STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

Similar documents

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Pelgrimstog deur die Lewe

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Leef jy voluit? Waarna verlang jy? Wat motiveer jou? Smag jy. na God? Lees en oordink elkeen van die vrae. en stap saam oppad na n.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Jesaja sien die Toekoms

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Profetiese woord vir 2017 en verder

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Seisoen van die Gees

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Petrus en die Krag van Gebed

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die Kerk Kry Moeilikheid

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Petrus en die Krag van Gebed

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Josua - van jongs af n leier

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

God se Woord. God se Wil

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Besprekingsvrae vir selgroepe

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Die krag van. n vrou wat bid

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

GEBED VIR KERKLEIERS

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Dawid die Skaapwagter

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

LoveGodGreatly.com 1

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

DIE AA NDBOODSKA PPER

KRAG VAN TRANSFORMASIE

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

MEDITASIE N GIDS AJAHN SUCITTO

Transcription:

STADSRETREAT leef in Volkleur Hoë Definisie

Weergawe 1 ~ 1 ~

n Volkleur hoë definisie lewe Welkom by die eerste unieke Stadsretreat. Jy word uitgenooi om hierdie naweek te groei in die bewussyn van God by jou. Die Teenwoordige is altyd naby jou, maar ons is nie altyd ingestel op God se aanrakings nie. Soms voel dit asof mens in n wasige droom lewe. Die lewensstroom vloei so vinning by jou verby dat jy nie veel detail sien nie; selfs God voel ver en onwerklik. Alles lyk soos die ou TV-stelle met wasige swart-en-wit beeld. Ons kyk wel, maar sien nie regtig veel nie. Die geraas en sneeubeeld belemmer jou sig omdat dit ook nie presies op die regte frewensie ingestel is nie. Ons kuier byvoorbeeld met mense, maar luister nie regtig na hulle nie. Ons sien nie werklik hulle gesigte, uitdrukkings en wese nie, al kyk ons hulle in die oë. Iets vorm n tipe sluier wat keer dat ons werklik sien en werklik ervaar. Ons eet en proe nie regtig nie. Daar is verskillende sluiers wat ons sig belemmer: die warboel van gedagtes, bekommernis, ons eie ego, iets in die toekoms wat my ontvoer uit die hede, iets uit die verlede wat my daar wil hou, moegheid wat ons persepsie-vermoeë belemmer en vele ander redes. Om bewus te raak van jou eie sluiers is bevrydend! Jy word uitgenooi om hierdie naweek weer die lewe in Volkleur Hoë Defininisie te beleef. Dit vra dat ons ons ontvangers op die huidige moment instel om die geraas en sneeubeeld weg te kry tot die beeld duidelik en kleurvol is. Die gevolg is dat ons God in die hede ontmoet, in die gewone, sodat nou n nuwe ryker moment word. God saai uit, dis ons wat ons op die regte frekwensie moet instel. Jy gaan hierdie naweek oefen om met jou sintuie, gedagtes, emosies en intuïsie op die hede ingestel te leef en God te soek Mag dit n nuwe volkleur hoë definisie lewenswyse by jou kweek! Immanuel van Tonder, immanuel@vantonder.org.za ~ 2 ~

Fokus van die Stadsretreat: Om jou volle aandag te gee aan dit wat God in elke oomblik besig is om te doen Hoe gee ek aandag aan God in die huidige moment? Regdeur die naweek moet jy jouself deurtyd twee vrae vra: >>> 1 Waar is ek? >>> 2 Waar is God? 1 Waar is ek? Die gedagte is dat jy in die huidige moment sal arriveer. Bring jou sintuie, gedagtes en selfpersepsie terug na waar jy nou is. Sien wat jy sien, hoor wat jy hoor, proe wat jy proe, voel jy voel en ruik wat jy ruik. Dit klink eenvoudig, maar dit is eintlik van die moeilikste dinge om te doen. Veral om in tuis te bly in die nou. 2 Waar is God? Luister in die wydste sin van die woord, met onderskeidende aandag aan die Bron, geopenbaar in ons, bevestig deur ander en onderskeibaar in die lewe Verbintenis: Ek nooi jou uit om jou te verbind aan die intensie om jou volle aandag te gee in elke moment en oop te wees om deur God verras te word. Verbind jouself om net die twee vrae oor-en-oor te vra met luister-ryke openheid. ~ 3 ~

Program: Die Stadsretreat is n lekker vrye naweek waar jy die programleier is! Ja, jy vul jou ure met die dinge wat jy van plan was om te doen, maar met n nuwe ingesteldheid en ander bewus-syn. Jy word wel uitgenooi om ook n paar *oefeninge in bewus-syn te doen. Tydens die oefeninge kry jy geleentheid om jou luister na buite, binne en Bo te oefen. Fokus om ingestel te wees op die hede en die werk van God in die huidige moment. Onthou dat die gedagte nie is om jou naweek te vul met geestelike rituele nie, maar dat die gewone gebeure vir jou geestelike rituele word. Jou koppie koffie word as t ware n nagmaal, jou saamwees met mense word n omgeegroep, jou in die natuur wees, word jou heilige tyd in die boskatedraal en jou gedagtes word gebede. Kyk gerus na die video op www.nglynnwood.co.za by die Lewenskunsgroep waarin ek die program en stadsretreat verder belig. Vorm van die Luisteroefeninge* Luister na Buite By elke stilword geleentheid word jy gevra om net n oomblik te STOP en luister. Stop vir n oomblik jou beweging met die doel om te fokus en bewus te raak van wat om jou gebeur. Span jou sintuie in om so sensitief moontlik te wees. Luister na Binne Luister na binne: luister na jou eie lyf, gedagtes, emosies en wil. Doen dit sonder veroordeling met erkenning van wat jy ervaar: Raak bewus van jou lyf ( bodyscan ), spiere, pyn, styfheid Gedagtes wat roep om aandag of jou ontvoer As daar emosies opkom, erken hulle het gee hulle n naam Hoor jou wil: wat begeer jy, wil jy doen, droom jy? ~ 4 ~

Luister na Bo Vir ons oefening om God te hoor, gebruik ons die Bybel omdat die Gees ook die Bybel gebuik om met ons te praat. Ons hoor God se stem tussen die woorde van die Bybelskrywers. Dus oefen ons om God se stem te leer ken in die Bybeloordenkings. Dit stel ons ook meer instaat om sy fluisteringe deur die dag te herken. Raamwerk vir die Stadsretreat Die Stadsretreat bestaan uit luisteroefeninge en die naweek se normale aktiwiteite! Die belangrikste is dat jy by elke aktiwiteit van die naweek die 2 vrae vra: Waar is ek? & Waar is God? Onthou dat die dag self die eintlike retreat is! Die luisteroefeninge is om te oefen vir die lewe! Vrydag: Retreat begin! Maak n tyd wanneer jy jou stadsreteat wil begin. Dit kan selfs al Vrydagoggend wees, maar maak n spesifieke tyd wat jy begin. * STOP eers met alles en word rustig waar jou aandag nie afgetrek kan word nie. * Lees as inleiding bladsy 1-4 en bl 11-13. Vra jouself: Hoekom doen jy die stadsretreat? Verbind jou aan jou intensie soos jy dit uniek aanvoel. Skryf jou intensie en verwagtings hier: * Verwoord nou die intensie teenoor God en vra die Gees om jou te help om werklik te luister na buite, binne en Bo. * Vul nou jou aand met wat jy beplan het, vra heeltyd die 2 vrae. (NB Lees die riglyne hoe jy jou aand aanpak >>> bladsy 11-13) ~ 5 ~

Vrydagaand luisteroefening: (enige tyd, dalk voor jy gaan slaap) Bewussynsondersoek: Waar is God nou besig in my lewe? * Raak rustig op jou eie, gereed om te luister. * Wat hoor jy om jou? Naggeluide? Mense? Stilte? Voel die stoel/bed en jou klere teen jou lyf. * Hoe voel jou lyf en spiere? Begin by voete en scan deur jou lyf. Het jy erens pyn of styfheid. Voel jou lyf moeg of net gemaklik? * Vra nou dat die Here jou hand neem en saam met jou deur die afgelope dag/week/jaar loop en jou oë oop te maak vir jou eie lewe en God se teenwoordigheid in jou lewe. * Laat die ervarings van die dag/week/jaar na jou toe kom. Dit gaan nie oor volledigheid nie, maar oor dié wat uitstaan(soos bergtoppe), veral waar jy die sterkste gevoelens beleef het. (As jou gedagtes wegloop, bring dit sonder veroordeling rustig terug en oefen jou gedagtes om te bly fokus.) * Kies een ervaring waar jou gevoel sterk was of waar jy dalk weerstand ervaar om daaroor te dink. Die emosie wat jy gehad het, is soos n venster wat jou help om te sien wat binne-in jou aan die gang was. Probeer die patrone van jou binnewêreld verstaan, skil dit af soos n ui... Vra telkens wat lê dieper!? Noem dit op sy naam. * Lees: Kol 1:26 & 27: Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort. God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. * Oordink die teks met luisterende openheid. Wat sê dit vir jou? * Visualiseer die volgende keer wanneer jy in dieselfde situasie(s) beland wat jy vroeër oordink het en hoe die Here jou beweeg om te maak. * Kuier met die Here. Sê dankie vir waar jy bv n teken van God se teenwoordigheid vir ander was. Bely die dele van jou lewe waar dinge nie reg is nie. * Laat jou hart nou in vrede en stilte rus in God... Geniet sy liefdevolle teenwoordigheid sonder woorde. Wees net by God. As jy wil, skryf iets oor jou ervaring: ~ 6 ~

Saterdag: Begin jou dag met n luisteroefening om jou intensie vir die dag te bevestig naamlik dat jy teenwoordig gaan wees waar jy is en oop sal wees vir God se teenwoordigheid. Saterdagoggend Luisteroefening * Raak rustig op jou eie, gereed om te luister. ( n warm wintersonnetjie is goeie plek!) * Watter boodskappe dra jou sintuie aan jou oor? (Sien? Voel? Hoor? Proe? Ruik?) * Luister of daar iets in jou is wat roep om aandag: Gedagtes wat oor en oor opkom, emosie, wil? * Lees en oordink: PS 19: 5 (Die Boodskap) Daar is nie n millimeter van die hemel of die aarde wat nie vertel hoe groot God is nie. Alles wat Hy gemaak het, ja alles, tot by die verste plekke wat ons kan sien, is vol van sy eer * Rus nou net in God se teenwoordigheid >>> Vul nou jou dag met wat jy beplan het, vra telkens die 2 vrae. Waar is ek? Waar is God? (Kyk na bl 11-13) ~ 7 ~

Saterdag Luisteroefening 2 : (Saterdagmiddag of aand) (Lectio Divina, Heilige Lees/ Sacred Reading) Sedert +- 500 nc is dié lees ontwikkel deur die monikke van Benedictus....the monks had little patience for solitaries, hermits and others who removed themselves from community - for the Rule of Benedict had to be lived out in community! Doel van Lectio Divina is om uiting te gee aan jou intensie om oop te wees vir en oor te gee aan God. Die teks help jou om op God te fokus met die vraag: Waar is God nou besig met my? Lectio Divina is nie n metode nie - eerder vrye vorm. Die vier fasette is nie stappe nie. Dis eerder soos n spiraal waarvan dele mekaar in enige volgorde afwissel. Na die tyd van stilte kan jy dalk weer die teks lees en oordink. Lectio (LEES) Gaan na n plekkie waar jy rustig en ongestoord kan wees. Kies enige kort gedeelte wat jy voel met jou praat of waarmee jy besig is. Hier is n paar opsies: Eseg 36:25-27, Ps 56:2-5; Mark 5:41, Joh 5:30, 2 Kor 12:9, Ps 23, Ps 119, Ps 139. The Message - Bybelvertaling kan ook goed werk vir dié doel. Lees die gedeelte baie stadig, herhaaldelik en selfs hardop as jy wil. Micheal Casy noem dit aktiewe lees. Koester wat jy lees en laat die teks assosiasies ontspring. Dit is dus nie vinnige lees soos koerant of epos nie. Wees sensitief vir watter woorde en grepe uit die teks jou aanraak, en bly daarby. Meditatio (meditasie/oordenking) Dink jou in dat jy aan die Here se voete sit en elke woord indrink en oordink. Watter dieper betekenisse hoor jy? Indien jou gedagtes dwaal...let op waarheen dit gegaan het. Erken dit en nooi jou fokus terug na die woord of teks. ~ 8 ~

Raak bewus van watter emosies die teks by jou losmaak: dit kan emosies van vreugde, hartseer, nabyheid of afstand vervulling of dors wees. Erken die emosies en oordink dit rustig in God se teenwoordigheid. Oratio (gebed) Hierdie gebed is spesifiek vir ver- lig -ting van die teks deur die Gees. Gesels met die Here oor die gedagtes, emosies en assosiasies wat by jou opgekom het. Contemplatio (stille aandag/kontemplasie) Hierdie stilte is nie net om nie te praat en jou gedagtes rustig te maak nie. Dit gaan oor n stilte anderkant woorde, rede en emosies. Hier is die fokus op wees ipv doen! Dis n stil teen-woord-ig wees. Net terugsak in God se teenwoordigheid soos iemand wat agteroor ontspan in n warm bad. Die Water omvou jou hele wese. Jy word selfs deur God deurdring soos n spons wat water insuig tot in sy droogste dele. Die bewussyn van die intense teenwoordigheid van God kan enkele sekondes wees tot heelwat langer. Hierdie ervaring van eenheid met God is iets besonders maar is tog ook meestal elke dag anders as die vorige. Hierdie omarming deur God is n groot genade. Skryf die hooflyne van jou luisterervaring hier: ~ 9 ~

Sondag Die oggenddiens prediking fokus daarop dat die erkenning van ons broosheid en swakhede aan God besondere geleentheid bied om ons te vul en verryk. Probeer om die eredienservaring nie net op kognitiewe vlak te benader nie. Vra steeds: Waar is ek? (sintuie en na binne luister) en steeds Waar is God? Dalk kan jy vroeg kom en God in die stilte ontmoet. Moenie dat die Sondagmiddagete soos n swart en wit TV beleef word nie. Onthou die twee vrae! Lees die uitnoding op bladsy 11 oor etenstyd. Sondagmiddag retreat afsluiting Maak n lekker koppie koffie of tee, en gaan sit waar jy lekker kan ontspan en dink. * Dink na oor jou naweek. Wat was die effek daarvan as jy met n oop bewussyn van die 2 vrae geleef het? En die kere wat jy daarvan vergeet het? Het jy die verskil beleef tussen n kleurlose lae definisie lewensstyl en n volkleur hoë definisie lewe? * Skryf n gedig of sommer net jou ervaring op ons gemeente se webblad by Lewenskuns iets oor jou ervaring van die naweek. www.nglynnwood.co.za gaan na die groep Lewenskuns. Wat sal jy uit die retreat in jou lewe wil indra? Dink prakties. * Praat met God daaroor * Rus net in God se teenwoordigheid. Wees net met die Here sonder woorde. ~ 10 ~

Riglyne vir n Hoë Definisie Volkleur Lewenswyse In hierdie deel gee ek net n paar kort aanbevelings om jou te help om die rykdom in elke oomblik te ontgin. Ek gee telkens die aksie en n paar voorstelle hoe jy dit kan benader. Kosmaak: As jy kosmaak vra: Waar is ek? Besef waarmee jy besig is. Kyk noukeurig na die groente en ander kos. Let op die detail. Hoor die klanke wat gepaard gaan met kosmaak. Voel die kos in jou hande en raak bewus van elke unieke geur. Besef die heilige werk waarmee jy besig is. Raak bewus van God se teenwoordigheid en die voorreg van wat jy doen. Etenstyd: Hierdie tye is besonder ryk. Dis hoekom baie reteats in stilte eet. Maar as jy rustig en met aandag eet kan dit n diep ervaring van die hede en God wees. Luister na die klanke van die eetgerei, na elke geluid en gesprek. Probeer jou indink hoe jy dit alles in volkleur beleef. Proe elke happie met keurige sensitiwiteit vir smake en geure. Kou stadig en laat die kos jou voed. Ervaar hoe God jou daaglikse brood gee en by jou is. Besef dat die Here jou siel ook daagliks voed. Laat die kos n nagmaal wees waarin jy die eenheid met God en mense in dankbaarheid beleef. Sit net in die son: In wintermaande is dit n besonder seën om net in die son te sit. Maak baie van die vraag waar is jy? Span jou sintuie in. Voel die son op jou, en ervaar God wat jou wese verwarm. Sit sonder woorde net in die Lig. Natuur: Maak tyd vir n stappie deur die buurt of Botaniese tuin. Drink elke kleur en grein van plante in. Sien hoe lig en skadu op plante speel. Let op die boodskap van die voëls en selfs troeteldiere. ~ 11 ~

Maak jouself oop om te hoor of God iets uit die natuur op spesiale manier gebruik om jou aan te raak. Kofffiewinkelkuier: Dis nou n plek vir volkleur hoë definisie lewe! n Gedeelte van hierdie gids het ek in n koffiewinkel geskryf. Ek het spesifiek gefokus om my sintuie te oefen wat daartoe gelei het dat ek op daardie stadium klanke glashelder kon hoor. Die klank van skuim deur die koffiemasjien en mense wat kuier het my gevul. Die geur van koffie en koek lok mens nader. God is hier verrassend teenwoordig! Werk: As jy dalk moet werk die naweek; besef net weer waar jy is en waarmee jy besig is. Die vraag Waar is God? maak n ingrypende verskil! Laat die kreatiweit en krag van die Gees jou vir jou werk inspireer. Besef dat wat jy nou doen koninkrykswerk is! Doen dit in die bewussyn van God by jou. Tuinwerk: Hierdie vorm van besig wees is deur die eeue al gebruik as geestelike oefening! Doen dit met bewussyn van waar jy is en waar God besig is. Sien die lewegewende krag van God deur groei. Sport: Om sport met n ander bewussyn te kyk of doen kan diep verrykend wees. Let op die boodskap wat soveel sportsterre oordra met teogewyde oefening en voorbeelde waar passie en vaardighede mekaar ontmoet. Oefen jou fokus en bewussyn van God. Kunste: Stap deur jou huis en oordink elke kunswerk. Geniet musiek of filmkuns. n Oop bewussyn hier bied n geleentheid dat God jou in kuns ontmoet. ~ 12 ~

Slaap: Slaap het n groot stuk misterie. Jy gee jou oor daaraan. Ontmoet jouself en God in die misterie van slaap en in jou drome. Bad/stort: Elke bad/stort kan n diep godsdienstige ervaring wees van afwassing en intense teenwoordigheid van God. Dienswerk: Vra met oop bewussyn of daar iemand is wat ondersteuning nodig het. Dalk kan jy gaan kuier of dalk net n sms stuur. Raak bewus van die behoeftes en vra God om jou te gebruik. Waar is God? Kreatiewe werk: Dig, skryf, skilder, vorm, bou. Daar is baie geestelike seën in besig wees met kreatiewe skeppings. Dit bring die regterbrein in beweging wat meestal onderbenut is. Probeer om nie net kognitief te skep nie, maar met jou emosies en intuïsie. My seënwens vir jou: Die Here is voor jou om die pad vir jou gelyk te maak Die Here is langs jou om jou in sy arms toe te vou Die Here is agter jou om die aanvalle van die vyand af te slaan Die Here is onder jou om jou te dra as jou mag val Die Here is rondom jou om jou te beskerm Die Here is bokant jou om jou te seën; Die Here is binne jou om jou te lei na sy wil; So seën die drie-enige God jou, van nou af tot in ewigheid! AMEN ~ 13 ~

~ 14 ~

~ 15 ~