INHOUD. The world is but a canvas to the imagination 3 Algemene inligting 3,4

Similar documents
Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Empathy Ouerhandleiding

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2016 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Die Anglo-Boereoorlog *

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Om tekens en simbole te herken *

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

VBO TWEEDE SEMESTER 2015

GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 VISUELE KUNSTE V2 (PRAKTIES) 22 JUNIE 21 SEPTEMBER 2018

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

My droomkombuis. Werkboek vir n opknapper

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 VISUELE KUNSTE V2 (PRAKTIES)

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

God se Woord. God se Wil

Besprekingsvrae vir selgroepe

Government Gazette Staatskoerant

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Leer Beter Dink Module 1 *

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Jesaja sien die Toekoms

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

LAAT JOU KANTOOR VIR JOU WERK!

Josua - van jongs af n leier

finansiële oplossings vir besigheidseienaars Maak die verskil deur diensvoortreflikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Koshuisbeleid soos van toepassing op voornemende studente

Seisoen van die Gees

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Prospektus Volwasse Opleiding

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

Groenvoer Hidroponies

Sitrus Verpakking. 4: Sortering en Gradering. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

INNIBOS 2018 TIPE STAANPLEK / CAMPING SITE : KARAVAAN / CARAVAN : TENT : KINDERS ONDER 1 JAAR / CHILDREN 1 YEAR AND YOUNGER :

Vir eerstejaarstudente aan die Fakulteit Ingenieurswese Universiteit Stellenbosch

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 FEBRUARIE/MAART 2011

Die plek van jou tent

Petrus en die Krag van Gebed

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Transcription:

The world is but a canvas to the imagination 3 Algemene inligting 3,4 Tekenkuns vlak 1 & 2 6 Skilderkuns algemeen 7 Skilderkuns vlak 1,2 & 3 8 Rekenaarsagteware: 9 Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 Grafiese ontwerp vlak 1 9 Webbladontwerp vlak 1 & 2 10 Fotografie vlak 1 (Inleiding tot fotografie) 11 Fotografie vlak 2 (Gevorderde fotografie) 12 Sagteware vir digitale fotografie: Adobe Photoshop CS5 12 Fotografie: besigheidspraktyk 13 Fotografiewaardering en -geskiedenis 13 Kuns en filmwaardering 14 Drama ADK 15 Drama vlak 1 en 2 16 Binneversiering 17 Kreatiewe onthaal 17 Inleiding tot modeontwerp 18 Videowerkswinkel 19 Sagtewarewerkswinkels 20 Bankbesonderhede & registrasievorm 21-22 ONTWERP DEUR GÜTE IMMELMAN & JEAN LE CLUS-THERON INHOUD

3 THE WORLD IS BUT A CANVAS TO THE IMAGINATIOIN -Henry David Thoreau Kreatiwiteitsentrum Die Kreatiwiteitsentrum strewe daarna om die wêreld te verbeter. Nie deur die armes te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). Ons wil die wêreld vir jou aanbied as n wit doek waarop jy met jou verbeelding kosbare beelde kan skep. Ons wil jou help om jou kreatiewe talent te ontwikkel en te koester. Die Kreatiwiteitsentrum strewe daarna om kreatiewe opleiding van die hoogste gehalte te verskaf, sodat jy jou talent kan ontwikkel en n verskil kan maak. Ons wil toesien dat jou werk van die beste gehalte is of jy nou jou buurman se muur met graffiti wil versier, of jou werk aan die wêreld wil uitstuur. Ons wil trots wees as ons naam op jou CV verskyn en ons wil ook nie hê jy moet minderwaardig voel in die geselskap van jou vriende wat by n private instansie in Johannesburg studeer het nie. Ons hou al die nuutste nasionale en internasionale neigings dop en ons probeer ons bes om dit aan jou beskikbaar te stel. Praktiese kennis is vir ons belangrik en ons wil jou dinge leer wat jy in die bedryf kan gebruik. Tydsduur van kursusse * Alle kursusse, behalwe waar anders aangedui, begin in April en duur tot Oktober. * Inligting oor die kursusdae en -tye kan gevind word by die uiteensettings. Slegs Drama ADK word aangebied tydens universiteitvakansies. * Alle klasse, behalwe waar anders aangedui, is geskeduleer van 18:00-20:00 en begin in die week van die 4de April. Kursusmateriaal Kursusgangers is verantwoordelik vir die aankoop van die nodige materiaal dit is dus nie ingesluit by die kursusfooi nie. n Materiaallys sal tydens jou eerste klas aan jou gegee word. Sertifikate Kursusgangers ontvang IKAS- goedgekeurde sertifikate aan die einde van hul kursus by die sentrum se jaaruitstalling. Kursusgangers wat nie aan die minimumvereistes van die sertifikaat voldoen nie, maar wat 70% van die klasse bygewoon het, sal n bywoningsertifikaat ontvang. Kursusgangers wat uitstekend gevaar het deur die jaar sal beloon word met n lofsertifikaat. Assessering Kursusgangers moet aan vasgestelde minimumvereistes voldoen om te kwalifiseer vir n sertifikaat. Die aard van assesseringsprosedures word deur elke dosent bepaal. Jaaruitstalling & kunswerke Die uitstalling word gehou begin Nov. 2011. Een werk per kursusganger word uitgestal, en een gas per kursusganger. Koste vir ektra gaste is R20pp. Die uitstalling is oop vir die publiek vir 1 week. Werke kan afgehaal word na afloop van die uitstalling. Indien werke en sertifikate nie afgehaal word voor 31 Maart 2012 in gebou F2 G05 nie sal dit die besit word van die sentrum. Alle kunswerke in hierdie boekie is geskep deur vorige kursusgangers. Deur inskrywing van n kursus gee die kursusganger die kreatiwiteitsentrum toestemming om gekose werke te gebruik vir beeldmateriaal in komende prospektusse en advertensies. Professionele sertifikate in... Fotografiepraktyk: Die kurrikulum bestaan uit die volgende: * Fotografie vlak 1 (Inleiding tot fotografie) * Fotografie vlak 2 (Gevorderde fotografie) * Sagteware vir digitale fotografie * Fotografiewaardering en -geskiedenis * Fotografie: Besigheidspraktyk Grafiese ontwerppraktyk Die kurrikulum bestaan uit die volgende: *Grafiese ontwerp (vlak 1) *Rekenaarsagteware (Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign) Enige drie van die volgende: *Tekenkuns *Webbladontwerp (vlak 1/2) *Fotografie (vlak 1/2) Alle kursusse moet suksesvol voltooi word om te kwalifiseer vir n Professionele Sertifikaat. Toelating tot rekenaarlokale Toegang tot die rekenaarlokale in die Perskor-sentrum (F20) vir die kursusse Rekenaarsagteware, Webbladontwerp, Sagteware vir digitale fotografie en Grafiese ontwerp moet voor die kursus begin gereël word. Beskermingsdienste (018 299 2209) van die NWU reik diverse toegangskaarte uit vir die draaihek in die Perskor-sentrum. Prosedure: 1. Kry n brief by Jean wat bevestig dat jy ingeskryf is vir die besondere kursus. 2. Neem brief na Beskermingsdienste en kry n diverse kaart (koste: R40). 2. Verskaf die kaartnommer aan Jean sodat sy dit kan aktiveer. 3. As jy reeds n studente/ diverse kaart het, skryf dit op jou registrasievorm sodat dit geaktiveer kan word.

TEKENKUNS vlak 1 12 April tot Oktober (40 ure) Dinsdag 17:30 tot 20:30 Gebou F2, kamer G16 Aangebied deur Jean Lampen R1550 Die kursus is gerig op persone wat vaardighede in tekenkuns wil ontwikkel. Elke kursusganger se spesifieke vlak van intreekennis sal deur die kursusaanbieder in ag geneem word. Kursusinhoud In hierdie kursus sal gevorderde tekentegnieke bemeester word. Die klem word gelê op gevorderde perseptuele akkuraatheid en waarnemingstudies, die verkenning van ekspressiewe lyngebruik en merktegnieke, sowel as tonaliteite. Kursusuitkomste Na afloop van die kursus moet die kursusganger n gevorderde begrip toon vir vormtaalelemente soos driedimensionele vormgewing, lig- en skaduwerking, arseertegnieke en perspektiefbeginsels. Die kursusganger moet tekenmediums soos potlood, houtskool en inkpen met gevorderde vaardigheid kan hanteer. TEKENKUNS vlak 2 14 April tot Oktober (40 ure) Donderdag 17:30 tot 20:30 Gebou F2, kamer G16 Aangebied deur Ian & Carina Marley R1550 Hierdie kursus is gerig op persone wat reeds n algemene kennis van tekenkuns het. Persone wat reeds n kursus in tekenkuns geloop het (soos Tekenkuns vlak 1) kan met hierdie kursus voortbou op hul kennis en vaardighede. Die kursus is daarop gerig om die kursusganger se individuele styltegniek te ontwikkel. Kursusuitkomste * Kreatiewe gebruike van vormtaalelemente * Ontwikkeling van kreatiewe oplossings * Selfvertroue om driedimensionele onderwerpe akkuraat op n tweedimensionele oppervlak weer te gee * Beginsels van perspektief kan toepas * Kommentaar lewer oor eie tydse kwessies d.m.v tekenkuns 5 Tekenkuns word beskou as die grondslag van alle visuele kunsdissiplines en dit speel n belangrike rol in die ontwikkeling van waarnemingsvermoëns. 6 LOUIS BARRY

SKILDERKUNS ALGEMEEN 5 April tot Oktober (40 ure) Dinsdag 09:00 tot 12:00 Gebou F2, kamer G16 Aangebied deur Marna de Wet R1550 Kursusuitkomste Die kursus is gerig op enige persoon wat wil begin skilder of wat reeds kan skilder. In hierdie klas kan elke kursusganger vorder op sy, of haar eie vlak en tempo. Kursusuitkomstes kan toegepas word op vlak 1, 2 en 3, afhangende van die kursusganger se vlak van skildervaardigheid. n Basiese tekenagtergrond is n voorvereiste (bv. Tekenkuns vlak 1). SKILDERKUNS vlak 1 13 April tot Oktober (40 ure) Woensdag 17:30 tot 20:30 Gebou F2, kamer G16 Aangebied deur Marina Koeleman R1550 Hierdie kursus is gerig op enige persoon met n belangstelling in skildertegnieke en wat sy/haar kennis en vaardighede wil ontwikkel. n Basiese tekenagtergrond is n voorvereiste (bv. Tekenkuns vlak 1). Kursusuitkomste * Die kursusganger word bekendgestel aan die basiese skildertegnieke met olieverf as medium, n inleiding tot die karaktereienskappe van hierdie medium en die tegnieke wat daarmee aangewend kan word. * Basiese kleurbeginsels: Die kursusganger word bekendgestel aan die kleurwiel, korrekte kleurvermenging, die assosiasie van kleur en die skep van volume, diepte en vorm. * Die kursusganger word blootgestel aan die geskiedkundige ontwikkeling van skilderkuns, asook die meesters se tegnieke. SKILDERKUNS vlak 2/3 11 April tot Oktober (40 ure) Maandag 17:30 tot 20:30 Gebou F2, kamer G16 Aangebied deur Elna Venter R1550 Voorvereistes: Basiese teken- en skildervaardighede (bv. Teken vlak 1 en Skilder vlak 1) Vlak 2: Gerig op persone wat reeds n algemene kennis van skilderkuns en olieverf as medium het. Studente kan met hierdie kursus voortbou op hul kennis en vaardighede. *Die kursusganger word ingelei tot n meer eksperimentele fase met die oog op verdere uitbreiding van sy/haar tegnieke, die gebruik van kleur, die gebruik van mediums, sowel as konseptuele denke. Die kursusganger word aangemoedig om style en mediums te kombineer en n vryheid van uitdrukking word aangemoedig. Vlak 3: Gerig op dié wat reeds vaardig is en Skilderkuns vlak 2 voltooi het. Die kursusganger word gehelp om n eie styl te ontwikkel en om te konseptualiseer, voortdurend vernuwend te dink en te eksperimenteer. In hierdie kursus sal die kursusganger die vryheid hê om onder leiding van die aanbieder te ontwikkel tot n kunstenaar in eie reg. Vlak 2 & 3 projekte: * Stillewe * Landskap * Selfportret * Figuurstudie * Eie keuse 8 NELLIE LAUBSCHER

REKENAARSAGTEWARE 7 April tot Oktober (18 weke) Donderdag 18:00 tot 20:00 Aanbieders: Karen Groenewald & Karin Joubert R2200 of R850 per sagtewareprogram Hierdie kursus is gerig op persone met n belangstelling in grafiese ontwerp wat sagteware wil gebruik om ontwerpe te genereer, en ook om beelde en foto s te manipuleer. Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees. Die kursus word in drie gedeel: * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg) GRAFIESE ONTWERP vlak 1 13 April tot Oktober (40 ure) Woensdag 18:00 tot 20:00 Gebou F2 G10/F20 Perskor-rekenaarlokaal Aangebied deur Karin Joubert R1800 Die kursus is gerig op persone wat n belangstelling in grafiese ontwerp het en wat self wil leer ontwerp. * Inleiding tot grafiese ontwerp, ontwerpbeginsels en -dissiplines * Ontwikkeling van konseptualiseringsvermoë * Inleiding tot tipografie * Inleiding tot korporatiewe ontwerp * Aanleer van basiese rekenaarvaardighede in Adobe Illustrator CS5 Die doel is om die kursusganger: * vertroud te maak met die elemente van grafiese ontwerp; * die basiese ontwerpbeginsels te leer om visueel te kan kommunikeer; * te leer om n onderskeid te tref tussen suksesvolle en onsuksesvolle ontwerpe; * in staat te stel om n geslaagde ontwerp te genereer; * n basiese begrip te gee van grafiese ontwerp in die praktyk; en * n basiese agtergrond te gee van drukprosesse en hoe om n ontwerp drukgereed te kry. WEBBLADONTWERP vlak 1 5 April tot Mei (6 weke; 26 ure) Dinsdag 17:30 tot 20:30 Saterdag 9 April 9:00-13:00 Saterdag 21 Mei 9:00-13:00 Aangebied deur Elrie Visser R1700 Rekenaaragtergrond is n voorvereiste. Adobe Photoshop CS5 word aangeleer/ opgeknap op Saterdag 9 April. Saterdag 21 Mei word gebruik vir afronding van die webblad-ontwerp. Kursusinhoud en -uitkomste * Die aanleer van basiese HTML-, CSS- en webontwerpbeginsels. * Die beplanning (tegnies en esteties), bou en onderhoud van n webtuiste en die publisering daarvan op die internet. * Die aanleer van Adobe Dreamweaver CS4. * Kursusgangers sal aan die einde van die kursus n suksesvolle, werkende webtuiste kan skep en publiseer op die internet. WEBBLADONTWERP vlak 2 19 Julie tot Okt (12 weke; 24 ure) Dinsdag 18:00 tot 20:00 Aangebied deur Elrie Visser R1700 Persone wat vir hierdie kursus inskryf moet reeds oor kennis beskik van basiese webbladontwerp, soos behandel op vlak 1. Dit sluit Adobe Photoshop, HTML, CSS en Dreamweaver in. Kursusinhoud en -uitkomste * Die aanleer van Adobe Flash CS4 * Die aanleer van ActionScript 2.0 * Integreer Adobe Flash, -Dreamweaver en -Photoshop in n webblad. * Aan die einde van die kursus sal die kursusganger n meer gevorderder HTMLwebtuiste kan integreer met Adobe Dreamweaver en -Flash. 10

FOTOGRAFIE vlak 1 (Inleiding tot fotografie) 4/7 April tot Oktober (40 ure) Maandag 18:00 tot 20:00 Donderdag 18:00 tot 20:00 Aanbieders: Hesmé Schoeman (Maandag) & Lezeth vd Walt (Donderdag) Gebou F2, kamer G13 R1850 Die kursus is gerig op persone met n belangstelling in fotografie (stokperdjie of beroepsgerig). In hierdie kursus leer die kursusganger die basiese beginsels van fotografie en hoe om n kamera te gebuik. Die besit van n 35mm SLR-kamera is n voorvereiste. Kursusgangers moet ook n A4 flip file aankoop wat sal dien as portefeulje van die jaar se werk. Kursusinhoud en -uitkomste * Om die kursusganger vertroud te maak met die basiese werking van die SLR-kamera. * Bekendstelling van die hoofvelde van fotografie deur middel van praktiese opdragte. * Onderrig in die beginsels en estetiese aspekte van goeie fotografie. * Ontwikkel vaardighede om beter foto s te neem * Verskeie uitstappies vir praktiese sesssies Na afloop van die kursus moet die kursusganger n portefeulje indien met die volgende foto s: * Portret (formeel, informeel en aksie) * Landskapfotografie * Stillewe * Makro * Natuurfotografie * Argitektoniese fotografie * Nagfotografie FOTOGRAFIE vlak 2 (Gevorderd) 5 April tot Oktober (40 ure) Dinsdag 18:00 tot 20:00 Gebou F2, kamer G13 Aangebied deur Adriaan vd Walt R1900 Die inhoud van die kursus is gemik op persone wat oor n basiese kennis van fotografie beskik (Fotografie vlak 1). Tydens die eerste les gaan n teoretiese en praktiese toets afgelê word ter bevestiging van gereedheid vir vlak 2. Indien dit blyk dat jy nie heeltemal gereed is nie, sal vlak 1 geneem moet word. Die kursusganger moet n SLRkamera (film of digitaal), flits en driepootstaander hê. Die volgende aspekte word behandel: * Hersiening van beginsels van fotografie * Wat maak n foto suksesvol? * Portretfotografie * Ateljeefotografie * Beligting en ligmeters * Filters en lense * Kunsfotografie * Kommersiële fotografie **Verskeie uitstappies gaan gereël word vir praktiese uitstappies. SAGTEWARE VIR DIGITALE FOTOGRAFIE 4 April tot Oktober (40 ure) Maandag 18:00 tot 20:00 Aangebied deur Karen Groenewald R2000 Hierdie kursus is gerig op enige persoon met n belangstelling in digitale fotografie en wat foto s wil manupileer met die sagtewareprogram Adobe Photoshop. Geen kennis van Photoshop is nodig vir toelating tot die kursus nie. Kursusgangers moet egter n digitale kamera (groter as vyf megapixels) besit. Kursusinhoud en -uitkomste Die inhoud van hierdie kursus bied die kursusganger die geleentheid om op n praktiese wyse kennis te maak met digitale fotografie. Kursusgangers leer hoe om foto s op te knap en te manipuleer met Adobe Photoshop CS5. Basiese fotografietegnieke en -beginsels word ook behandel. Tegnieke wat onder meer aangeleer word: * Die neem van panoramafoto s * Die herstel van ou en geskeurde foto s * Die herstel van kleur * Hoe om foto s drukgereed te maak * Fotografiebeginsels 14 registrasievorm duidelik aan watter aand 12 sessie jy gaan bywoon. FOTOGRAFIE RUAN KRUGER Kursusgangers moet aan die begin kies by watter een van die twee klasse hulle elke week gaan inskakel. Dui op die

1613 FOTOGRAFIE BESIGHEIDSPRAKTYK 20 Julie tot Augustus (6 weke, 12 ure) Woensdag 18:00 tot 20:00 Gebou F2, kamer G10 Aanbieders sal aangewys word R800 Die kursus is gerig op enige persoon wat graag n eie fotografie-onderneming wil begin. Kursusinhoud * Besigheidsbegrippe, finansiële beplanning, bestuurspraktyke en bemarkingstrategieë. * Regsaspekte soos kontrakte, handelsmerke, patente en kopiereg. * Aanbieding van werk: portefeuljes en tentoonstellings. * Inligting oor die inrig van n ateljee. * Apparatuur, toerusting en materiaal. * Hoe om jouself te bemark en suksesvol met kli ënte te werk. FOTOGRAFIEWAARDERING EN -GESKIEDENIS 21 Julie tot September (6-8 weke) Donderdag 18:00 tot 20:00 Gebou F2, Kamer G10 Aangebied deur Prof. John Botha R800 Leer hoe om foto s krities te evalueer en waardeer. Kursusinhoud en -uitkomste * Die vroeë ontwikkeling van fotografie: Camera Obscura tot die laat 18de eeu. * Vroeg 19de eeu: Niepce en Daguerre, asook die kamerarevolusie. * Ander baanbrekers soos Kodak, Eastman, Talbot en Nadar. Die belangrike bydraes van Marey en Muybridge. * Film en inkleding: Thomas Eakins, Dorothea Lange, Ansell Adams, Man Ray. * Surrealiste, Sue Hartke, Stuart Franklin, John Heartfield. * Kontemporêre verwikkelinge, 1940 tot 1990. Fotografie teen die einde van die 20ste eeu. Digitale fotografie. * Die kursusganger sal na afloop van hierdie kursus oor n goeie oorsigtelike kennis van die vroeë ontwikkeling van fotografie tot en met die vroeg 21ste eeu beskik. * Die kursusganger sal oor die vermoë beskik om foto s te evalueer en meer volledig te waardeer. * Fotograwe sal die kennis prakties kan toepas. KUNS- EN FILMWAARDERING 5 April tot Oktober (40 ure) Dinsdag vanaf 18:00 Gebou F2, kamer G10 Aangebied deur Prof. John Botha R1450 Gerig op persone met n onversadigbare belangstelling in die kunste, met die klem op die rolprentbedryf. Spesifieke belangstelling van die kursusgangers word in ag geneem met rolprente, kunssoorte en kunswerke wat behandel word. Die eerste halfuur van elke klas word bestee aan n bespreking van die tema bv. Ekspressionisme. Eers word aan die hand van visuele kunswerke verduidelik wat met die begrip bedoel word; dit word aktueel uitgebeeld deur na historiese en kontemporêre voorbeelde te kyk. Daarna bespreek die groep n rolprentsnit. Die volgende rolprente word onder meer gedeeltelik vertoon en bespreek: *Orson Welles: Citizen Kane *Robert Wiene: The Cabinet of Dr. Caligari *Sergei Eisenstein: The Battleship Potemkin *Katinka Heyns: Die Storie van Klara Viljee *Krzystof Kieslowski: Three Colours Blue *Roberto Rossellini: Rome Open City *Ingmar Bergman: The Seventh Seal *John Ford: The Grapes of Wrath *Alfred Hitchcock: Vertigo *Jean-Pierre Jeunet: Amelie *Jean Renoir: La Regle du Jeu (The Rules of the Game) *Akira Kurosawa: The Seven Samurai (Direk daarna: enkele snitte uit The Magnificent Seven) *Vincente Minelli: An American in Paris *The Scent of Green Papayas / Battle of Algiers / Picnic at Hanging Rock AIMEÉ ENGELBRECHT

DRAMA ADK vlak 1, 2 en 3 ADK (AKADEMIE VIR DRAMAKUNS) Februarie tot November Tye geskeduleer volgens studente Gebou F20 uitstallokaal Aangebied deur Franciska vd Merwe R5000 (R2500*2) Kontak Franciska by 082 781 8032 aangaande toelating en onderhoude Sluitingsdatum: 18 Februarie Deeltydse ADK (Akademie vir Dramakuns) diploma van 4 jaar (vir studente of volwassenes) asook n junior ADK dramadiploma van 3 jaar (vir hoërskoolleerlinge). Die ADK -diploma sluit die volgende in: *een uur per week les (maksimum 2 studente in n klas) *een uur per week groepklas (behandeling van referate, teorie, kritieklesse, toneelstukke en dies meer) Deur monoloë, samesprake, gedramatiseerde prosa, poësie, stemoefening, mimiek en improvisasie en n kort kamerakursus in die derde jaar, word jy afgerond om al die vereisters vir optrede in die vermaaklikheidswêreld te leer. Tydens die April- en Julie- universiteitsvakansies word een werkswinkel van 9-12 aangebied. Praktiese eksamens waar jy n program moet aanbied vind einde Oktober plaas en eksaminering word voor regisseurs of spelers in die bedryf afgelê. Die ADK is in 1939 gestig en tans is die direkteure Milla Louw, Frans Marx, Wilna Snyman en Franciska van der Merwe. Groot name in die bedryf soos Marius Weyers, Henry Mylne, David Rees ens. is oud- ADKlede. DRAMA vlak 1 13 April tot Oktober (16 weke) Woensdag 19:00 tot 21:00 Cachet-kleinteater Aangebied deur Jacques Holton R1700 Die dramakursus is gerig op enige persoon wat belangstel in drama (veral teater). Kursusinhoud Die volgende aspekte word behandel: * toneelspeltegnieke * liggaamwerk * stemwerk * mimiek * regie * teatergeskiedenis * choreografie * teksanalise * karakteranalise * monoloog * dialoog * toneelwerk Indien daar nie genoeg mense inskryf vir Drama vlak 2 nie sal die Drama vlak 1 kursus se tyd verskuif na 18:00-20:00. DRAMA vlak 2 13 April tot Oktober (16 weke) Woensdag 17:00 tot 19:00 Cachet-kleinteater Aangebied deur Jacques Holton R1700 Kursusinhoud Drama vlak 2 bestaan uit dieselfde inhoud as Drama vlak 1, maar dit word op n meer gevorderde basis behandel. Die kursus is gerig op studente wat wil voortbou op hul kennis en vaardighede. Kursusgangers gaan tekste in diepte analiseer en vertolk en aan die einde van die jaar n toneelstuk op die planke bring. Baie individuele aandag word aan studente gebied. 1815 DRAMA 16

2017 BINNEVERSIERING vlak 1 13 April tot Oktober (40 ure) Woensdag 18:00 tot 20:00 Gebou F2, kamer G13 & G04 Aangebied deur Tanya van Jaarsveld R2300 (insluitend handboek, mosaïek-, verftegnieke & blomversieringpakkette) Gerig op persone wat hul kunskennis en -vaardigheid in binneshuise ontwerp wil ontwikkel en uitbrei. Die fokus is op residensiële woonruimtes. * Basiese ontwerpbeginsels: Die gebruik van balans, ritme, beklemtoning, harmonie, skaal en proporsie in binneontwerp. * Binneversieringselemente: Die kreatiewe hantering van ruimte, vorm, lyn en tekstuur. * Die kreatiewe gebruik van kleur en beligting: Beplanning en keuse van kleur, asook die optimale benutting van lig. * Basiese komponente van binneversiering: Vloere, mure, plafonne, vensters, deure, meubels en bykomstighede. * Kreatiewe verftegnieke: Voorbereiding en hantering van verfoppervlaktes, asook die skep van dekoratiewe verfeffekte. * Vernuwing en hergebruik van meubels: Dekoratiewe tegnieke en afwerkings op ou bestaande meubels. * Kreatiewe uitleg van woonruimtes: Sosiale sones, werks- en ondersteuningsareas, asook privaatruimtes. KREATIEWE ONTHAAL Ses weke (18, 25 Julie 1, 15, 22, 29 Aug) Maandag 18:00 tot 20:00 Aangebied by Christa Galli deur Berglau R1500 Hierdie kursus is gerig op persone wat belangstel in kreatiewe onthaaltegnieke en hul kennis en vaardigheid daarin wil ontwikkel. Persone wat wil inskryf, hoef geen voorafkennis te hê nie. 1: Gange en onthale: Ontbyt, laat ontbyt, noenmale, ligte middagete, piekniek, braai en tee en koffie. 2: Gange en onthale: Hors d oevres, buffetetes, formele etes en skemerkelkies. 3: Onthaaletiket: Uitnodigings, die ideale gasvrou, gasheer en gas. Spyskaartbeplanning: Keuse van geregte, balans van kossoorte en vele meer. 4: Tafeldektegnieke: Kreatiewe maniere van dek vir verskillende geleenthede, gebruik van servette, breekware en ander tafelversierings om die regte atmosfeer te skep. 5: Garnering, sowel as blom- en tafelversierings 6: Wynwaardering en -bediening: Die bediening van wyn en die regte gebruik van verskillende soorte glase saam met n ete maak dadelik van n gewone maaltyd n gesellige geleentheid. INLEIDING TOT MODEONTWERP (20 uur kursus) *EERSTE AANBIEDING: 8-16 April Vrydag 8 en 15 April 18:00 tot 21:00 Saterdag 9 en 16 April 9:00 tot 17:00 *TWEEDE AANBIEDING: 22-30 Julie Vrydag 22 en 29 Julie 18:00 tot 21:00 Saterdag 23 en 30 Julie 9:00 tot 17:00 Gebou F2, kamer G13 & G04 Aangebied deur Carina Louw R850 Die kursus in gemik op enige persoon wat belangstel in modeontwerp en wat graag in die bedryf wil werk. Alle aspekte van modeontwerp word behandel, soos die ontwerp van reekse, asook hoe om soos n ontwerper te teken. Die kursus fokus op teorie én toepassing. Kursusinhoud *Werksgeleenthede *Waar kan n mens modeontwerp gaan studeer? *Hoe werk die bedryf? *Hoe om n moodboard saam te stel *Aspekte soos materiaal, teken en ontwerp Hoe om jou portefeulje saam te stel Hoe om n reeks te ontwikkel en ontwerp. WERKSWINKELS 18 ANNERINE MULLER

19 VIDEOWERKSWINKEL FINAL CUT PRO / imovie Hierdie werkswinkel word vier keer die jaar aangebied: 16 April 11 Junie 2 Julie 17 September Saterdag 9:00 tot 18:00 Gebou F2, Mac lokaal k101 Aangebied deur Wessie vd Westhuizen R1000 Kursusuitleg: Hierdie een dag kursus is gerig op persone wat wil leer hoe om n videokamera suksesvol te gebruik en die video oor te plaas op DVDformaat d.m.v rekenaarsagteware. Alhoewel dit nie n voorvereiste is nie kan die kursusganger sy eie digitale HANDHELD Kamera wat op DVD, Hardeskyf of flashstick/ memory stick kan skiet, saambring met alle kabels wat gepaardgaan met die kamera. Vir diegene wat nie beskik oor n videokamera nie, sal kameras beskikbaar wees om mee te werk tydens die werkswinkel. Daar sal ook video snitte beskikbaar wees om mee te werk op die rekenaars. Sessie 1: Praktiese videowerk Hantering van videokamera Film- en videoformate Video-estitika Redigering-estitika Sessie 2: Digitale omskakeling van video Basiese sagteware-opleiding in Apple Final Cut Pro en imovie Redigeringstegnieke en videoproduksie op die imac Basiese tegniese redigering Finalisering van videowerk en formatering vir hoë-definiese televisie en DVDtoepassings deur middel van idvd. Maksimum aantal inskrywings: 12 ADOBE PHOTOSHOP CS5 7 Mei of 13 Augustus Saterdag 9:00 tot 13:00 Aangebied deur Karen Groenewald R500 Die basiese beginsels van Adobe Photoshop CS5 word aangeleer. Met die program kan jy onder andere foto s manipuleer. Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees. ADOBE ILLUSTRATOR CS5 28 Mei of 10 September Saterdag 9:00 tot 13:00 Aanbieder sal aangewys word R500 Die basiese beginsels van die pakket word aangeleer. Met Illustrator kan jy logo s, besigheidskaartjies en briefhoofde ontwerp. Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees. ADOBE INDESIGN CS5 14 Mei of 3 September Saterdag 9:00 tot 16:00 Aangebied deur Karin Joubert R1000 Leer die basiese beginsels van die pakket. Met die program kan jy brosjures, koerante en tydskrifte uitlê. Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees. 20 SAGTEWAREWERKSWINKELS

Hoe om te registreer: Voorwaardes vir registrasie: Titel Kursus(se) waarvoor u registreer Registreer voor of op 31 Maart 2011 (werkswinkels se sluitingsdatum is een week voor die datum van aanbieding). 10% heffing op die fooi geld vir laat registrasies. Betalingsprosedure: 1) Betaal die kursusgeld by kassiere in die administrasiegebou (Joon van Rooy, Gebou F1) in die volgende kostestring: 01.45401.57728.3.S497600. Verstrek asseblief jou voorletters en van. 2) Inbetalings kan ook by die bank of met die internet gedoen word: ABSA, Tomstraat Takkode: 335138 Rekeningnommer: 670642313 Krediteur: PUK nr. 3, NWU, Potchefstroom. Gebruik jou voorletters en van, asook 45401, as verwysing, bv. P Swanepoel 45401. Bring, faks of e-pos jou registrasievorm asook die bewys van betaling aan Jean le Clus, kamer G05, gebou F2. Registrasie is eers voldoende wanneer beide die registrasievorm en bewys van betaling ontvang is. * Die Kreatiwiteitsentrum behou die reg om n kursus te kanselleer indien onvoldoende registrasie ontvang word. In so n geval sal alle kursusgangers in kennis gestel word en alle gelde sal terugbetaal word. * Kansellasies sal tot 10 werksdae voor n betrokke kursus begin (5 dae vir werkswinkels), aanvaar word en gelde sal terugbetaal word (20% administrasiefooi). In die geval waar u nie tien werksdae voor die kursus in aanvang neem kanselleer nie, sal u geld nie aan u terugbetaal word nie. * Onvoorsiende omstandighede kan tot gevolg hê dat iemand anders die kursus aanbied. * Besondere vereistes word gestel ten opsigte van die minimum en maksimum aantal inskrywings per kursus. n Vasgestelde aantal kursusgangers moet inskryf alvorens n kursus aangebied kan word. Indien al die plekke gevul is, sal geen verdere registrasies toegelaat word nie. Van Voorletters Noemnaam Huistaal ID-nommer Posadres Kode Tel. ( ) Sel. ( ) E-pos adres Studentenommer/ Diverse kaartnommer Sertifikaat afr/eng? Handtekening (ek verstaan al die voorwaardes van registrasie, en bl. 3 & 4 ) 21 22 REGISTRASIEVORM