Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Similar documents
Jesaja sien die Toekoms

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Profetiese woord vir 2017 en verder

Seisoen van die Gees

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

BYBELS-GESONDE GESINNE

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Dawid die Skaapwagter

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

God se Woord. God se Wil

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

LoveGodGreatly.com 1

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Besprekingsvrae vir selgroepe

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

die goeie en mooi GEMEENSKAP

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

GEBED VIR KERKLEIERS

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Die krag van. n vrou wat bid

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

My liewe broers en susters, ek

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

Josua - van jongs af n leier

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

DIE AA NDBOODSKA PPER

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Transcription:

Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat die slagoffer van die oneerlike bestuuurder se skelmstreke is die man prys en bewonder vir die slim, dog oneerlike planne wat hy op die ou end maak om sy eie toekoms te verseker. Erger is dat Jesus lyk of hy die oneerlike bestuurder en sy voorbeeld prys: Die mense van hierdie wêreld tree onder mekaar slimmer op as die mense van die lig. Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang. Hoe maak mens daaruit sin? Om hierdie gelykenis te begin verstaan moet ons besef hierdie gelykenis is 'n kontrasgelykenis- twee wêrelde word teenoor mekaar gestel. Ek noem dit maar die tydelike lewe of aardse lewe en wat dit inhou en beteken wat teenoor die ewige lewe wat dit alles inhou en beteken, gestel word. Mense van hierdie wêreld wat beteken mense wat die Here nie ken nie en nie volgens Sy beginsels leef nie word ook gestel teenoor mense van die lig wat die Here wel ken en volgens SY beginsels leef. Miskien moet ek begin by die oneerlike bestuurder en wat hy gedoen het en hoe sy lewe gelyk het. Die bestuurder het vir hierdie ryk man gewerk en hy het sy huishouding en sy besigheid bestuur. Hy het volmag gehad om namens die baas met ander mense te onderhandel asof hy die baas self was. Hy het die slawe wat vir die baas gewerk het se opdragte gegee en hulle salarisse betaal. Hy het kontrakte namens sy baas gesluit. Hy is in Grieks die oikonomos genoem- die wet van die huis. In die baas se huis was sy woord wet. Hy het soos die gebruik was met bestuurders in die huis van die baas gebly en aan sy tafel geëet en en sy goed gebruik asof dit sy eie was. Hy het dus soos een van die baas se huismense geleef. Sy posisie was een van aansien en prestige. Die bestuurder het geen salaris ontvang nie, maar van die baas of eienaar se goed geleef en hoe ryker hy die eienaar gemaak het, hoe meer het sy eie welvaart toegeneem. Hoe word jou toekoms verseker: Die gebruik van geld en goed: Die oneerlike bestuurder het sy baas se geld verkwis- dieselfde woord word hier gebruik as vir die verlore seun wat sy pa se goed of sy erfporsie verkwis het. Die oneerlike bestuurder word egter uitgevang nadat iemand hom by sy baas verkla. Sy baas dank hom af, maar hy soek een finale verslag

van hoe hy die baas se sake bestuur het. Die baas en sy mense kom die boeke oudit in die taal van ons tyd. Die oneerlike bestuurder besef nie net sy werk nie, maar sy hele toekoms is in die gedrang. Hy gaan sy blyplek verloor, hy gaan in die sakewêreld die reputasie kry as hierdie oneerlike man wat beteken hy gaan moeilik ander werk kry. Hy moet iets doen om sy toekoms te verseker. Die bestuurder word hier geteken as man van hierdie wêreld wat nie onder die Here se gesag staan of volgens die beginsels van Sy koninkryk leef nie. Vir hierdie man gaan dit net oor een ding- selfbehoud. Hy is boonop ingestel op sy eie gemak en gerief- hy gaan nie tuinwerk doen nie en hy weier om te bedel. Hy pleeg bedrog en kook die boeke deur vir ten minste twee mense minder te laat betaal as wat hulle die grootbaas geskuld het. Mense het dikwels in daardie tyd byvoorbeeld hul maandelikse huur met produkte soos olyfolie en koring betaal. Nou is hierdie twee manne by die oneerlike bestuurder in die skuld. Hulle is deel van sy bedrog en hy het iets om hulle mee af te pers as die baas hom uitskop. Hulle gaan verplig wees om vir hom te sorg en huisvesting te gee as hy sy werk verloor. Dis eenvoudig hoe die wêreld werk- jy verseker jou eie toekoms op watter manier ook al- of dit nou eerlik of oneerlik is. Eintlik gaan dit nie altyd eers oor eerlik of oneerlik nie- die belangriker vraag is of jy daarmee kan wegkom. Die oneerlike bestuurder gebruik eenvoudig sy eienaar se geld en goed en sy posisie om namens die baas te kan onderhandel as middele om sy eie toekoms te verseker. En sy eienaar prys hom vir die slinkse manier waarop hy sy toekoms verseker het. Die eienaar of die baas is nie hier simbool van God of die Vader nie. Hy is waarskynlik net so korrup soos die oneerlike bestuurder. Jesus gebruik dus twee oneerlike en korrupte mense om sy punt te bewys. Wat Jesus hier prys is nie die bestuurder se oneerlikheid nie, maar wat hy insit, sy effort, sy ywer om seker te maak dat daar vir hom in die toekoms plek in tydelike of aardse wonings sal wees. Jesus stel ook hierdie ou se helder toekomsvisie voor die dissipels se oë. Nou redeneer Jesus van iets minders na iets meer. Mense van die lig behoort soveel te meer ywer of effort in te sit wat veel meer as die oneerlike bestuurder nie op pad is na tydelik wonings nie, maar na ewige wonings. Behoort ons visie vir die toekoms, ons wat ewige wonings beloof word nie veel meer te wees as die van die oneerlike bestuurder nie? As oneerlike mense so heelhartig optree om hul eie toekoms te verseker, hoeveel te meer behoort kinders van die Here nie heelhartig sy dissipels te wees nie? Kinders van die lig word aangemoedig om hul geld en goed so te bestee dat hul vriende sal hê wat hulle sal inwag as hulle eendag by die ewige wonings of in die ewigheid aankom. Kinders van die lig weet wat hulle het en besit is nie net vir hulself en vir eie gebruik nie. Wat ons het moet tot eer van God en tot voordeel van ons naaste gebruik word. Dit maak ons soms seer om veral finansieel te gee, want ons is onder die wanindruk dit behoort aan my. Ek is net die bestuurder van God se geld en goed.

Die gelykenis kom herinner ons opnuut geld en besittings is die grootste karaktertoets wat ons dalk ooit te doen gaan kry. Belê daarom jou tyd en geld en goed vir die toekoms van God se koninkryk en vir die toekoms van mense. Gee jou geld vir daardie weeskind in die Oosblok-lande, sit daardie kind deur universiteit as jy kan wat dalk nooit die geleentheid sou kon kry nie, gaan gee Sondagskool of Kinderbediening en word hierdie mentor vir kinders. Dan kom jy eendag in die hemel aan en daardie weeskind vertel jou as dit nie vir jou was nie, sou hy nooit skool toe kon gaan nie of warm kon slaap nie. Die kind wat jy deur universiteit gesit het, kom vertel wat sy met haar graad kon gaan doen. Die kind vir wie jy Sondagskool gegee het, kom vertel dat jou opregte geloof hom inspireer het op sy pad met die Here. Die liedjie Thank you verduidelik die gedagte baie mooi: Thank you for giving to the Lord. I am one who was changed. Kinders van die Here verseker mos nie hulle eie toekoms in die ewige wonings waarheen ons op pad is nie. Die Here verseker dit vir jou en dit word vir jou verseker omdat jy die Here as Koning van jou lewe erken en uitleef. Maar ons het wel 'n invloed op wie saam met ons by die hemelse wonings opdaag. En ons kan invloed uitoefen op die kwaliteit van lewe wat mense hier op aarde kan leef op pad na die ewige wonings. Hoe jy uiterlik vir mense voorkom en wat jy het teenoor wie jy ten diepste is (jou hart) (vers 15): Mense van die wêreld waarby Jesus die Joodse godsdienstige groep die Fariseers inreken, hou van goed voorkom vir mense en roem op wat hulle het. In daardie tyd het die ou Jode geglo dat voorspoed of rykdom beteken het jy is hierdie goeie mens- dit is gesien as die lewe van iemand wat deur God geseën is. Daarteenoor het armoede vir hulle beteken jy is deur God vervloek of jy word deur God gestraf. Mense van die lig weet egter wat God waarlik weeg is nie hoe jy vir mense voorkom of in terme van wat jy het nie. Hy meet jou hart- Hy vra watter tipe mens is jy. Die mens wat jy besig is om te word is vir God altyd belangriker as wat jy het of bereik. Vir God is dit belangriker dat jy in karakter groei as in rykdom en invloed. Een engelse skrywer verstaan dit so: It is not about how much you have, it is about who you are. Die Here brei verder op hierdie teenstelling of kontras tussen uiterlike voorkoms en wat jy het teenoor wie jy is uit deur te verwys na die oneerlike mammon en die ware rykdom. Die Here sê as jy met jou hantering van die oneerlike mammon of aardse middele of rykdom nie betroubaar is nie, jy ook nie in die ware rykdom betroubaar sal wees nie. Want betroubaar en onbetroubaar vertel iets van wie jy is,

van hoe jou hart is. Dieselfde geld dat as jy nie in klein dingetjies betroubaar is nie, jy ook nie in die groot dinge van die lewe betroubaar sal wees nie. In hierdie gelykenis waar Jesus so praat oor kinders van die lig se ewige wonings, leer Hy ons ook dat wie ons op aarde is en hoe ons hier en nou leef geweldig belangrik is. Dit illustreer miskien baie helderder as enigiets anders of ons leef soos mense wat op pad na ewige wonings is en as kinders van die lig onder God se outoriteit staan. Hoe ons op aarde leef en met ons geld en goed en met ander mense se geld en goed omgaan getuig of ons lewens werklik oorgegaan het van die duisternis na SY wonderbare lig. Die dien van God en die dien van Mammon: (vers 13) Die dien van God en die dien van Mammon word hier teenoor mekaar gestel. Mammon beteken eenvoudig die here van die onregverdiges. Die vraag hier is wie is jou god. Wat is 'n god? 'n God het te doen met jou diepste sekuriteit in die lewe- die een wat voorsien, wat jy vertrou, dit waarop jy jou oë rig as jy in die nood is. As jy kind van die Here is, kan jou geld en goed nie jou god wees nie. Geld en goed is jou god as dit waaroor jy meestal dink en waarvoor jy jou bewyer is hoe jy dit meer en meer kan maak. As jy alles doen met die oog op hoe my geld harder vir my kan werk en my meer en meer sekuriteit in die lewe kan gee. Of God is jou diepste sekuriteit of dis jou geld en goed. Geen middeweg nie. As God ons Here en Meester is, behoort geld in ons diens staan en ons nie in diens van geld nie. Dan behoort jy jou besittings te besit en nie jou besittings vir jou nie. Slot: Verhoudings is kern: Laastens is dit miskien moontlik dat Jesus ook aansluit by die oneerlike bestuurder omdat hy verhoudings met mense alhoewel hy dit manipuleer het op die ou end bo goed of sy posisie gestel het. Die oneerlike bestuurder leer dat vir iemand wat in die regte verhouding met mense is, daar voorsorg en ondersteuning vir die toekoms sal wees. Hy verander die verhouding van bestuurder wat kom invorder by hierdie mense namens sy baas na die van vriend wat op dieselfde vlak as hulle is. Dit waarsku ons as kinders van die lig- selfs korrupte en skelm mense weet dat die jy ander mense nodig het. Ons glo dit nie nie altyd nie- ons dink ons behoort as ons geloof sterk is self reg te kom en op ons eie voete te staan. In die koninkryk van God is die kern ook verhoudings. Ander soort verhoudings. Nie gemanipuleerde verhoudings waarin ek iets vir jou doen sodat jy my kan skuld en ek een of ander tyd kan sal kom kollekteer of gunse terug verwag nie. Maar verhoudings van wedersydse liefde en ondersteuning waar ook die geld en middele wat ek het nie net aan myself behoort nie, maar ook aan hulle wat behoefte het. Het jy al na jou geld en goed gekyk en gedink: nie wat het die Here vir my

gegee nie, maar wat het die Here vir ons gegee? Vir SY koninkryk voorsien het en nie net vir my nie. Is jou geld en goed net jou geld en goed of is dit koninkryksgeld en -goed waarmee verhoudings vir die ewigheid gebou kan word? Jesus leer ons die grootste toets vir ons geloof en dissipelskap is nie net hoeveel ons bid en Bybel lees nie. Dis baie meer prakties as dit. Dit het ook en veral te doen met wat ons maak met dit wat die Here in terme van geld en besittings aan ons toevertrou het. Ons geld en goed het natuurlik ook met verhoudings te make. En God meet ons gebruik van ons geld en goed aan wie daardeur geseen word. Hoe ons ons geld en goed gebruik en waar dit in ons lewe staan, getuig harder as enigiets anders wie ons Here en ons Meester is. Amen