'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Size: px
Start display at page:

Download "'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 )."

Transcription

1 Kyk ook: - Die NG Kerk en homoseksualiteit - NGK gemeentes teen gaybesluit - Gay besluit vir eers gestuit - Laat NG kerkrade oor gays besluit - Opbou tot NGK homoseksuele besluit van NG teologiese skole pro-gay - Emosionele manipulasie by die sinode NGK besluit oor homoseksualiteit NGK besluit oor homoseksualiteit Hervormde Kerk homoseksuele besluit - Kan ons beweerde Christen gays veroordeel? - Die Bybel oor homoseksualiteit Die NG Kerk se Algemene Sinode het op Vrydag 9 Oktober 2015 hierdie skokkende besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem en 'n net so skokkende pastorale brief uitgereik. Daarna het Dirkie van der Spuy, wat 'n mens gedink het behoudend is, 'n baie verdraagsame houding ingeneem teenoor hierdie besluit, terwyl die kerkraad van Moreletapark hulle sterk gedistansieer het van hierdie besluit. 1. Die besluit 2. Pastorale brief 3. Video 'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ). Kommentaar verskyn in [rooibruin blokhakies]. ************** 1 / 7

2 1. Besluit Die Algemene Sinode het op Vrydag 9 Oktober soos volg besluit: Stemming: Ja: 114 / Nee: 63 1 Die Algemene Sinode herbevestig die gelykwaardigheid van alle mense ongeag seksuele oriëntasie en verbind haarself tot die handhawing van die menswaardigheid van alle mense. 2 Die Algemene Sinode verklaar dat hetero- en homoseksuele persone wat in ʼn verhouding van persoonlike geloofsgehoorsaamheid aan die Here leef, ten volle kan deelneem aan al die voorregte van die kerk as verbondsgemeenskap. [Volgens 1 Korintiërs 6:9-10 lyk dit nie vir my of 'n persoon wat in 'n homoseksuele staan in geloofsgehoorsaamheid aan die Here kan leef nie.] 3 Die Algemene Sinode herbevestig die besluite oor die huwelik van 2004, 2007 en 2013 dat slegs die verbintenis van een man en een vrou as ʼn huwelik beskou word. 4 Die Algemene Sinode besluit om in die lig van pt 1 hierbo erkenning te gee aan die status van burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag wat gekenmerk word deur liefde en trou, en maak voorsiening dat hierdie verbintenisse deur predikante wat hulle weg oopsien, bevestig kan word. 5 Dieselfde Christelik-etiese standaarde (leer en lewe) geld vir die legitimasie van ordening van alle persone. Punt 7 van die besluit van 2007 verval. [Dus kan predikante nou in homoseksuele huwelike staan.] 6 Die Algemene Sinode erken die diversiteit van beskouinge oor selfdegeslagverbintenisse binne die NG Kerk en bevestig die reg van kerkrade om hieroor hulle eie standpunte en praktyke te formuleer en te reël. 2 / 7

3 7 Die Algemene Sinode bevestig die diskresie van kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes te hanteer en versoek hulle om dit in ʼn gees van Christlike liefde te doen. 8 Die Algemene Sinode bied hierdie besluite oor selfdegeslagverhoudings aan met nederigheid na ʼn ernstige soektog en as die beste toepassing van die boodskap van die Bybel soos ons dit tans verstaan. Die Algemene Sinode versoek lidmate, gemeentes en kerkvergaderings om weereens op ʼn selfstandige soekproses na die toepassing van die boodskap van die Bybel hieroor te gaan. In die soektog kan studiestukke van die Algemene Sinode van 2007, 2011, 2013 en 2015 ernstig gelees word. In ooreenstemming met die NGB Art 2 behoort die besondere en algemene openbaring gebruik te word, dws die beste huidige menswetenskaplike bevindings. [NGB Art 2 gaan oor "Die middele waardeur ons God ken". Hierdie besluit is dus gegrond op die aanname dat dit wetenskaplike bewys is dat 'n mens homoseksueel gebore word (God se skepping). Eerstens is dit baie ver van die waarheid af - kyk Nuutste wetenskaplike navorsing oor homoseksualiteit. Tweedens leer ons God eerstens ken deur die Bybel en slegs aanvullend deur Sy skepping indien dit nie teenstrydig is met die Woord nie. Wat het van sola scriptura geword? Miskien moet NGB Art 29 meer aandag verdien...] 9 Die Algemene Sinode besluit om ʼn Christelik-Bybels-etiese model oor die seksualiteit vir alle mense te ontwikkel om gemeentes te begelei in die lig van die voorafgaande besluite. Hierdie saak word ook verwys na die Projekspan vir Leer en Aktuele Sake, wat reeds ʼn soortgelyke opdrag in A p 172 punt 7.4 ontvang het. ["Christelik-Bybels-etiese model" en "homoseksuele verhouding" staan direk teenstrydig. 'n Mens kan nie die twee begrippe versoen nie.] 10 Die Algemene Sinode besluit om ʼn bevatlike oorsig van die NG Kerk se reis met homoseksualiteit saam te stel en te versprei om gemeenteleiers te bemagtig in die begeleiding van gemeentes oor hierdie saak. VOORSTELLER en SEKONDANTE 3 / 7

4 André Bartlett, Chris van Wyk, Monty Sahd ( Johann Ernst se naam was aanvanklik een van die sekondante, maar dit was blykbaar 'n fout. Kyk Gay besluit moontlik gestuit en Gay besluit vir eers gestuit.) Die Algemene Sinode het verder besluit: 1 Vanuit ons verbintenis tot die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid sê ons as Algemene Sinode opreg jammer vir mense wat seergekry het en wie se waardigheid aangestas is weens enige homofobiese taal, gedrag of gesindheid van die kant van die kerk, ook tydens hierdie vergadering. 2 Die Algemene Sinode weerhou haarself voortaan van enige homofobiese taal, gedrag en gesindheid juis vanweë ons verbintenis aan die Seisoen van Menswaardigheid, en ook vanuit ʼn diepe oortuiging van die diskriminerende aard van sodanige taal, gedrag en gesindheid as gevolg daarvan. Die Algemene Sinode het verder besluit: 1 Die Algemene Sinode dra dit aan die Algemene Steunspan Regte op om die kerkregtelike- en regsimplikasies van enige besluit(e) insake selfdegeslagverhoudings te ondersoek met verslag en aanbeveling aan die Algemene Sinodale Moderamen. 2 Die Algemene Sinode neem kennis dat volgens die Civil Union Act (Wet 17 van 2006) vereis word dat denominasies skriftelik by die Minister moet aansoek doen om toestemming te verkry om selfdegeslagverbintenisse te voltrek (vergelyk Klousule 5 wat soos volg lees: Designation of ministers of religion and other persons attached to religious denomination or organisation as marriage officers: (1) Any religious denomination or organisation may apply in writing to the Minister to be designated as a religious organisation that may solemnise marriages in terms of this Act). 4 / 7

5 Die Algemene Sinode het verder besluit: 1 Die Sinode van Namibië versoek die Algemene Sinode om kennis te neem dat pt 4 in die goedgekeurde voorstel wat soos volg lees erkenning te gee aan die status van burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag, in stryd is met die landswette van Namibië. 2 Die Algemene Sinode keur goed dat hierdie pt 4 oor selfdegeslagverhoudinge nie afdwingbaar is op die Sinode van Namibië nie. 2. Pastorale brief Op 10 Oktober 2015 het die sinode die volgende brief vrygestel: PASTORALE BRIEF N.A.V. DIE 2015 ALGEMENE SINODE Geliefdes in die Here Jesus Christus, Ons neem vrymoedigheid om aan u te skrywe oor die besluit wat die Algemene Sinode hierdie week oor selfdegeslagverhoudings geneem het. Hierdie vrymoedigheid spruit uit ons diep verbondenheid aan mekaar as mense wat Jesus as die Here bely. Dit is nie in die eerste plek die wêreld se media se taak om u in te lig oor ons besluit nie, maar dit is ons as familie se verantwoordelikheid om met u hieroor te praat. Dit is nie die eerste keer dat ons as kerk hieroor moes standpunt inneem nie. In 2007, 2011 en 2013 is daar besluite geneem wat ons al voorheen met u gekommunikeer het. Ons was genoodsaak om weer oor die saak na te dink. Soos die vorige kere was dit vir ons moeilik. Met oop Bybels en biddende harte het ons as gelowiges saam na die wil van die Here gesoek. [Hier die is 'n blatante leuen, om die minste te sê.] Dit is al wat saakgemaak het. Die probleem is net dat ons, soos die kerk wêreldwyd, as gelowiges van mekaar verskil oor wat die wil van die Here in hierdie saak sou wees. Juis 5 / 7

6 daarom het ons moeite gedoen om in liefde met mekaar te praat oor hoe ons die wil van die Here hoor en verstaan in hierdie komplekse wêreld waarin ons leef. Daar was n sterk gevoel dat verdere studie nodig is, maar uiteindelik het die sinode besluit dat ons nie kan bekostig om niks te sê nie. Om net stil te bly, sou te veel sê. Ons bied hierdie besluit met nederigheid aan as n besluit wat steeds aan voortgaande besinning onderworpe is. Ons vra ook mooi dat u die besluit in sy geheel sal verstaan. U sal opmerk dat die besluit die ruimte ooplaat vir kerkrade om na gelang van hulle eie oortuiging en omstandighede te handel, dat daar voortgaande navorsing gedoen sal word, maar dat daar ook bepaalde besluite geneem is waaraan gevolg gegee gaan word. Vanselfsprekend binne die raamwerk van die liefde. Ons het die volledige besluit so wyd as moontlik bekend gemaak (en heg dit ook hier onder aan). Die volgende punte is veral belangrik: Die Algemene Sinode het verklaar dat beide hetero- en homoseksuele lidmate ten volle aan al die voorregte van die kerk kan deelneem. Dit sluit in dat dieselfde Christelik-etiese standaarde vir alle persone geld wanneer dit by legitimasie en ordening kom die Algemene Sinode maak geen onderskeid tussen persone nie. Ons bevestig ons standpunt dat slegs die verbintenis van een man en een vrou as n huwelik beskou word, maar gee ook erkenning aan burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag wat gekenmerk word deur liefde en trou - en maak voorsiening dat hierdie verbintenisse deur predikante wat hulle weg oopsien, bevestig kan word. Omdat ons die diversiteit van beskouinge in die kerk erken, gee ons die reg aan kerkrade om hieroor hulle eie standpunte en praktyke te formuleer en te reël. Hierdie is n besluit wat ruimte wil maak, wat gemeentes wil toelaat om vanuit oortuiging en nie onder dwang nie na God se wil te soek. Ons as Algemene Sinode onderneem om in die tyd wat kom alle regsimplikasies, byvoorbeeld rondom burgerlike verbintenisse, te ondersoek en inligting aan sinodes en kerkrade beskikbaar te maak. Ons onderneem verder om materiaal te ontwikkel waarmee ons lidmate en gemeentes kan begelei, maar ons versoek alle lidmate, gemeentes en kerkvergaderings om ook selfstandig te gaan soek na die toepassing van die boodskap van die Bybel in hierdie verband. 6 / 7

7 Die sinode het ook talle ander besluite geneem. Ons het onder meer besin oor die gestuurdheid van ons kerk na die wêreld. Ons getuienis oor Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker is beklemtoon. Jeugbediening was n belangrike fokus van die vergadering. Ons het ook goed nagedink oor die kerklike media, die praktyk georiënteerdheid en toeganklikheid van teologiese opleiding, armoede, kerkeenheid en maatskaplike geregtigheid. Oor hierdie en nog veel meer sake is die leiding van die Here gesoek. Die kerk is vir ons n veilige ruimte waarbinne ons eerlik met mekaar kan praat en waar ons onsself voortdurend afvra wat vir die Here aanneemlik is (Ef. 5:10). Dit is ons behoud. Dankie dat ons as lidmate van die NG Kerk die pad lojaal-krities saam kan aanpak. Ons het mekaar meer as ooit tevore nodig. Laat ons steeds aan mekaar en bo alles aan Christus vashou. Groete van julle broers in Christus Nelis Janse van Rensburg en Dirkie van der Spuy Moderator en assessor van die Algemene Sinode van die NG Kerk 3. Video In die volgende video lewer die moderator, Nelis Janse van Rensburg en die assessor, Dirkie van der Spuy, kommentaar op besluit oor selfdegeslagverhoudinge: Algemene Sinode 2015 Selfdegeslagverhoudings Dit is jammer dat Dirkie van der Spuy hierdie akkomoderende houding inneem oor homoseksualiteit. 'n Mens het gedink hy is behoudend. 7 / 7

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk: Kyk ook: - 2015 NGK homoseksuele besluit - 'n Missionale Kerk? (Jan Louw) - Die missionale kerk-gedagte sit die pot mis Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING 1 2 Skrifgebruik en Skrifbeskouing in die NG Kerk Inleiding Die Bybel neem in die NG Kerk as gereformeerde kerk ʼn baie belangrike plek in. Toe ons oor ons gereformeerde

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. 2 HOE STERK IS JOU GELOOF. Hoofstuk 1 Leer die waarheid ken van

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

Die enigste afleiding wat sin maak, is dat die homoseksuele kwessie nie vir Stephan so belangrik is nie.

Die enigste afleiding wat sin maak, is dat die homoseksuele kwessie nie vir Stephan so belangrik is nie. Kyk ook: - Wie is Stephan Joubert? - 2016 NGK homoseksuele besluit - Die NG Kerk en homoseksualiteit - Die Bybel oor homoseksualiteit In die volgende artikel kritiseer Stephan die manier hoe leerstellige

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

OKTOBER 2016 Die Kandelaar Bls. 1

OKTOBER 2016 Die Kandelaar Bls. 1 OKTOBER 2016 Die Kandelaar Bls. 1 N WONDERLIKE SMS Ek lees graag die SMS-rubriek in Beeld omdat dit soveel weerspieël van ons mense se waardes en denke. Ek verbaas my veral oor al die stommiteite wat mense

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

Besprekingsvrae vir selgroepe

Besprekingsvrae vir selgroepe Besprekingsvrae vir selgroepe Week 1 : Egte God INLEIDING God is die bron, die oorsprong van liefde, daarom lei elke opregte soeke na liefde in die hart van n mens altyd weer terug na God. Maar dis nie

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

HANDELINGE ELFDE VERGADERING

HANDELINGE ELFDE VERGADERING 4-7 Junie 2012 HANDELINGE ELFDE VERGADERING SINODE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN OOS-KAAPLAND LUISTER NA GOD LUISTER NA MEKAAR LUISTER NA ANDER DOELGERIG DIENSBAAR HANDELINGE ELFDE VERGADERING

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE 1. Agtergrond: Suid-Afrikaanse boere het hul eie families tradisioneel op plase begrawe enplaaswerkers en hul gesinne is ook dikwels op die plaas begrawe. Daar bestaan sterk

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES, Skat ek is soort van n langasem prediker. En sonder geleerdheid, skat ek ek klink ek nie na veel van n prediker vir party mense nie. En ek ek maak nie eens daarop aanspraak

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer

More information

Empathy Ouerhandleiding

Empathy Ouerhandleiding Empathy Ouerhandleiding www.itschools.co.za Inhoud Empathy gebruikershandleiding vir ouers 2016 Oorsig van Empathy... 1 Wat is Empathy?... 1 Hoe om boeke te bestel... 1 Aan die begin: Registrasie en aanteken...

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25 Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25 A. Kom ons deel eers ʼn paar praktiese wenke met mekaar wat ons kan help om na God se stem in Sy Woord te

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf Niemandt, CJP Universiteit van Pretoria Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf INLEIDING ABSTRACT Contours in the development

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited 14 November 2014 Disclaimer:

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13 Inhoud Bladsy Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13 IV. BOU JOU HUWELIK 18 Welkom! Baie welkom by die dooptoerusting.

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

Daar is konflik in die gemeente

Daar is konflik in die gemeente Daar is konflik in die gemeente Courage may be the most important of all virtues,because without it one cannot practise any other virtue with consistence Maya Angelou Daar is konflik in die gemeente Daar

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die versplintering van die gedroomde nuwe staatskerk deur die verwerping van die voorgestelde nuwe belydenisgrondslag met die Belharbelydenis

Die versplintering van die gedroomde nuwe staatskerk deur die verwerping van die voorgestelde nuwe belydenisgrondslag met die Belharbelydenis Die versplintering van die gedroomde nuwe staatskerk deur die verwerping van die voorgestelde nuwe belydenisgrondslag met die Belharbelydenis Ds Petrus Kriel 1. Die versplintering van die gedroomde kerk

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Gesprekke op strokiesnet/kerkbode oor homoseksualiteit (begin deur 'n skolier)

Gesprekke op strokiesnet/kerkbode oor homoseksualiteit (begin deur 'n skolier) Onderstaande is deur n graad 11-skolier op facebook/kerkbode geplaas. Hy het gelukkig geweet wat die waarheid is, en hom nie laat mislei deur allerlei misleiers nie. Die oorspronklike was HIER maar is

More information

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en spoed. ʼn Huis bestaan primêr uit ʼn fondament, mure, deure

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen? Boodskap aan die Algemene Diensgroep Gemeente-ontwikkeling Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen? Deur Neels Jackson 21 Oktober 2008 Goeienaand en dankie

More information

Die kerk van die Woord

Die kerk van die Woord P B Boshoff Universiteit van Pretoria Tydelike dosent: Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap (Md A) Abstract The church proclaiming the Word The theme of the church is treated from the perspective of

More information

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. 1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. GEEN VERDERE VRAE. VERDERE ONDERVRAGING DEUR MNR. SCHABORT: Op die lode Vloer waar Dr. Aggett ondervra

More information

Die volgende beginsels is myns insiens van kardinale belang:

Die volgende beginsels is myns insiens van kardinale belang: PRINSIPIEEL-KERKREGTELIKE BEGINSELS TEENWOORDIG IN DIE KERKVERENIGINGSPROSES Dat Jesus Christus die Hoof en Here van sy Kerk is, en as Koning direk en persoonlik daaroor regeer, is die grondwaarheid waarvan

More information

ALFABET VAN DIE HUWELIK

ALFABET VAN DIE HUWELIK ALFABET VAN DIE HUWELIK Aanvaarding Aanvaar mekaar vir wie julle is. Moet nie jou maat probeer beitel tot die perfekte huweliksmaat nie. Bederf As julle lief is vir mekaar sal julle mekaar altyd bederf.

More information

AB-2 BELYDENIS VAN BELHAR : GESPREKSDOKUMENT

AB-2 BELYDENIS VAN BELHAR : GESPREKSDOKUMENT 1 AB-2 BELYDENIS VAN BELHAR : GESPREKSDOKUMENT 1. INLEIDING : VAN SINODE NA SINODE Die besluite van die Algemene Sinode van die NG Kerk in Oktober 2011 oor die Belydenis van Belhar, het n proses voorsien

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

Leer Beter Dink Module 1 *

Leer Beter Dink Module 1 * OpenStax-CNX module: m36342 1 Leer Beter Dink Module 1 * Erenst van Niekerk This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 Abstract Dit is belangrik

More information

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan... Augustus 2017 Die Voorsitter van die Kerkraad NG Gemeente Geagte Dominee en Kerkraad Ondersteuning aan die Dowes: hoe kan hulle glo sonder om te hoor 136 Jaar gelede was die NG Kerk die stigter van die

More information

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1 DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1 1 DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1 ` Dankie, Broer Neville. Gaan n doopdiens hê tussen_in? [Broer Neville sê: Net nadat jy klaar is. _Red.]

More information

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE, Dis sekerlik n voorreg om weer terug te wees onder hierdie Spaanse mense vanmôre. En ek wonder of Jim hierdie kry. O, hy kry die opname. Ek het steeds die plaat

More information

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Die Bybel is werklik n merkwaardige stel boeke. Dit be vat so baie: so baie verhale, so baie karakters, so baie emo sies, so baie gebeure, so baie

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Preek Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Reekstema: Hoe om in vrede en liefde met ander te leef Skriflesing: Gen 29:31-30:24 Hierdie verhaal handel oor die konflik tussen Ragel en Lea. Die rede

More information

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III AANNEMING, DEEL III 69 Aanneming Deel III ` ^Neville. Goeie môre, klas. Ons is baie bly om weer terug te wees om julle weer te groet in daardie algenoegsame Naam van die Here Jesus. Vertrouend dat julle

More information

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca) Les 1 Oefeninge vir

More information

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID, Ek ag dit n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie mooi byeenkoms van Christenmense, om hierdie geleentheid te hê om met julle te praat

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie Jesus sê wat?! Om die Here Jesus te volg is nie maklik nie. Hy het uitsprake gemaak waarin die eise tot navolging vir ons op die oog af dikwels onmoontlik en onuitvoerbaar lyk. Moet n mens jouself vermink

More information

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle, N UITKOMS GEE, Goeienaand, vriende. En mag die Here julle ryklik seën. En dankie, Broer Neville, vir daardie mooi opmerking. So bly om vanaand terug te wees by die tabernakel, in die diens van ons geseënde

More information

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD, Dankie vir die tyd. [Broer Neville sê: Amen. Red.] Ek het vir Broer Neville gesê: Is jy seker jy het nie n klein bietjie salwing vanmôre nie? 2 Ek kom hierheen om vir

More information

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Verwerking van die Sake van Jou Hart Verwerking van die Sake van Jou Hart www.freshstartforallnations.org Om die Stryd in jou Hart deur te werk n Proses en n pad om jou te help om die stryd van n grief, n leed en n verlies te verwerk Wees

More information

SEISOEN VAN LUISTER. Waarom n Seisoen van Luister?

SEISOEN VAN LUISTER. Waarom n Seisoen van Luister? Waarom n Seisoen van Luister? SEISOEN VAN LUISTER 1. Die kerk Die ware kerk bestaan uit sondaars wat uit genade gered is. Hierdie redding vind plaas deur die koms van die Seun van God na die wêreld. God

More information