REDAKSIONEEL ALGEMENE SINODENUUS NUUS UIT DIE SINODE

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Kerk Kry Moeilikheid

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Petrus en die Krag van Gebed

Die Anglo-Boereoorlog *

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Petrus en die Krag van Gebed

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Jaargang 16 - Uitgawe 2 26 Januarie 2018 REDAKSIONEEL

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

God se Woord. God se Wil

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Empathy Ouerhandleiding

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

ALGEMENE SINODE NUUS IVM PRAAG 1 APRIL-GRAP:

Jaar 11 - Uitgawe 19 Kontak ons:

Profetiese woord vir 2017 en verder

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

nuus van ons gemeentes

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jaar 13 - Uitgawe 28 Kontak ons: 11 September GEMEENTES BIED AAN:

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Jaar 13 - Uitgawe 3 Kontak ons: 13 Februarie 2015

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

LYDENSTYD (3de SONDAG) DIE WET

Seisoen van die Gees

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

DIE AA NDBOODSKA PPER

Josua - van jongs af n leier

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

BYBELS-GESONDE GESINNE

Die plek van jou tent

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

REDAKSIONEEL NUUS VANUIT DIE SINODE

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

KRAG VAN TRANSFORMASIE

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Waar vind ek n genadige God?

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Volume 3 van 2016 September 2016

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Transcription:

Jaargang 16 - Uitgawe 28 14 September 2018 REDAKSIONEEL NB! Lesers moet asseblief kennis neem dat die e-pos adres, ngkerkinfo@gmail.com, waarvandaan Vrypos, sowel as alle ander massa-kommunikasie voorheen versend is, nie meer in werking is nie, moet dus geen e-posse daarheen stuur nie, gebruik slegs die adres, kerkinfo@ngkvs.co.za In hierdie uitgawe, val die klem op die volgende: Die besoek van lede van die NG Kerk Vrystaat aan Zambië, die ASM se gesprek met Agri SA, asook die VBO-Week wat onlangs plaasgevind het. Daar is egter ander nuusgebeure ook, neem asseblief daarvan kennis. Tot volgende keer n Gedagte vir die week: Ons is tans in n seisoen van nuwe lewe, oral begin die skepping op sy unieke manier te ontwaak - dit laat my net weer besef dat geen mensehand dit kan nadoen nie, slegs God is daarvoor verantwoordelik! Kyk gerus hier na n besondere YouTube-video oor die grootse skepping... geniet dit! ALGEMENE SINODENUUS Datum vir Algemene Sinode 2019 bekend: Tydens die vergadering van die Algemene Sinode Moderamen (ASM), wat die afgelope week plaasgevind het, is die datum vir volgende jaar se sinodesitting bekend gemaak. Dit sal vanaf 7 tot 11 Oktober in Benoni plaasvind. Gemeentes kan gerus terwille van hulle 2019-kalenderbeplanning, hiervan kennis neem. Besoek aan Zambië: Lede van die Moderamen en Vennote in Getuienis het Zambië die week van 27 tot 31 Augustus, besoek. Die Reformed Church in Zambia (RCZ), het ons uitgenooi om hulle Prof Edwin Zulu (Moderator) en ds Moses Mwale (o/voorsitter) NUUS UIT DIE SINODE VISIONERING Sinodesitting by te woon. Die Sinodesitting het by Katete plaasgevind en is voorafgegaan deur n daglange konferensie, waartydens predikante en evangeliste bymekaargekom het om oor uitdagings in die bediening te praat. Tydens hierdie gesprek het dr Gideon van der Watt die verhaal vertel van hoe die werk in Zambië ontstaan het en die wyse waarop die kerk tot onafhanklikheid gegroei het. Die kerk het oor n tydperk van 120 jaar gegroei tot amper n miljoen lidmate en dit is ook die rede vir die grootste uitdaging waarvoor die kerk in Zambië te staan kom. Hulle groei so vinnig dat hulle sukkel om aan die lidmate te verduidelik wat die inhoud van die Gereformeerde leer is. Dit bring mee dat lidmate beïnvloed word deur voorspoedsteologie en dat dit al hoe meer deel van lidmate se verstaan van die Christelike geloof word. Tydens die konferensie is

besluit om daadwerklik n poging aan te wend om met lidmate in gesprek te tree oor die betekenis en inhoud van die Gereformeerde geloof. Die tema van die Sinode was om oor die kerk se mandaat volgens Matteus 28:19, na te dink. Daar is werklik n passie om dissipels van mense wat nog nie in n verhouding met Christus is nie, te maak. Hulle uitgangspunt is dat hulle nie belangstel in herwinde Christene nie, want dan het het hulle nog nie iemand uit die heidendom tot bekering gebring nie. Dit was verfrissend om by n Sinodesitting te kon wees waar n kerk oor haar kernroeping en opdrag nadink en nie aan die stry is oor kontensieuse punte nie! Dit gaan goed met die kerk in Zambië en soos altyd is daar groot waardering vir die vennootskap met die (Berig - dr Carin van Schalkwyk) NG Kerk Vrystaat. Dr Carin van Schalkwyk het namens die Moderamen n groeteboodskap oorgedra. Sy, asook ds Fanie Spamer en dr Gideon van der Watt, het namens die NG Kerk Vrystaat dié vergadering bygewoon. Besoek gerus ook die Facebook-blad van die NG Kerk Vrystaat vir n video wat n goeie blik bied op die besoek aan Zambië. Hulle het ook onder andere by die graf van ds Johannie Cronjé aangedoen en die leefstyl van die Zambiane ervaar. Algemene Sinode Moderamenvergadering - n Gesprek met Agri SA: Die ASM se vergadering het die afgelope week plaasgevind en tydens dié geleentheid het Agri SA se dr Christo van Rheede die lede van die ASM toegespreek. Hy het aan die ASM n oorsig gebied oor die wyse waarop Agri SA tans betrokke is by die grondhervorminggesprek met die regering. Hy het die volgende sake van belang wat in ag geneem moet word in die gesprek met die Staat, uitgelig: Daar wag n bevolkingsontploffing in Suid-Afrika oor die volgende 20 jaar. Dit gaan meebring dat kommersiële boere van groot belang word om voedselsekuriteit te verseker. Kleinboere en bestaansboere gaan nie in hierdie nood kan voorsien nie. Daar is ongeveer 7000 megaboere wat meer as 80% van die land se voedsel produseer. Die tendens in die boerderygemeenskap is dat megaboere al meer in die toekoms vir kosproduksie verantwoordelik gaan wees. Die migrasiepatrone in Suid-Afrika dui duidelik daarop dat mense vanaf landelike areas na stedelike areas beweeg. Wat interessant is aan die migrasiepatrone, is dat die persone wat van die platteland na die stede migreer, mense is wat toegang het tot grond waar bestaansboerdery reeds gevestig is. Dit is duidelik dat hierdie tipe boerdery dus nie genoegsaam is om hongersnood en armoede (Berig - dr Carin van Schalkwyk) teen te werk nie, daarom migreer mense na die stede. Dit gaan van kardinale belang wees om grond rondom stede al meer vir behuising beskikbaar te maak, sodat mense n huis van hul eie kan hê. Agri SA het dit ook duidelik gestel dat grondhervorming by die beskikbaarstelling van grond wat in die Staat se besit is, moet begin. Daar is ook verhale vertel van hoe boere reeds betrokke is by die bemagtiging van swart opkomende boere en hóé hulle gehelp word deur kommersiële landbou om toegang tot lenings te kry, sodat hulle hul boerderye kan uitbrei en al meer deel kan word van kommersiële landbou. Agri SA het ook hulle dank uitgespreek teenoor die lidmate van die NG Kerk wat betrokke is by die ontwikkeling van opkomende swart boere en wat help om hulle in kommersiële landbou te vestig. Die ASM het haar dank uitgespreek teenoor Agri SA vir die werk wat gedoen word namens die landboubedryf. Daar is ook voorbidding gedoen vir die werksaamhede van Agri SA.

BEDIENINGSBEGELEIDING VBO-Week 2019: Na baie beplanning en groot afwagting, het hierdie geleentheid verlede week by die NG Woodland Hills Gemeenskapskerk in Bloemfontein plaasgevind. Dit is bygewoon deur ongeveer 60+ mense wat bestaan het uit leraars van die Vrystaat, Noord-Kaap, Oos-Kaap, sowel as n paar uit die Wes-Kaap, asook personeel van die Sinodale Kantoor en ENGO. Bybel-Media en Christelike Lektuurfonds was verantwoordelik vir die uitstallings, die hoofborg was Momentum Konsultante en Aktuarisse, hulle het ook n baie interessante aanbieding oor aftredebeplanning gehad. Neels Jackson van Kerkbode was die mediaverteenwoordiger. Die tema van die VBO-Week was, Uitroep tot God...! en ons was bevoorreg om te kon luister na uiters welsprekende persone wat hierdie tema geneem en dit onderskeidelik met hul eie perspektief daarvan, opgebreek het. Dag een het die Sondagaand afgeskop met n kersligdiens van Woord en Gebed (Taizé) en met die tema, Kom tot rus by God... deur ds Jan Lubbe, kon ons voor die Here stilword en luister na die profeet Miga (1 Kon 22...) se hulpgeroep tot God... hy was ook moedeloos met die dinge wat in sy land aan die gebeur was, net soos wat ons huidiglik oor die toestand en gebeure in Suid-Afrika voel. Dag twee: Dr Fanie Cronjé was die 1ste spreker van die dag en het die dagwyding uit Miga 6 hanteer en daarna die tema, Wat maak ons moeg en moedeloos?, uit Miga 7 aangespreek. Hierna was prof Marius Nel aan die woord met die tema, Bybelse Klag. Prof Jan-Albert van den Berg was in die namiddag die fasiliteerder by n groepsgesprek oor hierdie onderwerpe en die indruk wat gelaat is, is dat dit eintlik glad nie goed gaan met leraars in die bediening nie. Dag drie: Die tema was, Gesoek... n roetekaart! en dan die vraag, Kan daar iets goeds uit die NG Kerk kom? Ds Fanie Spamer het die dagwyding uit Spreuke 17:22 (met die vraag, is ons werklik gelukkig?), waargeneem. Daarna het dr Johan van der Merwe sy perspektief oor of daar iets goeds uit die NGK kan kom, gedeel. Dr Nadia Marais was die volgende spreker en haar onderwerp was, Op die foutlyn - Teologiese Strominge in die NG Kerk. Dr Johan Nel was die fasiliteerder tydens die groepsgesprekke oor beide onderwerpe. Dag vier: Die laaste dag met die tema, Fokus bring nuwe energie..., is ingelei deur ds Anton Meiring met n boodskap uit Ps 46 (geloofs- of vertrouenslied). Daarna was ds Nelis Janse van Rensburg aan die woord en sy aanbieding het oor Missionale Kerkwees gehandel. Dr Pieter van Jaarsveld het die verrigtinge afgesluit met sy aanbieding oor die NG Kerk Vrystaat, vandag en môre..., met n oorsig oor hóé die Vrystaatse Kerk tans daar uitsien. Vir n volledige bylaag met webskakels na elke spreker se aanbieding, asook terugvoer vanaf n paar persone oor hulle interpretasie van die onderskeie onderwerpe, sowel as algemene terugvoer oor die VBO-geleentheid, klik gerus hier. ONDERSTEUNING Gelukwense: Die Sinodale kantoor het nog n baba ryker geword! Sanet Annandale, ons ontvangsdame en haar man Thomas, het op Maandag 10 September 2018, die trotse ouers van klein TJ geword. Veels geluk aan die nuwe ouers, mag die kleinding vir julle baie vreugde en geluk verskaf... BEDIENING: BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO) Gesinsorg Kroonstad: Engo Gesinsorg Kroonstad het as deel van Vrouemaand in Augustus, sanitêre produkte ingesamel. Hierdie produkte gaan aan minderbevoorregte dogters by skole voorsien word.

David s Place Child and Youth Care Centre: Maluti Motors Fresh Stop in Ficksburg, took the initiative of presenting a Golf day for the children in David s Place. The timing could not have been better as the centre was going through a period of financial challenges. To each community member who took hands with Douglas and Pieter, to turn the Golf day into a reality and a huge success, we would like to say thank you. Not only was an amount of R15 000 raised at the Golf day, but Maluti Motors also contributed funds for stationary and cleared an outstanding petrol account. At the prize giving each child received a hamper, just an extra touch to make the children feel that they are cared for and loved. The management and children of David s Place are grateful for the enormous contribution and the love and care which was received during the Golf day. Polisielede lewer praatjie by Silwerbron Sentrum vir Bejaardes, Wesselsbron: Op 11 September 2018 het die plaaslike polisie, sersant Bernadette Prinsloo en konstabel Juan Combrink die inwoners en buitelede besoek en 'n praatjie oor veiligheid gelewer. Konstabel Combrink het die inwoners aangeraai om eerder nie aan die begin, middel en die einde van 'n maand dorp toe te gaan nie, dit is wanneer die dorp op sy besigste is en ook nie veilig is nie. Hy het ook verdere wenke gegee oor hoe die bejaardes hulle veiligheid kan verbeter wanneer hulle wel dorp toe gaan. Baie dankie aan die polisie wat ons bejaardes veilig hou! Voor vlnr: Rebekka Hurter, Ria Niemand, Annette Reed en Bill Reed Middel lnr: Pieter Niemand, Paul Nieuwoudt, Susan Nel, Leonie Greeff, Connie Fourie, Lina Markram, Nicolene Bezuidenhout en sersant Bernadette Prinsloo Agter lnr: Gert Nel, Laverna Coetzee, Monika van Zyl, konstabel Juan Combrink, Annemarie de Wet en Hans Terblanche Besoek gerus ook ENGO se webblad by www.engo.co.za, of die Facebook-blad, vir meer inligting oor al hulle werksaamhede NUUS VANAF FAKT TEOLOGIE & RELIGIE Verryk jou bediening: Die Fakulteit Teologie en Religie bied verskeie nagraadse programme aan waardeur persone hul kennis in Teologie kan verdiep en hul bedieningsvaardighede kan verryk. Beperkte nagraadse beurse is ook beskikbaar, klik hier vir volledige besonderhede - die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 September 2018. TEOLOGIESE NADENKE Die NG Kerk Vrystaat vandag en môre Tydens die afgelope jaar het die leierskap van die NG Kerk Vrystaat hulle daartoe verbind om te luister na wat in die Vrystaat aan die gebeur is en wat in gemeentes afspeel. Dit het gebeur tydens Moderamenvergaderings waaraan afgevaardigdes van Ringe, deelgeneem het, dit het gebeur aan die hand van vraelyste wat na gemeentes en Ringe gestuur is en dit het gebeur by n twee-daagse retreate van Ringskommissies. Dr Pieter van Jaarsveld het tydens die afgelope VBO-Week in sy

aanbieding, kortliks saamgevat wat die leierskap gehoor het en wáár die kerk in die Vrystaat haar tans bevind. Klik hier vir n teologiese refleksie oor wat die leierskap gehoor het Leraars en gemeentes kan gerus hierdie inligting aan hulle lidmate bekendmaak. KURSUSSE / WERKSWINKELS / KONFERENSIES Lentekonferensie 2018 - Uitnodiging: Die jaarlikse Lentekonferensie word vanaf 18 tot 20 September 2018 gehou met die tema, Die toekoms waarvoor ons bid en werk. Vanjaar word die brosjure nie soos in die verlede per landpos aan predikante gestuur nie, maar slegs elektronies. Besoek gerus Excelsus se webblad hier, die brosjure met die program is hier beskikbaar. Inskrywings kan ook elektronies vanaf die webblad gedoen word, klik hier. Klik hier vir herhalings van kursusse, ensovoorts, wat reeds in n vorige Vrypos verskyn het: Shepherd VBO-Werkswinkel met Lourens Bosman: Bediening en geestelike leierskap - 22 & 23 Oktober Brugbedieningskursus in Pretoria - 5 tot 8 November Excelsus Kursus om as Spirituele begeleier opgelei te word in Pretoria/Rustenburg - 17 Februarie 2018, aansoeke sluit 30 September GEMEENTENUUS NG Heuwelkruin: Maak jou Handrem los NG Springfontein vier n 100-Jaar!:

NG Heuwelsig se Lente Piekniek en Makiti-pretpark: NG Berg en Dal Kermis, wedloop en pretstap: Kermis vind op Vrydag 14 September 2018 vanaf 15:00 plaas Kom geniet lekker braaivleis, boereworsrolletjies, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, koffie en koek in hulle Koffiehuis. Daar is weer beskuit, kleinkoekies en terte te koop om huistoe te neem. Kom kyk na die altyd gewilde boeketafel en n snuffeltafel met alles en nog wat - dalk nét wat jy lankal soek vir jou agterstoep! Daar is glybane, springkastele en speletjies vir klein en groot en die Boeremusiekorkes van Grey Kollege sal ook by dié geleentheid optree. Om 18:00 spr ing die uitdagende 10 km en prettige 5 km padwedlope weg (vind al die inligting hier). Kom kuier gerus en geniet al die lekkertes saam met hulle... NG Hugenoot bied aan: NG Soutpan se gemeentebasaar en die Saltitrack MTB Race: Soutpan se jaarlikse basaar en die gewilde Saltitrackbergfietswedren word vanjaar weer saam aangebied op Saterdag 6 Oktober 2018 op die kerkterrein. Kom beleef die platteland soos jy dit nog nooit voorheen beleef het nie. Die kerkbasaar bied jou alles van pannekoeke tot basaarpoeding. Die bergfietswedren bied jou 'n unieke blik op Soutpan en sy omgewing - kom neem deel aan n 21km, n 38km, of n 72km. Daar is lekker pryse om te wen - dalk stap jy weg met 'n plaasvleisgeskenkpak. Alle inligting is op die advertensiebiljet regs, klik daarop vir n groter weergawe. Jy wil dit nie misloop nie! Klik ook hier vir herhalings van geleenthede wat reeds in n vorige Vrypos verskyn het: NG Gardeniapark: Hengelkompetisie - 20 Oktober (slegs 100 kaartjies beskikbaar); en n aanbieding oor Hoop na Verlies - Miskraam, stilgeboorte en verlies van n kind - 27 Oktober Gemeentes/lidmate neem ook asseblief kennis van die datum vir #imagine 2019 wat bekend gemaak is - vanaf 29 tot 31 Maart (hou Vrypos dop vir meer inligting op n latere stadium).

NUUSBRIEWE EN PUBLIKASIES CLF NUUS: Hierdie week word twee nuwe publikasies wat as wonderlike toerusting vir kerkleiers en lidmate rakende die kerk kan dien, bekend gestel: Kaleidoskoop van kerke - wat kerke glo en doen deur Pieter Verster: Dit is n lekkerlees-boek vol wetenswaardighede oor die verskillende Christelike kerke in Suid-Afrika. Dit dwing ons om na te dink waaroor dit in n kerk behoort te gaan: oor Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, Lig uit Lig, waaragtige God, wat ons uit genade red, aan ons geloof skenk, ons tot sy kerk versamel en deur sy Woord en Gees regeer. Hierdie boek is bedoel vir elkeen, veral ook lidmate, wat wonder oor die kerk. Wat is die verskil tussen kerke wat groei en kerke wat sterf? deur Braam Hanekom: Die vraag na die toekoms van die kerk word tans hewig gedebatteer. Sommige wil dit hê dat die einde van die gevestigde en geïnstitusionaliseerde kerk in sig is. Ander wys op die fassinerende groei wat wel in kerke plaasvind. Braam Hanekom kyk in hierdie boek eerlik na die feit dat sommige kerke tans groei en ander sterf. Eerlike en soms konfronterende vrae word gevra oor wat die verskil tussen hierdie kerke sou wees. Braam laat die fokus helder en duidelik val op Christus as die fondament waarop alle volhoubaar groeiende kerke staan, maar kyk ook na die belangrike lesse wat die bedieningspraktyk ons die afgelope jaar geleer het. Dit bevat egter ook verrassende insigte uit die wetenskap van organisasiebestuur waarby die kerk beslis kan baat. Dié boek wil graag in gesprek tree met diegene wat ernstig is oor die toekoms van die kerk. Hierdie boeke is aanlyn beskikbaar by CLF (klik op omslae), skakel 021 873 6964, of stuur ʼn e-pos na order@clf.co.za Nuusbrief 14/2018: In hierdie uitgawe word gefokus op Kerkbode van 7 September 2018, LiG-Tydskrif se Oktober-uitgawe, asook twee Bybelkor-Publikasies, My Doopboek en Geloofspeelboek, beide deur Nico en Aletta Simpson - lees volledige nuusbrief hier. Klik ook hier vir n brief deur Strydom Bruwer, BM se ontwikkelingsbestuurder, wat gedurende Augustus vir alle leraars gestuur is. Hierin is ook meer inligting oor die hulpmiddels wat BM beskikbaar het. PREDIKANTENUUS AFLOSLERAARS: Klik hier vir n lys van leraars/proponente wat beskikbaar is om in gemeentes af te los, of vir preekbeurte. VAKATURES DOSENT IN TEOLOGIE, JUSTO MWALE UNIVERSITEIT - LUSAKA, ZAMBIË: Geskikte kandidate word uitgenooi om aansoek te doen vir hierdie kontraktuele pos, vind al die besonderhede hier. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 15 Oktober 2018. LERAAR (VOLTYDS) - NG KROONSTAD-NOORD: Hierdie gemeente is tans vakant en aansoeke word nou ingewag - klik hier vir meer besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 5 Oktober 2018, diensaanvaarding is onderhandelbaar. VOLTYDSE GEKOMBINEERDE LERAARSPOS - NG GEMEENTES THEUNISSEN EN THEUNISSEN-WES: Beide hierdie gemeentes se poste het gelyktydig vakant geraak en nadat n

kombineringsooreenkoms tussen die gemeentes onderteken is, is besluit om slegs vir een pos te adverteer. Belangstellendes kan hier klik vir al die inligting. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Sondag 7 Oktober 2018. LERAAR (VOLTYDS) - NG PETRUSBURG: Aansoeke vir hierdie vakante pos word tans ingewag - klik hier vir al die besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 19 Oktober 2018, met diensaanvaarding so spoedig moontlik volgens ooreenkoms. LERAAR VASTE TERMYN (2Jr KONTRAK) - NG SMITHFIELD: Hierdie pos is tans vakant en aansoeke word deur die kerkraad ingewag. Gelegitimeerdes jonger as 35 jaar, asook finalejaar teologiese studente is welkom om aansoek te doen, klik hier vir meer inligting. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 2 November 2018, met diensaanvaarding vanaf 1 Desember 2018. LERAAR (VOLTYDS) - NG ZASTRON: Die huidige leraar tree aan die begin van 2019 af en belangstellendes word genooi om intussen vir hierdie pos aansoek te doen. Gelegitimeerdes jonger as 35 jaar, asook finalejaar teologiese studente is welkom om aansoek te doen, klik hier vir al die besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 9 November 2018, met indiensneming vanaf 1 Maart 2018, of soos onderling gereël. TERREINOPSIGTER - FLORADALE HAVEN-KAMPTERREIN, BLOEMFONTEIN: Die Reformed Initiative for Community Development, benodig n selfversorgende persoon wat die nodige toesig kan uitoefen en kleiner onderhoudswerk by die Floradale Haven-Kampterrein in Bloemfontein, kan verrig. Kandidate moet oor eie vervoer beskik. Voordele: Gratis verblyf (drieslaapkamerhuis) op die terrein, met gratis water en n selfoon- en petroltoelaag wat onderhandelbaar is (LW - Geen salaris betaalbaar). CV s en aansoeke moet die kantoor teen Vrydag 14 September 2018 bereik - stuur per e-pos aan missie@ngkvs.co.za, of per faks na 086 775 0975 (aandag dr Gideon), of lewer per hand af by die NG Kerk Vrystaat, Sinodale Sentrum, Van Heerdenweg 20 te Wilgehof in Bloemfontein. Indien daar enige navrae is, skakel Karisma du Pisanie by 051 406 6700 (k/u Ma-Vry 08:00-16:00). Die suksesvolle kandidate sal so spoedig moontlik ná 14 September 2018 genooi word vir n onderhoud, met diensaanvaarding onderhandelbaar. Die bestuur verbind hom geensins daartoe om een van die kandidate wat aansoek gedoen het, aan te stel nie en behou hom die reg voor om die vakature weer te adverteer. ORRELIS - NG GARDENIAPARK, BLOEMFONTEIN: Aansoeke word tans ingewag vir hierdie pos, met die volgende verantwoordelikhede: Verantwoordelik vir die sang en musiek binne gemeenteverband. Kreatiewe uitbou van musiek en sang in die gemeente. Gemeentebegeleiding met pyporrel en klavier en die organisasie van spesiale geleenthede, byvoorbeeld kerssangdienste. Die volledige pos- en taakbeskrywing sal tydens die onderhoud met kortlys-kandidate bespreek word. Die riglyne van die SA Kerkorrelvereniging sal dien om die geskikte kandidaat se salaris te bepaal, asook vir gesprekvoering tydens die onderhoud. Aansoeke/navrae kan aan Mariska Nel by 072 837 6242, of per e-pos aan ngkgardenia@telkomsa.net gerig word. Belangstellendes se aansoeke moet hulle so spoedig moontlik bereik. ORRELIS - NG HOSPITAALPARK, BLOEMFONTEIN: Aansoeke word ingewag vir die pos van orrelis met die volgende verantwoordelikhede: Begeleiding tydens oggend- en aanddienste, met voorafsang, asook spesiale dienste. Die orrelis is ook verantwoordelik vir die afrig van die gemeentekoor vir optredes in die gemeente. Die riglyne van die SA Kerkorrelvereniging sal dien om die geskikte kandidaat se salaris te bepaal. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Saterdag 15 September 2018. Aansoeke/navrae kan aan ds Graig Salzmann by 082 828 1659, e-pos craigasalzmann@gmail.com, of aan ds George Whitehead by 082 303 4098, e-pos george@iwire.co.za, gerig word. ORRELIS - NG TROMPSBURG (SUID-VRYSTAAT): Aansoeke word tans ingewag vir hierdie pos, met die volgende verantwoordelikhede:

Verantwoordelik vir die sang en musiek binne gemeenteverband. Kreatiewe uitbou van musiek en sang in die gemeente. Die volledige pos- en taakbeskrywing sal tydens die onderhoud met kortlys-kandidate bespreek word. Die gekose kandidaat moet oor die volgende vaardighede en ondervinding beskik: Gemeentebegeleiding met pyporrel en klavier. Begeleiding van sang en musiek, nie net by eredienste nie, maar ook by spesiale geleenthede. Aansoeke en navrae kan aan die Kerkkantoor by ngktpg@rmsnet.co.za gerig word - die sluitingsdatum vir aansoeke is Saterdag 15 September 2018. KOSTER EN FAKTOTUM - NG UNIVERSITAS-WES GEMEENSKAPSENTRUM: Hierdie vakature ontstaan vanaf 1 Oktober 2018 en aansoeke kan nou ingedien word, klik hier vir meer besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Sondag 16 September 2018, om 12:00. VAKATURES - e-kerkbode: n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie. VERJAARSDAE... mag dit vir elkeen van julle n geseënde dag en lewensjaar wees. 15 September: Ds Dries Cronjé - VILJOENSKROON - 082 921 0435, dc3@telkomsa.net 16 September: Ds André Barlow - FICHARDTPARK - 084 547 9999, abarlow@lantic.net 18 September: Ds Fanie Spamer - HEUWELSIG - 076 123 1542, dsfanie@ngkerkheuwelsig.co.za 20 September: Ds George Whitehead - HOSPITAALPARK - 082 303 4098, george@iwire.co.za TEN SLOTTE Dawid raadpleeg die Here 1 Sam 23 (let op verse 2, 4, 9 en 12) Verlede week het ons gesien wat gebeur het toe Dawid sy eie planne gemaak het. Dit het rampspoedige gevolge vir die mense van Nog gehad. Hy was indirek die rede vir die dood van n hele stad. Dawid sou vir die res van sy lewe daarmee moes saamleef. In hierdie gedeelte sien ons n heel ander Dawid. Sy omstandighede het nie verander nie, Saul wil hom steeds doodmaak. Tog vind ons hier n nuwe fokus in Dawid se lewe, in plaas daarvan dat hy sy eie planne maak, raadpleeg hy nou die Here met elke tree van die pad. Dit is interessant om te sien hoe die Here hom telkens help en raad gee. Selfs aan die einde vandie hoofstuk lyk dit asof Dawid in n hoek vasgekeer is en of Saul hom gaan gevange neem, dan gee die Here weer n keer uitkoms. Die boodskap kom deur dat die Filistyne Israel ingeval het en daarom los Saul sy aanval op Dawid en gaan verdedig hy die land teen die Filistyne. Die saak wat ons hier moet raaksien is dat n mens die Here moet raadpleeg oor wat jy wil doen. Ons moet leer om die Here met alles in ons lewe te vertrou. Ons moet bly bid en vra wat die Here wil hê ons in elke situasie moet doen. As n mens só lewe sal jy met

rustigheid deur die storms van die lewe kan gaan, want jy is die hele tyd besig om die Here te raadpleeg en God se opdragte te volg Dr Carin van Schalkwyk is Tentmakerleraar by NG Philippolis, asook Skriba van die Vrystaat Sinode THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: kerkinfo@ngkvs.co.za Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547 KONTAK ONS INDIEN JY OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp) AS JY VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/ NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK: Stuur enige nuusgebeure, inligting na kerkinfo@ngkvs.co.za (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 12:00, behalwe tydens skoolvakansies) VRYWARING / DISCLAIMER Klik hier Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld