GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Petrus en die Krag van Gebed

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Josua - van jongs af n leier

Profetiese woord vir 2017 en verder

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Die Kerk Kry Moeilikheid

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Dawid die Skaapwagter

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

LoveGodGreatly.com 1

God se Woord. God se Wil

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Deur Christus Alleen

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Empathy Ouerhandleiding

Paulus se Verbasende Reise

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Seisoen van die Gees

BYBELS-GESONDE GESINNE

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Die plek van jou tent

GEBED VIR KERKLEIERS

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

DIE AA NDBOODSKA PPER

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 29 Januarie 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

KRAG VAN TRANSFORMASIE

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Volume 3 van 2016 September 2016

Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Transcription:

1 5 Mei 2013 Jaargang 27 Nommer 15 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit: Filippense 3: 17-21 en die teks: Filippense 3: 20-21 Vanoggend is die Heidelbergse Kategismus Sondag 22 aan die orde. Tema: Christus skenk gawes wat ewigheidswaarde het vir Sy kerk. Hoofpunte: Hy neem my siel na Hom. Hy verheerlik my liggaam. Hy skenk my die ewige lewe. Sing: Psalm 9: 1, 8 en 10 ; Skrifb 12-2 : 1 en 2; Psalm 19: 6 en 7; Psalm 71: 5 en 6; Psalm 73: 10 Aanddiens Dit is vanaand die gebruiklike ruildiens van die kerke in Pretoria. Ds Swanepoel preek vanaand by Waterkloofrand en dr Douw Breedt preek hier by ons. Die Skriflesing kom uit Lukas 24:50-53 en die teks Lukas 24:50 Die Tema: Die sigbaarheid met hemelvaart word opgevolg met verdere sigbaarheid. Met hemelvaart staan die sigbaarheid van die oorwinning op die voorgrond. Met die hemelvaart tree Jesus op ʼn baie besondere manier op. Hy verskyn en verdwyn hierdie keer nie soos met die vorige verskynings ná die opstanding nie. Hy tree hierdie keer sigbaar op. Lukas sê dat Hy sy dissipels uitgelei het. Hy lei hulle uit Jerusalem tot by die suid-oostelike hange van die Olyfberg (by Betánië). Hier op die Olyfberg, waar die verskrikking wat vir Jesus voorgelê het, so sterk op die voorgrond gestaan het, waar Hy sy

2 5 Mei 2013 dissipels soveel geleer het, hier word die vrug van sy lyding en oorwinning nou sigbaar en duidelik aan die dissipels oorgedra. Sigbaar word hulle gelei tot op die Olyfberg, sigbaar hef die Oorwinnaar sy hande op en seën sy volgelinge. Sigbaar vaar Hy op gaan Hy na die Vader om as Oorwinnaar gekroon te word. Die Koning bewerk ook sigbare veranderings. Die sigbaarheid van Jesus se oorwinning met hemelvaart word ook sigbaar in sy volgelinge. Die dissipels het voorheen, ondanks die Here se nabyheid, nie werklik tekens van oorwinning vertoon nie. Wanneer hulle van die Olyfberg vertrek, is die verandering by hierdie dissipels sigbaar. In die plek van hulle passiwiteit kom verwagting en gehoorsaamheid. Hulle gaan wag volgens die opdrag vir die uitstorting van die Gees (vgl. 24:49). Die selfgerigtheid wat die dissipels se lewe gekenmerk het (vgl. bv. Matt 18:1), word vervang met gerigtheid op die Here. Let op: Hulle is gevul met aanbidding, lof en dankbaarheid. Sing: Psalm 93:1, 3, 4; Psalm 72:10-11; Sb. 7-2:1, 2 MEELEWING Ons heet graag vir Alwinus en Meliska van Niekerk welkom hier by ons in die gemeente. Ons wil terselfderty geluk aan Alwinus en Meliska geluk sê met die geboorte van Anya op 27 Maart. Daar is ook nog ʼn boetie en sussie, nl Alwinus en Carmi. Ons vertrou dat julle spoedig tuis gaan wees. Die Van Niekerks is in Wyk 7. Carina Naude van Wyk 18 het aan die einde van verlede jaar haar B.Mus graad by Unisa klaargemaak en ontvang haar graad gedurende Mei. Baie geluk Carina en sterkte met die lisensiaat studie. Baie geluk aan Lourens en Madri de Beer met die aanwins in die familie. Klein Marli is op 29 April in die Kloof Hospitaal gebore. Alled het goed verloop en Madri en Marli is reeds tuis. MANNA EN KWARTELS VIR DIE GEES Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan nie die Here dien nie. Hy is n heilige God, Hy is n God wat onverdeelde trou eis en julle opstandigheid en sonde nie sal vergewe nie. (Josua 24:19) HY IS N HEILIGE GOD! Baie van ons kies nooit werklik om die Here te dien nie. Dit is maar so n tradisie waarmee ons grootword. Ons bid so af en toe,

3 5 Mei 2013 lees nog minder Bybel, gaan soms eredienste toe, wil darem in n kerk trou, doop n kind, moet n eervolle begrafnis hê. So n Christelike lewenstyl is leeg en betekenisloos, wanneer ons nie besef dat God HEILIG is en dat ons diens aan Hom besliste keuses vra nie. Josua, die leier van die volk Israel wat hulle oor die grens na die beloofde land geneem het, dra in opdrag van die heilige God hierdie lewensbelangrike boodskap oor: Onthou dat Ek julle verlos het uit Egipte, die land Kanaän geskenk het, my aan julle verbind as julle God! En nou? Kies of julle die Here wil dien in hierdie nuwe land waarin God julle woonplek gee! (Josua 24) Vandag sê die Here vir ons dat Jesus Christus ons Verlosser is. Hy het ons uit die slawehuis van sonde verlos. Hy lei ons na die volheid van n lewe met God, nou en op n nuutgemaakte aarde wanneer Jesus weer kom. Maar, sê Hy, onthou Ek is n HEILIGE GOD. As julle my wil dien, hou dit belangrike implikasies in. Vir die ou Israel het dit beteken dat met alle afgodsdiens (soos van die heidennasies) gebreek moes word. Vir ons sê die Here in Efesiërs 4: Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. (21-14) Keuses om God te dien, moet uitgevoer word. Die volk Israel is deur Josua gewaarsku dat die Here getrouheid eis. Jy kan nie net beloof nie, jy moet dit ook doen. Die heilige God duld geen valse beloftes nie. Hy straf opsetlike sondes. Daarom moet ons elke dag ingaan met die begeerte om slegte gedagtes, lelike taal en sondige dade af te sterf. Die Heilige God gee deur sy Gees die krag daartoe. DOEN DIT! En as jy dalk tog sondig al wou jy nie? Erken daardie sonde, bely dit voor God, vlug weg daarvan. Die heilige God is getrou en sal jou ter wille van Christus vergewe. Dr Callie Opperman: Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid

4 5 Mei 2013 STREEKSINODE PRETORIA Geagte voorsitter, broeders en susters; KENNISGEWING: KONFERENSIE OOR DIE OMKEERSTRA= TEGIE EN KERKEENHEID U word hartlik uitgenooi na die konferensie, D.V op 1 Junie 2013 by die Gereformeerde Kerk Meyerspark. Hierdie konferensie word gereël in opdrag van die Streeksinode Pretoria. Die deputate het geoordeel om tydens die konferensie te fokus op die twee sake wat wye belangstelling en reaksie na Sinode 2012 uitgelok het en na deputate verwys is: Die Omkeerstrategie en Die saak van Eenheid-in-verskeidenheid in ons Kerke. Ons vertrou dat die konferensie die geleentheid sal bied vir stimulerende gedagtes en besinning oor hierdie twee aktuele sake in ons kerke. Die gemeentes binne die resort van die Streeksinode Pretoria word uitgenooi om ruimskoots persone te stuur om die konferensie by te woon. Ons nooi ook ons broeders en susters van Kerke buite ons ressort van harte uit. Die program sal later gestuur word. Die volgende inligting het betrekking op die konferensie: Datum: 1 Junie 2013, van 9:00 tot 15:00. Registrasie en oggendkoffie vanaf 08:00 Tema OMKEERSTRATEGIE EN KERKEENHEID Plek Gereformeerde Kerk Meyerspark Koste R 50,00 per persoon wat koffie, tee, verversings asook n middagete insluit. Sprekers Di. Piet Venter en Danie Snyman, die voorsitters van die deputate oor die Omkeerstrategie en Eenheid-in-verskeidenheid onderskeidelik. Formaat Beide sprekers ontvang 30 minute elk om perspektiewe te bied. Twee respondente reageer tydens elke sessie waarna n uur aan bespreking gewy word. Aan die einde sal twee persone geleentheid ontvang om die konferensiegangers mee te deel wat hulle tydens die konferensie gehoor het. Broeders wat reeds ingewillig het om op te tree is Dr. Heinrich Zwemstra, Ds. Christo Swanepoel, Ds. Griffel van Wyk, Dr Gerard Meijer en Ds. Johan Nel. Sal u so vriendelik wees om voor Maandag 20 Mei 2013 n aanduiding te gee by gkmeyerspark@gmail.com of ferdikruger4@gmail.com van hoeveel persone die konferensie sal bywoon. Deputate: Opbou en Uitbou van die Kerk

5 5 Mei 2013 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON: 60 JAAR Onthou ons vier die 60 jarige bestaan van ons gemeente DV op 19 Mei 2013. Ons gaan Saterdagmiddag lekker kuier rondom ʼn snoekbraai wat deur die diakens aangebied word en Sondag word die Sakrament van die Heilige Nagmaal bedien. Na die Nagmaal gaan ons ʼn groot ete in die saal aanbied. Ons vra dat u asb vir Marie Kemp moet laat weet indien u dalk ekstra gaste saambring. Bring asb eetgerei saam en jou eie drinkgoed. Vertel van die geleentheid vir voormalige lidmate en nooi hulle uit om te kom deelneem. Vir die wat Sondag saam wil Nagmaal gebruik volg ons die normale prosedure van aansoek vir Nagmaal. Reëlings vir die Snoekbraai van Saterdag 18 Mei Soos ons almal reeds verneem het, vier ons die 60ste bestaansjaar van ons Kerk DV op 18 en 19 Mei. Die Diakens bied weer die immer gewilde Snoekbraai aan, op Saterdagmiddag 18 Mei. Die kaartjies sal van volgende Sondag af beskikbaar wees by alle Diakens. Die kaartjies word te koop aangebied teen R50 per Volwassene en R25 kinders onder 10 jaar. Daar sal weer macaroni en kaas vir die kleintjies beskikbaar wees. Die Diakens vra u ondersteuning en ook dat kaartjies so gou moontlik aangekoop word, omdat daar n redelike groot aantal gaste verwag word. Ons gaan vanaf 14h00 begin saamkuier en die vis sal teen ongeveer 17h00 gereed wees. Ons wil dit graag weer n spesiale geleentheid maak soos in die verlede. Dus benodig ons susters wat bereid sal wees om as gasvrouens op te tree en vir 10 gaste tafel te dek. Skakel asb vir Carin Burger by 0824918620 of e-pos haar by carin.burger@mweb.co.za sou u bereid wees om as gasvrou op te tree. BEROEPENUUS BEROEPE ONTVANG Ds DJ Dykstra van Colesberg/Bloemburg/Philippolis na Nigel. Ds BCG Fourie van Kameeldrift na Newcastle. BEROEPE AANVAAR Ds DJ Dykstra van Colesberg/Bloemburg/Philippolis na Nigel.

6 5 Mei 2013 JAARLIKSE SAAMTREK VAN DIE SUSTERS U word hartlik uitgenooi na die Damesoggendtee op Saterdag 24 Augustus 2013 saam met Lindie Strydom en Nianell Ten bate van die Gereformeerde kerk se Kinderhuise Gesamentlike uitreik aksie van Pretoria Gemeentes (georganiseer deur Gereformeerde Kerk Kameeldrift) Plek: St Mary s DSG Saal; Duxburyweg, Lynnwood Tyd: 8:30 vir 9:00 Tema: Seisoene Toegang: R140.00 Kontakpersone Carin Burger Marie Greyling 0824918620 0826649572 Verlede jaar het ons susters geskitter met die twee tafels wat hulle voorberei het. Ons vra dat u noual reeds sal bespreek sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word indien ons dalk drie of vier tafels moet voorberei. VAN DIE SUSTERS Hier kom ʼn verassing!!!! Marlette en Leonie beplan n baie oulike sustersaksie. Hou die Koerier dop vir verdere inligting. Die Damesoggend van Kameeldrift in Augustus word al hoe meer ʼn hoogtepunt op die jaar se kalender. Verlede jaar was daar bykans 500 susters wat dit bygewoon het. Kyk elders in die Koerier vir die besonderhede. Die ondersteuningsgroep van ons gemeente het die afgelope week vergader. Hierdie groep is nie net op hospitaal besoek gefokus nie maar wil graag enigiemand wat ondersteuning nodig het, onderskraag. As jy enigsins weet van iemand wat ondersteuning nodig het of dan ook vir jouself skakel asb vir Trudie Grobbelaar by O84-589-5965 Baie geluk aan Marie Kemp wat die voorsitterstoel van die susters inneem. Die susters staan bankvas agter jou en wens jou sterkte toe. HEMELVAART Eerskomende Donderdag is dit Hemelvaart. Ons het n gesamentlike diens met GK Centurion om 1830 by Centurion. Ds Christo Swanepoel preek.

7 5 Mei 2013 HIERDIE WEEK HOU ONS, ONS BESIG MET: Vandag: Die kollekte tydens die erediens is vir die diens van barmhartigheid en by die deure vir Emirtaatsversorging. Die ouderlinge en diakens van wyke 17 en 18 is aan diens. Die susters van Wyk 2 is aan die skink vandag. Ons sê baie dankie daarvoor. Maandag: Die Bedryfs- en die Bedieningskommissie vergader onderskeidelik om 18:00 en 1900 Dinsdag: Daar is Bybelstudie om 09:45 aan huis van Eric en Martie Oosthuizen. Donderdag: Daar is nie Bybelstudie nie omdat ons ʼn gesamentlike Hemelvaartdiens met Centurion het. Huisbesoek: Ds Swanepoel is besig met huisbesoek in Wyk 11 VERJAARSDAE 7 Mei: George Lee 9 Mei: Casper Pöhl 10 Mei: Smittie Pöhl Mag Sy vrede jou beskutting wees, jou hart Sy volmaaktheid ken en deur Sy almagtige krag oorwinning oor elke vyand smaak. Mag Hy teweeg bring dat die diepste begeertes van jou hart vervul word. I am thankful for all of those who said NO to me. Its because of them I m doing it myself. ~Albert Einstein

8 5 Mei 2013 ALGEMENE INFORMASIE Predikant: Ds Christo Swanepoel, Burgerlaan 113, Lyttelton Manor. 012-664-2195. Selfoon 083-263-7641. E-pos swanepoel.gerefkerk@telkomsa.net Bedieningskommissie: Ouderling Kobus Erasmus. Tel 082-334- 1845 Bedryfskommissie: Ouderling Chris Venter. Tel: 012-345-3959 Bestuurskommissie: Ouderling Tiddo Voogt. Tel: 012-664-2771 Voorsitter van die Diakonie: Diaken Johan van Rooyen Tel: 083-430-5884 Susters: Voorsitter. Sr Griet Swanepoel Tel 012-664-2195 Orrelis: Tertius du Plessis, Tel: 083-963-9993 Koster: Mike Muller 012-667-3241 Bank: Absa Bank Lyttelton, Takkode 335-045, Rek No: 0600-340- 077 Gereformeerde Kerk Lyttelton H/v Stasie en Monument Strate Navrae: Susan Schoeman Tel/Faks: 012-664-4325 E-pos: gkl@telkomsa.net Skriba: Eric Oosthuizen Tel: 012-667-5310 en selfoon: 083-458-6444, e-pos fjoost1@gmail.com Attes Skriba: Henry Engelbrecht, Tel: 012-654-5846; Selno: 082-680-6821 E-pos:henmet@telkomsa.net Die Koerier: Die redakteur is Ferdie van Wyk. Skakel hom by 082-556-8031 of e -pos by ferdievw@telkomsa.net. Hy hoor graag u insette en kommentaar. Die Webblad: Ons gemeente se webblad is by www.gklyttelton.org.za. Besoek dit gerus. Elke Sondag word die oggenddiens geredigeer en dit kan of op die internet geluister word of jy kan dit op jou hardeskyf aflaai en dan daarna luister.