GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Petrus en die Krag van Gebed

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

God se Woord. God se Wil

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

DIE AA NDBOODSKA PPER

Seisoen van die Gees

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Dawid die Skaapwagter

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Die kerk van die Woord

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

"'n Oop en vry teologiese debat met werklike diepgang"

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Het die Roomse Katolieke Kerk, Ons Werklik die Bybel Gegee?

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

BYBELS-GESONDE GESINNE

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

ROEPING & RIGLYNE TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN Jaargang 61 Nr. 3 Desember 2013

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

SEISOEN VAN LUISTER. Waarom n Seisoen van Luister?

LoveGodGreatly.com 1

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Inleiding: Oorsig oor die Bybel 11

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

BELHAR ARGIEWE (Deel 3) : Spesiale versameling van aanlyn preke/artikels van die Belhar Belydenis (1986)

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Om nie te dink bó wat in die Skrif geskrywe staan nie konsistensie en ontwikkeling in die teologie van Piet Geyser

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Daar is konflik in die gemeente

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Is die Bybel inderdaad genoeg as ons wil weet hoe om die Here ons God te behaag en te dien? Of het

TEOLOGIESE STROMINGE IN DIE NG-OPLEIDING AAN DIE TEOLOGIESE FAKULTEIT, UP IN GESPREK MET PROF JULIAN MÜLLER

Josua - van jongs af n leier

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

ANTIPAS HEROUT. OOR ONS ONDERWERP is. No 53 DIE KERK EN DIE STAAT

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Transcription:

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING 1

2 Skrifgebruik en Skrifbeskouing in die NG Kerk

Inleiding Die Bybel neem in die NG Kerk as gereformeerde kerk ʼn baie belangrike plek in. Toe ons oor ons gereformeerde identiteit gepraat het (Verslag van 2007), het ons beklemtoon dat die wesensvraag van Luther (Waar kry ek ʼn genadige God?) steeds vir ons in die sentrum staan. Ons identiteit beskryf ons deur die vraag van Luther te beantwoord, en dit is dan dat die Bybel onmisbaar is. Die Bybel is vir ons belangrik omdat die genadige God sentraal staan. Wanneer ons kyk wat ons in die verlede daaroor gesê het, kan dit help om verwarring oor die saak op te klaar en as stimulus te dien om lidmate te laat deelneem aan die kerk se besinning oor die manier waarop die Bybel se gesag funksioneer. Wanneer daar diep meningsverskil in die kerk ontstaan oor sake soos die vrou in die amp, die onderhouding van die sabbat al dan nie of, soos nou onlangs, selfdegeslagverhoudings, kan dit dikwels na verskille in Skrifgebruik teruggevoer word. In die gesprek oor Skrifgesag en Skrifgebruik moet deeglik kennis geneem word van die resultate van die navorsing in die teologie omdat die implikasies van die onlangse ontwikkelings nie geïgnoreer kan word nie. Wat jy hier lees, is nie ʼn vakwetenskaplike artikel nie, maar eerder ʼn gespreksdokument aan die adres van die gemeente. Vir die sinvolle gesprek oor Skrifgesag en Skrifgebruik is ten minste die volgende temas van belang. 1. Verskuiwings oor tyd heen 2. Insigte oor die verstaansproses 3. Die eietydse gesprek 4. Die amptelike besinning in die kerk 3

1. Wat is die Bybel? Verskuiwings oor tyd heen Agter die huidige amptelike standpunt van die NG kerk lê daar ʼn lang geskiedenis van nadenke. Wanneer ons in 2015 oor Skrifgesag nadink, is ons nie die eerste in die ry nie. By verskeie sinodes sedert 1986 het verslae daaroor gedien. Ons gebruik die taal en insigte van die gelowiges wat voor ons daaroor gedink het. Terwyl ons gesprek in ʼn gereformeerde konteks gevoer word, maak dit nogal sin om terug te loop tot by die Reformasie van die 16de eeu sodat ons kan seker maak ons luister behoorlik na al dié stemme uit ons verlede. Al kan dit tot gevaarlike oorvereenvoudigings van ingewikkelde formulerings lei, kan ons dit tog ter wille van perspektief waag om die ontwikkelings sedert die Reformasie grafies voor te stel. Elke keer moet die omstandighede waarbinne die uitsprake gemaak is deeglik in ag geneem word. 4 Die Bybel is die Woord van God Ons ontvang wat God gee In die tyd van die 16de-eeuse Reformasie is die stryd oor die gesag van die kerk gevoer. In die Katolieke Kerk tydens die Reformasie het die Bybel nie regtig ʼn sentrale plek ingeneem nie. Die sakramente was meer op die voorgrond. Die Reformasie van die 16de eeu het gesorg dat die Bybel ʼn besonder prominente plek in die kerk ingeneem het. In dié tyd en teen dié agtergrond is daar dan ook ʼn bepaalde Skrifbeskouing geformuleer wat lank die toon aangegee het. Die Reformatore het die gesag weg van die kerk na die Woord geskuif. Van daar die groot klem op die Bybel as God se Woord. Dit is ʼn poging om te sê God het die gesag, en nie mense of ʼn instelling soos die kerk nie. Dit was die groot waarheidsmoment in die besondere beklemtoning van wat die Bybel is. Hierdie voorstelling het ook ʼn problematiese kant. Ons kan ons oë sluit vir die eg menslike karakter van die Bybel en op ʼn ongeloofwaardige manier word die Bybel dan ʼn orakelboek waarin God direk aan die woord is. Die mens is slegs die ontvanger van die Goddelike woorde. Dit oortuig nie, want enige noukeurige leser van die Bybel weet dat ons daar mense van vlees en bloed hoor praat. Met God en oor God. Dit sou die volgende uitdaging wees. Hoe beskryf ʼn mens die gesag van die Bybel op so ʼn manier dat die mens se rol in die totstandkoming daarvan tot sy reg kom? In die 17de en 18de eeu het mense soos Kopernikus en René Descartes se bydraes tot onderskeidelik die sterrekunde en filosofie die kerk voor nuwe uitdagings met betrekking tot Skrifbeskouing gestel. Sekere uitsprake wat op letterlik historiese (alles het presies gebeur soos die Bybel beskryf) aannames berus het, het nou vanuit die wetenskappe onder skoot gekom. Die menslike kant van die Bybel het hiermee noodwendig sterker na vore gekom. Nuwe formulerings probeer dit verwoord. Soos God se Woord in mensetaal. Dit verteenwoordig eerlikheid met die bevindings in die navorsing. Die Heilige Gees het mense gelei om in eie taal, styl en kultuurkonteks te skryf. Onderliggend God se Woord in mensetaal Die Gees lei ons om in eie taal te skryf

is dié denke sterk daarop gebou dat dit Goddelike woorde in menslike vorm is. God is vir die inhoud verantwoordelik, maar dit is ter wille van die mense in verstaanbare menslike idioom gegiet. Weereens was dit ʼn poging om die resultate van die navorsing eerlik te verreken en te beskryf hoe die gesag van die Bybel dan verstaan moet word. In die 20 ste eeu het die bevindinge van die Literatuurwetenskap en die postmoderne denke n betekenisvolle invloed uitgeoefen op die denke oor die gesag van die Bybel. Hiervolgens is die Bybelboeke die resultaat van mensewerk. Dit is mensewoorde oor God. In die mensewoorde hoor ons God. Die geloofsinsigte, ervaringe en interpretasies van mense word die erfenis wat van die een geslag na die ander oorgelewer is. Hierdie soort formulerings het baie gelowiges laat voel dat die gesag van die Bybel oorboord gegooi word. Ander het dit gebruik om die aard van die Bybel se gesag te herdefinieer. Die Bybel is dan steeds die weg waarlangs God ons help om iets van Hom te begryp. Selfs al is dit deur en deur n boek met menslike karakter, historiese foute en tydsbepaalde uitsprake help dit om die verskillende gesigspunte wat in die Bybel opgeneem is beter te begryp. Dit is steeds moontlik om met oorgawe te bely : Dit is die woord van God. Die Bybel bly onverswak die gesagsboek van die kerk. In die Gereformeerde en Lutherse teologie is daar al dikwels n parallel gesien tussen die Bybel en Christus. Ons bely van Christus sy mensheid én Godheid. Die oomblik as ons verder probeer verduidelik hoe dit moontlik is en hoe dit nou presies verstaan moet word, raak ons woorde op. Dieselfde geld wat ons belydenis oor die Skrif as Woord van God betref. Dit is woord van God én mense woord. Wanneer Skrifbeskouing prakties word in Skrifgebruik, word dit duidelik of daar aan albei aspekte vasgehou is. Uit bostaande diagramme is dit duidelik dat die teologiese denke oor die Bybel telkens beïnvloed word deur wat op terrein van die natuurwetenskappe en geesteswetenskappe gebeur. Herformulerings oor die aard van die Skrifgesag en die oorsprong van die Bybel is telkens deur hierdie ontwikkelings genoodsaak, want ons leef in en praat oor dieselfde wêreld. Skrifbeskouing bly voorlopig en word van tyd tot tyd aangepas met die lig wat beskikbaar is. Ons beskouing oor die Bybel is nie gelyk aan die Bybel nie. Deur dit alles heen het die Bybel bly funksioneer as maatstaf (kanon) waarmee gelowiges oor hulle lewe voor God kan besin. Die Bybel is die Woord van God God se Woord in mensetaal Ons ontvang wat God gee Die Gees lei ons om in eie taal te skryf 5

2. Insigte oor die verstaansproses Baie mense dink ʼn mens het nie nodig om te dink oor die manier waarop die Bybel gelees word nie. Jy maak jou oë oop en lees dit gewoon. Jy wonder nie eens wat ʼn teks is of wat jy nou eintlik doen wanneer jy lees nie. Dit is soos fietsry. Sodra jy begin wonder hoe jy dit doen, val jy af. Die verstaanswetenskap het ons egter geleer dat daar ʼn hele klomp dinge gebeur wanneer ʼn mens ʼn teks optel en lees om te verstaan. Die insig dat jy die teks nooit sonder enige veronderstellings of aangeleerde opvattings of kennis, met ander woorde, sonder enige bagasie, lees nie, het ons baie meer beskeie gemaak oor ons uitsprake op grond van die Bybel. Verder het die navorsing uitgewys dat ʼn verskeidenheid faktore ʼn rol in kommunikasie speel: ʼn sender (1) kommunikeer met ʼn ontvanger (2) deur middel van ʼn teks (3). Die groot afstand tussen die wêreld van die sender en die wêreld van die ontvanger beteken misverstande kan baie maklik ontstaan. Om net te sê: Dit staan in die Bybel, beteken glad nie die betekenis van wat daar staan, het by jou tuisgekom nie. In die bestudering van die tekste wat normaalweg gebruik word wanneer daar oor homoseksualiteit besin word, word dikwels melding gemaak van die belangrikheid daarvan om nie die Bybel as ʼn versameling tydlose waarhede te lees nie. Kyk net tot watter gevolgtrekkings kan dit lei as ʼn mens dit sou doen. Wie sy pa of ma vloek, moet doodgemaak word (Eks 21:15). Wanneer twee mans stry en die een slaan die ander met ʼn klip of die vuis sonder om te dood, is dit aanvaarbaar (Eks 21:18-19). ʼn Man mag meer as een vrou hê (Lev 18:8). Twee mans wat ʼn homoseksuele verhouding het, moet doodgemaak word (20:13). Wie die Naam van die Here oneerbiedig gebruik, moet die doodstraf kry (Lev 24:15). Die man en vrou wat egbreuk pleeg, moet doodgemaak word (Lev 20:10). Jy mag nie geld teen rente uitleen nie (Deut 23:19). Wanneer twee mans baklei, en een se vrou kom help en gryp die man wat haar man slaan aan sy geslagsorgane, moet haar hand afgekap word (Deut 25:11). Dit is nie betaamlik vir ʼn vrou om sonder iets op haar kop in die erediens tot God te bid nie (1 Kor 11:13). Vroue moet in die byeenkomste van die Christelike gemeente stilbly, want hulle word nie toegelaat om te praat nie (1 Kor 14:34). Dié lysie kan veel langer gemaak word. Dit is egter genoeg voorbeelde om aan te toon waarom ons die Bybel nie as ʼn tydlose dokument lees nie. In ons soeke na die waarheid interpreteer ons. Ons neem ʼn boek uit ʼn ou wêreld wat totaal anders is as dié waarin ons woon en ons probeer verstaan wat dit vir ons beteken. Uit dit alles is dit duidelik hoe belangrik dit is dat die Bybel binne die kerk gelees en gehoor word. Die besinning oor wat God se wil vir ons is, kan nie vorder sonder die korrektief van die gemeenskap van gelowiges nie. Die Bybel is nie vir individue geskryf nie. Die Here het dit vir die kerk as geloofsgemeenskap gegee. Dit is ook waarom dit baie sin maak om die belydenisskrifte ernstig op te neem. Dit maak deel uit van die eeue lange soeke van die kerk na God se wil. Dit is ook die rede waarom ʼn gereformeerde kerk wat probeer om die Bybel vir sy eie tyd te verstaan, dit nie eenkant en alleen sal wil doen nie. Die ekumeniese gesprek is net so onontbeerlik. Die navorsing in die verstaanswetenskap is dus nie ʼn ivoortoringaktiwiteit wat geen implikasies vir die kerk inhou nie. Die insigte wat ons daar verkry, help ons om met verantwoordelikheid en oorgawe met die Bybel besig te wees. 6

3. Die eietydse gesprek Sedert die 1986-verslag van die Algemene Sinode oor Skrifbeskouing, waaraan die drie teologiese fakulteite destyds meegewerk het, het veel Afrikaanse water en spesifiek binne NG geledere oor Skrifbeskouing reeds in die see van interpretasies geloop. Die Afrikaanse pers het destyds die gesprek aan die gang gesit deur publisiteit te verleen aan publikasies wat oor die gesag van die Bybel gehandel het. Soms was die beriggewing billik en kon lidmate die gang van die besinning goed volg. Ander kere is uitsprake in isolasie aangebied met verwarrende gevolge en ʼn vervlakking van die gesprek. Hoe dit ook al sy, met billike of onbillike beriggewing in ag geneem, het die gesprek dikwels met omstredenheid gepaardgegaan. Waaroor het dit in hierdie Afrikaanse publikasies gegaan? Die belangrike paradigmaverskuiwings wat in die geskiedenis plaasgevind en verskuiwings ten opsigte van Skrifbeskouing teweeggebring het (sien voorafgaande paragrawe oor verskuiwings), word in hierdie Afrikaanse werke onder oë geneem. ʼn Letterlike verklaringsmetode, wat beteken dat alles presies gebeur het soos dit in die Bybel staan, word as onhoudbaar aangedui. Die opvatting van die Bybel as direkte Godswoord wat God as t ware tussen die buiteblaaie van die Bybel beskikbaar maak, word vervang met die insig dat ons in die Bybel nie te make het met letterlike Godsuitsprake nie, maar met menslike taal wat beeldend en metafories heenwys na ʼn ander dimensie, en dat dit juis die metaforiese meerduidigheid van die Bybel is wat ruimte gee aan die Gees om te waai waar Hy wil. Die Bybel kan nie langer verstaan word as ʼn eenvormige blok Godsuitsprake wat bloot net gesistematiseer moet word nie. Bybelse tekste of dit nou poësie, filosofie, verhale of briewe is ontspring uit bepaalde sosiale beddinge en moet as sodanig verstaan word. Waar sommige vroeëre geslagte die Bybel dan op die grondslag van ʼn fundamentalistiese Skrifbeskouing gesien het as ʼn boek met eksakte volkekundige, natuurkundige, historiese en teologiese informasie, word daar vandag in navorsingskringe aanvaar dat die Bybel (religieuse) literatuur is wat onvermydelik deel het aan die kulturele oortuigings van destyds en waarin die skrywers die werklikheid waaroor hulle vertel noodwendig vanuit spesifieke perspektiewe geteken het. Die rol wat die leser van die Bybel in die interpretasieproses speel, is in die eietydse gesprek ook telkens uitgewys. Gelowiges is bewus gemaak van die rol van die lesersgemeenskappe by die bestudering en toe-eiening van die Bybel. Die feit dat daar verskille in Skrifbeskouing onder gelowiges binne gereformeerde kring aanwysbaar is, het ʼn sensitiwiteit gebring vir die voorlopige aard van ons uitsprake oor die Bybel. Sterk klem is daarop gelê dat ons moet onthou ʼn Skrifbeskouing is altyd maar net ʼn beskouing, altyd menslik, altyd feilbaar, altyd voorlopig, altyd veranderbaar, altyd aanpasbaar. ʼn Skrifbeskouing kan nooit iets wees wat uitgewerk word en tot in ewigheid onveranderlik kan bly staan nie. 7

Die vernaamste (en blywende) taak van die NG Kerk, in die lig van haar geskiedenis van Skrifuitleg, is waarskynlik om hierdie insig met betrekking tot die aard (feilbaar, voorlopig, aanpasbaar, veranderbaar) van Skrifbeskouing(s) aan haar lidmate verduidelikend deur te gee. Nie om, by wyse van spreke, tien riglyne om die Bybel reg te verstaan op onfeilbare, onveranderbare en vir ewig vasgepende wyse manier te formuleer nie, maar om die proses, die dinamika en weerloosheid van die leesproses en (vooropgestelde) Skrifbeskouings aan gelowiges deur te gee. 4. Die amptelike standpunt Die kerk se amptelike standpunt soos dit in die amptelike stukke geformuleer staan, moet gelees en beoordeel word teen die agtergrond van bogenoemde uiteensetting van die verskuiwings wat plaasgevind het en die voortgaande teologiese besinning oor die saak. Die amptelike standpunt van die kerk oor Skrifgesag Kommer oor teenstrydige standpunte tussen teoloë oor Skrifbeskouing en Skrifhantering het die Breë Moderatuur gedurende 1985 gedring om die drie teologiese fakulteite van die NG Kerk te versoek om verslae voor te berei waarin die saak van Skrifgesag en Skrifgebruik hanteer word. Dié drie verslae is tot een verslag verwerk en aan die Algemene Sinode van 1986 voorgelê, waar dit aanvaar is as ʼn amptelike studiestuk wat as riglyn vir lidmate en ampsdraers kon dien. Hierdie studiestuk het nie ʼn volledige behandeling van die onderwerp aangebied nie, maar slegs enkele aktuele sake hanteer. Die opstellers van die verslag het ook uitdruklik vermeld dat die verslag nie gesien moet word as aanvullend tot die belydenisskrifte nie, maar eerder as verklarende opmerkings oor die belydenis. Samevatting van die 1986-verslag Die verslag stel as geloofsvertrekpunt dat die Heilige Skrif onder inspirasie van die Heilige Gees tot stand gekom het, en deur die blywende en onvernietigbare verbintenis tussen die Heilige Gees en hierdie geskrifte die Woord van God is waardeur Hy lewend tot ons spreek. Hierdie oortuiging word met die begrip teopneustie uitgedruk, en die manier waarop hierdie inspirasie plaasgevind het, word as organies of dialogies beskryf. Die kern van die organiese inspirasieleer word soos volg saamgevat: Die Heilige Gees het by die totstandkoming van die Heilige Skrif op sodanige manier van die diens van mense gebruik gemaak dat daar in geen enkele opsig aan hulle selfwerksaamheid afbreuk gedoen of die historiese en psigologiese bemiddeling van die openbaring uitgeskakel is nie. Die Bybelskrywers was ten volle betrokke by die totstandkoming van die Bybel, hetsy deur persoonlike herinneringe, mededelings van ander mense en ander skriftelike bronne. Hierdie gegewens het hulle dan geïnterpreteer en op hulle eie manier weergegee, maar deur die hele proses heen was die Heilige Gees betrokke om die resultaat te waarborg. Daar is presies weergegee wat sy Goddelike bedoeling daarmee was. 8

Algemene Sinode van 1990 Tydens die Algemene Sinode van 1990 het die saak van Skrifbeskouing weer ter sprake gekom binne die konteks van die een verslag van die Tussenkerklike Kommissie (TKK) en AKLAS. Hierin word die saak van Skrifgesag verder ter sprake gebring teen die agtergrond van Skrifuitleg. Eenstemmigheid oor die gesag van die Skrif bring nog nie eenstemmigheid oor die uitleg van die Skrif nie. Uit die TKK se verslag blyk dit dat die saak van Skrifgesag veral in die gesprek tussen die kerke aktueel is, maar dat daar nie wesenlike verskille oor die saak is nie. Algemene Sinode van 1998 Sedert die 1986-verslag het die kerk in amptelike hoedanigheid nog nooit van bogenoemde standpunt afgewyk nie. In die lig van uitlatings van teoloë asook insinuasies in die pers dat die NG Kerk nie meer die belydenis van die Bybel as die Woord van God ernstig opneem nie, reik die ASK in hulle verslag aan die Sinode van 1998 ʼn verklaring uit waarin herbevestig word dat die 1986-verslag steeds geld as amptelike standpunt van die kerk. Daar word onomwonde gestel dat die Bybel die unieke, geïnspireerde Woord van God is. Ten spyte van hierdie belydenis gaan die gesprek oor Skrifgesag en Skrifhantering steeds voort en blyk dit dat die belydenis van Skrifgesag nie eenvormigheid oor Skrifhantering bring nie. Algemene Sinode van 2002 en 2004 Op ʼn besonder helder manier bevestig die Algemene Sinode van 2002 en 2004 die posisie van die NG Kerk ten opsigte van Skrifgesag. Die taal van hierdie stuk klink byna soos dié van ʼn belydenisskrif. Trouens, die stuk begin weereens met die belydenis dat die Bybel die Woord van God is. Selfs die implikasies van hierdie belydenis word punt vir punt uitgespel. Let daarop hoe die nuwe insigte van die teologiese wetenskap met hierdie belydenis geïntegreer word. Soos telkens vantevore word hier weer gekies vir ʼn kultuur-sensitiewe lees van die Bybel. Die Algemene Sinode keur die volgende verklaring goed en verwys dit na gemeentes en ringe vir bespreking: 5.1 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk, as kerk wat in die gereformeerde tradisie staan, bely dat die Bybel die Woord van God is en dat dit daarom: gesag het oor ons hele lewe omdat dit aan ons betuig dat ons nie aan onsself behoort nie, maar aan die Here, sodat ons geroep word om in vertroue op Hom en in gehoorsaamheid aan Hom te leef; betroubaar is, omdat ons vas glo dat God werklik is soos Hy Homself in die Skrif aan ons bekendmaak: die Vader, Seun en Gees wat uit genade ons God is; duidelik is, omdat die kerk hierin die helderheid van die evangelie van God se liefde en genade hoor; voldoende is, omdat die Heilige Gees ons deur die Bybel alles leer wat ons hoef te weet om in God te glo en om sy wil te gehoorsaam (vgl NGB Artikel 7). Daarom bely ons steeds gelowig dat dié waarheid bo alles is. 5.2 Soos nog altyd vir die gereformeerde tradisie, beteken hierdie belydenis vir ons nié: dat die Bybel vereis dat ons ons denkvermoë, wat ʼn gawe van God is, moet opoffer nie; 9

10 dat die Bybel gesien kan word as ʼn eksakte handboek vir historiese of wetenskaplike kennis nie; dat die hele Bybel so maklik is om te verstaan dat enige mens selfstandig en onmiddellik alles daarin kan begryp nie; dat die Bybel vir ons die volle kennis oor alle aspekte van die werklikheid gee, sodat geen verdere menslike nadenke of navorsing nodig is nie. 5.3 Ons bely verder dat God deur die Heilige Gees die kerk deur die eeue in die waarheid van hierdie Woord lei. Dit beteken vir ons dat ons die Skrif as die lewende Woord van God in gemeenskap met die Heilige Gees en met mekaar hoor. Daarom was die kerke in die gereformeerde tradisie nog altyd oortuig van die belangrikheid van ʼn verantwoordelike interpretasie van die Skrif waardeur die kerk as geloofsgemeenskap onder leiding van die Heilige Gees soek na die waarheid, geregtigheid en barmhartigheid wat God deur sy Woord in ons tot stand bring. Hierdie oortuiging dat die kerk die Skrif moet interpreteer, blyk onder meer uit: die klem wat van die begin af gelê is op n grondige kennis van die oorspronklike tale (Hebreeus, Grieks en Aramees) waarin die Bybel geskryf is, asook die soeke na die beste metodes vir verantwoordelike Skrifuitleg; die beklemtoning dat die hele Skrif gelees moet word in die lig van die konteks waarin dit ontstaan het, sodat die tyds- en kultuurbetrokkenheid daarvan in die uitleg verreken kan word; die soeke na reëls vir die uitleg van die Skrif (voorbeelde van sulke uitlegreëls uit ons tradisie is: dat die Skrif as totaliteit gelees moet word, dat Skrif met Skrif vergelyk moet word, dat die moeiliker dele in die lig van die makliker dele vertolk moet word, en dat die Skrif vanuit sy hart, die evangelie van Jesus Christus, verstaan moet word); die onderskeid wat in die uitleg van die Skrif gemaak is tussen verskillende dele van die Skrif wat ʼn verskillende soort gesag het (byvoorbeeld die onderskeid tussen die historiese en normatiewe dele van die Skrif, asook die onderskeid tussen die kultiese en morele wetgewing); die dankbare, maar kritiese luister na die manier waarop die Skrif in die geskiedenis van die kerk uitgelê is en in ons eie tyd deur medegelowiges in ons eie kerk en ander kerke uitgelê word; die vestiging van kerklike praktyke vir die interpretasie van die Skrif, soos veral die prediking, maar ook kategese, Bybelstudie, teologiese studie en andere; veral in die daarstel van belydenisskrifte waarin die kerk streef om die hart van die Skrifboodskap duidelik te vertolk en gehoorsaam te aanvaar. 5.4 Hoewel die kerk in elke tyd anders mag oordeel oor die beste reëls en metodes vir verantwoordelike Skrifuitleg, bly dit vir ons ʼn basiese oortuiging dat die belydenis van die Skrif as Woord van God nooit teenoor verantwoordelike Skrifuitleg staan nie. Die belydenis roep ons juis op om ons, in gemeenskap met mekaar en met al die gawes wat God vir sy kerk gegee het, op die soeke na die waarheid toe te lê. 5.5 In die lig van hierdie belydenis glo ons dat God ook in die uitdagende tye waarin ons leef sy kerk deur sy Woord en Gees in die waarheid sal lei. As gereformeerdes

verbind ons ons daartoe om, ook wat die komplekse leerstellige en etiese kwessies van ons tyd betref, in hierdie oortuiging saam te soek na waarheid, geregtigheid en barmhartigheid. Ons glo dat hierdie soeke ʼn ekumeniese strewe is, in verbondenheid met die kerk van alle eeue en die kerk oor die wêreld heen. Waar ons van mekaar verskil, glo ons dat ons in gesprek met mekaar moet bly, in die gebed dat God ons liefde al hoe meer sal laat toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat ons die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom (Fil 1:9-10). Sedert 1986 was die saak van Skrifgesag en Skrifgebruik telkens die onderwerp van navorsing en nadenke. In 2013 is daar byvoorbeeld weer gevra vir ʼn stuk oor Skrifgebruik wat kan help met die lees, verstaan en vertolking van die Skrif. Dit is duidelik dat die NG Kerk die afgelope 30 jaar indringend aandag gegee het aan Skrifbeskouing, Skrifgesag en Skrifgebruik. Gevolgtrekkings Daar is in die NG Kerk nie onduidelikheid oor die gesag van die Bybel nie. As belydenisuitspraak geld dit vir alle lidmate en ampsdraers dat die Bybel bely word as Woord van God. Die werk van die teologiese fakulteite in 1986 het die grondslag gelê waarop daar in ander stukke voortgebou is. Daar is ʼn duidelike lyn van afwysing van fundamentalisme en die gepaardgaande a-historiese, letterlike lees van die Bybel. Juis daarom het die NG Kerk in sy besinning oor selfdegeslagverhoudings nie volstaan met ʼn tydlose aanhaling van sewe tekste oor homoseksualiteit nie. Die historiese konteks waarbinne die Bybel ontstaan het, word ernstig geneem. What it meant and what it means is nie noodwendig dieselfde nie. In die hantering van moeilike etiese en leerstellige sake is die Bybel op ʼn konsekwente manier hanteer. Al is daar ʼn diep en breë eenstemmigheid in die NG Kerk oor die gesag van die Bybel, is daar gewoonlik meer as een soort Skrifgebruik aan die werk. Dit is egter opvallend dat die kerk in sy amptelike stukke en besluite kies vir die kultuur-sensitiewe lees van tekste. Wanneer ons die geskiedenis van die NG Kerk se pad met Bybelverstaan ken, is die besluit oor selfdegeslagverhoudings die logiese konsekwente besluit. Dit is eie aan ʼn gereformeerde Skrifverstaan dat ook hierdie besluit nie as finaal gesien kan word nie. Soos alle besluite, is dit aan voortgaande besinning onderhewig. 11

Die Bybel is die Woord van God Ons ontvang wat God gee God se Woord in mensetaal Die Gees lei ons om in eie taal te skryf 12