Hartklop. Wees Lig! 24 JULIE van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE FAMILIEDIENS

Similar documents
Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

Wees LIG! MEI 2018 HARTLIK WELKOM! VANOGGEND SE PINKSTER NAGMAALDIENS TEKS VIR 27 MEI DR WILHELM BURGER ROM. 8:26-32 DR WILHELM BURGER (HAND 2:37-42)

Hartklop. Wees Lig! 4 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Hartklop. Wees Lig! 20 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM. VANOGGEND SE DIENS (DR DAVID HARRISON) Gal 4:21-5:1

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Petrus en die Krag van Gebed

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Profetiese woord vir 2017 en verder

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Josua - van jongs af n leier

HARTKLOP. Wees LIG! 9 JULIE 2017 HARTLIK WELKOM! TEKS VIR SON 16 JUL VANOGGEND SE EREDIENS GEEN AANDDIENS. Kind van God? Is jy seker? Wie sê...?

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Seisoen van die Gees

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Die Kerk Kry Moeilikheid

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Empathy Ouerhandleiding

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

God se Woord. God se Wil

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

LoveGodGreatly.com 1

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Januarie :00 Erediens. 8 09:00 Erediens (S7) SKOLE HEROPEN

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

GEBED VIR KERKLEIERS

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Besprekingsvrae vir selgroepe

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Dawid die Skaapwagter

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Volume 3 van 2016 September 2016

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Baie welkom by NG Kerk SIONSRAND

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

GRACE ARTS. Vir alle raamwerk bekostigbaar Retha Wessels: / Krugerlaan 177 (na-ure beskikbaar)

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 6 April 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Transcription:

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 24 JULIE 2016 Wees Lig! VANOGGEND SE FAMILIEDIENS DS ANTON DUVENHAGE (1 TIM 4:1-11) Hey Siri! - n frase wat mens vir die nuwe Iphone sê en dan begin die foon fisies met jou praat. Toe ek vir Siri vra wie Jesus is, het sy dadelik n aantal verskillende opinies gehad - verskillende opinies vanuit verskillende Christelike tradisies. Help Siri ons, of maak sy ons net deurmekaar? Soos Siri, kom ons ook in aanraking met baie mense met verskillende opinies oor wie Jesus nou eintlik is en hoe Sy lewe nou eintlik gelyk het. Hulle laat ons al te maklik twyfel oor fundamentele waarhede soos, was Jesus rêrig dood aan die kruis?, was Maria rêrig `n maagd?, is Jesus werklik 100% God EN 100% mens? Watter opinies is geloofwaardig en watter is nie? Aangesien ons onsself in n samelewing bevind waar die antwoorde op al ons vrae net n rekenaar knoppie weg is, moet ons geloofswortels sterk gegrond wees in ons gereformeerde oortuigings, anders gaan die wêreld se winde van opinies ons maklik rond waai. Paulus skyf in ons teksgedeelte aan Timotius (1 Tim. 4:1-11) n waarskuwing oor valse leerstellings van mense wat die evangelie verloën het vir hulle eie wins. Waaraan hou ons vas? Wat is ons ENIGSTE troos in lewe en in sterwe? HARTLIK WELKOM Dis jammer, maar ons moet dit sê: Een van ons grootste verleenthede in die land is waarskynlik die openbare beeld ons politici - Die styl van debatvoering, die opsweping van die skares, die soms leë beloftes wat gemaak word, die afkraak van enige opposisie party, die rojale leefwyse en die gebrek aan integriteit. In n volwasse demokrasie sal daar verskille wees, maar in só n demokrasie sal ons mekaar akkommodeer en mekaar se standpunte respekteer. Ons sal mekaar nie (soms letterlik) te lyf te gaan nie. Ons kan dus verstaan dat daar by baie Suid- Afrikaners n diepe teleurstelling is, want hierdie is ons leiers en ons wil (en moet) hulle respekteer (maar dit is soms baie moeilik.) En nou die vraag: Wat doen ons, die Kerk? Die antwoord is voor die hand liggend: Die Kerk het n profetiese roeping om vir die owerhede te bid (Rom. 13v4-5). Die Kerk sal lidmate oproep om DV die 3de Augustus met verantwoordelikheid te gaan stem. Die kerk sal bid dat ons politici ons Grondwet sal eerbiedig en so ook vir die behoud van ons waardes. Die Kerk sal bid vir wysheid vir ons gekose leiers om ons land, stede en gemeenskappe te dien en te lei, soos in n dienskneg-gestalte. Die Kerk sal bid vir versoening binne ons land, stede en gemeenskappe. Die Kerk sal ook bid dat die koninkryk van God sal kom, ten spyte van ons eie klein koninkrykies. Welkom. Bring u biddende hande saam. Ons moet geestelike gereed wees vir die 3de Augustus. Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 31 JULIE DR WILHELM BURGER Jakobus 3:13-18 'n Gebed om wysheid Ons bid volgende Sondagoggend saam met ander gelowiges in ons gemeenskap vir die verkiesing en vir Suid-Afrika. Vir nadenke ter voorbereiding: * Wat is joú gebed vir die verkiesingstyd? * Lees die teks 'n paar maal rustig deur en laat die Heilige Gees jou leer. * Watter simptome van naywer en selfsug sien jy in jou eie hart en tussen jou mense? * Hoe sal ons wêreld lyk as ons die kenmerke van wysheid in :17 uitleef? * Onderskei tekens van hierdie wysheid wat reeds tussen ons sigbaar is. AANDDIENS @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE Ons verwelkom graag alle tieners terug na die aanddienste en Teentrix groepe. En onthou u is almal baie welkom om saam te kom sing en luister na die Woord. Welkom! DEURKOLLEKTE VANDAG Spes. Kol. Kospakkies Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning.

ONS BID VIR... VERSOEKE Marietjie 076 713 4513 NOODKETTING Sheila 084 800 0947 Adriaan van Niekerk Lize vd Walt Hester Bekker Cissy Coetzee Wilkie du Toit Lynette Crafford Hannatjie Oosthuizen Rina vd Westhuizen Corlise Steyn Jan Eksteen Carien Viljoen Dawie Malherbe Piet Hoffman Magda Marais Sunsunet Gombert Ilze van Antwerp Hein Steinberg Pollie Botha Gertjie Kemp (AGS) Martha Swart SPESIALE GEBED Ons bid hierdie week spesiaal vir gesinne waar daar geweld is. Ons bid vir LIG en beskerming. Kom Heilige Gees en bring U troos en redding. MA. 25 JULIE DI. 26 JULIE WO. 27 JULIE Laat jou taal n sleutel wees wat n duisend deure oopmaak. Skep nuwe moontlikhede Waak altyd oor jou woord: Elke byvoeglike naamwoord wat geen lewe skenk, pleeg moord. Moenie bang wees vir die toekoms en die onbekende wat nog kom. Bid en ons Vader sal ons krag gee. Hy is by ons, vertrou op Hom. So sal ons Vader met ons wees met die verkiesing. Hierdie wêreld behoort aan Hom. SOPKOMBUIS Die Here is God, Hy alleen is God. Hy spreek, Hy roep die hele wêreld op, van waar die son opkom tot waar hy ondergaan. Vader, die skoonheid van u hemel is onbeskryflik en onbeperk. Vandag bid ons ernstig vir U wêreld en die verkiesing. 11:00-13:00 KLEREKAS is weer oop. Welkom! 18:00 BYBELSKOOL by die NG Kerk Hermanus. Here, U seën ons, en U versterk ons. Hoe kan ons ooit moedeloos word as U altyd by ons bly? Here, U woord sê dat ons sterk en vasberade moet wees. Ons moenie skrik vir die verkiesing nie, maar op ons knieë bly en U vertrou met ons keuse wat ons maak. DO. 28 JULIE VR. 29 JULIE SA. 30 JULIE 09:00 BYBELSKOOL by die NG Onrus. 09:30-11:30 Die KOLWYNTJIE TEETUIN is oop. U is baie welkom! 14:30 FILM: Vir Altyd wys by die OnsTeater. Almal welkom! Bly vandag kalm! Hoe moeilik dit ook al mag wees. Vader, U liefde is n hawe waar moeë siele kan rus. n Plek waar daar te midde van die storms, veiligheid, kalmte en vrede is. U Vader, het die seevaarders veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom. Here, vandag lees ons die belofte in Levitikus 26:12: Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees. Here, ons God, dankie dat ons end-uit met U n pad kan stap. Dankie, dat hierdie volk en land aan U behoort. U is die Weg en die Bron van hoop. WAT GEBEUR ALLES SONDAG 31 JULIE? 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. 09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger gaan voor. Welkom! AANDDIENS @ 18:00 Ds Anton Duvenhage Ons verwelkom graag al die tieners. En onthou, u is almal baie welkom om saam te kom sing en die Woord te ontvang. WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 4) KLEUTERKERK 3-6 jr tydens Erediens (Ark) BYBELGROEPE Gr 1-5 tydens die Erediens TEENTRIX GROEPE Gr 6-11 @ 18:00 na die aanddiens.

SENDINGBEDIENING VOERTUIG BAIE DANKIE EN N VERSOEK Ons prys God vir die Land Rover Discovery wat aan ons sendelinge in Indië beskikbaar gestel is tydens hul besoek aan die WesKaap. Die voertuig is swaar op brandstof. Wil jy 'n finansiële bydrae maak asb? Navrae: Uys Swart 076 522 5669 ** Baie dankie vir die wat reeds hulp gee. BEDIENINGSLEIER Lê Sending na aan jou hart? My 2de termyn as Sendingbedienings-leier verstryk Mei 2017. Indien jy geroepe voel om die "aflosstokkie" oor te neem, kontak my asb. Uys Swart 076 522 5669 / 028 316 1856 E-pos: bydiec@gmail.com "God het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is" (Ef 1 : 3) BYBELSKOOL Die Bybelskool: DV Woensdag die 27ste Julie (om 18:00 by Hermanus Moedergemeente) en Donderdag die 28ste (om 9:00 by Onrusrivier). Ons is besig om Jesus te herontdek. Tema: Jesus... God? Is ons Jesus werklik ook God en gebore uit n maagde? 20/21 Julie Jesus bó Moses en Mohammed? 27/28 Julie Jesus... God? 3/4 Aug Jesus... Sondebok? 10/18 Aug Jesus...Koning? 17/18 Aug Jesus... die Enigste? 24/25 Aug Jesus... Jou Uitdaging! Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. Lesings beskikbaar by Mervian, by die kerkkantoor by Vonkpos: info@ngkonrusrivier.co.za GEBED HIERDIE WEEK VIR DIE VERKIESING OP 3 AUG Bid dat ons nie sal verslap om ons land in gebed voor die Here te bring nie. Bid dat ons getrou sal wees. Vra die Here vir krag sodat Christene sonder vooroordeel, kompromie of vrees vir mense sal bid. Bid dat die polisie wysheid en krag sal hê om vrede te handhaaf. Bid vir vrede in die land, dat stakings, opstande, rassisme en haatspraak gestaak sal word. Bid dat die Heilige Gees deur vergifnis en versoening die harte en gedagtes van al die mense in Suid-Afrika sal vernuwe. Bid dat Suid-Afrikaners hoop vir die toekoms sal hê. POND-VIR-POND Te same met GetLogged Lifestyle Gym gaan Teentrix inisiatief neem om n sportbediening in Zwehlilhe (onder die leiding van Brine - `n leier waarmee ons die afgelope tyd n pad stap) te ondersteun. Aangesien die bediening met sport te doen het, speel persoonlike fiksheid ook n groot rol in die inisiatief. Hierdie tyd van die jaar kort almal motivering om die ongewenste winter kilos af te skud en die inisiatief gaan ons daarmee help! Vir elke pond in gewig wat oor die tydperk van twee maande (1 Aug. - 30 Sept.) verloor word, gaan ons n pond kos/sportsklere aan die sportbediening skenk. HOE KAN MENS BETROKKE RAAK? Ons wil die gemeente graag vra om saammet die Jeug niebederfbare kos, sowel as sportsklere (wat julle nie meer gebruik nie, maar wat steeds in bruikbare kondisie is) na die kerkkantoor toe te bring. Neem self deel aan die uitdaging: Stem in om deel te raak van die beweging deur jou naam vir Ds. Anton Duvenhage te gee, jouself 1 Aug. en 30 Sept. te weeg en sodoende te help ondersteun. GetLogged Lifestyle Gym in die Eastcliff Sentrum het ook ingestem om vir hierdie tydperk n spesiale tarief te vra vir die mense wat aan die insiatief deelneem. Ek hoop dat almal saam met ons Jeug opgewonde is en dat hierdie n reuse sukses sal wees! PERSONAL: PREPARING MY HEART FOR REVIVAL (Now Moses was a very humble man, more humble than anyone else on the face of the earth.) But this is not true of my servant Moses; he is faithful in all my house. With him I speak face to face, clearly and not in riddles; he sees the form of the Lord (Numbers 12:3, 5-8). Ancient of days, we long to see You face to face, yet we find it difficult to humble ourselves and be faithful to You every day. Please forgive us for our cold and distant hearts. We humble ourselves before You and are hungry and thirsty for Your presence in our lives and country.

PROGRAM 25-31 Julie Ons almal saam in diens van Jesus Christus Oral, Altyd en in Alles Deur die genade van God Onrusrivier Dienssentrum MAANDAG 25 JULIE (DIENSSENTRUM GESLUIT) DINSDAG 26 JULIE 10h00-12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130. KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 12h00: Die groepie wat op 'n Dinsdagoggend bymekaar kom het besluit om die gemeenskap te bedien met hul kreatiwiteit. Hulle gaan vir die volgende winter fokus op 'n winkel/kafee/motorhawe in die dorp en serpe, musse en handskoene brei vir die personeel. Indien u saam wil kom brei op 'n Dinsdag-oggend is u meer as welkom. Hierdie groepie brei nie net nie - hulle kuier, lag en gesels baie lekker saam - daar is ook altyd iets lekkers om te eet. NAALDWERK: Rita Ferreira is terug van vakansie. U is welkom om herstelwerk te bring. Baie dankie! 10h00: SKAAK Johan Oosthuizen is baie lief vir skaak en wil sy belangstelling/liefde graag met u deel. Kom speel saam met hom by die Dienssentrum. Indien jy nie kan speel nie is Johan bereid om vir jou te leer. Kontak asb vir Johan op n Maandag om te bevestig op 082 804 6715 of 028 316 4961 indien u wil kom saam skaak speel op n Dinsdag. U is baie welkom! Dit is die regte tydverdryf vir die winter aande. KLINIEK 10h00 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorger benodig. WOENSDAG 27 JULIE TRIMGIM in Ark om 10h00 11h30: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus) Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per maand vir nie-lede)*** Al die mans wat belangstel om trimgim te doen kontak asseblief vir Mathilda op 082 339 1085. Sy wil 'n aparte groep vir ons mans begin. VOETE- EN HANDE VERSORGING Marilyn gaan met vakansie vanaf 11 Augustus tot 3 September. Bespreek nou om te sorg dat jou voete en hande reg is vir die tyd wat Marilyn met vakansie is. Ons gun haar die rus! Sy is amper elke Woensdag hier vanaf 8h00 tot laat in die middag. DONDERDAG 28 JULIE 10h15: PRAATJIE DEUR PROF. GEORGE WATERMEYER. Kom luister na die verskillende tipes kanker. Prof. Watermeyer sal onder andere gaan kyk na die endokrine kankers. Dit is 'n praatjie om nie te mis nie - daar is so baie mense met kanker rondom ons. Dit is 'n geleentheid om meer te leer! Mense onder die leiding van tannie Dorothy van Huis Lettie Theron en Ananda Burger brei jaarliks truie vir kinders. Hierdie jaar is dit vir Yomelelani en vir die Cliff Treatment Program gegee. Hier is 'n foto waar Marlinda Wright van die Cliff Treatment Program die truie vashou. Tannie Dorothy staan langs haar. BAIE DANKIE AL DIE BREIERS! SPOELKLIPPE-UITNODIGING NA 'n HEERLIKE "BRUNCH!" WANNEER? Donderdag 18 Augustus DV WAAR? Sandbaai Country House (Angelique Brink) KOSTE? R75 (fooi ingesluit) Koue buffet plus warm ontbyt met brode, koffie/tee ens. NB! Gee name op en betaal voor of op MAANDAG 15 AUGUSTUS by kerkkantoor. Ons vertrek na 10:00 vanaf ons kerk of kom so 10:15 by gastehuis bymekaar. Vir meer inligting kontak JOEP 028 316 4018 of 083 297 9230.

VRYDAG, 29 JULIE KOLWYNTJIE TEETUIN 09H30 11H30 BAIE DANKIE AAN: 1. Al die dames wat betrokke is in die kombuis en eetgoed verskaf. 2. Verjaardaggroepe wat die KOLWYNTJIE kies waar hulle verjaardag wil vier. 3. Bybelstudiegroepe wat rondom 'n koppie koffie/tee kom kuier. 4. Predikante wat net kom bladskud en vinnig 'n geselsie inkry. 5. Persone wat nuwe intrekkers in hulle buurt saamnooi om in te skakel by ons gemeente. MATHILDA ROOS SE PRAKTYK: Ons wil graag Mathilda Roos se praktyk adverteer, aangesien sy so baie vir die dienssentrum doen. Mathilda Roos is n gekwalifiseerde Biokinetikus. Sy het n graad in Menslike Beweegkunde, Honneurs in Sportwetenskap en Biokinetika. Watter tipe dienste lewer sy: Rehabilitasie en dit is meestal ortopedies - gebreekte bene, facture, vervangings, ongelukke, operasies ens. Dan help sy ook van tyd tot tyd met sportbeserings. Sy doen ook "spesiale populasies" kardiaal en diabete, beroerte ens. Sy kyk na ADL (activities of daily living) veral by spesiale populasies. Dan help sy ook met die kardiale pasiente se fiksheid. Die doel van die oefenprogramme is om 'n mens so na as moontlik aan reg en gesond/mobiel te kry. Kontak Mathilda by 082 339 1085 en maak 'n afspraak. Vir net R30 word koffie/tee saam met verversings van jou keuse bedien. Vir groepbesprekings kontak Marie 'n week of twee vooraf by 028 316 4018 of 083 457 1896. DIENSSENTRUM KUIERPLEK: ons droom is dat die dienssentrum die kuierplek van ons bejaardes/ afgetredenes/uitgetredenes moet wees. Kom skakel in by ons program en geniet dit wat aangebied word. Behalwe Maandae is daar elke dat iets wat aangebied word. Niemand hoef dus alleen by die huis te wees nie. Ons sal u besig hou en sorg dat u lekker ontspan en mense ontmoet! Indien u probleme het om by die dienssentrum uit te kom - kontak die dienssentrum en gee u naam en telefoonnommer. VERSORGERS/HUISHOUDSTERS: Sr. Ronel Calitz is in beheer van hierdie baie belangrike deel van die dienssentrum. Kontak haar gerus by 073 152 5623 indien u probleme het met die versorging van 'n bejaarde. Sy gaan doen 'n tuisbesoek, evalueer die situasie, tree in gesprek met die bejaarde en/of sy/haar kinders en saam word 'n plan beding om die bejaarde te versorg. Sy sorg ook dat die regte versorger by die bejaarde geplaas word - sy soek na die regte persoon. Dit is vir ons belangrik dat ons bejaardes wat versorging geniet gelukkig moet wees! WOL: Daar het 'n behoefte ontstaan vir wol by die Dienssentrum. Daar word so baie gebrei dat die wol al hoe minder raak. Indien u dalk met 'n bol wol sit waarvan u ontslae wil raak - skenk dit asseblief vir die Dienssentum. Ons wil graag ook musse en serpe brei vir volgende jaar se winter. Dit kan dan vanaf die Dienssentrum verkoop word! Indien u dalk so iets wil brei vir die Dienssentrum - dit sal baie waardeer word. ONSTEATER DONDERDAG 28 JULIE 14:30 FILM: VIR ALTYD n Romantiese komedie oor HUGO en NINA, ou kindertydvriende wat weer ontmoet...op Nina se rampspoedige troue. Met IVAN BOTHA en DONNALEE ROBERTS. Slegs donasie vir ons Dienssentrum. Kom en ontspan die middag met 'n GRATIS koppie koffie/tee na die fliek, vir die wat nog wil kuier. KONTAK NOMMERS DIENSSENTRUMNOMMER 028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE (09H30 12H30) VIR ENIGE INLIGTING. ERIKA OOSTHUYSEN Maatskaplike Werker O28 316 3115 / 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za ALMAL WELKOM!

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185 anton@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 08h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Hennie Davies 061 300 4577 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00) boek ONTHOU! HUIS LETTIE THERON BASAAR Saterdag 30 Julie 2016 om 09h00, in die Grobbelaarsaal, Hermanus. Ons benodig donasies vanaf kontant, gebak soos koeke, beskuit, koekies, brood en nageregte tot wit -olifant-items (skakel en ons sal kom afhaal) asook leë 2L roomysbakke. Alle donasies welkom. Plaas op basaarlyste in sirkulasie of lewer af by die tehuis voor die basaar. Byvoorbaat dankie vir u bydraes en ondersteuning asook op Basaardag. MOSAÏEK GROEP BYEENKOMS Maandag 25 Julie 2016 om 15h00 in Dienssentrum. DVD van Helen Keller gaan vertoon word. (Gratis) Enige belangstellendes welkom. ONRUS MENGELMARKIE As gevolg van die Kalfiefees in Augustus is ons volgende markie by die De Wetsaal in Roosstr., Onrusrivier, vervroeg na Sat. 30 Julie. Dus geen markie vir Augustus. Kom vroeg, geniet die verskeidenheid van die markie en kry iets lekker vir die naweek! DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 wees KOSPAKKIES Ons kan net weer BAIE DANKIE sê vir almal se bestanddele. Ons Vader seën ons mos sodat ons 'n seën vir almal kan wees. TE KOOP: Tweedehandse elektriese rolstoel. Nog in baie goeie toestand. Kontak Nikki by 082 432 8790. CRAFTERS SE GOEDERE GESOEK vir n winkel in Hermanus. Brei of hekel jy? Hulle soek enige mooigoed om te verkoop. Die winkel no is 028 312 2088 of 081 426 5205. SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 WINTERPROJEK: Duisende dankies vir al die deodorant, waslappies, tandeborsels, tandepasta, seep ensovoorts wat ingekom het. Ek glo dit gaan menige tannie of oom of kind se hartjie baie bly maak by Sofca, Huis Lettie Theron en by die Swop Shop. Baie dankie vir al die harte wat oopgegaan het en gebring het - dit is opreg waardeer! DIE KLEREKAS soek asb hangers waaraan hulle die klere kan hang. Indien u ekstra hangers het, bring dit asb na die kerkkantoor. Dit sal baie waardeer word! Enige klere is ook baie welkom. Ons het groot hoeveelhede klere uitgedeel en die kaste is maar leeg! Gaan loer gerus deur u kaste en bring na die kerkkantoor. BAIE DANKIE! KOEKSISTERS TE KOOP: 29 JULIE Neem asseblief kennis dat ons op 29 Julie koeksisters in die maalruimte bak en dat dit teen 11vm beskikbaar sal wees teen R30 per dosyn. Koeksisters sal ook by Huis Lettie Theron se Basaar op 30 Julie beskikbaar wees. Bestel asseblief voor 28 Julie by: Ria Niemann Sel 082 971 8257 ONDERSTEUNINGSGROEP: Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Dimensie ly en hulle familielede na 'n ondersteuningsgroep wat op MAANDAG, 1 AUGUSTUS, om elf uur tot twaalf uur in die sitkamer van die Dienssentrum gehou sal word. Dit is nie maklik om hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n Mens het nodig om daaroor te praat! Kom na die dienssentrum en kom gesels saam of sit net agteroor en luister na die res van die groep en kry weer motivering! Navrae: Erika Oosthuysen. BYEENKOMSTE BY AFTREEOORDE (deur Dr Clifford Heys) Woensdag 3 Augustus is daar 'n biduur by Kidbrooke om 10:00 en dan om 11:00 by 9-Ster. U is welkom! OVERBERG WINTERMARK 27-30 JUL by Napier se kerksaal. Daar is 62 uitstallers van regoor die Wes-Kaap. Gaan kuier gerus bietjie daar. Chris Schutte Sel: 083 258 4990 Tel: (028) 212 1159 E-pos: chris@csca.co.za