Seisoen van die Gees

Similar documents
Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Geloofsvorming by kinders en jongmense

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Petrus en die Krag van Gebed

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Petrus en die Krag van Gebed

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

God se Woord. God se Wil

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Besprekingsvrae vir selgroepe

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Profetiese woord vir 2017 en verder

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Dawid die Skaapwagter

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

ALFABET VAN DIE HUWELIK

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

KRAG VAN TRANSFORMASIE

GEBED VIR KERKLEIERS

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

BYBELS-GESONDE GESINNE

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Josua - van jongs af n leier

die goeie en mooi GEMEENSKAP

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Daar is konflik in die gemeente

LoveGodGreatly.com 1

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

To love without knowing how to love wounds the person we love.

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Die krag van. n vrou wat bid

n Groepstudie om jou huwelik te verryk.

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

DIE AA NDBOODSKA PPER

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Transcription:

HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe

HOE DIE GIDS HIERDIE KWARTAAL WERK! Ons sluit hierdie kwartaal aan by stof wat in die tieners se kategese vir hierdie kwartaal gebruik word. Daar kom dus 'n nouer verband tussen wat die tieners in hulle groepe doen en dit wat die gemeente in kleingroep verband doen. Die stof is effens aangepas om in te pas by hoe die gespreksgids gewoonlik in ons gemeente funksioneer. Hou egter in gedagte dat dit oorspronklik vir tieners bedoel is. Dit maak dus iets van die tieners se leefwêreld sigbaar. Die gids is NIE bedoel as 'n begripstoets nie, wel as 'n inleiding tot besinning, nadenke en bespreking. Moet dus nie net lees wat in die gids staan nie, dink daaroor, bespreek en debatteer dit. Moenie bang wees om kreatief te wees nie! Alles wat in die gids staan hoef nie gelees of bespreek te word nie, die byeenkoms van die kleingroep bepaal wanneer daar genoeg gepraat en gedink is. Kleingroepleiers kan ook addisionele stof bywerk, sou die behoefte bestaan. Aan die einde van elke week is daar gepoog om die lesers uit te daag om dit wat ontdek is te gaan leef. Elke individu/groep kan hierby nog uitdagings identifiseer wat aansluit by die unieke eienskappe en omstandighede van die lesers/groep. Wanneer daar aan die einde van 'n byeenkoms stilgeword en gebid word, kan daar ook gebruik gemaak word van die GEBEDSKALENDER van die gemeente wat maandeliks by die eredienste beskikbaar gestel word. Seën toegebid 2

INHOUDSOPGAWE Hoe die gids hierdie kwartaal werk! 2 KWARTAALTEMA: SEISOEN VAN DIE GEES 7 Mei Hoe luister ek na die Heilige Gees? 4 14 Mei Geskenke vir almal 7 21 Mei Vir ewig en altyd 10 28 Mei Pinksterweek - elke aand 19:00 4 Junie Reg of verkeerd - hoe kies ek? 13 11 Junie Heelword plekke 17 18 Junie Wonderwerke 20 25 Junie Christus se Koninkryk 24 My verbintenis as kleingroeplid 27 3

7 MEI. Hoe luister ek na die Heilige Gees? LOGIN Vir Angie verdere vra: Almal bespreking praat en oor nadenke: die STEM VAN DIE HERE. HOE praat God met my? HOEKOM sal God met my WIL praat? Help Bepaalde my, asseblief! begrippe bring bepaalde emosies by ons op. Dink mooi Wat sou jou/julle antwoord vir Angie wees? 1. Woord en Vrae (Joh 14:21-26) Elke mens luister na verskeie stemme bv: Ander mense Media en gebeurtenisse Jou eie stem Duiwel Gees (The still small voice or not?) 2. Praktiese raad om die stem van die Heilige Gees te hoor Die geheim lê dalk in 1 Konings 19:11-12. Die Heilige Gees se stem word baie maklik deur al die ander geraas in ons lewe verdring. 3. Hoe kan jy oefen om na die stem van die Heilige Gees te luister? Vyf sleutels: God praat op n persoonlike manier: God se stem is nie noodwendig hard en duidelik nie, maar is meestal n gedagte, prentjie of gevoel. Oefen om jou eie emosies en gedagtes stil te maak sodat jy vir God se stem ontvanklik is: Soos wat dit in die alledaagse lewe nie moontlik is om op een slag na drie mense te luister nie, is dit ook nie moontlik om na God te luister wanneer daar n klomp dinge om jou aan die gang is nie. 4

Dit is dus is baie belangrik om jou gedagtes en emosies stil te maak om sodoende God se stem te kan hoor. Fokus op Jesus Christus: Dit is belangrik om jou gedagtes op Jesus te vestig sodat daar nie plek is vir verkeerde gedagtes en invloede nie. Hou n joernaal van die gesprekke tussen jou en God: n Baie praktiese hulpmiddel is om rekord te hou van gesprekke tussen jou en God. Dit is belangrik om na vorige gesprekke te kyk; dit word moontlik gemaak deur n joernaal te gebruik. Vind n accountability partner/ mentor n Accountability partner is iemand wat n pad saam met jou kan stap. Die persoon tree as raadgewer op, maar is in die eerste plek iemand wat na jou luister. Hy deel in jou goeie en slegte tye. Jy moet hierdie persoon vertrou en hom toelaat om vrae te vra wat jou soms ongemaklik kan laat voel. Dit is natuurlik belangrik dat jou mentor n Christen moet wees. Die persoon moet jou tot geestelike groei uitdaag. Jy is natuurlik nie tot een accountability partner beperk nie, maar kan verskillende persone hê wat verskillende rolle in jou lewe vervul. 4. Hoe onderskei ons tussen die stem van die Heilige Gees en ander stemme? (Gal 5:13-17) Wat sê die Bybel? Dit is belangrik om dít wat jy hoor met die Woord te gaan toets om sodoende te verseker dat jy altyd in die waarheid bly. Wat sê ander gelowiges? Ander gelowiges kan jou help om besluite te neem. Bevestig hulle wat jy gehoor het? Wat sê jou ouers? 5

Die Here het hulle aan jou gegee om jou in jou besluitneming te lei. Luister maar na hulle raad! Wag vir bevestiging Met verloop van tyd word dít wat jy hoor, gewoonlik op ander plekke bevestig. Stem dit ooreen met die Storie van jou Lewe? Is dít wat jy hoor, heeltemal uit lyn met die pad van jou lewe? Indien dit so is, wil dit nie sê dit is nie die Here nie, maar dan moet jy seker maak dit word op ander maniere bevestig. Sou jy eerlik sê dít wat jy hoor, is nie net die begeerte van jou hart nie? Hoor jy nie dalk maar net jou eie stem wat sê wat jy graag wil hê die Here moet sê nie? Dit beteken natuurlik egter nie dat die Here nie ook soms vir jou wil gee wat jy graag wil hê nie! 5. Uitdaging vir die week - en verder Hou op 'n daaglikse basis boek te hou van julle reis saam met die Heilige Gees. Dit is goed om julle ervarings/gevoelens met iemand te deel; moontlik met jou accountability partner of iemand anders wat jyvertrou Getuienis - Eloïse Snyman Hoe het die Heilige Gees met my gepraat? Dit was nie n stemmetjie, of n duidelike teksvers nie. Ek het baie oor my toekoms getwyfel en soos n mal mens vir antwoorde begin soek: orals en by almal. Ek het eendag in n hopelose bondel neergeval en gefrustreerd vir God gevra waarom Hy dan nie sy plan vir my lewe vir my wil wys sodat ek Hom kan volg nie ( ek was baie kwaad vir Hom en het amper gevoel of ek Hom kon uitskel...). Weke het verbygegaan en ek het net al hoe meer moedeloos geword. Maar terselftertyd het ek op n eienaardige manier meer rustig in my hopelose soektog geword. Die Gees het die storm in my rustig gemaak en het begin om vir my n begrip van God se timing en sy onverklaarbaarheid te gee. My toekomsplanne het mettertyd helderder geraak en ek het al hoe minder my antwoorde by wêreldse dinge gesoek. 6

14 MEI.. Geskenke vir almal LOGIN Ek dink ek het 'n gawe om te... 1. Woord en Vrae (1 Kor 12:1-11 & 27-31 ; Ef 4:7-12 ; Rom12:4-8; 1 Pet 4:11) Watter gawes word hier genoem? Waarvoor word elke gawe gebruik? Besin oor die volgende (gebruik 1 Korintiërs 12): - Watter aktiwiteit geniet jy die meeste? - As jy iemand moet help, waarmee sal jy hom graag wil help? - Aan watter gawes dink jy is daar n behoefte in julle gemeente, gemeenskap, skool, ens? - Hoekom is daar gawes? - Tot wie se voordeel is die gawes? - Is dit moontlik dat almal in jul gemeente, groep, gemeenskap nie hul gawes optimaal gebruik nie? - Is dit dalk hoekom dinge soms net nie wil uitwerk nie? (Nota: Wanneer ons wonder of gawes reg aangewend word, kan die volgende riglyn gevolg word: Dit gaan oor die OPBOU van die gemeente die fokus is dus uitwaarts en is tot voordeel van iemand anders as jyself. Gawes word nie gegee om tot jou eie voordeel te wees nie; dit gaan nooit oor jouself nie, maar wel om God en om sy koninkryk te verheerlik en uit te bou. 2. Kyk na Rick Warren se SHAPE-model: (God het nooit beplan om op sy eie te werk nie. Hy het ons gemaak om in verhouding met Hom te leef. Hy bemagtig ons met gawes sodat ons sy medewerkers kan wees. Ons is ge"shape" om spesifieke dinge vir Hom te doen). 7

S = Geestelike gawes: Die dinge wat onder andere in 1 Korintiërs en Romeine genoem word. H = Hart: Wat is jou passie in die lewe. Waarvan hou jy? Wat is vir jou lekker om te doen? A = Aanlegte: Waarmee is jy goed? Wat kan jy spontaan doen sonder om eers te probeer? P = Persoonlikheid: Jou gawes hou verband met jou persoonlikheid. Jy sal dus nie sommer die gawe van prediking hê as jy n introvert is nie. Moet egter nie vergeet dat God wonderwerke kan doen en selfs jou persoonlikheid kan verander sodat jy vir Hom kan werk nie! E = Ervarings. Waarvan het jy ervaring? Wat het met jou in jou lewe gebeur? Hoe kan God dit gebruik? Hoe sal julle iemand help om hulle gawe te vind as hulle na jou toe kom, moedeloos gesoek is en soos 'n mislukking voel? 3. Breinknoper Wat sê jy/julle oor die volgende scenario: Wat van my? Daar is rêrig niks wat ek kan doen nie. Ek het al die verse in die Bybel gelees wat oor gawes handel. Ek het nie n gawe nie ek is nie goed met enigiets nie...! 4. Hoe lyk n samelewing waar gawes funksioneer? 5. Uitdaging vir die week en verder! - Dink na oor alles wat jy moontlik vir die koninkryk kan beteken. - Neem hierdie week tyd om op een SHAPE-letter per dag te fokus. - Doen hierdie week moeite om te probeer uitvind wat jou gawes is. Die maklikste manier is om dinge eenvoudig net te begin doen. "Trial and error" is soms die beste manier om te bepaal of jy n spesifieke gawe en/of aanleg het. Evalueer jou ervarings en belewenisse deur daaroor te bid en mediteer. Oordink alles rustig; 8

raak stil en hou jou geestelike ore en oë oop vir die Gees se boodskap. "Fellowship among the spiritually-gifted people exists because of their common possession of the one gift, Jesus Christ. Christ himself is the one who really 'has' the spiritual gifts... As head of the body, he is the source and bearer of all spiritual gifts. They function at his behest." Edmund Schlink, The Coming Christ and the Churchly Traditions p164 (German edition). "When a man falls in love, he almost instinctively seeks to present a gift. Even the gift of tenderness, kisses, and time which he spends without measure. Every beautiful thing he finds he feels the need of offering to her, and without hesitation: He knows that she, too, will find it beautiful, for every gift affords infinite pleasure when we are in love." Paul Tournier, The Meaning Of Gifts p51 (SCM, 1964). BUT IF WE ARE THE BODY WHY AREN'T HIS ARMS REACHING? WHY AREN'T HIS HANDS HEALING? WHY AREN'T HIS WORDS TEACHING? AND IF WE ARE THE BODY WHY AREN'T HIS FEET GOING? WHY IS HIS LOVE NOT SHOWING THEM THERE IS A WAY? THERE IS A WAY! (CASTING CROWNS) 9

21 MEI. Vir ewig en altyd... LOGIN Het jou vriende jou al ooit in die steek gelaat? Of wat was die ergste storie wat jy gehoor het - van seerkry en opbreek? 1. Watter van die volgende stelling/s dui die naaste aan hoe jy/julle voel oor verhoudings? - Om in 'n verhouding te wees is die beste ding wat 'n mens kan gebeur. - Ek kan nie dink dat ek ooit alleen sal moet wees nie. - Die gedagte aan 'n verhouding maak my opgewonde. - 'n Verhouding iewers in my lewe sal seker oukei wees. - Dit maak nie regtig vir my saak nie. - Hoe minder verhoudings ek het, hoe beter. - Ek stel nie rêrig in verhoudings belang nie. - Tog net nie nog 'n verhouding nie! - Ek dink nie eers aan 'n verhouding nie. - Verhoudings is groot moeilikheid - ek bly VER weg. 2. Woord en Vrae - Wat dink julle sê die Bybel oor die huwelik? - Kan julle voorbeelde van huwelike noem? Verskillende tipes huwelike in die tyd van die Ou Testament: Jakob en sy vrouens (meer as een vrou) - Gen 29:16-30 Volgens Moses se wet moes die ouers hul toestemming gee - Eks 22:16-17 Laban reël sy dogter se huwelik - hele Gen 29 Vrouens is verkry deur n saketransaksie - Gen 29:20 Vrouens is verkry deur hulle te ontvoer Rig 21:21-23 Vrouens is deur konings gegee - 1 Sam 17:25; 18:17,21 10

Dogters is op grond van beloftes weggegee -Rig 1:12; 1 Sam 17:25; 18:27 Vrouens is op bevel van konings geneem - Est 2:2-4 en 8-14 Die huwelik het dus baie anders gelyk as vandag! Ef 5:21-33 is sekerlik een van die beste gedeeltes oor die Christelike huwelik in die Nuwe Testament - dit moet net nie verkeerd vertolk en gebruik word nie! Die kern daarvan is dat man en vrou wedersyds onderdanig aan mekaar moet wees soos ons aan Christus is. Die tweede belangrike punt is dat hierdie onderdanigheid slegs kan plaasvind as daar wedersydse liefde is. n Derde punt is dat die huwelik deur God ingestel is en n ewige verbintenis is - die twee word nou een. Dink na oor die volgende: - Wat beteken onderdanigheid? - Teenoor wie moet jy altyd onderdanig wees? - Wat kan dit vir jou vriendskap/verhouding/huwelik beteken? - Waarom dink julle het die Here besluit dat daar n huwelik moet wees? - Wat is die kern van n gelukkige huwelik/vriendskap? - Hoe verskil die Christelike huwelik van ander huwelike? Deel met mekaar wat die grootste les(se) is wat julle oor verhoudings geleer het. 3. Waar sê die Here Jesus kom die huwelik vandaan? - Matt 19:4-5 - Kyk ook na: 1 Kor 7, 1 Kor 11:1-12, 1 Kor 13, 2 Kor 6:14-7:1, Heb 13:1-6, Rom 7:1-6, 1 Tim 4:1-5 - Stem julle saam met die volgende: Meeste mense spandeer amper al hulle tyd om die regte een te soek. Hulle moet egter veel eerder meer tyd daaraan spandeer om die regte een te word. 11

- In die verlede is mense wat skei erg veroordeel en verwerp. Vandag is daar groter aanvaarding. Is skei nog verkeerd? Wat sê die Bybel daaroor? - Hoe handhaaf 'n mens wat die Bybel leer oor egskeiding sonder dat mense voel hulle word veroordeel? 4. Breinknoper Op watter manier is elke verhouding in 'n mens se lewe n voorbereiding vir die huwelik? Of is dit nie ter voorbereiding van die huwelik nie? 5. Uitdaging vir die week en verder! Wat behoort in jou verhoudinge/vriendskappe te verander? When you allow yourself to move in the Spirit, things just start to jell. Your service, work, teaching, preaching, or witness, somehow gets a new coherence and/or energy. Anoniem 12

4 JUNIE. Reg of verkeerd - hoe kies ek? LOGIN Vandag moet mense baie meer keuses maak as 100 jaar gelede! Kies ons beter of slegter as hulle? 1. Woord en Vrae Vanuit n Bybelse perspektief gaan dit oor die godsdienstige fondamente van moraliteit. The touchstone of religion is morality. The proof of faith is obedience. Spring and vindication of morality is always ultimately religious. Hope for the immoral lies not in self-reform but in divine salvation. Jesus Christus het met sy aardse lewe en optrede vir ons die voorbeeld kom stel hoe om reg en verkeerd van mekaar te onderskei (natuurlik is Hy baie meer as die Perfekte Mens, Hy is die Verlosser van die wêreld...) In Hom, in heel konkrete terme sien ons hoe daar reg en verkeerd opgetree behoort te word. Met dankbaarheid en met liefde. Hoe kan ons verander (om relevant te bly), terwyl ons waardes steeds dieselfde bly? 2 Kor 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. Wat is hierdie heerlikheid? (kyk ook Rom 7:15) 2. Ons kom elke dag voor besluite te staan 13

A study, published in the January 2007 issue of Environment and Behavior, surveyed 139 Cornell staff and students to estimate how many decisions they make about food each day.on average, the participants estimated they made about 15 food decisions per day. But, when they answered specific questions about when, what, how much and where they ate, and who made decisions about meals, the participants actually made an average of 221 foodrelated decisions each day. "So many food decisions are made on mindless autopilot," Brian Wansink, the John S. Dyson Professor of Marketing and of Applied Economics at Cornell, said in a prepared statement. Wansink said the problem with making more food decisions than we are aware of is that each decision can be influenced by the environment. "It's really easier than we think to let small things around us - plate size, package size, people around us, distractions - influence these 200-plus decisions, because we are not aware of them in the first place," 3. Hoe weet n mens vir seker wat reg of verkeerd is? Dit is duidelik dat daar sekere dinge is waaroor n mens relatief maklik n besluit kan neem, terwyl ander besluite heelwat moeiliker is. Help Petro om oor aborsie te besluit. Sy vra jou hulp om haar te help besluit of aborsie reg of verkeerd is?(een stelling op 'n keer) - Petro is swanger en wil n aborsie ondergaan. Reg of verkeerd? - Petro is 14 jaar oud. Is aborsie reg of verkeerd? - Die swangerskap is die gevolg van verkragting. Is aborsie reg of verkeerd? - Daar is n groot moontlikheid dat die moeder kan sterf as die baba gebore word. Is aborsie reg of verkeerd? 14

- Die baba het Downsindroom (verstandelik en liggaamlik gestrem). Is n aborsie geregverdig of nie? Ons kan soos volg oor besluitneming dink: Die Objektiewe Model en die Subjektiewe Model. Objektief Duidelike grense Ons kan ook sê dit is n sielkundige model. Dit handel oor: Selfrespek Trots Geluk Selfvervulling Subjektief Onduidelike grense Ons kan ook sê dit is n teleologiese (doelmatige) model (handel oor wat die doel en uitkoms van die besluit is). Dit handel oor: Persepsie Gevoel Hoe ons dink oor 'n saak Die gevolg(e) van die besluit Word beïnvloed deur: Omstandighede Persone se standpunte en menings Agtergrond Toekoms Impak (bv om n brood te steel vir my honger kind teenoor iemand se kar te steel vir eie gewin) Groter sake/relatiwiteit Lesser evil Die probleem met beide modelle is dat soos ons ouer word, word die lewe meer kompleks en besluitneming raak dus moeiliker. Voorbeelde van beide modelle word in die Bybel gevind. As Christene moet ons n ander maatstaf hê waarvolgens ons moet lewe. Hoe weet ons wat Jesus sou doen? (Feit: Ons weet eenvoudig nie wat Jesus in sommige situasies sou doen nie). 15

Jesus self help ons met n raamwerk vir besluitneming wanneer Hy die groot gebod (van liefde) vir ons gee (Matt 22:36-40). 4. Praktiese vrae aan jouself voor jy groot besluite neem: Is jy selfsugtig as jy hierdie besluit neem? Gaan jy iemand daardeur benadeel? Is jy te trots om n ander opsie te oorweeg? Is jy besig om ander mense tevrede te stel? Bring dit iemand tot n val? Wat is die impak daarvan op God se Koninkryk? Kan jy met die besluit vir die res van jou lewe saamleef? Het jy daaroor gebid? Stem dit met die Woord ooreen (bv die vrug van die Gees - Gal 5:19-26) Het jy jou ouers/mense wat jy respekteer oor jou besluit geraadpleeg? 5. Uitdaging vir die week en verder! Wanneer jy weer n belangrike besluit moet neem, onthou om jouself bg tien vrae af te vra. 16

11 JUNIE. Heelword plekke LOGIN Wie is daardie persoon wat jy nie voor jou oë kan verdra nie? Wat die lewe uit jou frustreer? Hoekom? Dink jy dis moontlik om hom/haar te kan aanvaar of vergewe? 1. Woord en Vrae Kyk na die volgende twee woorde: vergifnis forgiveness - Wat is die kern van die Afrikaanse woord? - En dié van die Engelse woord? Wat is die moontlike betekenis? - As jy nie iemand kan vergewe nie, kan jy jou lewe vergiftig. - Om te vergewe, is iets wat jy doen sonder om iets terug te verwag - In die ondersteuning van persone met substansieafhanklikheid, word hul ondersteuningskring die volgende geleer: Aktiwiteit: Maak jou oë toe en dink aan drie mense in jou lewe wat baie vir jou beteken/beteken het. Visualiseer hul gesigte. - Wat het hulle vir jou beteken? - Wat kan jy van hulle onthou? - Gee tyd vir stilte Dink nou aan mense wat jou baie sleg oor jouself laat voel/ laat voel het. Visualiseer hul gesigte. - Wat onthou jy van hulle? - Hoe VOEL jy oor jouself en oor hulle wanneer jy aan hulle dink? 17

- Gee tyd vir stilte 2. Matteus 6:14-15 In hierdie gedeelte wil dit voorkom asof God se manier om van die negatiewe bagasiein ons lewens ontslae te raak, deur vergifnis is. - Waarom is vergifnis vir God so belangrik? - Is die proses van vergifnis maklik of moeilik? Vergifnis tussen Nelson Mandela en FW de Klerk Nelson Mandela moes geweldig baie selfopoffering doen om die destydse regering vir die verlede te vergewe. FW de Klerk moes op sy beurt opofferings rondom aanvaarding maak. Deur mekaar te vergewe, is daar versoening tussen die twee, asook tussen rasse en kulture bewerkstellig. 3. Gen 37:3-4, 23-24 en Gen 45:3-5 - Met wie in die verhaal kan jy assosieer? Verduidelik. - Wat het in die verhouding tussen die persone in die verhaal verander? - Wat het dieselfde gebly? 4. Breinknoper Het God geheueverlies? Vergeet Hy van ons verkeerde dade? Kan ONS vergewe EN vergeet? Moet ek iemand vergewe as hy aanhou om my sleg te behandel? Hoe kan n verhouding met iemand herstel word as daardie persoon/groep nie verander nie? Wat daarvan as verhoudings nie herstel kan word nie? Sommige mense is onwillig om die verhouding te herstel. As jy alles in jou vermoë gedoen het, aanvaar dat die ander persoon onwillig is en vind berusting daaroor. Sommige verhoudings is só gebroke dat dit menslik gesproke onherstelbaar is. 18

5. Uitdaging vir die week en verder! - Raak stil en maak jou oë toe. - Wie se gesig sien jy in jou gedagtes? - Wat sê die Heilige Gees vir jou oor daardie persoon? - Wil Hy dalk iets vir jou sê oor julle verhouding? - Is daar iets wat Hy wil hê jy moet doen? - Is daar iemand waarvoor jy om vergifnis moet vra? Riglyne: - Praat eers met God voordat jy met die persoon gaan praat - Neem jy die inisiatief - Luister eerder as om te praat - Erken jou aandeel in die konflik en aanvaar verantwoordelikheid daarvoor - Fokus op die problem en nie op die persoon nie - Streef eerder na n versoening as na n oplossing Versoening begin by jou. Elke mens op hierdie aarde kan sy eie gesindheid kies, self sy gedrag bepaal en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Bid dat mense sal verstaan dat vergifnis die sleutel is om van gebroke verhoudings te herstel en dat dit deur die werking van die Heilige Gees plaasvind. Die Heilige Gees transformeer ons tot n nuwe gemeenskap. Die nuwe gemeenskap is eintlik maar net n herstelde gemeenskap! Hierdie transformasie word in die boek Handelinge uitgebeeld. n groepie gelowiges was só bang vir die Romeine dat hulle hulself toegesluit het. Deur die werking van die Heilige Gees is hulle egter omvorm sodat hul glad nie meer bang was om vir hul geloof op te staan nie! "I can not change another person by direct action. I can only change myself, by God's grace. Others have a tendency to change in reaction to my change." Bombshell theory 19

18 JUNIE. Wonderwerke LOGIN Wat is die werk van 'n koning? Wat is 'n koninkryk? 1. Woord en Vrae Waarom maak die Here nie alle siek mense gesond nie? Waarom doen Hy nie vandag allerhande wonderwerke sodat mense dit kan sien en kan glo nie? Wat is die verskil tussen God en n kulkunstenaar? Wat is die doel van wonderwerke? om mense te vermaak? om mense te beïndruk? om mense gelukkig te hou? om te wys hoe God se koninkryk lyk? 2. Matt 8-9 - Wat sê Jesus se wonderwerke van die koninkryk waarvan Hy kom vertel het? - Het Jesus se wonderwerke vandag nog enige betekenis? Indien wel, wat? - Wat beskou mense as wonderwerke in die moderne samelewing? 3. Wat is n koninkryk? Wat is die pligte van hedendaagse konings? Wat dink julle was hul doel in die verlede? Jesus praat ook van n koninkryk. Die dissipels het egter die hele tyd n prentjie van n aardse koning en koninkryk in gedagte 20

gehad. Selfs met Jesus se hemelvaart wil dit voorkom asof hulle steeds nie sy boodskap oor die koninkryk gesnap het nie. Bespreek die volgende stelling en gee geleentheid vir een of twee antwoorde: Die koninkryk kan met n skaakspel vergelyk word. Is hierdie stelling waar? Wat illustreer skaak van die tema wat ons vandag behandel? Nota: Skaak se oorsprong is uit n tyd toe konings, soldate, perde en torings aan die orde van die dag was. Die koning is die belangrikste skaakstuk. Die doel van die spel is om die koning te verdedig. 4. Hoe werk n koninkryk? - Onderdane - Geboorte - Grondgebied - Koning: Hoogste gesag - Mag - Geld en aardse besittings - Oorheersing 4. Breinknoper Die koning beheer sy onderdane se lewens deur n onverklaarbare en ingewikkelde proses van liefde en onderwerping aan gesag (submission). Die koninkryk word nie deur geweld uitgebrei nie, maar wel deur liefde en submission. 5. God se koninkryk is anders! Jesus se wonderwerke help ons om te verstaan hoe God se koninkryk werk: Dit fokus op mense Dit is oral Dit is liefde 21

Wie is die mense in die koninkryk? Jesus kies eenvoudige, onbelangrike mense as dissipels. Maar dan gaan Hy n stappie verder en kies oorwegend eenvoudige, onbelangrike sondaars vir sy wonderwerke. EN Hy genees hulle ten volle nie net van hul siekte nie, maar Hy herstel ook hul posisie in die samelewing. Waar is die koninkryk? As ons van die koninkryk praat, dink ons gewoonlik aan die hemel en die lewe na die dood. Jesus se wonderwerke bevestig egter dat die koninkryk nie net iets is wat ons eendag sal ervaar nie. Volgens die Bybel is/was die koninkryk: - Die hemel (voor die skepping) - Paradys (Tuin van Eden) God wandel in die tuin Gen 3:8 - Later verskuif die koninkryksgedagte na die Beloofde Land, Kanaän - Ons vind dat die koninkryk eintlik beperk word tot die tempel - Dan kom Jesus en met sy koms het die koninkryk NABY gekom Joh 2:13-22 die wonderwerk van die tempel afbreek Jesus kom neem dié plek in! Hoe werk die regering in die koninkryk? Matt 5 God regeer deur liefde Hoe vergelyk die aardse koninkryk met God se koninkryk? Wat beteken hierdie koninkryk vir sy onderdane en wat beteken die koninkryk vir ander mense? Aardse koninkryk Onderdane Geboorte Grondgebied God se koninkryk Kinders Wedergeboorte Orals 22

Koning: Hoogste gesag Mag Geld en besittings versamel Oorheersing God: Hoogste gesag Diens Weggee/Deel besittings uit Bevryding Tot watter mate stem jou idee van God se koninkryk ooreen met die sleutelwoorde in die linkerkolom? Watter aanpassings moet jy maak? Wat is die doel van die wonderwerke? Dit wys ons dat... 6. Uitdaging vir die week en verder! Hoe lyk JOU koninkryk? In watter koninkryk leef jy? Waar sien julle vandag tekens van God se koninkryk in julle omgewing? Wat kan julle doen om dit meer sigbaar te laat wees? 23

25 JUNIE Koninkryk van Christus LOGIN Watter soort koninkryk is die koninkryk van God? 1. Woord en Vrae - Wat dink julle is die verskil tussen koninkryk van die wêreld en koninkryk van God? Wêreldse koninkryk Selfsug Rykdom en roem Onderdane is slawe Rasioneel Magtige dade Koning wil meer geld aak Gebore in materiële wêreld Christus se koninkryk Diens/liefde Vol vreugde en lewe Onderdane is vry dissipels Soms onlogies Klein veranderings met n groot impak God wil mense se lewens vernuwe Vrywillig deur wedergeboorte Matt 13:24 30 (koring tussen onkruid ons is verteenwoordigers van die koninkryk van God maar...) Matt 13:31-33 (mosterdsaadjie en suurdeeg dit lyk onbelangrik, maar...) Matt 13:44-48 (skat, pêrels, treknet vol vis dit vra opoffering maar...) Matt 5:13-16 (sout en lig vir die wêreld dit gaan oor...) Matt 6:25-34 (voëls en gras in plaas daarvan dat ons op bekommernisse konsentreer, moet...) 24

2. Luk 14:15-24 ( n groot maaltyd almal is welkom veral... ongelukkig is daar...) Enigiets wat n invloed op jou het, is n potensiële koninkryk in jou lewe omdat dit jou kan regeer (dit kan jou gedrag, woorde of denke beïnvloed en/of beheer.) Mense moet besef dat dit oor veel meer as die fisiese wêreldse koninkryke gaan en dat enigeen die slaaf van een of ander koning in ons geesteswêreld kan wees. Ons moet besluit waar ons ten opsigte van ons ander koninkryke staan. Van watter koninkryk is jy n onderdaan? Voltooi die tabel. (0=glad nie n onderdaan nie en 10=beslis n onderdaan) MY KONINKRYK Geld Klere Vriende Tegnologie Musiek Sport Drank Dwelms Partytjies Seks Akademie/Werk TV Internet Skuldgevoelens 0 2 4 6 8 10 Vrae vir nadenke: 25

- Hoe voel jy oor die koninkryk van God en die implikasies daarvan vir jou lewe? - Wat maak dit moeilik/maklik om deel van die koninkryk te wees? - Ons vra dikwels: What s in it for me? Vra jy ook wat jou beloning gaan wees as jy deel van die koninkryk van God word? - Waarom maak hierdie koninkryk sin? 3. Uitdaging vir die week en verder! Vertel vir iemand wat jy vertrou, wat die koninkryke is wat jou lewe beheer. Bid saam daaroor. Maak Christus se koninkryk jou eerste prioriteit. 4. Bykomende tekste oor die koninkryk: Matt 7:21; Matt 11:25; Matt 21:33-43; Matt 23:13; Matt 24:14; Mark1:15; Luk10:9 26

MY VERBINTENIS AS KLEINGROEPLID 1. Onvoorwaardelike liefde Ek onderneem dat ek niks sal toelaat om my liefde vir elke kleingroeplid te skaad nie. Al stem ek nie altyd saam met n ander se opinie of optrede nie, sal ek hom as persoon steeds bly liefhê. Al verskil ons, sal ek andere steeds aanvaar en plek vir God se liefde gee. My liefde sal ook uitreik na ander wat nog nie in die groep is nie en poog om hulle te betrek en deel van die kleingroep te maak. 2. Algehele beskikbaarheid Ek stel myself, my tyd, my energie, my insig en my gawes tot beskikking van die groep. Ek onderneem dat die groep altyd hoë prioriteit sal geniet en dat ek dit sal bewys deur my bereidwilligheid om op te offer en tyd vir die groep te maak. 3. Getroue voorbidding Soos die liefdevolle Vader dit graag wil hê, onderneem ek om op n gereelde basis vir elke kleingroeplid te bid. Ek glo dat hierdie gebede verhoor word en dat elke lid God se seën sal ervaar. 4. Groter openheid Ek belowe om daarna te streef om my gevoelens, my stryd, my swaarkry en my vreugdes met die groep te deel. Ek sal meer openlik wees en die groep met my probleme en my ideale vertrou. Ek sal oop bly om te verander soos die Here dit wil. 27

5. Absolute eerlikheid Ek onderneem om eerlik te wees met elkeen, al sou dit ook seer en sensitiewe dinge behels. Ek sal die waarheid in liefde praat (Ef 4:15), bewus van die feit dat die Here ons gebruik om mekaar te vorm. 6. Sensitiwiteit vir ander Ek onderneem om na die beste van my vermoë ingestel te wees op groeplede se behoeftes, om met Christus se oë te kyk, met Sy ore te luister en met Sy hart om te gee. 7. Waaragtige vertroulikheid Ek beloof om nie oor vertroulike dinge van die groep uit te praat nie en sodoende te help om n atmosfeer te skep waar sekuriteit en openheid heers. 8. Getroue bywoning Ek onderneem om elke kleingroepbyeenkoms stiptelik en gereeld by te woon. Ek sal verskoning maak indien ek dit in uitsonderlike gevalle nie kan bywoon nie. Is jy tevrede om hierdie kontrak met die res van die kleinroep aan te gaan? As almal hulle hiertoe wil verbind, onderneem plegtig teenoor mekaar om bogenoemde verbintenis na te streef. 28