e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Similar documents
Teken in op e-hervormer

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

Geloofsvorming by kinders en jongmense

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

Jesaja sien die Toekoms

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Kerk Kry Moeilikheid

Teken in op e-hervormer

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

Petrus en die Krag van Gebed

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Empathy Ouerhandleiding

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

e Hervormer Voorblad Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

VOORBLAD. bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

e-hervormer VOORBLAD Trou is eintlik n fotografiese produksie!

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Profetiese woord vir 2017 en verder

e-hervormer VOORBLAD Trou is nie perdekoop nie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

God se Woord. God se Wil

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die Anglo-Boereoorlog *

REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

REDAKSIONEEL ALGEMENE SINODENUUS NUUS UIT DIE SINODE

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

DIE AA NDBOODSKA PPER

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

LoveGodGreatly.com 1

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 9 September 2010 Jaargang 3 Uitgawe 31 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad VOORBLAD Verbrand n Koran Hierdie week word die gebeure van 11 September 2001 weer herdenk, toe Moslem-fundamentaliste in die World Trade Centre vasgevlieg het en die gebou vernietig is. Volgens CNN beplan n kerk in die VSA om die sogenaamde 9/11 te herdenk met n Internasionale Burn a Quran Day. Die Dove World Outreach Center te Gainesville, Florida, beplan om die slagoffers van 9/11 so te gedenk en om so standpunt in te neem teen die Islam as a religion of the devil. Hulle nooi Christene oor die wêreld heen om die Islam se heilige boek op 11 September tussen 18:00 en 21:00 by kerke te verbrand. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Stuur n e-pos met nuus en berigte aan die redaksie by produksie@nhk.co.z a Sommige mense se eerste reaksie is dalk dat dit n goeie ding is, veral as ons onthou hoeveel onskuldige slagoffers daardie dag gesterf het. Boonop weet ons dat fundamentalistiese Moslems met plofstof om hul lyf steeds talle mense se lewens bedreig. Maar is dit regtig die pad wat Christene moet loop? Is dit vir die kerk gepas om kwaad met kwaad te vergeld? Ja, kan ons dalk redeneer, hulle wil darem nie mense doodmaak nie. Maar vir baie gematigde Moslems oor die wêreld heen, wat self die 9/11 daad veroordeel het, sal dit so goed soos moord wees as hul heilige Koran verbrand word. Vir hulle is die Koran bykans woord van God wat boek geword het (amper soos Christus vir ons die Woord is wat Mens geword het). n Woordelikse afbeelding van die Koran in die hemel. Boonop moet ons onthou dat nie alle Moslems fundamentaliste is wat onskuldige mense doodmaak nie. In werklikheid is dit n baie klein deeltjie van die Islam wat tot sulke uiterstes oorgaan, en hul optrede word deur die oorgrote meerderheid veroordeel. Maar indien Christelike kerke daartoe oorgaan om die Koran te verbrand, sal dit nie lank wees nie voordat Moslems begin om Bybels te verbrand en dalk selfs kerke af te brand. Sulke optrede sal wêreldwye spanning tussen die twee godsdienste skep. Boonop wil niemand in n situasie kom waar Christene in eredienste blootgestel is aan Moslems met plofstof om die lyf nie. Maar die hoofrede waarom ons sulke optrede moet veroordeel, is dat die Christelike geloof vir iets anders staan as onverdraagsaamheid en n gebrek aan respek. Om geen respek vir ander se heilige boeke of geloof te hê nie, is om te vergeet dat ons die opdrag het om die lig van God se liefde in die wêreld te laat skyn. Ja, natuurlik is dit n wêreld wat gebroke is en waar baie onreg gepleeg word, maar dit is nie ons taak om die onreg aan te blaas of om kwaad met kwaad te wil vergeld nie. Verkondig die evangelie van Christus en dra die vrugte van die Gees tot eer van die Here, dit is hoe ons die onreg moet bestry. As kerke eers begin om kwaad met kwaad te vergeld, is die volgende stap om ook die swaard uit te pluk en met n heilige oorlog vir Christus te begin. Maar dan vergeet ons, daardie oorlog moet ons voer met die waarheid as gordel, die vryspraak van God as borsharnas, die geloof as ons skild en die swaard van die Gees as woord van God. So sal ons op ons pos bly ondanks die listige aanslae van die duiwel (Efesiërs 6: 11). Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l Ds Chris le Roux, Stellenbosch/Worcester 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep bedank Ds Gerhard Viviers van Laeveld na Zeerust Ds Gerhard Viviers PREDIKANTE EN GEMEENTES Ds Mari du Plessis-Manders se vader is op Sondag 5 September oorlede. Die begrafnisdiens op Vrydag 10 September om 11:00 word in Gemeente Springs- Oos waargeneem deur ds Naas Lombard. Ons innige simpatie gaan aan Mari en die familie. Ds Sonia van Wyk, vrou van dr Daan van Wyk (jr) en predikant van Wolmaransstad, het verlede week die goeie nuus ontvang dat die toetse toon dat die kanker in remissie is. Die Kerk is saam met haar en haar gesin bly en dankbaar. Ds Sanet van der Walt Ds André Strauss Ds Sonia van Wyk Ds Larry van der Walt Dr Elsabé Kloppers Ds Roelf Coertze Voorbidding word gevra vir die volgende persone: Mev Ina Snyman, vrou van ds Theuns Snyman, wat nog ernstig siek is. Ds Robby Pienaar, wat n seldsame lewersiekte opgedoen het. Mev Selna van Staden, vrou van dr Piet van Staden, wat tans chemoterapie ontvang vir kanker. n Agterkleinkind van ds en mev Fanie Swanepoel wat ernstig siek is. Ds At Mc Donald, wat steeds intensiewe behandeling kry en by tye baie siek is. Ds Sanet van der Walt, voorheen deeltydse predikant van Onverwacht, Bronkhorstspruit en Zuurfontein, is op 2 September deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) uit haar amp onthef nadat sy besluit het om as predikant van die Kerk te bedank. Ds Van der Walt het aansoek gedoen om as predikant by die Nederduitse Gereformeerde Kerk toegelaat te word. Ds Larry van der Walt is met toestemming van die Kommissie van die AKV van sy standplaas, Middelburg-Noord, losgemaak. Hy is weer beroepbaar in deeltydse hoedanigheid en wil hom veral op sy studies toelê. Die Kommissie van die AKV het die losmaking van ds André Strauss van sy standplaas, Noordelike Pretoria, goedgekeur. Ds Strauss het n beroep uit Nieu- Seeland ontvang. Die Kommissie van die AKV het die losmaking van dr Elsabé Kloppers uit haar deeltydse standplaas, Rietvallei, goedgekeur. Dr Kloppers is besig met verdere studies en wil haar vir n tydperk voltyds aan haar studiewerk toewy. Na afhandeling van die formele studiewerk sal sy weer beroepbaar gestel word. Dr Kloppers het oor baie jare uitmuntende werk gelewer in Gemeente Rietvallei as predikant en orrelis. Sy het baie gedoen om sang in die gemeente te bevorder. Die Kommissie van die AKV het die aansoek van ds Roelf Coertze om aanvaarding van emeritaat goedgekeur. Prof Theuns Dreyer sal op 31 Oktober namens die Kommissie en op versoek van ds Coertze die emeritaatakte oorhandig. Ds Dries Beukes, n jarelange vriend van ds Coertze en predikantslid van die Kommissie, sal ook by die geleentheid optree. 2

Die volgende predikante verjaar in die komende week, en word hartlik geluk gewens. Saterdag 11 September: Ds Dries Beukes (Swartkop), dr Gerrie Bloem (emeritus) Sondag 12 September: Ds Mariaan Schutte (buiteland) Maandag 13 September: Dr Johann Beukes (Weltevreden) Dinsdag 14 September: Dr Hennie Botes (Naboomspruit) Woensdag 15 September: Dr Rassie Kotze (emeritus) Donderdag 16 September: Ds Stoffel Badenhorst (emeritus) Vrydag 17 September: Di Willem Herbst (emeritus), Piet Rautenbach (Nkana) Ds Piet Botha Gemeente Klerksdorp se aansoek om tot aan die einde van 2010 gebruik te maak van die dienste van emerituspredikant ds Piet Botha, is deur die Kommissie van die AKV goedgekeur. Die gemeente sal teen die einde van die jaar n beroep uitbring. Die Kommissie van die AKV het die aansoek van Gemeente Koedoesrand om uitstel van beroepswerksaamhede goedgekeur. Die Ringskommissie en konsulent gee intussen leiding aan die gemeente. Gemeente Barberton benodig n kerkklok. Enigiemand wat kan help, kan Koos MacDonald skakel by 013 712 4118. Orrel van Gemeente Midrand n Orrel van die ou gemeente Johannesburg-Noord, tans Gemeente Midrand, is beskikbaar en kan geskenk word. Die volgende is op die orrel geskryf: Eastey Organ Co Brattleboro, Ut U SA. U is self verantwoordelik vir die vervoer en herinstallering van die orrel. Donasies is welkom. Kontak ds Paula Eksteen by 083 282 5121 of nhkmidrand@gmail.com. Landswye Bybelvasvra: Al die spanne moet hul deelname bevestig by Johanna Scholtz by 082 928 5592. Die fi nale rondte vind plaas by Gemeente Noordwestelike Pretoria op Saterdag 11 September om 08:30 (registrasie vanaf 08:00). Navrae kan aan ds Stephen de Beer by 083 781 2955 gerig word. Gemeentes kan hul bestellings vir die 2011-publikasies plaas by mev Susann van Zyl, by 012 322 8885 x291, faks 012 322 7906 of sentik@nhk.co.za. In n gebaar van welwillendheid is besluit om, ten spyte van stygende koste, die prys vir die nuwe Almanak/Bybelse Dagboek dieselfde te hou as in 2010. Die pryse vir volgende jaar se publikasies is soos volg: Die Hervormer Konteks Almanak/Bybelse Dagboek R90 vir 11 uitgawes R130 vir 10 uitgawes R100 Na verskeie versoeke het SENTIK besluit om weer n kalender vir gemeentes beskikbaar te stel. Die vertrekpunt is weer die kerklike jaar. Gemeentes kan dan hul eie inligting met die program van die Kerk integreer. Die konsepkalender sal binnekort aan gemeentes gestuur word. Spesiale eredienste en feesnaweke Gemeente Pierneef: Sondag 12 September om 18:00 Projek Bartimeus by ringsjeugbyeenkoms van Magtige Dreuning By die kerkgebou in 29ste Laan, Villieria Transoranje-skool se senior koor en Ruan du Plessis van Prinshofskool Kontak ds Petri de Kock (012 333 6630), Andries Pretorius (082 490 5378) of Karin du Toit (082 500 9301) 3

Konserte en dames- en mannebyeenkomste Saterdag 11 September om 10:00: Gemeente Noordrand Lentedagtee Met Susan Coetzer en Phillip Moolman R70 per persoon (mans ook welkom) Kontak Anette by 084 500 3989 vir besprekings Saterdag 11 September om 09:00: NHSV Gemeente Theresapark Lente-ete Te Vivaldi, Sylviastraat 78, Heatherdale Met Sam, stileerder van GlamGuru R90 per persoon Bespreek by 012 542 2805, 012 542 3568, 082 460 6279 of 073 099 3699 Sondag 12 September: Gemeente Pretoria Korrel vir Kindersorg 10:00 (na erediens) Du Toitstraat (tussen Kerk- en Vermeulenstraat) met veilige parkering Koor- en musiekuitvoering ten bate van DPS-kinderhuise en Phyllis Robertsontehuis vir gestremdes Gratis besoek aan SP Engelbrecht-museum Toegang R40 Kaartjies by Ansie Joubert (012 321 7580) Skakel Jodri van Staden (084 800 3638) of Carlo de Lange (082 569 7068) Vrydag 17 September: Gemeente Horison Roodepoort Lentedinee Gaskunstenaars Esté Pienaar en Aalwyn van Heerden Puik vermaak en heerlike driegangmaal vir slegs R120 per persoon of R1 000 vir 10-sitplektafel Bespreek by Annemarie Strydom (083 271 3091) of David Barnard (083 441 1789) Sportbyeenkomste en -kompetisies Gemeente Waterberg: Gholfdag Saterdag 11 September Koro Creek, Nylstroom R150 per speler Afslaantye en besprekings by Charlie 014 717 1181 (Koro Creek) Navrae aan James 082 575 6902 (organiseerder) Gemeentes Noordwestelike Pretoria en Philadelphia: Gholfdag Donderdag 16 September Akasia-gholfklub R1 400 per 4-bal, R350 per persoon, borge welkom Kontak Sarita by 082 903 5774 Gemeente Oudtshoorn: Gholfdag Saterdag 4 Desember Oudtshoorn-gholfbaan R1 200 per 4-bal, R300 per persoon, borge welkom Kontak ds Monja-Lize van Belkum by 082 786 5752 Ander kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Premiermyn: Wen n Ford Bantam-bakkie Slegs R100 Wenner bekendgemaak op 17 September se NHSV-kuieraand Kontak Piet by 083 230 1135 Gemeente Oudtshoorn: Modeparade Saterdag 23 Oktober Kyk hoe lyk my hoed! 4

Prof Johan Buitendag Prof Andries van Aarde In kerksaal van die gemeente R50 per persoon (sluit tee en verversings in) Kontak ds Monja-Lize van Belkum by 082 786 5752 Basaars en markte Saterdag 11 September: Gemeente Meyerspark Stoepsittersfees Fondsinsameling vir blanke plakkerskampe in Pretoria Wen n 1.3 Ford Bantam-bakkie vir R250 Kontak Fred Paynter by 083 226 8299 of mwpaynt@mweb.co.za of die skriba, Simon Kotze, by nhmeyerspark@lantic.net ANDER NUUS Dit gaan baie beter met die seun van mnr en mev Elmar Struwig nadat hy geruime tyd ernstig siek was met breinontsteking. Elmar is die hoofrekenmeester van die Kerk. Die Komitee vir Strategiese Beplanning en Herstrukturering het die afgelope week onder leiding van ds Dries Beukes vergader. Poste wat tans vakant is en poste wat volgende jaar vakant raak, is bespreek. Tydens die AKV sal meer inligting daaroor deurgegee word. Die Komitee beoordeel elke pos wat vakant raak om vas te stel of die pos nog moet voortbestaan of herstruktureer moet word. Poste moet vir die Kerk dienlik en bekostigbaar wees, en voortdurende evaluering bly noodsaaklik en verantwoordelik. Prof Johan Buitendag, dekaan van die Fakulteit Teologie, het op 2 September met die Kommissie van die AKV gesprek gevoer oor die werksaamhede van die Fakulteit. Belangrike inligting is aan die Kommissie deurgegee en sal ook aan die komende AKV voorgehou word by die behandeling van die verslag oor teologiese opleiding. Prof Andries van Aarde het in sy hoedanigheid as voorsitter van die direksie van to care op 3 September met die Kommissie van die AKV gesprek gevoer oor die werksaamhede van to care. Verslag sal ook aan die komende AKV gelewer word. Dit is duidelik dat die werksaamhede van to care goed vorder. By die afgelope vergadering van die Kommissie van die AKV is die verslag van dr Daan van Wyk (jr) en ds Etienne Fourie oor die samesmeltingsvergadering van die Reformatoriese Ekumeniese Raad en die Wêreldbond vir Reformatoriese Kerke behandel. n Nuwe wêreldliggaam, die Wêreldgemeenskap vir Reformatoriese Kerke, het tot stand gekom. Die personeel by die Sinodale Kerkkantoor wat die reëlings vir die komende AKV behartig, het die afgelope week vergader om die fi nale reëlings te kontroleer. Op Donderdag 9 September word fi nale samesprekings met Gemeente Wonderboom gevoer. Daar is hartlike samewerking tussen die Kerkkantoor en die gemeente. Afgevaardigdes en predikante wat gebruik wil maak van etes wat tydens die AKV deur Gemeente Wonderboom aangebied word, het nou n laaste kans om daarvoor te bespreek. Besonderhede is geruime tyd gelede aan gemeentes gestuur. Die NHSV-hoofbestuur, die Kerkhistoriese Genootskap van die Nederduitsch Hervormde Kerk, SENTIK, die argivaris mnr Nándor Sarkady, en dr Jackie Grobler van die Universiteit van Pretoria is besig met n navorsingsprojek oor die belewing en hantering van armoede van 1930 tot 1960. Die vraelyste is beskikbaar by alle NHSV-takke en op die NHSV se webblad www.nhsv.co.za, en is ook per e-pos aan elke NHSV-tak en gemeente gestuur. Dit is belangrik dat alle 5

predikante en kerkrade moet meedoen, want ons moet soveel vraelyste moontlik terugontvang om die projek te laat slaag. Die keerdatum is einde September 2010. Die NHSV beskik oor beurse en lenings vir studente in enige studierigting. Slegs lidmate van die Hervormde Kerk kwalifi seer vir die toekennings, wat wissel van R2 000 tot R6 000. Vra aansoekvorms aan by nhsvadmin@nhk.co.za of 012 325 0117. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 November 2010. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie. Diakonale Pleegsorg (DPS). Vakature vir pleegouers in die DPS-huis Rustenburg. Datum van diensaanvaarding Desember 2010 maar nie later nie as 1 Januarie 2011. Aansoeke sluit op 22 September 2010. Getroude egpaar, verkieslik tussen 40 en 55 jaar oud, lidmate van die Hervormde Kerk, goeie gesondheid en n aanvoeling vir kinders. Suksesvolle ouers sal benewens n maandelikse kontantvergoeding en mediese voordele, gratis inwoning in die DPShuis ontvang. Kontak dr Koos Engelbrecht by 012 322 8885 (w) of 079 884 2880, of ds Roelf Coertze by 012 548 1496 of 082 572 4846. Jac van Belkum Kinderhuis en die Hervormde Kinderhuis van Middelburg hou n reünie op Saterdag 25 September. Enige jaargroep van beide kinderhuise is welkom. Die reünie vind plaas by die kinderhuisperseel in Krugersdorp, nou bekend as die Almamater-privaatskool. Die hekke open om 08:00 en die verwelkoming vind plaas om 10:00. Vir verdere besonderhede, kontak Nenna van Rensburg by nena.50@live.com, 073 698 7765 of 011 958 1449. Ons Tuis in Riviera, Pretoria, bied tydelike verblyf in goed toegeruste wooneenhede teen R550 per dag vir twee persone wat deel en R350 enkel sluit drie etes in. Navrae aan Elize Mans by otbestuur@otmt.org of tydens kantoorure by 012 329 3623. Van der Hoff Teologiese Vereniging verkoop dasse teen R110 elk. Kontak Lisa- Mari Swanepoel by lisamari.swanepoel@gmail.com of 083 943 4561. Die volgende vergaderings vind in die komende week plaas. Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. Dinsdag 14 September: Woensdag 15 September: Donderdag 16 September: Vrydag 17 September: Koördineringskomitee Komitee vir Argief, Museum en Biblioteek; Bestuur van Die Ondersteuningsraad SENTIK-werkswinkel oor bemarking; Ledevergadering van Ons Tuis; Finkom van Die Ondersteuningsraad ADV-dagbestuur ADVERTENSIES Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente uitgebreide inligting oor n projek wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059 of 012 322 7906. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies; ABSA; tjekrekening nommer 020 000 287; takkode 632 005; verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Kontak mev Oppermann vir meer inligting. 6

AGTERBLAD SENTIK-publikasies 2011 Promosieskyfies word saam met hierdie week se e-hervormer aan gemeentes gestuur, vir gebruik voor en na eredienste om lidmate aan te moedig om op volgende jaar se publikasies in te teken. Dit sal waardeer word as predikante kan toesien dat dit wel vertoon word. Daar sal nie op Donderdag 30 September n e-hervormer verskyn nie. Die 69ste AKV vind van 26 September tot 2 Oktober plaas; gedurende dié tyd sal nuus daagliks op die Kerk se webblad beskikbaar wees. Besoek dan www.nhk.co.za vir die nuutste oor die gebeure by die AKV. Daar is ook n drukkersvriendelike weergawe (sonder foto s) van hierdie nuusbrief beskikbaar, wat vandeesweek 222 kilogrepe groot is. Vind die drukkersvriendelike weergawe by www.hervormer.co.za, of stuur n versoek na karen@nhk.co.za om dit weekliks te ontvang. Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Dr André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 7