Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Petrus en die Krag van Gebed

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

GEBED VIR KERKLEIERS

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Seisoen van die Gees

Josua - van jongs af n leier

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

God se Woord. God se Wil

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Die krag van. n vrou wat bid

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

DIE AA NDBOODSKA PPER

Besprekingsvrae vir selgroepe

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

KRAG VAN TRANSFORMASIE

BYBELS-GESONDE GESINNE

EGGO VAN SY ROEP. - In 16 Tale. Die Jaar van ons Here Jesus Christus, March 2014

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

LoveGodGreatly.com 1

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

OORWINNING OOR DEPRESSIE

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Paulus se Verbasende Reise

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Hoe om die Verlede te Begrawe

Transcription:

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel aanvaar as huis van gebed. Hier sou Hy na sy volk se gebede luister. As teken het God vuur van die hemel af gestuur, wat die offer wat op die altaar was, verbrand het. God het die tempel met Sy heerlikheid gevul en die volk het Hom aanbid en vereer met offerandes, lofsang en aanbidding. Hierdie feesvieringe het ʼn paar dae geduur. Na afloop van die inwyding van die tempel, het God met Salomo gepraat en gesê dat Hy Israel sal seën as die volk Hom eer, maar as hulle Hom nie eer nie, sal daar ernstige gevolge wees. God belowe in ons teksvers dat Hy die volk sal seën as hulle in nederige berou na Hom terugkeer. Wanneer ons oor hierdie woorde praat, moet ons ook in gedagte hou dat ons vandag in die Nuwe Testamentiese tyd leef, ná die uitstorting van die Heilige Gees. Die Woord van God sê duidelik ons is vandag die tempel van God en dat Sy Gees in ons woon (vgl. 1Kor.6:19-20). Inleiding: In 1904 het ʼn jong teologiese student met die naam Evan Roberts, begin ervaar dat God ʼn kragtige geestelike herlewing oor Wallis gaan bring. Roberts het begin om verskeie herlewings byeenkomste by te woon en tydens een so ʼn geleentheid was hy diep aangeraak deur die Heilige Gees. Terwyl hy voor die kansel gebid het, het hy gehuil en gesê: Buig en vorm my Here! (Bend me o Lord!). Hierdie gebed was ʼn volkome oorgawe van sy wil aan God se wil. Roberts het kort daarna na sy tuisgemeente teruggekeer om ʼn boodskap van herlewing te preek, maar sy predikant was huiwerig om hom toe te laat om te preek. In ʼn kompromie het die dominee toegelaat dat Roberts na die gewone aanddiens kan praat en elkeen wat wou, kon agter bly. Slegs 17 persone het agter gebly om na Roberts te luister. Die meeste was tieners en jong volwassenes. 1

Evan Roberts het vir bykans twee ure gepraat en hy het ʼn eenvoudige boodskap gebring met 4 punte, wat hy oortuig was, God sou gebruik om herlewing te bring. Die vier punte van sy boodskap was: 1. Bely alle sonde waarvan jy bewus is teenoor God, en ontvang vergifnis deur Jesus Christus. 2. Verwyder enigiets in jou lewe waaroor jy twyfel en onseker van voel. 3. Wees gereed om die Heilige Gees onmiddellik te gehoorsaam. 4. Bely openlik in die openbaar dat Jesus Christus jou verlosser is. Nadat Roberts klaar gepreek het, het al 17 jongmense voor die kansel kom kniel en in trane tot God gebid. Hulle het tot 2:00 die oggend gebid. Dit was die begin van een van die kragtigste bewegings van God in die geskiedenis. Teen die einde van daardie week, het meer as 60 mense hulle harte vir die Here gegee en deur die loop van die volgende jaar en ʼn half het ʼn geestelike herlewing deur die hele Walliese volk gegaan. Meer as 1 miljoen mense het die Here as verlosser aangeneem. Die geestelike herlewing was so groot dat dit die nasionale kultuur van Wallis dramaties verander het. ʼn Vlaag van bankrotskappe het plaasgevind. Alle drinkplekke en drankwinkels het uit besigheid geloop. Werk by die steenkoolmyne het tot ʼn stilstand gekom. Die muile wat die waens getrek het, was so gewoond om vuil taal te hoor van die werkers, dat nadat die werkers tot bekering gekom het, hulle nie meer hul base se stem of bevele herken het nie. Die grootste deel van die polisiemag was vir bykans 18 maande ontslaan, weens ʼn totale afwesigheid van misdaad. Een van die enkele hofsake wat voor ʼn regter gekom het, het buitengewoon verloop. Die verdediger het in die hof gekom en sy skuld erken, die regter het die man na Jesus gelei en die Jurie het die saak gesluit met ʼn geestelike lied wat hulle gesing het. 2

Die herlewing het uiteindelik koers gevind oor die Atlantiese oseaan en het dele van New York en New Jersey bereik. Daar was selfs ʼn rubriek in die New York Times wat genoem is: Vandag se bekeerlinge en dit het ʼn lys bevat van almal wat pas verlossing van sonde gevind het. Tye het verander en ons moet vandag erken dat die lewe waarin ons leef glad nie meer soos die van 1904 is nie. Ons lewe in ʼn tyd waar sonde totaal oorheers en verhale van herlewing net na ʼn mooi sprokiesverhaal van die verre verlede klink. Wanneer ons die kerk van vandag met die kerk in Handelinge 2:42-47 vergelyk besef ons, ons leef in ʼn noodtoestand: Ons bevind ons in ʼn noodtoestand omdat mense vasgevang is in sonde en niemand dit wil erken en bely nie. Huwelike word daagliks deur sonde verwoes. Bedrog, leuens, misdaad, kwaadpraat en sedeloosheid, is aan die orde. Ons leef in ʼn gebroke verhouding met Jesus. Ons het ʼn magtige beweging van God nodig. Wat van God het sedert die herlewing van 1904 tot vandag verander? Watter deel van God se opstandingskrag het verminder van toe tot nou? Watter deel van die Heilige Gees se werking het verander? As God herlewing in daardie tyd of enige ander tyd bewerkstellig het, kan Hy dit vandag ook doen. Kom ons kyk na sekere voorwaardes wat God stel voordat Hy geestelike herlewing oor ons sal uitstort: 2 Kronieke 7:14. As Ek my volk straf. en My volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hul bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. 1. God begeer dat Sy volk geestelik sal herleef As My volk Die as hier, dui op die begin van die voorwaardes wat ontmoet moet word, voordat God optree. Dit is duidelik dat God hier ʼn voorwaardelike belofte aan sy volgelinge gee- doen hierdie dinge en ek sal reageer. 3

Die woorde my volk is ʼn uitdrukking van intimiteit: As God praat van My volk verwys Hy na die baie intieme verhouding wat Hy nou met elkeen van Sy kinders het. n Verhouding soos wat ʼn pa met sy kind het. (Terloops, die Gees van God lei ons ook om Hom aan te spreek as Vader (Abba/ Pappa) (vgl. Rom.8:15; Gal.4:5-6; 1Joh.3:1-2). God het sy volk geskep en met sy bloed vrygekoop en Sy Gees in ons uitgestort (Heb.11:16; 1Pet.1:19; 1Kor.6:19-20). Ons behoort aan God. Ons behoort nie meer aan onsself nie! God praat daarom hier met sy eie geliefde kinders en niemand anders nie. Hierdie belofte is slegs vir hulle wat in God glo en sy kinders is. Ons moet besef dat hierdie ʼn eksklusiewe aanbod aan God se kinders is en aan niemand anders nie. Ons vergeet dikwels dat herlewing altyd by God se eie kinders begin. Waarom? God moet eers sy eie volgelinge vernuwe voordat Hy die wêreld kan bereik. God se werk begin altyd by sy eie volgelinge maar om ʼn verlore wêreld te bereik, moet ons toelaat dat God deur ons na die wêreld uitreik. Oor wie my Naam uitgeroep is: God het ons uitverkies tussen alle ander en aan ons ʼn nuwe identiteit gegee. Hy gee aan ons die vermoë om ʼn getransformeerde lewe te leef! Hy het Sy Naam oor ons uitgeroep. Ons dra Sy Naam in ʼn wêreld wat Hom nie ken nie. In elke tree wat ons gee het ons die verantwoordelikheid om die nuwe identiteit te leef, te leef asof ons aan Hom behoort! Ons moet leef en optree soos kinders van God die Vader! (1Joh.2:6 sê: Wie beweer dat Hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het. vgl. ook 1Pet.2:21) Om ʼn Christen te wees beteken ons moet uitstaan bo die res van die wêreld. Ons moet anders leef as die wêreld. Ons heg waarde aan ander dinge as die wêreld. Ons streef daarna om heilig te lewe. Ons is nie skaam nie en getuig onverskrokke in Sy Naam. Ons verwag Jesus se wederkoms... 2. Vra God vir ʼn persoonlike ontmoeting Berou toon (hulle verootmoedig) 4

Die Woord sê: enige sonde bring skeiding tussen ons en God. God luister nie na mense wat sonde doen nie (Jes.59:2; Ps.66:18; Spr.15:29) Ons sukkel vandag om in berou en gebrokenheid oor ons sonde voor God te kniel want ons is só selfvoldaan, ons dink ons lewe reg en gaan doodeenvoudig voort om sonde te doen. Selfvoldaanheid weerhou ons daarvan om ʼn posisie van oorgawe in te neem want dit staan lynreg teenoor berou en gebrokenheid ( Spr.6:16-19;8:13; 11:2; 16:5; 18-19). Selfvoldaanheid sluip geleidelik in ons karakter in en dit vernietig ons soos ʼn kanker. Dit manifesteer op verskillende wyses in ons lewe: 1. Selfvoldaanheid weier om na raad te luister en kan nie gekorrigeer word nie. 2. Selfvoldaanheid hou daarvan om heeltyd oor homself te praat. 3. Selfvoldaanheid het n dringende behoefte om raakgesien te word. 4. Selfvoldaanheid glo dat hy alles verdien wat hy kry. 5. Selfvoldaanheid is ondankbaar oor alles. 6. Selfvoldaanheid spog en verhef homself in ander se teenwoordigheid. 7. Selfvoldaanheid dink eerste aan sy eie behoeftes 8. Selfvoldaanheid kritiseer en probeer om homself beter laat lyk deur ander te verkleineer. Waarom begeer God dat sy volgelinge berou toon? Sodat ons op daardie plek kan kom waar ons onsself voor God verootmoedig. Dit beteken om jou in nederigheid aan God te onderwerp, om jouself aan God oor te gee: Ons sê letterlik vir God: ek gee myself oor aan U, ek onderwerp my aan u. Toe Josua die beloofde land binnegaan het die aanvoerder van God se leer hom ontmoet. (Jos.5:13-16) Josua het diep gebuig. God het vir hom gesê: Trek jou skoene uit want die plek waarop jy staan is ʼn gewyde plek. Josua het op daardie oomblik alle beheer aan God oorgegee en begin om Hom volkome te gehoorsaam. Onderwerp jou aan God. Onthou die eenvoudige gebed wat Evan Roberts gebid het: Buig en vorm my Here! Wat gebeur as ons onsself aan God onderwerp? Oorgawe stel ons hart oop vir Sy leiding (Ps.25:9) Hy leer ons sy pad 5

Oorgawe stel ons in staat om Sy genade te ontdek (Spr.3:34) Hy is goed vir die wat beskeie is (1Pet.5:5) aan die nederiges gee Hy genade Oorgawe gee ons ʼn sagte hart (Mt.11:29 ) leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart Oorgawe lei ons na ware grootheid (Mt.23:12) wie nederig is, sal verhoog word Oorgawe leer ons gehoorsaamheid (Fil2:8) Hy het Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood Van die oomblik dat ons onsself aan God oorgee, kan ons nie weer dieselfde wees nie. en bid Een van die sleutel elemente van geestelike herlewing is gebed. Jakobus skryf: Julle wil dinge hê, maar kry dit nie... As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. Hy gaan voort om te sê jy kan nie met die een voet in die wêreld leef en met die ander voet begeer om God te volg nie. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die Gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê. (Jak.4:2-5) Die oomblik dat ons onsself in gebed voor God verootmoedig, gebeur daar iets besonders: Ons word met God gesinkroniseer. Hy stort Homself in ons lewens uit. Dit is waarom gebed so noodsaaklik is vir ʼn persoonlike ontmoeting met God en waarom geestelike herlewing volg. Charles Finney sê: Prayer is the essential link in the chain of events that leads to revival! Gebed is die fondasie van ʼn groeiende verhouding met God. Sonder gebed sal ons verhouding met God nooit verinnig en dieper groei nie. Elke dag maak jy onbewustelik ʼn keuse: die keuse om dieper te groei in jou verhouding met God, of die keuse om te bly waar jy is. Kyk hoe die gebedsbeginsel in die eerste Nuwe Testamentiese gemeente werk: Gebed was ʼn voortgaande noodsaaklikheid (Hd.1:14) Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed 6

Gebed was ʼn wesentlike deel van hul lewe (Hd.2:4) Hulle het hul heelhartig toegelê op die gebede Gebed is noodsaaklik as ons Goddelike deurbrake wil beleef (Hd.4:31) Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Persoonlike geestelike herlewing is niks anders as ʼn vars innige ontmoeting met God nie. God vervul jou lewe met Sy teenwoordigheid. En vra na My wil (My aangesig soek) Die Hebreeuse uitdrukking om God se aangesig te soek, beteken: Soek om te vind, begeer, te bly vra. Dit is ʼn verlange en begeerte om in die teenwoordigheid van iemand te kom! Wanneer jy iets van God soek of vra veronderstel dit dat jy ʼn diepe begeerte of verlange het om dit van God te ontvang. Daarom begeer en verlang jy onophoudelik daarna. Onophoudelike gebed is een van die maniere hoe jy jou begeertes onder God se aandag bring. Om dit by God te soek beteken jy plaas al jou hoop op God. Jy wend jou tot Hom. Daar is nie ander planne of dingetjies waarin jy jou hoop stel nie. Jy draai jou om in God se rigting en kyk in Sy aangesig. Hy word jou prioriteit. Jy soek nie ander dinge nie. Hy neem al jou aandag in beslag. Hy is jou primêre fokus. Jy sien, herlewing kom nie na mense wat herlewing soek nie; maar na mense wat God soek! Wie God soek, sal God vind! God wil hom graag laat vind! God het vir Jeremia gesê (Jer. 29:12-13): dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Julle sal My ontmoet sê die Here Daar is ʼn prys wat betaal word om persoonlike verdieping te onvang in jou verhouding met God en Hom te ontmoet. Jy moet God die eerste liefde van jou lewe maak en jouself onvoorwaardelik oorgee aan die leiding van die Heilige 7

Gees, en Hom volkome gehoorsaam in alles wat Hy vra. Dit beteken jy sal ook begeer om terwille van Hom Heilig lewe! In 1904 het daardie groepie jongmense by Evan Roberts so ontsettend verlang na ʼn geestelike ontmoeting met God, dat hulle daar by die kerk bly bid het tot 2:00 in die môre. Hulle het God hul eerste liefde gemaak. Die uitloper daarvan of die by produk, was geestelike herlewing. Ons ervaar God se almag nie vandag in ons lewe nie, omdat ons nie werklik vir God liefhet en Hom soek nie. Ons soek eerder sy wonderwerke, die byprodukte, herlewing. Ons sal God se herlewingskrag slegs ondervind wanneer ons vir God ons eerste liefde maak en vir Hom alleen leef. Wie begeer om God te ontmoet, en in Sy teenwoordigheid te kom, sal gretiglik afstand doen van alle sonde en met jou hele lewe begeer om heilig te lewe. Wees nou eerlik: Wat is die eerste prioriteit in jou lewe? Jou familie? Jou werk? Jou kind? Jou lewensmaat? Of, is dit God? Wanneer enigiets anders as God, jou prioriteit is, is jou fokus nie op God se aangesig nie en sal jy nie herlewing beleef nie. Luister hoe praat mense wat God gevind het en geestelike herlewing beleef het: Paulus: Om Christus Jesus my Here te ken, oortref alles in waarde.. Terwille van Hom het ek alles prysgegee Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood. (Fil.3:7-10) Dawid: Daar is een groot wens in my hart en dit wil ek met my hele lewe najaag: dat ek my hele lewe lank by die Here mag wees. Sy wonderlike nabyheid wil ek dag en nag beleef (Ps.27:4 Die Boodskap) Moses: As U my dan goedgesind is, maak my U wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag Laat ek tog net U magtige verskyning sien! (Exo.33:13,18) 3. Breek met jou sonde en leef heilig en terugdraai van hul bose weë af 8

Toe Evan Roberts met daardie jongmens gepraat het, was sy eerste uitdaging aan hulle, om enige sondes waarvan hulle in hul lewe bewus is, voor God te bely. Sien God is heilig en jy kan slegs naby God wandel indien jy afstand doen van verkeerde dinge in jou lewe. Sonde werk soos kettings of bande wat om jou gedraai is. Dit weerhou jou van ʼn ontmoeting met God. Dit kom staan tussen jou en God en weerhou jou van ʼn innige nabye lewe saam met God. Hier is wat ek en jy nou moet doen: Ondersoek jouself. Kyk of daar enigiets is wat jou verlei om sonde te doen? Geld of werk Besittings Status of posisie Hoogmoed of skynheiligheid ʼn Verhouding met iemand Seksuele losbandigeheid of seksuele drange Leuens, diefstal Slegte gewoontes Hierdie is enkele voorbeelde... jy weet wat tussen jou en God staan... Waarom begeer God dat jy jou sonde sal bely? Sondebelydenis is ʼn erkenning dat jy verkeerde dinge doen: (Wanneer jou kind oortree het en jy hulle wil straf en vra wat hulle verkeerd gedoen het, sal hulle dit vir jou kan sê. Hulle weet wanneer hulle reëls oortree). Ons is God se kinders en sondebelydenis is om teenoor God te erken en aan Hom te vertel wat jy verkeerd gedoen het. Wanneer ons sondes bely, erken ons dat ons verkeerd opgetree het. Sondebelydenis vernuwe jou verhouding met God: God kan nie deur Sy Gees in jou werk as jy sonde bly doen nie. Dit is onmoontlik vir God om met Sy Gees in jou te bly, as jy in sonde volhard. God is Heilig en meng nie met sonde nie. God se Gees sal slegs in jou lewe wandel as die pad skoongemaak is. As ons, ons sonde teenoor God bely, is dit ʼn skoonmaak van die pad sodat Hy deur ons lewe kan wandel. Wanneer ons God om vergifnis vra is Hy getrou om ons van al ons sonde te reinig. Sondebelydenis soek en begeer God se hulp: Wanneer ons sondebelydenis doen, roep ons God om ons te kom help. God forseer ons nooit om iets te 9

doen wat teen ons sin is nie. Hy wag dat ons vrywillig hulp by Hom kom soek. Wanneer ons, ons sonde teenoor God bely, haal Hy die kettings wat ons bind, van ons lyf af en bevry Hy ons. Ek glo herlewing het daardie dag in 1904 begin omdat Evan Roberts daarna verlang het en God gesmeek het om in Sy lewe te kom woon. Hy het God gesmeek om hom te buig en te vorm tot Sy eer. Evan Roberts het hierdie gebed gebid omdat hy ʼn diep verlange gehad het na meer van God en na dit wat God alleen in staat is om te doen. Hy was bereid om sy lewe volkome oor te gee aan die doel en plan wat God met sy lewe gehad het. Hy het gesterf aan homself en dit wat God in sy lewe begeer het om te doen, omhels en nagestreef. Wanneer God ons eerste prioriteit is, verander alles vanself. Die dinge waaroor Hy besorg is, word die dinge waaroor ons besorg word. Wanneer ons Sy aangesig soek, sal ons ook die dinge sien wat Hy sien en Sy aandag in beslag neem. Dit waarop Hy Sy aandag vestig, daarop sal ons ook ons aandag vestig. Hy wil hê dat ons sal liefhê wat Hy liefhet en haat, wat Hy haat. God wil hê dat ons die gesindheid wat Jesus op aarde geïllustreer het, sal naleef Hy het niks gedoen sonder om Sy Vader te raadpleeg nie. Hy wou net doen wat Sy Vader wil doen (Joh.5:19-20).. As jy regtig wil weet wat jou prioriteite vandag is, vra jouself dan net drie vrae: 1) Op watter aktiwiteite spandeer jy die meeste van jou tyd 2) Op wat spandeer jy die meeste van jou geld? 3) Waarop fokus jy jou gedagtes? Ek is oortuig dat God in staat is om ʼn geestelike verdieping en herlewing in elkeen se lewe in hierdie kerkgebou te gee. Alles word bepaal of jy nou op die geestelike plek is waar God begeer dat jy moet wees... Ons teksvers begin met die sleutelwoordjie As. As ons die voorwaardes van ons kant nakom, kan ons 100% seker wees dat God Sy deel van die ooreenkoms sal nakom. Geestelike herlewing sal in jou hart uitbreek, as... jy God jou eerste liefde maak en begeer om God te ontmoet? As jy ʼn verlange het om in ʼn volle oorgawe en gehoorsaamheid aan God te leef? As jy begeer om heilige te lewe en breek met jou sonde...? As jy begeer om in ʼn diep innige geestelike verhouding met God te wandel, dan is nou die tyd om dit vir God te vra! 10

Neem nou tyd om te bid: Roep tot God en gee jou lewe onvoorwaardelik aan Hom oor. AMEN 11