VBO TWEEDE SEMESTER 2015

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

God se Woord. God se Wil

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Die Kerk Kry Moeilikheid

Petrus en die Krag van Gebed

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Seisoen van die Gees

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Besprekingsvrae vir selgroepe

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Empathy Ouerhandleiding

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

DIE AA NDBOODSKA PPER

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Verdere Bedieningsonderrig (VBO)

Daar is konflik in die gemeente

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

die goeie en mooi GEMEENSKAP

LoveGodGreatly.com 1

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Die krag van. n vrou wat bid

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

25 Eenvoudige maniere om in jou woonbuurt sending-gerig te wees (Josh Reeves)

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Josua - van jongs af n leier

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Maart 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Transcription:

VBO TWEEDE SEMESTER 2015 So op die laaste doodsnikke van die eerste semester (en wat n vol een was dit nie!) wil ons ter wille van jou beplanning vir die derde kwartaal graag die datums van die kwartaal se kursusse gee: (Sien onderaan vir meer inligting oor elkeen) 23 Julie 2015 Eendag-kursus oor Kontemporêre Musiekbediening: Faani Engelbrecht en Nico Simpson - in samewerking Bou jou eie pizza Gemeentehulpmiddels vir musiekbediening met Bybel-Media se kantoor vir kerkmusiek. 28-30 Jul Doop en Bediening: Ontvang wat vir julle gegee is Andries Cilliers en Tinus van Zyl 4-6 Aug Gemeente-finansies en -administrasie Aangebied as drie dag-kursusse (Woon apart of as geheel by) Dag 1 Administrasie Bossie Minnaar (e.a.) Dag 2 Finansies Dag 3 Rentmeesterskap 26-27 Aug Skryfkursus Len Hansen ea 8-10 Sep Happiness: Virtue practices to flourish Jannie le Roux, Marius Ungerer en Nadia Marais Indien jy deel is van die Sertifikaat-program, is die volgende datums vir jou van belang: 25-27 Aug Sertifikaat Blok 2: Gemeentelike Ekklesiologie 1-3 Sep Sertifikaat Blok 6: Bediening en Geestelike Formasie Indien jy deel is van die Geloofsreis vir Predikante, moet jy hier kyk: 3-6 Aug Geloofsreis Retraite 1.2 Sentrum vir Geloofsvorming Groete. Wilma Sien volledige inligting hieronder.

Volledige info oor kursusse: Eendag-kursus oor Kontemporêre Musiekbediening: Bou jou eie pizza Gemeentehulpmiddels vir musiekbediening Wanneer: 23 Julie 2015 Waar: Bybel-Media, Wellington VBO-punte: Die beste pizza-plekke gee aan jou die geleentheid om jou eie pizza te bou, want as jou gesin soos my gesin is, hou die een van sampioene, maar nie van pynappel nie; die ander een verkies spinasie, terwyl die ander een n karnivoor is wat net vleis en ekstra kaas verkies. Musiekbediening werk mos maar dieselfde. Jou gemeente verkies om geen dromme te hê nie, maar hulle sal heerlik saam met n kitaar sing. Die buurgemeente kan nie sing sonder elektriese kitare en techno-klanke nie. Vir gemeentes wat aangewese is op backtracks, kan dit egter moeilik raak, omdat jy eenvoudig moet vat wat jy kan kry. Brandhout Multitracks is n rekenaarprogram en 20 liedere (multitracks) wat jy self kan opstel en manipuleer volgens jou gemeente se eiesoortige behoeftes. Jy kan selfs die toonhoogte en tempo van die lied bepaal! Hierdie 1 dag-kursus word aangebied deur Ds. Faani Engelbrecht en Nico Simpson - in samewerking met Bybel-Media se kantoor vir kerkmusiek. Die kursus kos R750, maar sluit die volledige pakket en rekenaarprogram (ter waarde van R2000) in! Kursusgangers moet hulle eie rekenaars en oorfone bring ( n tablet sal nie werk nie en Apple nie verkieslik nie). Faani sal die program stap vir stap verduidelik en jou wys hoe om dit uiteindelik in jou musiekbediening in te span. Wie sal baat vind hierby? Enige predikant of musiekleier wat al ooit gesukkel het om n musiekbedieningspan op die been te bring of een gedurende die vakansie bymekaar te kry. Gemeentes wat glad nie n musiekbediening het nie, wat graag Flam-liedere wil sing en aangewese is op backtracks. Sperdatum 19 Julie

Doop en Bediening: Ontvang wat vir julle gegee is Andries Cilliers en Tinus van Zyl 28-30 Julie 2015 Tema en doel Hoe help jou Doop jou om te groei in dissipelskap? Dit is die vraag wat hierdie kursus wil beantwoord. In hierdie kursus val die klem nie in die eerste plek op die verskille oor die doop nie, maar eerder op wat die kerke in gemeen het en hoe ons aan die Doop die regmatige plek kan gee wat dit verdien in ons bediening. Ons gaan ons uitgangspunt neem in die hoog-gewaardeerde ekumeniese studie Baptism, Eucharist and Ministry (BEM) en fokus op die vyf betekenisse van die Doop waaroor hulle ekumeniese konsensus by ʼn groot klomp kerke kon kry. Die kursus gee ook aandag aan praktiese sake soos geloofsformasie, liturgie en bediening. Inhoud en Uitkomste Daar sal in die kursus spesifieke aandag gegee word aan: Die bybels-teologiese vrae oor die doop. Die BEM-studie en die bevindings van die studie. Hoe ons aan die Doop ʼn regmatige plek in ons gemeentes en bedienings kan gee. Daar sal ook aandag gegee word aan spesifieke praktiese programme (bv. ʼn 40-dae-kursus) en aan liturgiese riglyne. Die voorgeskrewe boek is Ontvang wat vir jou gegee is: Hoe die doop jou kan leer om met Christus te leef Coenie Burger en Andries Cilliers Skryf in voor of op 23 Julie

************************************************************ Gemeente-finansies en -administrasie Aangebied as drie dag-kursusse - Woon apart of as geheel by: 10a Dag 1 Administrasie 10b Dag 2 Finansies 10c Dag 3 Rentmeesterskap Bossie Minnaar en Kenny Raats 4-6 Augustus 2015 Drie afsonderlike sessies Die drie temas word as drie afsonderlike dag-byeenkomste aangebied. Deelnemers kan enige dag, enige twee dae of al drie die dae bywoon. Die drie temas hou verband met mekaar, maar die temas volg nie op mekaar nie. Die doel van die sessies is om predikante en kerkkantoorpersoneel te help met konkrete praktiese voorbeelde. Daar is ruim geleentheid vir die stel van vrae. Praktiese voorbeelde en hulpmiddels sal beskikbaar wees. Administrasie 4 Augustus 2015 Die administrasie-sessie fokus op n verskeidenheid sake: personeeladministrasie (diens ooreen-komste, personeelbeleid), kommunikasie (en sosiale media), die kerkkantoor, vergaderings (sakelyste en notules), nuusbriewe, jaarbeplanning, sagteware (rekenaar pakkette) en argivering. Die fokus is regdeur om praktiese hulp te verleen sodat die bedienaar van die Woord én die gemeente se administrasie kan meewerk om die gemeente se roeping op n logiese, verantwoordelike en konsekwente tot uitvoering te bring. Finansies 5 Augustus 2015 Algemeen: Makro-ekonomiese konteks, finansies van die NG Kerk. Gemeentelike finansies: begrotings, finansiële state, sinodale aandeel, beleggings. Persoonlike finansies: Salaris, pensioen, aftree-beplanning. Rentmeesterskap 6 Augustus 2015 Die rentmeesterskap-sessie fokus op die Skrifbeginsels oor materiële besit en rentmeesterskap, prediking oor die gee van tiendes en die bestuur van besittings en praktiese voorbeelde van insamelingsmetodes. Sperdatum: 29 Julie

******************************************************************************** Om te hoor, te voel... en te sien: Die kreatiewe gebruik van die geskrewe woord Len Hansen ea 26-27 Augustus 2015 Tema en doel Die beroemde skrywer Joseph Conrad (1857 1924) (Heart of Darkness, Lord Jim) het op n keer oor sy taak as skrywer gesê: My task is to make you hear, to make you feel, and, above all, to make you see. That is all, and it is everything. Om te lees is om te hoor, te voel en bo alles om (anders) te sien. Die funksie van enige geskrewe teks, net soos met die gepredikte Woord, is om te kommunikeer met die doel om te inspireer; om taal so te gebruik dat die leser nie sal wonder wat die skrywer wou sê nie. Die geskrewe woord is daarom n magtige, effektiewe en uiters kreatiewe hulpmiddel in die bediening in gemeentes en verder te meer nog omdat tegnologiese vooruitgang die moontlikhede en reikwydte daarvan voortdurend vergroot. Dit is egter ook n kuns waarvoor kennis en vaardighede noodsaaklik is. Hierdie kursus is gemik op enige lidmaat of predikant wat die gebruik van die geskrewe woord deel van sy of haar bediening wil maak, wat die nodige vaardighede daarvoor wil aanleer of wil verfyn. Inhoud In die kursus sal aandag gegee word aan die volgende sake: Met watter doel skryf jy? Wie is jou lesers? Wat is die mees gepaste genre (blogs, gemeentebriewe, oordenkings, dagstukkies, kortverhale, romans, akademiese skryfwerk, ens.) vir hierdie doel en hierdie gehoor? Hoe begin mens skryf, waar kry jy idees? Skrywersblok. Elemente van goeie skryfwerk. Tegniese vaardighede en hulpmiddels. Die etiek van skryf die sensitiwiteit vir gepaste humor, geskikte taal en styl, die verskil tussen eie stories en ander se stories. Wat gemaak met jou skryfwerk? Die proses van skryf tot publikasie.

Uitkomste Deelnemers sal na die tyd verstaan hoe om: te besluit vir watter tipe gehoor geskryf gaan word, wat die mees gepaste genre daarvoor is, en waar persoonlike sterk- en swakpunte lê met betrekking tot die gekose genre; tegniese vaardighede te verwerf en verstaan hoe om toegang tot hulpmiddels te verkry en te gebruik; die pad tot publikasie te volg en struikelblokke om te vermy; op n eties-verantwoordelike manier te skryf. Skryf in voor of op 19 Augustus. ******************************************************************************** Geluk: Deugde-in-Praktyk om te Floreer: VBO-kursus oor happiness 8-10 Sept 2015 (LW datum het verander) Marius Ungerer, Jannie le Roux & Nadia Marais Is die kerk die plek waar mense regtig vreugde kan vind, en hoe om dit te beleef? Hoe help ons geloofsgemeenskappe om te floreer? En myself? Die ontploffing van navorsing en literatuur oor happiness en die opbloei van die Positive Psychology dui op ʼn positiewe beweging waarvan leiers moet kennis neem en implementeer vir hulle eie lewensblyheid sowel as vir dié van die gemeenskappe wie hulle lei. As jy happiness google, gee dit reeds 324 000 000 resultate! Hierdie lens gee ʼn innoverende manier om te kyk na die geloofslewe in praktyk en help met die Johannes 10:10 perspektief Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Deelnemers word bekendgestel aan die baanbrekerswerk van Christopher Peterson en Martin E Seligman wat ʼn raamwerk gee van meta-vaardighede en universele deugde. Lewenslus ( zest ) en hoop is byvoorbeeld twee van die meta-vaardighede wat veerkragtigheid ( resilience ) vir lewens-satisfaksie bevorder. Onderskei tussen verskillende vorme van geluk. Jy word kans gegee om jou sterkpunte te ontdek en meer daarop te fokus. ʼn Gesprek word gelei oor: God en die kuns van geluk. Toepaslike videogrepe word gewys en die skakels verskaf vir eie aanbiedings. Elkeen word blootgestel aan reflektiewe rituele wat hierdie meta-vaardighede en universele deugde help integreer deur ervaring. Jy leer eenvoudige praktyke wat elke dag beoefen kan word om meer te floreer. Die materiaal word in pdf-vorm aan die einde van die kursus vir jou gestuur. Ons weet reeds vanuit die Bybel dat ons gelukkig en geseënd kan wees, maar almal sukkel met die HOE daarvan. Die kursus-uitkoms is die lewenshouding van oorvloed, integrasie van vreugde, en om elkeen te bemagtig om die materiaal aan te bied in eie konteks. Die voorgeskrewe boek is Leadership for all virtue practices to flourish (Marius Ungerer, Johan Herholdt en Jannie le Roux). Die koste hiervan is ingesluit by die kursusfooi. Sperdatum 2 September ************************************************************************** Die Geloofsreis vir Predikante - Retraite 1.2: Dissipelskap en Geloofsvorming 3-6 Augustus 2015 Op hierdie retraite word jy in ʼn rustige omgewing begelei om te fokus op jou eie dissipelskap en ook op jou Geloofsvorming, aan die hand van Dallas Willard. Begeleier: Gys van Schoor Boek: Dallas Willard: The Great Omission

Notas: R50 Sperdatum: 27 Julie Kontak my by wler@sun.ac.za vir inskrywingsvorms.