te Welkom (Saak No. F32/02). Ex facie die oorkonde wil dit

Size: px
Start display at page:

Download "te Welkom (Saak No. F32/02). Ex facie die oorkonde wil dit"

Transcription

1 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Appèl Nr. 56/2003 CORNELIA GERTRUIDE ALETTA SNYMAN Appellante en DIE STAAT Respondent CORAM: LOMBARD et VAN COPPENHAGEN, RR AANGEHOOR OP: 20 OKTOBER 2003 UITSPRAAK DEUR: LOMBARD, R GELEWER OP: 13 NOVEMBER 2003 Die tersaaklike agtergrond van hierdie appèl is kortliks die volgende: i) Die appellante was die klaagster in n onderhoudsaak teen haar gewese eggenoot, Mnr Leon Edwin Snyman in die landdroshof te Welkom (Saak No. F32/02). Ex facie die oorkonde wil dit voorkom asof die beskuldigde (Snyman) vir die eerste keer op 1 Maart 2002 in die hof moes verskyn, maar dat die verhoor daarna op verskeie kere uitgestel was tot, onder meer, 17 September 2002 op welke datum die volgende nota op die

2 oorkonde verskyn: OP : 17/9/02 ADD LANDDROS : MNR MOLEELE STAATSAANKLAER : MEV BREEDT TOLK : MNR MOILOA VERDEDIGING : IP U/s 1/10/2002 L/A ondersoek Cornelia Snyman gew 8:30 C Hof. (Oorkonde p.5) (Dit kan net volledigheidshalwe gemeld word dat op 24 Junie 2002, een van die uitgestelde datums n lasbrief vir arrestasie teen die appellant vanweë haar afwesigheid gemagtig was.) (ii) Daarna is sy ingevolge die bepalings van artikel 170(2) van die Strafproseswet opgeroep om op 22 Oktober 2002 in n summiere ondersoek te verskyn ten einde haar wanverskyning op 24 Junie en 1 Oktober te verduidelik. Na aanhoor van mondelingse getuienis is sy ten aansien van haar wanverskyning op 24 Junie onskuldig bevind, maar ten aansien van haar wanverskyning op 1 Oktober skuldig bevind en tot 18 dae gevangenisstraf gevonnis. Sy kom nou in hoër beroep teen die skuldigbevinding en vonnis. Dit is gemeensaak dat appellante verkeerdelik ingevolge die bepalings van artikel 170(2) van die Strafproseswet aangekla, skuldig bevind en gevonnis was die ondersoek moes ingevolge die bepalings van artikel

3 188 van die Strafproseswet plaasgevind het. Die advokate was dit egter eens dat ingevolge die bepalings van artikel 270 van die Strafproseswet die appellante tereg aan n oortreding van laasgenoemde artikel skuldig bevind en gevonnis kon word. Die vraag is egter of die skuldigbevinding in orde is. Die appellante se relaas aangaande die gebeure op 1 Oktober is in n neutedop dat sy gedurende die aand van 30 September 2002 baie siek geword het en heeltemal ingegee het. Die volgende oggend (1 Oktober) was sy nog steeds baie siek en aangesien haar telefoon leeg was het sy haar huishulp gestuur om haar vriendin mev. Emilia Engelbrecht te gaan telefoneer met die versoek om die hof van haar ongesteldheid te verwittig. Later dieselfde dag het mev. Engelbrecht haar geskakel en bevestig dat sy met mnr. Zim, mnr. Reggie en landdros Coetzee by die hof gepraat het soos deur die appellante versoek en dat Reggie sou gesê het dat hy gaan nou af hof toe en hy sal die Aanklaer sê dat ek nie by die hof kan wees nie, dat ek siek is (oorkonde p. 12). Mev. Emilia Charlotte Laura Engelbrecht het getuig dat sy n vriendin van die appellante is en dat laasgenoemde se huishulp, ene Maggie, haar op die oggend van 1 Oktober na haar werk geskakel het met die versoek om die hof te skakel en mee te deel dat sy nie sal kan verskyn nie aangesien sy siek was. Sy het eers met mnr. Reggie gepraat, daarna met mnr. Zim en laastens met landdros Coetzee wie haar meegedeel het dat as die appellante die volgende oggend beter sou wees en kan praat sy haar voor nege uur moet skakel. Sy het daarna die appellante teruggeskakel en gerapporteer dat sy die betrokke persone in kennis gestel het van haar onvermoë om die verrigtinge by te woon. Namens die Staat het mev. Henriëtte Breedt getuig en die hof meegedeel dat sy op 1 Oktober die aanklaer was toe daar n tweede lasbrief teen die appellante in die namiddag uitgereik was tot op daardie stadium het sy geen boodskap ontvang dat die appellante siek sou wees nie. Mnr. Makanene Samuel Zim is verbonde aan die siviele afdeling van die landdroskantoor te Welkom. Volgens die siviele hofboek moes die appellante op 3 Oktober 2002 in die siviele hof veskyn het (Saak No. 4846/99). Na ontvangs van n boodskap dat die appellante nie by die hof daardie dag kon wees nie en versoek het dat die saak tot 10 Oktober uitgestel moet word, het hy dienooreenkomstige reëlings met die betrokke landdros getref. Hy het beklemtoon dat in dieselfde siviele

4 hofboek daar geen inskrywing betreffende die appellante se verskyning op 1 Oktober 2002 was nie. Hy het in kruisverhoor op n vraag of hy op 1 Oktober 2002 oor mev. Snyman geskakel was, as volg geantwoord: Nee, ek kan nie onthou dat sy my op 1 Oktober geskakel het nie. (Oorkonde p.50). Die verhoorhof se uitspraak op skuldigbevinding hierin lees as volg: Op die klag van 1 Oktober, sonder om tyd te mors, dit is inderdaad in Engels `evident dat die skuld is aan die beskuldigde se kant. Beskuldigde word SKULDIG bevind op oortreding van Artikel 170 van die Strafproseswet soos gewysig. (Oorkonde p. 52) Aangesien dit geen redes vir die skuldigbevinding bevat nie is hierdie Hof gevolglik op die beginsels wat, onder andere, in VAN ASWEGEN v DE CLERQ 1960 (4) SA 875 (A) op 882C uiteengesit, aangewese en dit is to do its best on such material as it has before it. By die deurlees van die getuienis is ek van mening dat mev. Engelbrecht se weergawe deurslaggewend is. Sy staaf nie net die appellante se relaas nie, maar verduidelik ook presies wie sy geskakel en wat sy aan hulle oorgedra het en dat sy nog daardie selfde dag aan die appellante gerapporteer het dat sy met dié drie persone gepraat en hulle van laasgenoemde se situasie meegedeel het. In kruisverhoor is dit geensins aan haar gesuggereer dat sy moontlik n fout met óf die datum en of die betrokke persone kon maak nie haar getuienis is vir alle praktiese

5 doeleindes onbetwis. Daarteenoor is die weergawe van mev. Breedt en mnr. Zim. Laasgenoemde was myns insiens doelbewus ontwykend toe hy op n vraag geantwoord het dat hy nie kan onthou dat sy, d.w.s. die appellante, hom op 1 Oktober geskakel het nie. Daar was in elk geval geen sodanige suggestie nie. Dieselfde geld tot n mate vir mev. Breedt se getuienis daar was ook geen suggestie dat enigiemand met haar persoonlik in verbinding sou getree het op 1 Oktober 2002 nie. Afgesien van die inskrywing in die siviele hofboek van 3 Oktober, staan dit in elk geval vas dat die appellante op 1 Oktober moes in die hof verskyn het (Oorkonde p. 5 en 67). Na sorgvuldige oorweging van die getuienis hierin is ek van mening dat die weergawe van die appellante, soos deur mev. Engelbrecht aangevul en gestaaf, as die waarheid aanvaar moet word en dat waar dit met die Staat verskil laasgenoemde s n verwerp moet word. Die vraag wat dus nou beslegting verg is of die appellante op haar weergawe kon skuldig bevind word. Ingevolge artikel 188(1) is dit, in kort, n misdaad vir n persoon wat gedagvaar is om strafverrigtinge by te woon en dan versuim om dit te doen vir so n oortreding is die bepalings van artikel 170(2) mutatis mutandis van toepassing. Artikel 170(2) lees in n verkorte vorm as volg: (2) Die hof kan, indien oortuig dat die in subartikel (1) bedoelde beskuldigde versuim het om op die plek en op die datum en op die tyd te verskyn... wanneer hy voor die hof gebring word, op n summiere wyse ondersoek instel na sy versuim om aldus te verskyn of aldus aanwesig te bly en, tensy die beskuldigde die hof oortuig dat sy versuim nie aan skuld aan sy kant te wyte was nie, hom weens die in subartikel (1) bedoelde misdryf skuldig bevind en hom tot n boete van

6 hoogstens R300 of gevangenisstraf vir n tydperk van hoogstens drie maande veroordeel. (My beklemtoning) In S v SINGO 2002 (2) SACR 160 (CC) op 177 is die grondwetlikheid van artikel 72(4) van die Strafproseswet onder die loep geneem. Die slotparagraaf van die Hof se uitspraak lees as volg: (Ngcobo R): [43] Striking down s 72(4) without more would leave a vacuum in the present legislative structure which is designed to deal with conduct that hinders the administration of justice. In this regard, it is important to bear in mind that s 72(4) deals with the case of an accused who has failed to comply with the warning to appear in court. There is no other provision that deals with such an accused. An accused who is released on bail is dealt with under s 67 of the CPA. A witness who fails to appear in court after being subpoenaed or warned to appear in court, is dealt with under s 188 of the CPA. It is true that Parliament could remedy the situation, but as we observed in Manamela, that takes time and in the interim a gap will remain. In all the circumstances, I consider it appropriate to read in words necessary to establish an evidentiary burden. This is less invasive than simply to strike down s 72(4).

7 Die Hof het, onder andere, gelas dat: 3. Section 72(4) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, is to be read as though the words there is a reasonable possibility that appear therein between the words that and his failure. Die bewoording van die tersaaklike gedeeltes van artikel 72(4) en artikel 170(2) is identies. Dit is myns insiens net logies dat die wysiging van eersgenoemde nou noodwendig ook laasgenoemde tref en dat die tersaaklike gedeelte daarvan nou geag moet word om as volg te lees:... tensy die beskuldigde die hof oortuig dat daar n redelike moontlikheid is dat sy versuim nie aan skuld aan sy kant te wyte was nie. Die skuldvereiste wat hier ter sprake is word deur Snyman, Strafreg 4de Uitg. op p.141 as volg verduidelik: Die hele vraag na skuld kan herlei word tot een eenvoudige vraag, naamlik kon n mens in alle billikheid van X verwag het om die pleeg van die onreg te vermy? Dit behoef myns insiens geen betoog dat op die aanvaarde getuienis hierin daar geen sprake kan wees van enige skuld aan die appellante se kant om nie die hofverrigtinge op 1 Oktober by te woon nie allermins

8 nog dat daar n redelike moontlikheid was. Sy het vanweë haar onvermoë om op die betrokke dag die hofverrigtinge by te woon haar vriendin versoek om drie persone wat sy by name genoem het by die hof te telefoneer en van haar probleme te verwittig. Sy het later dieselfde dag bekragtiging ontvang dat haar vriendin met al drie die persone in verbinding was wat meer moes of kan sy in dié omstandighede gedoen het? Die skuldigbevinding is myns insiens dus verkeerd. Die appèl teen die skuldigbevinding en vonnis moet dus slaag. Ek wil net terloops opmerk dat, soos alreeds aangedui, die verhoorlanddros se uitspraak ten opsigte van die skuldigbevinding slegs uit n paar sinne bestaan sonder om, uit die aard van die saak, enige volledige redes daarvoor te verstrek. Ek het begrip vir die feit dat hierdie verrigtinge nie die roete van n gewone appèl gevolg het nie, maar wil nogtans beklemtoon dat landdroste deurgaans moet streef om volledige redes vir sy of haar skuldigbevinding en vonnis te verskaf hulle word in elk geval verplig om dit na ontvangs van n kennisgewing van appèl te doen (Landdroshofreël 67(3)(b)). Indien n landdros dus sou versuim of nalaat om volledige redes na afhandeling van n verhoor te verskaf, is dit in elk geval nadat n kennisgewing van appèl geliasseer is verpligtend. In die onderhawige geval het laasgenoemde ook nie gebeur nie. Sien, onder

9 andere, S v NTJABA 2000 (2) SACR 218; S v CALITZ EN N ANDER 2003 (1) SASV 116 (HHA). Die appèl teen die skuldigbevinding slaag. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel. D.J. LOMBARD, R EK STEM SAAM G. VAN COPPENHAGEN, R Namens Appellante: Adv. P.R. Cronje i.o.v. Naudes Namens Respondent: Adv. P. De Kock i.o.v. Direkteur: Openbare Vervolgings /scd

UITSPRAAK GELEWER OP 24 FEBRUARIE 2006

UITSPRAAK GELEWER OP 24 FEBRUARIE 2006 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) Rapporteerbaar In die saak tussen: Saaknommer: 813/05 Hersiening: 54/2005 Hooggeregshofverw: 0501497 DIE STAAT en LIONEL

More information

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA PIETER CHRISTIAAN VAN WYK. [1] Hierdie is n aansoek deur die Staat ingevolge artikel 310A

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA PIETER CHRISTIAAN VAN WYK. [1] Hierdie is n aansoek deur die Staat ingevolge artikel 310A In die saak tussen:- VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Appèl Nr: A58/2013 DIE STAAT Applikant en PIETER CHRISTIAAN VAN WYK Respondent UITSPRAAK DEUR: KRUGER, R GELEWER OP: 9 MEI

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA PIET OBAKENG MOKGOBO BESKULDIGDE 1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA PIET OBAKENG MOKGOBO BESKULDIGDE 1 Sirkuleer aan Landdroste: JA / NEE Verslagwaardig : JA / NEE Sirkuleer aan Regters : JA / NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (Noord Kaapse Plaaslike Afdeling) In die saak tussen: DIE STAAT teen Saak

More information

Ui t spraak. "Answer the qu es t ion, what was the hurry?" "I was in a hurry to get the passport." "Why? -- I do not know what to say.

Ui t spraak. Answer the qu es t ion, what was the hurry? I was in a hurry to get the passport. Why? -- I do not know what to say. - 71 - Ui t spraak "Answer the qu es t ion, what was the hurry?" Hy se: "I was in a hurry to get the passport." "Why? -- I do not know what to say." Werklikwaar ek kan nie sien hoe dit gekritiseer kan

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA Saak nr 613/93 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: JACOBUS PALE EDWARD CLARIVETTE EERSTE APPELLANT TWEEDE APPELLANT -en- DIE STAAT RESPONDENT CORAM: VIVIER, VAN

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED.

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED. C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: 2010-08-17 Datum van uitspraak: IN DIE NOORDGAUTENG HOE HOF (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley) UITSPRAAK

IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley) UITSPRAAK Rapporteerbaar: Ja / Nee Sirkuleer onder Regters: Ja / Nee Sirkuleer onder Landdroste: Ja / Nee Sirkuleer onder Streeklanddroste: Ja / Nee IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley)

More information

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL van SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL van SUID-AFRIKA DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL van SUID-AFRIKA Saaknommer: 233/92 In die saak tussen T MAKWANYANE M MCHUNU Eerste Appellant Tweede Appellant TEEN DIE STAAT RESPONDENT Coram: EM Grosskopf, FH Grosskopf en Nienaber

More information

INLEIDING [1] Op 30 November 2006 het ek bevele tot die volgende effek

INLEIDING [1] Op 30 November 2006 het ek bevele tot die volgende effek IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 551/2006 In die saak tussen: F.J. VON M SCHIMPER Applikant en MONASTERY DIAMOND MINING CORPORATION LTD Respondent

More information

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. 1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig. GEEN VERDERE VRAE. VERDERE ONDERVRAGING DEUR MNR. SCHABORT: Op die lode Vloer waar Dr. Aggett ondervra

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) Saak Nr 119/88 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: HENDRIK JACOBUS MOLLER Applikant DIE STAAT Respondent CORAM: E M GROSSKOPF, STEYN, EKSTEEN, ARR VERHOOR: 15 Mei 1990

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) Saak Nr 350/89 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: MZOXOLO GOODMAN KRAQA Eerste Appellant ABEDNEGO MANDLA Tweede Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: E M GROSSKOPF,AR,

More information

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE DEPARTMENT OF TRANSPORT GG 23345 (RG 7336) No. R. 499 26 April 2002 MERCHANT SHIPPING ACT, 1951 (ACT No. 57 OF 1951) AMENDMENT OF TONNAGE REGULATIONS, 1986 The Minister of Transport has, under section

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

DIE ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA, KAAPSTAD UITSPRAAK

DIE ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA, KAAPSTAD UITSPRAAK REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Rapporteerbaar DIE ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA, KAAPSTAD UITSPRAAK SAAKNOMMER: C 596/2013 In die saak tussen: CHRISTIAAN PHILANDER Jacobus BURGER Adam LOUW CSAAWU Eerste applikant

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA (REPUBLIEK VAX SUID-AFRIKA)

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA (REPUBLIEK VAX SUID-AFRIKA) IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA /ES (REPUBLIEK VAX SUID-AFRIKA) HAAL DEUR WAT NIE VAN TOEPASSING IS ME (1) RAPPORTEERBAAR: ^/NEE. (2) VAN BELANG VIR ANDER REGTERS: j / NEE. (3) HERSIEN. DATUM HANDTEKENING

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

VERA d'assonville Appellante BORKOR (EIENDOMS) BEPERK

VERA d'assonville Appellante BORKOR (EIENDOMS) BEPERK VERA d'assonville Appellante en BORKOR (EIENDOMS) BEPERK Respondent Saaknommer 198/88 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING In die saak tussen: VERA d'assonville Appellante en BORKOR (EIENDOMS)

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA CHRISTOFFEL JACOBUS DEYSEL VAN HEERDEN, HEFER, KUMLEBEN, EKSTEEN. en VAN DEN HEEVER, ARR UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA CHRISTOFFEL JACOBUS DEYSEL VAN HEERDEN, HEFER, KUMLEBEN, EKSTEEN. en VAN DEN HEEVER, ARR UITSPRAAK LL Saak No 160/1992 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING Insake die appêl van: CHRISTOFFEL JACOBUS DEYSEL Appellant teen GIDEON JACOBUS KARSTEN Respondent CORAM: VAN HEERDEN, HEFER, KUMLEBEN,

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley) STAAT SAAK NR.: KS 13/01 vs JACO ESTERHUYSE

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan applikant die. volgende regshulp in die kennisgewing van mosie vorder:

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan applikant die. volgende regshulp in die kennisgewing van mosie vorder: VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die aansoek tussen:- ROBERT OOSTUIZEN Aansoeknommer : 2520/2012 Applikant en JACOBUS LOMBARD Respondent CORAM: VAN ZYL, R GELEWER OP: 4 FEBRUARIE

More information

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan. applikant die volgende regshulp in die kennisgewing van

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan. applikant die volgende regshulp in die kennisgewing van VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die aansoek tussen:- ROBERT OOSTUIZEN Aansoeknommer : 2520/2012 Applikant en JACOBUS LOMBARD Respondent CORAM: VAN ZYL, R GELEWER OP: 4 FEBRUARIE

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Eerste Eiser SUSANNA JOHANNA CILLIERS N.O. Tweede Eiser MALHERBE RP. Eisers tree hierin op as trustees van die AL2 Vervoer Trust van

Eerste Eiser SUSANNA JOHANNA CILLIERS N.O. Tweede Eiser MALHERBE RP. Eisers tree hierin op as trustees van die AL2 Vervoer Trust van IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 3284/2003 In die saak tussen: LOUIS AUGUST CILLIERS N.O. Eerste Eiser SUSANNA JOHANNA CILLIERS N.O. Tweede Eiser

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) DATUM VERHOOR: 8 MAART 2002 DATUM GELEWER: 15 MAART 2002 UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) DATUM VERHOOR: 8 MAART 2002 DATUM GELEWER: 15 MAART 2002 UITSPRAAK Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Saakno: 171/2002 DATUM VERHOOR: 8 MAART 2002 DATUM

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING LL Saak No 419/1990 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING Insake die appél van: DIE ADMINISTRATEUR VAN DIE ORANJE-VRYSTAAT Appellant teen NICHOLAS SOUMBASIS ELIAS SOUMBASIS D F DU P LOUW Eerste

More information

Empathy Ouerhandleiding

Empathy Ouerhandleiding Empathy Ouerhandleiding www.itschools.co.za Inhoud Empathy gebruikershandleiding vir ouers 2016 Oorsig van Empathy... 1 Wat is Empathy?... 1 Hoe om boeke te bestel... 1 Aan die begin: Registrasie en aanteken...

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Januarie 2013 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Hier volg nog n aflewering in die reeks wat in 1987/88 in die Pretoria News verskyn het. U moet maar verskoon as ek inligting

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING] JACOBUS PETRUS NAUDÉ Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING] JACOBUS PETRUS NAUDÉ Eerste Applikant IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING] SAAKNOMMER: 14267/2006 In die saak tussen: JACOBUS PETRUS NAUDÉ Eerste Applikant PETRA JACOBA NAUDÉ Tweede Applikant en MARIÉ

More information

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE

CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE Saak Nr 245/83 M C TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE BEPERK - en - CHRISTIAAN FREDERICK VAN DER MERWE VIVIER Wnd AR. Saak nr 245/83 M C IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE 1. Agtergrond: Suid-Afrikaanse boere het hul eie families tradisioneel op plase begrawe enplaaswerkers en hul gesinne is ook dikwels op die plaas begrawe. Daar bestaan sterk

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) HESTER SUSARA CAMPHER... Appellant. DIE STAAT... Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) HESTER SUSARA CAMPHER... Appellant. DIE STAAT... Respondent IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: HESTER SUSARA CAMPHER... Appellant EN DIE STAAT... Respondent Coram: VILJOEN, JACOBS, ARR et BOSHOFF, WAR Verhoor: 16 September

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

LL Saak No 323/1986 IN DIÉ HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING. In die saak tussen: Appellant JOSEPH PIETERS.

LL Saak No 323/1986 IN DIÉ HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING. In die saak tussen: Appellant JOSEPH PIETERS. LL 1987-05- 21 Saak No 323/1986 IN DIÉ HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING In die saak tussen: JOSEPH PIETERS Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: RABIE WN HR, VILJOEN et BOTHA ARR VERHOORDATUM:

More information

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus KANT KIES VIR JESUS 669 Kant Kies Vir Jesus ` Een of ander plek in Louisville waar jy_jy eet, en dit word genoem^laat ons sien, Dogpatch Restaurant. Ek het vandag een gekry. As iemand daar eet, dan neem

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015 PROVINCE OF THE WESTERN CAPE Provincial Gazette Extraordinary PROVINSIE WES-KAAP Buitengewone Provinsiale Koerant 7453 7453 Tuesday, 21 Dinsdag, 21 Julie 2015 Registered at the Post Offıce as a Newspaper

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING) ERIC GELDENHUYS JANSE VAN RENSBURG. CORAM: NESTADT, NIENABER ARR et KRIEGLER WND.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING) ERIC GELDENHUYS JANSE VAN RENSBURG. CORAM: NESTADT, NIENABER ARR et KRIEGLER WND. Saaknommer 132/91 /al IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING) In die saak van: ERIC GELDENHUYS JANSE VAN RENSBURG Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: NESTADT, NIENABER ARR et KRIEGLER

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF) Saak nommer: CC384/2006 Datum: 14 Oktober 2010 HAAL DEUR WAT NIE VAN TOEPASSING IS NIE (1) RAPPORTEERBAAR: JA/N-E< (2) VAN BELANG/V1R

More information

Die Anglo-Boereoorlog *

Die Anglo-Boereoorlog * OpenStax-CNX module: m24577 1 Die Anglo-Boereoorlog * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA LL Saak No. 278/1982 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING Insake die appèl van: JOHANNES ZACHARIAS LE ROUX Eerate Appellant ANDRIES STEPHANUS LE ROUX Tweede Appellant GABRIEL STEPHANUS PETRUS

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Preek Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Reekstema: Hoe om in vrede en liefde met ander te leef Skriflesing: Gen 29:31-30:24 Hierdie verhaal handel oor die konflik tussen Ragel en Lea. Die rede

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Saakno: KS 6/05 Datum Verhoor: tot Datum Gelewer:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Saakno: KS 6/05 Datum Verhoor: tot Datum Gelewer: Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Saakno: KS 6/05 Datum Verhoor: 30 05 05 tot 14 06

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

FOURIE NO EN 'N ANDER v POTGIETERSRUSSE STADSRAAD 1987 (2) SA 921 (A)

FOURIE NO EN 'N ANDER v POTGIETERSRUSSE STADSRAAD 1987 (2) SA 921 (A) FOURIE NO EN 'N ANDER v POTGIETERSRUSSE STADSRAAD 1987 (2) SA 921 (A) 1987 (2) SA p921 Citation 1987 (2) SA 921 (A) Court Appèlafdeling Judge Joubert AR, Trengove AR en Hoexter AR Heard September 2, 1985

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES, Skat ek is soort van n langasem prediker. En sonder geleerdheid, skat ek ek klink ek nie na veel van n prediker vir party mense nie. En ek ek maak nie eens daarop aanspraak

More information

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING KOPIEREG VOORBEHOU//COPYRIGHT RESERVED DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING SKOOL VIR DIE BOU-OMGEWING/SCHOOL OF THE BUILT ENVIRONMENT FAKULTEIT INGENIEURSWESE, BOU-OMGEWING EN INLIGTINGTEGNOLOGIE

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018 Table of Costs for Conveyancing. As from April 01, 2018 2 Transporte en Verbande/Transfers and Bonds Tables calculated in accordance with the guidelines prescribed by the various Law Societies with Deeds

More information

AANBOD OM N DEELTITEL-EENHEID TE KOOP

AANBOD OM N DEELTITEL-EENHEID TE KOOP AANBOD OM N DEELTITEL-EENHEID TE KOOP 1. PARTYE 1.1 KOPER(S) (die "Koper") Adres: 1.2 VERKOPER(S): (die Verkoper ) Adres: 2. INTERPRETASIE In hierdie ooreenkoms het die volgende woorde die betekenis soos

More information

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI NORTHERN CAPE PROVINCE PROFENSI YA KAPA-BOKONE NOORD-KAAP PROVINSIE IPHONDO LOMNTLA KOLONI Provincial Gazette Kasete ya Profensi igazethi YePhondo Provinsiale Koerant Vol. 19 KIMBERLEY, 20 AUGUST AUGUSTUS

More information

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 May May 01, 2017

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 May May 01, 2017 Table of Costs for Conveyancing. As from May 01, 2017 2 Transporte en Verbande/Transfers and Bonds Tables calculated in accordance with the guidelines prescribed by the various Law Societies with Deeds

More information

DIE AFWEGING VAN BELANGE VAN GRONDEIENAARS EN PLAKKERS

DIE AFWEGING VAN BELANGE VAN GRONDEIENAARS EN PLAKKERS DIE AFWEGING VAN BELANGE VAN GRONDEIENAARS EN PLAKKERS JAH May 2004 DIE AFWEGING VAN BELANGE VAN GRONDEIENAARS EN PLAKKERS I Skripsie aangebied ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited 14 November 2014 Disclaimer:

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec Regulation Gazette No. 9460 Regulasiekoerant Vol. 547 January Pretoria, 28 Januarie 2011 No. 33967 2 No.33967 GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not

More information

Adv. A. J. Murphy ... Die Redakteur, Landbouweekblad Fax: Geagte Heer, I/S Boereregte om eiendom te beskerm- vervolg

Adv. A. J. Murphy ... Die Redakteur, Landbouweekblad Fax: Geagte Heer, I/S Boereregte om eiendom te beskerm- vervolg . Adv. A. J. Murphy No 5 Law Chambers, Villa Via, Harbour Island, Gordon s Bay 7150 Tel: 021 856 1343 Fax: 021 856 0664 Cell: 082 564 8270 adv.murphy@telkomsa.net 26 November, 2012 1 Die Redakteur, Landbouweekblad

More information

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD, Dankie vir die tyd. [Broer Neville sê: Amen. Red.] Ek het vir Broer Neville gesê: Is jy seker jy het nie n klein bietjie salwing vanmôre nie? 2 Ek kom hierheen om vir

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

DIE HOOGGEREGSHOF VAN Sl'ID-AFRIKA (TRAX5YAAL5E PR0VIX5IALE AFDELIXG) DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 (SIEX AKTE VAN BESKULDIGIXG)

DIE HOOGGEREGSHOF VAN Sl'ID-AFRIKA (TRAX5YAAL5E PR0VIX5IALE AFDELIXG) DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 (SIEX AKTE VAN BESKULDIGIXG) SAAKNOMMER: CC V52/S DIE HOOGGEREGSHOF VAN Sl'ID-AFRIKA (TRAX5YAAL5E PR0VIX5IALE AFDELIXG) 10 DELMAS 1966-04-24 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN 21 ANDER VOOH: SY EDELE REGTER VAX DI-JKHORST A5SESSORE:

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

Kopiereg Shama Bedienings   Bladsy 1 van 61 Kopiereg Shama Bedienings www.shama.org.za Bladsy 1 van 61 ISBN: 978-0-9946523-8-6 Kopiereg by Louwrens Erasmus Gepubliseer deur Shama Ministries Hierdie boek is gelisensieer vir eie gebruik. Indien die

More information

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016 LAERSKOOL ROODEKRANS BELEID TEN OPSIGTE VAN TOEKENNINGS BUITE-SKOOLVERBAND VIR UITSONDERLIKE PRESTASIE Beleid hersien: Me. T J van Rensburg Datum: 29 September 2016 Gekontroleer: Mnr. M Swanepoel Datum:

More information

Johannes Christiaan Kotze Beskuldigde 1. Paparona Andries Sithole Beskuldigde 2. Pieta Mampuru Mohlake Beskuldigde 3. Sello Frans Mphaka Beskuldigde 4

Johannes Christiaan Kotze Beskuldigde 1. Paparona Andries Sithole Beskuldigde 2. Pieta Mampuru Mohlake Beskuldigde 3. Sello Frans Mphaka Beskuldigde 4 SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy REPORTABLE IN DIE HOe HOF VAN DIE REPUBLIEK VAN

More information

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK, Julle mag maar sit. Dis goed om weer vanaand terug te wees. Dankbaar dat ons nou weer hierdie geleentheid het om die Here te dien. En nadat ek julle so lank gehou het gisteraand,

More information

veranderings. Dit is egter die wyse waarop daar aangepas word by hierdie veranderings wat dit positief of negatief maak. Die misdaadverskynsel is n

veranderings. Dit is egter die wyse waarop daar aangepas word by hierdie veranderings wat dit positief of negatief maak. Die misdaadverskynsel is n -i- VOORWOORD Die Departement Korrektiewe Dienste is lank reeds n dinamiese Departement wat voortdurend verander ten einde sy doelwitte te bereik. Penitensiêre Penologie word dan ook direk geraak wanneer

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information