Bybel - Media verslag

Similar documents
JAARVERSLAG. Vennoot in geloof en bediening

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Kerk Kry Moeilikheid

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Jesaja sien die Toekoms

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

J A A R V E R S L A G

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

ONS GEE OM VENNOOTSKAP VIR GROEI. mpa JAARVERSLAG

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

God se Woord. God se Wil

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Empathy Ouerhandleiding

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die plek van jou tent

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Wouter Snyman is een van die vindingrykste mense wat ek ken. Hy gee doodeenvoudig n heel nuwe perspektief op alles.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

VBO TWEEDE SEMESTER 2015

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Profetiese woord vir 2017 en verder

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Josua - van jongs af n leier

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Waar vind ek n genadige God?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Verdere Bedieningsonderrig (VBO)

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jaargang 16 - Uitgawe 2 26 Januarie 2018 REDAKSIONEEL

DIE AA NDBOODSKA PPER

WATERKLOOF AGS. n gemeente in die MISSIO DEI. netwerk van die APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. kerk GEMEENTEBELEID

2016/17 N GETUIENIS VAN GOD SE GENADE MIEDERPARK GEMEENTE SENDING/GETUIENIS BEDIENING

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

ONS GEE OM. mpa JAARVERSLAG

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Kerkspieël /2 GDN. Tien sterkpunte wat die spieël ons wys 12. Kerkspieël gee lidmate stem 4. Die spieël wys tien uitdagings 14

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Besprekingsvrae vir selgroepe

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

Transcription:

Bybel - Media 2016 Jaar- BI verslag 1 APRIL 2015 31 MAART 2016

Kontakbesonderhede E-pos bestel@bmedia.co.za Telefoon 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA Faks 021 873 0832 Posadres Bybel-Media Handel, Privaatsak X5, Wellington 7654 Webwerf www.bybelmedia.org.za

SÓ WAS ONS N VENNOOT IN GELOOF EN BEDIENING Bybel-Media se Jaarverslag vir 1 April 2015 tot 3 Maart 2016 Bybel-Media se waardes Bybel-Media (BM) is n kerklike diens wat Christelike inhoud vir geloofsvorming en bediening beskikbaar stel. Dit is ons verantwoordelikheid om toe te sien dat dié inhoud teologies verantwoord, maklik toeganklik, inklusief, oopkop en eg Suider-Afrikaans is en in n verskeidenheid formate beskikbaar is, as kursusse, gedruk en digitaal. Dit was dus besonder verblydend om hierdie verslagjaar af te sluit met die nuus dat BM vanjaar, sedert ons in 2007 weer boeke begin uitgee het, n wenner vir die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys opgelewer het. Annette Potgieter se Jong teoloë praat saam wat in 2015 verskyn het, het met dié louere weggestap. Dié prys word toegeken vir Christelikteologiese debuutwerke in n amptelike taal van Suid-Afrika. BM het, getrou aan die Woord van Jesus Christus, nougeset die ses waardes wat die kern van sy bestaan uitmaak, uitgeleef: respek lojaliteit verantwoordbaarheid integriteit uitnemendheid innovering RESPEK LOJALITEIT INTEGRITEIT VERANTWOORD- BAARHEID Verantwoorde- UITNEMEND- HEID INNOVERING BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016 3

BM se talle aktiwiteite word in drie hoofgroepe verdeel: Publikasies (boeke en tydskrifte) en elektroniese media, Bedienings en Hulpdienste. PUBLIKASIES EN E-MEDIA Bybelkor, LiG, Kerkbode, Mema, BM-musiek en Jeugfokus is van die handelsname wat deel uitmaak van Publikasies en e-media. Bybelkor en Jeugfokus Strategiese doelwit: Gebruikersgerigte gedrukte produkte vir gelowiges en geloofsgemeenskappe. Bybelkor Die afgelope boekjaar het 43 nuwe titels (2015: 33) (Bybelkor en Jeugfokus) en 42 herdrukke (2015: 32) verskyn. Nuwe publikasies kan verdeel word in: Bybelstudies 7 Teologie 4 Gemeenteprogramme 8 Doop en doopbediening 3 Aktueel 11 Jeug 5 Bediening 3 Seisoen van Menswaardigheid 2 Jeugfokus (kategeseprodukte) In samewerking met die Sinodale Taakspan vir Kategese word deurlopend kategeseprodukte ontwikkel. Ds Paul du Toit het vanjaar as deeltydse ontwikkelaar die LP3-reeks voltooi. Die sesjaarsiklus (vir laerskool) en die vierjaarsiklus (vir hoërskool) is klaar. BM finansier en dra die verantwoordelikheid vir die ontwikkeling van kategesemateriaal in die NG Kerk en die VGK. 4 BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016

LiG Strategiese doelwit: LiG se oorkoepelende strategie vir 2016 is om n tydskrif te skep wat geloofsgroei verdiep. Deur dié spesifieke aanslag probeer LiG om n asemskep-plek vir elke Christen-ma te wees en sáám met haar en haar gesin op haar geloofsreis te stap. LiG gee raad oor vrouwees, ma-wees en die huwelik. Deur mense se stories te vertel en praktiese raad te gee, inspireer, bemoedig en bring LiG hoop. LiG is veral gerig op mense wat hulle lewe binne n geloofsgemeenskap lei. Daarom fokus elke uitgawe op die kalender van die kerkjaar. Artikels en stories sluit by die kerkjaar aan, terwyl LiG meer artikels oor geloof as vantevore publiseer in gemaklike taal, maar nie oppervlakkig nie. Nuwe rubrieke, soos Idees met hart, gee aan gemeentes, kleingroepe of individue idees vir uitreikprojekte. Die Leef ligter-rubriek bied praktiese wenke oor hoe om God se skepping op te pas. Die NG Kerk en wyer Hierdie strategie word uitgevoer om die band tussen LiG en die NG Kerk steeds sterker te maak. Die hoop is dat hierdie verhouding n styging in gemeente-intekenare sal meebring. Soos die vorige jaar, toon LiG se ABC-syfer n daling. Die gedrukte mediabedryf in geheel is onder druk. LiG se verkoopsyfers volg dieselfde trant. Dieselfde diepte, maar ligter LiG is in 2015 op dunner papier gedruk om veral twee redes. Eerstens, om n ekologies-vriendeliker tydskrif te wees. Tweedens, om n bekostigbare publikasie op die rak te sit deur die omslagprys te verlaag. LiG se prys vergelyk baie goed met mededingers s n. Kerkbode Kerkbode bied vir gemeentes n publikasie wat vir hulle aantreklik is en inspirerende nuus bevat sodat hulle lus is om wéér, en selfs vir méér, in te teken. Kerkbode se gemeentebestellings het vanaf 14 607 in Maart 2015 tot 13 004 in Maart 2016 afgeneem. Die nuwe e-kerkbode wat die gedrukte koerant aanvul, gaan reeds uit na 5 800 e-pos-adresse. n Toepassing ( app ) vir Kerkbode word in die nabye toekoms voorsien. Jaarboek van NG Kerke Die Jaarboek bly n nuttige bron vir die Kerk. Van die 2016- uitgawe is 1 543 harde kopieë verkoop en 109 kopieë op CD. BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016 5

MEMA (elektroniese produkte en videogrepe) Strategiese doelwit: Gebruikersgerigte gedrukte produkte vir gelowiges en geloofsgemeenskappe, sowel as bemarkingsmateriaal. Videogrepe: Mema het oor die afgelope jaar 143 nuwe videogrepe, kortfilms en klankgrepe vervaardig. Daarvan was: - 15 bedieningsprodukte (videogrepe vir gebruik in gemeentes) - 15 videogrepe gekoppel aan gedrukte produkte - 50 produkte saam met vennote van BM - 3 produkte vir handelsdoeleindes - 3 CD s met kategesehulpmiddels Radioprogramme - 44 radioprogramme spesifiek vir LiG se bemarking - 13 radioflitse e-media (webtuistes, tablet- en slimfoon-toepassings) Strategiese doelwitte: Geïntegreerde webnetwerk, ontwikkeling E lektvan r o toepassings en die uitbreiding van n nuwe e-winkel. BM het n meerdoelige webtuiste vir webkommunikasie oor sy eie dienste asook as n diens aan die groter kerk. Die webnetwerk sluit n geïntegreerde soekfunksie, geoutomatiseerde nuusbriewe, vereenvoudigde bywerking en n eenvormige voorkoms in. Die webtuiste het reeds 63 subdomeine. Ontwikkeling van toepassings ( apps ) is n fokuspunt. Vyf verskillende toepassings is reeds gebou, en drie hiervan is vir sowel die Apple- as die Android-platform. Dit word goed in stand gehou en aanvullings word oorweeg. - Gereformeerde Liedboek (vir Android- en Apple-tablette) - NGK-liedboek (vir selfone en Apple-tablette) - Boodskap vir Vandag Op die oomblik is daar 918 produkte in BM se e-winkel. Nuwe produkte word deurlopend bygevoeg. 6 BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016

BM-musiek Strategiese doelwit: Verantwoordelike bestuur en uitbreiding van BM se musikale intellektuele eiendom. Ds Faani Engelbrecht word gekontrakteer om BM se doelwitte en belange te help bestuur. VONKK VONKK het aan die einde van die verslagtydperk n totaal van 288 liedere op die VONKK-webtuiste gehad. Daar is melodielyne met akkoorde, orrel- en/of klavierbegeleidings, volledige PowerPoints (met notasies en teks) asook n 30 sekonde lange demonstrasieoudiosnit van elke lied. Lisensiehouers kan n datastokkie koop waarop al die bladmusiek, PowerPoints en oudiosnitte is. Daar is 570 lisensiehouers, waarvan 69 vanjaar bygekom het. FLAM Musiek-uitgewers FLAM bestuur n katalogus van meer as 494 liedere. Die webtuiste, www.flam.co.za, het die afgelope jaar meer as 70 000 unieke besoekers gehad, en www.fluister.co.za verkoop slegs Suid- Afrikaanse MP3 s. FLAM se e-nuusbrief, Fuurhoutjie, is ook by die multiwerf-webtuiste geïntegreer. Megafoon is die nuusbrief van www.fluister.co.za. Liedboek van die kerk BM hanteer steeds die kopiereg, druk en verspreiding van die Liedboek van die kerk. Die Christian Copyright Licensing Institute (CCLI) behartig per kontrak die lisensiëring van 1 375 gemeentes vir die elektroniese projeksie van dié liedere. Dit sluit die 40 nuwe lisensiehouers in wat vanjaar bygevoeg is. BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016 7

BEDIENINGS voorgelê. Nehemia-Bybelinstituut Die Nehemia-Bybelinstituut (NBI) het sy eie direksie. Die lede se benoeming word vir goedkeuring aan die BM-direksie Vanjaar het 430 nuwe leerders deur die Wellington-kantoor vir die kursus geregistreer (vorige jaar: 461). Wellington het 818 aktiewe leerders gehad (vorige jaar: 925). Uit hierdie leerders het 256 Universiteit Pretoria-sertifikate verwerf (vorige jaar: 239). Altesaam 4 779 toetse is gemerk (vorige jaar: 5 501). 7 996 boeke is uitgestuur en 8 390 nuwe NBI-kursusboeke is gedruk (vorige jaar: 8 070 boeke uitgestuur en 6 895 gedruk). Agt nuwe leersentrums (Bybelskole) is gevestig (vorige jaar: 14). Shepherd Sentrum by die Universiteit Vrystaat het tot dusver 117 studente vir die NBI-kursus ingeskryf (vorige jaar: 14). Tantieme word op die kursus betaal. Statistiek oor vennote in ander Suider-Afrikaanse lande was ongelukkig nie betyds beskikbaar nie. In Indië het 5 970 studente n deel van die NBI-kursus in Tamil of Engels gedoen (vorige jaar: 4 915). Strategiese doelwitte 1. Bevorder verhoudings met belanghebbers Verlede jaar was daar besorgdheid oor n afname in studentegetalle. Die situasie het egter nou gestabiliseer, met hernude getallegroei wat wink. Daar is nou n totaal van 104 leersentrums. Die strategie om belanghebbersvergaderings in streke te hou, werp steeds meer vrugte af. Veral die versterkte verhoudings met die Bethany Bible School in Mthatha en Gatyana Bible School in Willowvale dien vermelding. Studentegetalle vir die NBI-kursus by die Shepherdsentrum styg noemenswaardig. Die afgelope jaar was daar meer as 100 studente teenoor die 27 van die vorige jaar. Dit was ook geen moeite om hulle tantieme te bekom nie. 2. Versterking van samewerking met opleidingsvennote Uitstekende vordering is gemaak met die akkreditasieproses van die Quality Council for Trades and Occupations (QCTO) en die South African Qualifications Authority (SAQA) asook die vestiging van die professionele liggaam Association for Christian Religious Practitioners (ACRP). (Dit is die professionele liggaam se naam ná amalgamasie met SAAP, die South African Association for Pastoral Care.) 8 BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016

Twee beroepskategorieë is reeds geregistreer, naamlik Religious Practitioner (NKR 2) en Specialist Religious Practitioner (NKR 5). NBI speel n fundamentele rol in die hele proses en hoop om een van die eerste geakkrediteerde instellings te word. Belangrike veranderings aan die kursus en veral assessering sal egter nog gemaak moet word. Vertaling bly n wesenlike strategiese strewe. Goeie vordering is met die Tsonga- (Shangaan-) vertaling gemaak. Die Tswana-vertaling sal alleen gedoen kan word indien n donateur daarvoor gevind word. 3. Inskakeling van die Sokhanya-Bybelskool Die Sokhanya-Bybelskool is sedert die begin van die jaar volledig en suksesvol by NBI geïntegreer. Dit bied opleiding aan gemeenteleiers op n meer basiese vlak as die NBI. Pastoor Mohau Motenana het vanaf Januarie 2016 as koördineerder vir die Sokhanya-Bybelkursus in die NBI-kantoor begin werk. Sy taalvaardigheid in Sesotho (en Setswana), Xhosa (en Zoeloe), Engels (en ten dele Afrikaans) voeg werklik baie waarde tot die departement toe. Tot met sy aftrede in Junie sal dr Danie van Zyl hom nog mentor. Die Sokhanya-vennootskap (wat uit enkele gemeentes en die Getuieniskommissie van die Wes-Kaap bestaan) sorg dat dié diens bekostig kan word. 4. Uitbouing van finansiële volhoubaarheid Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die aansoek om Artikel 18abelastingvrystelling goedgekeur. Hopelik sal dit skenkings vir meer donateurs aanlokliker maak. Die finansiële jaar sluit af met n surplus van R55 364, veral danksy stabiele studentegetalle en goeie verkope van kursusboeke. Wat bemarking betref, versprei die NBI jaarliks een nuusbrief, dateer die webtuiste gereeld op en het n goeie Facebook-teenwoordigheid. 5. Personeel Sedert Januarie 2016 is Phaphile Celesi die nuwe prinsipaal. Hennie van Deventer fokus nou op sy funksies as hoof van die Departement Bedieninge, waarvan die NBI n deel is. Hy wil ook die gevangenebediening verder uitbou. Nkululeko Pelem het as registrateur by Lenie Carstens oorgeneem. Ria de Vos het afgetree as NBI-nasiener. Dié werk word nou uitkontrakteer. Gevangenebediening en kursusse in verskillende tale Strategiese doelwitte: 1. Versterking van samewerking met godsdienswerkers, gevangenisowerhede en ander vennote Verskeie inisiatiewe om verhoudings met tronkhoofde en geestelike werkers te bou is aangepak. Daar is 300 Kerskaarte saam met die boek Socially acceptable aan hulle gestuur, met goeie reaksie. Daar BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016 9

is ook 1 000 handgemaakte Kerskaarte (in samewerking met die NG gemeente Wellington-Oos) aan vyf tronke uitgedeel, elkeen met n gefrankeerde koevert sodat gevangenes persoonlike kaarte aan familie kon stuur. 2. Momentum aan die bediening in Afrika-tale Die Zoeloe-weergawe van die vier boeke in die Lewe met hoop-reeks verskyn binnekort. Nuwe Sotho- en Tswana-tekste is broodnodig, aangesien nuwe boeke in dié tale lanklaas verskyn het. Dit beïnvloed die aantal studente vanuit dié taalgroepe. Afgesien van die verskyning van Val Hamman se boeke The only way out en Socially acceptable, is twee nuwe publikasies van haar ook gereed: Your life, your choice! en My pledge: Committed to change. Alle drukwerk vir publikasies van die gevangenebediening doen BM self. 4. Personeel Dalene Jooste het ná 32 jaar afgetree, al sal sy steeds deeltyds betrokke bly. Mercial Adonis neem meeste van haar werk oor. Wena van Wijk, betrokke sedert 1980, het ook finaal die tuig neergelê. Statistiek (vorige jaar tussen hakies): Die personeel hanteer 9 104 (8 135) kursusversoeke en ander navrae. Hulle versprei 7 418 (7 992) gratis kursusse aan gevangenes, werkloses en skoolkinders. 3 039 (3 022) sertifikate word toegeken 2 978 (2 891) vir kursusse in verskillende tale en 61 (131) vir gevorderde kursusse. 741 (645) nuwe studente registreer vir kursusse. Pastorale beraders hanteer 812 (865) persone se vrae en probleme (438 Afrikaans en Engels; 178 Tswana, Sesotho en Noord-Sotho; 193 Zoeloe en Xhosa; 3 Portugees). Deelname aan kursusse in verskillende tale: Zoeloe 71 (76); Xhosa 212 (210); Noord-Sotho 6 (3); Tswana 35 (25); Sotho 66 (61); Portugees 5 (4). Atlete vir Christus Soos gewoonlik is daar weer goeie ondersteuning van Atlete vir Christus vir die gevangenebediening ontvang. Die entoesiasme van dié jongmense om die evangelie te verkondig, is aansteeklik. Goeie Nuus Media (GNM) Altesaam 2 513 items (2015: 2 213) is versprei. Dit sluit in Audibibles, rugsakke, drasakke, blaaiboeke (LLL-reeks), prenteboekies, Sondagskoolboekies en GNM-programme in verskillende tale. Borgskappe maak die grootste deel van hierdie verspreiding moontlik. Werk in Indië BM het in die afgelope jaar die werk van pastoor Sam Salva Raj en sy span in Indië met n subsidie van R455 000 onder- 10 BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016

steun. Dié geld word hoofsaaklik gebruik vir die druk van Bybelstudies en die Echo of his call -nuusbrief (gepubliseer in 16 tale), asook vir ondersteuning vir die Nehemiah Bible College. 48 101 persone het vir die Bybelkor-kursus New Life for you! ingeskryf (23 583 in Tamil, 12 708 in Engels en 11 810 in Hindi). Die korrespondensiekursus vir die NBI het 51 leersentrums, selfs in Nepal en Bangladesj. Vir die kursusse in Tamil en Engels het 5 970 studente geregistreer. Hugenote-Bybelinstituut (HBI) Hugenote Kollege (HK) bied vanaf 1 Januarie 2016 n nuwe tuiste vir die HBI. Die HBI bly n gesamentlike aktiwiteit van BM en HK. Twee verteenwoordigers uit BM-geledere dien steeds op die Beheerraad. Boodskap vir Vandag n Geestelike dagstukkie, spesiaal vir BM geskryf, gaan daagliks uit na meer as 8 765 e-pos-intekenaars. Daar is 8 188 aktiewe toepassing- ( app -) gebruikers. Die boodskap is veral gerig op mense wat nie meer elke dag tyd vir stiltetyd het nie en dit volg in hooftrekke die Leesrooster se tekste. Die reaksies op hierdie dagstukke bevestig die diepe waarde van hierdie bediening. Luisterseisoenpreke In samewerking met n preekgroep van Port Elizabeth word weekliks n preekvoorstel, tesame met n voorgestelde liturgie en ondersteunende PowerPoints, gratis vir predikante se gebruik op die internet geplaas. Dit volg die Leesrooster en die model van die Luisterseisoen. Kruisgewys Kruisgewys het vanjaar drie maal verskyn. Meer as 3 000 kerken gemeenteleiers van n verskeidenheid denominasies ontvang dié blad gratis. In samewerking met die Gemeentedienstenetwerk, stel Kruisgewys op n bevatlike wyse leiers aan nuwe teologiese denke bekend, veral binne die veld van gemeente- en kerkpraktyk. Bybel-Media-Cordis Trust-prys In samewerking met die Cordis Trust van dr Fanie Marais kon BM vir die derde maal die Bybel-Media-Cordis Trust-pryse vir kinder- en familielektuur toeken. n Lux Verbi- en CUM-boek was onderskeidelik die gelukkige wenners. Dr Chris van Wyk van Somerstrand het vanjaar n spesiale toekenning ontvang as n medewerker met n Bybel-Media-verbintenis. Dr Pieter Fourie is vereer met die Orde van die Lamp as n spesiale toekenning vir n individu se besonderse bydrae tot die uitdra van die boodskap van hoop. BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016 11

Andrew Murray- en Andrew Murray- Desmond Tutu-prysfonds BM het weer eens (vanaf vanjaar saam met die CLF) die administratiewe huis vir hierdie prestige-pryse verskaf. Dit behels rekenkundige, sekretariële en administratiewe dienste wat nodig is om die prysfonds suksesvol te laat voortgaan. Christian Aids Bureau (CABSA) Hierdie organisasie beywer hom vir vigs-voorkoming en stry teen gender-diskriminasie en -geweld. BM huisves hulle gratis in die Ferguson-gebou op Wellington. HULPDIENSTE Strategiese doelwit: Om die uitnemendste diens moontlik aan al die media-projekte van BM op die mees kostedoeltreffendste manier te lewer. Fondswerwing BM se lojale donateurskorps het finansiële spierkrag aan die organisasie verleen om weer eens n besondere diens aan die Christelike kerkgemeenskappe te kon lewer. Dié donateurs vertrou BM as vennoot om n belangrike deel van die koninkrykswerk te doen. Talle spreek spesifiek hulle tevredenheid oor BM se gehalteprodukte uit. Voeg hierby die honderde donateurs wat getrou voorbidding doen en goeie wense stuur, al kan hulle nie self op die oomblik n bydrae gee nie. Dit vertel nog méér van ons donateurs. Dat die uitdagings vir die fondswerwingsdepartement vanjaar sedert 2006 die grootste was, is nie te betwyfel nie. Ekonomiese omstandighede beïnvloed werkskepping en -geleenthede. Van oraloor gee donateurs en ondersteuners dieselfde boodskap deur: Ons wil graag (meer) gee, maar trek self swaar! Dié boodskap kom vanaf gemeentes, individue en sakeondernemings. Tog was 2015-2016 n geseënde jaar, al het die netto inkomste teenoor die vorige boekjaar met 9% gedaal. Die fondswerwingstrategie is nougeset nagevolg. Fondswerwingskanale 2015-16: Debietorders: Sedert 2006 val die fokus van fondswerwingsaksies ál meer op die werwing van debietorders by individue en sakeondernemings. Ten spyte van debietorders wat wel vanjaar gekanselleer is, is die oorgrote meerderheid bestaande debietorders verhoog of aan- 12 BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016

gevul met nuwe debietorders. Gevolglik het die debietorderinkomste se randwaarde in 2015-2016 met 2% gestyg. Debietorders verteenwoordig byna 78% (2014-2015: 72%) van die totale inkomste. Hierdie kanaal is dus BM se vernaamste kragbron. Daarom is gereelde kontak en terugvoer so belangrik. Poswerwingsprojekte sluit in werwingsprojekte (nuwe adresse), Kersfeesprojekte en nuusbriewe vir drie afdelings van BM, naamlik Bybelkor, Mema-Media en Goeie Nuus Media. Spesiale projekte behels die Bybelkor Boodskappersprojek, Jesus vir Almal (JVA)-projek en n damesprojek. Vir bogenoemde twee kategorieprojekte gee donateurs bydraes in kontant, maak direkte inbetalings of doen kredietkaarttransaksies. Die inkomste uit dié projekte het die laaste twee jaar egter heelwat afgeneem, deels as gevolg van ekonomiese faktore en deels weens die swak diens van die Poskantoor. In 2010 het die Bybelkor- Kersfeesprojek n 19,8%-respons gehad. Nou het dit tot 7,6% gedaal. Gemeentes: Alle pogings word aangewend om BM beter by die gemeentes bekend te stel. Elke ses maande gaan n skriftelike brief en Groeinuus (nuusbrief) na elke gemeente. Dié brief bevat inligting oor moontlike preekbeurte, spesiale kollekte, Toerustingsondag, Kruisgewys, preeksketse, gratis Boodskap vir Vandag en BMH-dienste. Verskeie e-nuusbriewe uit die Ferguson-gebou ondersteun dié aksies verder. Erflatings: Inligting word op die webwerf gegee. Donateurs kry die spesiale inligtingspamflet oor testamente periodiek. Boedelinkomste wissel van jaar tot jaar. Die geouditeerde finansiële state by die administrasiedepartement gee n volledige prentjie van die jaar se fondswerwingsaktiwiteite. Aksies om strategie te verbreed Artikel 18A-belastingvrystelling vir die NBI. Koppeling van die NBI-fondswerwing aan GivenGain wat donasies vanaf enige plek in die wêreld moontlik maak. n Facebook-blad by die NBI-webtuiste om sigbaarheid van dié aksie uit te brei. Lojaliteitsprojek: n Sertifikaat van waardering is aan elke donateur gestuur wat reeds 10 jaar of langer n gereelde bydrae vir BM gee. E-pos-fondswerwingsprojekte is uitgebrei. Dit is nog nie besonder suksesvol nie. Veldwerkers en bemarkers: Voortgesette opleiding en begeleiding vir die huidige veldwerkers en bemarkers word deurlopend gedoen. Spesiale aandag is aan die werwing van nuwe bemarkers gegee. Vier het aanvanklik begin, waarvan drie in verskillende stadiums van die opleiding onttrek het. In Centurion is me Ilse Ferreira aangestel. Naas die fondswerwing vir veral NBI, behartig sy ook NBI se Facebook-blad, besoek gemeentes en radiostasies en stel oraloor die bedieninge (GNM en gevangenisbediening) bekend. BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016 13

Administrasie en Finansies Die Departement Administrasie en Finansies doen n baie goeie werk om verantwoording van alle aktiwiteite te doen en elke administratiewe en finansiële taak deeglik te dokumenteer. Die afdeling het, soos gebruiklik, weer n uitstekende ouditverslag ontvang. Bybel-Media Handel Bybel-Media Handel (BMH) het n baie geseënde jaar beleef. Die jaarlikse omset het die begroting met 16% oorskry. Dit was te danke aan uitstekende publikasies wat die lig gesien het asook die Jeugfokus-afdeling (kategesemateriaal) wat uitgeblink het. Daar was definitief n tendens van gemeentes wat teruggekeer het na die gebruik van kerk-eie kategesemateriaal. Gedurende die finansiële jaar is daar 86 817 produkte verpak, versend en gefaktureer teen n brutowins-persentasie van 59%. BMH behartig ook uitstallings by talle sinodes en ander kerkvergaderings. BM Druk en Versending Die nuwe drukker wat geïnstalleer is, het danksy die nuwe tegnologie daarvan die bestaande boekdruktyd (en gevolglik ook die prys) van veral die NBI-kursusboeke met bykans 50% verminder. Baie dankie Aangesien ek in Desember vanjaar aftree, is dit my laaste jaarverslag waarvoor ek verantwoordelik is. Dit was inderdaad n voorreg om langer as tien jaar te werk vir n organisasie met sulke toegewyde en bekwame personeel, n belangstellende direksie en n groot skare lojale ondersteuners. Mag die saad wat ons gesaai het, op die regte tyd vrugte dra Pieter Fourie (Uitvoerende Hoof) Die senior bestuurspan: Pieter Fourie (Uitvoerende Hoof) Nico Simpson (Publikasies en e-media) Neels Jackson (Kerkbode) Francine van Niekerk (LiG) Hennie van Deventer (Bedienings) Phaphile Celesi (NBI) Hans Steyn (Fondswerwing) Hannelie Matthee (Administrasie en Finansies) Jan Wentzel (Bybel-Media Handel) Direksielede: Ds DW Mouton (voorsitter) Mnr AJ Basson Ds FJ Cillié Ds IA van Tonder Dr Z van der Westhuizen Mnr JH Vosloo Me JM Kotze Me EC Bezuidenhout Dr G Claassen (adviserend) 14 BYBEL-MEDIA JAARVERSLAG 2016

Kontakbesonderhede E-pos bestel@bmedia.co.za Telefoon 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA Faks 021 873 0832 Posadres Bybel-Media Handel, Privaatsak X5, Wellington 7654 Webwerf www.bybelmedia.org.za N