GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Jesaja sien die Toekoms

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

GEBED VIR KERKLEIERS

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Profetiese woord vir 2017 en verder

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

God se Woord. God se Wil

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!

Seisoen van die Gees

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Josua - van jongs af n leier

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

BYBELS-GESONDE GESINNE

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Dawid die Skaapwagter

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Volume 3 van 2016 September 2016

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

My liewe broers en susters, ek

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

LoveGodGreatly.com 1

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:


DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

Transcription:

1 8 Junie 2014 Jaargang 28 Nommer 21 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Ds Swanepoel is met verlof en Ds Rassie Smit lei die erediens Die Skriflesing is uit Esegiël 36: 16-28 en Handelinge 1: 1-8 Die teksverse Esegiël 36: 26 en 27 en Handelinge 1: 8 Die Tema: Pinkster: God gee aan sy kind n nuwe hart en lei hom deur sy Gees om Hom alleen te vrees. Teksverse: Esegiël 36:26 Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee. Esegiël 36:27 Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom. Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. Ons sing: Psalm 9: 1,2,7 en 10; Skrifb 12-3: 1 en 2; Psalm 51: 5; Skrifb 8-1: 1 en 2; Skrifb 8-2: 3,4,5 en 7; Skrifb18-6: 3,4,5 en 6. Die Aanddiens Ds Nikolaas Pienaar van GK Pretoria Wes preek vanaand by ons. Die Skriflesing is verskeie gedeeltes uit Handelinge 18:18 19:40. Die teks vers is: die gelese gedeelte Tema: Jesus is in die hemel, maar deur sy Gees en Woord heers Hy oor sy kerk

2 8 Junie 2014 Na hemelvaart is die goed om na te dink oor die taak wat ons Here vir sy kerk opgelê het. In vanaand se prediking behandel ons Paulus se stigting van die kerk in Efese tydens sy derde sendingreis. Baie van die omstandighede wat destyds vir Efese gekenmerk het, kenmerk ons samelewing ook vandag. En soos die kerk van destyds word ons geroep om die waarheid van die evangelie in die wêreld uit te leef. Sing: Psalm 47:3 en 4; Skrifb 3-4:1, 2 en 3; Psalm 128:1 en 4; Psalm 31:1, 6, 15, 17. MEELEWING Sr Stella Engelbrecht se broer Piet is die afgelope week oorlede. Ons wil graag ons innige simpatie met Stella en haar familie oordra en bid dat julle die vertroosting en liefde in besonder gedurende die tyd van rou sal ervaar. MANNA EN KWARTELS VIR DIE GEES FOKUSVERS: As die fondamente ondermyn word, wat kan die regverdige daaraan doen? (Psalm 11:3) FOKUSGEDAGTE: Hoe reageer jy as jy raad kry om boedel oor te gee, want alles is verlore? As die fondamente ondermyn word... Vandag voel jy dalk ook so: geestelike en morele fondamente word ondergrawe. Deur die media, deur vyande van Christus, deur korrupsie, deur swak leierskap, selfs in die kerk deur verwerping van Skrifgesag. Dit voel of die veilige huis van ons gemeenskappe aan die omval is. Nou kan jy ook die raad kry: Gee maar prys, moenie nog probeer keer nie, alles gaan tot niet. Hoe reageer jy dan? Dawid het volgens Psalm 11 in n situasie beland, dat sy raadgewers aanbeveel het: Vlug! Die fondamente is ondergrawe. Die vyand wag net vir die doodskoot. Daar is niks wat jy aan die verval kan doen nie! Lees net sy vriende se bevinding: Kyk, die goddeloses span hulle boë, en hulle lê aan met die pyl op die snaar; hulle staan reg om uit die donker die opregtes van hart te tref. (vers 2). Hulle raad is: Vlug weg soos n voël. Dit gee hulle met goeie bedoelings! Dit klink na goeie raad om jou lewe te spaar, nie waar nie? Maar, dis die raad uit kleingeloof. As Dawid so gereageer het toe Goliat hom gevloek en die God van Israel verkleineer het, sou hy huis toe gevlug het. Maar Dawid het toe geantwoord: Die Here, wat my gered het uit die kloue van die leeu

3 8 Junie 2014 en uit die kloue van die beer, Hý sal my red uit die mag van hierdie Filistyn. (1 Samuel 17:37). En die Here het! Psalm 11 is n geloofsbelydenis, dat God ons bewaarder en die eintlike vegter teen die goddelose is. Al word die fondamente ondergrawe, al span die boog om die godvresende dood te skiet, is dit nog nie rede om weg te vlug nie. Nee, antwoord die Skrif. Onthou die volgende waarhede. God is almagtig en heers oor alles en almal - Die Here is op sy troon in die hemel! (11:4) Hy sal oor die goddelose oordeel, sodat hulle nie die oorwinning kan behaal nie - Hy laat vuur en swael reën op die goddeloses (11:6) God haat geweldenaars, maar het regverdiges (gelowiges) lief en beskerm hulle - Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees. (11:7) Daarom is vlug en boedel oorgee in ons huidige gemeenskappe, waar die fondamente van reg en geregtigheid ondergrawe word, nie n opsie nie. Ons kan in geloof bly opbou, steeds stry vir die waarheid, nog altyd regverdig en opreg optree, gehoorsaam aan God se wil aanhou goed doen, die goeie nuus van verlossing deur Christus bly uitdra. Moenie die raad om te vlug aanvaar nie, al lyk die omstandighede hoe negatief. Dit kom uit kleingeloof. God is regverdig en roep ons om teen die ondergrawing van fondamente te stry. Hy gee krag om te volhard. Hy sal die oorwinning gee. Moenie vlug nie, maar hou aan veg vir wat reg is. Dr Callie Opperman Gereformeerde Kerk Windhoek Suid GASTE SONDAG Dit was voorwaar n voorreg vir ons om die gaste by ons gemeente te verwelkom. Na die diens het ons heerlik saam gekuier en die lekkerste sop en broodjies (onder ander van oom Sakkies hy verstaan darem die werk) te kan geniet. Daar was n groot onaangekondigde kompetisie tussen die pastoriepaar oor wie van

4 8 Junie 2014 hulle twee die lekkerste sop sou voorsit. Jammer Ds Christo maar jou glips het jou gekos. Maar almal was dit eens ons mense ken van sop maak. Baie dankie vir almal se poging. HULPVERLENING - PLATINUM MYNE Die Diakonie van ons gemeente vra Almal is bewus van die situasie in Rustenburg agv die stakings, dit raak nie net die mynwerkers nie, maar die hele gemeenskap en besighede. Ons wil graag vir die gemeente vra, vir feitlik enige bydrae(s) (klere, nie-bederfbare kos, komberse, toiletware, skryfbehoeftes ens). Ons gaan bokse plaas waar u die bydraes kan insit. U het kans om die bydrae(s) te bring tot Sondag, 29 Junie. Indien u n kontantbydrae wil maak, plaas dit asb in n koevertjie wat duidelik gemerk is - Rustenburg. Ons sê by voorbaat baie dankie vir u ondersteuning. MESSIAANSE PROFESIEë Hier volg n paar profesieë uit die Ou Testament, soveel as 500 jaar voor die geboorte van Christus wat mens tot nadenke stem: Hy sal Jerusalem binne gaan op n donkie (Zacharia 9:9 Matteus 21: 2, Lukas 19: 35-37) Hy sal deur n vriend verraai word (Psalm 41:9,Matteus 26:49) Die prys vir verraai is 30 stukke silwer (Zacharia 11:12, Matteus 26:15) Die geld sal op die vloer van My tempel uitgegooi word (Zacharia 11: 13, Matteus 27:5) Hy sal beskuldig word deur valse getuies (Psalm 35Z:11, Matteus 26 59-60 Hy sal deur sy dissipels verstoot en verlaat word (Zacharias 13:7, Markus 14:50) Hy sal geslaan en op Hom sal gespoeg word (Jesaja 50:6, Matteus 26: 67) Hy sal ineenstort van swakheid (Psalm 109: 24-25, Lukas 23: 26) Hy sal gewond en gekneus word (Jesaja 53: 5, Matteus 27:26) Hy sal vir sy vervolgers bid (Jesaja 53:12, Lukas 23:34) Sy beendere sal nie gebreek word nie (Psalm 34:20, Johannes 19:33) Donkerte sal oor die land kom op die middaguur (Amos 8: 9, Matteus 27: 45) As finale getuienis, op die derde dag na Sy dood sal Hy opstaan uit die dood (Psalm 16: 10, Handelinge 2:30 en 31) opvaar na die hemel (Psalm 68: 18, Handelinge 1:9) en sal sit aan die regterhand van God in volle majesteit en gesag (Psalm 110:1, Hebreërs 1:3)

5 8 Junie 2014 Afgesien van hierdie enkele aangehaalde profesieë is daar nog verskeie ander wat oor n tydperk van 400 jaar VC uitgespreek en vervul is. Die bron is: The Unshakable Truth deur Josh en Sean McDowell, bladsy 195/7 Harvest House Publishers 2010. KERKKAMP 19-21 SEPTEMBER 2014 So algaande kom die datum nader en voor jy weet is die dag hier en braai jy die Vrydagaand n vleisie. Daar is nog n paar kamers in die groot Slaapvertrek oop en ook nog n paar plekke in die Chalets by die Bergkamp. Ons is nou 67 grootmense en 23 kinders. Dit is meer as verlede jaar. Die tema van die kamp is Dapper Dopper deur die Eeue Ons gaan lekker rondom hierdie tema borduur en Ds Christo sal die voortou neem soos net hy kan voorloop. Maar... ons wil graag hê almal moet saam deelneem en ook aantrek soos die Doppers van die vroegste tye, so van die Reformasie se tyd af. Gebruik Google en soek bietjie so van 1450 se kant af. Kyk ook na die gewone mense se drag en nie net die adel nie. Saterdagaand gaan weer n hoogtepunt wees met n heerlike skaapbraai. Trouens Saterdagaand is die hoogtepunt van ons kamp naweek. Moet ook nie vergeet van die besondere geleentheid vroeg Saterdagoggend wanneer ons nog voor skemer bymekaarkom vir die bewuswording oomblik nie. Daar is nog geleentheid om te bespreek en onthou die kampgeld beloop R350,00 per persoon. Soos nog altyd in die verlede gaan die laerskoolkinders gratis, vry en verniet na die kamp. Praat met Ferdie van Wyk. Johan Markram, Nikki Prinsloo en Elfrieda de Beer as jy nog plek wil bespreek. U kan van nou af u kampgeld betaal. Betaal dit in die gemeente se bankrekening in en merk asb duidelik dat die betaling vir die kerkkamp is en meld ook duidelik u naam. Kontant betalings kan by Susan in die Kerkkantoor gedoen word. Die rekeningbesonderhede is: Absa Bank Lyttelton, Takkode 335-045, Rek No: 0600-340-077. Dit is n tjekrekening. O ja, ons sal eersdaags weer n inligtingstuk uitstuur en onthou die kamp is by Bosveldwegbreek net anderkant Nylstroom. Sien jou daar!!

6 8 Junie 2014 WINTERMARK Dit is die eerste Wintermark wat by ons gemeente plaasvind. Dit is op Saterdag 21 Junie en onder leiding van Harry Spangenberg se dogter Tronel. Daar is n groot aantal stalletjies en ons susters bied varsgebak, vetkoek en die naaldwerk stalletjie aan. Terselfdertyd is die Silwerkrone weer op hul pos met die bak van pannekoek. Jy is welkom om nog naaldwerk items aan te bied. Merk dit asb net baie duidelik dat dit vir die Wintermark is en plaas dit op die verhoog. Die susters en die Silwerkrone benut die geleentheid om fondse in te samel vir hul bedrywighede. Kom ondersteun asb die Wintermark en veral die susters en die Silwerkrone. DIE DOPPERPARLEMENT SE MASTER CHEF Hierdie gebeurtenis gaan in die afsienbare toekoms plaasvind. Wanneer n mens op n groepie parlementariërs afkom is dit wat op hulle lippe is. Daar is voorwaar groot opgewondenheid oor die saak. Daar word nog gewik en weeg oor die presiese formaat maar dit ontbreek glad nie aan entoesiasme en opgewondenheid oor dié saak nie. Ons hou julle op die hoogte van gebeure. PRIVAAT OUTEHUIS Ons het n e-pos ontvang van Liza du Plessis en plaas dit net so. Ek het 'n privaat ouetehuis in Hennopspark. Sal op die einde na 10 persone kyk. 7 Persone word al reeds gehuisves maar ek is nog op soek na 3 om dit vol te maak. Kan ek asb 'n advertensie plaas in julle koerant en kan julle my asb in gedagte hou as julle van iemand hoor wat behuising soek vir bejaardes. Ek sal graag die volgende wil plaas - Privaat oue tehuis in Hennopspark, Centurion. 24 uur verpleging 3 gebalanseerde etes Was en skoonmaak Huislike omgewing. Kontak Liza du Plessis by 0825641793 of e-pos lizadp@hotmail.com

7 8 Junie 2014 HIERDIE WEEK HOU ONS, ONS BESIG MET: Vandag: Die kollekte tydens die erediens is vir die diens van barmhartigheid en by die deure vir die Emiritaatsversorging. Die ouderlinge en diakens van wyke 5 en 6 is aan diens. Die susters van Wyk 9 skink vandag vir ons tee en nooi u uit om saam te kom kuier. Tydens die predikant se week verlof is daar nie Bybelstudie volgende week nie. VERJAARSDAE 10 Junie: Morne Steyn 12 Junie: Anne Bothma 13 Junie: Danie Erasmus 14 Junie: Leonie Engelbrecht Shalom Mag jy volkome heel wees in liggaam, siel en gees en niks ontbreek nie omdat jy in ʼn harmonieuse geheel met God se wil en doel in jou lewe is. Mag Sy vrede jou beskutting wees, jou hart Sy volmaaktheid ken en deur Sy almagtige krag oorwinning oor elke vyand smaak. Mag Hy teweeg bring dat die diepste begeertes van jou hart vervul word. Mag jy die helende krag van Sy teenwoordigheid ervaar en die herstel van elke gebroke verhouding belewe. Deur Sy voorsienigheid mag Sy onbeperkte vermoëns elke gebrek wat jy in die gesig staar, uit die weg ruim. Mag Sy verbondsbelofte vervul word in jou en jou familie se lewe. Mag Hy jou in die grootste mate geluksaligheid en die diepste bevrediging wat jou hart moontlik kan ken, laat beleef.

8 8 Junie 2014 ALGEMENE INLIGTING Predikant: Ds Christo Swanepoel, Burgerlaan 113, Lyttelton Manor. 012-664-2195. Selfoon 083-263-7641. E-pos swanepoel.gerefkerk@telkomsa.net Bedieningskommissie: Ouderling Kobus Erasmus. Tel 082-334- 1845 Bedryfskommissie: Ouderling Chris Venter. Tel: 012-345-3959 Bestuurskommissie: Ouderling Tiddo Voogt. Tel: 012-664-2771 Voorsitter van die Diakonie: Diaken Johan van Rooyen Tel: 083-430-5884 Susters: Voorsitter. Sr Griet Swanepoel. 012-664-2195 Orrelis: Tertius du Plessis, Tel: 083-963-9993 Koster: Mike Muller 012-667-3241 Bank: Absa Bank Lyttelton, Takkode 335-045, Rek No: 0600-340- 077 Gereformeerde Kerk Lyttelton Skriba: Eric Oosthuizen H/v Stasie en Monument Strate Tel: 012-667-5310 Navrae: Susan Schoeman selfoon: 083-458-6444, Tel/Faks: 012-664-4325 e-pos: fjoost1@gmail.com E-pos: gkl@telkomsa.net Attes Skriba: Henry Engelbrecht, Tel: 012-654-5846; Selno: 082-680-6821 E-pos:henmet@telkomsa.net Emosionele Ondersteuningsnetwerk: Indien u emosionele bystand weens eensaamheid, siekte, trauma ens. beleef of net wil deel word van die emosionele ondersteuningsnetwerk in ons gemeente, kan u gerus vir Trudie Grobbelaar (koördineerder) skakel by tel: 012 653 7521, of sel: 084 589 5965.