Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Petrus en die Krag van Gebed

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Petrus en die Krag van Gebed

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Besprekingsvrae vir selgroepe

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Die Kerk Kry Moeilikheid

Profetiese woord vir 2017 en verder

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

ALFABET VAN DIE HUWELIK

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Dawid die Skaapwagter

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Seisoen van die Gees

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

God se Woord. God se Wil

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Pelgrimstog deur die Lewe

Die krag van. n vrou wat bid

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

GEBED VIR KERKLEIERS

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Josua - van jongs af n leier

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Een. Geloof in aksie

Empathy Ouerhandleiding

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

LoveGodGreatly.com 1

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Transcription:

GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente van www.homeschooling-curriculum-guide.com

Voorwoord Hierdie boek is die resultaat van n stil seisoen om boodskappe van ondersteuning te skryf aan ma s wat hulleself verbind het om tyd te spandeer aan hulle kinders en vir wie familie lewe n prioriteit is. Om n tuisblyma te wees is soms eensaam, jy voel uitgesluit en soms waardeloos. Mens vra soms of jy hoegenaamd waarde tot enige iemand anders se lewe toevoeg en soms verloor jy visie Omdat hierdie boek nie net deur een ma geskryf is nie, maar deur n paar van ons, is dit ons almal se hoop dat hierdie boodskappe sal ondersteun, opbou, inspireer en n verlore visie oor wat dit beteken om by die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en dit nodig gehad het.al het ons nie die waarde daarvan toe besef nie. Dankie ma vir die groot opoffering wat ma gemaak het. Al die kunswerke in die boek is deur haar, Elna Venter gedoen in 2009. INHOUDSOPGAWE HERSTEL JOU VISIE (DEUR WILLEMIEN KRUGER)...3 WAT DIE SWAARSTE IS, MOET DIE SWAARSTE WEEG (DEUR ESTELLE LINDEQUE)...5 LEER N KIND HOE HY MOET EET DAN SAL HY DIT SY LEWE LANK DOEN (DEUR ESTELLE LINDEQUE)...7 MY STRANDHUIS WAG VIR MY (DEUR LIZETTE ROUSSEAU)...9 TUISSKOOL N VERANDERING EN NUWE BEGIN (DEUR ELANA SMIT)...11 EK IS S-O-O-O LIEF VIR MY HUIS (DEUR HENDRINE KRIEG)...12 MY HUIS IS AAN DIE BEWEEG (DEUR WILLEMIEN KRUGER)...14 EK HET MY PERSPEKTIEWE VERANDER OOR TUISSKOOL (DEUR ELANA SMIT)...16 HOE EK GELEER HET OM DIE BLOMME TE RUIK (DEUR LIZETTE ROUSSEAU)...17 MY HUIS IS NIE BANG NIE (DEUR HENDRINE KRIEG)...19 MY HUIS IS IN MY DROME (DEUR YOLANDA JANSE VAN RENSBURG)...20 N WARM HUIS VERMY DIE KOUE NEGATIEWE (DEUR LIZETTE ROUSSEAU)...22

HERSTEL JOU VISIE (deur Willemien Kruger) r) My huis is vol seëninge. Regte seëninge elke dag. Ja, dit is n moontlike alhoewel ongelooflike visie om te hê. Dink jy dit is moontlik? Of is dit te onwaarskynlik om realisties te wees? Wat sal dit verg? Hoeveel moeite? Hoeveel tyd? Hoe sal dit lyk? Is familie regtig n seën of eerder n vloek? Wat beteken n huis vol seëninge? Ek glo dat familie God se wil is vir elke individu. n Familie moet n plek van gemeenskap wees insluitende n huis vol seëninge wat elke lid ervaar. Die wêreld het dalk al die visie tot so mate verloor dat families deesdae n vloek is, maar dit maak nie dit minder van n waarheid nie. n Geseënde huis is nie iets wat mens net kan aanvaar as n gegewe nie, en dit gebeur ook nie vanselfsprekend nie. Dit vereis toewyding, lojaliteit, opoffering, kommunikasie, moeite en soms gewone harde werk. Hierdie is nie populêre woorde in vandag se kultuur nie. My huis is vol seëninge Neem die woord toewyding is dit nie veel makliker om nie toegewyd te wees tot iemand of iets nie? Om jouself te verbind tot iets of iemand verg moed, dit is n diep besluit wat mens neem om getrou te bly aan iets of iemand ten spyte van n pad vol dorings. Toewyding is die besluit om te doen wat ook al dit sal vereis om deur n rowwe tyd te gaan al is die oplossing nie duidelik nie. Toewyding is om aan te hou aanhou al lyk die groei na n visie nie genoeg nie. Harde werk is ook een van die dinge wat baie van ons graag dink ons sal doen, maar wanneer die regte harde werk van n tuin onderhou, of huis skoonmaak, of kosmaak, of tuisskool, wasgoed en ander dinge moet gebeur dag na dag na dag dan word dit moeisaam en vervelig. Dan verander die definisie van harde werk. Want nou word harde werk gewoon weer toewyding, moeite en soms net wilskrag, veral wanneer dinge eentonig raak. n Ander woord wat regtig moeilikheid maak in familie lewe is kommunikasie soms dink ek dit is n wonderwerk dat ons hoegenaamd enigeiets verstaan wat enigeiemand vir ons sê! As jy dink aan hoeveel daar inaggeneem moet word agtergrond, persoonlikheid, karakter, konteks, IQ, EQ, ouderdom en wat ook al nog wanneer jy na iemand luister om regtig te verstaan wat hy/sy regtig sê is dit nie n wonder dat jy dink jy verstaan iets wat iemand anders probeer oordra nie? As jy dan nog respek moet toon en vriendelik moet wees, liefdevol en vol kompassie wanneer jy met iemand gesels kan jy sien hoeveel moeite dit verg net om n goeie familielid te wees wat nog van n goeie vriend van die familie? Al laat hierdie woorde mens wonder of n geseënde familie ooit n realistiese droom is, glo ek steeds in die visie van n geseënde familie lewe. Ek glo dat dit moontlik is en jy nie dit alleen probeer nie mens het die ander in die familie nodig om n familie te wees en die meeste van almal benodig ons die Here. God is liefde en sonder Sy liefde kan jy nie n familie bou nie. Moenie hierdie sien as net jou eie verantwoordelikheid nie God is getrou in Sy hulp. Moenie familie benader as net n kommunikasie ding of n harde werk ding nie, maar as n God gegewe seën met vervulling in die klein dingetjies. Dink hieraan MY HUIS IS VOL SEëNINGE. Sit vir n oomblik en herstel jou visie. Kry n prentjie van wat presies beteken seëninge vir jou en jou familie, al kan jy op hierdie oomblik net dink wat dit nie is nie. Dink aan elke seëning op sy eie. Is jou man geseënd? Hoekom of hoekom nie? Wat kan verander sodat hy geseënd is? Is jou kinders geseënd? Is jou fisiese huis n seën?

As jy n tuin het is dit n seën? Wat moet verander sodat hierdie elemente wel n seën kan wees? Is jou kommunikasie in jou familie geseënd? en die verhoudinge? Wat van die daaglikse kosmaak is jou etes n seën? En die wasgoed, skottelgoed, skoonmaak en takies? Kan hierdie dinge dalk n seën word net deur n houdingsverandering? En dan die belangrikste van alles is jy n seën? Hoekom of hoekom nie? Wat moet of kan jy aanleer of afleer om meer van n seën te wees en so ook geseënd te wees? Vra die Here vir Sy visie vir jou familie wat bedoel Hy met seëninge in Sy Woord definieer Hy seëninge wat Hy vir jou wil gee. Deut 28:2-8 En al hierdie seëninge sal jou oor jou kom en jou lewe verryk as jy luister na die Here jou God. Geseënd sal jy wees in die stad en geseënd sal jy wees in die veld. Jou nageslag sal geseën wees en die opbrengs van jou lande en die aanteel van jou diere. Jou oesmandjie en jou knieskottel sal geseën wees. Jy sal geseën wees waar jy ook gaan. Die Heer sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee. Lees dit oor en oor totdat jy die spesifieke dinge verstaan wat God regtig vir jou sê. Nog n belofte wat God uit Sy Woord aan jou maak is in Jer 29:11-14 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here, voorspoed en nie teenspoed nie. Ek wil vir julle n toekoms gee, n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na My wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Julle sal My ontmoet, sê die Here. Definieer en dink oor hierdie prentjie totdat jy hoop kan voel in jou hart hoop vir n geseënde familie n herstelde visie. Wanneer jy hierdie hoop het, sal jou geloof iets hê om aan vas te hou. Ek moedig jou aan..sit vir n oomblik, vind die stil punt, dink oor God se liefde vir jou en jou familie en herstel jou visie vir n huis vol seëninge.

WAT DIE SWAARSTE IS, MOET DIE SWAARSTE WEEG (deur Estelle Lindeque) Liefde die een ding wat almal nodig het. Die een ding wat sin maak in die wêreld. Die een ding wat nodig is vir n vervulde lewe. Liefde word gevind in verhoudinge. Liefde is die belangrikste ding volgens die Woord (1 Kor 13). Dit wat ek weet wat die belangrikste in my lewe is, moet ek eerste plaas in my denke en in my dag. Hoe weet ek wat plaas ek eerste in my denke en in my dag? Ek kyk waaraan dink ek die meeste van die tyd. Daar is baie dinge wat ek kan doen wat wonderlik is, maar wat dalk die plek inneem van die belangriker dinge. Vir my lewe om waarlik suksesvol te wees, moet ek die belangrikste dinge eerste plek in my lewe gee. Nommer 1: My verhouding met God My huis is vol liefde Ek is baie dankbaar teenoor my Vader vir alles wat Hy vir my gedoen het. Jesus was die volmaakte offer, wat die prys ten volle betaal het sodat ek volkome vrygekoop kan wees in elke area van my lewe: gees, siel (wil, denke, emosies) en liggaam. My hemelse Vader stel intens belang in my elke dag se lewe. Hy is Wysheid en my hart moet wees om eerstens oop te wees vir daardie wysheid, en tweedens om dan gehoorsaam te wees aan die lig en wysheid waarin Hy my lei. Ek onderwerp my aan die waarheid, want ek weet God se wil vir my is goed en dit is volmaak. Dit sal my lewe beter maak as wat ek dit self ooit sal regkry. Ek vertrou my Vader met my hele hart, want ek weet Sy manier is die beste. My Vader kan en wil vir my n beter manier wys om huis te hou, om kos vir my gesin voor te berei, om my liggaam gesond te hou, om te tuisskool, om enige iets te doen! Nommer 2: My verhouding met my man Baie vrouens is geneig om hulle kinders bo hulle mans te plaas, en dan kan hulle nie verstaan as dinge begin skeefloop nie. Dit is ook elke vrou se verantwoordelikheid om presies by God te hoor wat n goddelike vrou se rol in n huwelik en gesin is, en dit dan te DOEN. Iets wat regtig baie waardevol is, is om uit te vind watter persoonlikheidstipe jy en jou man is. Gewoonlik is die man en vrou min of meer teenoorgestelde persoonlikhede, m.a.w. jou swak punte is jou man se sterk punte, en jou sterk punte is sy swak punte. Dis wat julle waarskynlik na mekaar toe aangetrek het toe julle ontmoet het. Maar nou na n paar jaar se getroude lewe kan dit gebeur dat juis die dinge wat julle na mekaar aangetrek het, kan veroorsaak dat julle uitmekaar dryf. Besef dat elkeen van julle uniek is, dat julle mekaar baie nodig het, en dat julle twee saam n baie sterk span vorm (veral as God nog ook die derde vennoot in julle verbond is). Waardeer mekaar Maak tyd vir mekaar Vergewe mekaar Doen dinge vir mekaar Gesels met mekaar Doen dinge saam Lag saam Bad/ stort saam Gaan slaap saam

Nommer 3: My kinders Die beste ding wat ek vir my kinders kan doen, is om n liefdesverhouding met hulle pa te hê. Dit gee vir hulle sekuriteit wat geen geld kan koop nie. Dit stel ook vir hulle n voorbeeld wat hulle kan volg vir hulle eie huwelike eendag. Ons moet onthou dat alhoewel ons kinders geskenke uit die hand van God is, behoort hulle eerstens aan God. Ons kinders is vir n baie kort tyd onder ons sorg en direkte invloed, en God het n baie spesifieke doel daarmee. Hy wil he dat ons regdeur elke dag ons kinders van Hom moet leer, soos ons opstaan in die oggend, huis regmaak, kos voorberei, ons werkies doen, skoolwerk doen, speel, en weer gaan slaap in die aand. Ons het n groot verantwoordelikheid teenoor God, oor hoe ons hierdie kinders grootmaak. Dis onder andere ons verantwoordelikheid om seker te maak hulle kyk en luister na dinge wat hulle gees opbou en nie hulle denke besoedel nie aktief is en kos eet wat hulle liggame opbou en gesond hou Onthou, jy het n hemelse Vader wat jou baie liefhet, en wat n groot prys betaal het, sodat jy heel kan wees. Soos wat jy hierdie drie verhoudinge onderhou as die belangrikste in jou lewe, so sal jy kan toelaat dat God se liefde deur jou kan vloei, en jou huis vol liefde kan wees.

LEER N KIND HOE HY MOET EET DAN SAL HY DIT SY LEWE LANK DOEN (deur Estelle Lindeque) Diere in die natuur weet wat is goed vir hulle om te eet en wat is nie goed nie en hulle kies om dit te eet wat goed vir hulle is. Maar die mens het dit reggekry om, anders as diere, gewoontes aan te leer om ongesonde kos te eet. Ma s het n wonderlike geleentheid en n groot verantwoordelikheid om hulle mans en kinders te beinvloed om gesond te eet. Onthou, jou liggaam is jou paspoort vir die aarde. Jy is n geesmens, wat n siel het (wil, denke en emosies), en wat in n liggaam woon. Jou liggaam is jou earthsuit. Daarsonder kan jy nie op hierdie aarde bly nie. Wat sê die Woord? Hoekom is die kondisie van my liggaam belangrik? 1) My liggaam is die tempel van die Heilige Gees. (1 Kor 6:19-20 en 2 Kor 6:16) Daar is net een persoon Die voëls sing vir my huis verantwoordelik vir die oppas van die tempel en dis ek! Ek het my liggaam van God gekry en dit behoort nie aan my nie. Dit behoort aan God! Ek moet God verheerlik in my liggaam en in my gees. 2) Dis my redelike godsdiens om my liggaam te stel as n lewende, heilige en aan God welgevallige offer. (Rom 12:1) 3) Ek moet n goeie rentmeester wees van my liggaam, wat aan God behoort. As ek nie getrou is in n ander se goed nie, wie sal dan aan my my eie gee? (Lukas 16:12) God verwag nie dat ek n sekere doelgewig moet wees en n sekere nommer klere moet dra nie. Ek hoef nie soos n sekere supermodel te lyk nie. Hy verwag net van my om die beste ek te wees. Dis so bevrydend, want dis moontlik! 4) Proverbs 18:9 Amplified Bible He who is loose and slack in his work is brother to him who is a destroyer and he who does not use his endeavors to heal himself is brother to him who commits suicide Is dit nie vreeslik om te dink dat ek eintlik selfmoord pleeg as ek nie bietjie moeite doen om gesond te wees nie? Mense grawe letterlik hulle grafte met hulle eie vurke. Dié vers het my jare gelede so geruk in my gees, dat dit my hele lewe verander het. 5) 1 Tim 4:8 Want liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het. Mense gebruik die vers as n verskoning om nie te oefen nie, maar as mens die vers mooi lees, dan is dit juis n vers wat jou motiveer om te oefen. 1 Tim 4:8 Amplified Bible. For physical training is of some value, maw liggaamlike oefening het wel waarde (studies bewys dit vir ons), maar net vir n relatiewe kort tyd terwyl jy nog in jou liggaam op hierdie aarde is. Jou lewe op aarde is n kort tyd in vergelyking met die ewigheid. Maar kyk na die tweede helfte van die vers in die Amplified: but godliness (spiritual training) is useful and of value in everything and in every way, for it holds promise for the present life and also for the life which is to come.

Daaglikse oefening is een van die beste maniere om jou geesmens te oefen in getrouheid, selfbeheersing en vrede al drie vrug van die gees. Die vrug van getrouheid, selfbeheersing en vrede gaan vir my van groot waarde wees in elke ander area van my lewe terwyl ek nog op aarde is, en ook in die toekomende lewe. Miskien wonder jy hoekom ek vrede genoem het. Baie mense het elke oggend n stryd in hulle binneste as hulle in die oggend vroeër moet opstaan om te oefen. Oefening behoort dieselfde emosies in jou wakker te maak as wanneer jy jou tande moet gaan borsel! Jy doen dit net met rustigheid in jou binneste. Jy wonder nie elke oggend of jy vandag lus is om tande te borsel nie. Dis n uitgemaakte saak. 6) Meeste mense se smaak sintuig is só besoedel dat gesonde kos vir hulle sleg proe en alles wat ongesond is, lekker. Het jy geweet jy kan jou smaak (een van jou sintuie) oefen om te onderskei tussen wat goed is vir jou, en wat sleg is vir jou liggaam? Hebrews 5:14 KJV But solid food belongs to those who are of full age, that is, those who by reason of use have their senses exercised to discern both good and evil. 7) Die eerste stap om jou man en kinders te help om gesonder te wees, is om sélf n voorbeeld te wees in fisiese oefening en aktiwiteit en ook in gesonde eetgewoontes. Jy kan nie skynheilig wees, en in die geheim dinge eet sodat jou kinders jou nie moet sien nie! (Lukas 6:42) Waar begin ek dan nou? Net waar jy is! God stel Sy wysheid tot jou beskikking. (Spr 1:20-23) Gesonde lewenstyl is nie n wettiese ding wat nagevolg moet word nie. As jy dit só gaan benader, gaan jy faal. Dis op n hoër vlak. Jesus het n duur prys betaal sodat jy vry kan wees. Jy is nie meer n slaaf van slegte gewoontes nie. Jy heers daaroor. Moenie jouself in versoeking bring nie. Moenie eers ongesonde goed in jou huis inbring nie. Drink meer vars, suiwer water. Eet kos wat nader is aan hulle natuurlike vorm (bv. appel i.p.v. appelsap). Probeer om 90-95% van die tyd gebalanseerde, gesonde kos te eet. Die dinge wat jy elke dag doen en eet, is die dinge wat die grootste impak op jou gesondheid het. Gewoontes kan gevaarlik wees, want dis dinge wat ons doen sonder dat ons eers bewus is daarvan. So laat ons probeer om meer soos die voëls in die natuur te wees en te weet wat is gesond vir ons liggame om te eet en nie te eet nie. Dan sal ons energie hê om nie net onsself nie, maar ook ander te help wat ons nodig het.

MY STRANDHUIS WAG VIR MY (deur Lizette Rousseau) Alles in die wêreld wat groei, groei van binne na buite. Sade, eiers, diere en babas. n Baba groei binne in sy Mamma totdat hy/sy gereed is om gebore te word. Dan groei hy/sy op in die veiligheid van sy huis totdat dit tyd is om uit te gaan, die wêreld in. Jou huis is die eerste plek waar n kind se persepsie oor hom/haarself gevorm word. Psalm 22:10 U laat my veilig rus aan die bors van my moeder. Wanneer babas gebore word is hulle hulpeloos en het hulle versorging nodig. Hulle het fisiese versorging, soos voeding, doeke ruil en beskerming teen die elemente nodig. Maar net My strandhuis wag vir my so belangrik soos fisiese versorging is emosionele versorging: liefdevolle woorde, aanraking en oogkontak. Gedurende die 2de Wêreldoorlog is baie babas in weeshuise dood om een of ander onverklaarbare rede. Hulle het kos gekry en hulle doeke is geruil, maar is nooit opgetel of vertroetel nie. Hulle was dus fisies versorg, maar nie emosioneel nie. Baie het dit net nie oorleef nie. Wanneer 'n Mamma haar baba in haar arms hou en liefdevolle oogkontak maak, word vreugde na die baba se gees toe oorgedra. Die rede hiervoor is wanneer 'n baba versorg, vertroetel en mee gespeel word maak hy die afleiding dat hy dit werd is om versorg te word. 'n Mamma se oë is soos 'n spieël waarin haar kind lees: my Mamma hou van my...ek is het waarde of my Mamma se oë sê, ek is lastig en in die pad...wat is fout met my? So vorm 'n kind se persepsie van homself en hy leer om te vertrou op Mamma se bors. Jou huis is die plek waar jou kind se eerste perspektief van God gevorm word. Ons kan God nie sien nie en ons en ons kinders se persepsie van God word gevorm uit dit wat ons wel kan sien. Ons projekteer ons siening van ons ouers op God. Ek het eenkeer gelees van 'n seuntjie wat 'n prentjie van God moes teken. Toe sy Juffrou vir hom vra hoekom hy God met net een arm geteken het vind sy uit, dat sy Pa ook net een arm het. Jou huis is waar jou kind waardes leer. Waardes soos eerlikheid, respek, outoriteit, respek vir eiendom en die natuur word deur modellering aangeleer. 'n Houding van Moenie maak soos ek maak nie, maak soos ek sê...! was nog nooit baie effektief nie! Jou huis is waar jou kind leer om konflik te hanteer. Sonder dat mens dit altyd besef leer ons kinders hoe om konflik te hanteer deur ons dop te hou...en dan gaan oefen hulle op hulle sussies en boeties! Jou huis is waar jou kind baie lewensvaardighede kan leer. Hulle sien hoe om geld te hanteer, leer eetgewoontes aan, begin leer om 'n huishouding te hanteer ens. Jou huis is jou kind se wegspring plek in die lewe. Jy as ouer het 'n ongelooflike geleentheid om in jou kind se lewe in te bou.

Jy wonder dalk of dit die moeite werd is om by die huis by jou kinders te wees. Jy voel dalk moeg en afgemat. Ongewaardeer en selfs 'n bietjie misbruik... Dan wil ek jou vandag bemoedig deur jou te herinner aan die seisoen waarin jy jou bevind. En dis saaityd. Jy is besig om in jou kinders se lewens in te saai en eendag sal jy die vrugte van jou arbeid pluk. Hou net moed. Daar is dae wat ek ook absoluut oorweldig voel deur alles in my lewe. Wanneer ek nie kan voorbly met opruim en skoonmaak, vrae antwoord, skoolhou, reëlings maak en kosgee nie!! Wanneer ek graag ongesteurd op die telefoon sou wou praat. Dit is die dae wat ek myself herinner dat sekere probleme sekere omstandighede vergesel. Jy kry nie 'n baba sonder 'n doek nie. Jy kry nie kindertjies wat nie mors en raas nie. Dis deel van die pakket! Eendag sal daar wel rustige dae kom, maar dis nie vir nou nie. My strandhuis wag vir my. Ek sal nie opgee nie, ek sal op die pad bly en ek sal oomblik geniet van hierdie seisoen waarin ek nou is.

TUISSKOOL N VERANDERING EN NUWE BEGIN (deur Elana Smit) Ons almal ken die uitdagings wat veranderings vir ons meebring. Die groot trek wat jy miskien as kind ervaar het toe jou pa van werk verander, of van bank tak moes verwissel het. Ons almal moes die veranderings in ons land deurleef. Sommige het uit die land "gery", ander van ons het gekies om te bly. Veranderings is deel van ons lewe of ons deel daarvan wil wees of nie. Die gemaklike tuiste van die bekende is vir ons as mens tog te heerlik. Daardie "moskombersie" soos Laurika Rauch dit beskryf, waar ons geliefd en gekoester voel, is lekker. Verandering bring egter groei mee en dit kan goed wees. Om jou horisonne te verbreed of selfs jou opinie te verander is nie altyd sleg nie. Om te begin tuisskool veroorsaak 'n groot verandering in ons lewens! Vir baie van ons verg dit 'n totale kopskuif. Ons kom ons hele lewe lank uit 'n sisteem waar jy geleer is dat die enigste leer kan plaasvind in 'n skool. Om jou kinders dus na jou huis te verhuis verg MOED! My huis is op n goue dam Party kinders spring die hele skool sisteem vry deurdat hulle ouers reeds vroeg die moedige stap neem en so Graad 1 saam met hulle oudste aandurf. Ander maak weer die besluit eers soos wat hulle die skool stelsel beleef en dan besef dit werk nie vir hulle nie.. Hoe dit ook al sy, ons kan die impak van tuisskool op ons huis, vriendekring en familie nie bepaal voordat ons werklik daar is nie, voordat jy werklik self tuisskool nie. Hierdie verandering geskied vir sommige heel natuurlik en vir ander van ons bied dit 'n GROOT uitdaging! By die huis is daar skielik 'n hele skool wat geakkomodeer moet word. Hier is geen regte of verkeerde manier nie. Skool kan gebeur oral en altyd. Sommige tuisskool sekere tye van die dag, sommige leer heeldag. Sommige tuisskool soos wat die geleentheid opduik, sommige skep die geleenthede vir leer. Dit maak nie regtig saak hoe jy tuisskool nie, solank jy n liefde vir leer in jou kinders ontwikkel en ondersteun. Miskien moet ons probeer om eerder die skool uit tuisskool te haal en so 'n liefde vir leer te kan kweek wat 'n leeftyd kan hou. Ons kinders onthou ons stemtoon veel eerder as die pragtige plakkate teen die muur. Hulle dink met hulle hart. Die kennis van wiskunde en wetenskap beteken vir hulle niks as hulle nie eers weet van jou liefde nie. Doen net soveel moeite met jou positiewe gesindheid elke dag, as met die keuse van jou kurrikulum. Doen meer moeite met jou vriendelikheid as met die noodsaaklike spel toets. Kweek voortdurend geduld in jou eie hart met net soveel moeite as die boontjie-in-klam watte eksperiment. Skool kan 'n vreugde wees of n las, ons het die vermoë om te verander en dit 'n vreugde vir ons eie kinders te kan maak. Gebruik hierdie tuisskool geleentheid as die manier om jou huis te bou met liefde, geloof en hoop om jou gesin en ons wêreld te verander!

EK IS S-O-O-O S O LIEF VIR MY HUIS (deur Hendrine Krieg) Ek is lief vir my huis. Ek is lief vir my huis van die eerste dag wat ek saam met die eiendomsagent verbygery het. Ek het hierdie huis wou hê. Ons lewe in hierdie huis al vir n dekade. Baie het al verander sedert ons hier ingetrek het. Oor die jare het ons die huis verander om aan te pas by ons lewensomstandighede. En meer belangrik ek myself het al verander om aan te pas van n werkende vrou na n tuisblyma gedurende hierdie tyd. Alhoewel dit traumaties was om op te hou werk, is ek dol daaroor om soveel tyd by my huis te kan spandeer. My huis is vir my die middelpunt van my heelal, my spesiale plekke in die son. Van hierdie hawe kan ek spring na die groot ongekende wat die wêreld bied. Ek moet erken ek is nie n huisvrou soos Princeton Ek is s-o-o-o lief vir my huis University s wordnetweb dit definieer as n vrou wat die huishouding bestuur terwyl haar man die familie inkomste verdien. Ek is nie n talentvolle huishoudster nie. Ek is morsig en n skoon huis is nie een van my prioriteite nie. Ek verskoon my morsigheid dat ek nie n huisvrou geword het om n skoonmaker te word nie, maar n ma. Ons almal weet hoe moedeloos kan dit raak om n huis te probeer skoonhou met kinders. Dit lyk of die werk nooit ophou nie. Sodra jou kombuis skoon is, is dit alweer tyd vir die volgene ete. Net sodra die kinders se slaapkamers aan die kant is, pak hulle alweer uit om opnuut te begin speel. Vir n tuisblyma, het huishouding 2 groot probleme (tensy jy regtig van skoonmaak hou). Die eerste is dat dit nooit ophou nie. Die tweede is die feit dat ons nooit die werk verlaat om huis toe te gaan nie. Ons lewe in ons werkplek. Werkende mense hou nie daarvan om ongedane take huis toe te neem nie, en so is dit ook met ons! Daar is vele maniere om hierdie probleme te oorkom. Een moontlikheid is om iemand aan te stel wat vir jou die gedurige skoonmaak te doen. As jy nie so gelukkig is nie, of dit nie kan bekostig nie, probeer hierdie strategie. My suster, wat haar werk laat staan het om by die huis te bly, sien huis skoonmaak nes n gewone werk nadat sy aanvanklik amper moedeloos geraak het. Sy bly by spesifieke werks ure. As die ure om is, gaan sy huis toe en los ongedane take vir die volgende dag. Groter take word ook slegs een keer per week gedoen soos stofsuig. En omdat sy dit nou as haar loopbaan sien, is sy selfs trots op haar strykwerk. Omdat ek meer die lui tipe mens is, doen ek weer huistakies met die bietjies tyd tussen in. Gereeld skuif die minder belangrike huistakies na die onderkant van die lys. Ek voel altyd dat dit sinneloos sal wees as ek my tyd spandeer op huisskoonmaak as my primêre rede vir by die huis wees is om na my kinders om te sien dit sal die doel mis! n Ander belangrike ding, veral vir sommige mense, is om uit die huis te gaan vir vrye tyd. Gaan kuier by vriende, vat die kinders op uitstappies, maar moenie by die huis sit met skuldgevoelens oor ongedane take nie. Ons verdien ook teetyd, etenstyd en rustyd nes die mense by n werk. Dit help om die konsep van gaan huis toe na werk te simuleer en addresseer dus so probleem twee. Wat ek die meeste geniet van my huis en om by die huis te wees, behalwe dat ek baie tyd het saam met my kinders, is dat dit my eindelose geleentheid gee om my huis in te rig, te skuif en te dekoreer soos wat my behoeftes en giere pas. So het ek al geurige kruie rondom my

wasgoedlyn geplant elke keer as ek dus wasgoed ophang kan ek die lekker geure ruik. Met die hulp van die kinders het ons die badkamers gedekoreer, nou is badtyd n heerlike ervaring van hulle eie idees. Gaste het nie n keuse as om tussen die seeskulpe en speelgoedvisse te bad nie. Ek voel baie sterk dat n huis vir jou en jou gesin n plek van rus moet wees. Moenie te veel aan ander dink as jy jou huis versier of inrig nie. Ons spandeer die meeste tyd hier, so ons moet onsself in ag neem t.o.v. die huis inrig. Ek is seker soms te ontspanne as dit kom by speelgoed wat rondlê en netheid. Ek het geen aparte sitkamer waar speel verbode is nie. Maar ek dink mense is altyd welkom en kan gemaklik voel in my huis, miskien omdat liefde en aanvaarding die eintlike bestanddele is wat belangrik is. Ek hou daarvan om besoekers te hê in my huis. Ek is mal daaroor om met vriende te gesels oor ons lewens, ons kinders, ons probleme, planne en oppad wees. Ek hou daarvan om idees te deel en gestimuleer te word tot nuwe idees oor n koppie tee. Ek probeer om elke oomblik te waardeer dat ek lewe, dat ek mense om my het wat vir my lief is en dat ek n huis het vol letterlike en figuurlike skatte. Ek hoop dat die teken by die deur van my huis waar is: Vreugde vir hom wat kom, Vrede vir hom wat hier verwyl, en Seën vir hom wat verder trek.

MY HUIS IS AAN DIE BEWEEG (deur Willemien Kruger) n Huisboot staan nie stil in een plek vir te lang tyd nie, dit is veronderstel om te beweeg. So die vraag is is jy aan die beweeg? Beweeg jy in die regte rigting? Dans die visse vir jou huisboot? Is daar groei besig om plaas te vind? Groei is nie noodwendig altyd maklik nie. Plante groei gegewe die regte omstandighede, maar gaan dood sonder lig of water.ons as mense groei ook fisies en ons is veronderstel om emosioneel en geestelik ook te groei maar doen ons? Gebeur dit outomaties of is dit beter as dit beplan word? Soos die gesegde gaan die lewe gaan oor die reistog, nie die eindpunt nie. Ons almal begin met n droom, n visie, n hoop of n doel. Al is dit nie altyd formeel gedefinieer nie, dit is iets waaroor jy wel al gedink het elke keer wat jy seerkry, kwaadword or teleurstelling ervaar is n aanduiding dat dinge nie volgens jou verwagting, droom of Die visse dans vir my huisboot hoop gebeur het nie. Hierdie verwagtinge is soms moeilik om van bewus te wees totdat jy n teleurstelling ervaar, maar dan is dit n goeie tyd om daaroor te dink en te kyk of jou verwagtinge realisties is of nie. Dit is hierdie verwagtinge wat jou visie definieer en vorm, die prentjie van waarheen jy oppad wil wees. En om daar uit te kom, sal jy moet meet waar jy gaan. As jy by n spesifieke plek will uitkom, sal nie alle paaie jou soontoe neem nie. Jy sal op die pad wat jou soontoe neem moet wees, anders gaan jy nie daar uit kom nie. Mens dink nie gewoonlik daaraan dat ons normale gewone lewens groot reistogte is nie, so gewoonlik meet ons niks nie. Gedurende die normale besigwees van elke dag verloor ons visie, en verloor ons fokus. Ons weet selfs nie eers meer of ons op die regte pad is nie. As jy wil weet op watter pad jy is, meet waar jy is. Dink oor jou familie lewe se verskillende aspekte en maak n lys van wat jou pla, waar jy is, wat gebeur teenoor waar wil jy wees, hoe wil jy hê moet dit wees of lyk. Begin met die mees frustrerende aspekte. Dink werklik oor wat is al gedoen, asook wat nog nie gebeur het nie of nog nie gedoen is nie en wat jy wil byvoeg, wegvat, verander of aanpas om weer jou huis in die beplande rigting te stuur. Vra jouself dan af wat moet dalk uit jou lewe gesnoei word om meer energie en tyd beskikbaar te maak vir die visie om n werklikheid te kan word, of wat dalk bygevoeg moet word om die visie n werklikheid te maak. Neem die moeilike besluite om sommige dinge te stop of houdings te verander. Hernu jou toewyding aan God, jou man en jou kinders. Skryf n paar voornemens neer en deel dit met iemand (ideal jou man/vrou wat jou beste vriend moet wees) om jou verantwoordelik te hou. Begin dan implementeer wat jy besluit het n nuwe gewoonte elke maand miskien, maar begin net met wat jy realisties kan hanteer, en voeg by soos wat jy meer en meer gesonde gewoontes kweek. En aan die einde van n paar maande sit weer vir n oomblik en meet of daar positiewe groei na jou visie was is daar ten minste een meer seën in jou huis as n resultaat van nuwe gewoonte(s)? Gee jouself tyd om aan te pas en te verander. Gee ook jou man en kinders tyd om aan te pas. Houding en skedule veranderinge neem n lang tyd om regtig as permanente nuwe gewoontes gevestig te word. Wees geduldig met die proses. As jy n tuisskool ma is wat nuwe leer gewoontes of leerareas implementeer mag dit selfs nog langer neem as daar eers slegte gewoontes is wat afgeleer moet word. Meet jou beweging in terme van maande of jare, nie dae nie. Dit sal meer bemoedigend wees om terug te kyk na wat bereik is in n jaar as in die afgelope week. Die

implementering van nuwe gewoontes om n langtermyn visie na te streef neem n lang tyd. Dit sal help om deel van n ondersteuningsgroep van mense met soortgelyke visies te wees om jou aan te moedig op jou reistog. As jy n tuisblyma is soek en assosieer met ander ma s wat ook by die huis bly. As jy n tuisskoolma is soek aktief na ander tuisskolers in jou omgewing om mee te gesels of kuier op n gereelde basis. Deel idees, visies, probleme en gesels oor moontlike oplossings. Ons is almal op n pad iewers heen en benodig aanmoediging en bemoediging veral wanneer ons moeg, verveeld of moedeloos raak. Besluit nou om een van daardie te wees wat ander aanmoedig, en jy sal ook bemoedig word oppad. Dit is die moeite werd. Dit is wat jy nodig het om meer gelukkig by die huis te wees. Mag jy saam met die visse dans soos wat jou huisboot oppad is op sy reis.

EK HET MY PERSPEKTIEWE VERANDER OOR TUISSKOOL SKOOL (deur Elana Smit) As iemand n paar jaar terug vir my gesê het dat ons sou tuisskool, sou ek verseker gelag het. Ons het reeds vroeg vas besluit dat my kinders die beste onderrig moes kry! So 'n groot deel van ons kinders se tyd word by die skool spandeer, en juis daarom was dit vir ons so belangrik. Tuisskool was nooit 'n opsie nie. Ons blootstelling aan tuisskool was baie beperk en juis daarom was ons baie krities, in onkunde. 'n Goeie vriendin van my was uitverkoop aan tuisskool en het herhaaldelik met my daaroor gesels. Terwyl sy oor die voordele praat sou ek in my gedagtes solank die nodige teen argumente begin vorm. Talle redes en redenasies later, kon ek net sê : Tuisskool jy jou kinders, maar my kinders moet in 'n skool wees. Tog snaaks hoe ons somtyds bid vir uitkoms, maar mis dan die oplossing wat reg voor jou lê. Ek trek my huis van reën na son So het ons tuisskool avontuur begin voordat ek daarvan bewus was. Dieselfde vriendin nooi my op 'n uitstappie na 'n ma wat alreeds 'n geruime tyd tuisskool. Groot was my verbasing toe hierdie ma 'n oud onderwysers van my is. Die vraag het my te binne geskied: Weet sy nie van beter nie, sy is immers 'n onderwyseres? 'n Baie interessante dag het gevolg. Ek kon talle van my vrae weer vra en het die keer beter geluister na die antwoorde wat ek ontvang het. Daar is 'n saadjie geplant. Volgende is ons na 'n aanbieding van n tuisskool kurrikulum verskaffer. Aangesien dit 'n aanbieding was, was daar geen geleentheid vir al die teenargumente van sosialisering, standaard, jou kwalifikasie as ouer ens. nie. So is egter van hierdie vele vrae ten tye van die praatjie aangespreek en ons kon net sit en luister. Talle navorsing het reeds getoon dat tuisskool kinders akademies en sosiaal 'n voorsprong het, weens 'n wyer blootstelling. Nie lank hierna nie het 'n baie interessante gesprek met ons predikant gevolg. Die een groot krisis vir my was die moontlikheid van 'n wanaangepaste volwasse tuisskoler. Hoe sou hulle kon aanpas in die gewone wêreld as hulle nie deel was van 'n klas van 30 nie? Sy antwoord was as volg: As jy vandag by bv. n bank begin werk, hoeveel van die personeel gaan soos jy dieselfde ouderdom wees en in dieselfde omstandighede? Die kanse vir dit om te gebeur is baie onwaarskynlik en onrealisties. 'n Lig het vir my aangegaan! Dis die hele ding! Ek het my antwoord gekry! Jy het juis 'n kind nodig wat met alle ouderdomme kon sosialiseer. Jy het juis 'n kind nodig wat 'n bydrae kan maak in 'n samelewing waar almal nie presies so oud soos hy is nie, waar almal nie dieselfde belangstellings het as hy nie. Jy het 'n kind en volwassene nodig wat onafhanklik tussen alle ouderdome en mense kan funksioneer. Hierdie dinge hoef hy (kan hy) nie in 'n skool leer nie. Hy kan dit juis by die huis leer. Jou kind se sosialisering lê nie in 'n onderwyseres se hande nie, dit is in ons as ouers se hande. Die beste manier om kinders goeie sosiale gedrag te leer is juis onder goeie betrokke toesig, sodat jy hom aanvaarbare sosial gedrag kan leer. Tuisskool kan dalk juis die antwoord op die sosialiseringsprobleme wees. Wees dus baie geduldig met die persone wat kritiese vrae oor tuisskool het. Wees gereed met antwoorde, veral oor die groot sosialisering vraag. Meeste mense is net oningelig en ken net die publieke skoolstelsel waarvan hulle ook deel was. Doen moeite met die sosialisering van jou kind vir jouself ook. Moenie isoleer nie. Ons het die voorreg om by ons eie huis ons kinders te leer, gebruik elke geleentheid te volle.

HOE EK GELEER HET OM DIE BLOMME TE RUIK (deur Lizette Rousseau) Deur die loop van jare, met 4 kinders wat ek tuisskool, het ek n paar dinge geleer wat my help om kop bo water te hou. Ek het geleer hoe om te stop en die blomme te ruik wat langs die pad groei. Ek wil dit graag met julle deel. * Spandeer tyd om God toe te laat om vir jou die pad te wys Spreuke 3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. Maak tyd elke dag, selfs al is dit net vir n paar minute, om vir God wysheid en hulp te vra. Spandeer ook tyd aan die begin van 'n nuwe jaar of seisoen om vir Hom nuwe rigting te vra. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die pad wys. My huis ruik na wit blomme Maak die Bybel die fondasie in jou huis. Ruth Beechick sê dat kinders die Bybel bo alle boeke moet leer ken om goed opgevoed en geleerd te wees. (A Biblical Home Education Ruth Beechick) Begin met die einde in gedagte, en hou die einde in gedagte. Veral wanneer jy deur 'n moeilike tyd gaan. Skryf jou doelwitte neer, want as jy vir niks mik nie, gaan jy dit elke keer tref. * Versorg jouself : Dit sluit in om na jouself te kyk op geestelike, emosionele en fisiese vlak. Geestelik: Spandeer tyd met die Here, lees boeke, bedien saam met ander gelowiges. Emosioneel: Doen iets waarvan jy hou en wat jou batterye sal herlaai. Fisies: Gee aandag aan jou voorkoms, doen oefening en kyk na jou gesondheid. Om na jouself om te sien, is 'n middel tot 'n doel. Wanneer jy jouself op 'n gebalanseerde manier versorg, stel jy sodoende 'n voorbeeld vir jou kinders oor hoe 'n mens jouself moet versorg. Met gebalanseerd bedoel ek dat jy die uiterstes van selfsug en selfopoffering moet vermy. Jy is dit werd om vir jouself te sorg. Jy het die belangrike taak om die volgende generasie op te voed. * Spandeer tyd saam met vriende wat in dieselfde bootjie as jy is. Elke vriendskap is uniek en met elke vriendin het jy verskillende raakpunte. Wanneer jy heeldag by die huis is, maak seker jy het vriende wat jou sieninge respekteer. Vriende is daar om die vreugdes en die hartseer van jou lewe mee te deel. * Wees ingelig deur goeie boeke te lees. Leer saam met jou kinders. Stel vir hulle 'n voorbeeld deur self te lees en te leer. Daar is soveel goeie boeke om te lees oor ouerskap, moederskap, brein ontwikkeling en tuisonderrig. Ek het al baie foute vermy deur wat ek gelees en toegepas het. Mens kry ook soveel oulike idees by ander mense wat skryf uit hulle ervaring en ondervinding. Lees is n manier om mens se horisonne te verbreed en jou opnuut te inspireer.

As jy tuisskool, is dit goed om 'n ondersteuningsgroep of Expo s by te woon. Jy kan altyd iets nuuts leer of nuwe mense leer ken. Of miskien kan jy iemand anders bemoedig. Moenie net altyd met die mense kuier wat jy goed ken nie, reik uit na iemand wat jy nog nie ken nie en jy mag dalk verras wees. Ons kan almal iets by mekaar leer. * Gebruik gunstige leergeleenthede. Gee aandag wanneer jou kind n belangrike vraag vra, dit is n waardevolle geleentheid om in hulle lewens in te bou. Wees sensitief vir sulke leerbare oomblikke en gebruik dit om waardes oor te dra, hulle geloof te versterk en om hulle te leer oor die lewe. * Ken jou kinders. Ek geniet dit om boeke te lees oor persoonlikheidstipes, leerstyle, liefdestale en talente. Dit help jou om jou kinders (en jou man!) beter te verstaan. Verskillende kinders het verskillende behoeftes. Almal ervaar liefde verskillend en benodig verskillende benaderings tot dissiplinering. Dit is regtig die moeite werd om jou kinders elkeen individueel te leer ken sodat jy hulle later kan help om hulleself beter te verstaan. Op die einde wil ons nie uitbrand op hierdie reis nie, maar ons wil dit geniet so maak tyd en ruik die blomme langs die pad!

MY HUIS IS NIE BANG NIE (deur Hendrine Krieg) Ek was n werkende vrou vir n lang tyd voor ek kinders gehad het en die besluit geneem het om tuis te bly om hulle groot te maak. Om te kan werk het sy voordele. Ek was finansieel onafhanklik en vry. Vry om te kon doen wat ek wou wanneer ek wou. Natuurlik was daar nie kinders nie, en die vryheid was buite werksure. En dit het alles verander met my seun se geboorte. Ek moes drie traumatise gebeure verwerk : eerstens om ma te word, dan om finansieel afhanklik te raak en derdens om net by die huis te wees. Dit het gelei tot die ontwikkeling van vrese en onsekerhede. Ek was bang dat daar nie genoeg geld sal wees nie. Ek was bang dat my brein gaan stagneer vanweë verminderde intellektuele stimulasie. Ek was bang ek verloor my werkende vriende en dat hulle nie vervang gaan word deur ander nie. Ek was bang dat ek nooit weer tyd vir myself gaan hê nie. My huis is nie bang nie Ironies genoeg, was dit een van my werkende vriende wat my aan my eerste tuisblymavriendin voorgestel het. Dit was in haar tuin waar ons altwee tot n belangrike besef gekom het. Ons het in die skadu van haar pragtige boom gesit en koffie teug terwyl ons ons twee klein seuntjies dopgehou het waar hulle in die sand speel en ons het gekla. Gekla oor alles wat ons nie meer gehad het nie en waarskynlik nooit weer sou hê nie. Geld, tyd, vryheid. Skielik het ons besef hoe onregverdig ons was. Ons het pragtige tuine, mans wat gewillig is om te werk sodat ons tyd met ons lieflike kinders kan deurbring, en meer tyd as wat ons weet hoe om te spandeer, solank ons uitstappies ons kinders kon insluit en ons het mekaar. n Vriendin is die heel belangrikste hulp vir enige tuisblymamma. Sonder vriendinne sou elkeen van ons in haar eie hoekie sit en dink die wêreld is n wrede, eensame plek. Ek het begin soek na geleenthede om ander tuisblymammas te ontmoet. Ek het ontdek dat babawinkels en kinderaktiwiteite ideale plekke is om ander mammas te ontmoet. Soos ek meer mammas ontmoet het, het my lysie van baie belangrike vriendinne gegroei. Aangesien ek by die huis was het ek genoeg tyd gehad om met hierdie spesiale mense deur te bring en so ons vriendskap te versterk. Buiten die stimulerende intellektuele gesprekke wat ons voer, kan ek op my vriendinne staatmaak om my vrese en bekommernisse te deel, om te verstaan wanneer ek my besluit om n tuisblymamma te wees in twyfel trek en selfs om my kinders op te pas wanneer ek regtig tyd vir myself nodig het. Dit herinner my aan die tweede gewaarwording wat daartoe gelei het dat ek nou n ten volle aangepaste tuisblymamma kan wees. Ek was by die haarkapper ( n skaars bederfie), terwyl my ma na my baba gekyk het. Die haarkapper het toe haar klein babatjie by haar in die salon. Natuurlik gesels ons toe oor babas, soos mammas maar doen, en sy erken toe dat sy baie jaloers is dat ek tuis by my kinders kan wees en sy moet werk en haar baba moet binnekort na n dagmoeder toe gaan. Toe sy my vra of ek my hare ook wil kleur moes ek nee sê (ek kon dit nie bekostig nie), en toe besef ek dat omdat ek die keuse gemaak het om nie my hare te kleur nie, ek tuis kon bly. Die ander belangrike ding om te besef is dus dat jy nie n slagoffer van jou situasie is nie mens kies om tuis te bly. Hierdie besef het my die krag gegee om meer beheer oor my lewe te neem. Ek wil by die huis wees. Ek is bereid om sekere luukshede op te offer sodat ek hierdie voorreg mag hê. Ek is nie meer bang vir die implikasies van tuisbly nie. Wanneer ek twyfel of depressief of alleen voel, probeer ek twee dinge doen: Ek herinner myself daaraan dat dit my eie keuse was en ek bel n vriendin.

MY HUIS IS IN MY DROME (deur Yolanda Janse van Rensburg) Wat is n huis? n Huis is n droom. Meer gereeld n goeie droom, maar nie altyd n gelukkige droom nie. n Vrou se hart moet eerste vol passie vir God in haar eie hart wees en vir haar eie kinders voor daar kompassie vir ander kan wees die ontvangers van haar beste moet eers haar eie familie wees. Hoe gereeld is dit nie die geval nie, en ons eie gesinne ontvang nie ons beste nie, maar die laaste van ons energie. As dit my droom is dat my huis n klein bietjie hemel is, dan moet ek daaraan werk elke dag. Dit is die verantwoordelikheid van die ma om dit te help gebeur. Die ma bepaal die atmosfeer in die huis. Is jou huis se atmosfeer warm, liefdevol, positief en opbouend? Of koud, negatief en afbrekend? Is die verhoudinge so dat dit mens uitnooi om van jouself te deel of My huis is in my drome dalk net mooi andersom waar die moed om jouself te wees ontmoedig word? Maar hoe doen mens dit? Hoe bly n ma positief en liefdevol en geduldig met die uitdagings van elke dag? Tyd is n gawe van God en hoe ons dit gebruik sal bepaal of ons teenwoordigheid ander sal uitnooi om naby te wees of weg te gaan. Ons as ma s van die huis kan of n aangename atmosfeer skep of so negatief wees dat selfs ons mans en kinders sal wil wegbly. Daar is so baie dinge wat waardevolle tyd en die mooi atmosfeer in ons huise kan steel woede, onvergifnis, jaloesie, haat, selfsug, kritiek, seer woorde ens. Moenie tyd spandeer op hierdie atmosfeer diewe nie, maar spandeer eerder tyd in gebed voor die Vader se hart en leer van Hom, verstaan en voel Sy liefde vir jou, ontvang Sy wysheid en woorde vir elke dag. Dan sal jou houding Sy glorie reflekteer soos dit veronderstel is om te doen, in jou eie huis en dan uitwaarts na ander. Dit is al die klein aksies en klein woordjies van elke dag wat uiteindelik n atmosfeer van liefde in ons huise gaan skep n klein bietjie hemel hier op aarde die droom wat ons almal het. Daar is geen groter bediening area as om n ma te wees nie. Dit is n voorreg en n eer om n ma te wees met die verantwoordelikheid om kinders groot te maak vir ons hemelse Vader. Soms is n huis n nimmereindigende storie van opruim en skoonmaak sonder dat dit raakgesien word tensy dit nie gebeur nie. Jou persoonlike houding tot skoonmaak werk sal ook die atmosfeer in die huis bepaal. As jy leer om te ontspan oor huis werk, sodat dit nie n las is nie, maar net n nodige en tog genotvolle taak gaan uit en leer van iemand wat dit goed onder die knie het. In my huis word die kinders betrek by huis skoonmaak werk, en so is huis werk nie meer n las nie, maar n gesinsprojek wat saam voltooi word met groot bevrediging. Op hierdie manier leer die kinders verantwoordelikheid, om hulle wêreld te orden en selfdissipline in die doen van nie-altydlekker-nie maar nodige take! Noudat ek geleer het om te ontspan oor huis werk, het ek meer tyd. Wanneer almal help het ons almal meer tyd vir die belangriker dinge in die lewe. En laastens weet daar is nie so iets soos n perfekte ma nie! Ons maak almal foute. En jy ook! Dit is nie jou perfeksionisme wat bepaal hoe perfek jou kinders grootword nie, maar jou menslikheid en nederigheid en vermoë om te leer uit jou foute. Wees volwasse genoeg om jou foute te herken, te erken en om vergifnis te vra van jou kinders ook in die proses van opvoeding. Jy hoef nie die slaaf in jou

eie huis te wees nie, maar probeer die beste JY wees, en nie die slegste jy nie. Laat jou familie weet jy ag hulle waardevol as individue en dat hulle die mees belangrike mense in jou lewe is wys dit deur jou aksies en nie net in woorde nie. Laat hulle verstaan jy is altyd beskikbaar vir hulle en dat hulle jou kan vertrou met hulle harte. Wys hulle jy is geinteresseerd in hulle en dat hulle op jou aandag kan staatmaak as hulle dit nodig het. Hierdie is die klein aksies wat in die elke dag plaasvind veral met jou klein kindertjies. Maar moenie jouself afskeep nie en besef dat jy ook behoeftes het wat vervul moet word om n suksesvolle ma en vrou te wees. Om my drome vir my huis te sien waar word, moet ek n kaart kan gee vir my kinders om hulle pad te vind, maar ek kan nie hulle plek inneem en die pad vir hulle reis nie! Iemand het iewers gesê Julle mag julle kinders liefde gee maar nie julle gedagtes nie want hulle het hulle eie gedagtes. Julle mag julle kinders se liggame huisves maar nie hulle siele nie. Julle mag strewe om soos hulle te wees maar moenie probeer om hulle soos julle te maak nie. Want die lewe beweeg nie agteruit nie, nog minder vertoef dit met die dag van gister.

N WARM HUIS VERMY DIE KOUE NEGATIEWE (deur Lizette Rousseau) Soos wat my kinders meer en my tyd minder geraak het, het ek ontdek dat daar 'n paar dinge is wat ek moet vermy om ten einde die Mamma te wees wat my kinders nodig het. Dis koue negatiewe wat vermy moet word om 'n warm huis te skep. *Moenie jouself vergelyk nie. 'n Goeie resep om misrabel te voel is om jouself te vergelyk met ander en dink jy skiet tekort. Ons verskil almal van mekaar en het verskillende omstandighede, talente en doelstellings. Ek het byvoorbeeld vier kinders en ek kan nie wat ek in 'n dag gedoen kry, vergelyk met iemand wat twee kinders het nie. Die hoeveelheid, geslag, ouderdomme en spasiëring van jou kinders speel 'n rol. Ook jou finansies en betrokkenheid (of onbetrokkenheid) van jou man. Aanvaar jou lewensomstandighede, geniet jou vriende, maar moenie vergelyk nie. My huis is vol warmte * Moenie jou huwelik afskeep nie. Die fondasie van goeie ouerskap is 'n gesonde en gelukkige huwelik. Jou verhouding met jou man kom voor jou verhouding met jou kinders. Ek weet dit is makliker gesê as gedaan, veral wanneer jou kinders nog klein is. Maar moenie moed opgee nie, dit word makliker soos wat hulle groter word! * Moenie te moeg word nie en moenie belangrike besluite neem as jy moeg is nie. Jy moet jou eie grense ken en nie die waarskuwingstekens ignoreer wat vir jou wys wanneer jy rus nodig het nie. Mens bereik gewoonlik meer wanneer jy gereeld rus en ook iets doen wat vir jou lekker is. In hierdie verband is 'n goeie boek om te lees 'The Power of Full Engagement managing energy, not time, is the key to high performance' by Jim Loehr and Tony Schwartz. * Vermy onrealistiese verwagtinge. Baie kere is dit nie die dinge wat ons doen wat ons moeg maak nie, maar die dinge wat ons nie gedoen kry nie! En dit dreineer ons emosionele energie. Almal het net 24 uur per dag. As jy daardie tyd goed bestuur en steeds nie alles gedoen kry nie, dan probeer jy om te veel doen!! * Pasop vir perfeksionisme. Dit dreineer jou energie. Een van die tekens van perfeksionisme is as jy te veel probeer doen. Deur te veel aan te pak begin jy die siklus van perfeksionisme wat tot mismoedigheid lei. Streef eerder vir uitnemendheid, doen alles na die beste van jou vermoë en gee jouself toestemming om soms nie perfek te wees nie. Lees gerus meer hieroor in Dr. Kevin Leman's se boek 'The Birth Order book'. * Moenie jou kinders bederf deur alles vir hulle te doen nie. Jy doen nie hulle of jouself n guns nie. Laat hulle help in en om die huis soos wat hulle vermoëns al toelaat en gee meer verantwoordelikheid soos hulle groter word. Jou huis is die beste opleidingsplek vir lewensvaardighede, en jy is die beste onderwyser. * Moenie jou kinders die middelpunt van die huishouding maak nie. Lewe saam met jou kinders, nie net vir hulle nie. Hulle is n welkome byvoeging tot jou familie, nie die middelpunt daarvan nie.