Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Size: px
Start display at page:

Download "Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du"

Transcription

1 Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte (Sunday School Times). Maar wat is ek-siekte? Ek-siekte is eintlik presies wat die naam sê alles gaan oor ek/my/myne. Die ergste van die siekte is dat die persoon wat dit het, dit in die meeste gevalle nie besef nie. Dis waarom dit so ʼn gevaarlike siekte is want die persoon wat dit het, dink, ek is normaal... dit wat ek doen is reg... Dis ʼn siekte wat al baie verhoudings vernietig het, baie huwelike, baie ouer-kind verhoudings... Dis ʼn siekte wat al lande vernietig het wat al baie oorloë veroorsaak het. Dink aan manne soos Hitler of Mugabe of ons eie JZ ek kan nie dink dat hulle doen wat hulle doen/gedoen het as hulle nie aan die ek-siekte ly nie? Dis ook ʼn siekte wat al kerke en gemeentes vernietig het. Dr. HA Ironside, ʼn baie bekende Kanadese predikant wat in 1951 oorlede is, vertel van ʼn kerk wat na alle waarskynlikheid aan die siekte gely het. Hulle leuse was, Jesus Only Jesus alleen... maar dit wat hulle gedoen het, het gesê by hulle gaan dit eintlik glad nie oor Jesus nie. Op ʼn stadium het hulle ʼn konferensie gehad en hulle het aan die buitekant van die saal met los letters die woorde, Jesus Only geskryf. Terwyl hulle binne besig was het ʼn rukwind gekom en die 1e 3 letters afgeruk sodat daar gestaan het... us only... ons alleen. (Sunday School Times). Miskien was dit die Here se manier om vir hulle te sê, dit wat julle sê en dit wat julle doen verskil hemelsbreed van mekaar. Julle sê, Jesus Only, maar wat julle doen sê, us only... ons alleen. Hierdie storie het my nogal laat wonder oor ons gemeente? Ly ons gemeente nie dalk aan die ek/ons-siekte nie? Gaan dit net oor ons oor ons wat deel is van die gemeente? Wie is ons? Verlede jaar, so tydjie voor die basaar het die gedagte net in my kop begin draai van Een vir almal en almal vir Een... As ek reg is, is dit ʼn frase uit die fliek... The three musketeers... Julle sal onthou dat ek dit met julle gedeel het en gesê het, kom ons maak dit die leuse van ons basaar... Maar anders as in die fliek, skryf ons Een met ʼn hoofletter omdat dit vir ons verwys na God... Een vir almal en almal vir Een... Hierdie jaar het ons dit weer gebruik en dit klink so mooi... Een vir almal - die God wat ons dien is vir almal... Hy sonder niemand nie. Vir Hom is niemand te mooi of te lelik... vir Hom is niemand te arm of te ryk... te slim of te dom nie... Een vir almal... Ons wil dit graag glo... veral as ons siek is of daar een of ander krisis in ons lewe is... dan wil ek glo, God is vir my Een

2 vir almal... Paulus sê in Rom 8, God is vir ons, wie kan dan teen ons wees... Hy sê, Niks kan ons van die liefde van God skei nie... Met die 1e deel van daardie leuse is daar geen fout nie... Dis waar en ons glo dit. Die probleem lê by die 2e deel almal vir Een... As ons sê, almal vir Een, gaan van die veronderstelling af uit dat almal in die gemeente ʼn verhouding met die Here het dat almal in die gemeente in Hom glo want ons sê almal vir God... en dis gewoon nie waar nie. Daar is mense wie se name op die lidmaatregister staan wat verseker nie ʼn verhouding met die Here het nie... As ons baie korrek wil wees, sal ons moet sê, Een vir almal... en sommiges in die gemeente vir Een... Dit bring my n 2e probleem rondom die woord almal. Ons het reeds gesê dat almal in die gemeente nie n verhouding met God het nie... Ons kan dus nie sê almal vir Een nie... Maar dan is daar ook mense wat glad nie deel is van die almal nie... Almal veronderstel ons as ʼn span. Almal veronderstel dat wat ons in hierdie gemeente vir die Here doen, doen ons as ʼn span almal saam... Verlede week het ek dit op ʼn stadium vgl. met ʼn skrum wat stewig aan mekaar bind wat laag sak en dan die opponente as ʼn eenheid aandurf... Maar ook dit is ongelukkig nie waar nie... Daar is mense wie se name in die lidmaatregister staan wat op geen manier deel van die span wil wees nie... Dit kan wees dat hulle nie n verhouding met die Here het nie of dit kan wees dat hulle aan die ek-siekte ly. Hulle wil nie deel van die span wees nie want sê hulle, ek sal doen wat ek wil, wanneer ek wil, hoe ek wil... Waar lê die oplossing? Moet ons maar net aanvaar dat ons nooit in hierdie gemeente ʼn almal sal wees nie dat ons nooit ʼn span sal wees nie omdat daar altyd mense sal wees wat nie ʼn verhouding met die Here het nie en omdat daar altyd mense sal wees wat aan die ek-siekte ly en nie deel van die span wil wees nie? Nee, ons kan en mag dit nie aanvaar nie. Ons moet aanhou probeer om meer en meer mense deel te maak van die span want dis wat die Here van ons verwag. Maar hoe doen ons dit, wil jy vra? Ons begin by ons onsself? Ons moet onsself toets en vra, kan ek met oortuiging sê Een vir almal m.a.w. kan ek met oortuiging sê, ek glo die Here is vir almal... vir alle mense...? En dan moet ons ook vir onsself vra - en vergeet die ou wat langs jou sit of die ou wat nie hier is nie ek en jy moet vir onsself vra is ek deel van die almal en as ek nie is nie, hoekom nie is dit omdat ek nie n verhouding met die Here het nie of is dit dalk omdat ek aan die ek-siekte ly?

3 Kom ons kyk bietjie na die gedeelte wat ons gelees het. Soos ek verlede Sondag gesê het, Paulus het hierdie brief uit die tronk in Rome geskryf... Hy is in die tronk gesit omdat hy vir mense van Jesus vertel het. Uit die tronk skryf hy vir die gemeente in Filippi n brief. Verlede week het ons gesien hoe hy vir hulle daarop wys dat dit n voorreg is om Christus te dien... Hy het ook vir hulle gevra dat hulle as n span saamstry vir die Evangelie... In vanoggend se Skrifgedeelte brei hy daarop uit en sê vir hulle n paar goed wat belangrik is vir die voortbestaan van die gemeente... Maar eintlik word alles wat hy vir hulle sê, in 2 woordjies vasgevang net 2 woordjies en dit is, in Christus. Ek kan amper sê die staan of val van die gemeente gaan bepaal word deur hierdie 2 woordjies - in Christus. Ons kan duisend keer sê, in Christus of Jesus only... as ons dit nie leef nie as dit nie deur elkeen in die gemeente geadem word nie help alles niks... Ek wil dit vgl. met n watermerk... Paulus skryf vir daardie gemeente en dan sê hy, Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing Dis sy vertrekpunt en vanuit daardie vertrekpunt vra hy vir die gemeente n paar goed - Die 1e is dat hulle eensgesind moet wees. Hy sê, maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees... en dan spel hy prsies uit wat hy onder eensgesindheid verstaan hy sê, een in liefde, een van hart, een in strewe... Kan n mens jou n beter gemeente voorstel as n gemeente waar kom ons sê dan die meeste mense in Chrstus is en omdat hulle in Christus is, is hulle eengesind een in hulle liefde... een in hulle hart... een in hulle strewe... Dink ook aan ons verhoudings, ons huwelike en ons ander verhoudings... Maar alles begin by... in Christus... Die 2e ding wat hy vir die gelowiges in Filippi vra is dat hulle niks uit selfsug of eersug moet doen nie Paulus sien nie kans vir n gemeente waar mense is wat ek-siekte het nie. Hy soek n gemeente wat, omdat hulle in Christus is, nie selfsugtig of eersugtig is nie, maar in nederigheid...die een die ander hoër ag as homself Ek lees van ʼn kerk in die 18e eeu wat geen kerkbanke ingehad het nie. Die gebruik was dat elke gesin hulle eie kerkbank of stoele kerk toe gebring het. Wat interessant was, was dat die mense streng volgens status in die kerk gesit het. Die mense met die hoogste sosiale aansien en status in die gemeenskap, bv. die burgemeester, skoolhoof en landdros se gesinne se stoele het in die voorste ry gestaan hulle was verseker nie Hervormers nie... So het die mense in die agterste ry dan die minste sosiale status gehad. (gansbaai.com).

4 Nou skryf die dominee wat die storie vertel, hy is bly dat dit vandag nie meer gebeur nie. Dis duidelik dat hy nooit in die polisie was nie. Maar moet ek bysê, ek weet nie of dit vandag nog steeds so is nie. Maar toe ons in in die Polisiekollege was, het dit net so gegaan wel nie in ons gemeente nie want ek het dit nie toegelaat nie. By 1 van die ander kerke in die polisiekollege het die mense volgens rang uit die kerk gestap. Jy sou dit nie waag om uit die kerk te stap as daar ʼn hoër rang as jyself in die kerk is wat nog nie uitgestap het nie... So het die bevelvoerder van die kollege altyd 1e uitgestap daarna van die ander generaals of kolonels en so aan totdat die studentekonstabels kon uitstap... Klink dit soos, moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid...die een die ander hoër ag as homself Mense het op ʼn keer vir Augustinus wat in die 3e eeu nc geleef het gevra, wat is die 3 belangrikste beginsels van ʼn Christelike lewe? Hy het gesê, Die 1e is, nederigheid... die 2e is nederigheid en die 3e is, nederigheid... (Gordon, An Odyssey of Joy,76) Die 3e ding wat Paulus vra sluit aan by die vorige 2 en dit is... Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Daar is niks so vernietigend vir n verhouding of n gemeente of n land waar mense net aan hulle eie belange dink nie. n Mens kry mos mense wat oor niks anders as hulleself kan praat nie. Ek dink altyd aan die baie bekende skrywer wat een aand saam met n vriend van hom gaan eet het en laat die aand sê hy vir sy vriend sjoe ons het die hele aand nog net oor my gepraat. Kom ons praat bietjie oor jou wat dink jy van my nuwe boek? Wanneer n mens in Christus is, kyk jy weg van jouself... Wanneer jy in Christus is, kan jy saam met ander mense en selfs mense wat jy glad nie ken nie sê, Een vir almal en almal vir Een... want dit gaan oor meer as jy... Dit gaan oor God wat sy beloftes deur Jesus waar maak vir elkeen wat in Hom glo en daarom kan jy sê, Een vir almal... en dit gaan oor mede-gelowiges mense wat soos jy in jesus glo en daarom deur Sy bloed aanmekaar gebind is en daarom kan jy sê, almal vir Een... Eengesindheid in n gemeente almal vir Een begin nie by die ou langs jou nie... Dit begin nie by die mense wat nie hier is nie... Dit begin by jou en dit begin by my... Ek lees van ʼn ou dominee wat geskryf het toe ek jonk en vry was en my gedagtes geen perke geken het nie, het ek gedroom hoe ek die wêreld kan verander... Toe ek ʼn bietjie ouer was, het ek my drome so bietjie ingekort en gedink, as ek net maar my land kan verander... Maar ook dit het later onmoontlik geblyk te wees... In my latere jare het ek gedink, as ek net my familie en die mense die naaste aan my kan verander maar ook dit het geblyk onmoontlik te wees... Hier waar ek op my sterfbed lê, het ek eweskielik besef, as ek in die 1e

5 plek net myself verander het, kon ek dalk deur my vb. my familie verander het en deur hulle inspirasie en aanmoediging kon ek aangegaan het en my land verander het en van daar af sou dit moontlik gewees het om die wêreld te verander het... Begin by jouself... Amen. (Taken from the tomb of a Bishop in Westminster Abbey 1100 A.D). (family-time.net)

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

To love without knowing how to love wounds the person we love.

To love without knowing how to love wounds the person we love. To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK, Julle mag maar sit. Dis goed om weer vanaand terug te wees. Dankbaar dat ons nou weer hierdie geleentheid het om die Here te dien. En nadat ek julle so lank gehou het gisteraand,

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April 2018 Grabouw Soos ʼn koeipaal op die plaas Die laaste keer wat ek Kaapstad besoek het, was op uitnodiging van die Woordfees, die Afrikaanse

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is in die Here. Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus KANT KIES VIR JESUS 669 Kant Kies Vir Jesus ` Een of ander plek in Louisville waar jy_jy eet, en dit word genoem^laat ons sien, Dogpatch Restaurant. Ek het vandag een gekry. As iemand daar eet, dan neem

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID, Ek ag dit n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie mooi byeenkoms van Christenmense, om hierdie geleentheid te hê om met julle te praat

More information

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD, Dankie vir die tyd. [Broer Neville sê: Amen. Red.] Ek het vir Broer Neville gesê: Is jy seker jy het nie n klein bietjie salwing vanmôre nie? 2 Ek kom hierheen om vir

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer

More information

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE 6.1 INLEIDING In die navorsing tot dusver - hoofstukke een tot vyf - is kontekste en perspektiewe verduidelik van waaruit ek betrokke sou wou raak in pastoraalterapeutiese

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly. HOE KAN EK OORWIN?, Laat ons ons hoofde buig vir gebed. Onse Vader, ons dank U, vanmôre, vir hierdie wonderlike tyd van weer saam te kom, en om die Woord van die Here oop te maak, Dit voor ons te lê. En

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

Paulus se Verbasende Reise

Paulus se Verbasende Reise Bybel vir Kinders bied aan Paulus se Verbasende Reise Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

WYSHEID TEENOOR GELOOF

WYSHEID TEENOOR GELOOF WYSHEID TEENOOR GELOOF, Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Môre, môre. Broer 2 Môre, vriende. [Iemand sê: Môre, Broer Branham. Red.] Bly om terug te wees in die huis van die Here! 3 Ek is net teruggeroep

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Preek Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Reekstema: Hoe om in vrede en liefde met ander te leef Skriflesing: Gen 29:31-30:24 Hierdie verhaal handel oor die konflik tussen Ragel en Lea. Die rede

More information

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID 1 DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID ` Julle kan maar sit. Ek is soort van meegevoer, hier ingekom en Broer Moore en hulle almal hier op die platvorm gesien, die

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III AANNEMING, DEEL III 69 Aanneming Deel III ` ^Neville. Goeie môre, klas. Ons is baie bly om weer terug te wees om julle weer te groet in daardie algenoegsame Naam van die Here Jesus. Vertrouend dat julle

More information

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) 1. Teks Vergelding 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset

More information

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die God van heerlikheid en die geboorte en lewe van die kerk Reeks preke oor die openbaring van die God van heerlikheid,

More information

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God. HEBREËRS, HOOFSTUK EEN 1 HEBREËRS, HOOFSTUK EEN ` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God. 2

More information

Volume 3 van 2016 September 2016

Volume 3 van 2016 September 2016 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen

More information

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES, Skat ek is soort van n langasem prediker. En sonder geleerdheid, skat ek ek klink ek nie na veel van n prediker vir party mense nie. En ek ek maak nie eens daarop aanspraak

More information

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Inhoud Kaart: Kolosse in die Romeinse Ryk................... 4 Woordelys........................................ 5 Hoe om hierdie studie

More information

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE, Dis sekerlik n voorreg om weer terug te wees onder hierdie Spaanse mense vanmôre. En ek wonder of Jim hierdie kry. O, hy kry die opname. Ek het steeds die plaat

More information

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

More information

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Sakkie Leon Welkom Hannes Lof LB212:1-3 Loof die Heer Hy is goed LB205:1-3 Bring Lof aan die Vader

More information

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente

More information

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV AANNEMING, DEEL IV 109 Aanneming Deel IV ` Aan ons dierbare vriende, ons is bly om terug te wees hier in die kerk vanaand. n Bietjie warm, en daarom sal ons probeer gou maak net vinnig as moontlik, regstreeks

More information

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle, N UITKOMS GEE, Goeienaand, vriende. En mag die Here julle ryklik seën. En dankie, Broer Neville, vir daardie mooi opmerking. So bly om vanaand terug te wees by die tabernakel, in die diens van ons geseënde

More information

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. 2 HOE STERK IS JOU GELOOF. Hoofstuk 1 Leer die waarheid ken van

More information

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en spoed. ʼn Huis bestaan primêr uit ʼn fondament, mure, deure

More information

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1 DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1 1 DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1 ` Dankie, Broer Neville. Gaan n doopdiens hê tussen_in? [Broer Neville sê: Net nadat jy klaar is. _Red.]

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling) DIE FINALE ROEP deur Deborah Melissa Möller Kopiereg 2011 Deborah Melissa Möller Published by Deborah Melissa Möller at Smashwords Smashwords Edition, License Notes Thank you for downloading this free

More information

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. 1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. GEEN VERDERE VRAE. VERDERE ONDERVRAGING DEUR MNR. SCHABORT: Op die lode Vloer waar Dr. Aggett ondervra

More information

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX INHOUDSOPGAWE 1 Kom maar in die water is lieflik 3 2 So, jy wil gedoop word? 9 3 Wat is die doop van die gelowiges? 11 4 Waarom moet ons gedoop word? 17

More information

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan. PARA DOKS, Goeiemôre, vriende. Dis n voorreg om vanmôre weer hier te wees. En, nou, hulle het vir my gesê hulle het n spesiale byeenkoms gehad, en het n bietjie notule gehou. En hulle wou hê ek moes na

More information

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU In die huis van my Vader Inhoudsopgawe 1. Die Groot Huis van God... 13 2. Die woonkamer... 19 3. Die fondament... 29 4. Die uitkyktoring...

More information