GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON
|
|
- Jonathan Lucas
- 6 years ago
- Views:
Transcription
1 1 7 September 2014 Jaargang 28 Nommer 34 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die diens word gelei deur emeritus predikant Ds Francois Lessing. Ds Lessing het gedien in Vryheid, Oos Londen en Nelspruit en het in 2001 geëmeriteer. Ds Lessing bly in die Wilgers en ons wil hom en sy gade van harte welkom heet hier in ons midde. Die Skriflesing is Psalm 56: Die teks is Psalm 56: 9. My ellende het nie ongemerk by U verbygegaan nie, U het op my trane gelet. In u boek staan hulle opgeteken. Die tema: Ons trane kosbaar in die oë van die Here.. Hoofpunte: Aanleidende oorsaak van Dawid se trane. Voorbeelde van ander manspersone naas vroue wat gehuil het en Bemoedig in ons daaglikse stryd op hierdie tranedal! Ons Sing: Psalm 42:1, 2 en 5 (Bl. 214); Skrifberyming 12-3:1, 2; Psalm 119:1, 63 (bl. 585) ; Psalm 56:3, 4 (Bl. 281) Die Aanddiens. Dit is vanaand n ruildiens, Ds Christo Swanepoel preek by GK Kameeldrift en ds Ben Fourie preek hier by ons. Die Skriflesing is: Handelinge 2:14-42 Teks: Handelinge 2:37-39
2 2 7 September 2014 Tema: Jesus se liefde ver deur die geslagte! Wat moet ons doén? Sing: Lof: Psalm 112:1,2,3 (p ); By gebed: Psalm 119:18,19 (p ) Slot: Psalm 20:1-5 (p melodie Sb 18-6) MEELEWING Adele Drenth gaan in die loop van die week hospitaal toe. Ons bid haar sterkte toe. MANNA EN KWARTELS VIR DIE GEES God is vir Israel baie goed, vir dié wat rein van hart is. Tog het ek daaraan begin twyfel, ek het byna koers verloor, want ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeën toe ek hulle voorspoed sien. (Psalm 73: 1-3) Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. (Psalm 73:28) Die begin en einde van die Psalm is so opvallend verskillend. In die digter se woorde beskryf God die worsteling van menige mens oor die skynbare sinloosheid om God te dien. Kyk dan net hoe goed gaan dit met die goddeloses! roep hy aan die begin. Maar dan eindig die lied op die hoogtepunt: Ek het nie koers verloor nie, maar my sekerheid in God gevind. Dis goed om naby Hom te wees. Wat het dan in die gedagtes van die digter gebeur, dat Hy eers jaloers was op die goddelose en byna op hulle pad begin loop het en toe weer die pad met God verkies het? Hy beskryf dit aangrypend eerlik :... dit was vir my bitter moeilik totdat ek in die heiligdom van God ingegaan en besef het wat die uiteinde van die goddeloses is. (vers 16,17). Hy het die moeilike saak met God self gaan uitmaak in sy heiligdom. Wie net hier op aarde besig bly met allerlei slim redenasies, sal nie die moeilik verstaanbare dinge kan ontrafel nie. Die skynbare teenstelling dat God se kinders seën ontvang, en tog nie materiële voorspoed beleef nie, laat die verstand stilstaan. Wie sonder God oplossings beredeneer, sal dwaas bly. Die digter beskryf sy eie dwaasheid so: Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het, was ek dom en sonder insig; soos n redelose dier het ek my teenoor U gedra. (vers 21, 22). Wat is dan tog die goddelike geheim agter die lyding en teenslae
3 3 7 September 2014 wat God se kinders deurmaak, terwyl goddelose ryk en voorspoedig blyk te wees? Dit lê in een saak: God self is die seën, en nie die dinge wat Hy aan my skenk nie. Sy vashou van jou hand, sy oopmaak van jou oë, sy koersaanduiding na die heerlikheid, sy ewige seëninge, is meer werd as tydelike voorspoed op hierdie aarde. God self is my seën. Daarom is daar niks in die hemel of op die aarde wat meer beteken as Hy nie. Ek wil en kan my lewe met Hom deel, dis veel ryker as al die skatte van die aarde. Die wonder van sy genade is dat Hy my bly vashou ook te midde van die storms van die lewe. Kom ons bely saam met die Psalmdigter : Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! (Ps 73:28). KERKKAMP 2014 Dr Callie Opperman Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid DAAR IS NOG N PAAR DAE OOP VOOR DIE BESPREKINGS MOET SLUIT. GRYP DIE GELEENTHEID AAN Daar gaan DV n totaal van 72 grootmense en 17 kinders saam na die kerkkamp toe. Dit is die meeste van ons lidmate wat nog die kamp bygewoon het. Die program is uitgewerk en almal kan uitsien na n heerlike geleentheid. Soos altyd is Saterdag die hoogtepunt met al die bedrywighede. Dit begin met bewuswording, blokkiesraaisel oor die NGB, bietjie boeresport en dan Saterdagaand waar ons aandag aan die Reformasie gaan gee. Onthou die tema: Dapper Dopper deur die eeue. Daar is nog 4 kamers oop in die Damkamp en bo in die bergkamp 4 kamers met 2 beddens elk. Onthou dat die kampers nou hul kampgeld moet begin inbetaal. Dankie vir die ouens wat dit reeds gedoen het. Die bankbesonderhede is soos volg: Bank: Absa Bank Lyttelton, Takkode , Rek No: Merk asb duidelik dat dit vir die kerkamp is en moenie jou naam vergeet nie.
4 4 7 September 2014 Die inligtingstuk oor die kamp is intussen aan al die kampers versprei. DIE DOPPERPARLEMENT SE MASTERCHEF Hierdie groot uitdaging vind plaas op Dinsdagaand 23 September. Die volgende dag is n vakansiedag. Ons het n al 7 spanne met name soos Steak & Steak, Two Guys and a Girl (die tweede guy is maar nog n paar dae oud), Vlieënde Messe, die Tortelduiwe, Sout en Peper, ons gaan NOU braai en Naamloos. Daar is nog geleentheid om in te skryf. So word dit gedoen. Dit is n braaikompetisie. Twee parlementariërs per span. Braai 'n stukkie wors, rooivleisie en sit voor met 1 stysel en 1 bygereg. Vleis mag voor die tyd gemarineer word, maar niks anders mag vooraf gedoen word nie. Bonuspunte kan verdien word deur dit saam die perfekte drink dingetjie voor te sit. 2 ure tydsgreep. Die kompetisie begin 18:00 en die beoordeling om 20:00 Die kole vir die braai sal 18:00 gereed wees. Dit gaan hope pret wees. Kom kuier saam al neem jy nie deel nie. Praat met Elfrieda as jy meer wil weet. Vir die ouens wat nie deelneem aan die kompetisie nie bring nogtans n vleisie saam om te braai. BEROEPENUUS BEROEPE ONTVANG Dr AJ Coetsee van Uitschot na Postmasburg. Ds SP Venter van Pietersburg na Phalaborwa. BEROEPE BEDANK Ds HC van Rooy van Randburg na Pretoria-Alkantrant. SILWERKRONE Donderdag die 11e is daar weer n ledevergadering van die Silwerkrone. Susan Larney is die spreker en soos gebruiklik gaan daar lekker saam gekuier word. Tee en ligte versnappering word aangebied. Die vergadering begin om 10:00.
5 5 7 September 2014 GEREFORMEERDE TIENERAKSIE (GTA) By die Gereformeerde Kerk Centurion reël die tieners n tieneraksie. Van ons gemeente se tieners woon hierdie aksie by en Germari Bos hier by ons in die gemeente is pas tot die bestuur van die GTA verkies. Hul program vir die res van die jaar sien. 7 Sep GTA Coffee Break Sondag 7 14 Sep Teeskink Beurt Sondag 8 21 Sep Chill Aand Sondag 9 28 Sep GTA Staptoer Sondag 10 Gesels gerus met Germari as jy meer wil weet. Haar selfoonnommer is: DIAKONIE UITREIK PROJEK: Een van die Diakonie se projekte is n Rehabilitasie Sentrum met die naam Moeggesukkel in Centurion. Moeggesukkel is gefokus daarop om slagoffers van verslawing en ander trauma by te staan en te help om die verslawing te oorwin. Hulle gee weer hoop aan andersins hopelose mense, verskaf verblyf, geestelike en sosiale ontwikkeling. Hulle ontwikkel die nodige vaardighede sodat die individu weer sy selfvertroue kan herwin en n werk kan kry en behou. Moeggesukkel het nou n fondsinsamelings projek van stapel gestuur, waarin die Diakonie hulle ondersteun. Terselfdertyd word die mense besig gehou om hulle sodoende te ondersteun tydens die rehabilitasie proses. Dit behels die verpakking van skoonmaakmiddels. In ruil vir elke donasie van R200 kry die skenker n boks met skoonmaakmiddels wat in die huis gebruik kan word. Ons vra asseblief u ondersteuning in die verband. Kontak gerus vir Thea van der Merwe by vir verdere inligting en indien u wil bydra tot hierdie projek When we do the best that we can, we never know what miracle is wrought in our life, or in the life of another. ~Helen Keller
6 6 7 September 2014 Ons is so amper 3 weke weg van die fees! En soos julle kan sien het ons wynplase gegroei!! So bring jou kampstoel/kombers en al jou vriende en kom kuier die dag saam met ons. Alles gaan vir 'n goeie doel - om die lewe van die kinders in die President Kruger Kinderhuis Pretoria so bietjie op te kikker. Daar gaan heerlike kosstalletjies wees wat allerhande lekkernye gaan hê. Ons vra slegs R10 vir veilige parkering. Kaartjies te koop aanlyn by 1. R80 per persoon - sluit proeglas in 2. R300 per paartjie - sluit 2 glase en kaasbord in 3. R3000 per tafel van 10 - sluit glase, vingerhappies en 4 bottels wyn in 4. R20 per kind onder 18 HELP ASB Ek is op soek na my Slow-cooker se deksel, want êrens met die gaste-sondag se sop-ete, is die deksels omgeruil. Susan Larney / Benodig n ouerige, BAIE betroubare huishulp vir een dag per week in Monumentpark. Lindie Larney /
7 7 7 September 2014 HIERDIE WEEK HOU ONS, ONS BESIG MET: Vandag: Die kollekte tydens die erediens is vir die diens van barmhartigheid en by die deure vir die instandhouding van die erediens. Die ouderlinge en diakens van wyke 11 en 12 is aan diens. En die susters van Wyk 15 nooi u uit om saam n koppie tee te kom geniet na de diens. Maandag: Die Bedryfskommissie vergader om 18:00. Dinsdag: Die gebruiklike Bybelstudie vind plaas om 09:45 aan huis van Eric en Martie Oosthuizen. Donderdag: Bybelstudie vir die werkendes om 18:30 VERJAARSDAE Vandag: Tewis Labuschagne 8 September: Heinrich Gous 9 September: Wilfred Houston Macmillan, Carl Pöhl en Cristel Venter 10 September: Elmarie van Niekerk en Annabel Hobbs 11 September: Isobel Botha 12 September: Lien Raman en Annatjie Booyens 13 September: Gerda van der Walt, Carlien Coetzee en Schalk Burger Sr Marie Adelaar verjaar vandag en sy is 89 jaar oud. Tant Marie is bietjie weg met vakansie. Ons wens haar graag geluk en bid haar goeie gesondheid en baie liefde toe. Mag Sy verbondsbelofte vervul word in jou en jou familie se lewe. Mag Hy jou in die grootste mate geluksaligheid en die diepste bevrediging wat jou hart moontlik kan ken, laat beleef.
8 8 7 September 2014 ALGEMENE INLIGTING Predikant: Ds Christo Swanepoel, Burgerlaan 113, Lyttelton Manor Selfoon E-pos swanepoel.gerefkerk@telkomsa.net Bedieningskommissie: Ouderling Kobus Erasmus. Tel Bedryfskommissie: Ouderling Chris Venter. Tel: Bestuurskommissie: Ouderling Tiddo Voogt. Tel: Voorsitter van die Diakonie: Diaken Johan van Rooyen Tel: Susters: Voorsitter. Sr Griet Swanepoel Orrelis: Tertius du Plessis, Tel: Koster: Mike Muller Bank: Absa Bank Lyttelton, Takkode , Rek No: Die Koerier: Ferdie van Wyk by ferdievw@telkomsa.net Gereformeerde Kerk Lyttelton Skriba: Eric Oosthuizen H/v Stasie en Monument Strate Tel: Navrae: Susan Schoeman selfoon: , Tel/Faks: e-pos: fjoost1@gmail.com E-pos: gkl@telkomsa.net Attes Skriba: Henry Engelbrecht, Tel: ; Selno: E-pos:henmet@telkomsa.net Emosionele Ondersteuningsnetwerk: Indien u emosionele bystand weens eensaamheid, siekte, trauma ens. beleef of net wil deel word van die emosionele ondersteuningsnetwerk in ons gemeente, kan u gerus vir Trudie Grobbelaar (koördineerder) skakel by tel: , of sel:
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017
1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts
More informationGEREFORMEERDE KERK LYTTELTON
1 4 November 2018 Jaargang 36 Nommer 41 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit:
More informationGeloofsvorming by kinders en jongmense
Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?
More informationToestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.
Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie
More informationGEREFORMEERDE KERK LYTTELTON
1 8 Junie 2014 Jaargang 28 Nommer 21 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Ds Swanepoel is met verlof en Ds Rassie Smit lei die erediens Die Skriflesing
More informationGEREFORMEERDE KERK LYTTELTON
1 5 Mei 2013 Jaargang 27 Nommer 15 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Oggenddiens Die Skriflesing vir vanoggend se preek deur Ds Christo Swanepoel kom uit: Filippense
More information'n Man gestuur deur God
Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible
More informationBybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God
Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible
More informationGEREFORMEERDE KERK LYTTELTON
1 15 Januarie 2017 Jaargang 31 Nommer 02 ONS EREDIENSTE VANDAG GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za Oggenddiens: Die Woord word bedien deur Ds. Christo Swanepoel. Die Skriflesing is Samuel
More informationDie Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.
SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)
More informationFilippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du
Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte
More informationGEREFORMEERDE KERK LYTTELTON
1 19 Mei 2013 Jaargang 27 Nommer 17 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Nagmaal Ds Hentie Kruger se Woordbediening kom uit Johannes 12:1-8 en die teksvers is Johannes
More informationOm te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.
Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het
More informationthis room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle
Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor
More informationPetrus en die Krag van Gebed
Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationBybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër
Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children
More informationDankie dat jy hierdie eboek gekoop het!
Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa
More informationDie Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool
Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za
More informationJesaja sien die Toekoms
Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationPetrus en die Krag van Gebed
Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationProfetiese woord vir 2017 en verder
Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.
More informationPreek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:
Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat
More informationFaith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.
Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.
More informationGEREFORMEERDE KERK LYTTELTON
1 11 Mei 2014 Jaargang 28 Nommer 17 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Dit is voorbereiding vir Nagmaal aanstaande Sondag. Onthou ons Nagmaal diens
More informationDIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.
DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
More informationn Gids om kinders tuis te help lees en skryf
Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste
More informationGEREFORMEERDE KERK LYTTELTON
1 19 Oktober 2014 Jaargang 28 Nommer 39 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Woordbediening word deur Ds Christo Swanepoel behartig. Die Skriflesing
More informationINHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:
INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10
More informationBlue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter
1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.
More informationDie Kerk Kry Moeilikheid
Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationJeugdag: Die Gees sluit almal in!
Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs
More informationGOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond
Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy
More informationDit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.
n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand
More informationHoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê
Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet
More informationVERVULLING MET DIE HEILIGE GEES
SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering
More informationDIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.
SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die
More informationFor 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009
For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009
More information11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die
INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...
More informationHoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my
As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar
More information1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls
1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak
More informationHenriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:
In n Seisoen van Gebed Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: 012 654 6904 FAKS: 086 598 3922 bedien@eldofam.co.za www.eldofam.co.za 09:00 EREDIENS (NAGMAAL) André Joubert 09:00 MINI-CHOMPS in die ARK 09:00
More informationEpifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?
Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in
More informationJak 4:1-10 Waar is jou hart?
Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd
More informationPreek 2 Korintiërs 12:7-10
1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings
More informationDissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9
Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee
More informationSo is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)
Ons stalletjie is op en Goudrif is reg vir die grootste Pizza pie braai wat SAWA nog gesien het! So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self
More informationLoveGodGreatly.com 1
LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n
More informationJan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!
Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil
More informationIederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie
22 Junie 2014 Uitgawe 20/2014 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf E-pos
More informationSuidwes-Kaap. Ou Skip Oord Januarie 2016 Vrugtekamp. Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier.
Suidwes-Kaap Ou Skip Oord 22 24 Januarie 2016 Vrugtekamp Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier Kamp verslag Saterdag Inbetaling, Spelletjies, Boekevat, saam braai
More informationDans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS
OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN
More informationOns het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.
Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help
More informationJosua - van jongs af n leier
Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë
More informationSalig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?
Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer
More informationOns agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.
1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die
More informationNGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL
1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike
More informationIN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE
IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit
More informationDie sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark
Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel
More informationEmpathy Ouerhandleiding
Empathy Ouerhandleiding www.itschools.co.za Inhoud Empathy gebruikershandleiding vir ouers 2016 Oorsig van Empathy... 1 Wat is Empathy?... 1 Hoe om boeke te bestel... 1 Aan die begin: Registrasie en aanteken...
More informationWeekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!
Die Lewende Kerk! Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie 2016 Baie Welkom by ons Erediens! www.bergbron.org.za Erediens Vandag se erediensword gelei deur ds. Stephan Briel
More informationJan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?
Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor
More informationDienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?
Dienstye: Alberton LewenSentrum Eredienstye: Sondae 08:15 10:15 18:00 Kerkkantoor: 011 867 7244 Noodnr: 079 524 7945 E-pos: info@als.org.za Webtuiste: www.lewensentrum.org.za Bankbesonderhede: Alberton
More informationGEBED VIR KERKLEIERS
GEBED VIR KERKLEIERS HERE, Ek dank U vir ons geestelike leiers wat U aan die liggaam van Christus gegee het om ons te bewaar van elke gevaar, die waarheid in liefde te spreek en ons toe te laat om te groei
More informationGod se Woord. God se Wil
God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer
More informationTo love without knowing how to love wounds the person we love.
To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein
More informationVan paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die
Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers
More informationDIE AA NDBOODSKA PPER
DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so
More informationLUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS
LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse
More informationHoofstuk 7: Wat moet ek doen?
Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.
More informationBybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter
Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationOnrus #04/ April Suidwes-Kaap
#04/2016 Onrus Suidwes-Kaap 15-17 April 2016 1 Onrus, as jy die naam hoor is die eerste wat by jou opkom, Vrydagmiddag se verkeer daar by die Strand verby en dan die pas. Dit is soos om n turksvy af te
More informationJanuarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di
Januarie 2018 1 Ma NUWEJAARSDAG 2 Di 3 Wo 4 Do 5 Vr Die Kerkjaar Die kerkjaar draai om 3 hoogte-punte nl. Paasfees, Pinksterfees en Kersfees. Die kerkjaar bestaan uit verskeie seisoene. Hierdie feeste
More informationSeisoen van die Gees
HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE
More informationAlle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)
DIE FINALE ROEP deur Deborah Melissa Möller Kopiereg 2011 Deborah Melissa Möller Published by Deborah Melissa Möller at Smashwords Smashwords Edition, License Notes Thank you for downloading this free
More informationErediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:
Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele
More informationSendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018
Sendingwerkers vir die week: Benson en Mutende Sakala... doen evangeliseringswerk onder die Somaliërs in Kenia. Hulle werk onder groot druk en is baie afhanklik van die bydraes van ondersteunende gemeentes.
More informationDie Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark
Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die
More informationWelkom. Welcome. 10th Annual. Labor Day Weekend Rusk, Texas
Welkom 10th Annual Welcome Labor Day Weekend Rusk, Texas Hallo Almal, Welkom by die grootste Suid-Afrikaanse fees in Texas. Ons is bly julle kon by ons aansluit om ons Suid-Afrikaanse kulturele erfenis
More informationFasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry
Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder
More informationJanuarie :00 Erediens. 8 09:00 Erediens (S7) SKOLE HEROPEN
09:00 Erediens Januarie 207 2 3 4 5 6 7 Nuwejaarsdag 8 09:00 Erediens (S7) 9 0 SKOLE HEROPEN 2 3 4 5 09:00 Erediens (S) Deurkollekte: Helpmekaarfonds Inskrywings 2:00 Nuwejaarsbraai 6 7 8 9 20 2 8:30 Week
More informationwww.nglynnwood.co.za Baie welkom as leier van Stadsretreat II! Ja, jy het reg gehoor, jy lei die retreat. Die stadsretreat is n geleenthied vir jou om jou oop te stel vir God soos jy die naweek wil inrig.
More informationTOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP
TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent
More informationDawid die Skaapwagter
Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationHoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.
GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente
More informationPelgrimstog deur die Lewe
Pelgrimstog deur die Lewe Stadsretreat IV Die diepste versugting van gelowiges is om te groei in geloof en ons dors daarna om in intieme kontak met God te leef. Hierdie diep begeerte nooi ons op verskeie
More informationGod Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar
GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as
More information7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE
7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week
More informationMEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend
Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 17 FEBRUARIE Verslae KR / Deurkollekte Jeug Groeigroepe
More informationONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1
Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober
More informationSONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS
SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat
More informationPosbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:
PUTKOS 30 Junie 2015 Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, 6229 Tel: 041 922 7179 Faks: 086 682 5649 www.uitenhageoos.co.za skriba@uitenhageoos.co.za Versorg en toegerus om strome lewende water te
More informationWEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM
WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek
More informationTeks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:
Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,
More informationdie goeie en mooi GEMEENSKAP
die goeie en mooi GEMEENSKAP Inhoudsopgawe Hoe lyk die reis? 4 Die goeie en mooi gemeenskap (Deel 1): 10 Februarie 16 Maart 1. Die goeie en mooi gemeenskap 8 2. Die vreemde gemeenskap 13 3. Die hoopvolle
More informationPraktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!
Williston Garage As jy nog twyfel of jy op die regte pad is, is dit nou die tyd om vorentoe te begin kyk en die doel waarvoor jy geroep is, passievol in te hardloop en te begin DOEN! Jy het kosbare geleenthede
More informationPreek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman
Preek Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Reekstema: Hoe om in vrede en liefde met ander te leef Skriflesing: Gen 29:31-30:24 Hierdie verhaal handel oor die konflik tussen Ragel en Lea. Die rede
More informationHartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS
Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 29 MEI 2016 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Eugene H Peterson sê die mens is n skeppende mens (homo faber). Die mens gebruik instrumente vir sy voortbestaan. Die mense
More information18:00 Ker angdiens. Kontak ons nuut! PREDIKANTE MET VERLOF
Jaargang 1 #36 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Gelowiges wat doen Sing: Ps. 90-1:1,9 Sing: Sb. 12-3:1,2 (Kinderbegeleiding) Sing: Ps. 24-1:2,3 Skriflesing: Jakobus 2:14-26 Teks: Jakobus 2:22 Sing:
More informationDie Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4
februarie 2011 Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse.... p4 Leef wat jy droom Ons het almal drome... p7 p2 Fokus p6 p8 p10 Kaleideo Klanke Kuier by... Uitreike p11 Kreatief
More informationNG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI
NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI Tweede Uitgawe Oktober 2009 IN HIERDIE UITGAWE: Ons predikantspaar van 25 jaar Constantia Jeugnuus Die Lewende Bybel Vriendekring funksie Bid vir ons Sendelinge Houtbaai Kersopvoering
More information