Is die Bybel inderdaad genoeg as ons wil weet hoe om die Here ons God te behaag en te dien? Of het

Similar documents
Jesaja sien die Toekoms

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

God se Woord. God se Wil

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Profetiese woord vir 2017 en verder

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE AA NDBOODSKA PPER

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Seisoen van die Gees

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Inleiding: Oorsig oor die Bybel 11

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Dawid die Skaapwagter

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Josua - van jongs af n leier

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

LoveGodGreatly.com 1

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Het die Roomse Katolieke Kerk, Ons Werklik die Bybel Gegee?

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Waar is die Ware Christelike kerk vandag?

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

KRAG VAN TRANSFORMASIE

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

Die kerk van die Woord

KAN GOD DIE MENS NOGSTEEDS OP `N BONATUURLIKE WYSE ONTMOET? Ester Blomerus. Maar die NATUURLIKE mens. neem die dinge van die Gees van God nie aan nie;

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Transcription:

DIE GENOEGSAAMHEID VAN DIE WOORD Nico van der Walt Is die Bybel inderdaad genoeg as ons wil weet hoe om die Here ons God te behaag en te dien? Of het ek dalk meer nodig as ek wil uitvind hoe om te leef? Wat van die talle en talle besluite wat ek moet neem? Waar kry ek lig? Net in die Bybel? Of het ek meer nodig? 'n Oomblik se nadenke sal onderstreep hoe kardinaal belangrik hierdie vrae is. Want die antwoorde wat ek daarop gee, gaan my hele lewe beïnvloed S ingrypend. En tensy ek soos 'n blaar koersloos in 'n rivier wil afdryf, móét ek eenvoudig hieroor standpunt inneem. LK 8:1-18 : NIKS HET GEHEIM GEBLY NIE Sekerlik kan na talle gedeeltes in die evangelies verwys word om die Here Jesus se diepe erns oor Sy roeping uit te lig, maar Lk 8:1-18 is besonder betekenisvol. 1 Hoewel alle Bybelvertalings hierdie gedeelte onderverdeel in 'n aantal los paragrawe, elkeen met sy eie opskrif, het ons eintlik hier met 'n eenheid te doen. Jesus was 'n saaier Die gedeelte begin met 'n beskrywing van Jesus wat van dorp tot dorp die evangelie van die koninkryk verkondig. Skares mense luister voortdurend na Hom. As Hy dan die bekende gelykenis van die saaier vertel, van 'n man wat die Woord van God saai (v.5-8; 11-15), is dit duidelik dat Hy in die eerste instansie van Homself praat. Só gaan dit nou maar eenmaal in Sy bediening: baie in die groot skare luister sonder om te hoor; ander hoor oënskynlik, maar mettertyd blyk dit dat ook hulle nie regtig verstaan het nie; en dan is daar 'n handjievol wat regtig hoor en wie se lewens daarna baie koninkryksvrug oplewer. Niks gaan langer geheim bly nie; álles gaan geopenbaar word. Maar as net 'n klein klompie mense baat vind by Sy prediking, waarom sloof Jesus Homself so af om van plek tot plek te preek? Die antwoord op hierdie vraag word in die gelykenis van die lamp gegee (v.16-18). God se lig vir die wêreld is aan 't kom in Sy persoon en prediking en werk. Hoe sou Hy dan soos 'n askeet Homself kon afsonder, God se waarheidswoord vir Homself hou, en dit wegsteek, sê nou maar onder 'n bed? 2 Presies hoe belangrik die boodskap wat Hy dra werklik is, verduidelik Hy in vers 17. Dís die rede waarom Hy elke dag onvermoeid preek. Dis waarom die lamp op 'n staander gesit moet word. Almal moet dit kan sien. Almal moet die boodskap hoor. Want die lig wat Hy bring, is 'n lewensbelangrike boodskap van God! Dinge wat tot nou toe verborge was, gaan bekend gemaak word; trouens, dit gebeur reeds. Die vers sê egter méér: God openbaar nie net nie, Hy openbaar álles! "Niks" van wat Hy aan die mens wil openbaar, gaan langer geheim bly nie. Dis waarom almal moet hoor. Dis lewensbelangrik. Dis God se finale woord aan die mens! Nou in hierdie dae praat Hy eens en vir altyd. Na dese gaan Hy niks verder sê nie. Apostoliese ore Die gewigtigheid van die saak word verder in v.18 onderstreep. Die Here druk Sy dissipels op die hart om noukeurig na God se openbaring te1 luister, want die feit dat hulle nou "het", dui daarop dat hulle ook ontvangers van die res van God se nuwe lig gaan wees. Hierdie belofte geld nie vir alle mense nie, net vir diegene wat "het". Wat hét hulle? Die antwoord is in vers 8: hulle het "ore" S ore wat kan "hoor" (v.8). Hierdie vermoë om te kan hoor, is 'n genadegawe van God S Hy het dit aan hulle "gegee" (v.10). En wat hoor hulle met hierdie bonatuurlike ore? Hulle hoor "die geheime van die koninkryk". Daarsonder sou geen apostel S wat staan nog ander mense S die verborgenhede en geheimenisse van die koninkryk van God kon begryp nie. Selfs vir hulle wat elke dag saam met Jesus was, sou die diep waarhede van die 1. Vergelyk ook Mt 13:1-23 en Mk 4:1-25. 2. Die vers begin in die oorspronklike taal met "want",'n redegewende voegwoord (vgl. OAV). Die genoegsaamheid van die Woord 1

koninkryk van die hemele versluier gebly het. 3 'n Uiters belangrike tegniese begrip Die Here Jesus gebruik 'n baie betekenisvolle woord in v.10 (vgl. ook v.17): "geheim" (later in die Nuwe Testament "geheimenis"; en in die OAV "verborgenheid"). Die bepaalde Griekse woord, musterion, word meer as twee dosyn keer in die Nuwe Testament gebruik. Dit het konsekwent 'n baie bepaalde betekenis. Dit dui op waarheid wat God geopenbaar het, waarheid waarvan geen mens sou gedroom het as Hy dit nie gedoen het nie. So word die woord dan 'n tegniese begrip wat dui op Nuwe Testamentiese openbaring. 4 Opsommend Die Here Jesus leer dus S weliswaar kripties, soos dit Sy manier is met die gelykenisse S 'n paar kardinaal belangrike dinge in hierdie verse. Eerstens, die oopbreek van 'n massa allerbelangrike koninkryksopenbaring is op hande. Tweedens, God gaan alles openbaar S die hele waarheid. Hy gaan niks terughou van wat Hy vir die mens wil sê nie. Natuurlik gaan Hy nie álle waarheid openbaar nie; daar bly immers baie oor om te openbaar met en na Jesus se tweede koms. Maar alles wat nodig is vir hierdie bedeling, gaan geopenbaar word! Derdens, hierdie openbaring geskied deur Jesus self. Dis te vind in Sy persoon, woorde en werk. Vierdens, só duiselingwekkend groots is die waarhede wat aan't kom is, dat 'n spesiale genadewerking van die Here in 'n mens nodig is voordat hy hoegenaamd iets daarvan kan begryp. Openbaringsontploffing Min het die dissipels besef hoeveel verbysterende openbaringslig in die volgende handjievol jare op hulle sou daag. Die kruis! Die opstanding! Die hemelvaart! Pinkster! Die Nuwe Testament! Kan een mens dit in 'n enkele leeftyd verteer? Net as die Heilige Gees jou verlig. Net as jy ore gekry het wat kan hoor. MATTEUS 16:15-19 : DIE GESAGVOLLE ROTS VAN NUWE TESTAMENTIESE ETIEK Tydens Sy publieke bediening roep die Here Jesus 'n handjievol manne om orals saam met Hom te beweeg en by Hom te leer. Na Sy vertrek sou hulle as oog- en oorgetuies 'n kardinaal belangrike rol vervul: hulle sou die openbaring wat deur Hom gekom het, vertolk en oopvou, dit orals preek, die jong gemeentes daarin vestig en sorg dat die essensie daarvan op Skrif gestel word S hetsy deur dit self neer te skryf, hetsy deur toe te sien dat medewerkers dit onder hulle toesig en met hulle leiding doen. In die verband is Mt 16:15-19 baie belangrik en insiggewend. 'n Belydenis wat uit die hemel kom "Maar julle, wie, sê júlle, is Ek?" Simon, as leier van die dissipels, antwoord namens hulle met 'n belydenis wat die hart van Nuwe Testamentiese openbaring is: "U is die Christus, die Seun van die lewende God!" Met hierdie belydenis is die Here Jesus ingenome. Só akkuraat is dit, dat Hy vir Simon kan sê: "dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is." Dit kom met ander woorde nie van 'n mens nie, maar van God (v.17). Jesus bevestig dit dus as Nuwe Testamentiese openbaring. 'n Nuwe naam vir die leier van die apostels Dan doen Jesus iets eienaardigs, maar kennelik iets wat vol betekenis is. Hy gee vir Simon 'n nuwe naam: 5 "Jy is Petrus" (Grieks vir rots). Hy gaan dan voort: "op hierdie rots sal Ek my kerk bou" S onvernietigbaar 3. Presies dit is wat Paulus later in 1Kor 2:6-16 sê: sonder die verligtende werk van die Heilige Gees bly 'n mens geestelik blind. 4. Vergelyk o.a. Rm 16:25-26; 1Kor 2:6-11; Ef 3:2-6; Kol 1:24-27; 1Tm 3:16; Op 10:7. 5. Die Griekse teks van Matteus het al vir baie mense hoofbrekens besorg. In die Grieks sê Jesus: "Jy is Petros" (die manlike vorm van die vroulike petra, die normale woord vir rots). Waarom manlik? Omdat Petrus 'n man was en nie bra 'n vrouensnaam kon kry nie. In die Grieks gaan Jesus dan voort en gebruik die normale vroulike vorm: "op hierdie rots sal Ek my kerk bou". Hierdie twee vorms van die woord (die manlik en die vroulik) het al baie verwarring geskep en tot allerhande snaakse en selfs Die genoegsaamheid van die Woord 2

en onstuitbaar. 6 Wat of wie is hierdie rots? Die antwoord is onontkombaar: Petrus is die rots! Maar dan nie in sy persoonlike hoedanigheid nie, soos baie dit deur die eeue vertolk het, maar in sy hoedanigheid as instrument en kanaal van Nuwe Testamentiese openbaring. Per slot van rekening maak die Here hierdie belofte aan Petrus júís na aanleiding van die vorige vers, wat sê dat die apostel se belydenis vanuit die hemel geïnspireer is. Dit geld vir al die apostels Nog méér is hier ter sprake: die belofte word aan Petrus gemaak in sy hoedanigheid as segsman en leier van die apostels. Deur hom word die belofte dus ook indirek aan die res van die apostels gemaak. Sou Paulus nie later skryf dat al die apostels (en profete) die fondasierots van die kerk is nie? Vir die Efesiërs skryf hy: "Julle is 'n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, 'n gebou 7 waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is." Hulle bedieninge, veral hul prediking en geskrifte, sou die fondament van die kerk word. En na hulle dood sou die Nuwe Testament oorbly as die rots waarop die ware kerk deur die eeue gebou sou word. Die sleutels van die koninkryk Ons werk eintlik na vers 19 toe. Petrus word steeds aangespreek as verteenwoordiger van die apostels. 8 Die Here gaan vir Petrus S en dus vir die apostels as groep S "die sleutels van die koninkryk van die hemel gee." En daarmee sal hulle "bind" (die letterlike betekenis, soos in die OAV) of "toesluit" (NAV). En hulle sal "ontbind" (OAV) of "oopsluit" (NAV). En wat hulle op die aarde sal oop- en toesluit, sal in die hemel oop en toe gesluit wees. Wat op aarde bedoel Jesus? Die woorde wat die Here hier gebruik, was destyds algemeen 9 bekend. Dit was Rabbynse uitdrukkings vir verbied en toelaat. Met ander woorde, die apostels sou die kerk lei in wat reg en verkeerd is. Hulle sou die Here se wil vir Nuwe Testamentiese gelowiges uitspel. En hierdie leiding sou gesagvol wees. En wat bedoel die Here Jesus as Hy sê dit sal ook in die hemel so wees? Die Grieks is al op verskillende maniere verstaan, maar die mees voor die hand liggende vertolking is soos volg: die apostels 10 sal toelaat en verbied wat reeds vantevore in die hemel toegelaat en verbied is. Die apostels sou dus nie self besluit oor wat toelaatbaar en ontoelaatbaar is nie; hulle sou bloot uitdrukking gee aan dit wat God 11 reeds soewerein in die hemel bepaal het. God, en God alleen, bepaal immers wat reg en verkeerd is S maar die apostels sou die agente wees deur wie die Here Sy Nuwe Testamentiese etiek van reg en verkeerd bekendmaak en proklameer. ketterse teorieë aanleiding gegee. In die Aramees, die taal wat Jesus sonder enige redelike twyfel met Sy dissipels gepraat het, kan ons egter aanvaar het die probleem nie bestaan nie. Die Here sou presies dieselfde woord gebruik het, nl. Kepha. Dan het Hy gesê: "Jy is kepha, en op hierdie kepha sal Ek my kerk bou." 6. Die woord wat in ons Bybels met "oorweldig" vertaal word, beteken om sterker te wees as. Dan kan die betekenis ook wees dat die magte van die doderyk nie die kerk sal kan weerstaan nie. In so 'n geval word die kerk dan voorgestel as op die aanval, en nie op die verdediging nie. In die lig van ander Nuwe Testamentiese uitsprake, soos Mt 11:12 (wat die NAV waarskynlik korrek vertaal in die lig van Lk 16:16), is die offensiewe verstaan van die begrip waarskynlik korrek. 7. Ef 2:20 8. Die soortgelyke uitspraak in Mt 18:18 is in die meervoud. 9. William Hendriksen, New Testament Commentary: Matthew, The Banner of Truth Trust, 1973, p.651. 10. Soos in Mt 18:18 en Jh 20:23, word ook hier perfektum passiewe deelwoorde gebruik. Die perfektum dui op 'n voorafgaande handeling wat steeds van krag is as die handeling van die hoofwerkwoord plaasvind. 11. Die Amplified Bible laat volgens hierdie verklaring reg geskied aan die Griekse werkwoorde: "I will give you the keys of the kingdom of heaven, and whatever you bind S that is, declare to be improper and unlawful S on earth must be already bound in heaven; and whatever you loose on earth S declare lawful S must be what is already loosed in heaven." Die genoegsaamheid van die Woord 3

Waarlik gewigtig Hierdie verse in Matteus het teologiese implikasies wat beswaarlik oorskat kan word. Só fundamenteel is dit, dat die héél eerste woorde wat Jesus ooit met Simon praat, hierdie belofte embrionaal en antisiperend bevat: "Jy is Simon... jy sal Sefas genoem word.". En let op hoe gretig is Johannes dat sy Griekssprekende lesers nie die punt mis nie, want hy verduidelik onmiddellik: "Sefas beteken dieselfde as Petrus". Rots! 12 As 'n naamsverandering ooit gewig gedra het, dan is dit hierdie een. Kan u sien wat die Here Jesus hier van die apostels se Nuwe Testamentiese prediking en geskrifte sê? Rots! Fondament! Kanon, oftewel, maatstaf en norm! Onbeweeglik! Betroubaar! Genoegsaam! En die kerk wat daarop bou, en net daarop, sal deur die magte van die doderyk nóg oorwin nóg gestuit kan word. JH 16:12-15 : BELOFTES IN DIE BOVERTREK Dis die aand voor die Here Jesus se kruisiging. Die dissipels weet Sy sending na hierdie wêreld toe haas ten einde. Geweldige gebeure is op hande S en ook Sy vertrek. Gees-geïnspireerde kanale vir die hele waarheid Sekerlik was een van die dissipels se grootste kwellinge in die bovertrek, behalwe hulle bekommernis oor hoe hulle sonder Hom sou regkom, hulle onvermoë om al die lering wat hulle van Jesus ontvang het, te onthou. Wat sou hulle doen as Hy nie meer daar is om te vra nie? Dis teen hierdie agtergrond dat ons die beloftes oor die komende Heilige Gees S die Voorspraak, die Trooster, die Helper S moet verstaan. Hierdie beloftes oorheers immers die gesprek in die bovertrek 13 daardie aand. Die Heilige Gees sou hulle probleem aanspreek. Hy sou hulle alles leer en hulle herinner 14 aan alles wat Hy vir hulle gesê het. So sou Hy hulle "in die hele waarheid lei." En die neerslag daarvan vind ons in die evangelies. Trouens, onmiskenbaar word die inspirasie van die hele Nuwe Testament, wat essensieel 'n oopvou is van die openbaring wat deur Christus se menswording gekom het, hier geïmpliseer. Ons kan aanvaar dat die apostels nie net besondere herinneringshelderheid beleef het tydens hulle prediking en skryfwerk ná Pinkster nie, maar dat hulle ook 'n besondere diepte-insig in die Here Jesus se lering en optrede ontwikkel het. Algaande is die geheimenisse van die Koninkryk vir hulle oopgebreek. Hulle kry 'n wonderlike greep op die universeel-reikende omvang van God se verlossingswerk, op die geïntegreerde samehang daarvan, en op die uiteindelike en asemrowende afronding daarvan. En so word die apostels instrumente deur wie God Sy besondere openbaring S Sy hele waarheid S aan die mens tot 'n finale klimaks voer. Die uniekheid van die apostels In Jh 14:26 word 'n uiters belangrike waarheid geïmpliseer: die Gees sou die dissipels "herinner" aan wat hulle by Jesus geleer het. Dis 'n belofte wat noodwendig net op die apostels van toepassing kon wees S 15 hulle wat oog- en oorgetuies van die Here se lewe, lering en werk was. Mens kan tog nie herinner word aan iets wat jy nie geweet of beleef het nie. Maar dit het oor meer as goeie geheues gegaan. Die unieke roeping van die apostels S om instrumente te wees vir die Nuwe Testamentiese openbaring S het meegebring dat hulle sekere werkinge van die Gees ervaar het wat gelowiges daarná nooit weer beskore was nie. Afgesien van die direkte openbaringe wat hulle ontvang het, het dit ook bevestigende "tekens en wonders en kragtige dade" ingehou S "die dinge wat 'n apostel kenmerk". 16 Die apostels (en hulle onmiddellike medewerkerskring) se wonderwerke het ten doel gehad om 12. Jh 1:42 13. Jh 14:16-17; 14:25-26; 15:26-27; 16:7-15 14. Jh 14:26; 16:13. 15. Dit is betekenisvol dat saamwees met die Here Jesus van Sy doop af tot en met die hemelvaart, die kwalifikasie was waaraan 'n apostoliese opvolger vir Judas Iskariot moes voldoen (Hd 1:21-22). 16. 2Kor 12:12. Vgl. ook Mk 16:20; Hd 2:22; 14:3; 19:8, 11; Rm 15:18-19; 1Kor 2:4-5; Hb 2:3-4. Die genoegsaamheid van die Woord 4

die Goddelike gesag en betroubaarheid van hulle prediking en geskrifte te bekragtig. Dit was God se stempel van gesag op die Nuwe Testamentiese openbaring! Dit is insiggewend dat wonderwerke in die Bybel konsekwent gepaard gaan met God se gee van openbaring. In die Ou Testament was daar twee seisoene van wonderwerke. Eerstens, tydens die uittogen intoggebeure S wat ook 'n tyd van besondere openbaring was: die Wet en ander geskrifte deur Moses. Tweedens, in die tyd van Elia en Elisa S wat ook die aanvang was van die profetiese bediening, waardeur God Sy openbaring in die volgende eeue sou gee. Net so word die inspirasie van die Nuwe Testament deur allerlei bonatuurlike werkinge van God gekenmerk. Sekere aspekte van die Gees se werk was dus beperk tot die apostels en hulle tyd. Daar is 'n sekere diskontinuïteit tussen die apostoliese en die na-apostoliese kerk. Dit beteken dat ons uiters versigtig moet wees om op 'n simplistiese wyse daarop aan te dring dat alles wat die vroeë kerk ervaar het ook in ons lewens en gemeentes móét plaasvind. Trouens, dis gewoon 'n historiese feit dat die bonatuurlike werkinge van die Gees, waarvan ons in die Nuwe Testament lees, vroeg-vroeg in die kerkgeskiedenis begin opdroog het. En in die lig van bogenoemde hoef ons geensins verbaas daaroor te wees nie. Dis dinge wat eie was aan die apostoliese tydvak. Dalk het die vadere meer verstaan as wat ons dink Hier lê die diepste rede waarom die regsinnige kerk deur die eeue uiters versigtig was S indien nie summier afwysend nie S oor sommige Christene se aansprake op wonderwerke en allerlei buite-bybelse 17 openbaringe. En inderdaad het die weiering om die diskontinuïteite tussen die apostoliese en naapostoliese tydvakke te erken tot baie Godonterende skade en verwarring in die kerkgeskiedenis gelei. Sonder twyfel het die boek Handelinge baie riglyne wat tot vandag toe normatief is vir die kerk van Christus. Maar om ongekwalifiseerd te sê dat Handelinge die bloudruk vir kerkwees is, is om die bal mis te slaan. Baie mense redeneer só: aangesien Handelinge normatief is vir die kerk, is enigiets minder as dit sub-normaal. Die waarheid is egter dat Handelinge 'n abnormale en unieke tydvak van die kerk beskryf, en dat die normale verloop van sake aansienlik minder triomfantelik en dramaties is. Eintlik moet 'n deurlees van Handelinge mens reeds tot versigtigheid maan. Die verhaallyn vertoon onmiskenbaar 'n afnemende tendens: dit begin met Pinkster en drieduisend bekerings; dit eindig met 'n apostel in huisarres. Dis soos 'n rivier wat in hoogvloed is, maar dan geleidelik afloop tot meer beskeie en normale vlakke. As mens na die res van die Nuwe Testament kyk, word hierdie waarheid nog sterker onderstreep. Openbaring 2-3 se sewe briewe vertoon feitlik niks van Handelinge se triomfe nie. Tewens, die gemeentes wat geen kritiek by die Here kry nie, maar net lof S Smirna en Filadelfia S is beide arm, swak en vervolg. Les bes bevestig die sending- en kerkgeskiedenis bogenoemde vertolking van Skrifgegewens. Dis 'n geskiedenis wat in bloed geskrywe is. En baie dikwels was die ware kerk swak en op die rand van uitwissing. Sommige se verduideliking hiervoor, naamlik dat dit te wyte was aan die kerk se ongeloof, hou nie steek nie. Van die geskiedenis se grootste reuse het ook die meeste gely in hulle navolging van Jesus. Die groot verskil tussen die apostoliese en die na-apostoliese kerk het dus ten diepste te doen met gesag en norm. Die kerk van alle eeue is gebou op "die fondament van die apostels en die profete" (Ef 2:20). Maar in die eerste eeu het alles gerus op hulle persoonlik. Sederdien rus dit op hulle geskrifte S die gesagvolle, betroubare, genoegsame en universeel-geldende Nuwe Testament. 'n Dieper fondasie Ons praat oor die genoegsaamheid van die Skrif S oor die feit dat God se besondere openbaring aan die 17. Uiteraard is hierdie 'n veel omvangryker tema as wat ons hier kan bespreek. Ten minste is dit nodig om te sê dat mens met hierdie afwysing geensins wil bevraagteken dat die almagtige God steeds 'n wonderlike hoorder van gebed is nie. Maar as ons dan steeds van tyd tot tyd bo-natuurlike ingrypings van die Here ervaar, is dit tog sekerlik nie die alledaagse reël nie. En ewemin lê dit kwalitatief op dieselfde vlak as die wonders van die Nuwe Testament. Maar om nie té rigoristies en simplisties oor hierdie saak te wees nie, moet daarop gewys word dat besondere gebeure, vergelykbaar met ervaringe in die tyd van die Nuwe Testament, nie heeltemal onbekend is op pioniersendingvelde nie. So, byvoorbeeld, gebeur dit soms dat mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie, 'n visioen het van die opgestane Christus, en dan na aanleiding daarvan tot bekering kom. Sulke ervaringe kan dan voortduur S maar dit gebeur net totdat so 'n persoon die evangelie hoor, 'n Bybel ontvang, en by 'n gemeente inskakel. Dink mens daaroor na, is dit duidelik dat sulke uitsonderlike gebeure nie in stryd is met die beginsels in hierdie hoofstuk uiteengesit nie, maar dit eintlik bevestig. Dis immers waarom sulke buite-bybelse openbaringe ophou sodra die Bybel beskikbaar is. Die genoegsaamheid van die Woord 5

mens tot finale afronding gekom het. Wat ons tot nou toe gesien het, wys onmiskenbaar in daardie rigting. Maar die vraag ontstaan tog of daar nie 'n meer diepliggende beginsel is waarop mens hierdie uiters belangrike leerstuk kan staanmaak nie. Inderdaad! Ons hoef nie by 'n paar bewystekste, uiters belangrik en kosbaar soos hulle is, vas te steek nie. Die fundamentele beginsel waarop die waarheid van die genoegsaamheid van die Skrif rus, is die feit dat God se openbaring aan die mens in die menswording van Sy Seun tot afrondende klimaks gekom het. Die geskrifte van die Nuwe Testament is dus nie iets losstaande en selfstandig nie. Nee, dis beskrywing, oopvouing en vertolking van iets meer fundamenteel en primêr S die koms van die tweede persoon van die Goddelike Drie-eenheid na hierdie wêreld toe as God se groot Profeet, Priester en Koning. Tewens, reeds die Ou Testament is verwagtende vooruitskouing op hierdie ontsaglike gebeurtenis. God het dus nie net deur tussengangers met ons gepraat nie S Hy het self gekom! Aangrypend stel Johannes dit só in sy eerste brief: "Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees." 18 Ons is gewoond daaraan om in die eerste instansie aan die apostels te dink as die eerste sendelinge. En inderdaad beteken die woord apostel uitgestuurde. Maar hulle heel eerste roeping was nie om mense na die Here toe te lei en om die kerk te vestig nie, belangrik soos dit was. Nog meer fundamenteel was hulle roeping om oraloor getuies te wees van die feit dat God as een van ons tussen ons kom woon het, en wat die implikasies daarvan is. Dís ten diepste waarom hulle die besondere gawe ontvang het om wonderwerke te doen. Dit moes dien as bevestiging dat hulle getuienis betroubaar was. En sodat komende geslagte na hulle heengaan kon weet van hierdie getuienis, het sommige van hulle onder leiding van die Heilige Gees die essensie en implikasies daarvan op skrif gestel. 19 Hiérdie roeping van die apostels is veral waaroor dit gaan in die bovertrek-beloftes oor die Heilige Gees. Afgesien van die verse waarna ons reeds gekyk het, is daar ook Jh 15:26-27: "Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. En julle moet getuig, want julle is van die begin af by My." In die eerste instansie sou die Gees hulle dus kom toerus om getuies te wees van wat hulle beleef en gehoor het. Ja, die Heilige Gees het hulle ook kom toerus om die groot sendingopdrag uit te voer. Maar hierdie twee dinge moet ons nie teenoor mekaar stel nie; inteendeel. Wat het die apostels per slot van 20 rekening in hulle sendingwerk gepreek? Hulle het Christus gepreek! Eintlik moet ons vra, "Wie het die apostels gepreek?" Veral twee Nuwe Testamentiese gedeeltes bespreek hierdie saak. Die eerste is die inleiding tot 21 die Johannes-evangelie. En die tweede is die die eerste verse van die Hebreërboek - waarna ons reeds gekyk het.. -ooo- 18. 1Jh 1:1-4 19. Sommige van die Nuwe Testamentiese geskrifte is deur die apostels se medewerkers geskryf, maar ons kan aanneem dis onder apostoliese leiding en toesig gedoen. Paulus, skrywer van 'n groot deel van die Nuwe Testament, pas nie so gemaklik in hierdie prentjie in nie. Hy was 'n apostel in eie reg, maar tog nie 'n oog- en oorgetuie in die gewone sin van die woord nie. Hy beroep hom egter onder meer in Galasiërs en 2Kor 12 op bonatuurlike ervaringe en openbaringe wat hy gehad het. En natuurlik het ook hy "die dinge wat 'n apostel kenmerk... verrig: tekens en wonders en kragtige dade" (2Kor 12:12). In elk geval staan dit soos 'n paal bo water dat dit wat Paulus geskryf het volkome in harmonie is met die openbaring wat deur die ander apostels gekom het. En in 2Pt 3 bevestig die leier van die apostels dat hulle Paulus se geskrifte as deel van die Skrif beskou. 20. Vergelyk 1Kor 1:17-2:16; veral 1:18, 23-24, 30-31; 2:2. 21. Jh 1:1-18, veral v.14. Die genoegsaamheid van die Woord 6