Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Jesaja sien die Toekoms

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Profetiese woord vir 2017 en verder

Seisoen van die Gees

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

God se Woord. God se Wil

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

DIE AA NDBOODSKA PPER

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Dawid die Skaapwagter

die goeie en mooi GEMEENSKAP

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

BYBELS-GESONDE GESINNE

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Josua - van jongs af n leier

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Waar vind ek n genadige God?

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Volume 3 van 2016 September 2016

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Transcription:

K O N I N K R Y K S T Y D 2 0 1 2 dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt Die energieke gesprekke oor lidmate wat die kerk verlaat, het nuwe inhoud gekry met 'n verslag van WIN Gallup International wat aandui dat Suid-Afrika een van die lande ter wêreld is waar godsdienstigheid die vinnigste afneem. Dit is nie 'n eenvoudige saak nie en daar lê dalk meer agter die storie as wat 'n mens vermoed... Die verslag gee nie spesifieke inligting oor Afrikaanssprekendes nie, maar in die verlede is al heelwat redes aangevoer oor hoekom Afrikaanse lidmate al hoe minder kerk toe gaan en baie van hulle eenvoudig nie meer formeel lidmaat van 'n kerk wil wees nie. Daar is oortuigend geredeneer dat 'n mens liewer na die impak en toewyding van kerkmense moet kyk as na getalle. Ander voel weer dat leerstellige waarhede die kerk moet suiwer. Die verlies aan lidmate word op verskillende maniere verklaar. Dit het te doen met demografie en dat die bevolking gemiddeld al hoe ouer word en dat Afrikaanses al hoe minder kinders het. Dit het te doene met honderdduisende lidmate wat geëmigreer het. Dit het dalk te doene met sekularisasie wat eenvoudig beteken al hoe meer mense kies bewustelik om nie in God te glo nie. Ons leef in 'n samelewing waar mense aanvaar dat hulle vry is om hul eie keuse te doen. Hierdie nuwe vryheid is meer as bloot 'n godsdienstige verskynsel dit is 'n sosiale verskynsel. Dit verbaas dus nie as mense ook hul geloofskeuses met geesdrif anders uitleef nie. Hulle neem nie meer godsdienstige besluite op grond van verpligtings nie, maar op grond van die oorvloed keuses om geloof op verskillende maniere uit te leef. In die VSA het meer as 44% van Amerikaners al van kerk of selfs geloofsoortuiging verander. Die grootste groep van diegene wat 'n keuse uitgeoefen het om te verskuif, dui aan hulle is nog gelowig, maar behoort nie meer tot 'n georganiseerde kerk nie. Sulke mense beskryf hulself dikwels as mense wat nogtans baie ernstig is oor geloof en wat passievol op reis is na dieper betekenis in die lewe. Diana Butler Bass praat in haar boek Christianity After Religion: The End of Church and the Birth of a New Spiritual Awakening van die krisis wat godsdienstigheid oor die wêreld heen ervaar. Sy verwys na 'n klomp gebeure wat die laaste paar jaar die aaklige kant van godsdiens gewys het. Die gebeure van 11 September 2001 en die reaksie daarop was baie negatief. So ook die krisis in die Rooms-Katolieke Kerk weens hofsake oor seksuele wandade van kerklike leiers. Die onverdraagsame manier waarop die hele saak van homoseksueles gehanteer word, is nog 'n voorbeeld. Bass is van mening dat mense nie minder glo of minder begaan is oor geestelike sake nie. Dit is eerder 'n geval van die einde van die manier waarop godsdiens georganiseer is en die begin van 'n nuwe geloofsontwaking. Hoewel ons nie in Suid-Afrika oor dieselfde omvangryke statistieke beskik nie, maak Bass 'n klomp stellings wat mens tot nadenke stem: Sy sê dat die Christendom besig is om 'n massiewe verskuiwing te ondergaan. Dit is 'n beweging weg van godsdiens wat gebou is op leerstellings oor geloof na geloof wat ervaar word met die hele menswees, wat die verstand insluit. Indien iets van Bass se waarnemings ook in Suid-Afrika geldig is, veral ná die nuwe inligting oor die afname in godsdienstigheid, het dit omvattende implikasies vir kerke. Die gebruiklike godsdienstige vraag was oor dogma en leerstellings. Die nuwe vraag is oor ervaring, verhoudings en verbind wees. Dalk help hierdie insigte ons om na te dink oor die lidmate wat kerke verlaat en op reis is na 'n nuwe geestelike tuiste. Prof. Nelus Niemandt is die moderator van die algemene sinode van die NG Kerk. Bron: Beeld 2012-08-20

Uit die Woord 'n Kerk vir die Koning en sy koninkryk! Ds. Rian Verster Die kerk is geroep om te getuig in die wêreld. Die kerk wat haar hiervan losmaak, het haar bestaansreg as getuigende kerk opgegee. 'n Getuigende kerk veronderstel dat 'n swygende kerk, geen kerk is nie. Die kerk se betekenis sit in haar getuienis. In die kerk se getuienis gaan dit nie oor onsself nie. Die inhoud van ons getuienis is nie die kerk nie. Ons leef nuut omdat ons deur die liefde van die Here gegryp is. Dit is Hy wat ons verras en verlos, wat ons in sy liefde opneem, ons lewens en denke verander, ons opgewonde maak oor sy grootheid en sy liefde vir ons en vir alle mense, sodat ons nie anders kan as om te getuig nie. In Handelinge 2:43-47 word vertel van die eerste gemeente se getuienis. Hulle getuienis was prakties; hul leefstyl was prakties. In kos, klere, vriendskap, liefde en gebed het mense die liefde van die Here beleef. Ons is geneig om oor hierdie teks te dink as net werkbaar in die kultuur van daardie tyd en daarmee vee ons die erns van die teks vir ons en vir ons tyd van die tafel af. Die wêreld waarin ons vandag leef, die mense met wie ons vandag saamleef, pleit vir die genade van God. Is ons bereid om te getuig? Die gelowiges van die vroeë Christelike kerk is onderskei deur die liefde wat hulle vir mekaar gehad het. In 'n sosiologiese studie, skryf Rodney Stark: one of the causes of the spectacular rise of Christianity in a few short centuries was this love for one another Dink net watter verskil dit kan maak as die kerk die mense na wie ons uitreik, kan binnenooi om saam met ons in die beloftes van God en sy verbond te deel! Uit die fliekwêreld Midnight in Paris Ds. Tinus van Zyl Midnight in Paris speel af in verskillende era's in Parys, en die storielyn wentel om die tema van nostalgie. Deur die loop van die verhaal word dit ontbloot dat die opwindende en romantiese era's waaroor mense dikwels praat, skryf en films maak, nie noodwendig so positief beleef is deur die mense van daardie tyd nie. Terwyl die hoofkarakter, Gil, sy voortande sal gee om in die twintigerjare in Parys te leef, wil dit blyk dat die mense wat wel in die twintigerjare geleef het, eintlik terugverlang het na 'n ander era. En so weer het die mense van daardie era terugverlang na nog 'n vroeër era. Dit wil voorkom asof nostalgie 'n bedrieglike ding is: dit speel in op die onvergenoegdhede van die lewe en laat 'n mens verkeerdelik dink dinge was beter in die verlede. En hoe waar is dit nie? Ons raak so maklik nostalgies oor 'n vergane era. Somtyds verlang ons terug na die dae toe modernisme in hoogbloei was, en 'n geleerde vir ons die antwoorde kon gee op al ons vrae. Somtyds verlang ons terug na die reformasie, toe belydenisse en suiwer lering vir mense geloofsekerheid en vastigheid kon gee. Somtyds verlang ons terug na die kloosters, of na die woestynvaders van ouds, wat uit die samelewing onttrek het en 'n ongekorrupteerde lewenstyl gekweek het deur geestelike dissiplines. Alhoewel ons definitief baie kan leer uit elke era, sal ons dwaas wees as nostalgie ons verlei om die hede te mis. Die verlede was nie altyd so wonderlik nie. In modernisme was daar nie ruimte vir misterie nie, en daarom ook nie vir geloof nie. In die reformasie was leersuiwerheid dikwels ten koste van kerkeenheid. Die monnike en woestynvaders het goeie lewens gelei, maar kon nie hul samelewings transformeer nie. God roep ons om hier en nou te leef. Die Christelike geloof, meer as enige ander geloof, is nie gebind aan enige tydgebonde praktyke nie, omdat Christus nou, hier, in die hede leef, en ons deur sy Gees bemagtig om sy getuies te wees in 2012. 2

Uit die kerk Kan die NG Kerk omgedraai word? Moderatuur van Wes- en Suid-Kaap se Sinode n Mens hoor deesdae dikwels die vraag of dit nie dalk net 'n kwessie van tyd is voor die NG Kerk haar deure toemaak nie? Dan word die krimpende getalle veral as rede aangevoer. Natuurlik is daar ook diegene wat graag sou wou sien dat dit gebeur en hierdie persepsies graag op verskillende maniere aanvuur. Hier in die moderatuur glo ons dat ons eerlik, realisties en deursigtig moet wees. Een van leierskap se groot funksies is om die werklikheid so akkuraat en noukeurig as moontlik te probeer definieer. Dit help nie om mense 'n rat voor die oë te probeer draai nie. Dit mag op die korttermyn werk, maar op die langtermyn is dit nie volhoubaar nie. So wat dink en sê ons oor sulke praatjies? In die eerste plek is ons baie realisties dat daar heelparty faktore is waaroor ons min beheer het en wat die getalle van die NG Kerk in die volgende jare nog negatief kan beïnvloed. Hier dink ons aan dinge soos demografie (dalende geboortes en emigrasie), sekularisasie, die negatiewe beeld wat die kerk weens apartheid saamdra en meer. Ons wil dit beklemtoon dat ons tans van 'n marginale daling praat. Verlede jaar was dit 2%! Wat wel waar is en ons weet dit, is dat veral van ons plattelandse gemeentes swaar trek. Dit het veral te doen met 'n massiewe verstedelikingsproses en dinamika wat veral in plattelandse skole afspeel. Aan die ander kant is daar steeds meer as 'n miljoen lidmate wat die voorreg geniet van 'n uitgebreide infrastruktuur, wonderlike mense-kapasiteit, 'n lang tradisie van evangelisasie, woordverkondiging, naaste diens en veel meer. Ons oordeel dus nugter dat daar 'n verdere daling in getalle mag voorkom, maar dat enige stem wat dit tot die somtotaal van die NG Kerk se toekoms sou verhef met ernstige 3 misleiding en vertekening van die werklikheid besig is. Om verskeie redes glo ons egter ook vas dat die IMPAK wat die kerk op die Suid-Afrikaanse samelewing kan hê, in die volgende jare kan verhoog. Die vraag is dus nie net hoeveel mense daar op die kerk se boeke is nie, maar belangriker nog, watter verskil die mense wat daar wel is, in die gemeenskap maak? As ons geen verskil maak nie, het ons geen bestaansreg nie. Ons is dus baie dankbaar oor die passie en ywer waarmee soveel gemeentes steeds hul evangeliese roeping in ons land leef. Ons glo dat die verlossingsboodskap van Jesus Christus 'n daadwerklike verskil in mense se lewens maak. Ons glo dat ons die kapasiteit het om 'n enorme konkrete verskil aan die nood in ons land te maak. Ons glo dat ons steeds 'n versoeningsrol kan en moet speel. Ons glo dat ons eilande van hoop in 'n broos konteks kan wees. Dit gaan van ons 'n paar goed vra. 'n Toegewyde fokus op en verbintenis aan die drie-enige God. 'n Nuwe dissipline, werketiek en morele waardestelsel. 'n Verbintenis tot gesamentlike en persoonlike geloofsonderskeiding om regtig te bepaal wat die belangrike goed is wat 'n verskil kan maak en wat die minder belangrike goed is, wat ons soms baie besig hou, maar wat geen werklike verskil maak nie. Dus, moet asseblief nie moedeloos word nie. Sien dinge helder en nugter en glo dat ons 'n verskil kan maak. Hier in die leierskap glo ons dit vas. En belangrik: As jy moedeloos word, bel ons. Ons sal luister en probeer help waar ons kan. Braam, Nelis, Monty, Quintus, Elize, René, Melanie en Frik

'n Nuwe gesprek oor kerkwees Ds. Gys van Schoor Die Christendom-era, waarin die kerk in die middel van die Westerse samelewing gestaan het, en wat die afgelope 17 eeue die Westerse kerk gevorm het, is besig om verby te gaan. Ons leef in 'n oorgangstyd. Dit bring onsekerheid: ou oplossings help ons nie noodwendig meer nie. Dit is uitdagend: ons het nie noodwendig die antwoorde nie. Hierdie krisis is ook 'n wonderlike geleentheid: ons sal oop moet wees vir die geboorte van 'n nuwe kerk. In die geboorteproses van die nuwe kerk is daar twee uiters belangrike sake wat ons sal moet verreken. Eerstens, sal ons die evangelie wat Jesus kom verkondig het moet herontdek. Ek is bevrees ons het gaandeweg 'n evangelie begin glo wat 'n radikale verskraling is van die evangelie wat Jesus kom verkondig het. Ek noem dit die drie-punt evangelie: 1. Jesus het aan die kruis gesterf vir ons sondes 2. Ons moet ons bekeer en tot geloof kom 3. Wanneer ons doodgaan gaan ons hemel toe Hierdie verskraalde evangelie draai bloot om Jesus as Verlosser en ons wat tot geloof moet kom, sodat ons hemel toe kan gaan. Die kerk en die wêreld is afwesig in hierdie evangelie. Die evangelie wat Jesus kom verkondig het, is die evangelie van die koninkryk van God. Dit gaan daaroor: In Jesus het God se Koningsheerskappy aarde toe gekom. Dit gaan oor God se regering: It refers to the rule of heaven, that is, of God, being brought to bear in the present world (N.T. Wright, The challenge of Jesus). In Jesus is die koninkryk hier, want die Koning is hier! N.T. Wright se jongste boek How God became King het die volgende subtititel: The forgotten story of the Gospels. Daarin vra hy wat is die storie wat die evangelies wil vertel? Hiermee identifiseer Wright 'n fundamentele probleem in die hart van die Christelike geloof en lewe, naamlik: Ons het vergeet waaroor die evangelies gaan. Waaroor gaan die evangelies? Ons lees gewoonlik die evangelies as verhale van Jesus se kruisiging en van ons verlossing. Wright verduidelik dan in sy boek dat dit eintlik in die evangelies gaan oor hoe God in Jesus koning word op aarde. Die evangelies vertel ons nie net van Jesus se geboorte en dan van sy sterwe nie, maar vertel ons heelwat van Jesus se lewe. En juis daarin sien ons hoe Jesus koning word op aarde, soos reeds in die hemel! Die koninkryk was besig om te kom terwyl Jesus melaatses aanraak, by sondaars eet, gelykenisse vertel, op 'n donkie Jerusalem binne-ry, die bergrede lewer deur sy hele lewe. Die koninkryk kom ook aan die kruis, met die opstanding, met hemelvaart en met pinkster. Die koninkryk kom anders as wat ons dit verwag het Wanneer ons dít verstaan verander alles. Ons siening van Jesus, van wat Hy kom doen het, van waaroor Christenwees en ons lewe gaan, alles verander. If Christ is King, everything, quite literally, every thing and every one, has to be re-imagined, re-configured, re-orientated to a way of life that consists in an obedient following of Jesus (Eugene Peterson, The Jesus way). Daarom moet Jesus se lering, sy woorde, verstaan word as 'n uitnodiging en uitdaging tot: a whole new way of being human (N.T. Wright, Simply Jesus). En dit is waaroor dissipelskap gaan: to become fully human and fully alive (David Benner, Soulful Spirituality). Ons leer by Jesus hoe om te lewe. Dit is die tweede belangrike saak wat ons moet verreken in ons gesprek oor kerkwees. 'n Nuwe kerk sal weer soos die vroeë kerk by Jesus moet leer om op 'n vars, nuwe manier op aarde te leef en só die lig vir die wêreld te wees. 'n Nuwe kerk sal saam moet leer om voluit mens te wees, ter wille van die wêreld. The church is for discipleship and discipleship is for the world (Dallas Willard). 'n Nuwe kerk sal op 'n radikaal nuwe manier gestalte moet gee aan ons gemeentevisie: dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld. Durbanville Ring fokus op barmhartigheid Ds. Tinus van Zyl Met feitlik elke gemeente in die ring van Durbanville wat in hierdie dae aan die praat is oor dalende getalle in kerkbywoning en gemeentelike finansies wat onder druk is, het dit my verbaas, maar ook verbly, dat die ringsitting glád nie oor kerkbywoning óf finansies gehandel het nie, maar uitsluitlik gefokus het op barmhartigheid. Die ringsitting was besonders. Die uiterlike vorm was besonders: met 'n shack wat buite op die gras opgeslaan was en kamstige bergies, blommeverkopers en motoroppassers wat die afgevaardigdes verwelkom het. Ook die koppie sop en brood met die inkomslag, en die ete van vis en tjips toegedraai in koerantpapier, was 'n ervaring soos by geen ander ringsitting nie. 4 Maar wat werklik besonders was, was die inhoud van die byeenkoms. Geen vervelige verslae nie. Nie leë praatjies oor dit en dat nie. Maar agt sinvolle werkswinkels, waarin gemeentes vertel het van die barmhartigheidswerk wat gemeentes rééds in en om Durbanville doen. So het ons by mekaar geleer, ons netwerke versterk, nuwe moontlikhede vir samewerking geskep en duplisering verminder. Dit het my opnuut laat besef dat die kerk 'n werklike, konkrete verskil in die wêreld maak en dat ons nog soveel meer kan doen, solank ons saamwerk en op die regte dinge fokus.

Waar staan ons gemeente? Steyn Heckroodt - Kerkraadsvoorsitter Waar staan ons gemeente, in die lig van tendense in Suid- Afrika en wêreldwyd, dat al hoe minder mense kerk toe gaan? Die kort antwoord: Ons gemeente staan in diepe afhanklikheid voor God, wetend dat Hy met ons 'n pad stap. Wetend dat Hy, deur sy genade alleen, ons behoue laat bly as sy bruid. Die lang antwoord: Baie van ons wonder oor waar ons staan. Ons vra na die oorsake van 'n kwynende gemeente, 'n kerk wat leegloop, 'n nuwe generasie wat ons verlaat vir ander gemeentes of iets anders. Ons verlang na die dae wat ons ekstra stoele moes indra om almal te akkommodeer tydens 'n erediens. Na die dae toe mens vroeg móés kom, anders kry jy nie sitplek nie. Na die dae toe ek en jy moes hard sing, anders het ons ons eie stemme nie gehoor nie. Maar moet ons verlang na hierdie dae? Moet ons bekommerd wees oor ons gemeente? Moet ons bang wees dat die nasionale en wêreldwye tendens van kwynende kerke ook oor ons drumpel gaan spoel? Ja, ek sou reken ons moet, maar die rede vir ons kommer is meer belangrik as die kommer op sig self. Kom ek verduidelik. Durbanville Gemeente het 'n Godgegewe visie: Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld. Durbanville Gemeente se voortbestaan gaan dus ten diepste nie oor dit waarna ons verlang nie, maar eerder oor die vergestalting van ons Godgegewe visie. Dit gaan nie oor ons eie gemeente of die omgewing waaroor ons herder is nie. Dit gaan nie oor my nie, nie oor jou nie, nie oor enige aardse kommer nie. Dit gaan oor God en ons diens aan Hom oor verantwoordbaarheid ten opsigte van hierdie visie, teenoor Hom. Verloor ons ons gemeente, verloor ons die hande en voete van hierdie visie. Die vraag is dus nie of ons ons moet bekommer nie. Die vraag is eerder wat doen ek en jy om seker te maak dat ons as gemeente verantwoordbaar kán staan teenoor God en die visie waarmee Hy ons geseën het? Gaan ons lê in ons kommer; of bly ons op ons knieë in diepe afhanklikheid voor Hom? Gaan ons moed opgegee, of ander moed en geloof inpraat? Gaan ons negatief wees, of 'n bydrae maak? Wanneer ons nie betrokke raak nie, blameer ons maklik ander: ons huweliksmaat, ons bure, ons werk, ons skole, die media, die predikante of die kerkraad. Blameer ons ander vir te min tyd, te min aandag, 'n slegte voorbeeld, swak kommunikasie, swak leierskap of swak visie? Is dit wat ons doen, of bid ons vir mekaar, vir ons gemeenskap, vir ons gemeente? Is ek en jy die hande en voete van die gemeente? Waar staan ons gemeente? Ons gemeente staan waar ek en jy staan. Ons gemeente praat wat ek en jy praat. Ons gemeente doen wat ek en jy doen. Ons is so sterk soos ons bydrae, maar ook weerloos indien onbetrokke. Kom ons raak betrokke. Bel die kerkkantoor en wees die verskil en die visie wat jy wil sien in die gemeente! Ons het almal nodig om uitvoering te gee aan ons Godgegewe visie: Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld. Gemeente Finansies Jan Slabbert In die eerste plek wil ek die Gemeente gerustheid gee met hoe nougeset, verantwoordelik en effektief ons gemeente se finansies bestuur word. Finansiële stand 1 Maart tot 31 Augustus 2012: Inkomste: Ons inkomste (hoofsaaklik dankoffers, 77% van ons totale inkomste) is agter, teenoor ons begroting. Ons is agter met ±R75 000 (3.7%), wat beteken ons kry R15 000 per maand minder in as waarvoor die Kerkraad begroot het. Uitgawes: Soos wat ons nou al gewoond gemaak is, is ons uitgawes op hierdie stadium ook minder as die begroting. Ons uitgawes is ±R208 000 (8.3%) minder as waarvoor ons begroot het. Onder andere het ons R88 000 wat ons begroot het om op ons eiendomme te spandeer, nog nie spandeer nie. Ander plekke waar begrote spandering uitgestel is: Jeug, Kommunikasie en die Sinodale aanslag. Wins/Verlies: Ons het begroot om op hierdie stadium op 'n 5 verlies van ±R317 000 te staan. Tot 31 Augustus staan ons verlies op ±R 208 000, as gevolg van die bogenoemde. Ons begroot om maandeliks 'n tekort van ±R 75 000 per maand te hê en dan begroot ons vir 'n Dankbaarheidsoffer van R1 miljoen in November. Dankbaarheidsoffer In November skop ons Dankbaarheidsoffer af. Die laaste twee jaar het ons, ten spyte van die moeilike ekonomiese omstandighede in ons land, elke jaar ons mikpunt bereik. Dit het dit vir ons moontlik gemaak om ook buite ons gemeente, tien organisasies en verenigings wat goeie werk vir die Here doen, finansieël te ondersteun. Gaan asseblief na jou binnekamer en vra vir die Here hoeveel van sy finansiële seën op jou en jou gesin, wil Hy hê jy moet weer in sy gemeente terugploeg sodat daar genoeg kan wees (Maleagi 3:10).

Koorfees Stephan Ackermann Die koorfees-tradisie is 'n jaarlikse instelling wat reeds sedert 1958 bestaan, waartydens die eerste koorfees te Philadelphia gehou is, destyds aangebied deur die ring van Durbanville/Malmesbury. Die grense van die ring het mettertyd verander, maar die koorfees leef voort en roteer jaarliks tussen sewe of agt gemeentes. Ons gemeente se koor was hierdie jaar die gasheer om die koorfees aan te bied, wat op 9 September in ons kerkgebou gehou is. Agt kerkkore het deelgeneem, naamlik Swartland, La Rochelle, Parke, Kraaifontein Noord, Kraaifontein Moedergemeente, VGK Durbanville, VGK Kraaifontein en ons eie kerkkoor. Elke koor het die geleentheid gekry om twee werke van hulle eie keuse te sing, afgewissel deur gemeentesang. Die hoogtepunt van die aand was egter die massakoor aan die einde, waartydens al agt kore (ongeveer 170 lede) saamgespan het om die aand op 'n besonder luisterryke wyse af te sluit. Nelia van Niekerk, Susie Groenewald en helpers verdien besondere vermelding vir die blom-kunswerke, asook Mariaan Loots vir die keurige eetgoed wat na afloop van die diens vir die koorlede en gaste in die gemeentesentrum aangebied is Ons sien uit na die volgende hoogtepunt op ons musikale kalender, naamlik die Kersprogram, wat hierdie jaar plaasvind op 2 Desember om 19h00 in die kerkgebou. Dit beloof om weereens 'n baie spesiale geleentheid te wees met die optrede van die wêreldbekende Suid-Afrikaanse Jeugkoor o.l.v. André van der Merwe, soliste soos o.a. Zanne Stapelberg, Leonard Heydenrych, Suretha Theron en natuurlik ons eie kerkkoor, afgewissel deur heerlike samesang van kersliedere deur die gemeente. Ons hoop om julle almal daar te sien. Huis Aristea kry nuwe bestuur Helma Gerritsen Die afgelope 12 jaar was Willem Aggenbach die bestuurder van Huis Aristea, waar senior persone rustig kan woon. Einde Julie 2012 het hy uitgetree en vestig hom te Langebaan. Groot waardering is uitgespreek oor sy suksesvolle bestuur in soms moeilike tye by Huis Aristea. Mag hy en sy vrou saam 'n aangename rustyd by die see ervaar. Tertius Beyers is deur die beheerraad en Badisa aangestel as die nuwe bestuurder van Huis Aristea. Tertius was vantevore betrokke by die bestuur van Stellenberg Gemeente en het dus 'n goeie kennis van die N.G. Kerk se funksionering. Hy het ook ervaring opgedoen by die sentrum vir bejaardes te Ruyterwacht. 6 Tertius sien sy taak by Huis Aristea as 'n groot entoesiastiese uitdaging, wat die Hemelse Vader op sy lewenspad beskik het. Hy hoop ook om die noue band tussen Huis Aristea en Durbanville Gemeente verder te versterk.

Ons tweede reis na die nasies Petrus en Lisle Hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom (Jesus se woorde in Matteus 24:14). Met ons eerste reis was daar 'n sterk fokus op die Persiese volke, maar nou het die Here ons visie verbreed na 'n hele streek waar daar duisende nasies woon. Jesus se woorde hierbo herinner ons dat al die nasies die evangelie van die koninkryk moet hoor, voordat die einde sal kom. Een van ons vyand se strategieë om die nasies in sy greep te hou, is om die kerk te oortuig dat sending opsioneel is. Maar God is besorg oor die nasies! Hy belowe aan Abraham om deur hom al die nasies te seën. Hy roep Israel telkens terug om 'n lig te wees vir die nasies. Jesus stuur sy volgelinge om dissipels te maak van al die nasies. God stort sy Gees uit terwyl daar mense was uit al die nasies onder die son en dan praat Jesus se dissipels in al daardie mense se tale. Laastens weet ons daar gaan mense van elke nasie, stam, volk en taal voor God se troon wees in die hemel. God het 'n plan vir die nasies! Die Here het ons duidelik gelei om aan te sluit by 'n leierskapspan van ons stuur-organisasie in Asië, wat ondersteuning sal bied vir amper 20 spanne in daardie streek. Ons gaan ook inskakel by 'n plaaslike uitreik in die stad waar ons bly. Petrus sal betrokke wees by die ontwikkeling van plaaslike leiers in die streek en in ons organisasie. God het hom voorberei vir dié taak deur die leierskapsontwikkeling wat hy in Sentraal Asië aangebied het en deur sy MBA. Lisle gaan betrokke wees om kindertjies nader aan die Here te lei. Op die oomblik ontvang sy opleiding van 'n organisasie wat met kinders werk. Haar ondervinding met Bet-El kinders is ook 'n sterk fondasie vir wat sy daar wil doen. Esmarie sal begin met graad 3 en Josia met graad 1 tuisonderrig nadat ons in Asië aangeland het. Hulle het reeds begin om bietjie van die plaaslike taal aan te leer en is op hulle eie manier opgewonde om te gaan. Baie mense vra ons hoe kan hulle help, hoe kan hulle ons ondersteun? Ons het mense nodig wat vir ons kan intree met gebed. Ons het finansiële ondersteuning nodig. Ons het liefde nodig. Bid saam met ons vir baie arbeiders vir die groot oes in Asië. Bid daaroor of julle finansieël moet bydra (ons glo dit moet wees bo en behalwe julle bydra aan die gemeente). Ondersteun ons met liefde, briewe, pakkies en besoeke. (Kontak asseblief vir Rassie Smit, ons stuurspan se koördineerder, vir meer inligting. Selfoon: 082 465 3950. E- pos: rlsmit@maxitec.co.za) Gesoek: Boeke van Doc Immelman Lê daar dalk ou storieboeke van Doc Immelman in jou huis rond wat jy nie weet wat om mee te maak nie? Kontak vir Wynand Theron by 021-976-7133 / 0722668420 wynie@kingsley.co.za. Hy sal die boeke kom haal en jou boonop goed betaal! Redaksie Redakteur: Ds Tinus van Zyl Redaksielede: Jackie Pretorius & Cindy vd Merwe As jy op enige wyse betrokke wil raak by SIG of die gemeente se kommunikasie in die algemeen, skakel asb vir ds Tinus van Zyl by 083 289 4985. Adverteer in Die kostes vir advertensies is as volg: Vol blad R2000 Halwe blad R1000 Kwart blad R 500 1/8 blad R250 Kontak die kerkkantoor by 021 975 6370. (Die redaksie behou die reg voor om advertensies te weier wat nie by die aard van SIG pas nie.) 7

Vroue van Durbanville Paula Nieuwoudt Op 16 Augustus 2012 het die vroue van Durbanville Gemeente 'n Vroue Aand gehou, en so 'n nuwe reis begin, wat ons glo Jesus se seën gaan wegdra. O n s a s v r o u e v a n Durbanville het besef ons het mekaar nodig en kan soveel by mekaar leer. Net daar en dan het ons onsself aan mekaar verbind. Die doel is om een keer 'n maand as dogters, vroue, oumas en vriendinne bymekaar te kom. Ons plan is om elke aand uniek te hou, soms prakties te wees, soms bedien te word met die Woord, en uiteindelik geïnspireerd en toegerus weg te stap om die volgende maand aan te pak met 'n bietjie meer hoop, 'n bietjie meer geduld en tonne meer liefde. Bo en behalwe die Vroue Aande, het ons ook ons eerste vroue kamp gehou, wat 'n groot seën was vir al die vroue wat daar was. Kyk uit vir ons volgende geleenthede en raak betrokke. Dit maak nie saak of jy 'n vrou van 8 of 88 is nie, almal is baie welkom! Graad 6 kamp Bea van Huyssteen (Graad 6): Ons, die Graad 6 Sondagskoolklas, het in Grabouw gekamp. Ek moet net sê dit was by 'n verskriklike mooi plek. Ons het almal tussen die bome en wingerde, soort van, weggeraak. Ons het op die kamp gepraat oor wat ons dink van Graad 7 en oor The Shack (die naam van senior kategese redaksie). Ons het almal rond gespeel, geëet en warm sjokolade gedrink. Ons het ook Saterdagaand Courageous gekyk en twee uur in die oggend toktokkie gespeel. Ons het ook slaapsakresies gehou, prank calls gemaak, baie gepraat, meer gelag, musiek geluister en sommer ook gedans. DESIGN A PRINT 021 975 9648 8 Toe ons terug ry, stop ons by een of ander afdraai... julle sal dit nie glo nie, daar was bobbejane. Dit was 'n verskriklike lekker kamp. Joshua Heckroodt (Graad 6): Die kamp was in my eie opinie vreeslik lekker, maar dit was nie net vir die genot nie; dit was om met die res van die graad 6'e te praat oor The Shack en die jaar van graad 7 Sondagskool wat voorlê. Die kamp was vir my 'n heerlike ervaring al was daar 'n paar kinders wat nie altyd wou leer nie, dink ek hulle het dit ook geniet. Ek dink ek en al my vriende sien vreeslik baie uit na die jaar wat voorlê, veral The Shack, want na al die wonderlike stories wat ons daarvan gehoor het, dink ek dis nie net ek wat daarna uit sien nie.