Gesprekke op strokiesnet/kerkbode oor homoseksualiteit (begin deur 'n skolier)

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

God se Woord. God se Wil

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Josua - van jongs af n leier

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Profetiese woord vir 2017 en verder

Seisoen van die Gees

DIE AA NDBOODSKA PPER

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

KRAG VAN TRANSFORMASIE

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

BYBELS-GESONDE GESINNE

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

GEBED VIR KERKLEIERS

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

ALFABET VAN DIE HUWELIK

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

LoveGodGreatly.com 1

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Die krag van. n vrou wat bid

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

die goeie en mooi GEMEENSKAP

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Paulus se Verbasende Reise

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Transcription:

Onderstaande is deur n graad 11-skolier op facebook/kerkbode geplaas. Hy het gelukkig geweet wat die waarheid is, en hom nie laat mislei deur allerlei misleiers nie. Die oorspronklike was HIER maar is intussen verwyder. -> Kerkbode Goeie dag. Eks is opsoek na inligting oor sekere mense in die kerk gemeenskap, wat die mag het om ander mense die evangelie te kan verkondig in die kerke wat ''gay'' is. Hoe het hulle in die kerk sisteem ingekom? Wie het hulle toe gelaat? Wie het vir hulle gesê hulle mag so wees/ wie het hulle geregverdig om die naam Christen te kan dra? en waar pas Romeine 1 in die regverdiging in? ens.. Dit is vir 'n skool navorsings taak. Baie dankie, sal graag van julle wil hoor. As julle bang is dat julle iemand gaan kritiseer dan kan julle dit vir my in my "inbox" stuur. Kommentare Barend Nel Dag Willem, Hoe het hulle in die kerklike sisteem gekom? Hulle is kleintyd na die kerk gebring deur hul ouers en hulle is gedoop. Toe hulle groot geword het, het hulle deur die Openbare Belydenis van Geloof aangedui dat hulle dit wat by die doop oor hulle gesê is glo en dat hulle begeer om volwasse lidmate van die kerk te word. Wie het hulle toegelaat? Hulle is deur die Kerkraad as lidmate van die NG Kerk aanvaar en toegelaat en deur Jesus as lidmate van sy kerk. 1 / 36

Wie het vir hulle gesê dat hulle so mag wees? God! Hy het hulle so gemaak. Wie het hulle geregverdig om die naam Chriten te kan dra. Volgens die Bybel God. Joh 3:16 "God het die wêreld so lief gehad dat hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Joh 3:17 17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word Han 11:26 In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem. Waar pas Romeine 1 in die regverdiging in? Rom 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is n krag van God tot redding van elkeen wat glo... Die gay mense behoort aan die kerk omdat hulle glo. Daar is geen regverdiging daarvoor nodig nie Rom 1:26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; Rom 1:27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. Rom 1:28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: Rom 1:29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; Rom 1:30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, 2 / 36

uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; Rom 1:31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, Rom 1:32 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen. Vir my lyk dit of daar gesê word dat hulle die dood verdien. Hennie Mouton Willem, ek ken iemand wat besig is met 'n M-verhandeling oor homoseksualiteit wat onder andere insluit hoekom sekere Christene dink dit is aanvaarbaar. Ek kan jou met haar in verbinding bring. Dit sluit byvoorbeeld die verdraaide vertolkings van Rom. 1 in om regverdiging te probeer vind. Ons NG-Doornkloofgemeente gaan DV op 21 April 'n seminaar oor homoseksualiteit aanbied -- oorsprong en hulpverlening. Baie dankie Hennie, die taak moet afgehandel word voor of op 9 Maart. So ek werk op 'n "deadline". As sy inligting aan my kan verskaf sal ek baie dankbaar wees. Jean Oosthuizen 3 / 36

Willem vir 'n gebalanseerde werkstuk stel ek voor jy gesels met mense aan beide kante van die spektrum oor die saak. Kontak gerus ook vir dr Ralph Barnard skrywer van die boek "Gays & God. 'n Onmoontlike vriendskap?" om 'n ander perspektief te hoor. Baie dankie Jean. Anton Untiedt Willem, ek sien jy haal Rom. 1:26-32 aan. Wat jy ook al verder oor homoseksualiteit en geloof dink, probeer om die verse as deel van die hele brief aan die Romeine te lees. Lees byvoorbeeld ook hoe Paulus se argument verder gaan in Rom. 2:1 tot 3:20. Onthou, toe Paulus die brief geskryf het, het dit nie verse en hoofstukke gehad nie. Dit is in die eerste plek geskryf om as 'n hele brief voorgelees te word. Eintlik is Paulus met die verse besig om 'n soort retoriese lokval te stel vir mense in die kerk van destyds wat gedink het hulle is beter as ander. Sterkte met jou werkstuk. Pierre Grigor Anton jy slaan die spyker op die kop. In hoofstuk 2 kom die "twist in the tail". Paulus sê eerstens dat daar geen verskil is tussen die mense wat 'n sekere lewenswyse handhaaf en diegene wat hulle kritiseer nie. Tweedens het hy interessant genoeg, nooit die woord "bekering" gebruik teenoor diegene wat in die Rom 1-lys val nie MAAR hy sê wel dat diegene wat kritiseer en vingerwys tot BEKERING moet kom. Want, sê hy, as hulle hul nie bekeer van hul gedurige veroordeling nie, gaan dit opbou tot op 'n dag dat daar eventuele chaos (orge in Grieks) in hul lewens gaan losbars. Hennie Mouton 4 / 36

Pierre, Rom. 1:32 maak jou uitleg van Rom. 2 tot niet. Rom. 2 verklaar dat hulle wat oordeel EN dieselfde dinge doen, tot bekering moet kom. Gaan kyk ook na 1 Kor. 5:9-13 en hou op om die Bybel te verdraai om jou eie sienings te pas. Hallo Anton, Ja ek sien die mens mag nie oordeel nie, maar tog is ons almal in God se oe dieselfde sondaars todat ons onself bekeer. 'n Mens is genuig om God te speel en te regverdig wat loodreg teenoor God is, dink net 'n bietjie self, hoe kan twee mans die aarde vul as dit in Genesis vir die mens as 'n opdrag gegee word om die aarde te vul? Ek weet partymense hou nie daarvan om oor die hele Bybel te interpreteur nie maar tog moet 'n mens. Wie die regverdiging vir wat ookal vir "gay" mense gee het opgestaan en in God se pad gaan staan. Is daar enige plek waar dit in die Bybel geskryf is dat homosexualiteit geregverdig word? Stefaan de Jager Willem, nêrens in die Bybel word homoseksualiteit geregverdig nie. Inteendeel. Daar word geen debat oor homoseks gevoer nie omdat dit nie deel van God se goeie skepping was nie. Dis iewers vrug van die sondeval soos pedofilie en enige ander seksuele afwykings. Dankie Stefaan, maar my vraag is hoekom regverdig mense op die kerkraad dit? en ook hoekom kry hulle toegang tot die mag om vir ander mense wat Christinne is te preuk voor in die kerk op die podium? Hennie Mouton 5 / 36

Let ook op die verskil tussen oordeel en waarsku. Die kerk het sonder twyfel volgens die Bybel die opdrag om te waarsku. Stefaan de Jager Willem, dit gaan maar soos met die Broederbonders van destyds. Hulle was oral in die leierposisies van die kerk. Daarom is apartheid bv vanaf kansels en kweekskole verkondig as goed en reg. Daar is egter niks nuuts onder die son nie. Deesdae is baie van ons leierposisies in die kerk gevul deur ouens wat homoseksualiteit goedpraat. Daarom word dit van sommige kansels en deur dosente en ander kerkleiers verkondig as goed en reg. Jy sou dalk al die bedenklike argment gehoor het dat soos die kerk sy fout met apartheid agtergekom het, dit ook met homoseksualiteit sal wees! Willem, apartheid en homoseksualiteit het minstens een ding in gemeen nml dat albei sonde is en nie deur die kerk as instituut aanvaar kan word as goed en reg nie. Hennie Mouton Willem, die Christelike kerk het al van die vroegste tye af ingesypel geraak met vals leerstellings. Die eerste hoofstukke van Openbaring wys dit. Betreffende homoseksualiteit in ons moderne tyd, is dit stadig maar doelbewus in die kerk ingevoer. En die kerk het in baie gevalle begin swig onder buite-kerklike druk, waarskynlik ook om lidmaatgetalle te probeer hou en die wêreld te probeer bevredig. Maar laasgenoemde, ten koste van God se waarhede soos aan ons geopenbaar in die Bybel, mag nooit vir die kerk die dryfveer word nie. Dan het die kerk 'n valse kerk geword. So waar is die NG Kerk wat dit betref? Genadiglik verskil dit van gemeente tot gemeente, al lyk die beïnvloeding van die NG Kerk se hoogste vlakke nie goed nie. Pierre Grigor Hennie Mouton, doen jouself nou die guns en gaan doen ten minste 'n eksegese in die Griekse teks sodat jy kan ophou stront praat. Vers 1 van die 2de hoofstuk plaas diegene wat die "verkeerde" doen en diegene wat hulle veroordeel, op dieselfde vlak. Paulus gebruik dieselfde tegniek wat Jesus in Matt 5 doen wanneer hy die wet diskrediteer. Vanaf vers 3 gaan Paulus aan en voer die gesprek uitsluitlik met diegene wat veroordeel totdat hy in vers 5 sê dat hulle 6 / 36

God se genade met hul veroordeling verwerp en vra hy of hulle dan nie besef dat God hulle (wat veroordeel) tot bekering wil lei nie. In vers 5 sê hy dat hulle judgementalness verharde en onbekeerlike harte tot gevolg het en dat dit eventuele chaos (orge in Grieks) in hulle lewens bewerk. So 'n verharde hart bewerk altyd orgies in ons lewens. Soos ek sê doen so bietjie meer moeite met jou navorsing deur ten minste die Griekse teks te gaan lees voordat jy met jou onverbiddelik verharde hart die gay issue wil beredeneer!! Hennie Mouton Pierre, lees bietjie weer Rom. 2:8. En dit help nie om te begin vloek en skel as jou argumente platval nie. Hennie Mouton Pierre, alhoewel God mense veroordeel wat ander oordeel maar dieselfde dinge ook doen, is daar geen manier dat jy uit Rom. 1 en 2 kan aflei dat God nie ook dié veroordeel wat bly volhard in die sondes (homoseksuele dade ingesluit) wat daar gelys word nie. Pierre Grigor Ag ou Hennie, as jy nou daai woorde wat ek gebruik het as vloek en skel sien dan is ek nou maar jammer vir jou. En het jy toe so bietjie in die Griekse teks gaan lees? Want totdat jy dit nie gedoen het nie is dit sinneloos om verder met jou oor die issue te redeneer. Ek sal dan eerder die gesprek met my studeerkamermuur gaan voortsit. Die kans dat dié my sal hoor is beter... 7 / 36

Jan Tik My oom was gay. Maar in die tyd waarin hy gelewe het was dit natuurlik 'n kardinale sonde, en bowendien was hy 'n Christen, so wat nou gemaak? Hy skryf toe 'n brief aan 'n pragtige model, vertel haar van sy probleem, en offer toe aan haar 'n lewe van weelde (hy was 'n ryk dokter) indien sy met hom sou trou. Hy beloof toe om nooit aan sy drange in te gee nie, maar om hom volledig in sy beroep in te leef. Haar familie was bitter arm, en haar ma in 'n haglike finansiële posisie nadat haar vader selfmoord gepleeg het, so sy stem toe in. Die laaste keer wat ek hulle gesien het (meer as 20 jaar gelede) was hy was steeds aan die hardloop om hierdie ou oom te gaan behandel vir 'n skaap as betaling, of daardie ou tannie te dokter vir 'n paar bottels konfyt. (Hulle het op die platteland gebly, en hy moes dikwels honderde myle ry om by sy kliënte uit te kom). Sy was gedurig in die kerk, en hy was altyd op pad êrens heen. Nou ek ken nie die hele geskiedenis nie, maar ek onthou haar as 'n onvergenoegde en onbarmhartige vrou wat gedurig gekla het oor hy mense verniet dokter. En ek onthou hom as 'n vriendelike en besorgde mens wat altyd hom oor ander bekommer het, en vir wie geld blykbaar nie veel beteken het nie. Hulle het een kind gehad, en dié het uitgedraai as 'n volslae alkoholis. So hoe oordeel mens so 'n geval? Johann Perkins 8 / 36

Jan ek dink die eerste wat 'n mens hier in ag moet neem is dat jy met mense te doen het. 'n Mens kan presies dieselfde scenario wat jy hier bo beskryf het gebruik en drie ander individue in die verhaal plaas en dalk 'n totale ander "einde" op die verhaal hê. Dan is daar natuurlik baie volslae alkoholiste wat in doodgewone normale huise groot geword het, en afgesien daarvan hulself nogsteeds elke dag in 'n koma indrink. Neem maar Yolande Vi$Ser van Die Antwoord faam as 'n ander voorbeeld, sy kom uit 'n pastorie en kyk hoe het sy uitgedraai. Die lewe gaan maar oor keuses. Hopelik is ons, op ons "knieë" wanneer ons hierdie keuses maak! Hannes Cloete Willem, Paulus het nie die begrip homoseksualiteit, waar twee mense in 'n liefdevolle verhouding teenoor mekaar staan, geken nie. Die beste wat jy seker maar kan doen is om argumente van beide "kante" aan te hoor/bestudeer en uiteindelik tot 'n gevolgtrekking kom. Ek vermoed jy het egter bietjie min tyd oor werklik tot 'n objektiewe gevolgtrekking te kom. Hennie Mouton Hannes, dis 'n vals argument want God vir wie niks onbekend is nie, het die Bybelskrywers geïnspireer om te skryf wat hulle geskryf het. Daar is in elk geval dele in die Ou Testament waar homoseksuele verkragting of dwang nie eers ter sprake is nie, maar wat as 'n sonde teen God beskryf word. Hannes, ek dink net dis die wêreld wat al hoe meer siek word en die duisternis lief het. Die Bybel praat oor hierdie dinge, dit sê dat die sondige mense sal dinge so sien - wat goed is, is sleg en wat sleg is, is goed. En ek sien baie kerke(ek gaan geen name noem nie) val deur met 9 / 36

dit. Dit praat ook van dat 'n groot groep christine gaan weg val. en ek sien alles gebeur, maar nou het ek genoeg inligting ingesamel vir my skool projek. Dit lei af dat min of meer 97% mense hulself as christine beskou en nie werklike volgens die Bybel se standaarde leef nie. Die Bybel is een van die oudste boeke en is God se Woord, tog stry baie daarteen en regverdig hul eie paaie. Dankie aan almal wat hier op trug gekom het. Hannes - Daar is nie twee kante aan God nie, hy regverdig man en vrou saam en nie man en man nie. Jy kan sê wat jy wil, ek glo vas in die Bybel. Mense wat die Bybel verkeerd probeer bewys probeer 'n leun opmaak en om God te speel, almal is in sonde gebore en moet tot bekeering kom om die lig en duisternis te onderskei. Dit gebeur nie alles op een slag nie, dit vat tyd soos wat God met 'n mens werk. Hannes Cloete Soos jy sien Willem, hier word maar baie verskillende menings gehuldig. Voorspoed met jou (nogals moeilike) taak! Anton Untiedt Willem, jou vraag oor waarom sommige 'gay' mense op 'n kerkraad kan sit is interessant. Ek stel 'n paar 'teenvrae". Is 'gay' mense sondiger, slegter as 'straight' mense? As ons praat oor regverdig in die betekenis wat Paulus daaraan gee in Romeine, dan moet ons saam met Paulus tot die gevolgtrekking kom dat dit nie 'n mens se dade is wat jou regverdig maak nie. (Dit is ook nog 'n keer goed om te onthou dat wat vir die buitewêreld regerdig lyk nie altyd so is nie, dink maar aan die Fariseers). Volgens Paulus is dit is geloof in Jesus Christus wat regverdig maak. Die vraag is dan: Kan iemand wat 'gay' is in Jesus Christus glo en volkome op Hom vertrou vir sy regverdigmaking. My antwoord is ja. Natuurlik is die volgende vraag: Hoe moet 'n mens dan lewe, maar ek dink as jy verder in Romeine lees dat Paulus baie ruimte ooplaat vir verskil van oortuiging. Die meeste mense in die kerk dink dat dit nie moontlik is dat 'n gelowige 'n homoseksuele verhouding kan hê nie. Ek ken self verskillende mense wat diep gelowig is, en 'n verhouding met iemand van dieselfde geslag het, sommige van hulle is ook getroud in 'n kerk waar daar wel ruimte is vir soiets. Anton Untiedt By alles wat oor die Bybeltekste gesê word wat sou praat oor homoseksualiteit, wag ek nog vir 10 / 36

'n duidelike uitspraak uit die Bybel wat 'n verhouding van liefde en trou veroordeel. Soos Hannes sê is dit iets wat in die antieke werêld onbekend is. Dit is jammer dat die mense wat so hard en veroordelend na homoseksuele toe is, so met twee mate meet. As Abraham, by sy slavin slaap, het hulle nie regtig 'n probleem nie, as David 'n ander man se vrouw vat, mag hulle kind tog nog troonopvolger word, Salomo met sy 700 vroue en 300 byvroue mag maar as die slimste man in die Bybel bly staan. Dan sê ons: ja dit was toe, nou is dit anders. Maar as twee manne of twee vroue van mekaar hou, lief is vir mekaar, dan sê ons: Wat toe gegeld het, geld nou ook. Dan vergeet ons die kulturele aspek van die Bybel en dan hanteer ons die Bybel asof dit in een keer uit die hemel geval het - in Afrikaans. Dink asseblief mense, dink. En hou op om die Skrif 'n soort kookboek vir die lewe te maak. Stefan Coetzer Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit nie te hou na u woord nie. (Psalm 119:9, Voëlvry-vertaling) Hennie Mouton Talle sondes word in die Bybel deur God veroordeel -- nie net homoseksuele uitlewing nie. Ja redding is deur geloof in Christus, maar die bewys van geloof in Christus is of ons daarna tot Sy eer lewe en Sy vrugte dra. Om in enige sonde wetend te bly volhard, is nie tot God se eer nie en getuig nie van Sy vrugte in ons lewe nie. Maar gelukkig weet jy dit Willem, sover ek kan sien. Stefan Coetzer?"Woord van God"? Uh-uh. 'n "God" wat met sy woorde soveel ellende en onmin veroorsaak het, eeue lank al, en steeds bly swyg is g'n god nie. Grys Meerkatmeisie 11 / 36

Ek stem saam met Hannes Cloete. In Paulus se tyd het die Romeine in hulle in hulle huise en by die welbekende baddens jong manne (ja, soort van seks-slawe) gehad wat vir die doel van 'eensydige' homoseksuele verkeer daar was. Dit was nie 'n liefdevolle verhouding nie, maar wellustig. Ek dink Paulus het teen hierdie praktyk gepraat. Lees meer hier: http://en.wikipedia.org/wiki/homosexuality_in_ancient_rome Grys Meerkatmeisie, die internet is vol leuns. Tik in evolusie by die wikipedia en sien self... Die Bybel is enige Christen se handleiding, as 'n mens nie te vrede is oor wat dit vir jou sê nie, sal jy nie te vrede wees met wat ek al gesê het of gevra het nie. Soos ek weer sê, God het nie 'n man gemaak om 'n ander man lief te hê nie. Mark 10:6 maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak. Mark 10:7 Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, Mark 10:8 en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Beteken dit 'n man kan ook maar 'n vrou wees? En weer in 1 Korinthiërs 11:3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van 12 / 36

elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. Hoe kan jy 2 mense as hoof oor die huis hê, en watter een vat die pligte van die man of vrou? Hoeveel keer meer wil julle die Bybel verkeerd bewys? of teenstrydig teen God wees. Ek is klaar met die debat, want tog ken die Here se kinders SY Woord. Philip du Toit Dit is verblydend om te sien dat jong mense die Bybel ernstig neem! Stefaan de Jager Pierre Grigor, ek sien dat wanneer jy nie weet hoe om oor `n saak te redeneer nie, jy jou uitvlug soek om jou teenstander te "boelie" met Griekse tekste. Hier is in elk geval `n paar van ons wat deeglik die Grieks bestudeer het en weet jy stel `n strooipop op. Stefaan de Jager Al meer stemme begin hier opgaan teen homoseks as sou dit maar `n normale alternatief op heteroseksualiteit wees. Dis verblydend dat ek besef daar is `n stil meerderheid wat weet dat God man en vrou bymekaar bedoel het en nie man en man nie. Probleem is dat baie van ons kerkleiers hierdie dwaling glo dat homoseks goed en reg is. Hulle gaan al hoe meer agterkom dat die oorgrote meerderheid lidmate op grondvlak nooit homoses as normaal sal aanvaar nie. Ek werk mos elke dag met mense op grondvlak. 13 / 36

Ralph Barnard Willem Zietsman, daar is nog 'n eenvoudige vragie uitstaande: Wie is die Leier van die Christendom? Paulus of Jesus? Is dit nie vreemd dat Jesus nêrens 'n uitspraak maak teen mans wat met mans in verhoudings was nie? Dis tog onmoontlik dat Hy onbewus kon wees daarvan. Ek kan nie glo dat opgeleide predikante nog daarin volhard om dinge in God se mond te lê soos dat God anti-gay is nie. En tog weer kán ek dit glo: hulle skep vir hulle 'n god na hulle gelykenis en voorkeure/afkeure en doop dit dan in 'n vroomheidsousie van Bybeltekste. G'n wonder die kerk gee vir baie mense sooibrand nie! Hennie Mouton Ralph Barnard, wat beteken dit vir jou dat die Bybel deur God geïnspireer is, insluitende Paulus se skrywes? Gebrek aan getuienis vir 'n saak is in elk geval geen goeie getuienis vir 'n saak nie. Jy is besig met strooihalms. Stefaan de Jager Ralph, Jesus het ook nêrens gesê dat slawerny sonde was nie. Beteken dit dat hy daarvoor was? So is dit ook met homoseks. God is ook nie anti-gay in die sin dat hy dit teen mense het wat gay is nie. Hy het dit teen die daad van homoseks omdat dit gay mense in `n moeras van emosies dompel. As hulle later selfmoord pleeg is dit om rede die genoemde moeras en nie omdat die samelewing hulle nie aanvaar nie. Eintlik is jy die een wat die tweede gebod oortree deur God te draai tot hy in jou handjie pas. Anton Untiedt 14 / 36

Nou Stefaan, wat mense in 'n moeras van ellende dompel is nie noodwendig gay seks nie. Ek het verskillende vriende wat al jare lank saam met hulle geliefde in liefde saamleef. Ek sien werkelik gee verskil by hulle as ek hulle vergelyk met die mooiste huwelike van 'my heteroo vriende nie, behalwe dat hulle in die meeste gevalle gene kinders het nie. Baie van die gays wat selfmoord pleeg doen dit omdat hulle nie deur hulle omgewing aanvaar word nie. Anton Untiedt Wat veral jammer iss, is die harde manier waarop soms gereageer word, en die onwaarhede wat oor homoseksuele die wêreld in gehelp word. Leer 'n paar homoseksuele mense persoonlik ken sou ek sê: http://www.youtube.com/watch?v=gwytkn_8d-g Stefaan de Jager Anton jy is reg dat homoseks nie die enigste manier is waarop mense hulself in die ellende dompel nie. Hannes Cloete Willem jy het nog so geweldig baie om te leer. Self het ek nie meer die krag om oor hierdie saak te redeneer nie. Hannes Cloete 15 / 36

Miskien net laastens: Stefaan moenie námens ander gays probeer praat nie. Enige moeras waarin jong ouens wat gay is hul dálk mag bevind, is vanwee diskriminasie deur mense soos jy. Jy sê "Hy (God) het dit teen die daad van homoseks omdat dit gay mense in 'n moeras van emosies dompel". LOL! Ek dink eerder Willem moet 'n relaas skrywe oor jou soort *sug* Johann Perkins Ralph jou argument lei soos volg: Paulus maak uitsprake teen homoseksualiteit en hierdie uitsprake word binne die Bybel gemaak, maar omdat Jesus nie soortgelyke uitsprake teen homoseksualiteit gemaak het nie, is dit volgens jou genoegsame bewys dat homoseksualiteit aanvaarbaar is voor God? Ralph sou jy se Paulus was 'n Christen? Indien wel, sou jy se dat Paulus iets sou skryf wat teenstrydig is met Christenskap d.w.s volgens jou argument dat homoseksualiteit eintlik nie sonde is nie? Met jou vraag oor wie nou eintlik die leier van die Christendom is Paulus of Jesus, skep jy dus die indruk dat Paulus en Jesus mekaar "weerspreek" al het Jesus eintlik geen uitspraak oor die onderwerp gemaak nie? Dit wil ook dan vir my voorkom dat jy van mening is dat die boeke wat Paulus geskryf het nie werklik deel uitmaak van die Woord van God nie of dan ten minste die dele waar Paulus uitspraak lewer oor homoseksualiteit. Is jy dus van mening dat Paulus nie met sy skrywes deur die Heilige Gees geïnspireer was nie en nie werklik as dienaar van God opgetree het nie? Homoseksualiteit is egter nie die enigste probleem wat jy met Paulus se teologie het nie, maar ook sy verwysings na Adam! Ralph sou jy se Paulus was 'n dwaalleraar en dat JY nou volkome geïnspireer deur die Heilige Gees die die werklike "waarheid" rondom homoseksualiteit as sonde of nie-sonde "besit", en dat jou interpretasie die van Paulus vervang? Wat my egter dronkslaan Ralph is dat jy onder 'n ander draad die opmerking gemaak het dat God nêrens in die Bybel vereis dat ons hom moet dien nie, en ek haal jou graag aan:...{"n God wat verwag jy moet hom dien, is 'n afgod."}... Het Jesus nie die volgende woorde gespreek nie Ralph? " Jesus antwoord hom: Jy MOET die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand." kruisverwysing Deuteronomium 6:2 So sal jy die Here jou God jou lewe lank kan DIEN en gehoorsaam wees aan sy voorskrifte en gebooie wat ek jou 16 / 36

gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy 'n lang lewe hê." vers 5 "Daarom MOET jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag." Hierbo het Jesus 'n direkte uitspraak gelewer en volgens jou is dit ook nie waar nie? Ralph waarom dan jou vraag oor wie die leier van die Christendom is as jy uitsprake wat WEL deur Jesus/God gemaak is nie aanvaar nie? Ralph is dit moontlik dat jy die gedeeltes in die Bybel wat strook met jou "geloof" aanvaar en die gedeeltes wat nie met jou "geloof" strook nie verwerp? Artikel 5 NGB: Ons aanvaar al hierdie boeke en hulle alleen, as heilig en kanoniek om ons geloof daarna te rig, daarop te grondves en daarmee te bevestig. Ons glo ook sonder twyfel alles wat daarin vervat is, nie juis omdat die kerk hulle aanvaar en as sodanig beskou nie maar veral omdat die Heilige Gees in ons hart getuig dat hulle van God is. Hulle het ook die bewys daarvan in hulleself, aangesien selfs die blindes kan tas dat die dinge wat daarin voorspel is, plaasvind. Artikel 7 NGB: Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. Aangesien die hele wyse waarop God deur ons GEDIEN moet word, daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook NIEMAND, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie - ja, al was daar ook 'n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Gal 1:8). En aangesien dit VERBODE is om iets by die Woord van God by te voeg of daarvan weg te laat (Deut 12:32), blyk dit duidelik dat die leer daarvan heeltemal VOLMAAK en in alle opsigte VOLKOME is. Ralph Barnard Net 'n paar perspektiewe, broers. Paulus is die enigste Nuwe-Testamentiese skrywer wat verwys na seks tussen lede van dieselfde geslag. Soos dikwels in die vroeë kerk, lewer Paulus ook wat dié saak betref n minderheidsverslag. En dan is daar ook slegs drie tekste waarin 17 / 36

Paulus homoseksuele aktiwiteite aanraak. n Baie dun verslag, besef n mens dadelik. Maar n minderheidsverslag moenie sonder meer as n minderwaardige verslag beskou word nie. As deel van die Bybel moet ons ernstig daaraan aandag gee. Miskien moet ons net vanuit die staanspoor eerlik wees met mekaar oor Paulus se algemene gevoel oor seksualiteit. Want dit is binne en vanuit dié verwysingsveld wat Paulus ook sy betrokke uitsprake lewer. Dit is duidelik dat Paulus nie n baie hoë dunk het van seksuele aktiwiteite nie. Dit is vir hom goed dat n man sonder n vrou lewe (1 Kor. 7:1) en hy wens dat elkeen selibaat kon leef soos hy (1 Kor. 7:7-8). Maar vir mense wat swakker beheer oor hulle seksdrange het, is die huwelik n uitweg, anders word hulle dalk verteer deur hulle hartstog (1 Kor. 7:9). Begeerte hartstog loop uit op afgodsdiens, dit weer op sedeloosheid wat lei tot vernietiging (1 Kor. 10:7-9). Binne die huwelik moet gelowiges dus waak teen te veel seks. Dit is n huweliksplig wat hulle wedersyds moet nakom teenoor mekaar (7:3), maar moet reguleer by wyse van n afspraak (7:5) terwyl gebed hulle primêre fokus moet bly. Dit is belangrik dat hulle dié afsprake goed sal beplan, sodat hulle nie weens n gebrek aan selfbeheersing wellustige seks sal hê wanneer hulle dan wél by mekaar uitkom nie (7:5)! Paulus se lae waardering van seks het nie geklop met die hoë waardering wat dit in die res van die Bybel kry nie, soos in Hooglied. Die rabbynse opvatting dat seks n orgasme aan die vrou moes verskaf ten einde haar swanger te maak en gereeld moes plaasvind, het beslis nie by Paulus inslag gevind nie! Deel een van julle hierdie sienings van Paulus oor seks? Deel julle sy siening dat met die oog op die wederkoms dit beter is om nie te trou nie (1 Kor 7:26-28)? Préék julle dit? In Romeine 1 lig Paulus die gevolge van die Romeine se afgodsdiens uit. Dié gevolge was onder meer sigbaar in hulle seksuele aktiwiteite: 18 / 36

1. Hulle is oorgegee aan skandelike drifte. 2. Vroue laat vaar hulle natuurlike omgang met hulle mans in n teennatuurlike omgang met ander vroue. 3. Mans laat vaar ook hulle natuurlike omgang met hulle vroue deur te ontbrand in dierlike passie tydens hulle sesksuele omgang. 4. Asof hulle nie genoeg kan kry nie, pleeg dié mans ook skandelikhede met ander mans. Terme soos skandelike drifte/passie en brand van begeerte beteken vir Paulus seks wat gepaardgaan met begeerte en nie meer n huweliksplig is nie. In vandag se taal: Paulus glo dat koue, rustige, pligplegende seks aanvaarbaar is. Maar sodra dat gepaardgaan met passie, vuur en uiterste liggaamlike genot, is dit verkeerd en skandelik. Nou ja, hier praat Paulus onder invloed van denkstrome van sy tyd. Die vurige taal van die boek Hooglied hoor jy nie by die alleenloper Paulus nie. Vir hom was dit onaanvaarbaar as mense seksueel te opgewonde raak. Dit is waaroor dit gaan in punt i. Wat punt iii. betref: Wat bedoel Paulus met natuurlike omgang? Manlike penetrasie van die vagina. Die Romeine het benewens dit ook orale en anale seks beoefen met hulle vroue. Vir Paulus was dit onnatuurlike omgang. Die penis pas in die vagina en nêrens anders nie. Punt. Seks is bedoel vir voortplanting en nie vir genot nie. Só voel Paulus. In my jeugjare het n dominee verontwaardig vanaf die kansel oor hoerery gepreek: Hoerery kan ook selfs binne die huwelik gebeur! Eers jare later het ek besef dat hy Paulus se sentimente gedeel het. Seksuele genot moes beperk bly tot vaginale penetrasie natuurlike omgang in Paulus se taal. Twee van Paulus se vier besware (i. en iii.) het dus niks met homoseksualiteit te doen nie. Die ander twee het skynbaar wél daarmee te doen. Daar verwys dit na pederastie waar 'n getroude man "praktiese" seksuele opleiding" moes gee aan 'n tienerseun vanaf puberteit. Vandag is dit strafbaar as 'n misdaad en sou ons praat van 'n vorm van pedofilie. Die tweede beswaar van Paulus is teen "swinging couples". En daar souy ek my ook aan Paulus se kant skaar. 19 / 36

Nou is my sleutelbord moeg. Ek hoop dit klaar werklike vrae op vir enigeen wat erns maak met die Bybel. Baie mooi uit eensetting Johann, soos wat Ralph alweer besig is om te doen is om sy eie interpretasie te gee. Ralph jy moet die vergelyking tussen Jesus en Paulus ook self onderskei. 'n Rede omdat paulus nie getroud was nie is, is wanneer sou hy sy vrou of kinders sien? Hy was dan so besig met die Here se werk, en het geweet hy sou nie voldoen aan sy pligte om 'n goeie rol in sy kinders se lewe te speel om hulle reg op te voed nie. Hy was gekies as 'n dissipel en moes die evangelie verkondig, hy het oorals gegaan waarheen die Heiligegees hom gelei het, stel nou jouself in sy skoene? 'n Pa is opdrag gegee om sy kinders op te voed volgens die wil van God, hy is die hoof van die huis en die vrou en die kinders is onder sy gesag, wat sou jy doen as jy in sy skoene was? Paulus het die Here verkies bo 'n vrou, en dit was reg en dit is hoe dit moet wees in elke Christen, God sal vir 'n man 'n vrou gee as die tyd reg is. 'n Mens is genuig om 'n lewens maat te gaan soek wanneer hulle dink dit die regte tyd is. Dit is gewoontlik dan wanneer 'n man met 'n twisgurige vrou trou, of selfs na homosex toe oorskyf. Ralph Barnard Willem, ek gee nie my uitleg nie. Ek is 'n sistematiese teoloog en het oor hierdie saak kers 20 / 36

opgesteek by van die mees vooraanstaande Nuwe-Testamentici in die wêreld en dit net in eenvoudige Afrikaans oorgesit. Aanvaar of verwerp dit. Stefaan de Jager Ralph, ons verwerp dit. Ek slaan my hande saam oor hoe jy die Skrif verkrag om jou te pas. Laat my dink aan die ds wat destyds apartheid op `n Oos-Transvaalse sinode wou regverdig. Sy argument was net so bedenklik soos joune. Hy beweer dat soos daar apartheid in die goddelike drie-eenheid is, so is apartheid in die politiek ook goddelik en regverdig. Of, die afgetrede ds wat my met blink oe vertel van sy nuwe insig dat Jesus ons geleer het om ons vyand lief te hê. So moet ons dus die satan liefhê want hy is ons vyand! Skaam jy jou nie om jouself enigsins nog `n teoloog te noem nie Ralph? Wie die sg vooraanstaande teoloe is na wie jy verwys kan ook net sowe ldie twee vooraanstaande teoloe wees na wie ek hierbo verwys. Bid jou dit aan!! Ek het ook nou alles gehoor! Berto Hendrikse Willempie, seg net eers vir my of jy 'n trol is of nie. Skool navorsings taak??? Vir watter vak is hierdie taak? Jy weet darem net te veel om om hulp te vra, dink jy nie? En jou geforseerde spelfoute??? My raaiskoot is dat jy wel een is, maar moenie worry nie Oom Stefaan en Oom Phillip "like" jou baie. Jy neem darem die Bybel so ernstig op. Cheers vir eers. Hannes Cloete Dis soos jy daar seg, Berto. Sy profiel stink die ene fake. Die uiterstes waantoe sommiges darem sal gaan... Berto. Dit is vir 'n lewensorientering GR11 taak, ek is in 'n Christelike privaat skool. My spelling 21 / 36

kan maar sleg wees, solank julle kan verstaan wat ek vra of sê. Selfs meeste van die kerke en kerksisteme is besig om gekorupt te word of moet ek sê dit is alklaar. Ja, ek neem die Bybel baie ernstig op, die is die oudste boek wat nog bestaan en met die beste riglyne in, ek verkies om die Bybel te lees bo enige ander boek. Wat se vraag is dit om vir iemand te vra of hul 'n trol is, soos wat die Here sê is, is dat ons sy kinders sal kan uitken. Dit beteken jyt 'n onsekerheid en weet nie wat jy soek nie. Eks is dankbaar vir dat daar wel mense is wat (soos wat Berto aanhaal "Oom Phillip en Oom Stefaan) nog die waarheid glo en nie in 'n gevalle sisteem sit nie. Hannes as jy 'n persoon fake wil noem, gaan vra eers vir die Here of hy fake mense gemaak het. Soos wat ek kan sien is, is dat die wereld besig is om al hoe donkerder te word. Pierre Grigor Ralph, moenie jou pêrels voor die sweine werp nie my broer Berto Hendrikse Willempie, het jy al spelfoute in die Bybel gesien, dit is onbybels om soos jy te spel. Jou ouers mors hulle geld in die "skool", miskien kan 'n gewone skool jou ten minste leer hoe om te spel en goeie Afrikaans of Engels te gebruik. Lekker trol, ou bulletjie. 22 / 36

Hannes Cloete Jy som my gevoel 100% op, Pierre. Berto, kyk waarheen stap jy nou. Jy probeer my weg jaag en my aandag aflei van die gesprek. Ek was in 'n gewone skool, en glo my die sonde het daar gebroei. Ek kan agter kom jys nie 'n Christen nie. Hier is 'n deel van wat uit die Universiteit van Pretoria uitkom, daar waar Ralph gaan swot het. Tradisioneel is aanvaar dat die Byel alle homoseksuele dade veroordeel(dreyer 2004:176; Stott 1990:437). Die Christelike kerk se tradisionele verwerping en veroordeling van homoseksualiteit is gebaseer op n handvol Bybeltekste (Strommen 2001:68). Hierdie tekste sluit onder andere in: Genisis 19, Levitikus 18:22 en 20:13, Rigters 19, Romeine 1:26-27, 1Korintiërs 6:9 en 1 Timoteus 1:10. is die addres daarvoor. http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08252008-133052/unrestricte d/dissertation.pdf op bladsy 100 Ek het nou genoeg informasie, en gaan weereens nou vir die laaste keur die gesprek verlaat. En ek sal altyd op die uitkyk wees vir die wolf in skaap klere. Hannes Cloete 23 / 36

Go well Go Shell! Berto Hendrikse Jy is seker nou laat vir skool ook? Barend Nel Dit is oor hul skool so laat begin wat die mannetjie so spel :-)) Ek het al gistermiddag geskryf dat die storie van hom wat inligting soek vir 'n navorsingsprojek darem vreemd klink in die lig van sy latere uitsprake waarin hy sonder skroom sê dat hy wéét wat die Bybel sê en dat hy hom dus nie steur aan wat ons sê nie. Wat help dit 'n ou doen navorsing as jy al klaar jou "mind opgemaak" het. Ek het toe al gewonder of hy nie maar net ''n trol is nie. Om een of ander rede het dié plasing van my net verdwyn... ek weet nie hoekom nie, want ek kan nie onthou dat ek lelike woorde gebruik het nie. Maar miskien het ek sonder om dit agter te kom, want mense soos die laat nogal baie swetswoorde by my opkom. Thabu Pienaar Pierre Grigor, dit sal gaaf wees as jy liewer met jou muur gaan redeneer...want jou styl pas nie regtig hier nie! Nee, die privaatskool het 'n tuis-skool afdeling. So ek het nie tydrooster waarmee ek werk nie. 24 / 36

@ Barend, lyk my jy vergeet oor hoe skool werk. My opdrag is om die punte uit te wys waar die Christen geloof besig is om te val. My "mind" is nie opgemaak nie, soos ek sê ek plaas 'n wag voor my hart en kyk uit vir die wolwe in skaap klere. Ek bring nie verkeerde leiding nie en argumenteer nie teen die Bybel nie, so dus is ek nie 'n trol nie. Barend, slegte nuus vir jou, jy is die trol, want jy soek om teen die Bybel (God se Woord) te praat en probeer jouself en sonde regverdig. Ek het op die punt gekom waar ek die LIG van God en die duisternis kan onderskei, ek stel voor jy doen die selfde. Ek kan sien julle wil aanhou argumenteer, ek kan ook aanhou, maar die ding is die tyd stap an en ek het skoolwerk om te doen en kan nie heeldag teen julle wat jul "mind opgemaak" het te argumenteer nie. Philip du Toit Willem, ek dink die rede hoekom mense jou as 'n trol beskou, is omdat hulle waarskynlik nie kan glo dat iemand wat so jonk is sy man kan staan teen liberale teologie nie. So, jy moet dit eintlik as 'n kompliment beskou. Barend Nel Willem sê: "@ Barend, lyk my jy vergeet oor hoe skool werk. My opdrag is om die punte uit te wys waar die Christen geloof besig is om te val." 25 / 36

Nee jong, ek het nie vergeet nie... Ek was net nie in 'n privaat christen skool nie, dus het ek nie geweet dat navorsing daar iets anders beteken as op ander plekke nie. Maar ek verstaan nou baie goed nadat jy jou opdrag beskryf het: "My opdrag is om die punte uit te wys waar die Christen geloof besig is om te val." Julle het dus klaar besluit die Christendom is besig om te val en jy soek net voorbeelde... Pleks jy het lankal gesê, ons kon so 'n biejtie gevloek en gehoer en rumoer het... selfs 'n pornografiese prentjie geplak het, dan kon jy baie ammunisie vir jou projek gehad het. Jy moet tog net sê watter sondes dit nou weer was wat ek hier probeer regverdig het... as ek nou nie daarvan weet nie kan ek dit mos nie geniet nie... en dit is nie reg dat 'n mens gestraf gaan word oor goed wat jy nie eers geniet het nie. Stefaan de Jager Hannes, Berto en Barend, hoe klink julle vir my nou skaam-kwaad? Stefaan de Jager Willem, die Spreuke digter sê dat wysheid begin met die dien van die Here. Daarom kan dit gebeur dat `n graad 11 laaitie meer wysheid het as selfs dominees met doktorsgrade. My pa het self 'n doktorsgraad in die teologie gehad. Komende van hom wat dus nie van suur druiwe verdink kan word nie, het hy eendag die opmerking gemaak: "My kind, weet net dat daar ook onnosel mense is wat doktorsgrade het." Barend, Om teen die Skrif(Woord van God) te praat is 'n sonde, maar jy regverdig dit deer om ander interpretasies te gee en te sê, "maar dit was net vir daardie spesefieke geval" < dit is nie jou letterlike woorde nie, maar dit is waarop dit aflei. Dit is net so goed om te sê die Here het net vir almal wat daardie dag, toe hy gekruisig word, op die aarde is gesterf om hul sondes te 26 / 36

vergewe. Maar tog geniet jy dit om dit te regverdig, nie reg nie? Ek is nie hier om jou rigting te gee nie, maar tog lyk my dat jy die rigting in my woorde kan raak sien en dit nie kan aanvaar dat ek, wat baie jonger is as wat jy is, oor die feit kan kom dat ek die waarheid weet(en daar is nog baie wat ek het om te leer) en kan jou verkeerd bewys nie. Almal kan leer van iemand anders, jonk of oud. My vraag nou is, is hoe voel jy oor die saak? Baie dankie Stefaan. Hannes Cloete Nee Stefaan, die enigste ou wat hom moet skaam is jy. Ek sal nie verbaas wees as jy of een van jou FB maats agter Willem se hele relaas sit nie. If it looks like a rat, smells like a rat, sounds like a rat, and acts like a rat, it may very well bé a rat ;-) Hannes, ons ken mekaar van geen kant af nie. So jy kan maar dink wat jy wil. Geen koneksie van enige iemand, behalwe die Heilige Gees. Jean Oosthuizen Noudat ek Willem se opdrag gelees het verstaan ek ook iets meer van sy redenasie. Dit is eintlik tragies dat skole kinders op die manier indoktrineer. Dit behoort teen die wet te wees. Daar word geen ruimte vir die student gelaat om self te groei nie en ook nie om behoorlike navorsing te doen nie aangesien daar reeds vir hom besluit is wat die gevolgtrekking is waartoe 27 / 36

hy moet kom. Toe ek aanvanklik Willem se inskrywing gelees het, het ek verkeerdelik gedink hier is nou 'n gulde geleentheid vir 'n ywerige jongman om behoorlik navorsing te doen, al die kante oopkop aan te hoor en dan tot sy eie gevolgtrekking te kom. Toe nie. Die skool het reeds vir hom besluit tot watter gevolgtrekking hy moet kom. Ek eis byvoorbaat as ek dink wat die arme kinders nog alles daar moet aanhoor! Wat wel baioe duidelik is, is dat die skool nie juis gesteld is hoe sy leerlinge spel nie. En dit is nie Willem wat die blaam daarvoor moet kry nie maar sy leerders wat hulle ware plig gruweldik versaak. Jean, wees eerlik en sê my, hoeveel skole is daar nog vandag wat enige vorm van Christendom verskaf? Hoeveel van hulle is nie geindoktrineer met evolusie nie? En Jean, jy het dit verkeerd, daar was vyf verskillende opdragte waarvan ek kon kies, en ek het die een gekies. Dit is so belangrik om te weet wat die Bybel sê, dit sê dat kerke verkeerde leering gaan bring, en die geval van waar selfs Satan vir Jesus versoek het deur skrifte in die Bybel. Spelling gaan 'n mens nie in die Hemel laat kom nie, so die feit dat ek verkeerd spel kan maar agter gelaat word, en myself met tyd weer kennis gee om daarop te konsentreer. 28 / 36

Philip du Toit Ag, Jean, grootmense sukkel ook soms met 'n paar woorde. Ek het dit agtergekom toe ek nog in SaFFraanlaan gebly het. ;-) Andries Greeff Weereens 'n klomp orige ou mans wat hulle met ander se sekslewens ophou. Kry werk vir julle hande - of gaan streep julle vrouens (of vriende as die idee julle dan so fasineer) sodat julle kan ophou om so obsessief en kompulsief oor ander se slaapkamersake te wonder. Ek sien nie dat enige een van julle so geroep is om vir geskeide vrouens en mans te gaan vertel hulle is verdoem nie. Of vir enkelma's. Of julle eie dogters en seuns wat buitehuwelikse en losbandige seks het nie. Julle is behep met homoseksualiteit en homoseksuele seksdade - en dit spreek boekdele oor julself. En aan Willem - hou jou maar eerder op daarmee om te leer spel voordat jy in vreemdelinge se psiges wil rondkrap en redekabel oor of hulle die ewige lewe of dood verdien. Ongeag van die inhoud van jou taak - jy gaan dit heelwaarskynlik in elk geval druip as jy op so trant aansukkel. Pierre Grigor Thabu, toe vat jy die die "sweine" letterlik?... It was no pun intended. Maar nou ja, dis die probleem met ouens wat eenogig na die wêreld kyk: hulle leef altyd vlak... (no pun intended Thabu!!!) Barend Nel Willem... dis nou as hy regtig Willem is... sê "Barend, Om teen die Skrif(Woord van God) te praat is 'n sonde, maar jy regverdig dit deer om ander interpretasies te gee..." Sjoe Willem, dit is een moerse verligting om te hoor dat my sonde toe maar net is om 'n ander interpretasie van die Bybel te gee as jou Christelike privaatskool se tuisstudie afdeling. 29 / 36

Jy hoef regtig nie te glo wat ek sê omdat ek ouers as jy is nie. Ek glo ook nie altyd wat diegene wat ouers as ek is sê nie. En jy hoef dit ook nie te doen omdat ek geleerder as jy is nie, soos Stefaans ken ek ook mense wat doktersgrade het wat onnosel is. Maar doen jouself 'n guns... luister, lees en dink... en dan maak jy vir jouself uit wat waar is. Dit is nie 'n goeie praktyk om iemand ander toe te laat om namens jou te besluit wat reg is en dan net bevestiging daarvoor te gaan soek nie. Eendag gaan dit nog vir jou bitter trane besorg. En as jy 'n trol is, mag die vlooie van 'n duisend woestynkamele in jou agterent opkruip, jou orals byt waar jy nie kan krap nie en jou tormenteer tot die oordeelsdag.?"luister, lees en dink... en dan maak jy vir jouself uit wat waar is." Dit is waar jou probleem sit! Ek gaan nie vir myself uit maak wat waar is en wat reg is nie, anders speel ek god om te kan sê wat reg is of verkeerd is, God is die een wat dit doen. Dit is hoekom jy glo wat jy glo, jy het self gaan staan en dink en na ander geluister i.p.v om vir God raad te vra. Ek sal na Andries se raad luister, want die gesprek gaan net aanhou en aanhou, daar is so baie wat 'n mens in God se Woord kan lees oor hoe mense Sy Woord verdraai en ek sien dit baie duidelik in jou woorde. Andries Greeff Willem, met die grootste respek gese...as jy glo om te "luister, lees en dink... en dan maak jy vir jouself uit wat waar is." is 'n PROBLEEM - dan is dit werklikwaar nie die moeite werd vir jou om enigsens verder te will studeer of eers die wye wereld te probeer aanvat nie. Snaaks hoe mense altyd glo God is aan hulle kant - selfs Hitler, HF Verwoerd en Robert Mugabe het geglo hulle tree volgens Sy opdrag op. As niemand ooit vrae gevra het en bestaande idees bevraagteken het nie, sou ons nou nog geglo het die wereld is plat en linkshandige mense as hekse verbrand het. Ralph Barnard Ek wonder, dominees en ander: Wat van 'n openbare debat in jul gemeentes hieroor? Ek is 30 / 36

beskikbaar. Dan kan almal moes die argumente aanhoor en beoordeel. Klim uit julle FBkassie uit en aanvaar die uitdaging! Jean Oosthuizen Willem dit sal interssant wees om te sien wat was die ander vier opdragte waaruit jy kon kies. kan jy dit dalk met ons deel. Wat skole betref verkies ek persoonlik dat godsdiens en skool geskei word. Die skool se taak is om die kind akademies voor te berei vir die lewe en die kerk se taak is om hom geestelik daarvoor voor te berei. Ouer mense hier sal goed weet watse vreemde ons op skool geleer is onder die dekmantel van Christelike nasionale onderwys. Dit is nie nodig om daraop in te gaan nie. Pierre Grigor Barend ekt nou lekker gelag man!!! Dankie daarvoor!!! Jean, dit is nie die skool of die kerk se plig om mense geestelik voor te berei nie, dit is die kind se ouer (die pa) se plig. Volgens die Here is 'n kerk niks werd waarvan julle praat nie, al wat julle kerk werd is, is die naam, die geld, die bakstene, sement en watookal nog binne is, dit gaan net oor geld anders kon dit nie ontstaan nie. En die eintlike kerk is nie 'n gebou nie. Die kerk is jou hart, so moet asb nie vir my sê "die kerk", en dan praat jy van 'n gebou nie. Andries, Ek sien self nie die punt om verder te gaan studeer en wat ookal nie, want al wat 'n mens kry is valse leeringe van die onderwysers en boeke wat deur die deparlement van onderwys voorgegee word, maar wat probeer jy sê? Sê jy ek is op diselfde vlak as Hitler? 31 / 36

In God se oë is dit nie een mens is beter as die ander nie, insluitend jy Andries. Ons almal gaan deur een maatstok gemeet word. Ek glo die Woord van God en ek glo in God, maar die mens kan dit nie verstaan sonder dat die Here nie sy oë oopgemaak het nie. En ek verstaan dit, en die Here het my oë oopgemaak, dit is snaaks hoe julle die heeltyd van onderwerp af verander.. Stefaan de Jager Jean, dit wil my voorkom dat jy ook bly sal wees as die Kerkbode en godsdiens van mekaar kan skei. Ek vermoed dat jy nie so gepla is of kinders geindoktrineer word al dan nie. Wat jou pla is dat hulle nie gelei word om te glo dat homoseks goed en reg is nie. Dan sou jy die lof van skole besing het. Hierdie jongman Willem is besig om julle almal ore aan te sit met `n wysheid wat julle nie teen bestand is nie. Nou word sy gebrek aan spelling aan die klok gehang om jul bankrotskap aan die waarheid te verbloem. Stefaan de Jager Ralph, ek kan nie glo dat jy jou so hoog aanslaan om te dink gemeentes gaan oor hul voete val om jou te kry om oor `n saak soos homoseks te praat nie. Ons kry sommer vir dr Peet Botha. Jy laat my dink aan daardie sanger in die Asterix stories wat so graag wou optree. Dan sien jy hoe hy heeltyd aan die boom vasgemaak is, sodat niemand na hom hoef te luister nie. Dalk moet jy in jou kassie terugklim. Stefaan de Jager 32 / 36

Hannes, hoekom praat jy oor jouself in die laaste sin wat jy geskryf het? Hier is die ander vier opsies: 1.Etiket-reëls vir joung mense. 2.Evolusie vs Skepping. 3.Stel 'n boekie saam met die belangrikste verkeersreëls. 4.voer 'n onderhoud met drie jongmense wat reeds uit die skool uit is oor die voordele en nadele van hul tipe huisvesting. Renier Lourens Dit gaan nou eintlik nie oor Willem nie. Eerder oor die feit dat skole- privaat of staats- kant kies in sake waaroor daar uiteenlopende uitsprake en opinies is. Dis onverantwoordelik! Sit die feite van alle kante en opinies op die tafel en laat die leerlinge self besluit watter een hulle steun en waarom hulle dit steun. Lei en ondersteun leerlinge daarin. Dit sou tog verantwoordelike onderwys wees. Maar nou ja, Christelike privaatskole is meestal konserwatief- geen fout daarmee nie- en hulle maak die kinders so groot. Dis die ouers se keuse- nie dat ek dieselfde een sou uitoefen nie- maar dis hulle kind en daarom seker hulle reg. Maar op hierdie punt voeg ek egter my stem by Jean s'n, godsdiens moet in geen skool toegelaat word nie, behalwe as alle godsdienste daar geleer word. 33 / 36

Ja Renier, ek stem saam. Dit was my keuse om hierdie skool te gekies het. Ek was in 'n staats skool en ek kon nie oor myself kom om heeldag in die siek skool en klas te sit en bespot word nie. Selfs die onderwysers het my bespot. Ek gaan nou dit los in die hande van wie ookal wil met mekaar redeneer. As daar verdere sleg gesê word van my, dan hoop ek die Here seën jou, dan het ek vrede daarme. Die Here gee my die vrede. Berto Hendrikse WZD, dit is seker darem net jou Afrikaanse onderwyser wat jou bespot, ek dink jou godsdiens onderwyser dink jy is 'n "voorbeeld" vir almal. Mooi loop. Jean Oosthuizen Stefaan kan jy regtig aan niks anders dink as "homoseks" nie. Wat moet in 'n mense se kop aangaan as dit al is waaraan jy van die oggend tot die aand sit en dink? Ai! Johann Perkins Ralph, net so 'n laaste vraag of twee. Jou vraag rondom wie die leier van die Christendom is en die "doel" daarvan om gesag aan die "antwoord" op die vraag te gee het my laat dink aan Matteus 19: 4-5 34 / 36