Die Bybel is werklik n merkwaardige stel boeke. Dit be vat so baie: so baie verhale, so baie karakters, so baie emo sies, so baie gebeure, so baie

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie... INHOUDSOPGAWE Inleiding... 9 Gesprek 1: Oor die groter prent... 17 Gesprek 2: Oor haar vriende... 37 Gesprek 3: Oor haar akademie... 54 Gesprek 4: Oor haar lyf... 71 Gesprek 5: Oor haar geloof... 86 Gesprek

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25019 1 Kleursimboliek * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 8 3 PERSOONLIKE

More information

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017 Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017 Tritech is n opwindende kompetisie om leerders te bemagtig sodat hulle: Ingeligte studente sal wees wat goed toegerus is vir tersiêre opleiding Wetenskaplike

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Perspective Training College Plek: Potchefstroom Datum: 25 28 Oktober 2017 Tyd: Elke dag van 08:00 16:00 Plek: Paarl Datum: 22 25 November 2017

More information

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span My liewe vriend, jy doen regtig wat ʼn gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het,

More information

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING KOPIEREG VOORBEHOU//COPYRIGHT RESERVED DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING SKOOL VIR DIE BOU-OMGEWING/SCHOOL OF THE BUILT ENVIRONMENT FAKULTEIT INGENIEURSWESE, BOU-OMGEWING EN INLIGTINGTEGNOLOGIE

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep. Gustav se jarelange ervaring in die veld en sy passie vir voluit leef is sigbaar in sy werk. Die beginsels is getoets, verstaanbaar en gebalanseerd, en sal jou nader bring aan n lewe vol ware impak. Hettie

More information

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING Help Seniors SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING Deur: Syd Eckley Inleiding Vir die eerste keer in die mensdom se geskiedenis bevind drie tot vier generasies hulleself saam op aarde. Meer mense

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is in die Here. Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017. NEWSLETTER Message from the Chairman Dear Colleagues I recently attended a luncheon where the Minister of Finance, Mr Calle Schlettwein, was our guest speaker. He presented a very optimistic view and stated

More information

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25 Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25 A. Kom ons deel eers ʼn paar praktiese wenke met mekaar wat ons kan help om na God se stem in Sy Woord te

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Inhoudsopgawe Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Week 1: Leer om die taal van liefde te praat... 9 Die Vyf tale van die liefde-profiel... 21 Week 2: Liefdestaal #1: Opbouende woorde... 27 Week 3:

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

ALFABET VAN DIE HUWELIK

ALFABET VAN DIE HUWELIK ALFABET VAN DIE HUWELIK Aanvaarding Aanvaar mekaar vir wie julle is. Moet nie jou maat probeer beitel tot die perfekte huweliksmaat nie. Bederf As julle lief is vir mekaar sal julle mekaar altyd bederf.

More information

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca) Les 1 Oefeninge vir

More information

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE 7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week

More information

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE 1. Agtergrond: Suid-Afrikaanse boere het hul eie families tradisioneel op plase begrawe enplaaswerkers en hul gesinne is ook dikwels op die plaas begrawe. Daar bestaan sterk

More information

LEWENSORIëNTERING GRAAD 12 KLASNOTAS

LEWENSORIëNTERING GRAAD 12 KLASNOTAS LEWENSORIëNTERING GRAAD 12 KLASNOTAS Kwartaal 1 1 WEEK 1-5 Hoofstuk 1:Ontwikkeling van die self in die samelewing 1. Lewensvaardigheid wat nodig is om aan tepas by verandering as deel van n gesonde leefstyl

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13 Inhoud Bladsy Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13 IV. BOU JOU HUWELIK 18 Welkom! Baie welkom by die dooptoerusting.

More information

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

More information

To love without knowing how to love wounds the person we love.

To love without knowing how to love wounds the person we love. To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein

More information

PULA IMVULA. Daar is n ou Afrika spreekwoord wat. van passie, doelwitte & vordering. November Groei saam. Van mentees tot wenners

PULA IMVULA. Daar is n ou Afrika spreekwoord wat. van passie, doelwitte & vordering. November Groei saam. Van mentees tot wenners PULA IMVULA >> GROWING FOOD >> GROWING PEOPLE >> GROWING PROSPERITY >> November 2018 Die viering van passie, doelwitte & vordering Daar is n ou Afrika spreekwoord wat sê dat om iets self te sien, anders

More information

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan... Augustus 2017 Die Voorsitter van die Kerkraad NG Gemeente Geagte Dominee en Kerkraad Ondersteuning aan die Dowes: hoe kan hulle glo sonder om te hoor 136 Jaar gelede was die NG Kerk die stigter van die

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 17 FEBRUARIE Verslae KR / Deurkollekte Jeug Groeigroepe

More information

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3 er en Ti ie ud st el yb B al na er jo as el de n va al ia er at gm l vo op r vi e in ag m #i ce en ri pe ex CREDO ONS IS DIE IMAGINE GENERASIE ONS GLO IN MÔRE, WANT JESUS MAAK NUUT ONS DROOM VAN VREDE,

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Ontmoeting met NG Kerk-Ringe, Oos-Kaap, Julie en Augustus Hoe kan die Kerk 'n rol speel in die onderwys?

Ontmoeting met NG Kerk-Ringe, Oos-Kaap, Julie en Augustus Hoe kan die Kerk 'n rol speel in die onderwys? 1. Inleiding Ontmoeting met NG Kerk-Ringe, Oos-Kaap, Julie en Augustus 2013 Hoe kan die Kerk 'n rol speel in die onderwys? Dr Johann McFarlane Die gesprek vind plaas binne die aanname dat die onderwys

More information

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen? Boodskap aan die Algemene Diensgroep Gemeente-ontwikkeling Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen? Deur Neels Jackson 21 Oktober 2008 Goeienaand en dankie

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ). Kyk ook: - Die NG Kerk en homoseksualiteit - NGK gemeentes teen gaybesluit - Gay besluit vir eers gestuit - Laat NG kerkrade oor gays besluit - Opbou tot NGK homoseksuele besluit van 2015 - NG teologiese

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks: PUTKOS 30 Junie 2015 Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, 6229 Tel: 041 922 7179 Faks: 086 682 5649 www.uitenhageoos.co.za skriba@uitenhageoos.co.za Versorg en toegerus om strome lewende water te

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit? Dienstye: Alberton LewenSentrum Eredienstye: Sondae 08:15 10:15 18:00 Kerkkantoor: 011 867 7244 Noodnr: 079 524 7945 E-pos: info@als.org.za Webtuiste: www.lewensentrum.org.za Bankbesonderhede: Alberton

More information

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef DEEL 1 Vreugde is my erfdeel Weet dat jy vreugdevol mag leef Jy is in die span! Jy het n beurs gekry! Ons wil jou graag aanstel! Sal jy met my trou? Mooi so! Jy het die transaksie beklink. Jy het so pas

More information

PULA IMVULA. Landboukontrakteurs. Kontrakwerk is besig om meer en meer. wat jy nodig het om te weet. Lees Binne: oktober 2014

PULA IMVULA. Landboukontrakteurs. Kontrakwerk is besig om meer en meer. wat jy nodig het om te weet. Lees Binne: oktober 2014 PULA IMVULA >> GROWING FOOD >> GROWING PEOPLE >> GROWING PROSPERITY >> oktober 2014 Landboukontrakteurs wat jy nodig het om te weet 04 Graan SA tydskrif vir ontwikkelende boere Lees Binne: Is jy n leier

More information

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon. 1.Hierdie skou sal volgens die reëls van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kouvoëlvereniging aangebied word. Alle reëls deur die organiserende liggame neergelê, sal deur die deelnemers nagekom word. 2.Inskrywingsfooi:

More information

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS: In n Seisoen van Gebed Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: 012 654 6904 FAKS: 086 598 3922 bedien@eldofam.co.za www.eldofam.co.za 09:00 EREDIENS (NAGMAAL) André Joubert 09:00 MINI-CHOMPS in die ARK 09:00

More information

Die kerk van die Woord

Die kerk van die Woord P B Boshoff Universiteit van Pretoria Tydelike dosent: Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap (Md A) Abstract The church proclaiming the Word The theme of the church is treated from the perspective of

More information

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN 1 FAITHSTORY PUBLISHING 1 Tarentaal Weg, Mooivallei Park, Potchefstroom, 2531 Alle regte voorbehou. Gedruk vir die eksklusiewe gebruik deur Every Nation Faith City. Geskep en gepubliseer onder die lisensie

More information

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016 LAERSKOOL ROODEKRANS BELEID TEN OPSIGTE VAN TOEKENNINGS BUITE-SKOOLVERBAND VIR UITSONDERLIKE PRESTASIE Beleid hersien: Me. T J van Rensburg Datum: 29 September 2016 Gekontroleer: Mnr. M Swanepoel Datum:

More information