Tekens, simbole en rituele met die fokus op Suid Afrika

Similar documents
Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Petrus en die Krag van Gebed

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Jesaja sien die Toekoms

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Die kerk van die Woord

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

KAN GOD DIE MENS NOGSTEEDS OP `N BONATUURLIKE WYSE ONTMOET? Ester Blomerus. Maar die NATUURLIKE mens. neem die dinge van die Gees van God nie aan nie;

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

God se Woord. God se Wil

Het die Roomse Katolieke Kerk, Ons Werklik die Bybel Gegee?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Josua - van jongs af n leier

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Die kerk onderweg na die een en twintigste eeu: 'n Kritiese besinning oor kerkwees in 'n veranderende konteks in Suid-Afrika

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

SEISOEN VAN LUISTER. Waarom n Seisoen van Luister?

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

DIE AA NDBOODSKA PPER

KRAG VAN TRANSFORMASIE

DIE RONDEBOSSIE. Nuwe Byvoeging...

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Met die oog op genesingsdienste in die Nederduitse Gereformeerde Kerk

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

PROTESTANTISME PROTESTANTISME 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Die Algemene Sinode van 2007 en die gereformeerde identiteit van die NG Kerk. Strauss, PJ Universiteit van die Vrystaat ABSTRACT

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

Die Reformatoriese kerkbegrip: Enkele groot Iyne op grond van Calvyn se uiteensetting

Pelgrimstog deur die Lewe

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

ANTIPAS HEROUT. OOR ONS ONDERWERP is. No 53 DIE KERK EN DIE STAAT

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. Nuwejaarsdag Markus 1:4-11; Gen 1:1-5, Ps 29, Hand 19:1-7

9. RADIKALE OPTREOE VAN NED.GEREF.-PREDIKANTE LOK REAKSIE UIT

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Kerkregtelike ontwikkelinge in die VGKSA n historiese oorsig ( ) 1

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Empathy Ouerhandleiding

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Seisoen van die Gees

Die volgende beginsels is myns insiens van kardinale belang:

Paasfees Die Heidense Pasga

moedernuus BRIEF AAN DIE GEMEENTE Liewe Broer en Suster in Christus!

ROEPING & RIGLYNE TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN Jaargang 61 Nr. 3 Desember 2013

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

"'n Oop en vry teologiese debat met werklike diepgang"

WYSHEID TEENOOR GELOOF

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Pinkster In hierdie uitgawe: Maandelikse gebedstemas. NG Gemeente Meyerspark April Jaargang 10 Uitgawe 3

Transcription:

Tekens, simbole en rituele met die fokus op Suid Afrika Die kreatiewe benutting van allerlei tekens, simbole en rituele in eredienste en kerkvergaderings (van o.a. die N.G. Kerk) as 'n poging om die kerk te vernuwe en die Christelike geloof relevant te maak in die sogenaamde "post-moderne konteks", is nie meer vreemd nie. Dinge soos liturgiese kerse, kleure en ampsdrag wat by die "kerklike jaar" pas, spesiale feesdae soos Palmsondag en Aswoensdag, kerse by die doop, allerlei rituele soos koordanse, allerlei simbole en die aanwending daarvan, passiespele, simboliese kruisigings van Christus, kerse by begrafnisse ensovoorts is nou aanvaarbaar in talle N.G. gemeentes en selfs kerkvergaderings. Dit is duidelik dat daar aan hierdie simbole 'n bepaalde religieuse waarde toegeken word, anders sou die aanwending daarvan geen sin hê nie. Dit is egter moeilik om te peil wát hierdie waarde is. Kortom sou gesê kon word dat dit as hulpmiddel (by die Woord) dien om die Evangelie te kommunikeer aan die post-moderne gevoelsmens wat op sintuiglike waarneming ingestel is. 'n Blik op die ontwikkeling van hierdie simbole binne hoogkerklike kringe, bring die volgende aan die lig: Kerse en hul liturgiese funksie In die Christelike erediens is kerse veral as simbole op die altaar gebruik (sedert die 12de eeu). In die liturgiese diens is hulle, afhangende van die aard van die diens, op verskillende momente aangesteek. So het die aansteek van die kers byvoorbeeld die begin van die mis aangedui. Dankofferkerse (votive candles) word voor standbeelde of ikone in die kerk aangesteek as persoonlike offers. Kerse is as heilig en vol krag verstaan. Die besit daarvan het die lekestand bemagtig. So is prosessiekerse gedra om Jesus te verteenwoordig. Die soeke na geestelike kommunikasie met God het deur kerse en die uitbeelding van tonele uit die lewe van Jesus geskied. Selfs met liturgiese danse.

2 Tekens, simbole en rituele met die fokus op Suid Afrika Olie salwing Die salwing met olie is 'n seremoniële ritueel wat mense skei van die profane en wat die instorting van goddelike genade bemiddel. In die Middeleeuse Christelike kerk is sakramenteel hiervan gebruik gemaak by die doop, die konfirmasie, die ordening van ampsdraers en die laaste olie salwing, of die salwing van die siekes. Die salwing vind plaas op die voorkop en die hande van die siekes. Die salwing by die doop het in verband gestaan met die uitdrywing van duiwels, waarna die "gereinigde" kind dan met "gewyde" water gedoop is. Die kerklike jaar Die sogenaamde "liturgiese jaar" begin op die eerste Sondag van Advent, dit wil sê op die Sondag naaste aan die Fees van die Heilige Andreas (30 November). Andreas was die broer van Petrus. Advent kom van die Latynse "adventus" wat "koms" beteken. In hierdie sin die koms van Christus. Die eerste verwysings na hierdie deel van die liturgiese jaar kom uit die sesde eeu. Die sober karakter van hierdie feestyd word uitgedruk deur die gebruik van pers as liturgiese kleur. Daar is vier Sondae in Advent en een of twee na Kersfees, wat die gaping na Epifanie (6 Januarie) oorbrug. Epifanie kom van die Griekse woord wat "manifestasie" beteken. Dit staan dus in verband met Christus se manifestasie aan heidene - die besoek van die wyse manne uit die ooste. Die Sondae van die jaar begin met die Sondag ná Epifanie en hulle word dienooreenkomstig getel. Dit sluit die lydenssondae tot by Pinkstersondag egter uit. Daar is gevolglik 33 of 34 Sondae in die jaar. (Dit is veelseggend dat die Heidelbergse Kategismus 52 Sondae erken.) Daar is dus 6 lydenssondae. Dan volg die 5 Sondae na die Paasfees tot by Hemelvaart en die Sondag wat daarop volg. En dan kom Pinkstersondag. Hierop volg die Drie-enigheidsondag. Palmsondag (Dominica in Palmis) Dit is die Sondag voor paasfees, wat die begin is van die Heilige Week. Die seremonies op hierdie Sondag sluit in die seën van die palms en die prosessie wat die intog van Christus in Jerusalem simboliseer. Die palms word gedra as simbole van Christus se triomf-intog, sowel as beskerming teen die duiwel. Dikwels het die prosessie van een kerk na 'n ander beweeg, met 'n kruis, 'n

Tekens, simbole en rituele met die fokus op Suid Afrika evangelie, 'n figuur wat as verteenwoordigend van Christus, in die prosessie gedra is. Soms word die geseënde sakrament ook in die prosessie gedra. In die huidige ritueel word die gemeente met die palms geseën, indien moontlik in 'n ander gebou as dié een waarin die mis gevier sal word. 3 Aswoensdag Aswoensdag is die eerste dag van die lydingstyd, ses en 'n half weke (40 dae) voor paasfees. Die oorsprong lê min of meer in die 7de eeu. In die Rooms Katolieke tradisie was hierdie dag dalk al in die 10de eeu geassosieer met 'n algemene boetedoening van die gemeente. Dit is gesimboliseer deur die strooi van as op die koppe van die geestelikes en leke. Hierdie ritueel word steeds deur die Roomse missaal (misboek) sowel as die Anglikaasne Prayerbooks voorgeskryf. Dit gaan gewoonlik gepaard met vas. Liturgiese Kleure Aanwysings om sekere kleure vir die stolas (togas) en kerklike ornamente te gebruik, wat saamhang met die kerklike jaar, kom in die 12de eeu vir die eerste keer voor. Pous Innocentius III verwys daarna in sy De sacro altaris mysterio. Die werklike vasstelling van die liturgiese kleur is van 'n baie later datum. Die kleure wat in die moderne Roomse liturgiese boeke voorgeskryf word is wit, rooi, groen, pers en swart. Wit word gebruik op bv. Drie-eenheidsondag, op die feeste van Christus, op Corpus Christi. (Terloops, die fees van Corpus Christi val op die Donderdag na Drie-eenheidsondag. Dit bring die gawe van die instelling van die Heilige Eucharistie in herinnering. Dit dateer uit die 13de eeu. Rooi word gebruik op bv. Pinkstersondag en op die feeste van die Apostels (behalwe Johannes) en die martelare en sedert 1970 ook op Palmsondag en Goeie Vrydag. Groen word op Sondae gebruik en op die weeksdae tussen Epifanie en die begin van die lydingstyd., asook tussen Drie-eenheidsondag en Advent. Pers word in die lydens- en adventstyd gebruik. Soms ook by begrafnisse. Swart word by die mis en by die dienste vir afgestorwenes gebruik.

4 Tekens, simbole en rituele met die fokus op Suid Afrika Reformasie in die NG Kerk Aanvanklik was die gebruik van tekens, simbole en rituele (binne die N.G. Kerk) hoofsaaklik deur BUVTON (vanuit Stellenbosch) aangevuur en in 2002 deur Algemeen-Sinodale besluite vasgelê. Deur middel van die gebruik van die "Leesrooster" asook die "liturgiese voorstelle" wat die Leesrooster vergesel, word die gebruik van simbole en rituele wyd bekend gestel en aanbeveel. Die Leesrooster is gebaseer op die internasionale "Revised Common Lectionary" uit Rooms-Anglikaanse kringe en volgens die samestellers van 2004 se weergawe van die Leesrooster is die bedoeling om "lidmate die vastigheid te gee wat in die tradisie van die kerk en in die ekumene gewortel is." (Voorwoord). Dit is duidelik dat met "tradisie" nie die gereformeerde belydenis bedoel word nie. Met "kerk" word ook nie die kerke van gereformeerde belydenis bedoel nie en met "vastigheid" word nie die eenheid in die een ware geloof (Sondag 21 HK) bedoel nie! Nee, hier kom veral die nie-reformatoriese hoogkerklike tradisies in die visier. Die huidige liturgiese beweging moedig ook leraars aan om weekliks "kreatief" met die liturgie om te gaan en sodoende letterlik nuwe liturgieë te skep. Sodoende is elke Sondag se liturgie vir die gemeente 'n verrassing. Dit blyk dat die huidige vernuwingsproses in verband staan met die liturgiese beweging van die eerste helfte van die 20ste eeu (wat 'n groot impak op sommige kerke gemaak het) asook met 'n heroriëntering aan die Ortodokse, Roomse en Anglikaanse tradisies, waar 'n omvattende teologie rondom simbole en rituele opgebou is. 'n Teologie wat deur die Reformasie ter syde gestel is - op goeie gronde. Die reformatore het geoordeel dat die gebruik van simbole en rituele onskriftuurlik is en nie deur die eerste kerk gebruik was nie. Dit was 'n latere ontwikkeling júís uit die tyd toe die kerk begin verval het. Om in 2004 die kerk relevant te vernuwe met middele wat juis die vervalle middeleeuse kerk gekenmerk het, is riskant en onverantwoordelik. Die reformatore het vasgehou aan die absolute genoegsaamheid, duidelikheid (claritas - helderheid) en verstaanbaarheid (perspicuitas) van die Skrif soos dit in sy heilshistoriese verbondenheid met Christus lewend verkondig word in die gemeente. Die Bybelse openbaring word as volkome duidelik en genoegsaam geag en het nie nodig om deur mensgemaakte middele ondersteun te word nie. Dit is nie die mens wat die Bybel duidelik maak nie. Die Bybel maak homself duidelik. Die reformatore het aan Christus, wat lewend teenwoordig is in die erediens deur Sy

Tekens, simbole en rituele met die fokus op Suid Afrika Gees en Woord, genoeg gehad. Die teenwoordigheid en volheid van Christus het nie die bemiddeling van simbole nodig nie. Die belydenis van Chalcédon (451n.C.) dat Christus se goddelike en menslike nature nie geskei kan word nie, is dus deur die Reformasie gehandhaaf. (Sien Artikel 19 NGB). Hy laat Hom nie in 'n simbool vasvang nie! Om drie kerse aan te steek as simbool van die teenwoordigheid van die Drie-enige God is, om dit vanuit reformatoriese hoek te sien, onhoudbaar. Hoe ernstig hierdie saak vir die gereformeerde gelowiges was, blyk uit die feit dat hulle bereid was om marteldode te sterf vir hul oortuiging van die Sola Scriptura (Die Woord alleen) beginsel. 5 Een en twintigste eeuse gemeentes wat met volle geloofsoortuiging gereformeerd wil bly en wil vashou aan die Woord, behoort dus te waak teen énige poging om die duidelikheid en genoegsaamheid van die Woord te ondermyn. Christus is steeds in staat om deur Sy Woord en Gees met postmoderne mense te kommunikeer sónder die bemiddeling van mensontwerpte hulpmiddels.