e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

Teken in op e-hervormer

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Jesaja sien die Toekoms

Empathy Ouerhandleiding

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

Petrus en die Krag van Gebed

Teken in op e-hervormer

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die Anglo-Boereoorlog *

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Die Kerk Kry Moeilikheid

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

God se Woord. God se Wil

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Profetiese woord vir 2017 en verder

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

REDAKSIONEEL ALGEMENE SINODENUUS NUUS UIT DIE SINODE

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2016 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

e-hervormer VOORBLAD Trou is nie perdekoop nie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

VOORBLAD. bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Seisoen van die Gees

e Hervormer Voorblad Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Daar is konflik in die gemeente

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Die plek van jou tent

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 23 Junie 2011 Jaargang 4 Uitgawe 20 VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag Voorblad van Christus my beskutting kan wees... want as ek swak is, is ek Beroepe en standplase sterk. (2 Korintiërs 12: 9, 10) Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad Die kerk hoor dikwels die beskuldiging dat dit net gegroei het danksy n alliansie met imperialisme. Dis n halwe waarheid met die bedoeling om die kerk te diskrediteer. Dit verswyg doelbewus die feit dat die Christelike kerk gedurende die eerste 300 jaar wonderbaarlik gegroei het terwyl Christene vervolg, gemartel en vermoor is en hul eiendom gekonfi skeer is. Dit verswyg die rol van die kerk in die aftakeling van slawerny, en kerke se opposisie teen sosiale onreg in die voormalige kolonies van Europese moondhede, in Nazi-Duitsland, in Suid-Afrika, en op talle ander plekke in die wêreld. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Net so word die kerk ook verwyt dat dit die hele samelewing gekolonialiseer het, en beheer oor elke faset van die lewe van alle mense oorgeneem het oor wie verkies of aangestel mag word, met wie n mens mag trou of nie, oor wat mense mag eet, aantrek, op n Sondag of op n ander dag mag doen. Dis weer eens n halwe waarheid wat verswyg dat die kerk deur die eeue deel was van samelewingsordes waarin gemeenskappe aan sleutelpersone en verskillende sentrale instellings groot mag gedelegeer het, ook oor sake wat vandag vir ons private aangeleenthede is. Maar vandag staan dit in óns wêreld soos n paal bo water: Niemand word gedwing om enigiets te doen nie. Kinders word of bly nie lidmate van die kerk omdat hul ouers so sê nie. Mense sluit nie by die kerk aan omdat dit die regte ding is om te doen nie. En die breë gemeenskap gaan nie na die pype van die kerk dans nie. As dit dus soms vir gelowiges voel of die kerk haar bevoorregte posisie in die wêreld verloor het, is dit nie iets om oor bekommerd te wees nie. Trouens, dis iets om oor dankbaar te wees, want nou kan niemand die kerk meer van magsmisbruik beskuldig nie. En die kerk groei nie deur mag uit te oefen nie, maar juis deur in swakheid van God se genade te getuig. Paulus se woorde in 2 Korintiërs 12: 9-10 is ook op die kerk van toepassing: Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. Gelowiges voel dikwels swak en onkundig wanneer hul geloof uitgedaag word. Maar ons hoef nie volmaakte antwoorde te gee nie. Ons moet net begin om in ons eie leefwêreld en in ons eie woorde vir die mense wat ons pad kruis, te sê hoe ons die werking van God se Gees in ons lewens ervaar. Nie kerklike vergaderings en kommissies en rade nie, maar ek en jy. Hoekom glo ek? Hoekom hou ek vas aan die Bybel? Hoekom hou ek vas aan die gemeenskap van die gelowiges oor die eeue heen (by wyse van die belydenisse) en oor die wêreld heen (onder andere in ekumeniese liggame)? Ek glo omdat ek ervaar dat God nie net in my eie klein, onbenullige private lewetjie nie, maar ook in die groot gebeure van die geskiedenis nooit die werk van sy hande laat vaar nie. En daarom gee geloof in Jesus Christus my hoop: God kan altyd weer skep, wonders doen, mense verander, die Skakels onmoontlike laat gebeur. Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za Dr Wouter van Wyk e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep ontvang Prop Pieter Bester na Glencoe (deeltyds) Prop Pieter Bester Prof Ben Engelbrecht Ds Koos Snyman PREDIKANTE EN GEMEENTES Prof Ben Engelbrecht is kort voor middernag op Dinsdag 21 Junie oorlede. Hy het deur die dag tydens n besoek van dr Christo Pretorius inmekaargesak en is later in die hospitaal opgeneem. Prof Ben was 87 jaar oud. Die teraardebestelling vind op Maandag 27 Junie om 09:30 plaas in die Pretoria-Oos-begraafplaas, vir die familie en naaste vriende. Die dankdiens is daarna om 11:00 vanuit Gemeente Wonderboom. Ons innige meegevoel gaan aan mev Rina Engelbrecht en die res van die familie. Ons het pas verneem dat ds JC (Hannes) Kruger en ds BJ (Ben) van Staden albei op 22 Junie oorlede is. Albei was emerituspredikante. Meer inligting sal later beskikbaar wees. Emerituspredikant ds Koos Snyman het Sondagnag 19 Junie n ligte beroerte gehad. Dit gaan nou beter, en hy word steeds versorg in die Palms Renaissance Versorgingsoord in Silverton. Sy kinders staan hom baie goed by en die predikante in die omgewing besoek hom gereeld. Voorbidding word vir ds Snyman en sy kinders gevra. n Melanoom is ontdek by mev Hanlie Fourie, vrou van ds Etienne Fourie van Gemeente Kempten. Die uitsaaiings is gevorderd en die prognose is nie goed nie. Ons bid Hanlie en haar gesin baie sterkte en die Heer se bystand toe. Die volgende predikante verjaar tot 1 Julie, en word hartlik geluk gewens. Donderdag 23 Junie: Ds Piet van Wyk (emeritus) Vrydag 24 Junie: Di Piet Botha (emeritus) en Niklaas Janse van Rensburg (emeritus) Sondag 26 Junie: Ds Leslie Kern (Kuruman-kombinasie) Dinsdag 28 Junie: Di Coen de Lange (emeritus) en Elsie Pretorius (Weltevreden) Donderdag 30 Junie: Ds Koos Jansen van Rensburg (emeritus) Vrydag 1 Julie: Di Willie Botha (Lydenburg), Marlize Gasson (Benoryn) en Maryka Potgieter (buiteland) Op Sondag 12 Junie het Gemeente Durban-Suid saam met prof Bieks Beukes en sy vrou Monica sy 70ste verjaardag gevier. Prof Bieks het op Maandag 13 Junie verjaar. Terselfdertyd het die egpaar gestraal oor die geboorte van klein Moïna, hul eerste kleindogter, op 11 Junie. Sy is die dogter van ds Marna en Jannie van der Westhuizen. Baie geluk aan dié familie. Prof Bieks en mev Monica Beukes 2

Ds Piet Botha Ds Werner Olivier Gemeente Klerksdorp vier op Sondag 26 Junie om 11:15 die 25-jaar-ampsjubileum en verjaardag van ds Piet Botha. Dr Daan van Wyk (jr), voorsitter van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV), sal groete en gelukwense oordra. Ds Werner Olivier en sy gesin word die naweek deur Gemeente Eendracht ontvang. Ds Olivier word in sy amp bevestig deur dr Fanie Pretorius, en hy lewer daarna sy intreepreek. Dr Pretorius sal ook namens die Kommissie van die AKV groete en gelukwense oordra. Hiermee kom ds Olivier se werk in Zimbabwe tot n einde. Hy sal wel weer die lidmate besoek om te gaan groet. Ds Thomas Dreyer Ds Anet Dreyer-Krüger Ds Thomas Dreyer van Gemeente Wapadrant en ongeveer 17 lidmate van sy gemeente besoek hierdie naweek die lidmate in Zimbabwe in die Harareen Laeveld-omgewing. Ds Anet Dreyer-Krüger en haar man en lidmate van Rustenburg-Suid maak die besoek mee. Tussen die twee gemeentes is n groot bedrag geld ingesamel, en hulle neem ook klerasie en ander benodigdhede saam. n Vol program is beplan vir die naweek se bediening. Ds Thomas sal Sondag die erediens in Harare lei, en ds Anet Sondagaand die erediens in die Laeveld. In albei gevalle sal Nagmaal bedien word. Die Aksiegroep vir Bejaardes (AGB) dra graag hul dank oor aan die lidmate van die Kerk wat positief op hul versoek gereageer het om vrae en inligting aan die Aksiegroep deur te stuur. Dit is n staande uitnodiging en hulle sal nog lidmate se bydraes verwelkom. Die inligting stel die AGB in staat om aan die alledaagse nood en behoeftes van bejaardes wat maklik oor die hoof gesien kan word, aandag te gee en om gemeentes aan te moedig om die nodige bystand te verleen. Skakel met die voorsitter, dr Hennie van Deventer, by htvd@worldonline.co.za of 082 786 8448. Alle inligting word vertroulik behandel. Dr Wouter van Wyk Dr Wouter van Wyk, sekretaris van SENTIK en Kommunikasiebestuurder van die Kerk, het tydens die sitting van die Kommissie van die AKV op 10 Junie n uitvoerige verslag aan die Kommissie voorgehou oor die tydskrifte van die Kerk. Die Kommissie het met waardering kennis geneem van die werksaamhede van die tydskrifredaksies, en is bekommerd omdat talle gemeentes se inskrywingsgetalle nog nie op peil is nie. Aangesien die tydskrifte n belangrike rol speel in die kommunikasie met die Kerk, sal ernstige pogings deur gemeentes geloods moet word om die verspreiding van die tydskrifte te verbeter. Dr Van Wyk se voorlegging oor die kommunikasiepraktyk van die Kerk is deur die Kommissie goedgekeur. Hierdie kommunikasiepraktyk stel die Moderamen en die Sekretarisse van die Kommissie en van SENTIK in staat om vinniger te reageer op aktuele sake en mediaberigte. Die Kommissie het ook gesprek gevoer en besluite geneem oor die gebruik van ander hedendaagse kommunikasiemedia. Meer inligting daaroor sal mettertyd in die Kerk bekend gestel word. Die Kommissie van die AKV het op Maandag 20 Junie gesprek gevoer met die komitee wat die beswaardes oor die aanvaarding van Beskrywingspunt 54 by die 69ste AKV verteenwoordig. Dit was n informele gesprek sonder benadeling van regte. Na die oordeel van die Kommissie was dit n positiewe en sinvolle gesprek wat in n goeie gees plaasgevind het. Die Kommissie het na afl oop van die gesprek soos volg besluit: Die besluit en reëlings oor die buitengewone sitting van die AKV gaan voort op die datum soos reeds deur die Kommissie bepaal. Daar is duidelik verskil in uitgangspunte tussen die komitee en die Kommissie van die AKV en dit is nodig dat n AKV daaroor uitsluitsel moet gee. 3

Die Kommissie oordeel dat daar genoeg tyd is vir voorbereiding vir die vergadering en daarom word die datum van 4 en 5 Oktober 2011 gehandhaaf. Die Kommissie is nie by magte om n moratorium te plaas op die besluit van die 69ste AKV oor Beskrywingspunt 54 of dit ter syde te stel nie. Daar is groot dankbaarheid dat die komitee namens al die beswaarde lidmate aan die Kommissie die versekering gegee het dat hulle die AKV positief tegemoet gaan en positief daaraan sal deelneem. Die volledige agenda vir die buitengewone sitting van die AKV sal teen die einde van Augustus gereed wees. Dr Rudy Denton Ds Johan Koekemoer Die Kommissie van die AKV het by sy vergadering op 9 en 10 Junie die verslag oor die herstrukturering van die apostolaatswerk in die Kerk behandel. Dit volg na die betrokkenheid van dr Wim Dreyer as deeltydse dosent in Kerkgeskiedenis by die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria. Dr Dreyer sal benewens dié taak ook nog bepaalde verantwoordelikhede by die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) se Sentrum vir Missionale Bediening behartig. Baie van die verantwoordelikhede van dr Dreyer as Sekretaris van Apostolaat word nou deur prof Natie van Wyk, direkteur van die Afrika Instituut vir Missiologie (AIM), behartig. Die Kommissie het besluit om die pos van Sekretaris vir Apostolaat op te hef en dr Dreyer is losgemaak van die pos. Die Raad vir Apostolaat het sy eie sekretaris verkies, naamlik dr Rudy Denton, predikant van die studentegemeente Potchefstroom. Die Kommissie van die AKV het ds Johan Koekemoer van Gemeente Marble Hall benoem as primarius- geordende lid van die Mpumalanga-streekkomitee van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Ds Cobus Manders van Gemeente Suidoos-Witbank is benoem as die sekunduslid. Oudl Paul Vorster, sekundusouderling van die Kommissie van die AKV en ouderling by Krugersdorp-Oos, is as sekundus nie-geordende lid van die Gauteng-streekkomitee van die Bybelgenootskap benoem. Op grond daarvan word hy nou ook lid van die Kerk se Komitee vir Bybelverspreiding. Die broers word gelukgewens met hul benoemings en sterkte toegebid met die werk. Die volgende advertensie vervang die advertensie wat in verlede week se e-hervormer op bladsy 5 (volledige weergawe) verskyn het. Aansoeke word ingewag vir die pos van Organiserende Sekretaris by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die Bybelgenootskap wil graag in oorleg met die Kommissie van die AKV n opvolger vir ds Jan de Wet aanwys, wat op 1 Desember 2011 of so gou moontlik daarna moet diens aanvaar. Kwalifikasies en ervaring: Die aansoeker moet n geordende leraar van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika wees, met ongeveer 10 tot 15 jaar ervaring in gemeentelike bediening; moet oor n diepgaande kennis beskik van die teologiese denke van die NHKA en ander kerke waar van toepassing; moet die strukture van die Kerk goed ken en in voeling wees en bly met die kerk in die wydste sin van die woord; moet oor kennis van en n positiewe gesindheid teenoor die Bybelgenootskap beskik; en moet ondervinding hê van ekumeniese skakeling met ander kerke en/of teoloë en met gemak ekumenies kan kommunikeer en beweeg. Vaardighede: Die aansoeker moet oor uitstekende taal- en kommunikasievaardigheid beskik, deeglik onderlê wees in die skryf van artikels, briewe en verslae waardeur die beeld van die Bybelgenootskap uitgedra word, uit die aard van die pos ten volle tweetalig wees, ten volle rekenaarvaardig wees vir ten minste 4

MS Offi ce, oor administratiewe vaardigheid beskik en in spanverband kan werk, moet mense kan motiveer en inspireer, en oor goeie organisasievermoë beskik. Persoonlikheidseienskappe: Die aansoeker moet n entoesiastiese persoon wees, goeie menseverhoudinge kan handhaaf en diplomaties kan kommunikeer, koersvas maar aanpasbaar in veranderde omstandighede wees, beginselvas wees en hoë etiese standaarde handhaaf, oor selfdissipline, geduld en deursettingsvermoë beskik, en gesag met grasie en empatie kan handhaaf. Pligte en verantwoordelikhede: Die aansoeker moet die promosie en bekendstelling van die Bybelgenootskap en Bybelwerk aan kerke, organisasies en individue op n beplande wyse en soos ooreengekom hanteer. Dit behels onder meer besoeke aan gemeentes, ringe, ander kerkvergaderings, sinodes (volgens die struktuur van die verskillende kerke wat die persoon se verantwoordelikheid is) en ander instansies soos besighede, organisasies, skole, ensovoorts, asook persoonlike kontak en skakeling met individue. Bekendstellingsplanne en n bemarkingstrategie moet aan die hand van bestaande aksieplanne opgestel word. Spesiale projekte vir fondsinsameling word gedoen in streekverband, tussen streke van die Bybelgenootskap, en word ook van tyd tot tyd op nasionale vlak aangepak. Daar word van die Sekretaris verwag om daarby betrokke te wees. Interne vergaderings, streekkomiteevergaderings en nasionale vergaderings moet bygewoon word. Die aansoeker moet bereid wees om soms uitstedig te wees. Vergoedingspakket: Onderhandelbaar met die traktementskale van die NHKA as riglyn. Diensaanvaarding: 1 Desember 2011 of so gou moontlik daarna. Die suksesvolle kandidaat sal by Bybelhuis in Kempton Park werksaam wees. Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Julie 2011. Navrae en aansoeke: Kontak die Administrateur, mnr Kobus Viljoen, by 012 322 8885. Meer inligting oor die profi el kan ook van die Administrateur aangevra word. Stuur aansoeke met CV aan die Mannekragbestuurder (mnr Piet Beukes), Posbus 2368, Pretoria 0001; e-pos piet@nhk.co.za; faks 086 630 5150. Net n klein gedeelte van n gemeente se administratiewe werksaamhede kom in aanmerking vir permanente bewaring in die Kerkargief. Gemeentes kan die riglyne op die Kerk se amptelike webblad vind by http://www.nhk.co.za. Gaan na Nuus en gebeure/kortnuus. Die skakel is onderaan die betrokke bladsy en is getitel Riglyne vir die bewaring van gemeente-argiewe. Indien u enige navrae het, kontak die argivaris, Nándor Sarkady, by argief@nhk.co.za of 012 322 8885 x204. ORREL TE KOOP. Gemeente Laer Suidkus beskik oor n klein een-manuaal pyporrel wat hulle van die hand wil sit. Die orrel is in n perfek werkende toestand, en word jaarliks versien en gestem. Dit beskik oor 9 registers, en is geskik vir begeleiding in kleiner gemeentes. Die orrel het te klein geraak vir die behoeftes van Laer Suidkus, maar hulle wil graag sien dat die orrel in een van ons gemeentes gebruik word. Belangstellendes kan ds Jacques Pieterse kontak by jacquesjean@vodamail.co.za, of by 082 458 4482 of 039 682 1059. Preekbeurte in Dullstroom. Predikante kan by Gemeente Dullstroom preek en gratis verblyf vir die naweek kry. Die verblyf is vir die predikant en sy/haar gade en n voorskoolse kind. Vir ander kinders moet self betaal word. Kontak Johanna by nhkdullstroom@yahoo.com of 072 116 3353. 5

Gemeente Wonderboompoort beskik oor blyplek in Eloffsdal, Pretoria: Huis Eloff (alle ouderdomme). Ruim nuut uitgeverfde kamers met gesamentlike badkamer in gang teen R1 500 per maand vir enkeling. Ingesluit: water en ligte, parkering, gesamentlike kombuis. Naby Mayville Mall en Eugene Marais-hospitaal. Kontak Johan Erickson (jr) by 082 212 2137. Toere 26 tot 30 September: 2011 Konteks-toer na Laeveld Onder leiding van dr Hennie van Deventer Skakel dr Van Deventer (toerleier) by 082 786 8448 of Marius Wiese (toergids) by 082 374 2995 Sportbyeenkomste tot einde Junie 2011 Saterdag 25 Junie: Gemeente Naboomspruit: Gholfdag Naboomspruit-gholfklub Borgskap vir bowwe R1 000 Borge vir pryse en verversings welkom Inskrywings per speler R150 Aandetes vir spelers en hul gades Kontak gemeentelike kerkkantoor by 014 743 1325 of Karin Prinsloo by 082 486 8219 Ander kompetisies tot einde Julie 2011 Gemeente Laeveld: Jagkompetisie 1ste prys: buffelkoei (volbordpakket alle kos en drank, voertuie, akkommodasie vir 5 nagte, afslag ingesluit) 2de prys: leeuwyfi e (volbordpakket soos hierbo) 3de prys: elandkoei (akkommodasie vir 6 persone vir 2 nagte) R50 per kaartjie (koop 10 en kry 1 kaartjie gratis) Sluitingsdatum 26 Junie Kontak ds Gerhard Viviers by 073 900 9190 of 015 309 9580 Gemeente Roedtan: Roedtan Buffeljagkompetisie 1ste prys: 4 dae jag op luukse jagplaas vir 10 persone 1 buffelkoei, 1 blouwildebees, 1 koedoe, 1 blesbok, 2 rooibokramme, 1 rooibokooi (boogjagters welkom) 2de prys: Voëljag met akkommodasie vir 10 persone op luukse jagplaas vir n naweek Kaartjie R60, trekking 31 Julie Kontak ds Thys Redlinghuys, 082 416 7724, faks 086 518 9 110, of jagkompetisie@gmail.com Bankbesonderhede: Absa Spaar Takkode 632005, rekening nommer 924 227 4630 Basaars en markte tot einde Augustus 2011 Vrydag 29 en Saterdag 30 Julie: Gemeente Coligny: Wielefees Hoërskool Coligny se sportgronde met uitstallings en baie eetgoed Vrydagaand dans in die skoolsaal R50 per persoon, braaivleisete ingesluit Saterdag heelwat aksie met stalletjies, skyfskiet, minikrieket, ens Wiele uitstalling van veteraanmotors, 4x4-baan, vierwielmotorfi etsbaan Wen n geslypte diamant of troospryse van kontant teen R40 per kaartjie Skakel Kobie by 083 651 2014 of Oelof by 084 206 9523 6

Saterdag 27 Augustus: Gemeente Bronkhorstspruit: Geskenkemark Bespreek nou reeds stalletjie vir die dag Koste per stalletjie R150 (R180 indien n kragpunt benodig word) Kontak Alta Bester by 082 936 5289 ANDER NUUS Die Administrateur, mnr Kobus Viljoen, sal vanaf Maandag 27 Junie vir twee weke met verlof wees. Aangesien mnre Piet Beukes en Elmar Struwig ook met verlof sal wees, kan met dr Fanie Pretorius geskakel word, by 012 322 8885 x256. Behuising vir bejaardes: Daar is tans n eenslaapkamerwoonstel beskikbaar te Annie Schilz, Parkerstraat, Riviera, teen R180 500. Die woonstelle is naby n winkelsentrum, veilige parkering en busroetes. Etes word nie ingesluit nie, maar kan voorsien word teen n minimale fooi. Die Seniorstuis Dienssentrum is op die perseel en lewer weekliks sosiale programme asook kliniekdienste, vervoer, ensovoorts. Hierdie woonstel is vir n selfversorgende bejaarde wat nog baie energie het om betrokke te raak by al die aktiwiteite. 24-uur-versorgingsdienste word deur Ons Tuis verskaf op dieselfde perseel. Vir meer inligting, kontak mev Dalene Hornsveld by 012 329 3707. Die Ondersteuningsraad het die afgelope jaar vier motors weens diefstal verloor. Daar word tans dringend gesoek na goedversorgde tweedehandse voertuie in die prysklas van ongeveer R50 000. Die kilometerlesing moet verkieslik nie 100 000 oorskry nie. Lidmate wat bewus is van beskikbare voertuie kan Mariaan Steenkamp skakel by 012 322 8885. Weens logistieke redes sal slegs voertuie in die omgewing van Pretoria oorweeg kan word. Die Ondersteuningsraad beskik vanaf 1 Julie 2011 oor die volgende vakatures: Programbestuurder; mimimum 6 jaar statutêre ervaring in maatskaplike werk; vorige bestuurservaring sal n aanwins wees; area Vanderbijlpark/ Heidelberg/Krugersdorp Maatskaplike Werker; area Tarlton/Krugersdorp Maatskaplike Werker; area Vanderbijlpark Maatskaplike Hulpwerker; area Krugersdorp (onmiddellik beskikbaar) Vereistes: Registrasie by Raad vir Maatskaplike Diensberoepe; Kode 8-bestuurslisensie. Kontak Mariaan Steenkamp by mariaans@nhk.co.za of Charmaine Fourie by oraadpb@nhk.co.za, 012 322 8885 x313 of 071 684 7796. Die To Care Foundation is genader deur n instansie wat gestremde mense oplei en in die werkplek plaas. Lidmate met enige fi siese gestremdheid, insluitende blindes en swaksiendes, en wat opleiding wil ontvang om by bestaande maatskappye te kan werk, kan dr Wouter van Wyk kontak by 012 322 2081 of info@tocare.co.za. Dit sal n bonus wees as hulle graad 12 geslaag het of enige ander sertifi kaat het. Sommige sal permanent aangestel word en die ander sal die geleentheid kry om n leerlingskap te deurloop. 7

Die Sentrum vir Kontekstuele Bediening van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, in samewerking met die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling Excelsus, bied gedurende Julie die volgende kursusse in Pretoria aan: 18-21 Julie Kuns van gemeentelike leierskap Module 3A (1ste keer) Kursusleier Stephan Joubert 26-28 Julie Rentmeesterskap en finansiële bestuur Tweetalige aanbieding Kursusleier Doris Viljoen 26-28 Julie Opleiding van mentors Kursusleier Johan van den Heever Vir meer besonderhede, gaan na www.ccm.up.ac.za of stuur n e-pos na suki.vanjaarsveld@up.ac.za Kersfees in Julie. Die Barnyard-teater in Menlyn bied op Woensdag 6 Julie n spesiale liefdadigheidskonsert vir pensioenarisse aan. Daar sal kos bedien en (Kers)geskenke uitgedeel word. Alle pensioenarisse, kom geniet SUPER TROUPERS teen net R60 (in plaas van die normale R125) per kaartjie. Die deure open om 10:30 en die verrigtinge begin om 12:00. Vakature: Leraar-egpaar: Lewende Gemeente Maputo Hierdie is n interkerklike gemeente onder toesig van die Igreja Reformadaem Moçambique (NG Kerk in Mosambiek). Hulle bedien hoofsaaklik Afrikaanssprekendes wat in die Maputo- en Matola-omgewing woon, en maak ruimte vir gelowiges vanuit alle kerklike tradisies; dit sluit ook soms bediening in Engels in. Hoewel die IRM vryheid gee vir n andersoortige bediening, is goeie verhoudinge en samewerking met die plaaslike kerk noodsaaklik. Die egpaar moet van n uitdaging hou, bereid wees om opofferings te maak, gemaklik wees om gelowiges met uiteenlopende kerklike agtergronde te bedien, en moet ruimte maak vir die verskeidenheid. Die aansoekers hoef nie noodwendig verbind te wees tot n kerk met n gereformeerde agtergrond nie, maar moet gemaklik onder toesig van die IRM kan funksioneer. Salaris en verblyf sal met nuwe leraarspaar uitgeklaar word die omstandighede is uniek! Aansoeke sluit op 15 Augustus 2011 en kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude in September of Oktober 2011. Die aanstellingsdatum is 1 Januarie 2012. Stuur asseblief n volledige CV na vida@tvcabo.co.mz (verkieslik) of pos dit na Posbus 1046, Komatipoort 1340. Navrae aan Gerrie Holtzhausen (00258) 823 828 339 of Horacio da Silva (00258) 844 054 250. 8

ADVERTENSIES Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente uitgebreide inligting oor n projek wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059 of 012 322 7906. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies; ABSA; tjekrekening nommer 020 000 287; takkode 632 005; verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Kontak mev Oppermann vir meer inligting. AGTERBLAD SENTIK-boekwinkel Die volgende boeke kan van die SENTIK-boekwinkel bestel word. Neem, lees! (Dirkie Smit) R110 Hebreërs vir vandag (Andrie du Toit) R120 Wie sê julle is Ek? (Jan van der Watt) R90 Nuwe drome vir nuwe werklikhede (Nelus Niemandt) R110 Wat kan ek glo? (Adrio König) R100 Prediker. n Studie in wysheid (Marius Nel) R70 In al die gevalle is posgeld uitgesluit. Kontak mev Susann van Zyl by 012 322 8885 x291, faks 086 633 4054, of per e-pos by sentik@nhk.co.za. Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Dr André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mev Francis Nel 9