Hartklop. Wees Lig! 4 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Similar documents
Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Hartklop. Wees Lig! 24 JULIE van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE FAMILIEDIENS

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Wees LIG! MEI 2018 HARTLIK WELKOM! VANOGGEND SE PINKSTER NAGMAALDIENS TEKS VIR 27 MEI DR WILHELM BURGER ROM. 8:26-32 DR WILHELM BURGER (HAND 2:37-42)

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Petrus en die Krag van Gebed

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Hartklop. Wees Lig! 20 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM. VANOGGEND SE DIENS (DR DAVID HARRISON) Gal 4:21-5:1

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

LoveGodGreatly.com 1

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Profetiese woord vir 2017 en verder

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

GEBED VIR KERKLEIERS

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Seisoen van die Gees

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Leef jy voluit? Waarna verlang jy? Wat motiveer jou? Smag jy. na God? Lees en oordink elkeen van die vrae. en stap saam oppad na n.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Josua - van jongs af n leier

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

OORWINNING OOR DEPRESSIE

Pelgrimstog deur die Lewe

God se Woord. God se Wil

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Die plek van jou tent

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Dawid die Skaapwagter

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Die krag van. n vrou wat bid


Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

HARTKLOP. Wees LIG! 9 JULIE 2017 HARTLIK WELKOM! TEKS VIR SON 16 JUL VANOGGEND SE EREDIENS GEEN AANDDIENS. Kind van God? Is jy seker? Wie sê...?

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

DIE AA NDBOODSKA PPER

Besprekingsvrae vir selgroepe

Empathy Ouerhandleiding

Transcription:

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 4 SEPTEMBER 2016 Wees Lig! VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE Matteus 15 en 16 (veral Matteus 16:1-4) HEMEL OP AARDE MET WONDERWERKE Wonderwerke, ons wonder hoe Sy werke werk; deel Hy uit soos ons mooier vra? Ons twyfel baklei teen ons smart; word ons geloof bepaal opgrond van wat kom van Sy hand? Harde vrae wat ek die afgelope week vir myself afgevra het ter voorbereiding vir vanoogend se diens. Een ding is wel verseker: Jesus het nie wonderwerke gedoen om mense te beïndruk, Sy mag te wys of om daarvoor geëer te word nie. Sy wonderwerke wys dat God oral in die wêreld aan die werk is en ons Hom oral kan raaksien. Is dit die waarheid in jou lewe vandag? Kan jy steeds Jesus se wonderwerke vandag raaksien of dink jy wonderwerke is maarnet iets wat in die Bybelse tyd gebeur het? HARTLIK WELKOM Dis vandag die eerste Sondag van die Lente. Ons mense maak vrolike uitstappies om hulle aan die Namakwalandse blommeprag te gaan verwonder. En hulle sê dit is soos n bont lappieskombers met vreemde maatjies soos bobbejaantjies, kalkoentjies en weeskindertjies. Ander vertel van die spul bosse soos die kersbos, die skaapbos, die perdebos, die kraalbos en die donkiesbos. En dan is daar die vetplante met name wat ons vromes soms laat bloos. Daar is die halfmens, die hondebal, die bababoudjies, poeierkwas, koekamakranka, kleuterviooltjies, geelkatstert, rooikatstert, witeendekos en die beestong. Waar kom hulle almal vandaan? Immers, Namakwaland is n streek van uiterstes. Dis n dorre wêreld. n Klipharde aarde. En die water kan maar lekker brak wees. Dáár maak jy nie tuin nie. Hulle praat nie verniet van die Hardeveld en van Bitterfontein nie. DJ Opperman weet waar hierdie blomme vandaan kom. In n ou kerkie in Clanwilliam deel hy die geheim: Op die groot saaidag van die heelal het reeds 'n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste 'n sakkie van die Heer se beste saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval. (Namakwaland deur DJ Opperman) Wat sê die Skepper se blomme vir ons? Kyk mooi. Moet julle nie bekommer oor julle lewe nie. Let op die veldlelies; hulle swoeg nie. Julle hemelse Vader weet immers wat julle alles nodig het. Moet julle dus nie oor môre bekommer nie. Vader sorg vir julle. (Matt 7v25-34). Welkom aan jou en aan die Lente! SPESIALE WELKOM AAN DIE DOOPOUERS Nico en Marna Heyns met baba Daniel Heyns Rio en Hilde Bezuidenhout met baba Benning Puren Bezuidenhout Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 11 SEPTEMBER DS MICHIEL DE KOCK 1 Kor.11 v.23 33 Ons dink hierdie week na oor die werklike betekenis van die Nagmaal. U kan bg. teks herhaaldelik lees, maar ook ander tekste wat op die Nagmaal betrekking het soos Luk. 22 v.19 en Matt 26 v.26 en 28. Dink biddend na oor die diepste betekenis van die nagmaal. Vra jouself af of hierdie betekenis vir jou persoonlik waar is. Dws of jy die diepste betekenis van die nagmaal met jou hele hart glo en omarm. Praat met jou geliefdes daaroor. Maak n tyd in die week of oor die naweek voor Sondag en sit om die tafel met almal in jou huis, lees die gedeelte en praat met mekaar oor wat dit vir julle beteken en hoekom Jesus die nagmaal ingestel het. Vertel ook vir mekaar van julle geloof in Jesus Christus as Here en Verlosser van julle lewe. Daar is geen groter troos wat jy aan jou geliefde kan gee as die versekering dat jy in Jesus Christus as jou Verlosser glo nie. Bring dan Sondag jou hele huis en kom na die Tafel saam met die gemeente om te deel in die tekens van die nagmaal. Hierdie tekens wat vir ons n waarborg is van ons deelhê aan die sterwe en opstanding van ons Heer. Die Here seën u met Sy tekens van brood en wyn. Michiel AANDDIENS @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE Ons nooi u almal graag uit om saam te kom sing, gesels, luister en deel. Hope Collective band maak vir ons musiek. DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Instituut vir Dowes Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning.

SONDAG 11 SEPTEMBER 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. 09:00 EREDIENS: Ds Michiel de Kock gaan voor. Dit is ook nagmaal. SONDAG 4 SEPTEMBER 18:00 DIENS BY ONRUS MANOR met die bediening van die Nagmaal - Clifford Heys gaan voor. Almal is baie welkom. MAANDAG 5 SEPTEMBER 11:00-12:00 ONDERSTEUNINGSGROEP (Dienssentrum) Ons nooi u graag na n ondersteuningsgroep vir almal wat aan MNS,MS, Spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en Dimenssie lei of daaroor wil praat. Kom gesels saam, ons luister graag. Welkom! DINSDAG 6 SEPTEMBER Sopkombuis 19:00 WYKSBYEENKOMS WYK 9 by Johan en Marie Louw Moltenostraat 6, Onrusrivier Spreker: Ds Michiel de Kock WOENSDAG 7 SEPTEMBER Ons bid die 24een GEBEDSWAG vandag. 11:00-13:00 KLEREKAS is oop. Welkom! 10:00 HUISKERK by Kidbrooke (Clifford gaan voor) 11:00 HUISKERK by Negester (Clifford gaan voor) 18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus) Prof Kobus Kellerman is besig met n nuwe reeks oor Geloof. Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. Lesings beskikbaar by Mervian, by die NG Kerk Onrusrivier by Vonkpos: info@ngkonrusrivier.co.za DONDERDAG 8 SEPTEMBER 18:00 BYBELSKOOL (NG Onrus) VRYDAG 9 SEPTEMBER 09:30-11:30 DIE KOLWYNTJIE TEETUIN is oop. 18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus) 09:00-12:00 VRYDAGMARKIE by die kerk. Kom kyk al die heerlike stalletjies, mooigoed en lekkergoed om te koop. WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 10) KLEUTERKERK 3-6 jr tydens Erediens (Ark) BYBELGROEPE Gr 1-5 tydens die Erediens 18:00 AANDDIENS Dr Clifford Heys gaan voor. Die LOUD band van Hoërskool Hermanus gaan ook speel en heerlik musiek maak. Ons nooi alle tieners spesiaal uit, maar onthou u is almal baie welkom. Teentrix groepe na die diens. 11-12 SEPTEMBER: RINGSITTING Ons bid vir ons leraars en kerkraad wat dit bywoon. WAARNA KAN ONS UITSIEN? WEEK VAN GEBED 18-25 SEPTEMBER Lees gerus meer daaroor op die Gebedsblad. MAANDAG 19 SEPTEMBER @ 19:00 by die Scout Hall Hermanus Astronomy Centre bied aan: Prof. Bruce Bassett of UCT and AIMS (the Africa Institute of Mathematical Sciences) presents 100 Years of General Relativity: Gravitational waves and Beyond. 23-25 SEPTEMBER 2016 Mighty Men konferensie (Malmesbury) R160pp. Vir besprekings en navrae, kontak 082 850 4559 of mmc.wc@hotmail.com SONDAG 25 SEPTEMBER @ 14:00 Worship event by Curro Skool as deel van die Week van Gebed. Ons nooi u almal nou reeds om saam met die hele gemeenskap te kom loof en prys. VRYDAG 30 SEPTEMBER @ 19:00 Stargazing Event by die NG Gemeente Onrusrivier. Ons gaan kyk na die Big 5 of the Sky. Die Hermanus Astronomy Centre se teleskope gaam beskikbaar wees om al die wonders te geniet. Navrae: Karin. GBO BANKREKENING Neem asb kennis dat die GBO n aparte bankrekening het. Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 Baie dankie ook vir die beloftes wat reeds ingekom het. By die deure is nog briewe beskikbaar om in te vul. Dankie vir u deelwees van hierdie uitreik ook.

Die Omgee-muffins uitdeel verlede Sondag was n GROOT Godstorie! Baie dankie vir almal se aanddeel aan die uitreik! UITREIKE Wou jy nog altyd 'n Sendingbasis besoek? Nou is die geleentheid om vir 'n naweek prakties betrokke te raak. *FCE WOSLEY (Foundation of Christian Education) Datum: 21 23 Oktober 2016 Doel: Ondersteun die hoofbasis van FCE met verf werk, Skakeling met sendelinge en personeel van FCE Koste: R400/persoon vir naweek sluit verblyf en kos in (sluit vervoer uit) *INDIE Datum: 1 19 Desember 2016 Doel: Besoek Rahul en Lorette in Varanasi, Ondersteun Rahul en Lorette met dagsorg sentrum Besoek n kinderhuis in Delhi interaksie met kinders, instandhouings projekte, Besoek Himalayas berge Koste: R14 000 R18 000/persoon (sal finaal beinvloed word deur wisselkoers en vliegtuigkaartjies) *FRANKRYK Datum: 15 25 September 2017 Doel: Besoek Johan en Rita Bloemhof (laat hulle voel dat hulle deel is van gemeente), Ondersteun Johan-hulle met hul werk deel inligting stukke uit ens, Verken Frankryk Besoek Parys, Fontainleau kasteel, Hugenote museum, Loire valley. Koste: R25 000/persoon (kan deur wisselkoers en koste van vliegtuigkaartjies beinvloed word NAVRAE: Charl van der Merwe - Sel: 079 528 0854 - epos: charlvandermerwe@tigerbrands.com Uys en Mattie Swart - Sel: 076 522 5669 - epos: bydiec@gmail.com

GEBEDSVERSOEKE Marietjie 076 713 4513 E-pos: marietjievanwyk00@gmail.com WEEK 5-11 SEP NOODKETTING Sheila 082 895 9479 GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Francois Goosen Elna Uys Betsie Liebenberg Verswak Annette Norman Operasie gehad GEBEDSBLAD Vader, vandag buig ek in verwondering voor die feit MAANDAG 5 SEPT dat U my liefgehad het toe ek nog n sondaar was en voordat ek U liefgehad het. Gebruik my as n instrument om U liefde te versprei. Vader, ek het my medemens eers werklik lief wanneer my liefde vir hom/haar ontstaan uit my liefde vir U, my Vader en Koning. Anna Andersen Jan Eksteen Carien Viljoen Dawie Malherbe Hein Steynberg Lynette Crafford Okkie van Tonder Rassie & Ina Eramus dogter Hanlie Chambers Annemé Spies (22jr) Pieter & Rita Ferreira se k/dogter Stan Murie Been operasie Longfibrose Brein operasie gehad Siekeboeg In hospitaal Bestraling Verswak Hospitaal Hospitaal Dierbare Jesus Christus, blus die branding van my DINSDAG 6 SEPT woede deur die teerheid van u liefde. Gee aan my selfbeheersing in wat ek sê en doen wanneer ek kwaad is. Jona 4:4 het U ook aan Jona gevra: Het jy rede om kwaad te word? Help my om te onthou dat U het geen woede gevoel nie, alleen maar volkome liefde. Here, ek weet dat naas liefde, is simpatie die WOENSDAG 7 SEPT grootste behoefte van die mens. Help my om myself in staat te stel om opregte simpatie te betoon in hul oomblik van droefheid en spanning. Help my om die regte woord op die regte tyd te sê. Maak dat my gebede sesitief en begrypend is. Dierbare Vader wat in die Hemel en op die Aarde DONDERDAG 8 SEPT woon, ek weet dat ek niks behalwe my liefde uit hierdie lewe saam op my ewigheidsreis neem nie. 1 Kor 13:13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! Dankie Vader, vir U Woord en die belofte van n ewigelewe. Pieter Cilliers Negester Meegevoel met Wilna du Toit en familie met die heengaan van Wilkie. Ons bid ook spesiaal vir alle bejaardes. Here, baie dankie vir ons sendelinge. Dankie, omdat VRYDAG 9 SEPT U so dikwels, met woord en daad, U volgelinge opgeroep het tot barmhartigheid en deernis. Here, dankie vir hulle wat hul medemens in liefde dien. Ons dra elkeen op aan U Vader, en bid ook vir hulle gesinne en vir hulle veiligheid. Seën elkeen met U oorvloedige Vaderliefde en genade. WAT HET ONS NODIG EN WAT KAN U DOEN? LEVIETE (DIENS DOEN TYDENS WEEK VAN GEBED) Ons benodig persone wat 2 of 3 uur skofte kan kom doen by die Gebedstasies tydens die week. In die maalruimte is daar Leviete diensbeurte plakkate, kom skryf asb u naam daar op. BAIE DANKIE! KOM SKRYF JOU NAAM OP BY N UUR Daar is 168 ure tydens die hele week wat gevul moet word met bidders wat hulle self toewy vir daardie uur. In die maalruimte is daar n bord waar u u naam kan kom opskryf. (U kan ook bid by die huis). Kom ons verenig in gebed! KERSE VIR WEEK VAN GEBED Ons benodig asb groot hoeveelhede kerse vir by die gebedstasies. Ons sal enige skenkings baie waardeer! SKRYFBEHOEFTES VIR WEEK VAN GEBED Ons het skryfbehoeftes nodig vir ons kleuters en jong kinders vir die week van gebed. Indien u enige gebruikte of nuwe skryfbehoeftes het wat u kan skenk, bring dit asb na die kerkkantoor of plaas dit op Sondag 4 of 11 September in die houer in die maalruimte. Die volgende items word benodig: Potlode; Penne; Inkleur potlode; Kokipenne; Uitveërs; Pritt; Blinkertjies en Sterretjies; Enige papier van enige kleur en grootte waarop hulle kan teken.

GEBED KAN JOU LEWE VERANDER Daar is niks meer krities in `n Christen se lewe as gebed nie! Lukas 11:1 Here, leer ons bid DIE VIER DOELWITTE VAN GEBED Gebed is TOEWYDING Ek is die druiwestok en julle die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie Joh. 15:5 Gebed is KOMMUNIKASIE Ek noem julle nie meer slawe nie, want `n slaaf weet nie altyd wat sy eienaar doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van My Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het Joh 15:15 Gebed is AFHANKLIKHEID Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef Fil 4:6-7 Lees ook Jakobus 4:3-4; Psalm 37:4; Psalm 84:11; Lukas 11:11-13; Johannes 16:24 God never shuts His storehouse until you shut your mouth. CH Spurgeon Gebed is SAMEWERKING Ek verseker julle, wie aanhou om in My te glo, sal ook die werke doen wat Ek doen; hy sal selfs nog groter dinge as dit doen omdat Ek na die Vader toe op pad is. Joh 14:12 Every great movement of God can be traced to a single praying, kneeling figure. DL Moody WEEK VAN GEBED 18-25 SEPTEMBER 2016 ONS BID 7 DAE 24 UUR PER DAG 168 UUR!!! Hemelse Vader, hoor ons gebede. Maak ons `n biddende gemeente. Ons is opgewonde om gedurende die Week van Gebed, ons families, ons gemeente, gemeenskap en die wêreld aan U op te dra. Amen! In die maalruimte staan n kennisgewingbord. Klein papiertjies soos in die voorbeeld hieronder, word voltooi waarop jy jouself verbind om een uur lank gedurende die week van gebed te bid. Steek asseblief jou papiertjie teen die bord vas! Kinders van God, word wakker! Kom verenig in gebed. NAAM :.. DATUM:... TYD :.... Week van Gebed : 18 25 September 2016 Neem gerus ook n herinner kaartjie sodat u maklik kan onthou vir watter uur u verantwoordelikheid vat en bid. Baie dankie vir almal se samewerking! WEEK VAN GEBED 18 25 SEPTEMBER 2016 Awaken Sons & daughters of God unite in prayer DATUM EN TYD VAN MY GEBED

1. LOFPRYSING NGK & VGK GEMEENTES 24 UUR GEBEDSWAG EERSTE WOENSDAG VAN DIE MAAND Vir enige navrae, kontak asb vir Marietjie van Wyk by 076 713 4513. 24 een 7 SEPTEMBER 2016 Soos n wildsbok wat smag na water smag my siel na U, o Heer U alleen is my hartsverlange en ek bring aan U die eer U alleen is my bron van krag, in U teenwoordigheid wil ek wag Ek dors na U o Heer, my hart begeer meer om nader aan U hart te leef, laat daar geen einde wees ek wil net by U wees, Om u te soek in al my weë. Ek soek meer en meer en meer van Jesus in my lewe. Soos n wildsbok smag na water, so smag ek na U, o God. Ek verlang na God, die lewende God. Wanneer kan ek ingaan en weer voor Hom verkyn? My trane is my kos dag en nag, 2. KOM ONS LEES UIT PSALM 42 Terwyl teenstanders my aanhoudend tart en sê: Waar is dié God van jou?. (lees verder vanaf vers 5 12) 6 Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom n loflied sing. Hy is my helper 7 en my God!

3. OORDENKING Vir die digter van Ps. 42 is die diepe dors die begin van alles. Sy diep soeke en verlange na God en n vervulde lewe is die beginpunt en kragbron van sy geloof en sy lewe! Hy is letterlik uitgehonger vir God. Die teks verwys daarna dat die digter dit geskryf het nadat hy in die Juda woestyn was. Die woestyn se wind en stof laat jou n dors ervaar wat jou hele wese laat smag na water, jou tong swel op en klou aan jou verhemelte vas, jou vel begin barste toon van die dehidrasie. Hierdie fisiese simptome van dors het die psalmskrywer laat dink aan die geestelike dors wat hy ervaar, en dat sy siel ook tekens toon van die geestelike dehidrasie. (bron I van Tonder) Vra ons soms onsself af, hoekom is ek mismoedig of so ontsteld, hoekom kan ek nie n passievolle lewe ervaar nie, wat is dit waarna ek smag? Is ek geestelik dors? Dors ek na God self, nie net Sy gawes, of kennis oor Hom nie, of om te hoor van Hom nie, maar het ek n dors na Sy troue liefde. Besef ek dat ek eintlik God meer as enige iets anders in my lewe begeer omdat ek smag na n vervulde lewe. Wanneer ons dan die redes van ons dors ontdek en die kanale van Lewende Water begin in ons vloei sal ons geestelike reis vervuld wees want ons ontmoet God in ons dors, ons ontmoet God in ons drome oor ons lewe.dan ontplof n passievolle lewe. God kom les ons dors met Sy teenwoordigheid. In die woorde aan die kruis My God, My God waarom het u my verlaat?, verwoord Jesus die diep dors van mens sonder God! Jesus was Godverlate... Sodat ons nooit deur God verlaat sal word nie! Dit is die vervulling van ons dors! 4. ONS BELY ONS SONDE Here ons hou ons lewens so besig, en dan leef ons by die diep dors verby, omdat ons nie wil of kan stil word en na ons diepste hartsverlange luister nie. Ons het soveel ander begeertes, en maniere waarop ons die dors probeer vervang, onderdruk of ontken. Ons dink dat dors na gewildheid, of dors na rykdom sal dalk ons diep dors stil. So is daar baie tipes legitieme dors in ons, waarvan ons te veel verwag. Ons besef ons kan nie die dors met allerhande ander tipes vervulling probeer les nie, maar net U kan ons ware diepste dors les! 5. ONS BID... vir nuwe kanale waardeur strome van Lewende Water na mense wat dors het se harte kan vloei. dat God mense se dors sal les sodat almal volledig lewendig kan wees en goeie vrug kan dra. vir nederigheid omdat hoogmoed en onegtheid ons dors na God onderdruk. vir elkeen wat met sonde worstel, wat begeer, wat siek is, wat pyn het, wat eensaam is, wat smeek, die wat twyfel, die wat sukkel om te bid en te glo, mense in hulle dorre woestyn van omstandighede wat dors het. dat elkeen se oë oop sal gaan sodat hulle bewus kan raak van God se liefde, en dat Hy hulle sal omarm en hulle dors sal les. Ons gees is rusteloos en kan net rus vind in GOD. Elke mens het n vakuum wat net deur God gevul kan word! 6. ONS DANK GOD Dankie Vader dat ons, ons hoop op U kan plaas en dat u ons dors les. Ons prys U ons Redder en ons God.

PROGRAM 5-11 Sept Ons almal saam in diens van Jesus Christus Oral, Altyd en in Alles Deur die genade van God Onrusrivier Dienssentrum MAANDAG 5 SEPTEMBER ONDERSTEUNINGSGROEP Ons nooi u graag na n ondersteuningsgroep vir almal wat aan MNS,MS, Spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en Dimenssie lei of daaroor wil praat op 5 September 2016 @ 11h00-12h00 by die Dienssentrum. Kom gesels saam, ons luister graag. Welkom! DINSDAG 6 SEPTEMBER 10h00-12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130. KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 12h00: Die groepie wat op 'n Dinsdagoggend bymekaar kom het besluit om die gemeenskap te bedien met hul kreatiwiteit. Hulle gaan vir die volgende winter fokus op 'n winkel/kafee/motorhawe in die dorp en serpe, musse en handskoene brei vir die personeel. Indien u saam wil kom brei op 'n Dinsdagoggend is u meer as welkom. Hierdie groepie brei nie net nie - hulle kuier, lag en gesels baie lekker saam - daar is ook altyd iets lekkers om te eet. NAALDWERK: Rita Ferreira nooi u om herstelwerk te bring. Kontak haar gerus op 073 218 1789 Baie dankie! 10h00: SKAAK Johan Oosthuizen is baie lief vir skaak en wil sy belangstelling/liefde graag met u deel. Kom speel saam met hom by die Dienssentrum. Indien jy nie kan speel nie is Johan bereid om vir jou te leer. Kontak asb vir Johan op n Maandag om te bevestig op 082 804 6715 of 028 316 4961 indien u wil kom saam skaak speel op n Dinsdag. U is baie welkom! Dit is die regte tydverdryf vir die winter aande. KLINIEK 10h00 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorger benodig. WOENSDAG 7 SEPTEMBER TRIMGIM VIR VROUE in Ark om 10h00-11h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede. (R50 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085. TRIMGIM VIR DIE MANNE in die Ark @ 11:00-12h00: Mathilda nooi alle manne wat graag wil deelneem om 11h00 om in die Ark bymekaar te kom en saam te kom oefen. Welkom! VOETE- EN HANDE VERSORGING Marilyn gaan met vakansie vanaf 11 Augustus tot 3 September. Bespreek nou om te sorg dat jou voete en hande reg is vir die tyd wat Marilyn met vakansie is. Ons gun haar die rus! Sy is amper elke Woensdag hier vanaf 8h00 tot laat in die middag. Ons bid haar ook n geseënde rustyd toe. DONDERDAG 8 SEPTEMBER 08h30: DIENSSENTRUMSPAN vergadering by die Dienssentrum. 10h15: KOM BREI SAAM. Ons nooi alle breiers graag uit om die oggend saam met ons te kom geniet. Bring jou breiwerk, kom gesels en kuier saam en geniet n heerlike koppie tee/koffie. Welkom! VERJAARSDAE BO 80 SEPTEMBERMAAND BAIE GELUK! Lida Louw 6 Esther Nortjé 9 Rassie Erasmus (G/Harvest) 11 Pieter Linde 12 Maria Hugo 13 Wilna Snyman 14 Anna Gauche 19 Nella van Niekerk 19 Piet Liebenberg 20 Marie Mostert 21 Fanie Loubser 22 Marie du Toit 24 Celia van Rensburg 24 Anna Fourie 26 Maureen Theron 26 Nico Ferreira 28 Sid Viljoen 30

VRYDAG, 9 SEPTEMBER KOLWYNTJIE TEETUIN 09H30 11H30 'n Hartlike uitnodiging aan almal wat die MARKIE in die sentrum gaan besoek: Kom drink 'n koppie koffie/tee met 'n groot stuk koek/tert vir net R30 by die KOLWYNTJIE net links van die kerk by die Dienssentrum. ONS ONTVANG EN BEDIEN JULLE MET DIE LIEFDE VAN JESUS. ALMAL WELKOM! FOTO ONDER: Verjaarsdae word gereeld gevier by die Kolwynjie. Tafels word mooi versier en die gebak is heerlik! Bespreek gerus by Marie indien jy jou vriende hier wil bederf op (028) 316-4018. VRYDAG MARKIE 9 SEPTEMBER 2016 Die Dienssentrum het weer op Vrydag, 9 September, 'n mark hier by die kerk vanaf 09h00-12h00. Die koste is R20 vir 'n tafel. Kontak asb vir tannie Joan by die Dienssentrum. Ons vra dat u asb eers betaal en dan word die tafel bespreek. Baie welkom! Ons nooi u almal uit om saam te kom kuier, mooigoed, bederfgoed en smaaklike goed te kom geniet. Nooi gerus u vriende, bure, familie en kom geniet die oggend saam met ons. ONSTEATER WANNEER? Donderdag 22 September DV TYD? 14:30 DVD? MIRACLES FROM HEAVEN " If you don't believe in Miracles, you will after watching this film!"---the Insider Slegs donasie vir die Dienssentrum. BAIE DANKIE VIR DIE PRAGTIGE BYWONING VAN "RISEN". WAARDEER! KONTAK NOMMERS DIENSSENTRUMNOMMER 028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE (09H30 12H30) VIR ENIGE INLIGTING. ERIKA OOSTHUYSEN Maatskaplike Werker O28 316 3115 / 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185 anton@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 08h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za wees DIE KLEREKAS vra asb vir KINDER KLERE. Hulle het groot hoeveelhede klere uitgedeel en die kaste is maar leeg! Gaan loer gerus deur u kaste en bring na die kerkkantoor. BAIE DANKIE! KOSPAKKIES 19 SEPTEMBER DV Op die voorraadrakke is SUIKER en TAMATIESOUS nog effens min. BAIE DANKIE vir al die bestanddele wat ons so gereeld ontvang! KOEKSISTERS TE KOOP VIR ONRUS DIENSSENTRUM Koeksisters word gebak op 8 September in die Maalruimte vir die Onrus Dienssentrum se Markie wat op 9 September plaasvind. Kom haal dit af op 8 September vanaf 11:00, so nie op 9 September by die Markie in die Maalruimte. Koste: R30 vir 1 dosyn. Bestel asb by: Ria Niemann Sel 082 971 8257 (bestel per sms of skakel my asb.) Belydenisklas bid saam vir Ds Christo Wooding (Transkei) Ds Anton besoek die Rooitrein in die Ark Ds Michiel het onlangs n 3 jaar kursus Gevorderde sertifikaat in Bedieningsvernuwing voltooi. Sy dogter Annemarie was by toe hy sy sertifikaat ontvang. Baie geluk Michiel! Tieners reik ook uit met muffins verlede Son. Women to Women in Zwelihle: Die dames kuier heerlik saam. ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Hennie Davies 061 300 4577 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00) DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 Your local Manufacturer of Timber * Skirting * Ceiling * *Flooring * Decking * 028 313 2183 www.coastaltimbermouldings.co.za