Pelgrimstog deur die Lewe

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God


Petrus en die Krag van Gebed

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Petrus en die Krag van Gebed

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Leef jy voluit? Waarna verlang jy? Wat motiveer jou? Smag jy. na God? Lees en oordink elkeen van die vrae. en stap saam oppad na n.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die Kerk Kry Moeilikheid

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Profetiese woord vir 2017 en verder

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

God se Woord. God se Wil

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Seisoen van die Gees

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

LoveGodGreatly.com 1

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Dawid die Skaapwagter

Besprekingsvrae vir selgroepe

Josua - van jongs af n leier

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Die krag van. n vrou wat bid

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

DIE AA NDBOODSKA PPER

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

die goeie en mooi GEMEENSKAP

KRAG VAN TRANSFORMASIE

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

To love without knowing how to love wounds the person we love.

GEBED VIR KERKLEIERS

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Transcription:

Pelgrimstog deur die Lewe Stadsretreat IV

Die diepste versugting van gelowiges is om te groei in geloof en ons dors daarna om in intieme kontak met God te leef. Hierdie diep begeerte nooi ons op verskeie paaie om God beter te leer ken. Een van die geestelike dissiplines wat al meer gewild word, is die sogenaamde Pelgrimstog. Mense stap vandag veral die Camino in Spanje of ander paaie na Rome of Jerusalem. Hulle getuig van n geestelike ontwaking omdat hulle moes stap met ʼn fokus op die bewussyn van God. Die ervaring tydens die staptog oefen gelowiges se vertroue in en afhanklikheid van God. Wanneer mens die Camino stap, kom jy agter die staptog is eintlik maar ʼn spieël van die lewe self. Die lewe het soms rustige tye waar jy gemaklik en doelgerig op pad is. Daar is egter ook tye met groot uitdagings waar jou bronne getap word en jy in afhanklikheid van God of ander mense moet leef. Jy word uit jou gemaksone geruk wat baie van jou vra. Die verrassing is egter dat jou daaglikse lewe eintlik dieselfde geleenthede bied om te groei! Elke dag is daar momente waar ons in die lewe self padtekens kry vir geestelike groei. Ons leef egter nie altyd met ʼn geoefende bewussyn om die geleenthede op pad te benut nie. Op die voorblad is ʼn skets deur Hieronymus Bosch met die titel Riete as ʼn Simbool (Reeds as a Symbol). Die persoon op die skets is ʼn pelgrim wat duidelik uitgeken word aan sy stapstok, hoed en die skulpe om sy kraag (wat vandag nog ʼn baie bekende simbool is waaraan pelgrims uitgeken word). Sy pelgrimstog is tussen die Boom van die Lewe by sy geboorte en die riete as teken van geestelike groei op sy reis. Hiermee beeld Bosch interessant genoeg die lewe self uit as ʼn pelgrimstog! Ons hoef nie almal die Camino te gaan stap om te oefen om elke dag saam met God te leef nie. Die lewe self word jou geleentheid waarin God jou ontmoet, lei en leer. Stadsretreat IV wil jou help om hierdie naweek ʼn stukkie pelgrimstog te stap deur jou eie lewe. Dit gaan van jou vra om dieselfde dinge te doen wat jy gewoonlik sou doen, maar met ʼn ander ingesteldheid. Jy word genooi om met ʼn fyn bewussyn alles te doen en met geestelike sensitiwiteit oop te wees vir hoe die Gees jou verras deur die gewone! Die doel van ons Stadsretreat pelgrimstog is dat jy ná die naweek se staptog deur jou lewe, sommer elke dag met ʼn ander ingesteldheid sal leef. Eintlik word elke dag ʼn opwindende reis vol avontuur saam met God en ander pelgrims op die pad. Sien jy nie nou baie uit na die reis nie? Is jy reg daarvoor? Meister Eckhard skryf: Trek jou stapskoene aan en spring in die arms van God! Seënwense en voorspoedige reis! Immanuel van Tonder NS. Stadsretreat I - III is beskikbaar op www.nglynnwood.co.za by Bedieninge, Lewenskuns.

Stilhouplekke op jou Pelgrimstog Onthou dat die eintlike doel van die stadsretreat is dat jy met die normale aktiwiteite van die naweek voortgaan, maar dat die stilhouplekke jou help om diepte en die regte ingesteldheid te kweek! Vrydag T-Tyd Vrydagaand Saterdagoggend Saterdagaand Sondagoggend Sondagmiddagete Sondagmiddag Jou lewe in ʼn koppie! Pelgrimstog sonder selfone (Bewussyn) Lees die Lewe! (Wandel in die wêreld) Rusplekke langs die pad (Stilte) Erediens (Geloofsgewoonte) Pelgrims saam aan Tafel (Saam aan Tafel as geloofsgewoonte) Kom Tuis! (Tuiskoms in jou eie huis) Verbind jouself om tyd te maak vir die paaie waarop jy genooi word totdat jy opnuut tuis kom Sondag. Let op die Sondagmiddagete-geleentheid waar jy saam met iemand middagete kan eet om die geloofsgewoonte van Saam aan Tafel te beoefen. Maak sommer nou ʼn afspraak met iemand, beplan jou gereg of bespreek ʼn restaurant. Vrydag T-Tyd: Jou lewe in ʼn koppie Gebruik vanoggend jou koppie tee of koffie as metafoor vir jou lewe. Verwoord wat tans in jou lewe is wat jy geniet en wat vir jou smaak gee aan die lewe. Elke keer wat jy aan iets dink wat jou lewe verryk, drink ʼn slukkie soos n heildronk. Dank die Here daarvoor terwyl jy jou drankie proe! Dink mooi wyd en diep aan fisiese, emosionele, geestelike, intellektuele en verhoudingsgawes. Besef dat die Here die Gewer van alle goeie gawes is. Lees Ps 16 as jy kan. As jou koppie leeg is, kan jy nadink oor dit wat jy voel tans ʼn tekort is in jou lewe... Wat laat jou leeg voel? Wat tap jou energie? Wees eerlik en verwoord dit sommer teenoor jou Lewensgids. Dink mooi in watter mate die Here aan jou wel voorsien in die leegheid... Skryf neer wat jy aan die een kant as gawes beleef, maar ook waaraan jy tekort beleef. Wag nou in stilte op die Here om met jou te maak soos Hy goed dink. Wees oop om verras te word deur die liefdevolle Vader net daar waar jy sit. Hy laat jou beker oorloop. (Ps 23)

Vrydagaand: Pelgrimstog sonder selfone. So rukkie gelede was daar ʼn nuusberig dat 4 uit elke 10 motorongelukke veroorsaak word deur bestuurders wat bestuur terwyl hulle op hulle selfone praat. Die probleem is natuurlik dat jou aandag verskuif na die gesprek op jou foon. Jy verloor die bewussyn van jou omgewing en kan nie gepas reageer op die uitdagings van die pad of ander padgebruikers nie. Ek dink meeste van ons leef groot gedeeltes van ons lewe op ons selfoon in ons gedagtes. Ons hou dalk nie ʼn fisiese selfoon teen ons ore nie, maar ons gedagtes maal onbeheersd voort sodat ons nie bewus is van ons omgewing nie. Waar jy stap, of kuier, of werk, of ontspan, ontsnap jy nooit van die selfpraat in jou kop nie. Meestal is jy ook nie bewus wat met jou gebeur nie. So verongeluk menige mense se lewens! Ons beweeg by die rykdomme van die lewe verby sonder om werklik op te let, want ons is nie by ons volle bewussyn nie! Hierdie naweek in jou pelgrimstog moet jy gereeld hierdie proses monitor. Jy moet as t ware jouself probeer betrap op wat jy dink om die meganisme raak te sien. Die gedagtegesprek maak dat jy nie sensitief genoeg is vir die omstandighede nie en, veral, ook nie vir God se stem nie! Jy is gedurig op jou selfoon in jou kop en tik boodskappe aan almal en alles in jou gedagtes - sonder om werklik teenwoordig te wees. Vanaand gaan ek jou nooi om vir ʼn rukkie die selfoon in jou gedagtes af te sit. Dit klink baie eenvoudig, maar dit is moeilik vir jou ego om te laat gaan. Jou ego sal aanhou veg om aandag en selfs ʼn vloermoer gooi omdat hy nie aandag kry nie. Die manier waarop jy die selfoon in jou kop afsit, is om jou gedagtes op God te laat rus. Elke keer wat die selfoon in jou kop lui om jou gedagtes êrens heen te lei, kan jy rustig net aflui want die foon sal outomaties op stempos gaan. Jy kan later wel daaraan aandag gee! Ek nooi jou om ʼn naam vir God te kies waarmee jy God assosieer soos Teenwoordige, Ewige, Vader, Jesus, Gees, Asem, Lewende Water, Vuur, Rots, Vredevors, Herder, Lig, Ek is, of Lewe. Gaan sit rustig iewers en fokus net daarop om bewus te wees daarvan dat God by jou is. Dit is wat ons so pas in Pinkster weer gehoor het - dat Hy by ons is. Terwyl jy rustig sit of kniel, kan jy God se naam noem en woordeloos daarop fokus dat God intiem naby jou is. Elke keer wat die selfoon lui, kan jy rustig net die gedagte laat gaan en jouself daaraan herinner dat jy nou met God in kontak is. Rus in die onvoorwaardelike teenwoordigheid van God. Moenie bekommer as dit in die begin vreemd is nie. Dit neem ʼn rukkie om jou gedagtes te leer dat dit ondergeskik is aan jou bewussyn. Die bevryding en vrug wat jy hieruit gaan put, gaan jou hele naweek verryk! Selfs voor jy gaan slaap vanaand kan jy net oplet waarheen jou gedagtes gaan as jy dit vrye teuels gee. Met tyd en oefening sal jy al meer bewus word van wat jy dink en die vaardigheid oefen om die selfoon in jou kop af te sit en teenwoordig te wees!

Saterdagoggend: Lees die Lewe! Die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 1 vertel wie God is. Artikel 2 help ons met middele waardeur ons God kan leer ken. Kyk net die interessante antwoord: Eerstens deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die hele wêreld. Dit is immers voor ons oë soos 'n mooi boek waarin alle skepsels, groot en klein, die letters is wat ons die onsigbare dinge van God, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, duidelik laat sien, soos die apostel Paulus sê(rom 1:20). Tweedens maak Hy Hom deur sy heilige en Goddelike Woord nog duideliker en meer volkome aan ons bekend... Wat lees jy om meer van God te leer ken? Hoofsaaklik die Bybel of ʼn geestelike boek? Het jy al ooit daaraan gedink om die lewe te lees? Of die natuur te lees? Jy kan ook die mense om jou lees as ʼn teks oor wie God is en God in hulle ontmoet. Dit vra egter n nuwe bril! Kan jy dink dat jou hele lewe by jou kan verbygaan sonder dat jy die rykdom van God in jou lewe lees! Hierdie geestelike lees van jou lewe, gaan gepaard met die lewe in die bewussyn van God in elke moment van die dag. Dit sluit die lewe oop. Ek wil jou vra om na ʼn video van Richard Rohr hieroor te kyk. Dit is net 3 minute en kan maklik op die internet gevind word op ons webblad www.nglynnwood.co.za of deur die volgende trefwoorde te google: richard rohr prayer youtube. Die video is die beste verduideliking van gebed wat ek ooit raakgeloop het. Doen gerus die moeite! Dit gee ʼn duidelike prentjie van die lewe as ʼn pelgrimtog! Vir jou stiltetyd vanoggend lees die hele Ps 19. Die Boodskap vertaal vers 5 soos volg: Daar is nie n millimeter van die hemel of die aarde wat nie vertel hoe groot God is nie. Alles wat Hy gemaak het, ja alles, tot by die verste plekke wat ons kan sien, is vol van sy eer. Kyk hoe praat God deur die skepping. Dan van vers 8 af verduidelik die teks hoe God deur die Woord met ons praat en ons lei. Nadat jy die teks van Ps 19 gelees het, maak tyd om biddend daaroor na te dink... Neem nou jou tyd en raak bewus van waar jy nou is. Waardeur praat God nou waar jy kyk, luister of voel? Wat hoor jy in wat jy om jou ervaar? Waarheen nooi die teks van Ps 19 jou vir die dag wat voorlê? Om jou te oefen om die res van die dag in die bewussyn van God te leef, kan jy ʼn teken aan jou dra om jou te telkens daaraan te herinner om met ʼn oop bewussyn te leef. ʼn Rekkie om jou regterarm wat ander nie kan sien nie, of n klein plakker op jou selfoon, of selfs net ʼn klippie in jou sak kan jou in die proses lei om telkens te onthou dat jy in diep verbintenis met God leef.

Saterdagaand: Rusplekke langs die pad (Stilte) ʼn Saterdagaand het ʼn vreemde gevoel aan hom... Geen wonder David Kramer het gesing hoe erg dit vir hom was om Stoksiel alleen op ʼn Saterdagaand te wees nie. Maar hierin is ook ʼn rykdom opgesluit as jy ʼn tyd vir stilte maak iewers Saterdagaand. Stilte het ʼn besondere impak as jy die rykdom daarvan kan ontgin. Dit gaan nie net oor fisiese stilte nie, maar oor ʼn wakker bewussyn te midde van stilte. Hierdie vorm van bewussynsvolle stilte word kontemplasie genoem. Kyk hoe Leah Rampy dit raak beskryf: In this sense, contemplation is an all-embracing quality of presence, including not only our own inner experience but also directly perceiving and responding to the situation and needs of the world around us. Rather than trying to balance contemplation and action, it is more accurate to see contemplation in action, undergirding and embracing everything. In this way, all our thoughts and actions can be joined together in prayerful openness and loving responsiveness. As mens hierdie bewussynsvolle stiltes in jou lewe benut, word dit ʼn rusplek langs die pad in jou pelgrimstog. Die lewe het sy natuurlike tye vir stilte waar ons uit die rykdom daarvan kan put soos wanneer jy in ʼn ry moet wag, in jou motor êrens heen ry, ʼn oop tydjie het voor ʼn byeenkoms, as jy in die bad lê, by die venster uitkyk, op jou geliefkooste rusbank sit of die tyd voor jy aan die slaap raak. Daar is geen verskil tussen dié stiltes en die stilte wat jy het as jy spesifiek stiltetyd hou nie. Al wat die diepte daarvan laat verskil, is jou ingesteldheid. Die lewe se natuurlike stiltes het potensieel ook rykdom waarvoor jy jou kan oopmaak. Werklike stilte is egter innerlik, selfs al raas dit buite! Die delfproses waardeur die juwele uit die stilte ontgin word is dat dit nie my aktiwiteit is wat die gawes ontgin nie. Ek moet nie harder probéér nie, maar SAGTER PROBEER. Dit gaan oor meegee en luister! Ek forseer niks nie, maar maak aktief oop vir God om in my te werk. Prakties beteken dit dat jy bou op vanoggend se gedagte dat gebed ʼn oefening in bewussyn is. In die natuurlike tye van stilte kan jy net oorgee aan die bewussyn van die Ewige se deurdringende teenwoordigheid wat jou alles gee wat jy nodig het - sonder verdienste. Die GROOT GAWE is dat jy deel kry aan die Goddelike Natuur! Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en van Jesus, ons Here. Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien...deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle... deel kry aan die Goddelike natuur. 2 Petr 1:2-4 Let mooi op dat gawes ontvang word as geskenke. Ons maak oop en ontvang wat God gee. Skryf jou gewaarwordinge na die tyd neer:

Sondagoggend: Erediens (Geloofsgewoonte) Die ingesteldheid waarmee jy die erediens tegemoet gaan, bepaal grotendeels die impak van die erediens. Probeer effens vroeër in die diens wees om tyd te hê om na te dink waarvoor jy God wil kom eer in die erediens. Moet nie net dink aan wat Hy vir jou gee nie, maar eer Hom vir wie Hy is. Dink aan God se karakter en sy werk in die verlede, hede en toekoms. God Drie-enig is hier. Maak jouself oop dat jy die Teenwoordige kan ontmoet met ʼn bewussyn wat op God ingestel is. Sondagmiddagete: Pelgrims saam aan Tafel (Saam aan Tafel as geloofsgewoonte) As mens op die internet besig is, is daar twee vlakke van teks en grafika. Sommige tekste is eenvlakkig. Dit beteken jy kan net dit lees of sien wat daar staan. Ander tekste word in Engels hypertext genoem. (Ek sien die woordeboek noem dit hiperteks.) Hypertext beteken jy kan op die teks of prentjie klik, dan verbind dit jou met ʼn heel ander webblad. Dit wat jy sien, hou dus meer in as wat jy voor direk jou sien! Mens kan die lewe net eenvlakkig leef, of dieper deur die hypertext verbande sien. Neem nou byvoorbeeld ʼn ete. Jy kan maar net gewoon eet en alles ervaar soos dit gebeur. Die ander opsie is om die ete te sien in sy dieper verbintenisse ( Hypertext ): ʼn Ete verbind jou met die aarde: Dink aan die grond en die plaas van waar die kos kom. Daar was mense wat gehelp verbou het aan die produkte en gesorg het dat jy dit kan gebruik. Geniet elke porsie se geur en kleur. Verder verbind etes jou met jou reisgenote deur die lewe. Deur werklik te luister na hulle en teenwoordig te wees, verbind dit jou met jou tafelgenote op ʼn dieper vlak. Soek na tekens van God se vingermerke in elkeen se lewe om die tafel. Daar vind ook ʼn verbintenis met God plaas soos jy, by voorbeeld, die Gewer se teenwoordigheid ervaar in die lewe wat om die tafel gevier word deur lag en traan! Wanneer jy die Sondagmiddagete geniet, probeer in die voorbereiding, ete en afdek van hierdie verbande bewus wees. Jou tafelgebed kan iets verwoord van die drie verbande. Eintlik is elke ete heilig! Laat hierdie ete dus ʼn oefening wees om jou etes hierna in ʼn dieper stroom van die lewe te laat plaasvind meer as net ʼn oppervlakkige versadiging van honger. Sondagmiddag: Kom Tuis! (Tuiskoms in jou eie huis) Eugene Peterson skryf: We enter heaven not by escaping what we don t like, but by the sanctification of the place in which God has placed us. Aan die einde van die pelgrimstog kom jy terug huis toe met ʼn nuwe ingesteldheid en waardering vir jou eie huis. Ek wil jou nooi om ʼn tydjie te maak en bietjie by jou huis aan te kom asof jy weg was. Ja, ek bedoel werklik dat jy nou by jou voordeur instap en alles weer opnuut bekyk. Stap en stop by elkeen van jou kunswerke of foto s teen die mure. Spandeer tyd asof dit ʼn kunsuitstalling is. Laat die Here ook toe om jou die dieper boodskappe in die kunswerke te laat ontdek. Sien hoe die kunswerke vir jou heilig word.

Ek wil jou nooi om iets te doen wat jou baie diep kan aanraak en laat tuiskom in jou eie huis. Neem gerus een van jou kunswerke tydens stiltetyd, nou of in die week, en gebruik dit as fokus van meditasie in die teenwoordigheid van God. Daar sal dieper betekenisse ontsluit word in elke kunswerk waarvan jy nog nooit bewus was nie. Daarna sal jy nie meer by ʼn kunswerk kan verby stap sonder dat die betekenis op jou ʼn invloed het nie. Jy kan selfs na jou ornamente kyk of iets simbolies aankoop wat jou herinner aan God se teenwoordigheid by jou. Uitpak na die Pelgrimstog Dis altyd interessant om te sien wat jy regtig nodig gehad het van alles wat jy vir die reis ingepak het! Mens kan dan eers sien wat was die essensiële, wat jy eintlik moes saamgeneem het en wat nie nodig was nie. Hierin is reeds ʼn groot les te leer vir die pelgrimstog deur die lewe: eenvoud en fokus. Dink mooi aan wat jy vir jou pelgrimstog die naweek ingepak het. Wat het jy regtig nodig gehad? Het jy gesien hoeveel rykdom word ontsluit deur die regte ingesteldheid in te pak? Hoeveel diepte het daar gekom deur jou bewussyn? Dit kan jy alles die week in saamneem. Ons het soveel bagasie (emosioneel, kognitief, geestelik) en besittings wat ons deur die lewe saamdra. Baie van ons bagasie besit ons in plaas daarvan dat ons hulle besit! As jy met ʼn nuwe bewussyn leef, raak jy bewus van dié gehegtheid en kan dan laat gaan waaraan jy te verknog geraak het. The burden does not lie in the goods we carry, but in the way we relate to them. Gerard W Hughes. Waaraan is jy verknog? Is die gehegtheid daaraan verrykend of beperkend vir jou lewe? Ondermyn dit waaraan jy so verknog is nie dalk ander prioriteite nie. Skryf neer wat jy wil inpak vir die week wat kom... Seënwens vir jou Pelgrimstog Die Here is voor julle om die pad vir julle gelyk te maak Die Here is langs julle om julle in sy arms toe te vou Die Here is agter julle om die aanvalle van die vyand af te slaan Die Here is onder julle om julle te dra as julle mag val Die Here is rondom julle om julle te beskerm Die Here is bokant julle om julle te seën; Die Here is binne julle om julle te lei na sy wil; So seën die drie-enige God julle, van nou af tot in ewigheid! AMEN