Waar vind ek n genadige God?
|
|
- Alexandrina Lawrence
- 6 years ago
- Views:
Transcription
1 Jaargang 18, Nr. 1 Mrt 2017 Kobus Sandenbergh Een van die vrae wat die wêreldgeskiedenis verander het, was Martin Luther se vraag: Waar vind ek n genadige God? In die Rooms-katolieke kerk van sy dag het Martin Luther net van n veroordelende en streng God gehoor. In sy soeke na innerlike vrede het hy gevas en dae lank die Bybel gelees en gebid, maar die vrede het hom bly ontwyk. In een van sy lesings aan studente oor Romeine, het Rom 1:17 hom aangegryp: Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe. Dit het ʼn keerpunt in sy lewe en ook vir ons as Protestantse gelowiges gebring. Ons word gered deur genade alleen, omdat ons glo. Geen verdienste of betaling of prestasie van ons kant af is nodig om vergifnis te ontvang nie. Ons lewe is deurspek met dankbaarheid, omdat God so genadig teenoor ons is. So ʼn geborgenheid en aanvaarding was nog altyd deel van Weltevreden se DNA. Gelowiges voel nog altyd welkom, al is daar verskillende opinies en standpunte; ons soek saam na die oplossings terwyl ons na die Here en na mekaar luister. God se genade het my hart aan die brand gesteek. Daarom het ek hoop en kan ek met entoesiasme aan die toekoms werk. Een van Luther se liedere het hom staande gehou ten spyte van vervolging en teenstand en ons sing dit vandag nog: Hou Christus self sy kerk in stand (Lied 477). Ja, 500 jaar later kan ons dit steeds beaam: God hou self ook die NG Kerk in stand! Bekende gesegdes van Martin Luther: I have held many things in my hands, and I have lost them all; but whatever I have placed in God s hands, that I still possess. Even if I knew that tomorrow the world would go to pieces, I would still plant my apple tree. Let the wife make the husband glad to come home, and let him make her sorry to see him leave. Vind ek nog ʼn genadige God in NG Weltevreden? Hoor ek nog daardie uitnodiging om uit genade alleen gered te word? ʼn Lewende Kerk is een wat die verlede onthou, in die teenwoordige leef en vir die toekoms werk. Ons moet die verlede onthou, maar ook in 2017 leef in die uitdaging van Johannesburg en Suid-Afrika. Die volgende vraag in die stad is ook die verlange om te behoort, om aanvaar te word. Waar vind ek ʼn kerk waar ek aanvaar word vir wie ek is, met God se liefde?
2 Finansiële vooruitsigte vir 2017/18 Die 2016/17 finansiële jaar is iets van die verlede. Die gemeente was geseënd om ʼn begrote tekort van R te verminder tot ʼn werklike tekort van R Die Kerkraad is innig dankbaar vir elke finansiële bydrae wat deur ons lidmate gemaak is. Eddie Mantle Die grafiek regs toon die inkomste en uitgawes sedert Dit toon dat die Kerkraad nog altyd met groot omsigtigheid te werk gaan met die fondse wat aan hulle toevertrou word. Die 2017/18 finansiële jaar het reeds afgeskop. Gedurende hierdie jaar benodig NG Weltevreden gemiddeld R per maand om alle bedieninge en projekte effektief aan te pak, te bestuur en af te handel. In die nuwe finansiële jaar beplan ons om 22% van ons fondse te bestee op Diep vriende, 22% op Elke generasie, 38% op Deernis aan weerloses en 18% op Vreemde gasvryheid. Die grafiek links toon ons finansieringsbronne. Maandelikse dankoffers en offergawes tydens eredienste maak 85% van ons befondsing uit. Maandelikse dankoffers word meestal ontvang deur middel van debietorders, aftrekorders, koevertjies en elektroniese oorbetalings. Ons is geweldig bekommerd daaroor dat slegs 520 lidmate tans deur middel van dié vier metodes ʼn bydrae maak; dit verteenwoordig ongeveer 12,96% van ons lidmate. Sedert 2012 het die getal bydraers afgeneem vanaf 648 tot die huidige 520 ʼn daling van bykans 20%. Die volgende grafiek toon die gemiddelde dankoffer, offergawe, totale inkomste en totale uitgawe per maand, gemeet aan ons geraamde 4000 lidmate. Die grafiek toon dat ons totale inkomste per lidmaat per maand sedert Februarie 2012 met slegs R4.34 toegeneem het. Daarteenoor het ons uitgawes gedurende dieselfde periode met bykans R27.00 per lidmaat toegeneem. Ons begrote uitgawes oorskry die inkomste dus met sowat R22.00 per lidmaat. Gemeet aan ons totale aantal lidmate, is ons maandelikse begrote tekort ± R Ons doen ʼn beroep op gemeentelede om Indien u nog nie oorbetalings deur middel van ʼn debietorder, aftrekorder of elektroniese oorbetaling maak nie, ernstig te oorweeg om dit wel te doen As u reeds ʼn bestaande bydraer is, u bydrae marginaal aan te pas U offergawes tydens eredienste marginaal te verhoog. Baie dankie aan elke gemeentelid wat getrou maandeliks n finansiële bydrae maak! Kontak gerus vir Tersia by die kerkkantoor op om jou huidige debietorder aan te pas. 2 WELTEWOORD I Maart 2017
3 Tanya Krause Ds Kobus en Linda Sandenbergh is vandeesmaand 30 jaar by NG Weltevreden. Wat ʼn wonderlike seën is dit nie vir die mense van NG Weltevreden wat daagliks met hulle in aanraking kom nie! Ons het ʼn bietjie met Ds Kobus gesels oor die afgelope 30 jaar in die gemeente. Vertel ons ʼn bietjie meer van jou kleintyd Ek het grootgeword in Germiston waar my pa predikant was in Lambton-gemeente. Daar word deesdae baie met die Oosrand gespot, maar vir my was dit gelukkige jare. Ek is die jongste van vyf kinders. Wanneer het jy besluit om predikant wou word? Ek het aanvanklik weerstand gebied daarteen om ook predikant te word. Ek het my roeping egter in 1972 op n skoolverlaterskamp gekry en daarna aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer. Ek was een van die min wat nog nie getroud was aan die einde van my studies nie, dus het ek nie omgegee waarheen ek uitgeplaas word vir diensplig nie. Ek is uitgeplaas na Natal se HK in Durban, voor op die strandfront. Ek was ook vir drie maande aan die grens, maar die diensplig was nogtans n goeie ervaring. En na jou studies en diensplig? Tydens my dienspligplasing het ek vir Linda ontmoet. Haar pa was predikant in Berea-gemeente en ons is in 1981 op my verjaarsdag getroud sodat ek nooit ons herdenking kan vergeet nie! Ons was vir drie jaar in ons eerste gemeente in Unitaspark, Vereeniging en ook vir drie jaar in Constantiakruin in Florida. Daar is ons oudste seun, Herkie, gebore. Op 9 Maart 1987 is ons in Weltevreden bevestig. Karl en Jako is hier gebore en ons drie seuns het hier grootgeword. Hoe het NG Weltevreden verander oor die afgelope 30 jaar? NG Weltevreden se kerkgebou is in November 1985 ingewy. Dit was n klein gemeente met net oor die 500 lidmate en n groot kerkgebou met sitplek vir 700 mense. In daardie jare het ons baie fondsinsamelings gehou om die kerkgebou af te betaal koeksisters gebak, wors gemaak en basaar gehou. Vandag is ons ʼn groot missionêre gemeente wat na binne versorg en na buite n verskil in die omgewing wil maak deur die evangelie te leef. Ons eredienste het elk sy eie karakter en aanbiddingstyl, wat die verskillende generasies in hul eie idioom wil bedien. Weltevreden is een van die min NG-gemeentes waar 66% van die lidmate onder 40 jaar oud is en ons meer as 100 babas per jaar doop. Ons het n uitgebreide span van vier leraars, ʼn maatskaplike werker, bemarkingskoördineerder, jeugwerker, musiekdirekteur en kantoorbestuurder. Wat is vir jou die lekkerste van deel wees van NG Weltevreden? Weltevreden was nog altyd n ontvanklike gemeente waar nuwe mense tuis voel omdat daar n openheid vir nuwe vriende is en goeie vriendskappe ontwikkel. Die liefde vir die Here vloei spontaan oor in aksie. Telkens wanneer daar n behoefte bekend gemaak word aan byvoorbeeld kos vir die koskas of Bybels vir Mosambiek gee lidmate oorvloedig. Linda is altyd aan jou sy. Watter rol het sy gespeel in jou 30 jaar by NG Weltevreden? Linda ondersteun my in alle opsigte in die bediening en ons werk as n span saam. Sy het in die beginjare al die gewone verpligtinge van n predikantsvrou, soos Kinderkrans en Vrouediens nagekom. Sy was ook vir tien jaar lank koster en tien jaar lank koördineerder in die kerkkantoor. Deesdae help sy by die klank en rekenaar in die kerk en elders waar daar hulp nodig is. Wat was vir jou sover die hoogtepunt van die 30 jaar? My droom vir my bediening was om deel te wees van n gemeente waar gelowiges met verskillende spiritualiteite ʼn plek sou vind om te aanbid. Ek het opgegroei in die kerk toe die liturgie van elke erediens in elke gemeente in die land dieselfde was. Sommige mens vind die Here in stilte en tradisionele eredienste, ander weer in lofprysing en aanbidding. Dit realiseer al meer en meer in Weltevreden, met aanbiddingshoogtepunte soos byvoorbeeld die Paas- en Kerssangdienste saam met die ensemble. Uit die aanbidding kom die groei om nie net na binne gekeer te wees nie, maar ook in jou omgewing ʼn impak te maak te Lewe vir die Stad. Dit is goed om te sien hoe die groei in bediening die behoefte aan ʼn groter bedieningspan in meer lokale laat ontstaan het. Die aanbou van die kategeseklasse, koffiewinkel en later die kapel was ook vir my hoogtepunte. Wat is jou wens vir NG Weltevreden vir die toekoms? n Gemeente is ʼn netwerk van verhoudings wat vloei uit ons verhouding met die Here, ook na mekaar. Hoe groter ons word, hoe makliker kan ons n stelsel of n projek word wat bestuur word. Mag ons nooit die diepte van persoonlike verhoudings en omgee verloor nie, want dit vloei ook oor om in jou omgewing sigbaar te word. Maart 2017 I WELTEWOORD 3
4 Die gemeente het heerlik saamgekuier by hierdie jaar se Kuierf roosterkoek, kerrie en rys, kaas en wyn, Slush Puppies en vele m die kinders was teen die einde van die aand moeg gespeel. Baie hard gewerk het om van die aand ʼn groot sukses te maak. Diep V ʼn Spesiale woord van dank aan Ds. Hettie wat elke jaar die toutj hou en sorg dat ons lekker kan saamkuier.
5 ees op Vrydag 10 Maart. Almal het gesmul aan die pannekoek, eer. Die Magic Photobooth het spesiale oomblikke vasgevang en dankie aan elkeen wat die aand ondersteun het en diegene wat riende is nie verniet een van die waardes van ons gemeent nie! ies van feeste soos die Kuierfees en basaar suksesvol bymekaar
6 Tanya Krause 6 Saret Britz is NG Weltevreden se nuwe gemeentebestuurder. Sy glo, soos Ester in die Bybel, dat ʼn mens op ʼn bepaalde tyd op ʼn bepaalde plek is omdat jy daar nodig is, en dat sy dus by NG Weltevreden beland het met ʼn doel. Sy is deeglik bewus daarvan dat hier met groter sake as net ʼn besigheid gewerk word. Saret is gebore en getoë in Johannesburg en n stadsjapie in murg en been. Die stad is waar sy lewendig voel. Sy laai haar batterye wanneer sy die stadsliggies sien en die gesuis van die N1-snelweg haar aan die slaap sus. Saret was in Hoërskool Randburg en het by RAU (nou UJ) studeer. Sy het haar man, Neil op skool ontmoet. Hulle het saam gematrikuleer en is reeds 18 jaar getroud. Celia, hul 16-jarige dogter, hoop om eendag haar pa se ingenieurskoene vol te staan, terwyl Jan-Rudolf, 10 jaar oud, hom gereeld op die verhoog in die kollig bevind met drama, sang en as redenaar. In ʼn neutedop kan ʼn mens seker sê die Britze is ʼn tipiese voorstedelike huisgesin wat van dag tot dag die lewenslesse wat na ons kant toe kom probeer hanteer, sê Saret. Saret het wye draaie geloop voordat sy by NG Weltevreden aangesluit het. In haar eerste pos as dosent in Ekonomie, Bedryfsekonomie en Entrepreneurskap het sy reeds besef dat ʼn mens ʼn langtermynperspektief moet behou op die hier en nou. Toe sy haar in die ongenaakbare wêreld van die internasionale konferensie-industrie bevind het, het sy geleer dat daar altyd ʼn uitweg is uit moeilike omstandighede. Soms moet ʼn mens ʼn bietjie harder dink aan ʼn oplossing en tou opgooi is nie een van die alternatiewe nie. Toe ek my eie konferensiebesigheid vir bykans agt jaar bestuur het, het ek uitgevind dat om ʼn persoon van integriteit te wees jou soms duur te staan kan kom, maar dat die opbrengs (nie altyd in randwaarde nie), soms ontelbaar groot is, vertel Saret. Sy het ook vir agt jaar as bestuurskonsultant by Fontainebleau Gemeenskapskerk gewerk waar sy baie kon groei as mens. Sy is na vyf maande by NG Weltevreden steeds kinderlik opgewonde oor die moontlikhede wat die gemeente bied. Ek leer steeds elke dag WELTEWOORD I Maart 2017 iets nuuts en my persoonlike uitdaging is om elke dag vir iemand ʼn verskil te kan maak. Saret se motto is Of die lewe jou maal of poleer hang af van die stof waarvan jy gemaak is. Sy pak elke dag met ʼn positiewe gesindheid aan, want sy glo jou gesindheid is dit wat jou oor die hekkie kan laat vlieg of in die hek kan laat duik. Sy probeer ʼn lewe van integriteit leef en hoop dat die lewe haar sal poleer sodat sy haar volle potensiaal sal bereik. Haar ervaring sover is dat NG Weltevreden ʼn warm en hartlike plek is waar mense vir mekaar omgee. My oë is nie toe vir die uitdagings in die gemeenskap nie, ek sien swaarkry maar terselfdertyd sien ek ongekende meelewing en omgee vir mekaar. Die eredienste is elke keer vir my ʼn heerlike verrassing. Ek is opgewonde oor die gemeentestatistiek wat wys dat ons hier werk met ʼn jong en groeiende gemeente. Maar ek herinner my ook gedurig dat Generasie X juis die mense is wat ons die minste verstaan, wat hulle die moeilikste verbind aan ʼn instelling soos die kerk en wat jou die meeste uitdaag indien jou oggend- en aandpraatjies nie ooreenstem nie. Ek sou graag meer van hierdie generasie mense (gebore in die jare 1960 tot vroeg 1980 s) betrokke wou maak by kommissies van die gemeente sodat ons werklik kan luister na hul stemme. Saret is opgewonde om met ʼn baie bekwame span kantoorpersoneel te werk wat regstaan vir enige uitdaging wat die gemeente bied, en nie huiwer om te vra vir hulp wanneer ʼn probleem te groot lyk nie. Sy sê dit is heerlik om te werk met predikante wat die gemeente se waardes werklik in hul harte dra. Mense se opregtheid en eerlikheid, ook in hul broosheid, maak van die werkplek ʼn omgewing waar ʼn mens veilig voel. Wanneer Saret nie die gemeente bestuur nie, spandeer sy graag tyd saam met haar familie. Een van hul gesin se grootste drome is onlangs bewaarheid toe hulle ʼn vakansie in Disneyland, Orlando kon geniet, waar hulle kosbare herinneringe opgebou het.
7 Ferreira Marais Romeine 10:9 sê As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Hierdie jaar se belydeniskamp en belydenisaflegging was wonderlike geleenthede. Jongmense wat opstaan en self verantwoordelikheid neem vir hulle geloof is in ons moderne tyd waarlik ʼn wonderwerk. Ons gemeente is geseën met ʼn klomp jongmense wat Jesus opreg liefhet en Hom altyd sal bly soek. Die wonder van Jesus is juis dat Hy altyd sal aanhou om ons lief te hê en nooit, volgens Johannes 10:28, sal toelaat dat enigiets ons uit Sy hand ruk nie. Die jongmense van vandag moenie onderskat word nie; hulle beskik oor baie wysheid. Ons kon dit sien en hoor op die kamp waar baie goeie gesprekke gevoer is en goeie vrae gevra is. Dankie aan elke jongmens wat sy/haar hart en geloof op 19 Februarie met die gemeente gedeel het. Baie geluk dat jy die moed gehad het om voor ʼn klomp mense op te staan en jou geloof in Jesus te bely. Mag jy altyd bly soek na Sy wil, Hom eer in goeie tye en Sy naam aanroep in tye van swaarkry.
8 Huis Erasmus Die sewe dogters van Huis Erasmus is onlangs deur twee van ons vrywilligers, Marie du Toit en Wilmien Botha, besoek wat hulle bederf het met heerlike eetgoedjies en toiletware. Die dogters waardeer dit altyd so baie! Dankie aan al die vrywilligers wat gereeld help met pakkies vir die dogters. NG Weltevreden is geseënd om reeds 18 jaar by Huis Erasmus betrokke te wees. Soos met al die wonderlike projekte waarby die kerk betrokke is, kan ons nie ʼn verskil maak in mense se lewens sonder die ongelooflike vrywilligers wat hul harte oopmaak vir al die kinders, oumense en ander mense in nood nie. Indien jy graag betrokke wil raak by enige van NG Weltevreden se projekte, skakel gerus ons Direkteur van Versorging, Alda Boer by ʼn Groep manne het onlangs onder leiding van Callie Roos, oud-soldaat, kapelaan in die verkenningsmagte en motiveringspreker, nagedink oor die tema ʼn Lewe van sin en betekenis in die beleweniswêreld van mans. Waardevolle insette is gemaak. ʼn Belangrike vertrekpunt is dat ons anders moet dink oor sukses. Sukses gaan veral oor die bestuur van die interspel tussen die dinge wat ons bymekaar maak en wie ons as mens wil wees (ons potensiaal as geestelike wesens). Mense maak dikwels die fout om te dink ʼn produktiewe en suksesvolle lewe het ʼn afsnydatum (aftrede), maar dit hoef nie so te wees nie. ʼn Opwaartse spiraal is in die tweede fase van ʼn mens se lewe moontlik. Kruispaaie op ons lewenspad hoef ook nie ʼn bedreiging te wees nie, maar is gelaai met potensiaal. Van die eienskappe van mense wat sinvol betrokke bly in die spel van die lewe is: Dankbaarheid (om te fokus op wat ek het en nie net op wat ek graag wil hê nie) ʼn Voortdurende verfyning van ʼn visie/plan vir my lewe Om gefokus te bly deur onder andere my waardesisteem/ persepsies uit te daag Die besef dat my geluk nie in die eerste plek afhang van ander mense nie, maar van myself Die besef dat die sin van die lewe lê in hoe ek kies om in spesifieke omstandighede/seisoene op te tree, eerder as om te voel dat ek uitgelewer is aan my omstandighede. 8 WELTEWOORD I November Maart Grafies Grafies versorg versorg en gedruk en gedruk deur deur On On Demand Design & & Imaging I I Dankie Maretha Gous vir die taalversorging.
Geloofsvorming by kinders en jongmense
Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?
More informationSpreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017
1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts
More informationthis room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle
Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor
More informationFilippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du
Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte
More informationJesaja sien die Toekoms
Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More information'n Man gestuur deur God
Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible
More informationBybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God
Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible
More informationBybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër
Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children
More informationPetrus en die Krag van Gebed
Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationPetrus en die Krag van Gebed
Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationDie Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.
SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)
More informationDankie dat jy hierdie eboek gekoop het!
Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa
More informationToestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.
Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie
More information11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die
INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...
More informationDIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.
DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
More informationDIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.
SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die
More information1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls
1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak
More informationVERVULLING MET DIE HEILIGE GEES
SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering
More informationOm te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.
Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het
More informationDie Kerk Kry Moeilikheid
Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationPreek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:
Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat
More informationJan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!
Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil
More informationDit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.
n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand
More informationHoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê
Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet
More informationPreek 2 Korintiërs 12:7-10
1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings
More informationDans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS
OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN
More informationGebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?
1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk
More informationFor 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009
For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009
More informationGOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond
Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy
More informationDie sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark
Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel
More informationINHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:
INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10
More informationn Gids om kinders tuis te help lees en skryf
Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste
More informationGod se Woord. God se Wil
God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer
More informationOns agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.
1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die
More informationJeugdag: Die Gees sluit almal in!
Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs
More informationSeisoen van die Gees
HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE
More informationDissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9
Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee
More informationOns ervaar almal dat ons politieke leiers n groot invloed
Jaargang 19, Nr. 2 Jul 2018 Kobus Sandenbergh Ons ervaar almal dat ons politieke leiers n groot invloed op ons lewens het. Dit is waar van die RSA, waar ons uiteenlopende leierskapstyle in aksie sien sommige
More informationWEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM
WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek
More informationDie Uur Wat Die Wêreld Verander
Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na
More informationProfetiese woord vir 2017 en verder
Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.
More informationFaith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.
Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.
More informationFasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry
Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder
More informationONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1
Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober
More informationNG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus Kempton-Kruin vier 40 jaar!
NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus 2015 Kempton-Kruin vier 40 jaar! Inhoud Veels geluk Kruin! 3 Voorwoord 4 Verjaarsdagboodskappe 7 Kruin-Uitreik: Van toe tot nou 10 `n Gemeente oppad 12 Verjaarsdagboodskappe
More informationJanuarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di
Januarie 2018 1 Ma NUWEJAARSDAG 2 Di 3 Wo 4 Do 5 Vr Die Kerkjaar Die kerkjaar draai om 3 hoogte-punte nl. Paasfees, Pinksterfees en Kersfees. Die kerkjaar bestaan uit verskeie seisoene. Hierdie feeste
More informationJan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself
Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26
More informationDie Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool
Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za
More informationHoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.
GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente
More informationIN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE
IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit
More informationOns het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.
Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help
More informationDie 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.
Gustav se jarelange ervaring in die veld en sy passie vir voluit leef is sigbaar in sy werk. Die beginsels is getoets, verstaanbaar en gebalanseerd, en sal jou nader bring aan n lewe vol ware impak. Hettie
More informationJan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?
Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor
More informationPreek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman
Preek Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Reekstema: Hoe om in vrede en liefde met ander te leef Skriflesing: Gen 29:31-30:24 Hierdie verhaal handel oor die konflik tussen Ragel en Lea. Die rede
More informationINHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...
INHOUDSOPGAWE Inleiding... 9 Gesprek 1: Oor die groter prent... 17 Gesprek 2: Oor haar vriende... 37 Gesprek 3: Oor haar akademie... 54 Gesprek 4: Oor haar lyf... 71 Gesprek 5: Oor haar geloof... 86 Gesprek
More informationSalig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?
Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer
More informationTo love without knowing how to love wounds the person we love.
To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein
More informationPreek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".
Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes
More informationDie Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark
Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die
More informationLoveGodGreatly.com 1
LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n
More informationOndersteun sendelinge en raak deel van ʼn span
Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span My liewe vriend, jy doen regtig wat ʼn gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het,
More informationDIE AA NDBOODSKA PPER
DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so
More informationEpifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?
Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in
More informationDienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?
Dienstye: Alberton LewenSentrum Eredienstye: Sondae 08:15 10:15 18:00 Kerkkantoor: 011 867 7244 Noodnr: 079 524 7945 E-pos: info@als.org.za Webtuiste: www.lewensentrum.org.za Bankbesonderhede: Alberton
More informationBesprekingsvrae vir selgroepe
Besprekingsvrae vir selgroepe Week 1 : Egte God INLEIDING God is die bron, die oorsprong van liefde, daarom lei elke opregte soeke na liefde in die hart van n mens altyd weer terug na God. Maar dis nie
More informationVERANDER GOD SY GEDAGTE?
VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.
More informationNGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL
1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike
More informationLUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS
LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse
More informationTeks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:
Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,
More informationHoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my
As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar
More informationPosbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:
PUTKOS 30 Junie 2015 Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, 6229 Tel: 041 922 7179 Faks: 086 682 5649 www.uitenhageoos.co.za skriba@uitenhageoos.co.za Versorg en toegerus om strome lewende water te
More information21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.
21. MA GENESING Deel in hierdie sessie met die pyn in jou verhouding met jou ma, stiefma, huisma in die geval van n koshuis of kinderhuis met ander woorde met die ma-figuur wat jou grootgemaak het. Indien
More informationOns doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...
Augustus 2017 Die Voorsitter van die Kerkraad NG Gemeente Geagte Dominee en Kerkraad Ondersteuning aan die Dowes: hoe kan hulle glo sonder om te hoor 136 Jaar gelede was die NG Kerk die stigter van die
More informationGEBED VIR KERKLEIERS
GEBED VIR KERKLEIERS HERE, Ek dank U vir ons geestelike leiers wat U aan die liggaam van Christus gegee het om ons te bewaar van elke gevaar, die waarheid in liefde te spreek en ons toe te laat om te groei
More information, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.
DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie
More informationMatteus 5:38-48 (Skyfie 1)
Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) 1. Teks Vergelding 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset
More informationKleingroepbediening in ons gemeente
SIG Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld UITGAWE 2 APRIL 2016 Kleingroepbediening in ons gemeente Heinrich Punt & Carollize Laing Kom maak 'n nuwe begin met jou dissipelskap. Hierdie
More informationBybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter
Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationNow as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---
Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as
More informationSoos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.
Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. 2 HOE STERK IS JOU GELOOF. Hoofstuk 1 Leer die waarheid ken van
More informationBlue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter
1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.
More informationErediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:
Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele
More informationBYBELS-GESONDE GESINNE
1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens
More informationVan paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die
Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers
More informationHoofstuk 7: Wat moet ek doen?
Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.
More informationONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID
ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID, Ek ag dit n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie mooi byeenkoms van Christenmense, om hierdie geleentheid te hê om met julle te praat
More informationHOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE
HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE 6.1 INLEIDING In die navorsing tot dusver - hoofstukke een tot vyf - is kontekste en perspektiewe verduidelik van waaruit ek betrokke sou wou raak in pastoraalterapeutiese
More informationEen. Geloof in aksie
Een Geloof in aksie In 2011 het ek Meksiko besoek. Toe dit byna tyd was om na die VSA terug te keer, het n amptenaar van die Amerikaanse ambassade in Meksikostad my gebel om my in te lig dat hulle nie
More informationdie goeie en mooi GEMEENSKAP
die goeie en mooi GEMEENSKAP Inhoudsopgawe Hoe lyk die reis? 4 Die goeie en mooi gemeenskap (Deel 1): 10 Februarie 16 Maart 1. Die goeie en mooi gemeenskap 8 2. Die vreemde gemeenskap 13 3. Die hoopvolle
More informationDawid die Skaapwagter
Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationNG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI
NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI Tweede Uitgawe Oktober 2009 IN HIERDIE UITGAWE: Ons predikantspaar van 25 jaar Constantia Jeugnuus Die Lewende Bybel Vriendekring funksie Bid vir ons Sendelinge Houtbaai Kersopvoering
More informationAlle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)
DIE FINALE ROEP deur Deborah Melissa Möller Kopiereg 2011 Deborah Melissa Möller Published by Deborah Melissa Möller at Smashwords Smashwords Edition, License Notes Thank you for downloading this free
More information7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE
7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week
More informationInhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13
Inhoud Bladsy Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13 IV. BOU JOU HUWELIK 18 Welkom! Baie welkom by die dooptoerusting.
More informationTOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP
TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent
More informationvan migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter
1000 die eerste dae van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter Die Eerste 1000 dae van Migrasie is n selfgepubliseerde projek. 2014 Omslagontwerp en bladuitleg Amelia Sonnekus van Shining
More informationDIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE
DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE, Dis sekerlik n voorreg om weer terug te wees onder hierdie Spaanse mense vanmôre. En ek wonder of Jim hierdie kry. O, hy kry die opname. Ek het steeds die plaat
More informationSONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS
SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat
More informationDie Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4
februarie 2011 Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse.... p4 Leef wat jy droom Ons het almal drome... p7 p2 Fokus p6 p8 p10 Kaleideo Klanke Kuier by... Uitreike p11 Kreatief
More informationGRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom
GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: 013 262 3381/4114 Gemeente met n Droom Die afgelope tyd is dit baie duidelik die kerke in Suid Afrika begin leeg loop. Die NG Noordelike Sinode sê vir ons dat oor
More information