Vrydagnuus 13 Januarie 2017

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Jesaja sien die Toekoms

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Geloofsvorming by kinders en jongmense

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Petrus en die Krag van Gebed

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Petrus en die Krag van Gebed

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Seisoen van die Gees

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

God se Woord. God se Wil

Profetiese woord vir 2017 en verder

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Josua - van jongs af n leier

KRAG VAN TRANSFORMASIE

GEBED VIR KERKLEIERS

Die krag van. n vrou wat bid

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

DIE AA NDBOODSKA PPER

Besprekingsvrae vir selgroepe

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

LoveGodGreatly.com 1

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Volume 3 van 2016 September 2016

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Dawid die Skaapwagter

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

BYBELS-GESONDE GESINNE

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

To love without knowing how to love wounds the person we love.

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

ALFABET VAN DIE HUWELIK

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Transcription:

Vrydagnuus 13 Januarie 2017 Lees: Psalm 40:9 en Psalm 27:4 Net een ding... Saam met elke nuwe jaar kom daar gewoonlik n klomp voornemens. Soms is die lysie lank en word ons meestal gedurende die jaar ontnugter omdat ons nie daarby kon hou nie. Vir diegene wat al heelwat jaarringe het, is die teenoorgestelde waar. Ons het nie meer nuwejaarsvoornemens nie. Ons lysies van voornemens is nie kort nie, dis leeg. Vir sulke mense is die een jaar maar soos die ander en het ons nie juis enige verwagtinge van n nuwe jaar nie. Ek is nie seker waar ek presies inpas nie. Ek betrap my dat ek nog soms kinderlike opgewone is oor n nuwe jaar en gevul is met baie energie en drome en planne. (selfs meer as gewoonlik as jy binnekort n kleinkind ryker word) Maar soms, moet ek bely, wonder ek ook of ek nie naïef is om soveel verwagtinge van n nuwe jaar te koester nie. Ja, as ek eerlik is, is daar ook tye wat ek twyfel of die nuwe jaar enige iets nuuts sal baar behalwe dieselfde sorge en verydeling van die voriges nie. Is daar n ander moontlikheid as die twee wat ek hier genoem het? Ek dink so. Dis interressant dat Psalm 40:9 en Psalm 27:4 sê dat hulle net een ding soek en net een ding begeer. NET EEN DING. Waar ons lewens baie keer gekenmerk word deur die baie dinge wat ons soek en begeer, praat die digters van die Psalms van een ding. Hulle is gefokus. Hulle het n duidelike verwagting. Hulle is helder en absoluut duidelik oor wat hulle van die lewe verwag. Dis verfrissend. Dis anders. Dit laat mens stilstaan en vra: wat is hierdie een ding, hierdie een begeerte waarvan hulle praat? En wat kan ons daaruit leer aan die begin van n nuwe jaar. Dis interressant dat beide die Psalms se een begeerte en een soeke te make het met die Here. Ps 27:4 sê dat hy net een ding van die Here vra en dat hy dit sal bly soek... en dis om in die huis van die Here te bly tot in lengte van dae. M.a.w. om in die Here se teenwoordigheid te wees. Dis wat hy van die Here vra en waarna hy strewe. Psalm 40 vers 9 sê dat die digter een groot begeerte het en dit is om die wil van die Here te doen. Die Message vertaling sê dat die Here sy ore sal open sodat hy na die Here sal luister. Sal dit nie wonderlik wees as ons die jaar so kan begin nie? Met een soeke, een begeerte, een ding wat ons van die Here vra nie: en dis om naby Hom te lewe. Om Hom beter en beter te leer ken. En om die kuns te ontwikkel om fyn na sy stem te luister en te weet wat Sy wil vir my lewe is. Wil jy dit nie oorweeg om met groot oë en kinderlike verwondering jou nuwejaarswens vir 2017 te verander sodat dit in lyn met die Psalmdigter se een begeerte en een wens is nie? Mag 2017 gekenmerk word deur n lewe van vreugde en verwondering... omdat ons fyn na hom geluister het en naby aan Hom gelewe het. Geseënde 2017. Hans Steyn

DIE PARADOKS EN IMPAK VAN GEBED Gebed is n paradoks. Geen ander geestelike oefening is so n vermenging van kompleksiteit en eenvoud nie. Dit is die eenvoudigste vorm van spraak wat deur suigelinge gepraat kan word maar tegelykertyd die verhewendste woorde wat die Majesteit in die hemel bereik. Dit is net so geskik vir die bejaarde filosoof as vir die jong kind. Dit is die uitroep van n oomblik van benoudheid en ook die gesindheid van n leeftyd. Dit is die uitdrukking van die rus wat ek in geloof het en terselfdertyd die geloofsgeveg waarin ek betrokke is. Dit is pyn en angs, en tog ook ekstase. Dit is onderworpe sowel as opdringerig. Op dieselfde oomblik gryp dit vir God vas maar bind ook die duiwel. Dit kan op 1 spesifieke saak fokus, terwyl dit ook die wêreld deurreis. Dit kan wees gebroke belydenis sowel as ekstatiese aanbidding en verwondering. Dit beklee die nietige mens met n soort almag. Daarom is dit geen wonder nie dat selfs die grootste intersessor en voorbeeld verplig was om te erken: Ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie. Hy was egter gou om by te voeg: Die Gees self pleit vir ons... volgens die Wil van God, vir die gelowiges. (Rom.8:26-28) Ons Here het ons nie in twyfel gelaat oor die belangrikheid van gebed in die uitdra van die Evangelie nie. Hy het die verspreiding van God se Goeie Nuus duidelik in gebed geanker met Sy onvergeetlike woorde: Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan Wie die Oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir Sy Oes. (Mat.9:37-18) Paulus en Barnabas het op die 1ste sendingreis vertrek vanuit gebed en vas. (Hand.13:2-4) Van toe af tot nou het sendingwerk nog altyd vordering gemaak wanneer mense op hul knieë was. Daar waar gebed louwarm en afgewater was, het sendingwerk gekwyn en was dit vrugteloos. Is dit nie eienaardig nie dat ten spyte van ons oortuiging van die voorreg en noodsaaklikheid van gebed, ons maar altyd sukkel met n onderliggende weerstand in ons eie lewe teen gebed? Ons vind nie natuurlikerwys uit onsself vreugde daarin om tot God te nader nie. Ons bely met ons mond hoe waardevol en kragtig gebed is, en tog versuim ons so dikwels om te bid. As ek gaan bid, het n toegewyde Christen erken, vind ek my hart is so traag om in God se Teenwoordigheid te kom, en as ek by Hom is, is my hart so traag om by Hom te bly. Dit is hier waar selfdissipline inkom. Iemand het lank gelede gesê: As jy die minste lus is om te bid, moenie toegee aan jou gevoel nie. Maar streef daarna om te probeer bid al dink jy jy kan nie bid nie. In hierdie aspek van ons lewe kan ons regtig gebruik maak van die Heilige Gees se beloofde Bystand in ons swakheid. (Rom.8:26-27) Voorbidding sal tyd neem, maar kan ure regtig meer strategies aangewend word as dit? Dit wil voorkom asof tyd n faktor is waaraan daar wêreldwyd n kroniese tekort is. Tekort aan tyd is n baie holruggeryde verskoning vir plig wat versuim word. En tog, eienaardig genoeg, selfs al is ons hoe besig, vind ons altyd tyd vir die dringende dinge wat ons graag wil afhandel. In werklikheid lê die probleem dus nie by die tydfaktor nie, maar in die area van wil en begeerte. Elkeen het al die tyd wat beskikbaar is, en ons kies elkeen ons eie prioriteite. Ons plaas outomaties dit wat ons as die belangrikste beskou, 1ste in ons lewe. As ons gebedslewe verarm is, is dit omdat ons dit as minder belangrik beskou, nie as fundamenteel die belangrikste nie. Vir ons Here was gebed nie n onwillige huiwerige bysaak of aanhangsel nie, maar n basiese noodsaaklikheid. Die tyd wat ons in gebed spandeer sal afhang van hoe ons ons prioriteite indeel. As ons Christus se Siening van die onontbeerlikheid van gebed deel, sal ons op 1 of ander manier tyd maak daarvoor. (geneem uit: Effective Prayer deur J. Oswald Sanders) As jy die uitnemende Krag van gebed wil hê, moet jy in n liefdevolle, lewende, bestendige, doelgerigte praktiese en blywende eenheidsband met die Here Jesus Christus bly (Charles Spurgeon)

100dae Dissipelskap Hierdie jaar sal die vierde jaar wees waarin ons besig is met die 100dae Dissipelskap. Ons hoop om dit vanjaar op `n heel ander vlak te doen (soos die kinders sê: ons gaan groot! ). Die naweek van 10-11 Februarie begin ons 100dae Dissipelskap. Die naweek word `n afskop seminaar aangebied. Dr Frederick Marais het ingestem om hierdie geleentheid vir ons te kom lei. Dit word in die kerksaal aangebied. Die plan is om Vrydag van 18:00-21:00 besig te wees, en om Saterdag vanaf 9:00-17:00 besig te wees. Dit is juis so beplan dat dit maklik is vir meer mense om dit te kan bywoon. Gedurende die 100dae dissipelskap word die deelnemers in kleingroepe van 3-5 persone ingedeel. Die dissipelgroepe bemoedig mekaar en hou mekaar verantwoordelik om elkeen se self uitgesoekte geloofdissiplines getrou te beoefen. Ons plan is om die dissipelgroepe gedurende die naweek van 10-11 Februarie saam te stel; om deelnemers te help om die geloofsdissiplines wat elkeen gedurende die 100dae gaan beoefen te identifiseer; en om meer inligting oor die verskillende geloofsdissiplines te gee. Die koste aan die afskop seminaar is R120-00 per persoon. Dit sluit materiaal, etes en tee en koffie in. U kan by die kerkkantoor inskryf. Hoe begin ons die jaar? Wat sal ons saamneem na die Here? "Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God." Miga 6:8

Jeug JEUGBYBELSKOOL Kontak vir ds Stefaans Burden by 0825649478 indien jy betrokke wil raak kleuterkerk As jy wil bedtrokke raak by die Kleuterkerk, kontak vir Danita Griessel by 082 711 4189 Vroeëkind Ontwikkeling Verskeie bewaarskole is begin en aan die gang. Indien jy ou legkaarte, boekies, inkleurkryte of ou speelgoed het wat jou kinders nie meer gebruik nie, bring dit asb kerkkantoor toe. Ons versprei dit tussen die verskillende bewaarskole. Belydenisklaskamp 21-23 Januarie 2017 Ds Hans kamp bogenoemde datum met die belydenisklas by Wortelgat. Hy benodig hulp met die volgende - vervoer of borg van brandstof/vrugte/beskuit/koekies. Koste is R400-00 per leerder. Indien jy n kind wil borg, of behulpsaam kan wees met een van bogenoemde, kontak asb vir ds Hans of die kerkkantoor.

TEN LAASTE Uit die Pen van... Marinda Engelbrecht Grensverskuiwer vir 2017 2017 lê soos 'n leë palet voor ons. Ons moet kwaste optel en die prentjie skilder. Gaan ons die prentjie net bietjie aanpas of gaan ons baldadig die verfkwaste optel en spatsels helder kleure gebruik? Gaan jy vanjaar grense verskuif en uit jou gemaksone kom? Om grense te verskuif moet jy weet waar jou grense lê: jy moet weet wie jy is, waarvoor jy staan en waarin jy glo. Grensverskuiwers het die vermetelheid om anders te dink. Doen elke dag iets wat jou net so 'n klein bietjie bang maak daag jouself uit; maak die onmoontlike moontlik! Skuif grense oor jou selfbeeld: "So lank jy nie swaarder as jou yskas weeg nie, is jy orraait." God het jou geskape en jy is mooi nes jy is. Skuif grense oor jou gesindheid: Mense met n positiewe gesindheid kan 'n oplossing raaksien. As ons grense verskuif, kan ons ons volle potensiaal bereik. Het jy al jou potensiaal bereik? God sê immers dat jy goed genoeg is om jou potensiaal te bereik. Michelangelo het gesê: "In elke blok graniet is 'n pragtige beeld." Verskuif jou grense in 2017 en ontdek daardie beeld. Die sprankelende teater-mens en regisseur, Marinda Engelbrecht, het geen bekendstelling onder Kokkedoor-kykers nodig nie. Sy is 'n grensverskuiwer in eie reg, bekend as kosmaker (met 'n eie blog) en stel haarself as "vrou, ma, ouma en vriendin" voor! Dankie vir jou bydrae, Marinda. ***