SONDAG, 17 JANUARIE In Ritme?

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Petrus en die Krag van Gebed

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

God se Woord. God se Wil

Empathy Ouerhandleiding

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Profetiese woord vir 2017 en verder

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Besprekingsvrae vir selgroepe

Seisoen van die Gees

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

LoveGodGreatly.com 1

GEBED VIR KERKLEIERS

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Dawid die Skaapwagter

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

KWARTAAL INLIGTING 1/2017

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

18:00 Ker angdiens. Kontak ons nuut! PREDIKANTE MET VERLOF

Die krag van. n vrou wat bid

Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Josua - van jongs af n leier

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

BYBELS-GESONDE GESINNE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Pelgrimstog deur die Lewe

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

n Groepstudie om jou huwelik te verryk.

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Transcription:

Baie welkom by Trinitas! Ons sien onsself as 'n verloste familie van diensknegte wat gestuur is. Ontdek saam met ons wat dit vir jou en Vanderbijlpark beteken! OGGEND 09:00 SONDAG, 17 JANUARIE 2016 In Ritme? Teks: Verskeie Oorsig: Die jaar wat voorlê vra beplanning. Jy beplan jou vakansie en jou naweke. Jy stel jou in op die ritme van die jaar wat voorlê. God het vir ons ook 'n ritme vir ons jaar ingestel. Wat is hierdie geloofsritme en hoe raak dit jou 2016? AAND 18:00 Wat is 'n Sinode? Teks: Handelinge 15 Oorsig Die afgelope week het die GKSA 'n Sinode gehou. Dis is 'n groot vergadering van kerke. Baie ouderlinge en predikante van regoor die land kom bymekaar. Oor die algemeen het baie mense nie 'n positiewe beeld van 'n Sinode nie. Ons kyk na die eerste Sinode in die Bybel en verstaan meer van hoe die Here ons ook wil lei deur so 'n bymekaarkom van kerke. Preke beskikbaar in klank en teks by: www.gktrinitas.co.za

VANAF DIE KERKRAAD: Trinitas: van 2015 na 2016. Ons tema vir 2015 was: 'n Dissipel luister en lewe. Ons het elkeen sekerlik op vars maniere oor jouself begin dink as 'n dissipel van Jesus Christus. Uit sy Woord het Hy vir ons almal dieper insig gegee oor: Verloswees en die evangelie Familiewees Diensknegwees Gestuurwees... en hoe Hy daarin raakgesien en geëer word. Dit het gemaak dat ons op grond van ons Verloswees ook begin werk het aan die familieprojek om ons terrein en fasiliteite so in te rig dat ons nóg beter bande kan bou en kuier. Ons het ook nou 'n bedieningsmuur op in die saal en het begin om die Diakonie te laat herfokus op alle dienswerk in die gemeente. Ons het begin met gemeenskapsaande om saam te dink, praat en beplan oor uitreik as gestuurdes na ons gemeenskap. Hierdie en ander goeie inisiatiewe van 2015 is maar alles net die raamwerk waarbinne elke lidmaat kan opstaan en deelneem om God se roem te laat groei omdat Hy uit genade vir mense soos ons lewe kom gee het deur Jesus se dood en opstanding. Die Kerkraad het toe by 'n Bosberaad in Oktober 2015 saam gebid en gedink oor al hierdie dinge. Oor hoe die Here se genade in 2015 vir ons GROOT was en hoe om in 2016 Hom verder te volg. Daar het ons saam op die tema besluit vir 2016: Dissipels Neem Aksie DNA 'n Vakleerling leer eers werklik soos wat hy/sy besig raak. Aksie is in die DNA van dissipels. Baie van die inisiatiewe is nog maar net afgeskop. Elke lidmaat behoort dit met sy of haar gawes nog verder te ontwikkel, vestig en laat groei sodat God gesien kan word en nie ons nie. Mag ons ook verder in 2016 beleef hoe God ons deur sy Woord en Gees opbou en gebruik as sy volgelinge in Vanderbijlpark. Die Kerkraad. Corrie Botha, Alan Brotherton, Martin de Klerk, Dewald Pieters, Pieter van Helden, Gerrit van Wyk, Griffel van Wyk en Hardus Visser.

PROGRAM VIR DIE WEEK Dinsdag, 19 Januarie Aandbybelstudie 19:00 Winning @work and @home 18:00 Woensdag, 20 Januarie Bybelstudie 09:00 LIEF EN LEED Dink in jou gebede aan hierdie lidmate: Kobus Bester (0837640063) is steeds in Trimed versorgingsafdeling in Verg. Danie Roelofse (0169337488) het die afgelope week 'n operasie ondergaan. Laat weet asb. die kerkkantoor van siektes, swaarkry, asook van vreugdes. VERJAARSDAE: HARTLIK GELUK! 17/01 Renier Botes 0832876518 17/01 Marianne Botha 0824453145 17/01 Maritza Pieterse 0169813432 17/01 Erik Smid 0826040356 17/01 Babs van Zyl 0169322902 18/01 Karen Janeke 0833911913 18/01 Gert Visser 0834491036 19/01 Carli Muller 0760518457 19/01 Eric Schrap 0829552394 20/01 Ina Minnaar 0835628919 21/01 Antoinette de Bruin 0836808980 21/01 Dina van Jaarsveld 0730024987 22/01 Daan Smit 0835896185 22/01 William Wepener 0713610595 SPESIALE VERJAARSDAE Geen. HUWELIKSHERDENKINGS 19 Jan. Gert en Sarie Duvenage, 42 jr. 20 Jan. Gideon en Francine Louw, 10 jr. 23 Jan. Gert en Emmerencia vd Walt, 45 jr.

GEBEDSVERSOEK: HUWELIKE Op die oomblik is daar 'n paar huwelike in Trinitas wat deur diep waters gaan asook hangende egskeidings. Ons wil graag die res van die Trinitas-familie vra om hiervoor te bid en te help waar julle kan (Hebreërs 13:4). As ouderlinge is ons besig met die nodige gebede, ondersteuning en ernstige vermaning tot die beste van ons vermoë (Matteus 18). Ons bid dat God se Gees ook die res van die Trinitas-liggaam sal gebruik om die dele wat swaarkry of in sonde volhard op gepaste maniere te help (Galasiërs 6). Bid daarom saam (Jakobus 5:16): Dat die partye wat verwerping beleef heel eerste na Christus sal vlug en in Hom en sy voltooide werk aan die kruis die nodige troos en aanvaarding sal vind. Waar jy dalk hierdie persone ken, herinner hulle heeltyd aan hierdie evangelie en demonstreer dit vir hulle dis al wat werklik kan troos (HK Sondag 1). Dat die partye wat in sonde volhard omdat hulle nie in Christus alleen rus en lewe soek nie tot inkeer sal kom. Dat hulle mag raaksien dat hulle diepste behoeftes en oplossing by Jesus lê, en nie in ander mense of situasies nie (Johannes 4). Waar jy dalk hierdie persone ken, gesels asb. reguit maar liefdevol met hulle en herinner hulle heeltyd aan hierdie evangelie en die hoë roeping van 'n huwelik as toonbeeld van die evangelie (Efesiërs 5:31-33). Dat die kinders en families wat hierdeur geraak word, toegevou sal word in die Here se genade en dat hulle te midde van onstuimige omstandighede sy nabyheid en leiding van sy Gees mag beleef, veral deur ons Trinitas familie (Efesiërs 4). Dat jyself wat dalk kennis van bepaalde gevalle dra, bewaar sal word van bevooroordeeld wees of om daaroor te skinder, sodat jy op hierdie manier jou naaste en God se eer sal bewaar (9de Gebod; HK Sondag 43). Dat die ouderlinge die nodige wysheid en leiding sal ontvang om liefdevol te tug waar en soos nodig asof dit Christus self is wat so onder ons werk om sy liefde in ons te laat skitter (Handelinge 20:28 ev; 1 Petrus 5:1-4). Mag ons saam besef hoe sondig, swak en afhanklik ons almal voor God is en hoe nodig ons huwelike sy genade elke dag het. Mag ons almal gewaarsku wees om ons huwelike elke dag te versorg en op te pas. Ons is dankbaar dat daar wel ook baie sulke huwelike tussen ons is. Maar mag ons juis daarom in liefde nie huiwer om mekaar nader na Hom te roep as dit nodig is nie. Mag God se werk ook in hierdie probleme gesien en bewonder word tot sy eer. Die Kerkraad ATTESTATE/BEWYSE Word afgekondig. HUISBESOEKVORMS Indien jy graag huisbesoek wil ontvang van 'n ouderling, diaken of predikant, voltooi die huisbesoekversoekbriefie wat by die deure beskikbaar is en plaas dit in die kerkkantoor se rakkie of Die

Helper se kassie by die kerk se hoofingang. BYBELSTUDIES Woensdae om 09:00 by die kerk. Dinsdae om 19:00, Carterstraat 16 (soos op die kalender aangedui). NUWE LIDMATE Die diakonie is aan die stuur van die Nuwe Lidmate-diensgroep. By die Welkomhoekie in die saal is 'n boek waarin jy al jou besonderhede kan aanteken. BAIE DANKIE! Ons wil as gesin baie dankie sê vir almal se gelukwense en meelewing met klein Schalk se geboorte! Ons is baie dankbaar teenoor die Here dat als goed afgeloop het. Schalk was 3,32 kg met geboorte en 57 cm lank. Ook baie dankie vir die spesiale verlof! Liefde, Griffel, Gretha, Christi, Gerhard en Schalk. ORRELBEGELEIDING 09:00 Nannes van der Walt OUDERLINGE AAN DIENS 17/01 Corrie Botha en André Moolman DIAKENS AAN DIENS 17/01 André Smith en Erik Smid KOSTER AAN DIENS Elsa Prinsloo DATABORDDIENS Behartig deur die Tegniese span. KOLLEKTES Onder die erediens vir Diakonale Kas 17/01 Deputate Jeugsorg 24/01 Thuso-fonds GEHOORAPPARATE Dit kan Sondagoggende agter in die kerk onder die trap gekry word. ONTVANG DIE PREEKTEKS PER E-POS Stuur op Maandae 'n blanko e-pos na preek@gktrinitas.co.za. (Jy moet elke keer wat jy die preek wil hê 'n e-pos stuur). Die stelsel sal self binne 60 sekondes die preekteks vir jou aanstuur. Dis ten volle outomaties en werk 24/7. Kontak Hans van Wyk, 0828111990, vir inligting (Preektekste sal Sondae na 12:00 op ons webblad beskikbaar wees). OPNAMES VAN EREDIENSTE OP CD Indien jy 'n opname van 'n preek wil hê, kan 'n versoek aan die kerkkantoor of aan Hennie Smit, 0711063978, gerig word. TEESKINK Vanoggend skink Anita Markram se groepie. Sondag, 24 Januarie, skink Jorien Duminy se groepie. Gretha van Wyk, 0764688963, is die sameroeper van die diensgroep. KLEUTERKERK Kleuterkerk vind Sondagoggende saam met katkisasie plaas in die eerste klaskamer. Alle kleuters van 2-6 jaar is welkom. Mammas van tweejariges kan

dit saam bywoon. Kontak Louise Venter, 0833022716, indien jy geroepe voel om deel te vorm van die Kleuterkerkspan. DR. FRANS MINNIE Dr. Frans Minnie (pastorale berader) is op Maandae beskikbaar by die kerk slegs vir lidmate van Gereformeerde gemeentes. Afsprake word deur Elsabé of deur dr. Minnie self gemaak. Kontak die Kerkkantoor vir afsprake. Donasies kan inbetaal word by: FNB Tjekrekening No: 621 843 512 04, Takkode: 250-945. MEDEWERKERS Dankie vir almal wat reeds hul name opgegee het. Die medewerkerslyste is in die saal by die ouderlinge se kennisgewingbord opgesit. Kontak gerus jou ouderling of Alan Brotherton, 0834685243, met enige vrae. DIE HELPER is 'n diens wat praktiese hulp met klein takies in en om die huis bied vir lidmate wat nie self daarmee kan regkom nie. Dit is tipies bedoel vir lidmate wat bv. verswak het, bejaard is of dames wat enkellopend is. Neem gerus die vrymoedigheid om gebruik te maak van Die Helper. Vir hulp of raad, los 'n briefie in die houtkis in die voorportaal of kontak André Smith 0844627830 of Lozanne Roos, 0823353539. (plaas skenkings in groot houer in die saal naby die kombuis): Suiker, pasta, bullybeef, koffie, tee, soja maalvleis, grondboontjiebotter, Pilchards vis, konfyt, melkpoeier, sout, bakedbeans, tamatie- en uiesmoor, blikkies gemengde groente, pakkies sop, rys, koekie Sunlight seep, toiletseep, toiletpapier, sjampoe, tandepasta, tandeborsels en waslappe. (Plaas alle skenkings in die groot houer in die saal naby die kombuis Ons waardeer alle hulp opreg. Diakonie.) SIEKEBESOEK Indien jy by die Siekebesoekgroep wil inskakel, kontak Tina van Vuuren, 0837881810, of die kerkkantoor. KINDERSORG PIKININI WINTERPROJEK Hartlike dank aan elkeen se bydraes deur die jare vir die Pikinini-projek. Die projek gaan egter nie meer voort nie. Groete, Jackie Kleynjan, 0833814020. KRUIDENIERSWARE BENODIG Indien jy 'n bydrae wil maak, kan jy volgens die onderstaande lys aankoop

gemeenskap om hulle met die evangelie te bereik. EVANGELISASIE KONINGSKINDERS Kontakpersone: Philip, 0834681035, Anne-Marie, 0798756743, Christa, 0798779882. Vandag word slegs die indeling van die grade gedoen. Volgende week begin Jeugbediening in volle stoom. Hou die nuusbrief dop vir die kwartaal se lestemas. Kontak André Moolman, 0828592186, of Rochelle Moolman, 0824544147 vir meer inligting. ONDERSTEUNING VIR MADAGASKAR Baie dankie aan almal wat bydra om Madagaskar-sending aan die gang te hou. Indien julle voorstelle het, laat weet my asb. Groete in Jesus. Gert Visser, 0834491036. (Indien jy 'n bydrae wil lewer: Aksie Uitreik, ABSA, rek no. 9055971748). GEMEENSKAPSAANDE Ons as gestuurdes verstaan nog baie min van hoe om Jesus evangeliserend in ons omgewing in te volg en om instrumente in God se hande te wees waardeur mense tot bekering kom en by Trinitas aansluit. Ons gaan God vertrou en begin om meer daarvan te verstaan en te doen. Ons gaan begin deur van tyd tot tyd 'n "GEMEENSKAPSAAND" te hou. Dit is geleenthede op Sondagaande waar ons óf eers hieroor leer, dink en beplan, óf werklik kontak maak met die LOTUSLANDERS Ons volgende byeenkoms geskied DV 9 Februarie 2016. Meer inligting volg later. Koos en Babsie Jacobs, 0836505227. Kontakpersoon: Hardus Visser, 0828215642. HERWINNING Die Here stuur ons om sy Skepping op te pas omdat dit Hom ook vir die wêreld wys. Kom laai gerus jou sak herwinbare materiaal af, daar is 'n werker wat dit sal sorteer. Sakke met herwinningsmateriaal kan Maandae tot Vrydae tydens kantoorure of Sondae voor en na die eredienste afgelaai word by die herwinningsarea agter die katkisasielokale. Kontak gerus vir Maureen van Helden, 0823922093, indien jy enige vrae rondom die projek het. BELANGRIKE DATUMS VIR JANUARIE 17 Jan. Gr.1-G.12 Jeugkleingroepe open 31 Jan. Aand: Jeugtoerusting

GKSA NUUS OP DIE KENNISGEWINGBORD - FEBA Radio - Geopende Deure; opendoors.org.za - GKSA Jeugkantoor nuus - Monumentsig Aftree-oord Centurion BEROEPE AANVAAR Proponent GM Boersema [Marnix] na Graaff-Reinet. KRUISPAD Kruispad is die jeugtydskrif van die GKSA (www.kruispad.net). Dit bied toerusting aan jong, groeiende gelowiges om ingeligte keuses te maak wat tot geloofsgroei kan lei. Kostes: R116 (gedruk)/r85 (elektronies). Stuur 'n e-pos aan kantoor@kruispad.net indien jy wil inteken of 'n artikel wil skryf. BYBELS EN PSALMBOEKE Maak gerus tydens die erediens gebruik van die Bybels en Psalmboeke op die tafel in die voorportaal. Lidmate wat wil, kan nog Bybels en groen Psalmboeke skenk en op die tafel plaas vir erediensgebruik. KONTAK ONS www.gktrinitas.co.za Kerkkantoor: Elsabé Muller 0169825017 / 0724874258 kantoor@gktrinitas.co.za Faks no.: 086 219 5728 Kerkkantoortye: Maandag tot Donderdag Tye: 08:00 tot 13:00 Vrydae: 08:00 tot 12:00 (Nuusbrief) Skriba: Gerrit van Wyk 0823328550 Kosters: Theuns Odendaal 0832561387 Elsa Prinsloo 0794778699 Orrelis: Nannes van der Walt 0833041841 Bankbesonderhede van kerk: Rek. naam: Geref. Kerk Vanderbijlpark Trinitas ABSA Tjekrekening 530340449 Predikant: Griffel van Wyk 0169324615 / 0823543726 Adres: Ogilviestraat 6, SE2 Vanderbijlpark e-pos: griffel@gktrinitas.co.za TRINITAS-BOEK-HOEK Trinitas Boek-hoek begin vandag in die saal. Kontak Franciska van der Merwe, 0827818032, vir meer inligting. WERKSOEKENDES Indien jy werk benodig of 'n pos beskikbaar het, kan jy dit voortaan aan die kerkkantoor deurgee vir plasing in die nuusbrief.

Skryf jou naam op die lys by die Welkomhoekie. Gelde kan aan Gretha van Wyk oorhandig word.

VANAF DIE KERKRAAD Trinitas 2015 SWOT-analise Om eerlik met jouself te wees, is soms rof... maar altyd die moeite werd! Dan kan jy weet wat jy het en waaraan jy moet werk! Die ouderlinge het op hulle bosberaad 'n basiese SWOT analise van Trinitas gedoen. SWOT staan vir: STRENGTHS, WEAKNESSES, OPPORTUNITIES AND THREATS. Die bedoeling is om agter te kom: Waar is jou sterkpunte wat jy goed moet gebruik? Waar is jou swakpunte wat jou terughou en waarop jy moet verbeter? Watter geleenthede het jy om te gebruik? Vir watter bedreigings moet jy beplan? Ons wil graag hê dat almal in ons Trinitas-familie saam moet weet waarmee die Here besig is en waar ons roeping lê. Dink, dank, bid en werk saam, sodat ons hierdeur die evangelie/goeie nuus oor Jesus se werk beter sal ken en beleef, en dit met ander kan deel. Jy sou natuurlik jou eie punte hieronder kon byvoeg, maar as iets jou opval, is dit dalk omdat dit met jou hart praat en God jou daarvoor roep.

STERKPUNTE Positiewe sentiment van amper alle lidmate Eredienste Gemotiveerde kerkraad: Doelgerig Ondersteuning van kerkraad Finansiële insig en bestuur Infrastruktuur & fasiliteite Mannebediening Dinsdagaand-toerustinggeleentheid Beplande en gefokusde bediening Nuwe Toerustingaande (Sondae) Lidmate wat volle leiding en verantwoordelikheid neem in sekere areas GELEENTHEDE Bedieningsmuur Veranderingsbestuur Medewerkers / bedieningspanne Diensgroepe / inspan van gawes Jeugbediening Familie projek Uitbreidingsfonds Gemeenskapsaande en betrokkenheid Emeritus bedieningshulp SWAKPUNTE Verbruikershouding by baie lidmate Te min versorgingsouderlinge (benodig nog ± 5) Te min medewerkers (benodig nog ± 40) Diakonie: nuwe model nog in wording Kommunikasie na gemeente Klein aktiewe kernlidmate Min en ongeorganiseerde Bybelstudiegroepe / Kleingroepe Deelname aan gemeente-aktiwiteite buiten eredienste Besoekende predikante soms uit pas met temas/fokus Alle ouderlinge se deelname aan toerustingsgeleenthede Huisgodsdiens onder lidmate BEDREIGINGS Arbeidsonstabiliteit / werk pastoraal & finansieel & diakonaal Meerderheid lidmate dra nie finansieel by nie of onder hul vermoë Opvolgbeplanning op kerkraad en elders Naam/Kultuur Christenskap Vreemde teologie: - skewe beskouing van gereformeerde Christenskap - Slegte invloed van ander kerke Ontevredenheid met bediening deur enkeles Morele verval en sekularisasie (media) Predikant se werkslading

VIR DIE FINANSIËLE JAAR 2015-2016 MAAND : DESEMBER 2015 JAAR TOT OP DATUM WERKLIK BEGROOT AFWYKING INKOMSTE Bydraes 1 459 345 1 520 000-60 655 Deurkollektes 17 908 3 600 14 308 Rente verdien 133 610 130 000 3 610 Ander 4 137 12 300-8 163 TOTALE INKOMSTE 1 615 000 1 665 900-50 900 UITGAWES Woordverkondigers 698 100 688 452-9 648 Ramings en Klassisse 462 468 413 736-48 732 Erediens- & Kunstespan 20 398 56 050 35 652 Uitreikspan 4 000 10 000 6 000 Toekomsspan 7 713 0-7 713 Toerusting & opvoedingspan 6 876 23 400 16 524 Administrasiespan 476 970 447 748-29 222 Kerkkantoor uitgawes 52 245 47 190-5 055 Versorgingspan 64 950 64 950 0 TOTALE UITGAWES 1 793 720 1 751 526-42 194 OORSKOT / ( TEKORT) -178 720-85 626-93 094 Die finansiële span wens die gemeente 'n baie geseënde jaar toe waar Christus in ons toewyding eerste is. Mag u sy nabyheid hierdie jaar ervaar en die vreugde wat dit 'n mens gee wanneer jy sy opdragte uitvoer. Die grootste probleem is steeds bydraes met 'n tekort van R60 655. Die ramings vir Januarie (R41 595) is op 31 Desember betaal en die regte afwyking vir ramings is (R7 137). Die effek is dat die tekort vir die jaar tot op datum R137 125 is. Die ander oorspandering van uitgawes is in vorige maande bespreek.