INODALE NUUS. 6 Februarie NG WES-EN-SUID-KAAP MODERATUUR BELOON INNOVASIE! 2. #IMAGINE 2015: REGISTREER NOU! 3. BADISA SPOG MET NUWE EMBLEEM

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Jesaja sien die Toekoms

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Petrus en die Krag van Gebed

Jaar 13 - Uitgawe 3 Kontak ons: 13 Februarie 2015

Petrus en die Krag van Gebed

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Die Kerk Kry Moeilikheid

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

God se Woord. God se Wil

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Profetiese woord vir 2017 en verder

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Empathy Ouerhandleiding

Seisoen van die Gees

Josua - van jongs af n leier

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

ALGEMENE SINODE NUUS IVM PRAAG 1 APRIL-GRAP:

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Die Anglo-Boereoorlog *

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

nuus van ons gemeentes

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

REDAKSIONEEL ALGEMENE SINODENUUS NUUS UIT DIE SINODE

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Dawid die Skaapwagter

Besprekingsvrae vir selgroepe

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Jaar 11 - Uitgawe 19 Kontak ons:

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Jaargang 16 - Uitgawe 2 26 Januarie 2018 REDAKSIONEEL

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

inteken op Verskil / Kanselleer asb my intekening Kontak ons by besoek ons by Noordelike Sinode se facebook twitter Kampterreine: o Badseloop

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Jaar 13 - Uitgawe 28 Kontak ons: 11 September GEMEENTES BIED AAN:

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

LoveGodGreatly.com 1

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Sentrum vir Kommunikasie Sent: 24 April :59 To: VrydagNuus. 25 April

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE

Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Transcription:

6 Februarie 2015 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Fokus Sondag op Onderwys Sondag se Biddag vir onderwys en opleiding is n uitstekende geleentheid vir gemeentes om by skole in hulle omgewing betrokke te raak. Die NG Kerk het ook n beroep op lidmate gedoen om Sondag vir die onderwys, sowel as die hofsaak teen ses skole (oa in Oudtshoorn) te bid. Kry wenke om van 8 Februarie n betekenisvolle geleentheid te maak, hier. S INODALE NUUS 1. NG WES-EN-SUID-KAAP MODERATUUR BELOON INNOVASIE! Innovasie word beloon! Ons herinner aan die onlangse aankondiging in Uit die Moderatuur dat besluit is om die kreatiwiteit van die hele sinode nog beter te ontgin. Die moderatuur loof n R10 000 en R5 000 skenking uit vir die gemeente of bediening wat n vars idee het om die missionale karakter van ons kerk te versterk. Dit moet n konkrete aksie wees wat lidmate betrek en in die groter sisteem gedupliseer kan word. n Hele paar inskrywings is reeds ontvang. Indien jy so n idee het wat werk, stuur dit voor 13 Februarie na skriba@kaapkerk.co.za en wie weet dalk is hierdie projek binnekort R10 000 sterker! 2. #IMAGINE 2015: REGISTREER NOU! Vanjaar se #imagine gaan groter as ooit wees! Inskrywings is oop en plek is beperk (noorde en suide 5 000 en Oos-Kaap 4 000)! Jy kan op twee maniere help: Gaan na die imagine webwerf, volg die eenvoudige aanlyn registrasieproses en begin tieners NOU inskryf. Verder kan jy op twee maniere help om jou gemeentes se tieners opgewonde te maak. Skryf die datum (10-12 April!) oral GROOT neer EN wys die promosie video in die kerk! Daar is twee video s (1 en 5 min lank onderskeidelik) op #imagine se YouTube-kanaal. 3. BADISA SPOG MET NUWE EMBLEEM Vroeër hierdie week het Badisa hulle nuwe embleem bekendgestel. Die handelsmerk simboliseer diensbaarheid, geregtigheid, uitnemendheid en rentmeesterskap. Dit beeld twee organisasies wat saamgesmelt het, die mens, wat Badisa dien en in wie se lewe hulle n positiewe verskil wil maak, sowel as die kruis, waarin hulle waardes en identiteit gevestig is, uit. Die kleure

impliseer genesing, barmhartigheid, eerlikheid, vertroue en betroubaarheid, sowel as regverdigheid en orde. Ons gelukwense aan die kreatiewe span! 4. BEDIENINGSUITDAGINGS EN GELEENTHEDE OOS-KAAP Johan Botha van Getuienisaksie, Carl Swart van Armoede en Sorg en Andrew Esterhuizen van Gemeentebediening vertel dat die bedieningsgroepe wat met getuienis en diens in gemeente en kerkverband besig is (oa Gemeentebediening, Getuienisaksie, Armoede en Sorg), binnekort saamspan in n werkswinkel op 18-20 Februarie in Port Elizabeth. Die tema is: Ons fokus op die bedieningsuitdagings en geleenthede in en vanuit die Oos-Kaap. Klik hier. 5. NG WES-EN-SUID-KAAP MODERAMEN VERGADER n Herinnering: die moderamen vergader op 3 en 4 Maart by die NG Gemeente Stellenberg. Voorsitters van diensgroepe en taakspanne moet asseblief onthou van hulle verslae, wat op 16 Februarie by Salomi (skriba@kaapkerk.co.za) moet wees. Meer inligting oor die vergadering sal volg. 6. UIT DIE KANTOOR VAN DIE NG ALGEMENE SINODE 6.1 Taakspan Homoseksualiteit Konsulteer Die Taakspan van die Algemene Sinode re Homoseksualiteit nooi belanghebbendes uit na twee konsultasiegeleenthede met die Taakspan met betrekking tot n ondersoek na die status (juridies en eties) van selfdegeslagverhoudinge. Die konsultasie sal fokus op die status en etiese vrae rondom selfdegeslagverhoudinge. Dit vind plaas op 25 Februarie in Pretoria en 26 Februarie in Bloemfontein. Aangeheg is meer hieroor. 6.2 Bydraes vir Taakspan Homoseksualiteit Versoek Diegene wat nie by bg konsultasies teenwoordig kan wees nie, is steeds welkom om skriftelik n bydrae te lewer tot die werk van die Taakspan in opdrag van die Algemene Sinode 2013, soos verlede week berig. So 'n bydrae moet fokus op die status en etiese vrae rondom selfdegeslagverhoudings. Reageer asb voor 31 Maart 2015 en rig bydraes of navrae aan algemenesinode@ngkerk.org.za. A LGEMENE NUUS EN INLIGTING 1. HUWELIKSBEVESTIGING: VOORREG OF FRUSTRASIE? Hoewel predikante steeds as huweliksbevestigers geregistreer word by die Departement Binnelandse Sake, veroorsaak die uitdagings rondom die administrasie en organisasie daarvan dat hulle toenemend wonder of hulle moet voortgaan om die wetlike aspekte van huweliksluiting te hanteer. Ook in die VSA word hierdie debat gevoer: Christianity Today berig op 26 Januarie (klik hier) dat een uit vier predikante in die VSA voel dat hulle nie langer die siviele aspekte van huweliksluiting moet hanteer nie. Dis geen eenvoudige saak nie... 2. WAAR WERK DIE KERK?

Die Plattelandse Skriba is n Wonderlike ding n Lekker-lees storie oor die (omvattende) pligstaat van n plattelandse skriba. Francois Engelbrecht van NG Noorderharts skryf: Die meeste gemeentes het taakbeskrywings of pligstate vir hul skribas. Maar in die meeste gevalle, veral op die platteland, werk dit nie so maklik nie. Die maklikste is om die taakbeskrywing so eenvoudig as moontlik te maak. Iets soos Diens aan die gemeenskap of nog beter: Diens aan die breë publiek! Klik hier. (Dankie, Noord-Kaapland enuus ). 3. STELLENBOSCH BESPREKINGSGROEP: REAKSIE OP BELHAR Op Di 10 Februarie gesels Robert Vosloo (Sistematiese Teologie, US) oor die reaksie op die Belhar-belydenis binne die NG Kerk. Dit vind in die Kerksentrum van die NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal plaas en begin om 17:00. Meer inligting is onderaan. 4. GELOOF OP DIE MARKPLEIN Van 10-13 Maart bied die Moederkerk op Stellenbosch as deel van die Woordfees n gespreksreeks, Geloof op die markplein, aan. Die gespreksleier is die bekwame Johan van der Merwe (Moederkerk) en onderwerpe soos die grondwetlikheid van godsdiens in skole, God en gender, God en sport, en bastions & onsekerhede kom aan die beurt. Dis gratis in die Boektent! Sien die Diskoers-program hier. 5. KERK IN DIE MEDIA Is dit die mislukte soeke na betekenisvolle lewens wat ons vandag laat draai na plesier? Only when we believe meaning is an impossible pursuit do we turn to pleasure. I have to wonder whether our culture has done exactly that turned from a search for meaning to the pursuit of pleasure. Die kerk moet méér bied as vermaak en inspirasie. Lees Christianity Today se berig hier. (Onthou, plaaslike mediaberigte oor kerksake is hier te lese.) 6. PASTORALE BERADING: VERKRAGTING, MOLESTERING, BLOEDSKANDE Wentzel Coetzer (NWU, Praktiese Teologie) stuur inligting oor n volgende beradingskursus (VBO-geakkrediteer) wat plaasvind op 14 Maart in Potchefstroom. Dit fokus op die pastorale begeleiding van persone wat geraak is deur verkragting, molestering of bloedskande. Ons vertrou dat lesers in die Noord-Kaap veral hierby baat kan vind. Belangstellendes kan hier meer lees. 7. WÊRELDBIDDAG VIR VROUE: 6 MAART 2015 Die Wêreldbiddag vir Vroue is n wêreldwye ekumeniese beweging van Christen vroue, mans en kinders wat elke eerste Vrydag in Maart saam n gebedsketting in meer as 170 lande vorm. Die tema vir 2015 is deur die Bahamas saamgestel en is: Jesus sê, Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het? Meer inligting en programme: kontak Joa van Aarde by 011 975 4598 of wwdp@telkomsa.net. Inligting is ook by http://www.wwdp.co.za. 8. JEUGWERKER, KRY JY VRYDAGNUUS? n Vriendelike versoek: vind uit of jou gemeente se jeugwerker ingeteken is om VrydagNuus direk per e-pos te ontvang. Dit help skribas as hulle die nuusbrief nie hoef aan te stuur nie

én help jeugwerkers om op die hoogte van dinge in en om ons sinode (kerk) te bly. Stuur name, kontaknommers en e-posadresse aan kommunikasie@kaapkerk.co.za. 9. SINODE KOMMUNIKASIE... SÓ PROBEER ONS PRAAT n Onlangse artikel sê geslaagde kommunikasie vra die beginsels van besorgdheid, integriteit en geloofwaardigheid. Groot woorde waarna ons in ons kommunikasie ook streef sodat jy as leser kan ervaar dat jy, jou opinie én vertroue vir ons belangrik is. En as VrydagNuus binnekort in pas met ontwikkelinge n totale nuwe baadjie aantrek, bly die hart en siel agter elke stukkie nuus en inligting dieselfde G EMEENTES BIED AAN 1. NG GEMEENTE STELLENBERG: TOERUSTING 1.1 Alpha-kursus Die Alpha-kursus van 15 weke is n praktiese inleiding tot die Christelike geloof en sal gelowiges help om die relevansie van die evangelie te verstaan, ervaar en te deel. Die kursus begin Maandagaand 9 Februarie om 19:00 in die Stellenberg Kleinsaal (Edelweissingel, Eversdal, Durbanville). Belangstellendes kan hier verder lees. 1.2 Ondersteuningsentrum: Werkswinkels Stellenberg Ondersteuningsentrum bied ook verskillende werkswinkels aan: Praktiese vaardighede vir besigheids- en professionele mense in die hantering van n stresvolle lewenswyse; n Brugwerkswinkel vir ouers en tieners, sowel as n inleiding tot die gebruik van Traumatic Incident Reduction in privaatpraktyk en lewenstrategie afrigting. Sien hier. 2. VIR AANDAG JEUGBEDIENING: GROOTE KERK VIER 350 JAAR! Die Groote Kerk vier hierdie jaar sy 350ste bestaansjaar en wil as deel van hulle feesvieringe op Sondag 1 Maart om 10:00 in die Groote Kerk dankie sê vir 350 jaar van jeugbediening in Suid-Afrika. Met Jaco Strydom as prediker, n jeugorkes wat optree en n 19-jarige agter die groot orrel, is dit net die plek vir jou gemeente se jeugleraar en/of jeugwerkers, wat spesifiek uitgenooi word! Lees aangeheg en reageer so gou moontlik. P REDIKANTENUUS FIKS 2015 IN? Wie van ons predikante oefen fluks en beplan groot sport(s) vir 2015? Iets soos die Twee Oseane (4 April), die Safari Halfmaraton (1 Mei), of dalk selfs die Ysterman SA (29 Maart)? Hoor ek Christi Thirion se naam? Gaan julle predikant die Kaapstad Fietstoer (8 Maart) of die Argus aandurf? Of is die mikpunt bloot om fiks genoeg te word om Communitas se Overbergse Staptog van Hoop te voltooi? Lees hier... en stuur nuus (en selfs n foto) na kommunikasie@kaapkerk.co.za.

N 1. BYBEL-MEDIA NUUS UUSBRIEWE EN PAMFLETTE Hierdie week is Bybel-Media se fokus op die jongste Kerkbode en die komende jeugfokusprodukte. Baie dankie vir jou hulp met die verspreiding van die inligting in gemeentes. Onderaan is meer. 2. KERKBODE: KERKKOERANT VIR VANDAG SE KERKMENSE Fetale alkoholsindroom is ʼn geweldige probleem in veral die Wes- en Noord-Kaap. Op die plaas Lemoenpoort is daar ʼn holistiese program gevestig wat onder meer help om dié probleem hok te slaan. Lees ook: Danie Mouton vertel van die konferensie oor missionale kerkwees Louis Brittz skryf oor wat voorlê vir #Imagine Kom reis saam na Getsémané Christene en die opkoms van ateïsme. 3. MISSIE JAPAN GEBEDSFLITSE Missie Japan bid vir n belangrike amptelike besoek van n Missie Japan-afvaardiging aan Japan en die RCJ Kerk van 10-18 Februarie. Hulle is Victor Pillay (voorsitter), Johann Winterbach (onder-voorsitter), Gideon van der Watt (sekretaris) en Karen Strydom (jeugwerker by NG Andrew Murray in Johannesburg en nuwe sendeling kandidaat). Ons dank die Here en bid vir Karen, wat haarself beskikbaar gestel het as sendeling na Japan. Sy sal die afvaardiging vergesel om haarself te vergewis van die situasie en sodat die RCJ haar kan ontmoet en moontlikhede kan bespreek. Lees by http://www.missiejapan.co.za/ meer. F UNKSIES EN FEESTELIKHEDE 1. NG GEMEENTE STELLENBERG BOU N BIELIE VAN N BASAAR Stellenberg-gemeente bied op Vrydag 6 Maart hulle jaarlikse basaar aan. Vanaf 16:00 is daar potjiekos, kerrie-afvalpotjie, hamburgers, pizza, boereworsrolle en vele meer. Speletjies vir kinders neem deel aan waterkaskenades vanaf 16:45 tot 18:00. Slegs R20 per kind, wat n geskenksakkie vir elke kind insluit. Groot pryse te wen. Koop n baksteen uit hulle Boufondsmuur en staan n kans om n groot prys te wen. 2. NG GEMEENTE HEIDEKOPPIE: PRESTIGE GHOLFDAG Heidekoppie Die Gemeente met Oop Deure bied n prestige gholfdag aan op Vrydag 20 Februarie by die Kuilsrivier Gholfklub. Formaat: 4 BBBB en R 500 per speler. Pryse vir ten minste die eerste tien plekke! Kontak Chris Stassen 083 641 0022 of chriss@workforce.co.za om in te skryf. 3. NG GEMEENTE DRAKENSTEIN: VLOOIMARK

Drakenstein nooi: Kom verkoop ongebruikte of nuwe items (handwerk, koekies, speelgoed, juwele of wat ook al) of kom doen bemarking vir jou besigheid, produk, ens. Slegs een stalletjie per verversingsitem word toegeken, bv hamburgers, worsbroodjies, kerrie en rys, koeksisters, pannekoek en meer. Bespreek stalletjies teen R125 elk by die kerkkantoor: 021 872 8242 of Kobus Bester 072 219 6413 voor Wo 4 Maart om 13:00. Die vlooimark is op Sa 7 Maart vanaf 08:30 op die kerkterrein, hv Antoinette- en Kotzéstraat, Denneburg. V AKATURES VAKATURES OP KERKBODE SE WEBBLAD Heelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by http://kerkbode.bybelmedia.org.za/. Klik by Meer Vakatures. 1. NG GEMEENTE MOORREESBURG: MEDELERAAR Die NG Gemeente Moorreesburg het tans n vakature vir n medeleraar en wag aansoeke in van leraars (hoogstens 45 jaar oud en met bedieningservaring). Die leraar se bedieningsfokus sal die jeug, jongmense en jonggetroudes wees. Aansoeke sluit op 26 Februarie 2015 om middernag. Sien aangehegte advertensie vir meer inligting. 2. VGK GEMEENTE SALDANHA: LERAAR Die VGK Gemeente van Saldanha maak n vakature van n leraarspos bekend. VGK Saldanha is n plattelandse gemeente, sowat 120 km vanaf Kaapstad en bestaan uit 748 belydende lidmate en 247 dooplidmate. n Totaal van 11 wyke word bedien en die gemeente vorm deel van die Wesland Verenigende Ring. Kry meer inligting hier. Sluitingsdatum: 27 Februarie. TEN LAASTE UIT DIE PEN VAN... Hier kry n verskeidenheid stemme die kans om hulle gedagtes in woorde om te sit. Van n pastorale stem, n teologiese opmerking tot n ligte oomblik om met ander te deel. Gasskrywers neem op uitnodiging aan hierdie rubriek deel. Koosie Delport, tot 2008 predikant in NG Stellenberg en aktuarius van die NG Wes-en-Suid- Kaapland Sinode 1998-1999, skryf hierdie keer n paar woorde. Hy en Marietjie geniet hulle aftrede in Stilbaai belangstellendes kan hulle kontak by koosie@isales.co.za. Woorde is gereedskap In Buys laat Willem Anker een van die karakters sê: Woorde is gereedskap. In die donkerte van 2015 het Suid-Afrika, met sy verskillende lewenswêrelde, reënboogmakers nodig. Hulle woordgereedskap moet duidelik gepraat en aandagtig beluister word.

Ons, as individue, groepe en gemeentes, moet seker maak dat ons óns gereedskap so gebruik dat dit van liefde getuig wat die reënboog van hoop laat deurbreek. Indien iemand anders sy gereedskap teenoor ons onbeholpe gebruik, moet ons sy woorde en sy werkswinkel probeer verstaan, en met ons gereedskap saamwerk sodat daar in die onweerswolke n stukkie reënboog sigbaar word. Kan ons die reënboogmakers wees? - Koosie Delport Vriendelike groete. Marieta Visagie NG Wes-en-Suid-Kaapland Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 086 582 9487 kommunikasie@kaapkerk.co.za ------------------------------------------------------------- BEDIENINGSUITDAGINGS EN GELEENTHEDE IN EN VANUIT DIE OOS-KAAP Johan Botha van Getuienisaksie, Carl Swart van Armoede en Sorg en Andrew Esterhuizen van Gemeentebediening vertel dat die bedieningsgroepe wat met getuienis en diens in gemeente en kerkverband besig is (oa Gemeentebediening, Getuienisaksie, Armoede en Sorg), binnekort saamspan in n werkswinkel wat sal plaasvind vanaf 18-20 Februarie in Port Elizabeth. Die tema is: Ons fokus op die bedieningsuitdagings en geleenthede in en vanuit die Oos-Kaap. Verteenwoordigers uit die tien Oos-Kaap Ringe van die VGK en uit ons NG Kerkfamilie se sinodale bedieninge, kerkleierskap en ander organisasies vat hierin hande as bedieningsvennote. Johan vertel: In die werkswinkel gaan ons daarop fokus en ooreenkom om as gestuurdes van die Here die uitdagings wat ons binne ons ringsgebiede identifiseer, saam en doelgerig aan te vat. Een van die belangrikste uitkomste wat ons reeds by die komende werkswinkel voorsien, is die voortgaande en planmatige toerusting van leiers uit gemeentes en ringe om oral plaaslik, kundig en vaardig, die geleenthede te sien en die uitdagings te help aanpak.

Ons is baie dankbaar en opgewonde oor wat ons sien die Here reeds in die ringsgebiede aan die doen is en waarmee ons nog verder verras gaan word. Kontak Johan Botha by jbotha@kaapkerk.co.za vir meer inligting. --------------------------------------------------------- NGK ALGEMENE SINODE KENNISGEWING KONSULTASIES MET TAAKSPAN HOMOSEKSUALITEIT Die Taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk insake Homoseksualiteit nooi hiermee alle belanghebbendes uit na twee konsultasiegeleenthede met die Taakspan met betrekking tot n ondersoek na die status (juridies en eties) van dieselfde-geslag verhoudinge. Die konsultasie sal fokus op die status en etiese vrae rondom dieselfde-geslag verhoudinge. Wat is die voorwaardes waarbinne n verhouding tussen twee persone as eties gelukkend beskou kan word en sluit dit persone van dieselfde geslag uit of in? Pretoria Datum: 25 Februarie 2015 Tyd: 18:00 Plek: Klipkerk, hv Jan Shoba- (vroeër Duncan) en Pretoriusstraat, Hatfield. (Ingang langs die kerk in Jan Shobastraat.) Gee asseblief voor 23 Februarie kennis aan Malinda Lazenby indien u by die konsultasie gaan teenwoordig wees: 012 342 0092 algemenesinode@ngkerk.org.za Bloemfontein: Datum: 26 Februarie 2015 Tyd: 17:30 19:30 Plek: NG Kerk Berg-en-Dal (Bloemfontein), hv Albrecht- en Genl Hertzogstraat, Dan Pienaar, Bloemfontein Gee asseblief voor 24 Februarie kennis aan Rita van Zyl indien u by die konsultasie gaan teenwoordig wees: 051 436 2750 ngkbergendal@absamail.co.za

---------------------------------------------------------- DIE PLATTELANDSE SKRIBA IS N WONDERLIKE DING... n Lekker-lees storie deur Francois Engelbrecht oor die (omvattende) pligstaat van n plattelandse skriba. Hy skryf soos volg: Die meeste gemeentes het taakbeskrywings of pligstate vir hul skribas. Maar in die meeste gevalle, veral op die platteland, werk dit nie so maklik nie. Die take van n plattelandse skriba kan moeilik in n dokument vasgevang word. Die maklikste is om die taakbeskrywing so eenvoudig as moontlik te maak. Soos; Diens aan die gemeenskap of nog beter: Diens aan die breë publiek! As gevolg van die aanhoudende kabeldiefstal, het Telkom op die meeste plattelandse gebiede moed opgegee om nuwe telefoonkabels te span. Ek neem hulle nie kwalik nie, want as jy darem vir die vyfde keer op Vrydagmiddag die laaste kabel styftrek en Maandag, as die son sy kop lig, staan daar net kaal pale soos spoke in reguit lyne dit is nou as die pale nie ook voete gekry het nie. Die gemeenskap is dus aangewys op sellulêre netwerke. En hier kom die skriba in, want daar bestaan nie telefoongidse vir selfone nie. Maar die skriba het Winkerk! Telefoonnommers moet verskaf word van lank verlore vriende, troulustige wewenaars wat n weduwee wil opspoor en instansies wat kliënte probeer opspoor. Die beste van hierdie selfoon-inligting in my agt jaar as skriba, was toe n jong paartjie van elders, in ons gemeente hul kindjie laat doop het. Maandag, net toe ek die kantoor opgesluit, skakel oom Jan: Jong, wie was daardie vrou wat die blomme voor in die kerk gaan rangskik het? Nee, Oom, ek weet nie. Dis mense van elders. Nou maar kyk of jy kan uitvind. In baie versigtige gesprekke (alhoewel ek geweet het wat oom Jan se doel was, kon ek mos nie die familie daarvan bewus maak nie!) met die familielede van die doopouers, kon ek toe vasstel, dat dit die ouma van die dopeling was. Ander bekendes van die familie het my meegedeel dat die betrokke ouma n weduwee was en iewers in die Vrystaat bly. Die skriba van die Vrystaatse gemeente kon aan my die selnommer van die ouma gee. Oom Jan was baie in sy skik met my speurwerk, maar vra toe nog inligting soos ouderdom en hoe lank sy reeds die weduwee-status beklee. Oom Jan is steeds soekend! Die mees onbenydenswaardige situasie is die telefoniese navrae oor die vermoëns van predikante wat elders aansoek doen vir betrekkings. Soms kom jy agter jy praat op speakerphone met die hele kerkraad! Dan was daar die man uit die verre Oos-Transvaal, wat n plaas alhier wou koop en wou weet of R12 miljoen n billike prys vir die grond is. Uit die navrae wat ek gedoen het, kon ek hom meedeel dat die prys minstens R4 miljoen te hoog is en dat hy beter sou kon doen deur sy geld op ander plekke te belê. Of die Vrystaatse boer wat wou weet wat die

winsgewendheid van Pekanneut-boerdery is. En die professor wat navorsing doen oor n sekere familie waarvan een belangrike skakel in die tydperk 1945 tot 1960 in ons omgewing gebly het. Alhoewel die mense nie aan ons kerk behoort het nie, kon ek hom op n manier help deur navraag te doen by ouer lidmate. Lidmate wat plek soek in outehuise of kinders wat gedoop moet word se ouers verlang dikwels n bewys van lidmaatskap, al was hulle laas in die kerk toe hul gedoop of voorgestel is. Dan moet die dik boek van lank gelede afgestof word! Om die doeltreffendheid van n skriba te onderstreep, was ek self die skuldige persoon. Een Sondag tydens my heerlike middagslapie, na die tjoppie op die kole en die paar glase wyn, word ek gewek deur die skril-geluid van die telefoon. Dit is n verlangse familielid daar uit Namakwaland; Loeriesfontein of Kliprant se wêreld. Jong my kinders is op pad universiteit toe op Potch en hul kar het op Bloemhof gebreek! Kyk wat jy kan doen. My kollega op Bloemhof, waar ek niemand van Adamskant af ken nie (behalwe natuurlik die verkeerspolisie!) mev Jacobs (ek noem haar naam, want sy verdien dit!) antwoord dadelik haar selfoon. Sy is ongelukkig self in Potchefstroom, maar sal my terugskakel. Binne vyftien minute skakel sy my met die nommers van n insleepdiens, gratis huisvesting vir die gestrandes en veilige plek waar die motor geberg kan word. Die Namakwalanders het egter intussen self n engel in Potch opgespoor wat die motor met n bakkie kon insleep Potch toe. Baie dankie, mev Jacobs! Francois Engelbrecht skriba NG Gemeente Noorderharts (Met dank oorgeneem uit Noord-Kaapland enuus, 3 Februarie 2015) --------------------------------------------------------- STELLENBOSCH STUDIE- EN BESPREKINGSGROEP ONS GODSDIENS EN DIE WETENSKAPPE Volgende Byeenkoms Datum en tyd: Dinsdag 10 Februarie 2015, om 17:00 tot 18:00 lesing (oor die ondergenoemde onderwerp) en daarna bespreking tot 18:30. Onderwerp: Die reaksie op die Belhar-belydenis binne die NG Kerk Spreker: Prof Prof Robert Vosloo, Sistematiese Teologie, Fakulteit Teologie, US. Plek: Kerksentrum, NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal, hv Merrimanlaan en Martinsonstraat, Uniepark, Stellenbosch.

Prof Robert Vosloo spreek ons toe oor: Die reaksie op die Belhar-belydenis binne die NG Kerk Te midde van hewige teologiese konflikte in die tagtigerjare in apartheid Suid-Afrika, is die Belhar-belydenis in 1982 as konsepbelydenis, en in 1986 amptelik as vierde belydenisskrif, deur die destydse NG Sendingkerk aanvaar. Die aanvaarding van dié belydenis het onmiddellik sterk reaksie ontlok, onder meer vanaf die kant van die NG Kerk. In hierdie praatjie word nader gekyk na die reaksies in die NG Kerk op die Belhar-belydenis sedert 1982. In die proses word op verskuiwinge gewys. Daar word ook aandag gegee aan die huidige proses binne die NG Kerk waar daar gestem word om artikel 1 van die Kerkorde te wysig om die Belhar-belydenis deel van die belydenisgrondslag van die NG Kerk te maak. Ten slotte word n aantal kritiese opmerkings gemaak, asook opmerkings oor die pad vorentoe. Prof Robert Vosloo is tans professor in Sistematiese teologie by die teologiefakulteit, Universiteit Stellenbosch. Hy is sedert 2005 by die fakulteit werksaam, en was voor dit vir 10 jaar predikant van die NG Gemeente Durbanville. Sy navorsing fokus op die tema van herinnering en n verantwoordelike omgang met die verlede, die 20ste eeuse Suid- Afrikaanse kerkgeskiedenis, asook die lewe en teologie van Johannes Calvyn en Dietrich Bonhoeffer. Piet Walters Sekretaris pew@sun.ac.za --------------------------------------------------------- PASTORALE BERADINGSKURSUS VERKRAGTING, MOLESTERING EN BLOEDSKANDE Potchefstroom - Saterdag 14 Maart 2015 Prof Wentzel Coetzer In hierdie kursus word gefokus op die pastorale begeleiding van persone wat geraak is deur verkragting, molestering of bloedskande. Aspekte waaraan aandag gegee sal word, sluit onder andere in die volgende: Inleiding, definisies, terminologie en statistieke Verskillende fases van misbruik - Tipiese vier fases waardeur die proses gewoonlik beweeg

Wat gebeur nadat jy jou storie vertel het? Simptome wat moontlik sou kon dui op onverwerkte seksuele trauma Moontlike konfrontering van die oortreder Die aspek van vergifnis - Drie belangrike komponente Pastorale hantering van die trauma - Gebed en begeleidingsfase Plek: Studente Hervormde Kerk Silwerstr 19 (net langs klein kragstasie) Datum: Saterdag 14 Maart 2015 Tyd: 08:00-13:00 (5x VBO-punte vir leraars) GPS koördinate: Suid:26.41.590 - Oos: 27.5.079 Koste: R250 pp (egpare: R350) Handleiding te koop (opsioneel): R160 (posgeld: R25 ekstra) Navrae en bespreking: 083 660 0409 of 082 577 8810 of 018 294 7457 of e-pos: wentzel7@mweb.co.za Fooie kan inbetaal word by: ABSA spaarrekening: 9061802135 takkode: 335138 Rekeningnaam: S E Coetzer --------------------------------------------------------- NG GEMEENTE STELLENBERG ALPHA-KURSUS Die Alpha-kursus, wat oor 15 weke strek, is n praktiese inleiding tot die Christelike geloof en sal gelowiges help om die relevansie van die evangelie te verstaan, ervaar en te deel. Temas waaroor gepraat en gedink gaan word, sluit onder ander die volgende in: Wie is Jesus? Waarom moes Hy sterf? Hoe en waarom moet ons die Bybel lees? Datum: Die kursus begin Maandagaand 9 Februarie om 19:00 in die Stellenberg Kleinsaal. Die meeste byeenkomste is op Maandagaande met enkele byeenkomste op Donderdae. Koste: R50

Inskrywings: Kontak Karin Barter by 021 976 4519, karin@stellenberg.co.za of skryf in by die mediasentrum na afloop van oggenddienste. ---------------------------------------------------------- NG GEMEENTE STELLENBERG STELLENBERG ONDERSTEUNINGSENTRUM DRIE WERKSWINKELS VIR 2015 STRESS: 3 2 1... JY S UIT!! Praktiese vaardighede vir besigheids- en professionele mense in die hantering van n stresvolle lewenswyse. 10 Februarie om 18:30 Aanbieders: Rudolph van Schoor (Lewenstrategie Afrigter) en Reinhard Bester (Fisioterapeut) Koste: Gratis Besprekings: Karin by 021 976 4519/karin@stellenberg.co.za. Brugwerkswinkel vir tieners en ouers 3,10, 17 en 24 Maart om 18:30 Ons nooi alle ouers en tieners (tussen graad 10 en 12) om die reeks met vier sessies by te woon. Kom bou aan julle verhouding. Julle sal verseker die vrugte daarvan pluk. Aanbieder: Dr Francois Esterhuizen (Predikant en Imago-terapeut) Koste: R600 vir lidmate en R800 vir nie-lidmate Besprekings: Karin Barter by 0210 976 4519/karin@stellenberg.co.za Inleiding tot Traumatic Incident Reduction 25 Februarie Vir alle predikante, maatskaplike werkers en beraders. Aanbieder: Rudolph van Schoor Die gebruik van Traumatic Incident Reduction in privaatpraktyk en lewenstrategie afrigting. Vyf CPD-punte geleentheid vir predikante en maatskaplike werkers.

Besprekings: Karin Barter 021 976 4519/karin@stellenberg.co.za ---------------------------------------------------------- NG GEMEENTE KAAPSTAD 350 JAAR Die Groote Kerk vier hierdie jaar sy 350ste bestaansjaar en wil as deel van ons feesvieringe op Sondag 1 Maart 2015 om 10:00 in die Groote Kerk dankie sê vir 350 jaar van jeugbediening in Suid-Afrika. Ds Jaco Strydom sal preek by hierdie geleentheid, n jeugorkes sal die aanbidding lei en die 19-jarige Eben Wagenstroom sal die groot orrel beman. n Jeugorkes tree op en daar sal ook ander kreatiewe insetsels wees. Ons nooi ook alle jeugleraars en jeugwerkers: ons wil graag vir julle voorbidding doen en aan julle n geskenk/aandenking oorhandig RSVP asb by die e-posadres hieronder. Ons wil alle gemeentes uitnooi om hulle jongmense na hierdie unieke geleentheid te bring sodat ons almal saam kan feesvier. Ons wil hulde bring aan ons voorgangers wat vanaf 1665 jongmense begelei het in die eerste kategeseskole tot en met ons eietydse #Imagine beweging. Ons doen n beroep op leraars en lidmate wat betrokke was by vroeëre bewegings soos jeug-tot-jeug, SKJA, Kinderkrans, VCSV en ander om vir ds Riaan de Villiers by riaandev@gmail.com te kontak met n aanduiding van hul betrokkenheid, inligting, stories en foto s van jeugbediening. Riaan de Villiers ---------------------------------------------------------- BYBEL-MEDIA NUUSBRIEF JOU 2015-BEDIENINGSVENNOOT Nuusbrief 2/2015 Lees in die Kerkbode van 6 Februarie... Spesiale bediening

Daar is baie donker hoekies in die samelewing waar die kerk sukkel om sy lig deur die tradisionele erediensbediening te laat skyn. Ds Rudolph van der Westhuizen kry die geleentheid om mense te bereik waarby hy nooit andersins sou uitkom nie, deur pastorale dienste by ʼn begrafnisondernemer te lewer. Te midde van die dood help hy mense om nuwe perspektief op die lewe te kry. Lemoenpoort se sukses Fetale alkoholsindroom is ʼn geweldige probleem in veral die Wes- en Noord-Kaap. Op die plaas Lemoenpoort is daar ʼn holistiese program gevestig wat onder meer help om dié probleem hok te slaan. Nic se beelde dra God se boodskap Nic Grobler is ʼn beeldhouer en ʼn dominee. Met sy beelde dra hy God se boodskap oor en bereik hy mense op maniere wat die kerk andersins sukkel om te doen. Lees ook: Danie Mouton vertel van die konferensie oor missionale kerkwees Louis Brittz skryf oor wat voorlê vir #Imagine Kom reis saam na Getsémané Christene en die opkoms van ateïsme Publikasies binnekort beskikbaar! Kleuterpret (Aanbiedersgids) en Kleuterpret (Werkboek) Dié twee publikasies is bedoel as hulpmiddels vir geloofsvorming by voorskoolse kinders. Die inhoud sluit by die bekende Akkerpret-DVD-reeks aan. Binne die volgende weke is beide die publikasies op die rak. Bestel solank vir die graad R- groep dié publikasies. Inligting, navrae en diensverskaffing: Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210 Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za Groete vanuit Wellington. Hans Steyn Bybel-Media E-pos: hans@bmedia.co.za Tel: 021 864 8223 ----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE MOORREESBURG CHRISTUS IN MY EN ONS IN DIE WÊRELD VAKATURE: MEDELERAAR Gemeenteprofiel: Moorreesburg is 100km van Kaapstad en ongeveer 80km van Langebaan af, met 1 458 belydende en 464 dooplidmate (waarvan ± 550 lidmate in die ouderdomsgroep 0-25 jaar val). Fokusareas: (Gemeente) Skrifgegronde liggaamsmodel gemeentewees, dissipelskap, diensleierskap. Gemeenskapsgeöriënteerde kerkwees. Verdere vars uitdrukkings van kerkwees. Om God se konkrete familie vir mense te wees. Die hele evangelie vir die hele mens, vir die hele wêreld. Fokusareas: Alle fasette van gemeentewerk (Artikel 9 van die Kerkorde). Spesifiek verantwoordelik (en aanspreeklik) vir die oorhoofse bestuur en Skrifgegronde bediening van kinders/kleuters, die jeug, jong werkendes en ongetroude/getroude lidmate jonger as dertig (30) jaar (insluitend kategese). Fokus op die bemagtiging van families. Begeleiding van uitreikgroepe. Leraarsprofiel: Dinamiese gelegitimeerde, hoogstens 45 jaar oud, wat oor bedieningservaring beskik. n Persoon van deurleefde spiritualiteit. Talentvolle prediker fokus op eredienste en suiwer Woordverkondiging. Sterk pastorale ingesteldheid fokus op persoonlike kontak met alle gemeentelede. Sterk leierseienskappe, kreatief, georganiseerd, goeie kommunikasievermoë, goeie verhoudingsvaardighede, entoesiastiese motiveerder, energieke werker, vermoë om mense bymekaar te bring, probleemoplossing, kan multi-taak, selfdissipline, deursettingsvermoë, aanpasbaar en onbesproke integriteit. n Mens-mens wat in die volle spektrum van gemeentewees kan inpas. Roepingsbewustheid vir bediening van n jonger geloofsgemeenskap. n Mens-mens met kennis van en aanvoeling vir die behoeftes van lidmate van alle ouderdomsgroepe. Vermoë om onafhanklik en binne spanverband effektief te werk. Bewese rekenaargeletterdheid. Insig/vaardigheid in praktiese gebruik van sosiale media-platforms/netwerke. Sterk administratiewe en multi-media vaardighede. Musikale vaardigheid dien as sterk aanbeveling. Vergoeding:

Volgens Wes-en-Suid-Kaapland sinodale riglyne, insluitend huisvesting. Aansoeke: Aansoeke moet vergesel wees van n omvattende CV, asook die volledige name en kontaknommers van minstens twee (2) resente referente. Aansoeke moet vertroulik gemerk en gerig word aan: Voorsitter: Kerkraad 1. Per pos: NGK, Posbus 47, Moorreesburg, 7310 2. Faks: 086 547 2756 3. E-pos: admin@moorreesburg.co.za Kortlys-kandidate sal aan n professionele/gestruktureerde keuringsproses onderwerp word. Sodanige kandidate moet vir onderhoude beskikbaar wees op n datum, tyd en plek soos deur die keuringspaneel bepaal. Die proses kan psigometriese toetsing en praktiese evaluering insluit. Sluitingsdatum: 26 Februarie 2015 om middernag. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik in oorleg met die suksesvolle kandidaat. Die Kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie. ---------------------------------------------------------- VGK SALDANHA VAKANTE LERAARSPOS Die VGK Gemeente van Saldanha maak in afhanklikheid van en in afwagting op God die vakature van die leraarspos aan die kerk bekend. GEMEENTEPROFIEL: VGK Saldanha is n plattelandse gemeente, sowat 120 km vanaf Kaapstad, geleë aan die Weskus en bekend vir sy natuurskoon. Die gemeente bestaan uit 748 belydende lidmate en 247 dooplidmate. n Totaal van 11 wyke word bedien en vorm deel van die Wesland Verenigende Ring. Die gemeente is gestruktureer in vier Bedieningspanne, te wete Die Toerusting-, Sorg-, Bedryf- en Bestuurspan. Die gemeente leef uit sy offers en fondsinsamelingsfunksies is tans projekgerig en nie op bedryfsuitgawes nie. VGK Saldanha gemeente se visie lui soos volg:

Die kerk wil as n arbeidspan met n eenheidsgevoel, vol vertroue jeens mekaar in woord, daad en lewe gehoorsaam aan Gods Woord, werk om voortdurende vernuwing, groei en verandering in die gemeente en gemeenskap te bewerkstellig wat aan mense hoop sal gee. LERAARSPROFIEL: Die gemeente soek na n leraar wat deur sy/haar leiding die volgende eienskappe vertoon en klem sal lê: *Iemand met deeglike en skerp teologiese insig en gegrondheid; *Sal fokus op die gesin, jeug en die kerk se rol in die gemeenskap; * n Leierskapstyl sal hê wat pastoraal en deelnemend is en op verhoudings sal fokus; * Sterk strategiese, kreatiewe en nederige leiding sal gee met klem op gemeentetoerusting; * Iemand met wie tieners kan identifiseer en hom/haar vertrou; * Sterk gereformeerde ingesteldheid; * Soekend na kerkeenheid aan die hand van die Belydenis van Belhar. Alle proponente of leraars van die NG Kerkfamilie is welkom om hul name en n volledige CV aan die skriba van die gemeente te stuur. Geen pastorie is beskikbaar nie en die suksesvolle kandidaat sal n onderhandelde, maandelikse toelaag ontvang. SLUITINGSDATUM VAN AANSOEKE: Vrydag 27 Februarie 2015 NAVRAE EN BESONDERHEDE: Ds Kobus van Schalkwyk, 022 713 5756, e-pos djvschalkwyk@xsinet.co.za Die skriba se kontakinligting is: Charmaine Welman Tel: 022 714 2076 Faks: 022 714 3453 E-pos: online2801152@telkomsa.net ----------------------------------------------------------