Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Maart 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Similar documents
MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Jesaja sien die Toekoms

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 29 Januarie 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 6 April 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

God se Woord. God se Wil

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Maart 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Besprekingsvrae vir selgroepe

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Seisoen van die Gees

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Josua - van jongs af n leier

KERSSANGDIENS SONDAG 25 NOVEMBER 2012

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

LoveGodGreatly.com 1

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

GEBED VIR KERKLEIERS

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos FAMILIENUUS Sondag, 24 Mei 2009 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

die goeie en mooi GEMEENSKAP

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Januarie :00 Erediens. 8 09:00 Erediens (S7) SKOLE HEROPEN

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Dawid die Skaapwagter

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 11 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

GRACE ARTS. Vir alle raamwerk bekostigbaar Retha Wessels: / Krugerlaan 177 (na-ure beskikbaar)

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

Die krag van. n vrou wat bid

Volume 3 van 2016 September 2016

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Empathy Ouerhandleiding

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Paulus se Verbasende Reise

Transcription:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Maart 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 17 MAART Deurkollekte : Jeug Groeigroepe Week 6 09:00 Erediens: Ds Freddie Schoeman (Tema: Hoe hanteer ek vrees?) 09:00 Kindereredienste Senior Kategese MAANDAG, 18 MAART 19:00 Bedryfspanvergadering DINSDAG, 19 MAART 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG, 20 MAART SKOLE SLUIT 17:00 Biduur DONDERDAG, 21 MAART Menseregtedag SONDAG, 24 MAART PALMSONDAG Deurkollekte : Motorwag 09:00 Erediens Geen kategese MAANDAG 25 tot SATERDAG 30 MAART GROOT LYDENSWEEK Maandag: 19:00 Erediens Dinsdag: 19:00 Erediens Woensdag: 19:00 Erediens Donderdag: 19:00 Nagmaal Goeie Vrydag: 09:00 Saterdag: Erediens Stil Saterdag SONDAG, 31 MAART PAASSONDAG 09:00 Erediens Geen kategese MAANDAG, 1 APRIL Gesinsdag SONDAG, 7 APRIL Deurkollekte Noodleniging 09:00 Erediens Geen kategese DINDAG, 9 APRIL SKOLE HEROPEN 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG, 10 APRIL 17:00 Biduur NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Max Amsenga (012 664 3629) skakel. VOORBIDDING Bets Redelinghuys, Ridgewood 33, wat weer opgeneem is in die hospitaal. Daar is baie vog in die longe. Johan en Retha Wessels, Krugerln 177 met Retha wat nog behandeling ondergaan. Steve en Wanda Naudé, Dorisstr 363 met Wanda se pa, Gawie Marais, wat ernstig siek is. Elrinda Swiegelaar, Van Riebeeck WS DELTA KURSUS Die Delta kursus is ons gevorderde Bybelkennis en dissipelskapprogram vir denkende gelowiges. Dit help mense om antwoorde te kry oor vrae soos: Het Jesus regtig uit die dood opgestaan? Wat is die bewyse? Wanneer is watter boek van die Bybel geskryf en deur wie? Hoekom bevat die Bybel net sommige boeke en nie ander nie? Wie het hierdie besluit geneem en wanneer? Die kursus word twee maal aangebied en strek telkens oor vier Sondae vanaf 15:30 20:00. Die datums is: Eerste aanbieding: 19 en 26 Mei; 2 en 9 Junie. Tweede aanbieding: 6, 13, 20 en 27 Junie. Om in te skryf: SMS "Delta kursus" en jou naam na 0835560532. 1

PREEK : SONDAG 10 MAART 2013 Ons is steeds besig om sistematies vers vir vers deur Psalm 23 te gaan om te kyk watter antwoorde die Here het op die struikelblokke vir geloofsgroei wat ons ervaar. Sover het ons gekyk na: Bekommernis STRUIKELBLOK Lewensmoegheid (uitbranding) GOD SE ANTWOORD Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2 Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3 Hy gee my nuwe krag. Onsekerheid Krisistye Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. Vandag kyk ons na seerkry. Ons leef in ʼn wêreld waar seerkry deel van ons almal se lewens is. Ons leef in ʼn gebroke wêreld vol gebroke mense. Een ding waarvan ons kan seker wees is dat ons gaan seerkry. Somtyds is dit maklik om weer gesond of heel te word, somtyds is dit nie so maklik nie. Ons kry fisiek seer wanneer ons in ʼn ongeluk is of wanneer ons siek word. Ons ervaar liggaamlike pyn wanneer dit gebeur. Dit kan geweldige konsekwensies vir ons lewens inhou. Ons kry egter die seerste wanneer mense ons emosioneel verwond wanneer mense ons doelbewus of ondoelbewus op ʼn emosionele vlak seer maak. Verhoudings kan wonderlik wees. Dit het die potensiaal om vreugde en vervulling in ons lewens te bring dit het ook die potensiaal om ʼn groot hoeveelheid hartseer en pyn te veroorsaak. Die meeste van ons sit vandag hier met die letsels van emosionele pyn sommige vars en dalk rou, ander van lank gelede, maar dis nog steeds daar en dis steeds sensitief. (Snow can burn your eyes but only people make you cry.) Dit kan veroorsaak word deur woorde of optrede. Wanneer iemand jou kritiseer of beledig, wanneer iemand jou teleurstel of in die steek laat. 2

Miskien is dit veroorsaak deur iemand wat jy nie vantevore geken het nie ʼn vreemdeling. Miskien deur ʼn onderwyser of ʼn baas by die werk. Miskien deur familielid. Miskien ʼn vriend wat jou in die steek gelaat het. Miskien jou huweliksmaat die persoon wat veronderstel is om daar te wees vir jou. Waar lê die grootste seer in jou lewe? Wie het dit veroorsaak? Wat het die persoon gedoen of gesê? Wie sukkel jy om te vergewe? Hoe moet ons hierdie seerkry hanteer? Hoe om dit nie te doen nie: Moet dit nie ignoreer nie (Clint Eastwood) Moenie dit probeer ontvlug nie (TV, Sun City, rekenaarspeletjies, dobbel, drank, dwelms) Moet dit nie wegsteek nie (Haal die masker af, veilige ruimte) Moenie daaroor bekommer nie (dit maak dit net erger) Moenie bitter wees nie (dit maak jou die seerste) Wat sê die Bybel? Wat is die Here se antwoord? Die Here se antwoord kan saamgevat word in die woorde van Psalm 23:5: 5 U laat my by n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos n eregas, (OAV: U maak my hoof vet met olie) ek word oorlaai met hartlikheid. (OAV: My beker loop oor) Skielik verander die metafoor waarmee die digter werk. Die Here is nou nie meer net ʼn herder nie, nou is Hy ʼn gasheer. Hy berei vir ons ʼn feesmaal voor. Hy verwelkom ons met ope arms soos wat ʼn eregas verwelkom word. Hy oorlaai ons met hartlikheid. In die wêreld ervaar ons seerkry en verwerping by die Here ontvang ons aanvaarding en heling. In hierdie vers kry ons drie riglyne vir die hantering van seerkry: Laat wraak aan die Here oor 5 U laat my by n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. Ons dien ʼn regverdige en liefdevolle God. Hy is ook almagtig en alomteenwoordig. Hy weet hoe en waar jy seergekry het. Hy ken jou teëstanders. Hy weet ook wie jou seergemaak het. Hy weet presies wat gebeur het. Hy weet presies wat om met daardie persoon te doen. Die Here oordeel absoluut regverdig met die regte mengsels van geregtigheid en genade. Ons kan dus met groot vrymoedigheid enige gevoelens van wrewel en wraak aan Hom oorlaat. 3

19 Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld, sê die Here. Daar is ʼn hemel en ʼn hel. Wat gebeur wanneer ons gevoelens van wraak en wrewel koester? Terwyl ons gevoelens van wraak en wrewel koester, kan ons nie heel word nie. Die wond word septies en smetterig en vergiftig ons hele liggaam. Jy moet kies: wil jy gesond word of wil jy wraak neem? Beide is nie moontlik nie. (Rolprente en TV reekse help ons nie. You think honey is sweet, wait till you taste revenge) Wraak is nie soet nie. Wraak is bitter. Weet jy wat is soet? Vergifnis. Om iemand te vergewe is bevrydend en helend. Vergifnis is die ontsmettingsmiddel vir die siel. Vergifnis is nooit in die eerste plek ter wille van die ander persoon nie. Vergifnis is nie vryspraak nie. Vergifnis is nie om die seer te ignoreer en te maak asof dit nie gebeur het nie. Vergifnis praat nie die kwaad goed nie. Vergifnis is nie die herstel van ʼn verhouding nie. Vergifnis beteken nie vertroue nie. Vergifnis sluit nie straf uit nie. Vergifnis beteken om die wraak in die hande van die Here te los en emosioneel heel en gesond te word. Laat toe dat die Here jou heel maak U ontvang my soos n eregas, (OAV: U maak my hoof vet met olie) Eregaste se koppe is met olie gesalf in die ou tyd ʼn gebaar van gasvryheid en spesiale guns. (Vgl Lukas 7:46) Waar ons die wêreld dikwels verwerp word en seerkry word ons by die Here met ope arms ontvang en kry ons onvoorwaardelike aanvaarding. Ons ervaar sy spesiale guns. Dit maak heel, dit maak ons gemoed gesond, dit genees ons van ons emosionele seerkry. Hoe gebeur dit prakties? Erediens: Verwelkoming, aanbidding (sang), tekens van God se liefde (doop), seën, troos en bemoediging. Gemeenskap van gelowiges: onvoorwaardelike aanvaarding, broers en susters wat mekaar liefhet en ondersteun. (Ergste seer soms: in die kerk. Dis ʼn hartseersaak. Dis nie hoe dit moet wees nie.) Onderlinge diens: Wanneer ons mekaar dien, word ons heel. Heling geskied dikwels in twee fases: stil en aktief. Jy moet jou eers baie stil gedra en dan fisioterapie! Net so met emosionele heling. Tweede fase is belangrik. Wanneer ons self begin dien en help om ander se wonde te versorg word ons self heel. 4

Laat die Here jou oorlaai met hartlikheid ek word oorlaai met hartlikheid. (OAV: My beker loop oor) Teken van gasvryheid wanneer jy iemand se glas / beker volhou. Dit is wat die Here met ons doen. Seerkry is deel van die lewe. Maar by die Here is daar heling. Wanneer Hy ons gesond gemaak het, oorlaai Hy ons met liefde, vreugde en vrede. ʼn Beker wat oorloop is ʼn teken van totale vervulling. Na ʼn tyd van seer bring die Here weer sin en betekenis in ons lewens. Ons kan Hom vertrou daarvoor. FREDDIE SCHOEMAN Wil jy weer na die preek luister? Alle onlangse preke is op die gemeente se webtuiste beskikbaar Gaan na: www.lytteltonoos.org.za Klik op die MP3 ikoon. Skryf dit op ʼn CD / USB en luister daarna in jou motor en elders. WORD DEEL VAN DIE JEUGBEDIENING! HET JY N PASSIE VIR KINDERS? Ons jeug word toegerus met kennis oor God, om meer en meer soos Jesus te leef. Ons benodig mentors vir die jeug om op n aflosbasis deel te word van die bediening. 17 MAART 2013 11H00 sal daar in die Gemeentesentrum geleentheid wees om te hoor wat dit behels en aan te meld. KONTAK: Tian Dry 082 320 6477 (JEUGBEDIENINGSLEIER) 5

6

GELOOFSJAAR 2013 ʼn Lewe van geloof beteken ʼn lewe van absolute vertroue op die Here. Dit beteken minimum vrees, bekommernis, stress en angs. Dit beteken ʼn lewe van ware liefde, egte vreugde en volmaakte vrede. Begeer jy so ʼn lewe? Maak 2013 ʼn jaar van persoonlike geloofsversterking. Die gemeente se aktiwiteite is alles daarop gemik om jou hiermee by te staan. Gemeenteseminare Die gemeenteseminaar is 'n geleentheid om mekaar beter te leer ken, die voordele en geleenthede wat jou lidmaatskap van die gemeente inhou te NUUT besef en om te sien waar jy met jou talente en sterkpunte kan inskakel en diens lewer ter wille van ʼn saak met ewigheidswaarde. Dit word vier maal per jaar op Sondae na die erediens aangebied (11:00 13:00) en word afgesluit met ʼn middagete. Datums: 19 Mei, 18 Augustus en 17 November. (Dit is nie noodsaaklik om die Ontdek jou Potensiaal seminaar by woon nie voor die Gemeenteseminaar nie maar dit help.) Om in te skryf: SMS "Gemeenteseminaar" en jou naam na 0845818139. Ontdek jou Potensiaal Wat is jou lewensdoel? Waarvoor is jy in die wieg gelê? Watter natuurlike vermoëns het die Here vir jou gegee? Die Ontdek jou Potensiaal seminaar help deelnemers om groter insig hulleself te verwerf en so ook hulle lewensroeping en die soort dienswerk waarvoor die Here hulle geskep beter te verstaan. Soos in die verlede, word dit vier maal per jaar aangebied: 12 Mei, 4 Augustus, 10 November. Om in te skryf: SMS "Ontdek jou Potensiaal" en jou naam na 0723997648. Delta Kursus Die Delta kursus is ons gevorderde Bybelkennis en dissipelskapprogram vir denkende gelowiges. Dit help mense om antwoorde te kry oor vrae soos: Het Jesus regtig uit die dood opgestaan? Wat is die bewyse? Wanneer is watter boek van die Bybel geskryf en deur wie? Hoekom bevat die Bybel net sommige boeke en nie ander nie? Wie het hierdie besluit geneem en wanneer? Hoe buite-bybelse boeke ons kan help om die Bybel beter te verstaan? Wat is die goue draad wat dwardeur die Bybel loop wat ons help om groot gedeeltes van die Bybel te verstaan? Wat is ons taak as dissipels nou eintlik? Die kursus word volgende jaar twee maal aangebied en strek telkens oor vier Sondae vanaf 15:30 20:00. Die datums is: Eerste aanbieding: 19 en 26 Mei; 2 en 9 Junie. Tweede aanbieding: 6, 13, 20 en 27 Junie. Om in te skryf: SMS "Delta kursus" en jou naam na 0835560532. Leier vir Christus seminare In hierdie kursus word leierskap vanuit ʼn Bybelse en geestelike NUUT invalshoek benader. Elke lidmaat kan baat vind by hierdie kursus. Dit het ten doel om die kwaliteit van Christelike leierskap te bevorder, bestaande leierskapskwaliteite uit te bou en nuwe leierskapsvermoëns te ontgin asook om ʼn biddende dienende leierskapstyl aan te leer. Die seminaar word aangebied: 7

21 en 28 Julie. Om in te skryf: SMS "Leier vir Christus" en jou naam na 0845818139. Groeigroepe Na ʼn baie suksesvolle eerste rondte gedurende die eerste helfte van verlede jaar wil ons graag die groeigroepe ʼn permanente deel van ons gemeentelike program maak. Die ideaal is dat elke lidmaat uiteindelik by ʼn groeigroep sal inskakel. Daar is twee "seisoene", naamlik Februarie-Mei en September-November. Die groepe sluit aan die einde van elke seisoen af en dit word weer hersaamgestel aan die begin van die volgende seisoen. As jy wil deel wees van ʼn groeigroep, SMS die word "Groeigroep" en jou naam na 0823206477. Emmaus Walks ʼn Emmaus Walk is 72 uur lange geestelike hernuwings en lewensveranderende belewenis. Net soos wat die twee dissipels Jesus ontmoet het tydens hulle reis na die dorpie Emmaus (Lukas 24), is daar vir die pelgrims op die Emmaus Walk ook sulke ontmoetingsgeleenthede. Daar is volgende jaar twee geleenthede elk vir mans en vroue. Die "walk" vir mans is 11-14 April en 15-18 Augustus en vir vroue 18-21 April en 22-25 Augustus. As jy belang stel om dit mee te maak, SMS die woord "Emmaus" en jou naam na 0845818139. Praatjies oor huwelike en ouerskap Vir die twee belangrikste verantwoordelikhede in ʼn mens se lewe, jou huwelik en jou ouerskap, is daar geen graadkursusse by ʼn universiteit of ander tersiêre inrigting nie. Hierdie leemte wil ons graag vul deur ten minste een maal per kwartaal NUUT ʼn praatjie hieroor deur ʼn kundige aan te bied. Ons sal ook aandag gee aan enkelouerskap. Datums, onderwerpe en ander inligting sal deurgegee word. Hou die Herout, ons webblad en jou selfoon dop. Jou geestelike reis deur die jaar Stap die pad agter Jesus aan hierdie jaar en beleef hoe jou geloof groei en sterker word. Lydenstyd het begin met Aswoensdag op 13 Februarie. Dit is ʼn geleentheid vir verootmoediging en hertoewyding. Lydenstyd bereik ʼn hoogtepunt met die Groot Lydensweek. (Sondag 24 Maart Palmsondag tot Saterdag 30 Maart). Op Paassondag vier ons Jesus se opstanding. Daar sal soos in die verlede ekstra dienste en nagmaalvierings wees (sien almanak). Maak dit een van jou voornemens om hierdie geleentheid vir geestelike vernuwing en geloofsgroei mee te maak. Vir meer inligting oor die kerklike jaar besoek ons webblad by http:// www.lytteltonoos.org.za/kerkjaar/index.htm. Lees die Bybel in een jaar deur Is jy lus ʼn vir ʼn heerlike geloofsversterkende uitdaging? Lees die Bybel in 2013 van hoek tot kant deur. ʼn Goeie gids wat jy vir jouself kan koop is die NUUT Eenjaarbybel wat by CUM beskikbaar is. Dit is tans teen minder as R100 beskikbaar ʼn winskoop. (Ons word nie betaal om dit te sê nie!) Om waarde hierby toe te voeg sal daar in die Herout en elders ekstra inligting oor die historiese agtergrond van die gelese gedeeltes op ʼn weeklikse basis deurgegee word. Kom ons onderneem as gemeente hierdie uitdaging met mekaar as ondersteuning! Vir meer inligting SMS die woord "Bybel" aan 0845818139. 8

WORD DEEL VAN DIE JEUGBEDIENING! HET JY N PASSIE VIR KINDERS? Ons jeug word toegerus met kennis oor God, om meer en meer soos Jesus te leef. Ons benodig mentors vir die jeug om op n aflosbasis deel te word van die bediening. 17 MAART 2013 11H00 sal daar in die Gemeentesentrum geleentheid wees om te hoor wat dit behels en aan te meld. KONTAK: Tian Dry 082 320 6477 (JEUGBEDIENINGSLEIER) RUSOORD EERSTE MARK VIR 2013 23 MAART 2013 VANAF 08:00 BY RUSOORD Daar sal weer heerlike eetgoed en pragtige handwerk te koop wees. Alle fondse word vir die versorging van verswakte bejaardes aangewend. Ons benodig nog heelwat items vir die wit-olifanttafel. Maak die kaste, motorhuis en stoorkamer leeg en skenk die items vir Rusoord. Ons het ook dringend mansklere en skoene nodig. Kom ondersteun ons asseblief op 23 Maart 2013. J Pretorius Hoofuitvoerende Bestuurder Tel: 012 664 5835 Epos: info@rusoordcenturion.co.za VERSORGING VAN BEJAARDES IN RUSOORD Daar is plek vir die versorging van bejaardes in Rusoord beskikbaar. Volle besonderhede is op Rusoord se webwerf beskikbaar by www.rusoordcenturion.co.za NAVRAE: Matrone Labuschagne (012) 664 5835 J Pretorius Hoofuitvoerende Bestuurder 012 664 5835 E-pos: info@rusoordcenturion.co.za 9

LYDENSTYD Kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is, en Ek sal jullerus gee. Neem my julop julle en leer van My, want Ek si sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. - Jesus (Matt 11:28-30) VOLG JESUS OP DIE LYDENSWEG Lydenssondae: Sondag 17 Februarie tot 17 Maart Palmsondag: Sondag 24 Maart Erediens 09:00 Groot Lydensweek: Maandag, 25 Maart Erediens 19:00 Dinsdag, 26 Maart Erediens 19:00 Woensdag, 27 Erediens 19:00 Donderdag, 28 Nagmaal / Diens van Duisternis 19:00 Goeie Vrydag, 29 : Erediens 09:00 Saterdag, 30 Maart : Stil Saterdag Opstandingsondag: Sondag 31 Maart Erediens 09:00 10

HOEKOM VIER ONS LYDENSTYD? Wat is Lydenstyd? Lydenstyd is die tyd in die jaar waarop kerke en gelowiges regoor die wêreld voorberei om die opstanding van Jesus te vier. Ons beleef weer die groot dade van God se liefde vir mense. Ons beleef hoe ons ou mens weer sterf en hoe ons 'n nuwe lewe saam met Christus kan leef. Wat gebeur met ons? Ons geloof word versterk. Ons kry nuwe lewenskrag. Ons word heelgemaak. Lydenstyd is 'n vir geloofsvernuwing en hertoewyding. Ons verstaan weer waaroor Christenskap gaan en hoe dit ons help om te werklik te lewe. Wat doen ons? Ons stap die lydensweg agter Jesus aan. Ons reis saam met Jesus en sy dissipels van Galilea na Jerusalem. Ons stap saam met Jesus Jerusalem binne terwyl Hy op 'n donkie ry. Ons sien hoe Hy die geldwisselaars en duiweverkopers se tafels omkeer Ons beleef die spanning van die strydgesprekke met sy teenstanders Ons sit saam met sy dissipels om die tafel met die wyn en die brood Ons word saam met Hom gekruisig Ons word saam met Hom begrawe Ons staan saam met Hom op tot 'n nuwe lewe Die oue is verby! Die nuwe het aangebreek! (2 Kor 5:17) Om ons te herinner aan Jesus se lyding offer ons in Lydenstyd iets kosbaars op iets wat vir jou genotvol of betekenisvol is. 'n Gunsteling gereg, kossoort, aktiwiteit (TV, koerant, sport) 11

VERJAARSDAE 17 T0T 23 MAART 2013 DAT NAAM VAN ADRES 03/17 Hannelie Du Preez Smutsln 334 03/17 Willa Van der Berg 6De Straat 5 03/18 Righardt Naudé Dorisstr 363 03/18 Benjamin Van Staden Dinettepark 8 03/18 Helien Venter Selbournelaan 1018 03/19 Tanya Carstens 4De Straat 25 03/19 Jóvane Erasmus Krugerln 126 03/19 Abrie Lee Theodorestr 45 03/19 Heinie Momberg Df Malanln 99 03/21 Mattie Combrink Hans Strijdomln 150. 03/21 Johan De Villiers Eenheid 24 Saligna 03/21 Tian Dry Van Riebeeckln 47 03/21 Irisa Els Fitzpatrickweg 11 03/21 Fred Farmer Df Malanln 239 03/21 Johan Freysen Hans Strijdomln 150 03/23 Gerhard James Van Riebeeckln 32 SPESIALE GELUKWENSE Hartlik geluk aan Tannie Mattie Combrink wat 21 Maart haar 82ste verjaarsdag herdenk. Mag u die Here se liefde en genade ryklik ervaar in die dae wat kom. HUWELIKHERDENKINGS 17 TOT 23 MAART 2013 DAT NAAM EN VAN ADRES 03/17 Theo en Celeste Gordon Hans Strijdomln 82(b) 03/22 Henkie en Mickey Gressel Krugerln 126 03/22 Willem en Drienie Scholtz Helderberg Ws 5 DOOPHERDENKINGS 17 TOT 23 MAART 2013 DAT NAAM VAN ADRES 18/03 Megan Fasching Hans Strijdomln 29 21/03 Ethan Erasmus Hans Strijdomln 192 KLUB IMMERGROEN U word hartlik uitgenooi na n praatjie oor gehoor deur n Oudioloog op WOENSDAG, 24 APRIL om 10:00 in die Gemeentesentrum. Almal is hartlik welkom. Meer besonderhede is beskikbaar by Rina van der Merwe (012) 940 9417 / 083 271 5608. Die koeksisterbakkery verskuif na Woensdag 17 April. 12