Verdere Bedieningsonderrig (VBO)

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Empathy Ouerhandleiding

Petrus en die Krag van Gebed

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Petrus en die Krag van Gebed

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

God se Woord. God se Wil

Die Kerk Kry Moeilikheid

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Jesaja sien die Toekoms

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die Anglo-Boereoorlog *

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Profetiese woord vir 2017 en verder

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Seisoen van die Gees

ONS GEE OM VENNOOTSKAP VIR GROEI. mpa JAARVERSLAG

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

BASISKURSUS IN BEDIENINGSPRAKTYK

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

VBO TWEEDE SEMESTER 2015

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Kerkspieël /2 GDN. Tien sterkpunte wat die spieël ons wys 12. Kerkspieël gee lidmate stem 4. Die spieël wys tien uitdagings 14

Pelgrimstog deur die Lewe

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

BELHAR ARGIEWE (Deel 3) : Spesiale versameling van aanlyn preke/artikels van die Belhar Belydenis (1986)

J A A R V E R S L A G

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

(%/ 6JUHFHFF EFVS #ZCFM.FEJB JO 7FOOPPUTLBQ NFU

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

n PRAKTIES-TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE KONFLIK IN DIE TRANSFORMASIEPROSES IN DIE NEDERDUITS GEREFORMEERDE GEMEENTE OP-DIE-BERG deur

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Die uitdaging aan teologiese opleiding in die NHKA en die HKSA

Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

LoveGodGreatly.com 1

Daar is konflik in die gemeente

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Josua - van jongs af n leier

DIE ROL VAN DIE KONSULTANT IN DIE GEMEENTEBOUPROSES. Lukas Johannes Meyer

Kerkwees. Ons verkondig Christus wat gekruisig is... Christus, die krag van God en die wysheid van God - 1 Kor. 1: No. 278.

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Besprekingsvrae vir selgroepe

Die plek van jou tent

Transcription:

Tien gevolgtrekkings oor die stand van gemeentes 4 Communitas gons met VBO-kursusse en konferensies 6 VBO, nuut en geïntegreerd 10 Anders, maar een Shepherd se kleingemeente-konferensie 12 Om boek te hou van die goeie 14 CGTS beklemtoon plaaslike gemeentes se rol in opleiding 16 NIMSA in diens van Gods koninkryk 17 Excelsus het n vol leeraanbod 18 Kruisgewys bereik byna 3 000 gemeenteleiers Verdere Bedieningsonderrig (VBO) Uitgegee deur Bybel-Media (in vennootskap met GDN) GDN 14/1 MAART 2014

BOEKBEKENDSTELLING Gevorm deur die kruis Frederick Marais, Nico Simpson, Chris van Wyk Nie een van ons drie sou dié boek op ons eie kon skryf nie. Dit is die produk van n diep sinergie wat oor die afgelope twee dekades tydens ons reis met mekaar ontwikkel het. Ons is diep geraak deur God se lewende stem in die Bybel, en ons is passievol oor geloofsvormende geloofsgewoontes wat ons help om geloofsonderskeidend te leef. Vir ons is dit nie net teorie nie, maar daaglikse praktyk. Ons probeer lééf waaroor ons skryf. Daarom deel ons hierdie produk van ons gesamentlike reis met ander gelowiges wat besig is om op dieselfde manier met mekaar sáám te reis. Ons vorige boek, Barnabas, het gefokus op n nuwe manier van leef deur geloofsgewoontes. Ons nuwe boek, Gevorm deur die kruis, fokus nou op die sentrale metafoor in die boek Filippense selfontlediging en die geloofspraktyke wat ons daarmee help. Christus Jesus se menswording en sy dood aan die kruis, word in Filippense gesamentlik as sy selfontlediging (kenosis) beskryf. Dit is die kern van Paulus se brief en boodskap. Selfontlediging is volgens Paulus nie soseer, soos ons dit soms verstaan, dat Christus Jesus Homself leeggemaak het van sy Goddelike status en gestalte nie. Selfontlediging is eerder dat Hy Homself ingestort het in sy menswording en sy gehoorsaamheid aan God deur sy dood aan die kruis. Kenosis het dus meer te make met die gawe van Jesus Christus aan ons en met die uitleef van sy Godheid in sy menswording en kruisdood, as met die feit dat Hy sy Godheid afgelê of beperk het. Paulus se brief aan die Filippense help ons dus om Christus Jesus in sy voorbeeld van selfontlediging na te volg. Paulus help ons om kruisvormig te leef. Daar is twee kante aan n kruisvormige lewe. Aan die een kant is dit iets wat God deur sy Gees in ons bewerk. Dit word ons deel deurdat ons in geloof aan Hom vasgryp. Aantal bladsye: 152 bladsye Kategorie: Bybelstudie/Groepe Verkoopprys: R75,00 Hierin speel sy Woord n sentrale rol. Aan die ander kant het ons ook die verantwoordelikheid om wat God deur sy Woord en Gees vir ons gee deur geloofsgewoontes in te oefen sodat dit die praktyk van ons lewe vorm. Ons is oortuig daar is drie geloofspraktyke wat ons hiermee kan help. Ons noem dié geloofspraktyke die weg van vernuwing, die weg van verheldering en die weg van vereniging of vervulling. Hierdie geloofspraktyke word al drie beskou as dimensies van die lewe op pad na geestelike volwassenheid, en vanuit Paulus se perspektief as selfontlediging. Vir elk van hierdie drie geloofspraktyke het ons 14 geloofsgewoontes geïdentifiseer: Die primêre geloofsgewoonte vir vernuwing is die daaglikse ondersoek. Dit laat die lig van God val op alles wat deur die dag heen met ons gebeur het. Die primêre geloofsgewoonte vir verheldering is die geestelike lees van die Bybel. Wanneer ons die Bybel só lees, laat ons God se Woord toe om tot in die diepste dele van ons menswees te skyn. Die primêre geloofsgewoonte vir vereniging en vervulling met God is die beoefening van die teenwoordigheid van God. Dit het te make met die ervaring dat God se wil en strewe jou lewe só vol maak dat die lewe vir jou Christus word. Hierdie boek kan op verskillende manier in gemeentes gebruik word. Leraars kan dit (en die gratis preekriglyne) gebruik om die hele gemeente vanuit die eredienste te begelei deur n reeks in Lydenstyd, Pinkstertyd of enige ander tyd in die Kerkjaar. Kleingroepe in gemeentes kan die boek benut deur óf saam met die gemeente op reis te gaan met die geloofspraktyke óf dit as groep te doen. Families of individue kan dit ook vir hulle persoonlike stiltetyd gebruik. Vir meer inligting en produkte, besoek ons e-winkel by www.bybelmedia.co.za Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA Direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za Geen posgeld betaalbaar nie. Bybel-Media jou vennoot in geloof en bediening.

VAN DIE ARTIKELREDAKTEUR Skrywe aan die leraar van die gemeente... Chris van Wyk is artikel-redakteur van dié uitgawe. Dit is opvallend dat die apostel Johannes, vroeg in die Openbaring aan hom, sewe briewe aan die sewe gemeentes in Turkye skrywe, wat telkens met dié woorde begin: Skrywe aan die leraar van die gemeente in... (Open 2-3). Dat die briewe telkens ook aan die hele gemeente gerig is, neem nie weg dat dit in die eerste plek aan die leraar of boodskapper (enkelvoud) van die gemeente gerig is nie. In die Goddelike ekonomie was die leierskap van die gemeente n belangrike sleutel tot die gesondheid en geestelike volwassenheid van die gemeente. As die Here Jesus Christus dit dus goedgedink het om leraars spesifiek met n boodskap vir hulle konteks te bedien, kan die kerk min beter dinge doen as om Hom daarin na te volg. Kruisgewys fokus daarom in hierdie uitgawe op die Verdere Bedieningsontwikkeling van leraars in die onderskeie kerklike kontekste van ons lesers. Meer inligting is ook op die onderskeie webtuistes beskikbaar. VBO (Voorgesette of Verdere Bedieningsonderrig) word ál hoe noodsaakliker, veral omdat dit redelik algemeen aanvaar word dat leraars n baie belangrike rol in die ontwikkeling van gemeentes speel selfs n bepalende rol, soos onlangse navorsing in Wes-en- Suid-Kaapland onder andere uitwys. Dit is vandag egter nóg belangriker. Leraars word toenemend aan oorgangsuitdagings blootgestel. Hierdie uitdagings kom nie net van die veranderende interne kontekste in gemeentes nie, maar óók van die veranderende eksterne kontekste van die gemeenskappe waarin die evangelie van Jesus Christus beleef en uitgeleef word. Daarom moet die kerk toenemend op die ontwikkeling van leraars fokus. Ons volg ook die Here Jesus hierin na! Hierdie uitgawe is n handige hulpmiddel vir leraars om hulle eie verdere bedieningsontwikkeling te beplan. Die inligting uit diverse kontekste en van verskeie van ons vennote, verseker dat daar n verskeidenheid van aanbiedings is waaruit jy kan kies selfs al is dit in n ander gebied as jou eie kerklike konteks of sinode. Frederick Marais gee in Tien gevolgtrekkings oor die stand van gemeentes n oorhoofse blik op die stand van gemeentes van die NG Kerk in die Wes-en-Suid-Kaapland. Dit help Communitas om n meer pro-aktiewe ondersteunings- en begeleidingstrategie te ontwikkel. Marais wy uit oor die impak wat predikante op die sisteem het. Sy waarneming is dat predikante die méés bepalende veranderlike in die kerklike sisteem is. Sy verdere waarneming is dat jonger leraars beter gedoen het in gemeentes in oorgangsfases, omdat hulle hoër vlakke van aanpasbaarheid en transformasieleierskap vertoon. Dit het beteken dat Communitas se VBOfokus tov predikantebegeleiding na transformasieleierskap geskuif het. Wilma le Roux skryf in Communitas gons met VBO-kursusse en konferensies oor die omvattende aanbod van 17 kursusse en konferensies wat in die eerste helfte van die jaar aangebied word. Dit hou ook verband met die nuwe fokus wat daar by Communitas rondom transformasieleierskap ontwikkel. Gerhard Botha skryf in VBO, nuut en geïntegreerd oor die Sertifikaat in Bedie ningsvernuwing, ontwikkel deur die VBO-taakspan in samewerking met Communitas, Excelsus en Shepherd. Dit KRUISGEWYS Maart 2014 behels nege modules oor drie jaar. Dit sluit nadenke in oor konteks, gemeentes, God, identiteit, bediening en geestelike leierskap, bediening en geestelike formasie, missionêre gemeentes, erediens, predi king en die gemeenskap. Gerhard Botha skryf in Anders, maar een oor die nasionale kleingemeentekonferensie wat op 24 26 Maart te Gariep gehou word om die potensiaal in die diversiteit in die kerklike landskap te ontdek. Sprekers is Jurgens Hendriks, Cas Wepener, Gideon van der Watt en Christina Landman. Gerhard Botha skryf in Om boek te hou van die goeie oor die sisteem van VBO-punte in die NG Kerk en spel volledig uit wat, wanneer en wáár gedoen moet word. Gerhard Olivier skryf in CGTS beklemtoon plaaslike gemeentes se rol in opleiding oor die Christelike Gereformeerde Kerk se gemeentegebaseerde afstandsonderrigmodel, met die fokus op toerusting binne die student se bestaande konteks. Dit sluit kortkursusse, n diploma in Pastorale Teologie en n Baccalaureusgraad in Pastorale Bediening of Missiologie in. Johan van Loggerenberg en Howard du Toit skryf in NIMSA in diens van Gods koninkryk oor die Network for Interim Ministry in Southern Africa waarby reeds sewe denominasies, ten spyte van hulle diversiteit, in bediening betrokke is. NIMSA wil n ekumeniese netwerk van brugbedieningspesialiste wees wat gemeentes begelei om ten tyde van predi kants vakatures afskeid te neem van die vorige bedieningstydperk, te herontdek wat gesonde gemeentewees beteken, en vir die nuwe bedeling voor te berei. Andre Bartlett vertel in Excelsus het n vol leeraanbod van al die interessante kursusse en toerustingsprogramme wat dié sentrum vanjaar aanbied. 3

Tien gevolgtrekkings oor die stand van gemeentes Frederick Marais is betrokke by Communitas. Wat volg, is die resultaat van navorsing deur moderatuurslede en n aantal taakspanne. Die doel is om n oorhoofse blik op die stand van gemeentes in die Wes-en-Suid-Kaap te kry sodat n ondersteunings- en begeleidingstrategie wat méér pro-aktief is ontwikkel kan word. n Aantal kriteria is gebruik om die gemeentes in drie kategorieë van rooi (kommerwekkend), geel (stabiel) en groen (positief en innoverend) in te deel. Die kriteria het gefokus op drie areas: gemeentebediening, leraars- en diensverhoudings en finansies: Die gemeente se bediening slaag daarin om die konteks geloofsonderskeidend te lees, en het die vermoë om hulle bediening aan te pas by die uitdagings wat die konteks aan hulle stel. Die bediening van die gemeente bemagtig lidmate om as dissipels (gestuurdes) in die gemeenskap te leef. Die leraar(s) is emosioneel, fisies en geestelik gesond, en beskik oor die kernbekwaamhede om as geestelike leiers in die gemeente te funksioneer. Die leraars het duidelikheid oor hulle roeping. Hulle kan hulle in hulle bediening uitleef. Daar is n vertrouensverhouding tussen leraar(s) en gemeente en dit word in stand gehou deur n toepaslike beleid oor diensverhoudings. Die salarisrekening van die gemeente beslaan minder as 76% van die gemeentelike inkomste (offergawes, dankoffers en basaar). Die gemeente het n oorskot, of slegs n klein tekort, van minder as R10 000. Die gemeente verdien goeie rente (meer as R10 000) uit beleggings vir eie gebruik. Eerste vyf gevolgtrekkings Die eerste vyf gevolgtrekkings uit die navorsing was van toepassing op die oorhoofse beeld van die NG Kerk in Wes-en-Suid-Kaapland. Dit het te make met die tendense wat in terme van gemeentegroottes waargeneem kon word en wat tot positiewe of negatiewe bydraes gelei het. Gevolgtrekking 1: n Oorhoofse beeld van die dinamika in ons gemeentes stel ons in staat om pro-aktiewe innovering te ontwerp. Gevolgtrekking 2: Sinergie tussen dienste van die sinode veroorsaak positiewe veranderings. Gevolgtrekking 3: Hoe kleiner, hoe meer is gemeentes geneig om rooier te wees. Gevolgtrekking 4: Hoe groter, hoe meer is gemeentes geneig om groener te wees. Gevolgtrekking 5: Vanweë die eksterne druk op NG gemeentes, sal die geel gemeentes neig om rooi te raak indien hulle nie steun ontvang om transformasieleierskap aan die dag te lê nie. Die impak van predikante op die sisteem Wat vir die doel van hierdie uitgawe van Kruisgewys egter besonder relevant is, is die impak van predikante op die sisteem van die NG Kerk in die Wes-en- Suid-Kaapland. Gevolgtrekking 6: Predikante is die mees bepalende veranderlike in ons sisteem. Die Wes-Kaap het op 28 Februarie 2013 327 voltydse predikante gehad. Verder was daar 32 met termynposte, en 21 tentmakers (dus 380 predikante altesaam). Ons het ook nog brugpredikante en pastorale hulpe. Leraars se aftreetendens Veertien persent gaan binne 5 jaar, 40 persent binne 10 jaar en 60 persent binne 15 jaar aftreeouderdom bereik. Waarneming Dit is opvallend dat hoe jonger predikante is, hoe meer was die gemeente geneig om in die groen te wees. Ons kon n voorlopige gevolgtrekking maak. NG gemeentes is in n oorgangsof liminale fase (sien Coenie Burger se teorie in Gemeentes in Transito, vernuwingsgeleenthede in n oorgangstyd, Lux Verbi 1995) as gevolg van versnelde sekularisasie, die gepaardgaande voorkoms van n post- Christendom, asook buitengewoon hoë vlakke van demografiese verskuiwing. Daarom word hoë vlakke van aanpassingsvermoë of transformasieleierskap (versus taak- en transaksionele leierskap) benodig. Jonger leraars is geneig om beter as ouer leraars hiermee te vaar. Dit is belangrik dat daar helderheid kom oor wat bedoel word met transfor masieleierskap, sodat daar in die ondersteuning van leraars en gemeentes, hierop gefokus kan word. Osmer (2008:178) se onderskeiding help ons om die uitdaging beter te verstaan. Hy beskryf die drie leierskapstyle soos volg: Task competence: Performing the leadership tasks of a role in an organisation well. Transactional leadership: Influencing others through a process of trade-offs. Transforming leadership: Leading an organisation through a 4 KRUISGEWYS Maart 2014

process of deep change in its identity, mission, culture, and operating procedures (Nell, Ian: A Leadership in Acts through a social capital lens. Verbum et Ecclesia 2009 Vol 30 No 2, p 3). Moontlike strategieë Predikante met n kapasiteit vir transformasieleierskap is ons grootste wins, terwyl predikante wat op taak- en transaksionele leierskap fokus, nie in staat is om gemeentes in ons huidige situasie toepaslik te lei nie. Indien daar predikante is wat nie die vermoë het om by die veranderende scenario aan te pas nie, sal hulle leierskap vir gemeentes nadelig wees. Dan moet dit oorweeg word om hulle op n pro-aktiewe wyse uit die sisteem te bestuur. Daar is predikante wat geruil behoort te word. Daar is n kommerwekkende tekort aan jonger predikante (Communitas en die kuratorium kyk na die moontlikheid van internskappe). 40 leraars (12 persent) is jonger as 40 jaar. Ons sou dit as n doelwit kon stel om hierdie persentasie na 30 persent plus te verhoog. VBO en predikantebegeleiding Meer as 75 persent van leraars in ons gebied woon VBO-kursusse by. Verder word n persentasie van ons leraars deur die taakspan vir predikantebegeleiding ondersteun. Dit sou ons loon om vas te stel of leraars wat gereelde VBO blootstelling het, in vergeleke met dié wat nie het nie, noemenswaardig beter leiding in hulle gemeentes gee. In terme van ons gevolgtrekking van die liminale fase waarin ons is, sal dit noodsaaklik wees dat die VBO- en predikantebegeleidingstrategie daarop fokus om transformasieleierskap te bou en hier oor sinergie met mekaar deel. Sa mewerking met die teologiese fakulteite in hierdie verband, spreek vanself (sien die verslag vir teologiese opleiding, soos goedgekeur deur die Algemene Sinode 2013). Gevolgtrekking 7: Indien ons die ouder domsprofiel van leraars jonger kan maak, sal ons die vermoë om aan te pas en groei verhoog. Kleiner-wordende gemeentes Ons werk aan n bedieningstrategie vir kleiner-wordende plattelandse gemeentes en gemeentes in die stedelike omgewing wat sodanig verklein het dat hulle voortbestaan bedreig word. Die Communitas-protokol werk met die volgende scenario s in ons begeleiding van dié gemeentes: 1. Kombinasie van NG gemeentes Dit kan wees: Een gemeente met verskillende preekpunte (soos Darling en Yzerfontein, of Albertinia en Gouritz, Kleinmond en Bettiesbaai, Kaapstad en Kampsbaai). Verskillende gemeentes met een (of twee leraars) wat afwisselend by elke gemeente preek soos Aggeneys, Simon van der Stel en Namakwaland en McGregor en Robertson. 2. Kombinasie of samewerking tussen NG en VGK gemeentes Bredasdorp, Laaiplek NG en St Helenabaai VGK. 3. Ontwikkeling van n gemeen skapskerk soos Stanford waar n wyer ekumeniese groep gemeentes saamwerk. 4. Benutting van tentmakerleraars in die omgewing soos Vanwyksdorp en Bellville-Noord. 5. Benutting van ouderlinge met preekbevoegdheid (soos besluite van die Algemene Sinode dit nou moontlik maak). 6. Sinodale ondersteuning vir: standplaasruiling vervroegde aftrede (veral waar daar meer as een leraar is en die gemeente dit nie meer kan bekostig nie), deeltydse diens (brugleraar / fasiliteerder / spesialisdienste). Die drie laaste gevolgtrekkings Die laaste drie gevolgtrekkings fokus meer op die impak van kleiner gemeentes op die sisteem, sowel as op die rol wat die ring en n missionale ekklesiologie in die ontwikkeling van gemeentes sou kon speel. Dit word dus hier net genoem, sonder bespreking: Gevolgtrekking 8: Kleiner gemeentes is méér geneig om te stagneer en te isoleer en sukkel daarom méér as ander gemeentes om hulle konteks te lees. Gevolgtrekking 9: Daar is streke waar die ringe die primêre platform vir transformasie behoort te wees, omdat daar demografiese skuiwe is wat die streek raak. Gevolgtrekking 10: Die missionale ekklesiologie behoort die teologiese raamwerk te wees van waaruit al ons dienste aan gemeentes en predikante funksioneer. Kruisgewys bereik byna 3 000 gemeenteleiers Die doelstelling van Kruisgewys is om die jongste teologiese denke oor kerk- en ge meen te wees op n bevatlike wyse aan besige gemeen teleiers oor te dra. Bybel-Media is die uit gewer van Kruisgewys en versprei dit minstens vier keer per jaar gratis as n diens aan gemeentes, ooreen komstig die leuse Ven noot in ge loof en bediening. Die tydskrif is n gesamentlike aksie met die Gemeentedienstenetwerk (GDN). Chris van Wyk van GDN (links bo) is die artikel redakteur. Pieter Fourie van Bybel-Media (links onder) is die eindredakteur. Kruisgewys word gestuur aan leraars van die Gerefor meerde Kerke in Suid-Afrika, die Nederduitsch Hervormde Kerk, die NG Kerk, die Afrikaanse gemeentes van die VGKSA en die Christelike Gereformeerde Kerk. Die koerant van die Nuwe Hart Stiging wat probeer om nuwe waardes in Suid-Afrika te bevorder, verskyn deesdae as n bylae tot die kerk koe rant Kerkbode. Diegene wat nie laasgenoemde koerant ontvang nie, ontvang die koerant van die Nuwe Hart Stigting as n abbaproduk tot Kruisgewys. Dit is n poging om verant woor delik met Koninkryks reser wes om te gaan in die lig van die geweldige hoë koste van posgeld. KRUISGEWYS Maart 2014 5

Communitas gons met VBO-kursusse en konferensies Alle NG leraars moet minstens 50 uur voortgesette leer per jaar doen. VBO (Voorgesette of Verdere Bedieningsonderrig) bied daarom n aantal driedag-kursusse of slypskole aan, en enkele tweedag-kursusse oor n verskeidenheid onderwerpe. Ons bied die program aan met die gebed dat dit leraars van die kerk mag motiveer, sterk en bekwaam maak vir die wonderlike roeping wat die Here uit onverdiende goedheid aan ons toevertrou het. 1. Jesus as King 2. Credo vir die lewe: Oor die betekenis van die Apostoliese geloofsbelydenis vir vandag 3. Peak Leadership (Gemeenskapsleiding), 4. Christelike Geloof en Wetenskap: Die hele prentjie en 5. Nuwe leiers vir nuwe werklikhede: Hoe leierskap in n missionale konteks en midde-in die nuwe werklikhede van ons tyd n verskil kan maak is reeds verby. 6. Geloofsreis vir predikante Geloofsvorming is n lewenslange reis saam met Jesus. Dit impliseer n proses van radikale innerlike transformasie, wat uitloop op diens aan die naaste en 6 Wilma le Roux is die persoonlike assistent vir Coenie Burger by Communitas-Ekklesia wat die bestuur en bemarking van VBO behartig vir die Wes-en-Suid-Kaapland Sinode van die NG Kerk. die skepping. Die geloofsvormingsreis (verkort: geloofsreis) vir predikante word reeds n aantal jare as n VBOkursus deur Communitas in samewerking met die Sentrum vir Geloofsvorming aangebied. Die geloofsreis het n aanvanklike kurrikulum van drie jaar waar predikante op vierdag retraites gaan, waar hulle in n rustige omgewing begelei word om op verskillende vlakke te groei en verander. Predikante wat die drie jaar se reise voltooi het, word vanaf vanjaar ook genooi om steeds voort te gaan met die reis, want daar word nou nog twee retraites bygevoeg. Geloofsreis Jaar 1 Retraite 1: Emosioneel gesonde spiritualiteit 13 16 Maart 2014 Een die grootste struikelblokke vir ons lewe saam met God is ons gebrek aan selfkennis. In hierdie retraite ontdek ons ons emosionele ongesondheid aan die hand van die werk van Scazerro. Begeleier: Gys van Schoor saam met Albertus Louw en Andri Eloff Retraite 2: Ons het ons misgis met Jesus 19 22 Mei 2014: Ons herontdek saam Jesus se evangelie. Begeleier: Gys van Schoor Retraite 3: Die innerlike reis: vals self vs ware self 15 18 Sep 2014 Groter emosionele heelheid van ons verwonding is van kardinale belang vir geloofsvorming. Begeleiers: Gys van Schoor en Pierre Goosen 7. Entrepreneurskap en finansiële intelligensie 4 5 Maart 2014:Stellenbosch Begeleier: Gerhard Botha Uitkoms Deelnemers aan hierdie slypskool sal aan die einde n beter begrip hê oor hulle eie ingesteldheid teenoor die finansiële werklikhede binne die bediening. KRUISGEWYS Maart 2014 Hierdie ingesteldheid het onmid dellike, direkte en indirekte gevolge op elkeen se persoonlike finansiële situasie, asook die gemeente s n. Deelnemers sal kennis neem van die moontlikhede wat n entre preneuriese ingesteldheid tot gevolg kan hê. Aspekte wat aandag geniet Skriftuurlike vertrekpunte Finansiële werklikhede van vandag in oënskou Persoonlike geld-verhaal Gesindheid teenoor geld Inligting oor die entrepreneurswêreld en -wetenskap Gemeentelike en persoonlike entrepreneurskap Gemeentelike en persoonlike begroting en finansiële bestuur Oorleef en beheer die skuldspiraal Praktiese finansiële beplanning Ander beroepsmoontlikhede Entrepreneurs-roetekaart Voorbereiding Van die deelnemers sal verwag word om: n persoonlike en gemeentebegroting vir hulle eie verwysing saam te bring ten einde die opdrag vir die tweede dag te kan voltooi. n persoonlike finansiële verhaal te vertel met inbegrip van n finansiële tydlyn. Meer riglyne hieroor ten tye van die slypskool. 8. Geroep en gestuur: Hoe om missionêre bewustheid in ons gemeentes te verhoog 11 13 Maart: Stellenbosch: Gordon Crowther, Philip Botha en Peter Adams Na bl 8

Van bl 6 Communitas gons met VBO-kursusse en konferensies Tema en doel Daar is tans n groeiende konsensus in die kerk feitlik regoor die wêreld dat gemeentes veel meer missionaal moet leef. n Kerk wat op sigself ingestel is, is siek. Die kerk en sy bediening moet op die omringende omgewing gerig wees. Dié kursus fokus op maniere waarop ons gemeentes kan help om hierdie diep kultuurskuif na n sterk missionale bediening te begin maak. Inhoud In die kursus sal aandag gegee word aan die volgende sake: Wat die Bybel ons leer oor die kerk en sy bediening. Hoe die kerk inpas in die missionêre beweging van die drie-enige God. Hoe ons meer bewus kan raak van die Here se teenwoordigheid by ons en sy voortgaande werk in ons en in ons omgewing. Hoe ons lidmate kan help om meer missionaal te begin leef. In die kursus word aangesluit by die werk van die Fresh Expressions Movement in die Verenigde Koninkryk. Onder andere sal hulle gewilde gemeen tekursus oor missionale bewustheid verduidelik word en vir aanbieding in gemeentes beskikbaar gemaak word. 9. Om opnuut Ja te sê vir ons roeping en werk: Helende gesprekke oor die bediening 18 20 Maart 2014: Stellenbosch Pieter Grove en Coenie Burger Inleiding Die doel van die kursus is om predikante te help om doelgerig verantwoordelikheid te neem vir hulle persoonlike groei in die uitleef van hulle roeping in die bediening. Elke kursusganger kry geleentheid om bewustelik met sy of haar persoonlike en unieke roepingsverhaal te werk en moontlik tot n nuwe selfverstaan of insig te kom. Die kursus is nie ingestel op nuwe inligting of kennis wat oorgedra of aangeleer moet word nie, maar eerder om reflekterend om te gaan met die individu se persoonlike roeping God wat ons geroep het, na wie ons geroep is en waarom ons geroep is. Daar sal baie geleentheid wees om te vertel wat in jou lewe tot dusver gebeur het en hoe jy dink om jou lewe en roeping vorentoe uit te leef. Die gesprekke wil geleenthede skep waar elke deelnemer nie net kan reflekteer oor sy of haar roeping nie, maar ook kan nadink oor die volgende vyf tot tien jaar in die uitleef daarvan. Daar sal ook tyd wees vir persoonlike joernaalskryf, refleksie en nadenke. Teen die einde behoort gespreksdeelnemers: Hulle eie roepingsverhaal opnuut te vier. n Nuwe waardering vir hulle eie roeping te beleef. Nuut te dink oor Wie hulle geroep het en waarom. Met nuwe motivering terug te gaan na die mense en gemeente na wie hulle geroep is. Groter duidelikheid te hê oor hoe Communitas en Ekklesia se kursusse hulle kan help om te groei in die uitleef van hulle roeping. Deel te voel van n groep leiers wat dieselfde uitdagings beleef. Opnuut bewus te wees van wie hulle as geestelike leier is en waarom. Na te dink oor wat hulle verhinder om hulle roeping optimaal uit te leef. 10. Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing Die inligting is reeds in n ander bydrae verskaf. Hier kom net die inhoud van die eerste jaar se kursusse. 10a. Om die tye en geleenthede te verstaan ons konteks en roeping in SA 20 22 Mei 2014: Coenie Burger e.a. In die eerste drie-dag-module gaan ons n tree terug gee en veral na drie sake kyk: Hoe moet ons dink ons oor die Christendom in Afrika? Is ons raadop, of glo ons saam met baie mense dat die Christendom n besondere rol te speel het in die toekoms van ons kontinent? As dit so is, wat is die sentrale uitdagings wat nou vir die kerke in ons land voorlê? Ons gaan goed kyk na die SA konteks en saamdink oor die roeping van die kerk nóú. Het ons genoeg entoesiasme vir ons werk? As ons dit nie het nie, hoe kry n mens dit? Ons gaan aandag gee aan die be langrikheid van roeping en visie en kyk na die anatomie van hoop. 10b. Gemeentelike Ekklesiologie 26 28 Augustus 2014: Frederick Marais en Ian Nell In dié kursus word gekyk na die belangrikheid van missionale gemeentes. Daar sal aandag gegee word aan hoe n mens n gemeenteanalise doen om agter te kom wat regtig in n gemeente gebeur. Daar sal ook saam gekyk word na n Bybelse ekklesia. Ons kyk ook na wat gemeentes kan wees en doen. 10c. Triniteit, Missio Dei en die Plot van die Evangelie 21 23 Oktober 2014: Coenie Burger en Marius Nel In hierdie kursus kyk ons na die Evangelie waarin ons glo. Daar word op drie temas gefokus: Jesus en die Plot van die Evangelie; die Trinitariese God van die Bybel; en die Missio Dei. 11. n Nuwe blik op Paulus: n Inleiding tot hedendaagse 8 KRUISGEWYS Maart 2014

inter pretasies van Paulus se boodskap en sy kommunikasie daarvan 8 9 April 2014: Stellenbosch Elna Mouton, Jeremy Punt, Francois Wessels Tema en doel Om kursusgangers op die hoogte te bring van: Drie nuwe interpretasiemodelle waarmee Paulus verstaan word Die uitdagings en interpretasiemoontlikhede van die Pauliniese huistafels Paulus oor mag in die konteks van die Romeinse Ryk: Toe en nou. Inhoud Daar is tans n boeiende gesprek aan die gang oor hoe Paulus gelees moet word. Is die kritiek teen die Lutherse interpretasie geldig? Wat is die alternatiewe? Is daar iets soos n Calvinistiese interpretasie van Paulus? Is daar iets soos n sleutel om die Paulus-briewe mee oop te sluit? Wat is die bydraes van Nuwe Testamentici soos NT Wright en Douglas Campbell tot hierdie gesprek? Tweedens word gekyk na die hantering van die sogenaamde huistafels, byvoor beeld in Efesiërs en Kolossense. Die vraag sal gevra word: Hoe behoort ons hierdie gedeeltes te lees en in ons prediking toe te pas? Derdens sal Paulus se hantering van mag aan die orde kom: Hoe het Paulus mag gebruik in sy argumentasie met die lesers van sy briewe? Wat was die sosio-historiese agtergrond van Paulus se manier van argumenteer? En wat is die implikasies hiervan vir ons vandag? 13. Gelukkige Aftrede deur n nuwe toekoms te skep 22 24 April 2014: Stellenbosch Kenny Raats en Deon Bruwer Naderende aftrede laat niemand sonder die een of ander emosionele reaksie nie. Moontlik is jy baie opgewonde en sien jy uit na die idee van aftrede; of jy mag die onafwendbare verandering wat dié nuwe lewensfase gaan bring, vrees; jy mag selfs onaangeraak en apaties staan teenoor jou eie aftrede. Watter posisie jy ook al neem, aftrede is een van die mees belangrike lewensoorgange, wat noodwendig drastiese veranderinge in jou lewe gaan bring. Voorbereiding op n persoonlike en emosionele vlak vir hierdie veranderingsgebeure kry meestal nie die nodige aandag nie en word verwaarloos. Baie mense wat reeds deur hierdie proses is, sal getuig dat toepaslike emosionele beplanning hulle beter sou voorberei het en ook beter deur die proses sou gehelp het. Die program is daarop gerig om jou selfverstaan en selfbewussyn teen die agtergrond van jou geloofservaring te verdiep. Die program sal moontlik gebruik maak van jou unieke persoonlikheidsamestelling en -spiritualiteit vir die ontwikkeling van jou persoonlike program vir die bestuur van jou unieke aftredeplan. Deelnemers sal n evaluering maak van hulle persoonlike gereedheid vir aftrede. Dit sal hulle sensitief maak vir moontlike slaggate en persoonlike gevaartekens, maar jou ook herinner aan jou individuele sterktes en talente. Hierdie seminare sal n ruimte skep waar deelnemers self kan evalueer hoe hulle huidige scenario lyk, en ook die geleentheid bied om die unieke reis in hierdie nuwe landskap te skets deur realistiese en praktiese doelstellings en beplanning. Deelnemers sal praktiese vaardighede leer vir n gebalanseerde lewenstyl in hierdie nuwe lewensfase, waar jou professie nie meer die bepalende faktor vir jou identiteit is nie. 14. Familiebediening? Hoe dit werk in huishoudings, in gemeentes, in die skool en as n missionêre metodiek 22 24 April 2014: Stellenbosch Deon Kitching, Gielie Loubser, Anriëtte de Ridder en Denvor Wagenaar Tema en doel Ons gaan praat oor die A Z van familiebediening, oor ouerskap, en hoe jy dit prakties maak in jou verskillende aktiwiteite. Temas Sommige van die volgende temas sal behandel word: Families leef vandag in n komplekse samelewing. Waarvoor moet ons sensitief wees? Die teologiese verstaan van geloofsvorming in gemeentes en huishoudings. Where Christ is present in faith, the home is church too! Family Ministry is not a program; it is an attitude. n Omgee-leefstyl. Rituele en tradisies in gemeentes en families waarin mylpaalbedieninge kan groei. Kamp- en familiebediening. Gebruik kampbedienings as momente van diens waarin n inter-generatiewe benadering lei tot die beste integrasie van diens en familiebediening. Familiebediening en kategese Gestuurde Families en Gestuurde Gemeentes. Leef die visie van gestuurdheid in jou familie? 15. Nuwe Groei en Vrug om jou visie en passie weer aan te vuur 13-15 Mei 2014: Stellenbosch Dirkie van der Spuy Tema en doel Die Moreletapark Assosiasie (MPA) bied reeds die afgelope drie jaar n program van ondersteuning aan om leraars toe te rus om nuwe groei en vrug in hulle persoonlike lewe en in hulle gemeentes te vind. Die program wil leraars help om n breë perspektief te kry van die behoeftes wat daar in die kerk en in leraars bestaan. Onderwerpe soos Die Woestynpad en Vergifnis en Vryspraak, wil leiers help om vry te kom van bagasie en nuwe vreugde en innerlike vrede te vind. Die kursus is gerig op die praktyk, en wil leraars bemoedig en met nuwe entoesiasme en visie toerus om God se wil vir hulle gemeentes beter te laat realiseer. Uiteindelik is die MPA se gebed dat elke leraar n nuwe ontmoeting met die Here sal ervaar wat verseker nuwe blydskap, groei en vrug gaan bring. 17. Winterskool 2014 Christus die Hoop vir Afrika die volgende 20 jaar 10-12 Junie 2014: Stellenbosch Hoofsprekers: Mvumi Dandala, Marlene le Roux en Dion Forster. KRUISGEWYS Maart 2014 9

VBO, nuut en geïntegreerd Gerhard Botha is n Direkteur: Shepherd Sentrum, Fakulteit Teologie UV. Oor die Sertifikaat in Bedienings vernuwing wat die VBO-taakspan ontwikkel het, in samewerking met Communitas, Excelsus en Shepherd Nege modules versprei oor 3 jaar Module 1 Module 2 Module 3 Module 4 Module 5 Module 6 Module 7 Module 8 Module 9 Jaar 1 Oor ons konteks om die wêreld en tye waarin ons leef, dieper te verstaan Oor gemeentes deel van die probleem of deel van die antwoord? Oor God die drie-enige God, missio dei en die plot van die Evangelie Jaar 2 Oor identiteit wie is ons en waar pas ons in? Oor bediening en geestelike leierskap die hart van predikantswerk Oor bediening en geestelike formasie hoe mense vir dissipelskap en diens gevorm word Jaar 3 Oor missionêre gemeentes hoopvol en energiek vir ons roeping Oor die erediens en prediking hoe ons die storie van die evangelie glo, vier en vertel Oor gemeenskap om koinonia en diensbaarheid in gemeentes te versterk Verwerf 180 VBO-punte (60 punte per jaar) Die eerste drie modules word reeds vanjaar aangebied op: Stellenbosch Pretoria Port Elizabeth Bloemfontein Kimberley Okahandja Vir meer besonderhede, kontak een van die volgende sentra: Communitas Excelsus Shepherd Wilma le Roux Tel: 021 808 3624 wler@sun.ac.za www.communitas.co.za Rika van Rensburg Tel: 012 420 6738 excelsus@up.ac.za www.excelsus.org.za Marina Oberholzer Tel: 051 401 3995 shepherd@ufs.ac.za www.theology.ufs.co.za 10 KRUISGEWYS Maart 2014

Anders, maar een Shepherd se kleingemeente-konferensie Gerhard Botha Shepherd bied die nasionale kleingemeente-konferensie vanaf 24 26 Maart te Gariep aan. Dit gebeur in samewerking met die Een heid vir Bedieningsbegeleiding van die Vrystaatse Sinode en ander rol spelers. Hierdie konferensie het sy kinderskoene ontgroei. Deesdae is dit n baie belangrike geleentheid op Shepherd se VBO-kalender. Vanjaar se tema is Anders, maar een. Dit wil besin oor die diversiteit in die kerklike landskap. In die verlede was ons baie bewus juis van ons verskille. Hierdie anders wees, het ons soms baie ver van mekaar geplaas. Ons het ook ons anders wees beskerm, soms ten alle koste. Ander se anders wees was gewoonlik té onbekend en dalk bedreigend. Hierdie jaar se konferensie plaas die klem op die potensiaal wat daar in die anders wees opgesluit lê. Ons gaan ons anders wees vier, en hopelik in die anders wees ons nabyheid aan mekaar, ja, ons eenheid ontdek. Verteenwoordigers van n wye verskei denheid gemeentes het in die verlede bygewoon. Die vraag is soms: Hoe klein moet ek wees om n kleingemeente-konferensie by te woon? Die wonder is dat daar geen voorskrif daaroor is nie met ander woorde, so klein of groot soos jy wíl wees! In die algemeen het ons klein gemeen tes gedefinieer rondom getalle en inkomste eintlik rondom die gebrek aan een of albei daarvan. Vandag se kleingemeentes het dalk steeds n tekort aan geld en is klein in getalle, maar weier om dood te gaan, sáám te smelt en hulle plek in die samelewing prys te gee. Hierdie is gemeentes wat hulle rol Hoe klein moet ek wees om n kleingemeentekon ferensie by te woon? as klein, maar onontbeerlik, verstaan en uitleef. Die sprekers vir 2014 sal weer nuwe lig oor die geleenthede in diverse omgewings gee. Jurgens Hendriks sal ons begelei en die Wandel in die Woord-geleenthede fasiliteer. Cas Wepener gesels oor: Kleingemeentes, eredienste en liturgie. Gideon van der Watt praat oor Diver siteit en Christina Landman oor Pastorale sorg in diverse kontekste. Streeksinodes gaan ook die geleent heid kry om verhale van hoop van hulle kleingemeentes te vertel. Die konsert deur die plaaslike VGK-gemeente sal verseker een van die hoogtepunte wees! Gariep is so half in die middel van Suid-Afrika en lekker naby alles, juis omdat dit so ver is van alles n ideale plek dus vir hierdie konferensie. Dit is in die hart van klein gemeeentes. Hulle gasvryheid om die konferensiegangers tuis te laat voel, is elke jaar uit die boonste rakke. Die verskeidenheid akkommodasie en geleenthede vir toekomstige uitbreiding, maak dit sovéél te meer geskik vir hierdie hoogtepunt op ons kalender! Hieronder volledige besonderhede om jou deel-wees moontlik te maak. Sien jou by Gariep! Akkommodasie: Kontak vir Lulani Vermeulen per e-pos by lulani. vermeulen@gmail.com, of skakel 078 801 9776. Sy sal n lys van gastehuise met kontakbesonderhede aanstuur. Koste en inbetaling: Die koste van die konferensie beloop R450 per persoon vir persone wat nie deel van die Vrystaat Sinode is nie. Die Vrystaat Sinode subsidieer die leraars van die Vrystaatse kerk. Die konferensiefooi kan by die volgende rekening inbetaal word: NG KERK OVS ABSA 47 00 00 406 TAKKODE 632005 NB! Verwysing wat aangedui moet word met enige inbetalings: U naam, u gemeentenaam en KGK 2014 (bv Gert Viljoen, Kroonheuwel KGK 2014) Faks die betalingsbewys aan Joanie Theron: 086 502 0818, of e-pos die betalingsbewys aan gemeentes@ngkvs. co.za. Registreer: Jy moet ook asseblief by Shepherd vir die konferensie registreer. SMS D56178, jou naam en van na 31029. Hierdie registrasie verseker dat jy verdere kommunikasie oor die konferensie kry. Registreer asseblief een persoon per SMS vanaf jou eie selfoon. Indien jy belang stel, kan n damwal toer gereël word. Die toer duur ongeveer n uur en gaan Maan dagoggend vanaf 11:00 12:00 plaasvind vir diegene wat vroeg kom, of Woens dag ná die afsluiting van die konferensie. Belangstellendes moet asseblief betyds vir Delmarie Viljoen by 082 646 6891 kontak en laat weet watter dag jy die damwaltoer wil meemaak. Die natuurreservaattoer word nie onder begeleiding gedoen nie. Belang stellendes moet met hulle eie ver voer ry. Die hekke is vanaf 07:00-18:00 oop vir dagbesoekers. Kontak die reservaat by 051 754 0026. 12 KRUISGEWYS Maart 2014

Om boek te hou van die goeie Gerhard Botha VBO word opgeskryf, of liewer, die deelname daaraan. By Shepherd is daar daaglikse navrae en versoeke oor punte. Ook navrae en versoeke oor n geleentheid ( event ), soos byvoorbeeld of dit geregistreer is Waar is die puntekode? Hoeveel punte mag ek gee? Die akkreditasie van VBO-geleenthede volg n formele roete en n paneel deskun diges help inhoude evalueer. Waar is my punte? Al bogenoemde verwys natuurlik na die administrasie van die VBO-punte (ook krediete) van al die deelnemers aan VBO. In 2009 het Shepherd dit volledig in bedryf gestel. Sedertdien het dit soos volg verloop: Aantal VBO-punte geadministreer: 2009 13 622 2010 20 748 2011 29 189 2012 19 747 2013 36 709. Totaal tot Februarie 2014: 122 634. Aantal geregistreerde gebruikers (dominees): 1 231 Reeds vir 2014 het verskeie instansies, die VBO-sentra en streeksinodes 106 VBO-geleenthede se kodes aangevra. Van verlede jaar April af is 393 VBOgeleenthede deur die sentra, sinodes en geakkrediteerde instansies aangebied. VBO-verslag vir jou ring Al die VBO s word in n verslag aan die Algemene Steunspan Predikantesake voorsien. Hierdie verslae kan by DeWyk Ungerer aangevra word. Die gedagte is dat die VBO n agenda punt by elke ring sal wees waar hierdie verslae sal dien. n Mens kan ook vir Shepherd skakel om hiermee behulpsaam te wees. Siklus en vereiste punte Leraars moet n vereiste van gemiddeld 50 VBO-punte per jaar verdien. In n sewe-jaar-siklus, is dit n totaal van 350. Punte verjaar aan die agterkant van die siklus. Dit kan só verduidelik word: Vanaf 2009 is die punte gedokumenteer op die CPD Solutions-stelsel. Die eerste sewe-jaar-siklus verstryk dus aan die einde van volgende jaar, 2015. Die verwagting is dat predikante oor minstens 350 gedokumenteerde VBOpunte sal beskik. In 2016 is die punte van 2009 nie meer ter sprake nie, en in 2017 dié van 2010, ensovoorts. Vanaf 2015 is die gemiddelde gedokumenteerde VBO-punte dan 350. Rol van die ring Alhoewel Shepherd daagliks bogenoem de funksie vervul, lê die verant woor delikheid ten opsigte van die verslagdoening, interpretasie en moontlik optrede op die ring se tafel. Ons proses verloop van die registrasie van die VBO-geleentheid, die voorsiening van die SMS-kode, die dokumentering van die indiwidu se punte, soos per SMS aangemeld en die generering van die verslae, tot by individuele vrae en versoeke. Die resultaat van al bogenoemde handelinge is verder in die hande van kommissies, streeksinodes en ringe wat dit op eie prerogatief hanteer. Hieronder volg n uiteensetting van hóé en wáár elke leraar sy of haar VBOpunte kan kontroleer. Op die webbladsy kan jy selfs n sertifikaat van elke geleent heid druk om te liasseer of om aan n CV te heg. Jy kan selfs jou VBOverslag byvoorbeeld vir jou kerkraad se kennisname druk. Hoe om jy VBO-punte op die webwerf www.cpdsolutions.co.za na te gaan 1. Gaan na die webwerf www.cpdsolutions.co.za. 2. Tik jy selfoonnommer in by die gegewe spasie. 3. Jou pinkode behoort outomaties op te kom by die password or pin-spasie. 4. Indien nie, druk op Retrieve your pin. n Pinkode sal na jy selfoonnommer, wat jy ingetik het, gestuur word. 5. Tik nou hierdie pinkode in. 6. Jou inligting behoort nou op die skerm te vertoon. 7. Indien jy jou persoonlike inligting wil verander, gaan na my personal details op die HOME skerm. 8. Indien jy jou selfoonnommer wil verander, gaan na CPS Solutions via SMS op die HOME skerm. Indien jy VBO-punte wil registreer Tik die kode in die spasie verskaf waar daar staan Submit code, net onder Submit an activity attendance code. Klik dan op Submit code. As jy punte nie op die skerm verskyn nie, kan dit wees dat jou gemeente nie aan jou naam gekoppel is nie. Doen dan die volgende: Om jou aan jou gemeente te koppel, stuur n SMS met die woord gemeente, gevolg deur n spasie en jy gemeente se naam. Belangrik is dat die spelling soos in die Jaarboek gebruik word. Bv: Gemeente Bloemfontein-Noord. (Sien ook lys by: www.cpdsolutions.co.za/ gemeente). Indien jy in nuwe gemeente is, herhaal bogenoemde met die nuwe gemeente se naam. Of: Gaan na www.cpdsolutions.co.za/ gemeente. Kies n sinode. (Druk Soek) Kies n ring. (Druk Soek) Die bladsy met Koppel n gemeente aan jou profiel sal verskyn. Tik jou selfoonnommer in. Kies jou gemeente. Druk Koppel hierdie gemeente. Om jou bywoning van n aktiwiteit te registreer Stuur die bywoningskode na 31029 deur n SMS te skryf wat slegs die kode lys, bv: B12345. Jy kan die kode ook op die webtuiste van CPD Solutions invul waar daar staan submit code. 14 KRUISGEWYS Maart 2014

Reik uit na ander kerke in julle gemeenskap Begin n Bybelskool vir kerkleiers sonder opleiding In samewerking met Nehemia-Bybelinstituut Bemagtig kerkleiers só: Bied die NBI-kursus aan vir leiers van kleiner kerke in julle omgewing NBI voorsien bekostigbare opleiding deur afstandsonderrig in twee programme: - Kerkleierskap-ontwikkelingsprogram - Bediening-ontwikkelingsprogram Beskikbaar in Engels, Afrikaans, Zoeloe en Xhosa Sertifikaatkursusse geakkrediteer deur die Universiteit van Pretoria (Sentrum vir Kontekstuele Bediening) Gebruik die kursusse ook om kerkleiers tydens uitreike toe te rus Kerkleierskap-ontwikkelingsprogram 3 modules (met 5 leergidse elk) 1. God roep kerkleiers 2. Verstaan die kerk 3. Die kerk in aksie Bediening-ontwikkelingsprogram 3 modules (met 5 leergidse elk) 1. Rus die kerk toe vir bediening 2. Bou die kerk op 3. Reik uit na die wêreld Kry meer inligting by: Die Registrateur, NBI, Posbus 841, Wellington 7654 Tel: 021 864 8258 Faks: 021 864 8250 E-pos: nbi@bmedia.co.za Besoek gerus ons webtuiste by www.nehemiah.co.za vir meer inligting. Direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za Deeloproepe: 0860 26 33 42 E-aankope: www.bybelmedia.co.za

CGTS beklemtoon plaaslike gemeentes se rol in opleiding Gerhard Olivier is n leraar van die Christelike Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Hy is die afgelope 8 jaar werksaam by die Christelike Gereformeerde Teologiese Seminarium en dien tans as Administratiewe Registrateur. Die Christelike Gereformeerde Teologiese Seminarium (CGTS) volg n gemeente-gebaseerde afstandsonderrigmodel. Dié model fokus op toerusting binne studente se bestaande kontekste. Studente woon in verskillende dele van Suid-Afrika en kom van n wye verskeidenheid kerklike agtergronde. Hierdie opleidingsmodel weerspieël n toenemende bewuswording van die rol van die plaaslike gemeente as n geskikte basis vir n méér lewensvatbare bedieningsopleiding. Op dié manier open die CGTS die deur vir kandidate van oral uit Afrika en van verskillende kerklike agtergronde om gesonde Bybelgebaseerde leierskapsopleiding te ondergaan. Die CGTS benadruk die opdoen van praktiese ondervinding in studente se gemeente terwyl hulle studeer. Dit bied méér intensiewe studiebegeleiding as gewone afstandsonderrigkursusse deur die interaksie van die dosentespan. Ons fokus ook méér op die rol van die student se tuisgemeente as in die geval van konvensionele residensiële kolleges. Op die oomblik is ons ook besig om n aanlyn-kampus te ontwikkel. Dit sal studente in staat stel om via die internet te studeer. Sodoende word teologiese opleiding méér toeganklik vir studente van regoor die wêreld. Hierdie sisteem sal binnekort in werking gestel word. Deur die genade van God was die CGTS in staat om deur die jare heen die uiterstes van n koue akademiese benadering enersyds en n emosionele oppervlakkige benadering andersyds te vermy. n Professionele span dosente begelei studente via e-pos en andersins en ontmoet waar moontlik met hulle vir toerustingseminare om leiding te gee. Die gehalte van die teologiese opleidingsprogramme word gerugsteun deur goed uitgewerkte studiehandleidings en handboeke wat studente help om teologiese beginsels aan die hand van praktiese voorbeelde, illustrasies en werkstukke toe te pas. Die CGTS het oor meer as 60 jaar honderde Christene toegerus om die wêreld in te gaan met die lewens veranderende boodskap van Jesus Christus. Baie het die voltydse bediening betree, ander die sending, terwyl die meeste van hulle eenvoudig n verskil in hulle eie gemeenskappe, gemeentes en samelewing gemaak het. Die CGTS-aanbod Kort kursusse oor temas wat relevant is vir die Christelike lewe en bediening. Hierdie kursusse dien as boublokke vir fundamentele opleiding en as brug tussen kerklidmaatskap en formele teologiese opleiding. Die leerplan behandel onderwerpe soos Christelike dissiplines, Christelike leerstellings, Bybelstudie en Woordbediening, leierskap en beplanning en ook die praktyk van prediking. Diploma in Pastorale Teologie is n geakkrediteerde diploma-geleentheid vir selfstandige bemagtiging, terwyl studente deeltyds of voltyds in bedieningswerk betrokke is. Die akademiese begeleiding gaan aan die hand van studiehandleidings en seminare en bied n gesonde, vernuwende evangeliese en gereformeerde basis. Onderwerpe sluit in: Skrifuitleg Gereformeerde geloofsleer en etiek met n evangeliese inslag Geskiedenis van die Christendom en kerkreg Woordverkondiging en lering Wêreldevangelisering en die omvattende sending van die kerk Pastorale berading Leierskap en bestuur Erediensorde en gemeentelike aanbidding Kerkplanting en kerkgroei Geestelike vorming en bedieningspraktyk. n 3-jaar, 360-krediet Baccalaureusgraad bied die opsie van pastorale bediening of missiologie as fokus. Dit vestig in n gemeente-gebaseerde ekstensiemodel van teologiese opleiding en mentorskap om geestelike en bedieningsgroei te verseker. Onderwerpe sluit in al die hoof- teologiese dissiplines. Graduandi uit hierdie kursus staan tans in gemeentebedienings, het al suksesvol die sendingveld betree, of hulle gemeentes tot strategiese sendingbetrokkenheid begelei. Onderwerpe wat gedek word, sluit n Bybelse en historiese perspektief op sending in, die profiel van n stuurdergemeente, die profiel van n sendeling, evangelisasiemetodes, kerkplanting en kerkgroei en n strategiese perspektief op sending. Dit behandel verder godsdienste in Afrika en ongeëvangeliseerde volks groepe en dissipelskap in n nie- Christelike samelewing. Verkry meer inligting van: Die Registrateur, Posbus 784, Bronkhorstspruit 1020, tel 013 932 2562, e-pos: seminari@crcsa.co.za. Die webtuiste is www.cgts.co.za. 16 KRUISGEWYS Maart 2014

NIMSA in diens van Gods koninkryk Johan van Loggerenberg (links) en Howard du Toit. Johan is pastorale hulp by Pretoria Noord-Oos en sedert 2010 by opleiding by UP betrokke. Howard is semi-afgetree en betrokke by die opleiding van brugpredikante in Pretoria en die bemarking van die brugbediening in die NGK en wyer via NIMSA. NIMSA (Network for Interim Ministry in Southern Africa) is vanjaar vyf jaar oud. Dit het die afgelope tyd baie gegroei in aktualiteit. Sewe denominasies, ten spyte van hulle diversiteit, is reeds in op een of ander manier by NIMSA betrokke. Die Interim Ministry of Brugbediening is nog maar enkele jare gelede in Suid- Afrika geïmplementeer. Die getal opgeleides is dus nog min. Daarom is dit beter om die saak as kerke sáám aan te pak, aangesien die situasie in die verskillende gemeentes groot ooreenkomste toon. In al die denominasies is daar uiteraard n verwisseling van predikante, pastore of priesters. Dr Steve Moreo, Anglikaanse biskop van Johannesburg, het by die on langse jaarvergadering van NIMSA gewys op die panic stage by talle gemeentes. Dit is wanneer hulle tydens vakatures vir priesters en predikante die regte persoon vir die gemeente moet vind. Al die kerke het te doen met allerlei veranderings vanweë transformasie en verskuiwings op elke terrein van die samelewing in Suid-Afrika. Die oogmerk van NIMSA is om n ekumeniese netwerk van Interim Ministry- of Brugbediening-spesialiste te wees. Dit wil die kerk van die Here Jesus Christus dien deur die opleiding en toerusting van sy lede en toekomstige lede. NIMSA wil verder ondersteuning en aanmoediging gee aan diegene wat tydens oorgangstye in gemeentes leiding gee, soos byvoorbeeld met die interimperiode van n predikantsvakature. Wat behels die Interim Ministry of Brugbediening? Dit handel oor die begeleiding van gemeentes om hulle te help om tydens predikantevakatures afskeid te neem van die vorige bedieningstydperk, te herontdek wat gesonde gemeente-wees beteken, en hulle vir die nuwe bedeling voor te berei. Predikante of pastore word spesiaal opgelei om gemeentes tydelik in die oorbruggingstydperk behulpsaam te wees. Deur hierdie bediening, word gemeentes begelei om die oorgang na n gemeentelike bediening met n nuwe predikant (of soms sonder n predikant, of met n deeltydse predikant) te hanteer. Sommige gemeentes beweeg in dié tyd selfs na n multi-kulturele gemeenteopset. Predikante wat opgelei is in hierdie bediening, word brugpredikante genoem. Die teologiese uitgangspunte vir die opleiding van brugpredikante in Pretoria en Stellenbosch lê in die missionale kerkwees en gemeentebou. Die missio dei staan sentraal. God drie-enig stuur sy kerk die wêreld in. Dit gaan, volgens Stephan Joubert (NIMSA jaarvergadering 2013), om n vars verstaan van die funksionering van kerk-wees as n gemeenskap van nuut gemaakte mense wat Jesus radikaal volgens die Koninkryk voorop stel. Webwerf Dr Martin Lazenby het onlangs die webblad van NIMSA (www.nimsa. co.za) herformuleer en nuut geskryf. Die Afrikaanse deel van die webwerf heet NIBSA (Netwerk vir die Interim- of Brugbediening in Suidelike Afrika). Voordele van lidmaatskap n Verskeidenheid inligting is op die webwerf beskikbaar en kan gratis afgelaai word. Lidmaatskap van NIMSA gee toegang tot nóg verdere inligting. Enige persoon of organisasie soos n gemeente, sinode of denominasie kan lid word van NIMSA. Ledegeld vir individue is R150 per jaar. Vir organisasies is dit R500 per jaar. Dit is wenslik dat alle predikante, priesters of pastore wat as brugpredikante opgelei is, lid van NIMSA sal word ten einde goed op die hoogte te kan bly. Opleiding NIMSA erken die opleiding van brugpredikante of interim-pastore by die Sentrum vir Kontekstuele Bediening aan die teologiese fakulteit, Universiteit van Pretoria. So ook die opleiding by Communitas, teologiese fakulteit, Universiteit van Stellenbosch. Reeds meer as 120 predikante is by dié twee sentra formeel opgelei. In ongeveer 35 gemeentes was of is opgeleide brugpredikante werksaam. In die meeste gemeentes was die sukses van die brugbediening waarneembaar. In n paar gevalle is die verhale beskryf. Meer van dié stories van hoop, behoort opgeteken te word. Die opleiding is steeds besig om uitgebou te word, sodat die toegevoegde waarde van die Interim Ministry of Brugbediening steeds opnuut ontdek kan word. Organisering van NIMSA Die huidige beheerraad van NIMSA bestaan uit ses persone van drie denominasies. Die webwerf www.nimsa.co.za bied heelwat inligting en vra ook kommentaar. Kontak Martin Lazenby as sekretaris, of enige van die ander beheerraadslede. Ter wille van die opleiding as brugpre dikante of interim-pastore, kan ook kontak gemaak word met: Suki van Jaarsveld in Pretoria, by suki.vanjaarsveld@up.ac.za of 012 420 4951 (die datums vir 2014 is: Week Een: 4-7 Aug en Week Twee: 13-16 Okt). Adrienne Bester in Stellenbosch, by bestera@sun.ac.za of 021 808 3382 (die datums is vir 2014 is: Week Een: 24-27 Feb 2014 en Week Twee: 6-8 Mei 2014). KRUISGEWYS Maart 2014 17

Excelsus het n vol leeraanbod André Bartlett wat betrokke is by Excelsus, is verbonde aan die Fakulteit Teologie by die Universiteit van Pretoria en is verantwoordelik vir die ontwikkeling en aanbieding van programme gerig op die voortgesette bedieningsontwikkeling van predikante van die vier noordelike sinodes (Sinode Wes-Transvaal, Noordelike Sinode, Sinode Hoëveld en Oostelike Sinode) van die NG Kerk. o Lentekonferensie Die jaarlikse Lentekonferensie word van 16-18 September in Pretoria gehou. Die tema vir vanjaar se konferensie is Hy het onder ons kom woon n Teologie en Bediening van Teenwoordigheid. Die hoofsprekers is prof Piet Naudé van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth, dr Jerry Pillay, hoofsekretaris van die Uniting Presbyterian Church en president van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke, en die bekende ekonoom en kommentator, mnr JP Landman. Die res van die program behels n reeks parallelle sessies waar meer as 20 temas behandel word. Konferensiegangers kry die geleentheid om vier van hierdie temas te kies om só hulle konferensiepakket saam te stel. o VBO-kursusse Excelsus beoog om vanjaar in samewerking met die vier noordelike sinodes n reeks gedesentraliseerde VBO-kursusse aan te bied. Die datums en temas van hier die kursusse is nog nie finaal vasgestel nie, maar kursusse sal waarskynlik in die volgende plekke aangebied word: Sinode Wes-Transvaal Wes-Rand, Vaaldriehoek, Potchefstroom/ Klerksdorp en Verre Wes Noordelike Sinode Pretoria, Rustenburg en Polokwane Sinode Hoëveld Johannesburg, Oos-Rand en Secunda Oostelike Sinode Pretoria/Centurion, Middelburg en Nelspruit Naas hierdie kursusse, word n verskeiden heid toerustingsprogramme van die vier sinodes ook in samewerking met Excelsus aangebied. o Sertifikaat in Bedienings vernuwing Die Sertifikaat in Bedieningsvernuwing wat in samewerking met Communitas, Shepherd en die Algemene Sinode se VBO-forum ontwikkel is, word in die begin van Junie geloods. n Groep van ongeveer 20 predikante word vanuit die vier sinodes geïdentifiseer om die eerste rondte van dié sertifikaatkursus mee te maak. Die modules wat vanjaar aangebied word is: Oor ons konteks om die wêreld en tye waarin ons leef, dieper te verstaan (Mei) Oor gemeentes deel van die probleem of deel van die antwoord? (Julie/ Augustus) Oor God die drie-enige God, Missio Dei en die plot van die evangelie (Oktober/November) o Toerustingsprogram vir nuwe predikante n Toegespitste toerustingsprogram vir predikante in die eerste paar jaar van hulle bediening word tans ontwikkel. Dit behoort in die tweede helfte van vanjaar gereed te wees om in samewerking met die vier noordelike sinodes geloods te word.

Hugenote-Bybelinstituut Is jý toegerus om vir God te werk? Bekostigbare opleiding vir gelowiges Ons kan jou help om geestelik te groei en meer diensbaar in jou gemeenskap te wees. Naskoolse opleiding in Bybelse vakke word per korrespondensie aangebied. Jongmense, tuisteskeppers, sakelui en afgetredenes almal is welkom om in te skryf! Kies een van dié tweejaarkursusse: NUUT!! Etiek vanuit God se koninkryk bedink Bybel- en Godsdienskunde Christelike Nood-en-Traumaberading (ook in Engels beskikbaar) Jeugbediening Sending REGISTRASIE ENIGE TYD VAN DIE JAAR MOONTLIK. GEAKKREDITEER BY DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA (SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING) hbi HUGENOTE-BYBELINSTITUUT Meer inligting by Tel 021 864 8283 Faks 086 532 1261 E-pos hbi@bmedia.co.za Webwerf www.bybelmedia.co.za