nuus van ons gemeentes

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Petrus en die Krag van Gebed

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Petrus en die Krag van Gebed

nuus van ons gemeentes

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Jesaja sien die Toekoms

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die Kerk Kry Moeilikheid

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Seisoen van die Gees

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

God se Woord. God se Wil

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Empathy Ouerhandleiding

Profetiese woord vir 2017 en verder

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Jaargang 16 - Uitgawe 2 26 Januarie 2018 REDAKSIONEEL

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Die plek van jou tent

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

REDAKSIONEEL ALGEMENE SINODENUUS NUUS UIT DIE SINODE

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

VBO TWEEDE SEMESTER 2015

ALGEMENE SINODE NUUS IVM PRAAG 1 APRIL-GRAP:

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Besprekingsvrae vir selgroepe

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

Jaar 11 - Uitgawe 19 Kontak ons:

To love without knowing how to love wounds the person we love.

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Waar vind ek n genadige God?

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Sinodale nuus. Kolleganuus. 22 Julie 2016

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

Verdere Bedieningsonderrig (VBO)

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

GEBED VIR KERKLEIERS

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Die impak van VVA in die jaar wat was. Tien Tafels en Tshehang Development and Training Centre IN DIE KOLLIG: KERSFEES PROVINSIALE NUUSBRIEF

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Dawid die Skaapwagter

Transcription:

NUUSBRIEF NR 21-2017 WWW.GOUDLAND.ORG.ZA nuus van ons gemeentes Fochville-Noord hou hul jaaarlikse beroemde Famfest op Vrydag 1 September van 10:00 tot laataand Dit is met groot vreugde en opgewondenheid dat ons elkeen wil uitnooi van ons 2017 Familiefees. Vir elkeen wat die basaar bywoon moet dit nuwe vreugde en hoop in hul harte gee. Ons beplan groot dinge vir vanjaar se Familiefees. Ons doel is om dit vir elkeen wat die basaar bywoon baie spesiaal te maak. So kom geniet hierdie spesiale geleentheid saam met ons. Ons tema is Deel jou Feeshart! Ons basaar is deel van ons gemeente se totale doel om n gemeente te word wat nog meer en beter in diens van die Here n verskil maak in die wêreld. Ons wil deur die fondse wat ons inkry n verskil maak in mense se lewens na buite. Ons eie lewe gaan ook die verskil beleef wanneer ons saam werk vir die Here. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak n mens gelukkiger as om te ontvang. (Hand. 20:35b). Ons glo jy gaan ook n verskil in jou lewe ervaar as jy by ons kom kuier en in ons vreugde deel. Die Here verander ons harte na Christusharte, sodat Hy ons kan gebruik om ander se harte te verander. Ons prys die Here vir die seën wat Hy deur hierdie Familiefees bring. Verlede jaar het die Here ons geseën met n bedrag van R1 769 354. Kom raak deel van die vreugde en kom maak n verskil in iemand anders se lewe. - Ds. PC Pretorius Vakature vir leraarspos - drie jaar vaste termyn: Lichtenburg-gemeente Hierdie dinamiese, 132 jaar oue gemeente is geleë in n plattelandse gemeenskap in Noord-Wes, waar die meeste werkende lidmate in diens staan van maatskappye wat die landboubedryf ondersteun. Hier is tans 477 Belydende lidmate en 115 Dooplidmate. Werksprofiel Ampspligte : Volgens Artikel 9 van die Kerkorde Die navors, opstel en implimentering van n toekomsstrategie vir die gemeente en die NG Kerk in die dorp (daar is drie ander gemeentes). Dit sal navorsing en gesprekvoering met alle partye insluit. Vergoeding Sinodale skaal met gewone voordele vir medies en pensioen. Subsidie word vir behuising voorsien ( koop of huur.) Aansoek Aansoek moet per e-pos gestuur word aan kerkkantoor@klipkerk.org.za Aansoek moet n kort CV en minstens drie verwysings insluit. 1 2017 GOUDPOS 21 - ELEKTRONIESE NUUSBRIEF VAN SINODE GOUDLAND

Sluitingsdatum vir aansoeke : 15 September 2017 Aansoekers wat die kortlys haal, sal genooi word vir n preekgeleentheid en n onderhoud (saam met gade indien getroud). Daar sal van die kandidate vereis word om deel te neem aan psigometriese evaluering. (Die Kerkraad is nie verplig om uit die aansoeke n aanstelling te maak nie.) Gemeentes wat saamsmelt en kombineer Blyvooruitzicht is in Junie by Carletonville-gemeente ingelyf. Zeerust-Noord kombineer met Zeerust aan die einde van die jaar. nuus van ons sinode Sinode Goudland se sinodesitting Let asseblief daarop dat ons sinode se sinodesitting op 31 Oktober 2017 te Helikonpark, die Tuiste van Sinode Goudland, plaasvind. Dit sal net n eendag-sinode wees. Vaderskapseminaar Waarom n vaderskapseminaar? Afwesige vaders in Suid-Afrika het n uiters negatiewe impak op ons samelewing. Die persentasie afwesige pa s in ons land, ingedeel volgens bevolkingsgroepe, is soos volg: Indiërs - 17% Blankes - 19,2% Kleurlinge 47% Swartes 68,9% Verder het navorsing bewys dat 1 uit 3 kinders mishandel of molesteer word en meeste van die tyd is die molesteerder bekend aan die kind. Ook word 1 uit 4 vroue word fisiek mishandel. In gesinne waar die pa teenwoordig en aktief betrokke by sy kinders is, funksioneer kinders beter op sosiale, emosionele en kognitiewe vlak. Fokus van seminaar: Met die beplande seminaar gaan gefokus word op die The World Needs a Father beweging. Dit is n wêreldwye bewing wat fokus op die bou van gesonde gesinne en gemeenskappe. Meer inligting daaroor is beskikbaar op die webblad www.theworldneedsafather.com. Gemeenteleiers en pa s word uitgenooi na n seminaar wat aangebied word deur Vian Storm, n geakkrediteerde meester mentor van die The World Needs a Father beweging. Detail van seminaar: Datum: Saterdag 16 September 2017 Tyd: 08:30 tot 13:00 Plek: River of Life Church, Elliotstraat, Vanderbijlpark Koste: R100 per persoon Indien u belangstel om die geleentheid by te woon kan u n epos stuur na heleen@ngwelsyn.co.za. n Registrasievorm sal dan aan u voorsien word. Navrae kan gerig word aan Heleen Scholtz by 082 451 7684. Sluit af, en tree af. Nou lê iets groots voor! Aftrede werkswinkel vir leraarspare: Aftrede kan angswekkend wees Aftrede verg meer as finansiële beplanning Aftrede moet uiters persoonlik beplan word Hierdie is n unieke kans vir leraars wat naby aftrede is (5 jaar) en hul eggenotes om te gesels oor hierdie uitdagende lewensfase. Hierdie kursus word aangebied deur dr Henk Gous en is n uitbouing van die kursus van dr Deon Bruwer. Hierdie is omvattende aftredebeplanning, nie net finansiëel nie. 2 2017 GOUDPOS 21 - ELEKTRONIESE NUUSBRIEF VAN SINODE GOUDLAND

Die finansiële beplanning word gelewer deur Theo Smith van die Pensioenfonds. Dit hanteer ook gesonde losmaking van jou gemeente. Datum: Vrydag 29 September 18:00 tot Sodag 1 Oktober 17:00. Koste: R1300 per persoon. Egpare van Goudland kry n subsidie van R1000 omdat dit so noodsaaklik is om aftrede saam as egpare te beplan. Plek: Cyara Manna-terrein van Youth for Christ, Hekpoort. Stuur asseblief bevestiging so gou moontlik want slegs plek vir 12 pare, of voor 4 Sep. Betaling verkieslik dadelik maar asb voor 4 September aan NG kerk Sinode Wes Absa tjek 1420146708. Verwysing: Naam & Aftrede. Henk Gous, namens Sinode Goudland Predikantebediening Brugbediening Wanneer n voltydse predikant of pastor weggaan, gaan gemeentes deur ervarings van verlies of Verligting. Enigeen van hierdie emosies (of beide) vra vir begeleiding. As individue dit nodig het, die Liggaam nog meer! En die pennie het mos darem nou goed geval: gemeentes is belangrik! Geen wonder nie dat so baie kerke rondom die wêreld voorsiening maak vir spesifiek opgeleide predikante wat hierdie proses kan begelei. Hierdie interim of brugpredikante is nie pastorale hulpe nie; ook nie maar net charismatiese ppredikers; ook nie maar net kundige bestuurskonsultante nie. Hulle is meer: minstens begeleiers van korporatiewe trauma tydens verandering; minstens pastors wat die binnewerk van gesonde gemeentes verstaan; minstens begeleiers na openheid vir n nuwe bediening waar daar voortgegaan word om die bediening aan die gemeente terug te gee en saam met die gemeente die wil van die Here te soek. Kerke binne ons land vereis formele opleiding vir hierdie brugpredikante. Gemeentes is net eenvoudig belangrik genoeg om in n tyd van vakatures deur spesifiek opgeleide persone begelei te word. Sommige kerke bestuur dit reeds met n goed saamgestelde reglement. As geloofsgemeenskappe is ons dit aan mekaar verskuldig. Binne die reformatoriese tradisie was ons nog nooit skaam om te erken dat ons nie maar alles kan doen nie: ons lei begaafde mense op om dit waartoe hulle geroep is, selfs beter te doen. Predikante wat die kursus doen met die oog daarop om gemeentes as brugleraar te bedien, kan by Predikantebediening ʼn versoek rig om subsidie vir die koste van die kursus. Plek: Universiteit Van Pretoria. Registrasie Kode: P001151. Verdere Info: 012 420 4952 Week 1: 28-31/08/2017 Week 2: 06 09/11/2017 Kursus Koste: R1900 (BTW Inkl) Kursus koördineerders: Malan Nel, Howard du Toit Leiersberaad Ons sinode se Missionale Kerkwees hou n Opvolg-Leiersberaad vanaf 14 tot 15 September 2017 met die volgende uitkomste in die oog: Verfyning van raamwerkdokument met die oog op n gesamentlike visie vir missionale kerk-wees in ons konteks (met die fokus op gemeentes). Ontvang en evalueer die terugvoering van ringe (missionale ringsittings)en van die gesprekke met leraars. Ontwerp n proses vir die implementering van die raamwerkdokument deur die sinode, sinodale taakspanne en ringe. Gesamentlike beplanning vir n missionale sinode op 31 Oktober 2017. 3 2017 GOUDPOS 21 - ELEKTRONIESE NUUSBRIEF VAN SINODE GOUDLAND

nuus van DIE KantooR VAN DIE ALGEMENE sinode Nasionale Vrouekonferensie: Skittervroue bymekaar Anso Steyn, voorsitter van die NG Kerk Vrouebediening, skryf: Die Nasionale Vrouekonferensie van NG Kerk vroue word 8-9 September 2017 by die Kovsiekerk in Bloemfontein gehou. Spreker is Dr Jannie Le Roux Die Wonder Werk van Vreugde! Ongelooflike getuienis gaan gelewer word oa van n vrou wat in die Tsunami op wittebrood was n Spesiale Skittervroue Lied en nog baie meer om jou geestelike energie-tenk te vul! Meer besonderhede is op Facebook beskikbaar. Vul die Inskrywingsvorm in ( n MS Word dokument wat jy op jou rekenaar aflaai en voltooi) doen die betaling en stuur dit alles aan ons terug vir die registrasie. ander nuusbrokkies Met meegevoel Albertus (AJ) Smuts (emeritus (91) en vroeër professor in Praktiese Teologie by Teologiese Fakulteit UP) n Gedenkdiens vind plaas op Vrydag, 25 Augustus 2017, om 13:00 by Kronendal Aftree-oord. (met dank aan Verskil) Bronne vir die viering van Reformasie 500 Vanjaar vier die Protestantse kerke die 500-jarige herdenking van die begin van die Reformasie. Martin Luther het op 31 Oktober 1517 die geskiedenis van Europa radikaal verander toe hy sy 95 stellinge teen die deur van die kasteelkerk in Wittenberg vasgekap het. Daar is verskeie bruikbare kortfilms op Youtube beskikbaar wat vir ons perspektief op die Reformasie gee. Sommige fokus meer op die geskiedenis en die impak, en ander op die kerklike en teologiese betekenis van die Reformasie. Ons kan gerus hiervan in erediens, by kleingroepe of tuis benut. Kyk na die volgende: 500th Anniversary of the Protestant Reformation is n Youtube-kanaal waar reeds ses kortfilms met baie goeie agtergrond oor die reformasie verskyn het. Luther and the Protestant Reformation: Crash Course World History gee n goeie oorsig oor die Reformasie, met goeie animasie en n ligter aanslag. The Protestant Reformation is n program van die History Channel wat ook die Engelse Reformasie toelig. Jy kan ook net op Youtube.com soek na Protestant Reformation en n magdom ander bronne sal hulself aanbied. Saamkleurpret oor die Vyf Sola s Bybel-Media het ook n wonderlike bron, Saamkleurpret oor die Vyf Sola s van die Reformasie, saamgestel. Klik hier vir meer informasie. (met dank aan Grenspos) INTERESSANTE ARTIKELS Why dying churches die Many churches are dying. Some are so sick that they are a few years, perhaps just months, from death. But too many refuse to do anything. Any potential and dramatic turnaround will not take place because these churches do nothing. Why? Why do these dying churches walk resolutely down the path of death? Why don t they attempt something dramatic, something bold? I have worked with too many of these churches. Allow me to share six common responses to these questions. Read further. (met dank aan Grenspos) 4 2017 GOUDPOS 21 - ELEKTRONIESE NUUSBRIEF VAN SINODE GOUDLAND

Mark Zuckerberg: Facebook vs kerk vir community Onlangse navorsing wys op ses temas in mense se soeke na betekenisvolle lewens: gemeenskap, persoonlike transformasie, sosiale transformasie, om sinvol en met n doel te leef, kreatiwiteit en verantwoordbaarheid. Mense soek (en vind) hierdie sin binne én buite die kerk. Hoe spreek die kerk in sy bediening hierdie soeke aan? En sê dit dalk iets oor die kerk se teenwoordigheid op sosiale media? Die volledige artikel, met erkenning aan Christianity Today, is hier beskikbaar. (met dank aan VrydagNuus) Loving thy neighbour: Beter benutting van sosiale media Dr Gerhard Bothma skryf: Ek het onlangs by Loving thy Neighbour begin werk en het die voorreg om veral kerke en gemeentes te help om kostes te bespaar en sosiale media só te benut dat dit hulle inkomste verhoog. Loving Thy Neighbour is n geregistreerde liefdadigheidsorganisasie wat gratis diens lewer aan liefdadigheidsorganisasies, kerke, gemeentes, skole en ander instansies wat donasies nodig het. In n snel veranderende sisteem waarin die digitale wêreld en sosiale media n al hoe groter wordende rol speel help ons dié instansies met veral drie dinge: om hulle nóg meer sigbaar te maak in die gemeenskap en die digitale wêreld deur sosiale media aan te wend tot bevordering van hulleself en hulle werk en die verkryging van finansies van buite; om banktransaksiekostes op debietorders en donasies aan hulle te bespaar; en om strategieë te help ontwikkel en te implementeer sodat hulle in die huidige ekonomiese omgewing kan floreer. Ons bied n gratis platform aan waarop organisasies hulle digitale voetspoor kan verbeter en daardeur hulle kanse om donasies en/of bystand van buite eie bereik te kry verbeter. Ons bied ook gratis opleiding wat n dag lank duur in die benutting van sosiale media hiervoor aan. Gaan kyk gerus na ons webblad, www.lovingthyneigbour.org, ons Facebookblad https://www.facebook.com/lovingthyneighbour/ en n kort video deur ons ambassadeur, dr Gustav Gous, by http://www.youtube.com/watch?v=y23fx0oow0c&feature=youtu.be. Ek sal baie graag verder met jou en/of rolspelers by julle verder wil gesels. Kontak my gerus met enige navrae - gerhard.bothma@lovingthyneighbour.org. (met dank aan Grenspos) KURSUSSE EN SEMINARE Crisis And Trauma Support A premier course offered by the centre for contextual ministry at the University Of Pretoria. Purpose of the course: to enable community leaders, caregivers and counsellors to do crisis and trauma support within a caring environment, assessing victim towards recovery and healing. Who may attend: the general public, but particularly volunteers, community leaders, caregivers and counselors Structure: 5 weeks of contact tuition of one night per week. Homework assignments which have to be completed to obtain a certificate Date: 29 August 2017. Time:18h30 Venue: Doxa Deo Moot Campus Ben Swart Street 1245 Môregloed Course content: understand and describe trauma in general terms, as well as the impact of trauma on the lives of individuals and the community. Identify, understand and describe typical trauma situations within our 5 2017 GOUDPOS 21 - ELEKTRONIESE NUUSBRIEF VAN SINODE GOUDLAND

communities. Understand and desrcribe the difference between trauma support and trauma counselling. Understand the impact that exposure to trauma is likely to have on caregivers, and how to deal with the impact Cost: R1200 (incl. Vat) (the registration form is attached) Contact - Roelf Schoeman, 083 400 1571 Konferensie oor versoening Die Fakulteit Teologie hou n konferensie oor versoening met die tema: Maak oop die hekke vir n nuwe perspektief op versoening op 7 September 2017. Plek: Lesingsaal: Eeufeeslokaal Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria bybelmedia Die jongste Kerkbode... In Kerkbode van 25 Augustus kan u lees van die doelbewuste skuif wat n aantal gemeentes in die Oostelike sinode wil maak om meer missionaal kerk te wees. Daar word berig oor n nuwe sentrum vir vroeë kinderontwikkeling in Britstown, van Duitse gelowiges wat omgee vir vlugtelinge, NG lidmate wat omgee vir getremdes. Lees ook van Wes-Kaapse vroue wat praat oor vroue in die bediening, van n vrou wat as teologiedosent aangestel is by Tukkies, oor prof Elna Mouton van Maties en van ds Delmarie Viljoen se ekumeniese bediening in die Suid-Vrystaat. Daar is n artikel oor spirituele begeleiding, n verhaal van n lidmaat wat deur haar werk ander vroue bemagtig om na weeskinders en bejaardes om te sien, en n storie van strome van liefde van talle mense wat oor jare n seun help om na n motorongeluk weer homself te word. Toerustingsondag: 10 September Reformasie 500 is vanjaar die fokus vir die derde en vierde kwartaal. BM het met verskeie rolspelers saamgewerk om die materiaal vir die feesgeleentheid (rondom 31 Oktober) daar te stel. Kyk by www.ngkerk.org.za na Refo 500 óf by www.refo500.christians.co.za na die materiaal wat beskikbaar is. Toerustingsondag 10 September is ook ʼn geskikte geleentheid om ʼn Spesiale Kollekte soos deur die Algemene Sinode in 2015 herbevestig vir Bybel-Media op te neem. e-kerkbode Neels Jackson, redakteur van Die Kerkbode, hou ons gereeld op hoogte van die jongste nuus in ons kerk in die e-kerkbode. Klik op die skakel om al hierdie berigte te lees by: http://kerkbode.christians.co.za/. Dis n gratis nuusdiens. Jy kan ook gratis op die e-kerkbode inteken by: www.kerkbode.co.za en ontvang dan die kerknuus kraakvars op jou rekenaar. Kerkbode - app: (Android selfone, tablette en Apple iphone en ipad). Die app is gratis beskikbaar by Google Play en Apple se App Store, en kan maklik opgespoor word deur vir die sleutelwoord Kerkbode te soek. TOEGEVOU IN GOD SE LIEFDE! CLF (Christelike Lektuurfonds) het besluit om die hawelose mense van Wellington te seën met spesiale slaapsakke, wat nie net skuiling teen koue en nat winterweer, maar ook n boodskap van hoop vir n moeë hart bied. Hierdie spesiale slaapsakke, gemaak van koerantpapier en herwinde plastieksakke, word deur Harold Abrahams van Bellville gemaak en hy gebruik ook CLF se kleurvolle pamflette om n Bybelse boodskap van 6 2017 GOUDPOS 21 - ELEKTRONIESE NUUSBRIEF VAN SINODE GOUDLAND

God se liefde en aanvaarding op elke slaapsak te plaas. Ons daag hiermee ander geloofsgemeenskappe uit om die hawelose mense in hul eie area met hierdie slaapsakke te seën en daarmee God se liefde in n praktiese manier te toon. Diegene wat in Kaapstad en omgewing bly, kan gerus van die slaapsakke @R20 per slaapsak by Harold Abrahams 071 599 2659 bestel of kliek hier www.youtube.com/watch?v=oqnlaygmc1u om instruksies te sien om as gemeenteprojek jul eie slaapsakke te maak. Skakel gerus CLF se kantore by 021 873 6964 om gratis pamflette te bestel as julle self slaapsakke wil maak met n boodskap van hoop. Nasionale Testamente Week 11 15 September 2017 As jy vandag tot sterwe kom, is jou testament in orde? Testamenteweek bied jou die geleentheid om kosteloos n basiese testament deur n deelnemende prokureur te laat opstel. Onthou net om vooraf en vroegtydig n afspraak te maak, anders kan u hierdie geleentheid misloop. Vir meer inligting rakende testamenteweek, sowel as om te sien watter prokureurs in jou area vir hierdie inisiatief geregistreer is besoek Law Society of South Africa se blad by: http://www.lssa.org.za/our-initiatives/advocacy/national-wills-week. Skakel gerus vir Hedwig Moore by CLF - 021 864 3707 of epos aan hedwig@clf.co.za indien jy meer inligting verlang. Vakatures Vakatures in Kerkbode geadverteer n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Dit word ook via die nuwe e-kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie: http://kerkbode.christians.co.za/category/vakatures/ AFLOSPREDIKANTE Hennie le Roux: Preekbeurte sel: 082 374 2208, tel: (011) 660-7652, epos: hennieleroux@yebo.co.za Wesrand Zachie le Roux: Brugpredikant en preekbeurte sel: 083 799 5911, epos: zachie.leroux@gmail.com Randburg Dr Meyer de Kock: Termyn-aflos 4-6 weke op platteland sel: 082 459 6707, epos: gelmi@absamail.co.za Odendaalsrus Dr Henk Gous: Preekbeurte sel: 083 267 0108 - epos: henkgous@mweb.co.za Hennie Lombard: Beskikbaar vir optredes op die Wes Rand of selfs verder tel: 011 672 4610 of 072 231 7626, epos: hennielombard@telkomsa.net Terence Cooke: Preekbeurte sel: 0827759570, epos: cookie@telkomsa.net - Potchefstroom. Matthys Steyn: Preekbeurte en aflos epos: grootthys@gmail.com, sel: 0824595139 - Wesrand Swannie Swanevelder: Poppekas-bediening - van voorskool tot hoërskool - sel: 072 187 0259 - Wesrand Andries Grobler: Brugbediening, kort en langer aflostermyne, preekbeurte - sel 081 341 0659 of 011 954 2357, epos: andries.grobler@gmail.com -- Wesrand Johan Ainslie: Aflos, preekbeurte - sel: 083 310 9268 - Wesrand Elize Nel : Aflos preke ens. - Zeerust - sel: 082 475 2740 Laat weet asseblief as jy beskikbaar is as aflospredikant, asook vir preekbeurte, of as jy van n proponent of emeritus-predikant in die gemeente weet wat beskikbaar is vir preekbeurte of aflos. Stuur assebblief kontakbesonderhede aan ds.noel@ngkgoudland.org.za INTEKEN/KANSELLEER Ek wil asb inteken op GOUDPOS Kanselleer my intekening op GOUDPOS 7 2017 GOUDPOS 21 - ELEKTRONIESE NUUSBRIEF VAN SINODE GOUDLAND