Ontluik om groot te word

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Petrus en die Krag van Gebed

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dawid die Skaapwagter

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Josua - van jongs af n leier

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Profetiese woord vir 2017 en verder

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

God se Woord. God se Wil

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

GEBED VIR KERKLEIERS

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Seisoen van die Gees

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

KRAG VAN TRANSFORMASIE

DIE AA NDBOODSKA PPER

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Besprekingsvrae vir selgroepe

BYBELS-GESONDE GESINNE

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

LoveGodGreatly.com 1

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Die krag van. n vrou wat bid

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

My liewe broers en susters, ek

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Paulus se Verbasende Reise

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Transcription:

FEB 2013 Ontluik om groot te word VAN VLEGSELDRAER TOT VROU Kan nie is dood TE GROOT VIR JOU SKOENE www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm

FEB 2013 Maart Ontluik om groot te word VAN VLEGSELDRAER TOT VROU TE GROOT VIR JOU SKOENE www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm Kan nie is dood GEREELD 3 Redakteursbrief 4 Briewe 5 Ds. Sê my IN-DIEPTE 6 Sterk palmbome 8 Soos n mosterdsaad 10 Groei na Christus toe LEEFDINGE 12 Van vlegseldraer tot vrou 14 Kan nie is dood 16 Teks & Vers: Te groot vir jou skoene 17 Teks & Vers: Dagboek 18 Net maar nʼn bevoorregte dogtertjie 19 Boekeblad 20 Gemeente- Mosaïek: Gaan dan na al die nasies toe 22 Hartskatte 23 Lees in April 2013 24 Kaleidoskoop 8 Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistent-redaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Prof. Jacques van der Elst Ds. Nico Botha Annatjie du Plessis Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: http://www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Advertensies: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987 Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld: Self afhaal by Administratiewe Buro: R104.00 per jaar Elektroniese intekening: R104.00 per jaar Groepintekeninge: R163.00 per jaar Individuele intekeninge: R178.00 per jaar (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor. JAARGANG 67 NOMMER 9 2

Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ʼn veilige vesting is; so iemand is soos ʼn boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie (Jer. 17: 7-8). (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.) REDAKTEURSBRIEF ONTLUIK OM GROOT TE WORD Liewe Susters in die Here, Hoe wonderlik is dit nie om n saadjie wat in die grond geplant is, te sien ontkiem nie? n Klein plantjie steek dan later kop uit, om oor jare n groot en geliefde koeltebome in jou tuin te word. Jy sien letterlik hoe daardie boom ontluik en groei! Op die geestelike vlak van die lewe is dit ook nie anders nie. Teen die tyd dat ek bely dat Jesus Christus my persoonlike Verlosser en Saligmaker is, het die Here reeds die geestelike ontluiking in my hart bewerk. Daardie voorbereidingswerk in jou hart kon jy nie self doen nie die Here deur sy Heilige Gees bewerk geloof in jou hart. Maar Jesus praat ook in die evangelies van die koninkryk van God wat ontluik: dit is soos n mosterdsaadjie wat eers baie klein begin en dan n groot boom word wat skuiling bied (Matt. 13: 31-32; Mark. 4: 31-32; Luk. 13: 18-19). En in Ef. 4: 15 verwys Paulus na die gemeente van moet groei na Christus toe. Ons kyk in diepte na hierdie ontluiking wat op verskillende vlakke plaasvind. Kom lag saam met Griet Swanepoel in Leefdinge oor haar revuegawes wat ontluik tydens ʼn revuekursus en filosofeer saam met Elize Breed oor die pad wat ʼn mens stap van dogtertjie tot ouma. Het jy iets in die Bybel raakgelees waaroor jy wonder en elke Sondag kom jy net nie tydens teedrink by die dominee uit om hom te vra nie? Of is daar n geestelike kwelvraag waarmee jy nou al lank rondloop? Ds. Nico Botha van Ds. sê my nooi julle uit om hierdie vrae aan hom te stuur. Hier by ons begin die indringervoëls, die Indiese Minahs, hulle sagte murmelgeluide maak (ʼn mooi geluid vir my, n irritasie vir my man want hulle verjaag die inheemse voëls!) en die gras groei stadiger en hoef nie kort-kort gesny te word nie. Dan weet ek: Ons staan op die drumpel van herfs ons moet solank droë kaggelhout bymekaar maak. Mag julle die Here se beskerming en seën ervaar en soos sterk palmbome wat in Hom gewortel is, ontluik, groei en vrugte dra. Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur ʼn SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan cobiesteyn@live.com of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in Aprilmaand se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 18 Maart 2013 bereik. Sms e: Ek ontvang die Vroueblad sedert die sewentiger jare! Ek is steeds opgewonde oor die inhoud, maar die bladuitleg met puik, kleurvolle en gepaste foto s, verdien werklik lof! LJ Tromp. (Baie dankie. Sal dit ook so oordra aan ons bladuitlegkunstenaar, Karien Brink. Ons dank die Here vir die mooi gawe wat Hy haar gegee het Red). KOMMENTAAR Facebook: Ons Facebook-vriendinne gesels oor die resensie van die boek God het my gekies deur Prof. Ben de Klerk (Die Gereformeerde Vroubelad Oktober 2012): Ek het begin met die boek, maar dis nie n leesboek nie, dis n lekker in diepte ondersoek oor wie en wat Christus se liggaam regtig is, binne in die gemeente en daarbuite. As jy dalk gewonder het of dit regtig nodig is om aan n gemeente te behoort: n besliste eye opener! Martie Barghiacci. Die buiteblad en titel inspireer my om die boek oop te maak en te begin lees Marietjie Bezuidenhout. 3

briewe Rommel & opgaargoed Saterdag het ek besluit die kas met die Tupperbakke, goedkoop bakke, en roomysbakke moet reggepak word. Ek is seker almal van ons het so n kas in ons kombuis. Ek probeer gereeld dié kas orden, maar dis eintlik verniet. Binne n paar dae is die kas weer n mengelmoes van bakkies van all shapes and sizes die vorige netjiese stapel weer lekker deurmekaar. Iemand wou weer die onderste bakkie hê en het die hoop inmekaar laat tuimel. En as jy skottelgoed was, druk jy weer die volgende leë margarienbakkies daarin... Ek vervies my vir die kas en gaan koop n nuwe stel plastiese bakke wat een kleur is en netjies inmekaar pas. Ek voel tevrede met die resultaat. Partykeer wanneer ek deur hierdie proses van opruim en weggooi gaan, dan dink ek by myself: Hoekom kan ek nie so maklik my kop en hart skoonmaak nie? Net al my hartkamers vernuwe met nuwe bloed en gevoelens nie? Ek wil al die rakke in my hart wat vol spinnerakke is, die teleurstellings en foute wat ek deur my lewe gemaak het, uitgooi en vervang met splinternuwe gedagtes: liefde, geloof, vergifnis. Die ou koeie lê nog maar dikwels en wag in die sloot net om weer opgegrawe te word. Hoekom weet ek nie. Dit is mos onherroeplik verby, maar soos die mens maar is, grawe ons die ou koeie maklik weer uit die sloot om daarmee te wroeg, iemand anders te verwyt. Wat is die lewe nou anders as die opgaar van oortollige goed in ons harte? Tog kan ons die kop en hart skoon maak, deur erns te maak met ons verhouding met die Here. In Jesus Christus is daar vergifnis vir al die verkeerde dinge in ons lewens waaraan ons dikwels onnodig swaar dra. In vertroue op Hom kan ons groei in geloof, liefde en hoop. Laat ons ons hart se kaste oopmaak, die opgaargoed in die Here opruim en weggooi. In die Here kan ons met n nuwe, skoon hart ons lewenspad loop, ons oog gevestig op Jesus Christus. Groete Marja HOE WONDERLIK HOE DIE HERE JOU PAADJIE LEI! Liewe Cobie, Vandag het ek ook iets op die hart wat ek graag met jou wil deel. Tien jaar gelede het my paadjie met die PUK (nou NWU) na twaalf wonderlike jare in die Departement Inwoning en Voedseldienste as Gastehuisbestuurder geëindig, en is my kragte weer op ander terreine aangewend. Dikwels het ek gewonder hoe sal my paadjie weer met die PUK (NWU) kruis? Na n vyftigjarige Hoërskoolreünie gedurende Maart verlede jaar in Nigel, het die idee by my opgekom om dié skool se geskiedenis bietjie na te vors. Groot was my teleurstelling toe ek verneem dat alle beskikbare argiefmateriaal deur waterskade in die stoorkamer vernietig is. Die besef dat die huidige personeel oor min inligting beskik oor die totstandkoming van die eerste Hoërskool in Nigel aan die begin van 1949, en die skeiding van die Afrikaanse en Engelse leerlinge in 1963 deurdat n nuwe Engelse Hoërskool in gebruik geneem is, het my laat besef dat ek deel was van die laaste matrieks in 1962 voordat die skole geskei het. So hierdie eerste 14 jaar nadat Nigel Hoërskool status verkry het, is verlore en nêrens opgeteken nie. Daar moes iets aan gedoen word. Die GROOT soektog het begin en inligting en foto s het hul weg na my gevind. Die eerste Jaarblad wat in 1946 verskyn het is opgespoor in George en die vreugdevure het begin hoog brand. So het ons daarin geslaag om die 7 Jaarblaaie wat in die jare tot en met 1958 verskyn het, in die hande te kry (foto aangeheg). Om soveel as moontlik agtergrond te verkry oor daardie jare se skoolaktiwiteite en onderwysers se betrokkenheid en veral met die saamstel van n Jaarblad, het ek begin om opsommings te maak oor die advertensies in die blaaie. Tot my grootste verbasing besef ek toe dat die PUK getrou in elke Jaarblad n advertensie geplaas het. Hoe warm het my hart gevoel om te weet rondom my hoërskooljare was die PUK al deel van my. Seënwense op jul wonderlike taak om die Vroueblad aan ons te besorg! Susan du Plessis Die wenboek, geborg deur Cum-boeke, is Luister... DIE LEEU BRUL! deur Johan Smit 4

lesers vra Ons roeping in die laaste dae MOET ONS DIE DALENDE LIDMAATGETALLE NIE EERDER GELATE AANVAAR NIE? Die vraag is: Is dit regtig nodig om so bekommerd te wees oor die dalende getalle van lidmate in ons kerke? Moet ons nie aanvaar dat presies gebeur wat daar in byvoorbeeld 1 Tim. 4:1 en 2 Tim. 3:1-5 oor afvalligheid in die eindtyd staan nie? Is kerke se pogings om weer groei in getalle te bewerk, nie dalk in stryd met duidelike uitsprake van die Skrif nie? DIE EINDTYD Die vraag help ons om weer daaraan te dink dat ons in die eindtyd leef, die tyd tussen Pinkster toe die Heilige Gees uitgestort is en die dag van Jesus se wederkoms. Na God se genadedaad om met sy Gees in sy kerk te kom woon, bly nog net een ander magtige heilsdaad oor, naamlik die voleinding met ons Koning se wederkoms. Daarom word die tyd waarin ons en alle Christene sedert Pinkster leef die laaste dae genoem. En dis nie maklike dae vir Christene nie. Ons leef in die tyd van Satan se verwoede aanvalle teen Christus en sy kerk wat beskryf word in gedeeltes soos Matt. 24, Kol. 2, 2 Tess. 2, 2 Petr. 1, die Judasbrief, Op. 12, en verder ook in ander gedeeltes soos dié waarna in die vraag verwys word. Ons kan as kerk van Christus daarom verwag dat ons nie hoog op mense se gewildheidslys sal wees nie. Die kerke sal selde applous en waardering vir ons dienswerk kry, maar gereeld venynige kritiek en beskuldigings. In ons tyd neem die aanvalle teen die kerk al hoe meer die vorm aan dat groot getalle lidmate nie eers die moeite doen om kritiek uit te spreek of te probeer regstel wat, volgens hulle, fout is in die kerk nie. Ontevrede lidmate en ontnugterdes en twyfelende gelowiges en mense wat seergekry het deur ander se optrede, bly meestal sommer net weg uit die eredienste, raak onbetrokke en verbreek hulle band met die kerk en soms ook met Christus sonder om n woord te sê. Die gemeente sê dikwels ook niks daaroor nie. Die geheelprentjie van lidmaatgetalle wat daal, sluit dus Satan se aanvalle, en kerke se sondes en lidmate se eiewilligheid in, en is saam tekens van die eindtyd. ONS ROEPING Dit help ons baie as ons in byvoorbeeld die twee briewe aan Timoteus net verder lees tot waar die apostel sê Maar. Teenoor die afvalligheid Die laaste dae is vir die kerk werktyd. Jesus gee nie moed op vir sy kerk nie, Hy is die Oorwinnaar. En ons deel mos in sy opstanding en oorwinning! van die eindtyd stel die Here die eis dat sy dienaars getrou sal wees, onsself met die woorde van die geloof en die goeie leer sal voed, onsself in die toewyding aan God sal oefen, goed op ons eie lewe en leer sal let en daarin sal volhard (1 Tim.4). In 2 Tim. 4 volg die duidelike opdragte: verkondig die woord weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee verdra lyding voer al die pligte van jou bediening uit (4:2-5). Die laaste dae is vir die kerk werktyd. Jesus gee nie moed op vir sy kerk nie, Hy is die Oorwinnaar. En ons deel mos in sy opstanding en oorwinning. Die afvalligheid, en daarom ook die dalende lidmaatgetalle, dwing ons om onsself eerlik voor die Here te ondersoek en seker te maak of ons nog dien en leer soos Hy van ons verwag. Waar daar vervlakking en ontrou en dwaling is, roep die Here sy kerk tot bekering: Hartgrondige en daadwerklike terugkeer tot Hom. Die Goeie Herder is bewoë oor elkeen van sy kudde wat wegdwaal of eenkant toe gestoot is of mislei is. Hy gee hulle nie prys nie, maar vertrou hulle toe aan ons liefdevolle sorg en vermaning. DIE TYDSGEES Wat die Here in sy Woord sê oor die gesindheid van mense in die eindtyd, gee ons insig in watter klimaat ons nou kerk van Christus moet wees. Dit maak ons nie traag en moedeloos nie, dit skerp ons juis op om in ons prediking en getuienis, in ons eredienste en ons hele bediening eietyds te wees, kragtig gerig op die mense van ons tyd sodat die Woord regtig doel-treffend sal wees. Stuur u vrae aan: nico@gkrandburg.org.za, of Posbus 436, Randparkrif 2156 of sms na 083 629 8740. 5

in diepte Sterk palmbome Deur Cobie Steyn Die Here maak die vrome en die regverdiges sterk soos die palms is, hoog soos die sederbome. Só fris en lewenskragtighul vrug vind hul in Hom selfs in hul ouderdom. My rots- Hy heers regverdig (Psalm 92: 5 berymd 2001-omdigting) In die Bybelse tyd was die palmboom n toonbeeld van sieraad en krag. Dit was n mooi, immergroen en veral belangrik, bruikbare boom: die boom het kos aan baie mense voorsien; van die sap van die boom is n heel gangbare wyn gemaak; die vesels van die stam is gebruik om toue van te maak; die hout is gebruik om dakbalke vir huise te maak; uit die blare is borsels, matte, sakke, banke en mandjies gevleg. Niks aan die palmboom was nutteloos of onbruikbaar nie. 6

in diepte ʼn Palmboom hoog en rustig...... n seder sterk en skoon met breë blarekroon... Twee treffende beelde waarmee die Psalmdigter die gelowige in Psalm 92 vergelyk. Die palmboom was nie ʼn onbekende boom in ou Israel nie. n Palmboom is ʼn grasieuse, regop boom wat hoog getroon het so ʼn palmboom se standaardlengte is 12-15 meter, maar palmbome kan selfs tot 24 meter hoog word. Net so word die seder hier genoem ook ʼn boom wat baie groot word. Volgens oorlewering kon ʼn seder tot 40 meter hoog word, maar vanweë die uitroeiing van die boom ken ons vandag net jong sederbome en dié groei soms tot 25 meter hoog. Ook die seder is ʼn toonbeeld van krag en indrukwekkendheid, van natuurlike statigheid. Beide bome is immergroen en bly dus heeljaar groen en welig. Wanneer die gelowiges dan met hierdie bome vergelyk word beteken dit die gelowige staan uit sterk en stewig sodat hulle gesien kan word. Dit bring die getuieniskarakter van elkeen wat in God glo sterk na vore. Maar dis nie ʼn mens se eie krag wat mense in jou moet raaksien nie, maar mense moet kan sien dat jy deur goddelike krag gedra en voortgestu word deur die lewe. Só groei Gods volk, só lustig Almal van ons wat tuin maak, of al iets geplant het, weet hoe belangrik die grond is waarin die plantjie geplant word. As die grond reg voorberei is, kan die saadjie wat in die grond gedruk is ontkiem of die plantjie wat geplant is, ontluik in ʼn sieraad van ʼn boom. In Psalm 92 word daar gesê dat die gelowige, wat soos ʼn palmboom of seder uitstaan bo al die ander bome, geplant is in die huis van die Here. Elke gelowige, ook die gelowige vrou, moet haar wortels stewig vestig in haar verhouding met die Here. En dit sluit baie fasette in: ʼn persoonlike verhouding met die Here staan sekerlik voorop wanneer jy daagliks tyd maak om in jou besige program van huis versorg, werk toe gaan, kinders rondry (as jy begenadig is om dié te hê!), stil te word voor die Here deur te luister na wat Hy in sy Woord vir jou sê en Hom dan te antwoord in gebed. Jy moet die geleenthede om gemeenskap met God te beleef, aangryp: die erediens, waar jy tog die Here ontmoet, ʼn Bybelstudiegroep waarby jy inskakel of die Susters-Aksie van jou gemeente. Tog beteken wortels in die grond, nie ʼn momentele groei en dan onttrek die boom hom weer van die aarde waarin hy geplant is nie. Om in die Here ingeplant te wees, beteken dus ʼn voortdurende, nimmereindigende wisselwerking tussen jou en die Here, n verhouding wat vloei soos ʼn standhoudende fontein. Daar waar jy inkopies doen, daar waar jy langs die sportveld sit, waar jy werk (en die baas jou dalk frustreer!) of waar jy langs die sportveld sit of by die vakansie-oord ontspan, leef jy in verhouding met die Here. Hul groei deur Gods genade: hul bloei daar hoog en fris, waar God se voorhof is, in skone lofgewade. Vind krag in die Here Van die palmboom word vertel dat hy al hoe beter groei, hoe meer hy onder druk en swaarkry kom. Jy kan klaarblyklik ʼn gewig op ʼn palmboom neersit of aan die boom hang, die boom sal boontoe bly beur en selfs beter begin groei. Dit dui op die geestelike stamina wat elke gelowige moet hê. Jy moet bereid wees om, gewortel in die Here, te bly groei na die Here toe dwarsdeur jou lewe, ongeag... jou man wat onlangs gesterf het, jou kind wat in die sonde verdwaal het, die verslawing waarteen jy worstel, die kanker wat jy het. Almal van ons weet tog dat geloof in God nie noodwendig net voorspoed en ongehinderde groei bring nie. Ons moet groei ten spyte van die gewigte wat aan ons hang of op ons druk... Hul groei in balsemlugte Dra vrugte tot in jou ouderdom n Palmboom dra eers 6-8 jaar na aanplanting vrugte, maar dan kan die boom tot 100 jaar lank vrugte dra... In Psalm 92 word daar nie direk na vrugte verwys nie, maar daar word gesê dat die gelowiges Selfs in hulle ouderdom sal toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees (vers 15). Geen boom wat fris en lewenskragtig is, lewer nie vrugte nie. Daarom sing ons in Psalm 92: 7: selfs in hul ouderdom sal daar geen min dring kom van bloei en eedle vrugte Hoe mooi en wonderlik is dit nie om op te kyk na ʼn ouer, gelowige vrou, wat steeds die Here met oorgawe dien nie. Iemand wat, ondanks haar hoë ouderdom van in die 90, erediens toe kom, ander gelowiges bemoedig en die liefde van die Here aan ander bedien. Elkeen van ons wat bely dat ons in die Here glo, wat deur die Heilige Gees oortuig is dat God ons in genade gered het deur Jesus Christus, moet vrugte dra:... liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing... (Gal. 5:22), want ons is gewortel en gegrondves in die Here. Die seder was ook n groot boom met n digte blarekroon en dik stam. Kenmerkende eienskappe: Geurige hout; Die hout was sterk bestand teen verrotting en kwasvry; Die hout was ideaal vir bouwerk (Lees 1 Kon. 6 waar Salomo ruim gebruik gemaak het van sederhout toe hy die tempel laat bou het); Die hout is gebruik om skepe te bou. 7

in diepte Soos n mosterdsaad Deur Ds. Lourens du Plessis (GK Groblersdal) Feitlik elke Israeliet wie destyds n kruietuin gehad het, het ook graag n mosterdsaad daarin geplant. Mosterd was n belangrike geurmiddel vir die geregte van destyds, en elke huisvrou in amper die hele wêreld vandag, gebruik ook graag mosterd in geregte. Ons Here Jesus vergelyk die koninkryk van die hemel drie keer met ʼn mosterdsaad (Matt. 13 : 31, Mark. 4 : 31 en Luk. 13 : 18 en 19), en ons geloof word twee keer met dieselfde saad vergelyk (Matt.. 17 : 20, Luk. 17 : 6). Om hierdie vergelyking mooi te verstaan, moet ons eers iets weet van ʼn mosterdstruik, asook sy saad. Ons lees in Mark. 4:31 dat Jesus hierdie saad die kleinste van alle sade noem. Die mosterdsaad en mosterdstruik of -boom was baie bekend in Israel. Feitlik elke Israeliet wie destyds ʼn kruietuin gehad het, het ook graag ʼn mosterdsaad daarin geplant. Mosterd was ʼn belangrike geurmiddel vir die geregte van destyds, en elke huisvrou in amper die hele wêreld vandag, gebruik ook graag mosterd in geregte. In Luk. 13: 18-19 word hierdie beeld juis mooi vir ons geskets. ʼn Kruieboer plant die kleinste van alle sade in sy kruietuin. Hier, in sy geliefde kruietuin, koester hy die saad wat hy geplant het hy gee dit water, hou onkruid en insekte daarvan weg, en hou die groei daarvan met groot belangstelling dop. Uiteindelik word hierdie kruieplant ʼn baie groot struik, ʼn boom selfs, van so drie tot vier meter hoog. Groter as die meeste ander kruieplante! God se kruietuin Hierdie gelykenis skets die werk van God, die Tuinier, in sy kruietuin, die wêreld. 8

... Hy plant die mosterdsaad van die geloof. Niks opspraakwekkend of sensasioneel nie die kleinste van alle saad. Geloof kan aanvanklik maklik niksbeduidend en klein lyk. Die mosterdsaad verwys beide na ons elkeen se eie individuele geloof, en na die gemeenskap van die gelowiges, die kerk van die Here. Hoe klein was die geloof van Jesus se dissipels byvoorbeeld nie! Baie keer moes Jesus hulle ferm, maar ook liefdevol, aanspreek met die term : Kleingelowiges... (Matt. 6: 30, Luk. 12 : 28...). En tog hoe fenomenaal het die evangelie wat deur hulle verkondig en uitgedra is, nie gegroei nie. Ja, so gebrekkig klein was Petrus se geloofsinsig by geleentheid, dat Jesus vir hom moes sê: Gaan weg agter My, Satan! (Matt. 16 : 23). Later het juis hy die opdrag ontvang om die skape op te pas, om die apostels en die duisende gelowiges wat gou tot die kerk toegevoeg is (3000 binne die eerste paar weke na die uitstorting van die Heilige Gees, en nog duisende daarna!) te lei. Klein begin Die mosterdsaad van die geloof word nie met groot sensasie tydens ʼn luisterryke geleentheid in die harte van gelowiges geplant deur die Heilige Gees nie, en hierdie kleine geloof groei meestal ook nie vinnig tot ʼn baie sterk en vaste geloofslewe nie. Die kerk van die Here groei ook nie altyd fenomenaal vinnig nie en het ook meestal nie dadelik ʼn baie groot, onweerstaanbare impak op ʼn bepaalde gemeenskap of in ʼn bepaalde land nie. Waar Paulus egter geplant, en Apollos natgemaak het, gee God verseker die groei (1 Kor. 3 : 6). Voortdurende groei Die geloof, klein soos ʼn mosterdsaad, hou aan met groei. Gevoed met die Lewegewende Woord, Christus, en die woorde wat die lewe gee, die Here se Woord, word hierdie groei gestimuleer en verseker van die beste groeimateriaal. in diepte Natgemaak en keurig bewaar van nadelige invloede, troos en lei die Heilige Gees hierdie groeiende mosterdsaad. Stadig maar seker gedy die geplante mosterdsaad in die Tuinier se kruietuin... Totdat, op ʼn dag, hierdie plant so duidelik bo al die ander kruieplante uitstaan, onmiskenbaar, niemand kan dit miskyk nie. So hoog het dit gegroei, dat selfs die voëls daar op die dik, sterk takke kom sit, en dit selfs geskik bevind om daarin nes te maak. Geloofsgroei Wat die gelowige individu betref, groei ons geloof deur die Here se genade en sorg tot die heerlike punt waar ons werklik liefdevol en dienend betrokke is in kerk en samelewing. Daarom maak ons die meeste van elke geleentheid waar ons gevoed kan word uit die Here se Woord, en deur sy Gees, en daarom bid ons ook altyd dat ons geloof al hoe sterker sal word. Ons groei uiteindelik tot volle geestelike volwassenheid in Christus, gereed om, wanneer daardie heerlike oomblik vir ons beskik word, en ons lewe van diensbaarheid aan die evangelie, aan ons naaste hier op aarde en bo alles aan die HERE, afgehandel is, na die Here opgeneem te word. Koninkryksgroei Ook die kerk van die Here hou aan groei, al lyk dit soms en op sekere plekke aanvanklik heeltemal onbeduidend. Die gemeenskap van gelowiges groei, ook deur die Here se sorg en beskerming, tot ʼn heerlike en diensbare kerk, wat deur die Here versamel word deur alle eeue heen uit elke volk en stam en taal en nasie. Die kerk groei in geloof, en vanuit hierdie geloof ook in toewyding, gehoorsaamheid en liefde. Daarom gooi ons elkeen ons volle gewig in by die gemeenskap van die gelowiges, en bid en werk altyd saam met mekaar dat die Here se kerk sal groei en toeneem. Totdat sy, versier soos ʼn bruid, haar hemelse Bruidegom met vrede en vreugde kan tegemoetgaan. Soos n mosterdsaad... Die kleinste van alle saad, maar uiteindelik die grootste boom in die kruietuin! Kan ons dan ooit klein dink van die Here se werk in onsself, en in mekaar? Kan ons dan ooit klein dink van die Here se werk in sy kerk? Moenie dat die kleinheid van die mosterdsaad jou denke van en oor die Here se werk bepaal nie maar hou aan om te groei na Christus toe. In die Koninkryk van die hemel, stel die groeiende kleine mosterdsaad die Tuinier nooit teleur nie! 9

in diepte Die lewe van die mens word gekenmerk deur groei. Reeds van voor n babatjie se geboorte af, vind daar ontwikkeling en groei plaas. So groei n klein kolletjie op n sonarskerm, wat alreeds mens is, na n volgroeide mensie wat gereed is om gebore te word. So gaan n mens deur die fases en seisoene van groei deur die lewe: van pap babatjie, tot peuter, tot kleuter, tot tiener en uiteindelik tot volwassene. Dan kom daar n tyd in baie van ons se lewens wat dit voel asof daar geen groei meer in jou lewe is nie. As gelowige vrou mag jy dalk nou op n punt in jou lewe wees waar jy n behoefte aan groei het, want dit voel vir jou asof jy gestagneer het en maar net deur die lewe moet kom. Jy het moontlik n behoefte aan geestelike groei, en vra: Hoe kan dit in my lewe gebeur? Groei kan alleenlik gebeur wanneer jy besef God tree in Jesus Christus in ʼn persoonlike verhouding met jou. Jesus praat van Homself as die ware wingerdstok (Joh. 15) en ons is die lote wat ingeplant is in Hom. Vir alle gelowiges is daar net een manier om te groei en dit is in jou verhouding met Christus. In Ef. 4: 13-16 sien ons hoe die kerk, en dit sluit alle lidmate oor alle tye in, net in Christus kan groei. Net soos die loot nie eenkant kan lê en nog groei nie, so kan ʼn geamputeerde liggaamsdeel ook nie meer lewe en groei nie. Groei in verhouding met Christus is n proses Wanneer ons dan praat van groei beteken dit daar is n vertrekpunt en n einddoel of bestemming. Om dan van die wegspringpunt tot by die einddoel te kom, beteken dat daar tyd sal verloop en dat daar ontwikkeling of groei sal plaasvind. Die einddoel is volwassenheid en volgroeidheid. Die werklikheid is, dit het nog nie aangebreek nie. Ons groei nog ons is op pad. Vir jou as gelowige is daar egter net een vertrekpunt: Jy kan nie anders as uit Christus groei nie. En jou einddoel is om tot volwassenheid in Christus te groei. Jy groei dus uit Christus tot Christus. Hy sit dus hierdie hele groeiproses aan die gang. Waarom? Omdat Hy die Hoof van sy kerk is en omdat jy deel van sy kerk is. Hy is die Hoof en ons is die liggaam. Uit hom groei die liggaam. Sonder hom kan daar geen groei wees nie. Jesus Christus is die oorsprong en die doel van die kerk se bestaan. Sonder hom kan hierdie groei nie gebeur nie. Groe Chris Deur Ds. Abel Stey 10

leefdinge i na tus toe n (GK Lydenburg) Kennis en geloof Om dan van kind na volwassene te groei het jy kennis en geloof nodig. Dit is dan ook deel van die toerusting wat Hy vir ons gee. Kennis beteken ek weet dat daar net een God is, dat Hy Hom in sy Seun aan ons openbaar. Dit beteken ook dat ek Jesus Christus as my persoonlike Saligmaker aanvaar. Geloof beteken dat ek Hom ken as my Here, maar ook vertrou as Here van my lewe en as Here wat my in hierdie groeiproses begelei en die groei in my lewe stimuleer. As ek Jesus Christus as die Begin en Voleinder van my geloof aanvaar (vgl. Heb. 12:2) en Hom ook as die Woord wat mens geword het en onder ons kom woon het, aanvaar (Joh.1 en 1 Joh. 1), sal ek dadelik en duidelik weet as daar valse leraars kom om my te mislei. Belemmering van groei Daar kom vandag ook mense, soos in die tyd van die Efesiërs, wat dit hulle besigheid maak om n mens van die ware Christus af weg te rokkel. En deel van die nog nie geestelik volwasse wees nie, is dat mense agter hierdie misleiers aanhardloop soos wat kinders agter n nar aan hardloop en letterlik dan soos die golwe van die see op en af en heen-en-weer gewaai word. Die Gees snoer saam en Jesus Christus stimuleer groei Daarom is Christus die Hoof van die kerk en deur die kragtige werking van die Heilige Gees word ons as n eenheid in ons Hoof saamgesnoer. Ons is die liggaam van Christus. Die groeiproses gebeur in verhouding met Christus, maar ook in verhouding met my broers en susters in die geloof. Daar is ʼn wisselwerking tussen gemeenskap met die Here en gemeenskap met mekaar. Geestelike gemeenskap en wisselwerking tussen lidmate laat hulle saam in liefde na Christus toe groei. Omdat Hy ons eerste liefgehad het, kan ons in liefde by sy waarheid bly. Dit is dan ook n kenmerk van n ware gelowige dat hy kan onderskei wat waar is en wat vals is. In hierdie lewe kry ons dit nie altyd reg nie. Maar in die groeiproses, wat deur ons Here Jesus self en die Heilige Gees gestimuleer word, groei ons elke dag n bietjie verder en dieper in sy waarheid. Ons groei, ja, jy groei stadig van kind tot volwassene in Christus, En eendag sal ons volgroeid in Christus wees en die vrug dra van volmaakte, geestelike volwassenheid. Dan sal ons met volle insig en volle oorgawe kan sê:...en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe (Gal. 2: 20a). 11

leefdinge Van vlegseldraer tot vrou Deur Elize Breed Ek is in die maand Februarie gebore. Om eerlik te wees, ek glo nie ek wou in die wêreld wees nie. My ma het al Desember stad toe gekom en vir my gewag: Ver weg van haar man en ander kinders af. Dalk wou ek net tot die winter wag, want dan léwe ek. In die hitte, veral van deesdae, swoeg en sweet en swel en verswelg ek. Die radio-aanbieder se vraag van vanoggend: Wat is die eerste ding wat jy van jou lewe kan onthou? het my laat dink: Ons het op ʼn plaas gewoon. Ek was ongeveer twee jaar oud. My oppasser stap saam met my in ʼn klein voetpaadjie in die veld. Dit is vreeslik warm. Die bosveldgras is amper net so hoog soos ek. Dit kielie my en klein goggatjies draai om my. Ek voel ellendig. Ek huil. Die oppasser neem my terug na my ma. 12

leefdinge Vlegseldraer Soos wat n mens groter word, onthou jy al hoe meer dinge. Dis veral die lekker dinge wat jou by bly. Die lewe is te kort om die slegte dinge te onthou. As kinders het ons niggies en nefies elke dag saam gespeel. Daar was ʼn klipkoppie waar ons huis-huis gespeel het. Hiérdie klip was ons huis, dáárdie een was ons tafel. My verbeeldingmaatjie Debbie was altyd daar as ek verveeld was. Ons het nooit baklei nie en sy wou net altyd doen wat ek wou doen. Grootwordjare Die lewe was nie net maanskyn en rose nie. Nee, daar was mos ʼn sondeval! Die ellendige gevoelens gaan ongelukkig saam op jou lewenspad. Veral as jy ʼn ellendige tiener is, want jy word mos deur almal verwerp en jy verlang na mense wat dood is en jy en jou skoolkys is uit en jy huil alweer oor die hitte en oor allerhande goed waarvan jy self nie weet nie. Dan gaan jy universiteit toe en huil omdat jou skoollewe verby is en al jou maters van die afgelope twaalf jaar nou uitmekaar spat. En jy weet: Nou gaan jy ontgroen word en dit nog in die hitte ook. As jy tweedejaar word, word die studentelewe baie lekker. Dan sorg jý weer vir die arme eerstejaartjies se smart en ellende dis só lekker om hulle rond te jaag, met jou eie ontgroening nog vars in jou geheue. Nou wil jy nie meer so vinnig groot word nie; jy is lekker jonk en gesond en die lewe is ʼn lied. Volwasse vrou Algaande word jy volwasse. Jou drome word een na die ander verwesenlik. Jy raak verlief, verloof, trou, kry ʼn werk en n huis en die Here seën jou met die aantal kinders wat jy wil hê. En as die laaste een gebore is, kom die ellendige gevoel alweer. Dis nou nie nét die nageboortelike depressie en alwéér die hitte, wat trane bring nie... die vervulling om n kind in jou rond te dra vir 9 maande gaan nooit weer daar wees nie... n onvervuldheid pak jou beet... (En terloops dis so goed om te huil. Veral as jy al ʼn tannie is en nie veronderstel is om nog te huil nie. Daardie uit-jou-hart-uit-huil: Jy weet nie hoekom jy huil nie, daar is nie regtig n rede voor nie. Niemand, behalwe jyself, kry jou ook jammer nie. Dis maar net dat jou rugsakkie skielik bietjie te swaar word. ʼn Goeie huilbui skommel die goedjies in die sak tot hulle weer gebalanseerd is en dan dra jy dit weer met nuwe moed!) Die tweede helfte Maar ons praat mos dan nou eintlik hier oor die tweede helfte van die lewe. Jy besef skielik dat jy al die jare jou lewenspaadjie aan die klim was. Daar was altyd nóg ʼn steilte wat jy moet uit. En nou is jy daarbo. Wat nou? Wel, jy kan nie terug nie Jy staar na die afdraande. En dit lyk vir jou baie styl. Jy sal sommer vinnig kan afrol terwyl jy net pyne en skete opdoen en die vreeslikste hittegloede beleef en onder, op die vlakte, sal die dood jou stuit. Tevergeefs, sê die prediker, alles tevergeefs! Op hierdie afdraandepad is daar nou nie ʼn keuse nie, jy sal móét af voetjie vir voetjie. En so sien jy al die heerlike rusplekke langs die pad: Jy is nou volwasse en het vrede in jou hart; Behalwe vir jou man, vertel niemand jou meer wat om te doen nie; Jou kinders se grootword, prestasies, verlangens en vervullings is ʼn avontuur wat jy meemaak; Jou huwelik verdiep; Jy groei geestelik; Jy besef met elke nuwe jaar hoe die Here jou tot hier gedra, beskerm en bewaar het en besef: Jy het baie stof tot dankbaarheid. Jy kan nie glo dat die Here vir jou so baie oorvloedige seëninge gee nie. Dit kom vanself. Jy vra nie eers nie. Daar is die ongemaklike warm dae, ja, maar jy leef nog, nie waar nie? En daar is die heerlikste koue dae, soms met sneeu uit die hemel. Ongevraag en onverdien; Jy het kleinkinders! Net ʼn ouma kan verstaan wat ʼn ouma is. My kleindogter van vier sê op ʼn snikhete somersdag vir my: Ouma, kom ons vra vir die Here om vir ons ʼn koue dag te stuur. Ek neem haar handjie in myne en ons bid. Ons vra opreg dat die Here die warm dag moet wegneem. ʼn Rukkie later sak ʼn reënbui uit. Dis koel. 13

leefdinge Kan nie is dood! Deur Griet Swanepoel Vir my was deel van my groeiproses om te aanvaar wat ek nie kan doen nie. Só het ek al jare gelede daarmee vrede gemaak dat ek nie kan dans nie. Dit was maar een van die uitvloeisels van my streng Gereformeerde opvoeding. Vir ons swart gemeente op Messina was dit n geweldige tekortkoming wat ek gehad het. Ons het gereelde gesamentlike vroue-aksies gehad en die tradisie was dat die ma-maruti van elke gemeente met haar susters dan ingedans moes kom in die gemeenskapsaal op n gewyde lied wat dan ritmies gesing word. Ek was natuurlik die enigste een wat maar net so naastenby ritmies ingestap het. Ai, sê hulle dan in n koor: Ma maruti, ons is so lief vir jou net so jammer jy kan nie dans nie! ʼn Groot hartseer tref Messina in die negentigs toe die dorp se musiekjuffrou groener weivelde vind by n privaatskool en uit die dorp vertrek. Dit laat ʼn groot leemte. Min het ek geweet dié kleed gaan op my val. Die nuwe skoolhoof vra my om hom te kom sien en groot was my verbasing toe hy my vra om met die kultuur by die skool te help. Jy weet die skoolsaal se verhoogligte is so min gebruik, toe ons gister n lig vervang staan daar nog Unie van Suid- Afrika op die gloeilamp, vertel hy in sy poging om die nood vir kultuur uit te lig. In die land van die blindes is die eenoog koning, sou ʼn mens seker met 14 reg kon sê. Ek het maar ter wille van ons gemeente (wat sonder orrelis was) begin om musiek te neem en het toe sopas my graad 5 in Unisa geslaag. Ek het jare gelede in kore gesing en het darem ook in die Puk-koor gesing. Dit was my somtotaal van kultuurkennis. Vir die eerste jaar pak ek n koortjie aan en dit gaan heeltemal goed vir n beginslag. Die tweede jaar besluit die hoof daar moet n massa-revue gehou word en ek word op die skool se koste Potchefstroom toe gestuur vir die ATKV-Revuekursus. Ek het in my kop gehad dit is maar iets soos Volkspele met koor daarby. Daarvoor het ek kans gesien. n Mens doen dit mos maar vir jou skool, jou kinders en die gemeenskap. Daar aangekom sien ek mos toe ʼn woord op die program wat elke dag twee keer vir twee ure voorkom choreografie! Ek is te skaam om vir iemand rondom my te vra wat dit is, maar ek het n groot onrustigheid. My vrees was nie sonder rede nie. Toe die lokaal oopgaan vir die eerste choreografieles staan daar n lang maer mannetjie in die middel van die saal in n balletkostuum. Ek val amper flou. Ek kan myself nie keer nie en roep hard uit: Ek kan dit nie doen nie! Hy kom ewe ferm na my toe en sê: Kan nie is dood en vir jou gaan ek leer dans! Hy fokus behoorlik in op my. Ons is so vier vettetjies in die groep en ons bly soos n Boksombende bymekaar. Die oefeninge is veeleisend en een van die vier breek haar enkel tydens een van die balletspronge. Ek het gedink die man sal nou bedaar. Selfs dit versag die man nie. Hy is desperaat om van ons ware choreografie-afrigters te maak. Die ergste is dat ons toe hoor dat ons die laaste dag saam met die Alabamastudente optree en eers dan kan ons die sertifikaat ontvang. Elke dag word die eise in die choreografieklas meer: Ons doen ʼn beweging waartydens die meisie in die lug gegooi word, dan gevang word, geswaai word en dan met n grasieuse swaaibeweging op jou dansmaat se been beland. Vir my is dit soos om Kilimandjaro uit te klim. Ek voel of ek daardie gevreesde hoogtesiekte kry, ek is beangs en voel baie ver uit my gemaksone. Die koorgedeelte en die dekorafdeling van die kursus is vir my n fees, maar ek kry behoorlik koue koors voor elke choreografieles. Die mannetjie in die balletkostuum is bo

leefdinge verwagting tevrede met my vordering. So breek die finale dag aan en die Alabama-studente kom met hulle kostuums gereed om saam met ons op te tree. Ons is nou net drie vettetjies en die studentemans kyk vinnig om by die maer juffrouens te gaan staan. Ons drie bestaan nie vir hulle nie en hulle kyk heeltemal verby en weg van ons. Die afrigter trek drie maer en kort studente na ons toe. Hulle lyk soos kabouters teen ons. Hulle weet wat kom. Hulle moet ons optel en swaai. Daar is nie ʼn manier nie. Ek besluit ek sal maar die ys breek en sê vir die benoude mansstudent voor my: Moenie worry nie tannie sal jou optel! Die Boksombende langs my vou dubbeld soos hulle lag en kry nie gedans nie. Ons moet drie keer oor begin voordat hulle bedaar. Ek gaan terug huis toe met my sertifikaat en lewer dit by die skool af. Hulle het darem nie hulle geld gemors nie. Ek het iets gedoen wat ek nooit gedink ek óóit sal kan doen nie. Die volgende Maandagoggend word ek spesiaal na die skoolopening genooi. Goeiemôre kinders, sê die hoof ek wil julle graag voorstel aan ons skool se nuwe dans-en musiekjuffrou dis nou tannie Griet My eie kinders in die saal word eers spierwit en toe bloedrooi. Ons het nie geweet ma kan dans nie sê hulle toe hulle by die huis kom. Deel van die groeiproses (het ek op n baie harde manier geleer) is om op n dag te weet: Kan nie is dood! 15

leefdinge Ons almal onthou nog die dae toe ons ons ma se hakskoene aangetrek het, krale om die nek gesit het en klak-klak die huis vol geloop het. Met verloop van tyd het jy in jou ma se skoene begin ingroei en jou eie hakkies begin dra. ʼn Mens raak groot en die lewe raak besig. Jy self raak besig: jy trek jou hakskoene aan en gaan werk toe om ʼn goeie bestaan te maak, jy trek jou tekkies aan en hardloop rond vir jou man en jou kinders, jy trek jou waterstewels aan om deur die modder van die lewe te sleur, jy trek jou steweltjies aan om jou voete teen die koue gevoelloosheid van mense te beskerm en jy wens só jy kan jou pantoffels aantrek en jou voete net vir ʼn oomblik in die lug sit. Ja, die skoene druk, jy voel verontreg en wens partykeer dat jy eerder in ʼn ander se skoene kan staan. Maar... dalk gaan dit goed té goed en wil jy eerder op jou eie voete staan, en jy vergeet van God se genade en God se sorg. Jy sukkel om gehoorsaam te wees aan sy stem, sy opdragte en sy wil. Jy raak te groot vir jou skoene. Teks & vers Te Dit is wanneer God met ons praat in sy Woord dat ons opnuut onder die indruk kom van sy almag en heiligheid: Eksodus 3:5 Die Here sê toe vir hom: Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond. Wanneer ons terugkeer na God toe, moet ons ons eiewysskoene uittrek, en voor God kniel in afhanklikheid. Ons moet erken dat ons Hom nodig het en dat Hy heilig is. Ons moet ons skoene van hoogmoed uittrek, en nederig, kaalvoet voor God staan. Ons moet ʼn nuwe pad begin stap saam met God. ʼn Pad van gehoorsaamheid aan sy Woord, sy Gees en sy gebooie. Leef dan so dat jy ook kan sê: Ek het my voete van elke verkeerde pad af gehou sodat ek gehoorsaam kan wees aan u woord (Ps. 119:101). Deur Marlette van Rooyen GROOT vir jou skoene Verkeer Vinnige voortdurende verkeer haastige voete heen en weer trap my plat maak my pad harde asfaltpad U weet wat ek begeer n voetslaanpaadjie, Heer, waar ek in stilte met U kan verkeer Sielie Laubscher Wat ek is, is net genade, wat ek het is net geleen. Koos du Plessis 16

Teks & vers Dagboek Vrydag leefdinge Breek in Gehoorsaamheid van Sonde Rom. 6:12: Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Maandag Gehoorsaam aan God met jou Hart 1 Sam. 12:24: Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het. Woensdag Gehoorsaam aan God se Gees Eseg. 36:27: Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom. Donderdag Keer Gehoorsaam terug na God Hos. 12:7: Wat jy moet doen, is om na jou God toe terug te keer: jy moet Hom liefhê en sy bevele gehoorsaam, jy moet jou hoop altyd op jou God vestig. Dinsdag Gehoorsaam aan God se Woord 1 Kon. 2:3: Hou jou aan wat die Here jou God jou voorskryf en lewe daarvolgens. Gehoorsaam sy voorskrifte, sy gebooie, sy bepalings en sy verordenings soos dit opgeskryf is in die wet van Moses. Dan sal jy voorspoedig wees in alles wat jy doen en oral waar jy gaan. Sondag Gehoorsaam God se Gebooie Pred. 12:13: Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. Saterdag Gehoorsaam in jou Gedagtes 2 Kor. 10:5b: Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. 17

leefdinge N BEVOORREGTE DOGTERTJIE Deur Annatjie du Plessis Op die foto teen die muur is die dogtertjie skaars drie jaar. Haar skoene is met swart skoenpolitoer blink-blink gevryf. Die omvousokkies is spierwit gewas. n Dogtertjie wat in liefde goed versorg is. Sy leuen met haar maag op die model-voertsek driewiel met die groot voorwiel. Haar hare is netjies gekam en met n groot strik vasgebind op haar kop. Haar valletjiesbroek steek uit onder die gesmokte rok en die handgebreide trui is styf toegeknoop. Die foto is geneem op die erf van Pretoriusstraat 1290, Hatfield, Pretoria. (Nou is daar net groot geboue die huis met die vensters aan weerskante van die pilaar-stoep is lankal omgestoot om plek te maak vir nuwe, moderne geboue). So ook moes die dogtertjie se klere plek maak vir ʼn 60-jarige vrou se denim en netjiese bloes met plathak strikskoene. Ja, daar is ʼn tyd en n plek vir alles. Maar die driewiel-dogtertjie met die gesmokte rok en die strik op die kop hang nog steeds teen die muur in haar kamer. En langsaan... ʼn Foto van ʼn bevoorregte seuntjie. Hy is daar ongeveer vyf jaar oud, die model driewiel waarop hy sit ongeveer dieselfde generasie as die dogtertjie sʼn. Die langbeenseun het groot hande en kaal voete. Sy hemp is spierwit en die kortbroek netjies gestryk. ʼn Plaasseun van die plaas Hetloo in die Fouriesburgdistrik wat saam met sy boetie driewiel ry. Langs mekaar teen die muur in die slaapkamer hang dié twee foto s. En wanneer die ouer man met die lang bene en groot voete vanaand sy voete onder die lakens insteek is dit langs die ouer vrou, en dan praat hulle weer oor hulle kinderjare... Twee bevoorregte kinders wat nie ryk grootgeword het nie, maar die belangrike dinge in die lewe geleer het. Twee bevoorregte oumense wat nie ryk is nie, maar weet wat die belangrike dinge in die lewe is. En voordat hulle aan die slaap raak bid Oupa en Ouma vir hulle kleinkinders wat op hulle swart plastiek motorfietsies ry, elkeen hulle eie selfoon, I-Pad en skootrekenaar het. En hulle bid dat hulle kleinkinders ook sal leer van God se genade wat vrede gee, en sal kan onderskei wat die belangrike dinge in die lewe is. En dat die kinders ook eendag met nostalgie na hulle kleindag foto s sal kyk, en sal weet dat dit ʼn goeie tyd was. 18

Boekeblad Luister... DIE LEEU BRUL! deur Johan Smit Resensent: Annamie Odendaal leefdinge briewe ISBN: 978-1-4316-0301-5 Prys: R79,95 Vrystellingsdatum: Desember 2012 Kategorie: Bybelstudie Teikenmark: Algemeen Formaat: 148 x 210 mm Bladsye: 140 Omslag: Sagteband Vir Maart beveel ek graag n Bybelstudiegids oor Amos aan. Luister...DIE LEEU BRUL! is deel van die Ontdek en beleef Bybelstudie - reeks en is geskryf deur Johan Smit. Bybelstudiegroepe sal lekker werk uit hierdie boek. Elke hoofstuk begin telkens met die volledige gedeelte waaroor die hoofstuk gaan, aangehaal uit die 1983-vertaling. Die leser kan maklik terugblaai en weer lees terwyl jy deur die aantekeninge werk. Die inleiding en aantekeninge by elke hoofstuk is kort en fokus op die boodskap wat die Here aan sy volk stuur. Baie vrae word oop gestel sodat groepe volgens hul aard by heel verskillende besprekings sal uitkom. Daarmee sê ek beslis nie dat die skrywer veroorsaak dat die leser met die Here se boodskap deur Amos kan maak soos jy lus het nie. Die sentrale boodskap bly steeds baie duidelik een wat vandag nog net so aktueel is as wat dit toe was. Selfs die heidenvolke loop deur omdat die werk wat die Here vir hulle gegee het, nie volgens sy wil gedoen is nie. Die Here wys meer kere in die boek Amos op veral drie sondes: Die reg word verdraai in die howe en elders; Die rykes sorg nie vir die armes nie, maar verkul hulle en buit hulle uit; Die volk dien die Here na die letter van die wet, maar hul harte en huise wys hul ontrou. Ons kruip so maklik agter ons mans weg wat ons maatskaplike pligte betref, maar die vrouens word in Amos afsonderlik aangespreek: die koeie van Basan is n bekende beeld in Afrikaans! Ek sidder as ek die beskrywing van hul gemaksugtige verlustiging in weelde lees: Dit sny n bietjie te naby aan ons eie leefstyl van sonskyn, braaivleis en... Maak seker dat jy Amos in jou lewe aan die woord stel. Dit sal nie in jou klere gaan sit nie. En nadat jou oë oopgegaan het vir die dinge in jou lewe wat jy nog altyd as aanvaarbaar beskou het, troos die nogtans van God wat Liefde is, jou so helder uit Amos se boodskap dat jy trane in jou oë kry en jy Hom met oorgawe wil gehoorsaam en dien. 19

leefdinge: gemeente-mosaïek NUUS UIT ONS GEMEENTES Gaan dan na al die nasies toe SENDINGPROJEK VAN DIE GEREFORMEERDE KERK HEILBRON deur Gerda Floor Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (Matteus 28 : 19-20a). 20

leefdinge: gemeente-mosaïek Waar is Heilbron? Heilbron is geleë in die Noord-Vrystaat ongeveer 50 kilometer suid van Sasolburg. Dit is nie die mooiste dorp in die land of in die Vrystaat nie, maar dis n plek met mooi mense en baie liefde. Die swart woonbuurt, Phiritona ( plek van die groot wolf ), het ongeveer 40 000 inwoners en die kleurlingwoonbuurt, Sandersville, n verdere 3000-4000 inwoners. n Deur gaan oop Tot 2002 was daar geen Gereformeerde Kerk in Phiritona of Sandersville nie, maar in daardie jaar het die Here vir ons n deur oopgemaak en is daar met n sendingprojek begin. Daar was geen lidmate en geen fondse nie, maar dit was n saak van gebed en geloofsvertroue in die besef van die opdrag van ons Here. n Voltydse sendingwerker is in diens geneem, n sendingkommissie is gevorm en onder die leiding van ds. Thinus Du Plessis, ons destydse predikant, is daar met die werk begin. Gereelde dienste is in n klaskamer by Sandersville se skool gehou en n Bybelklas vir kinders is Woensdagmiddae aangebied. n Jaar later het die eerste twee persone belydenis van geloof afgelê. Uitdagings Dit het aanvanklik maar moeilik gegaan, die getalle was klein en daar was heelwat uitdagings. Ds. du Plessis het n beroep na Australië aanvaar en ons sendingwerker het ook n ander heenkome gesoek. Tog het die Here ons gedra en die sendingkommissie het bly glo en bid en werk. Na die koms van ds. Tommie van Vuuren en n nuwe sendingwerker, broeder Petrus Malindi, n opregte, toegewyde Christen wat op die plaas Dennewoud in die Heilbron distrik opgegroei het, het die sendingprojek van krag tot krag gegaan. Geestelike groei Onder die seënende hand van die Here het die gemeente gegroei en is daar nou reeds meer as 100 belydende lidmate, 60 dooplidmate, n kerkraad, n sustersbybelstudie en elke Woensdagmiddag n Bybelklas wat getrou bygewoon word deur meer as 100 kinders, verskeie van hulle van buite die gemeente. Jeugkoor Die gemeente het selfs al n jeugkoor wat bestaan uit ongeveer dertig lede en wat al op verskeie plekke opgetree het. Die Gereformeerde Kerk Heilbron en n weldoener van Frankfort het die koorklere en instrumente geborg. Die koor vaar uitstekend en het by laasjaar se koorkompetisie in Bloemfontein n tweede plek behaal. Fisieke sorg Naas Woordbediening, gebed en samesang, word die kinders voorsien van sop en brood gedurende ons koue winters en brood en melk in die somer. Een van ons Heilbron susters het vir elke kind n warm mussie en handskoene vir die winter gebrei. Gedurende die wintermaande help verskillende susters om weekliks 15-20 liter voedsame sop te kook. Met Kersfees het elke kind n Kersgeskenk ontvang wat groot vreugde verskaf het. Skenkings van gebruikte klere word van oraloor ingesamel en uitgedeel aan armes of verkoop vir die aanvulling van ons sendingfondse. Die susters van Phiritona verkoop koekies om eie fondse in te samel vir onkoste aan bywoning van konferensies. Die Phiritona gemeente het selfs begin met n groentetuin in ou trekkerbande onder leiding van n suster van Heilbron. Aan God alleen die eer Wat n wonderlike projek, want so word hulle gehelp om hulleself te help. Hande is min en die fondse nog minder want ons is maar n klein plattelandse gemeente. Baie dankie aan Die Gereformeerde Kerk Frankfort wat ons elke jaar finansieel ondersteun. Die Here is ook daar aan die werk en daar is reeds verskeie belydende lidmate. Broeder Malindi hou eenmaal per maand n diens op een van die plase naby Frankfort. Die Here is groot en getrou. Hy laat vaar nie die werke van sy hande nie en seën ons ryklik. Aan Hom al die eer! 21

slotwoord Genade, Geloof, Gebed... Geestelike groei Te vinnig klim my pragtige kleinkindersaadjies een vir een uit hul kleinweesdoppies en begin groei en blom. Eers lê hulle daar, klein pienk roosknoppies, onskuldig, knus in die arms, dan ontluik hulle, lag hulle, val hulle word hulle vrolik dartelende kappertjies wat waai, swaai en dwarrel in elke speelse briesie. Vreesloos en kommervry. Die malsheid van kleinwees wyk ook geleidelik en die lawwe bont kappertjies word roosknoppe, pronkende tienerblomme voor die spieël. As ek dié grootword sien wil ek keer, maar die wonder daarvan maak my stil. Ontluiking bring na vore die wondergawe van n werkende verstand, humor wat deurslaan, eie menings wat gelug word. Net soos my eie kinders, is dit nou my kleinkinders, die saadjies van my saadjies, se beurt om hul vlerke te toets teen die winde van grootword. Een van die dae sal die einste winde hulle skep en êrens neersit waar hulle weer sal invroetel en wortelskiet in hul eie tuintjies. n Nuwe kringloop sal weer begin. So hoort dit mos. My rol is nou om vanaf my stoep en my binnekamer hierdie saadjies te sterk met my gebede. Nee, nie te gou nie, op God se tyd ontluik elkeen van sy kinders. Maar die mens hou nooit op groei nie. Ek praat nou nie van in die wydte nie ek praat van regte groei in gees en wysheid. Die leerproses, geestelike groei duur voort tot oog of verstand uiteindelik sluit. Elke mens, slim, dom groot of klein, almal wat my pad kruis, dra in wisselende maat by tot my persoonlike groei as mens. Hierdie mens wat God gekies het, groei ook geestelik deur elke mens, elke woord, elke lag en elke huil wat jou pad kruis. God laat jou groei. Groei is n ewigdurende proses wat werk vra. Haelstorms laat letsel op bome. Die merke bly, maar dan kom die hernude krag en groei en gloei die plant geil groen bo die letsels uit. Om hierdie na-storm groei te kan ervaar, is daar n pad wat geloop moet word. Genade, geloof en gebed lei tot geestelike groei en grootword in God, maar terselfdertyd ook klein word voor God. In hierdie proses moet n mens leer om te leer: Leer om te luister na sy stem, te hoor wat Hy wil hê. Ek moet leer om te aanvaar dat sy genade groot is en vir my persoonlik is, dat Hy vir my persoonlik gesterf het. Daarby moet ek leer om te vergewe. Mag ek aanspraak maak op vergifnis as ek self nie kan vergewe nie? Berusting, nederigheid, liefde gee en liefde ontvang, is gawes wat lei tot geestelike groei, wat soos in n goed versorgde tuin, vrugte lewer. Hoe meer die boontjies gepluk word, hoe meer lewer die plant. Hoe meer ek gee, hoe meer kry ek terug en hoe meer kan ek weer gee. n Mens se lewe is soos n plant: n Klein saadjie ontkiem en kruip uit die grond. Die saadjie word bemes en groei. Uiteindelik lewer hy vrugte, vrugte wat weer saadjies lewer en voortgaan en oral nuwe plante laat ontstaan. In hierdie groeiproses kry n mens seer, maar word jy ook weer heel en geestelik ryker. Die ou plant word oud, word droog en kreukel, maar binne die ou, droë dop bly die lewe wat God daarin geplaas het. Groei hou nooit op nie. Die mens groei en groei deur die tyd van aardse sonde tot daar waar God jou wil hê in sy volmaaktheid en eendag, as hierdie plant op aarde klaar gegroei het en kwyn en sterf, sal daar nuwe, wérklike lewe wees. Dan sal ons saam volmaak in sy ewigheid deel. Ons groei almal elke dag n klein bietjie totdat die dood uiteindelik ware lewe bring. 22

April 2013 in Die Gereformeerde Vroueblad Jesus leef! Uit die dood opgewek Lewend deur die Gees Christus lewe in my BRIEWE Skryf n brief (SLEGS 200-250 woorde) aan Die Gereformeerde Vroueblad. Briewe hoef nie by enige tema in te pas nie vertel ons wat leef in jou hart; wat gebeur in jou gemeente! Adresse waarheen briewe gestuur kan word, verskyn op p. 3. ANDER PUBLIKASIES VAN DIE GKSA Die Kerkblad Die Slingervel (vir ons Laerskoolkinders) Die Kruispad (vir ons tieners en jongmense) Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Admi-nistratiewe Buro: (018) 297 3986. Werf asseblief vir ons nuwe intekenare. Verras jou ma, dogter of vriendin met n geskenk wat die heel jaar hou en teken vir haar in. 23

MAART 2013 Ds. Christo Swanepoel (GK Lyttelton) Ons praat hierdie maand oor groei. Groei het iets van ontluiking en ontwikkeling in sy betekenis ingebou. Die kuns van die lewe is nie om fisiek te groei nie, maar om geestelik te groei. Dit gebeur nie vanself nie. Persoonlike geestelike groei word bepaal deur n mens se verhouding met die Here. Dit vereis insig in sy Woord en geloofsreaksie daarop. Hier volg beroemde uitsprake waar mense van hierdie groeiproses vertel. Om as mens te groei, moenie volg waarheen die pad jou lei nie; gaan daar waar daar nog nie n pad bestaan nie en laat n spoor agter Anoniem. In die leerskool van die lewe is daar net twee hoofvakke: voorbeeld en ervaring. Mense leer nie regtig op ander maniere nie Edwin Burke. Die finale toets van n leier is dat hy in ander mense die oortuiging en die wil om aan te gaan sal agter laat Walter Lippmann. Die belangrikste ding wat n nuuskierige kind ontdek, is hoe min grootmense weet Anoniem. Elkeen van ons kies om te groei, of om terug te trek. Dit is n keuse wat ons daagliks maak Robert Docter. Die lewensbestemming wat ons kies, is belangrik, maar die keuses wat ons maak op pad daarheen is nog belangriker, want hulle sal bepaal of ons daar sal uitkom Frederic Speakman. Kinders is die lewende boodskappe wat ons uitstuur na n tyd wat ons self nie sal beleef nie John Whitehead. Solank jy altyd ontevrede is met wat jy is, sal jy dit kan bereik wat jy behoort te wees Augustinus. Hy wat ophou om beter te wees, hou ook op om goed te wees Oliver Cromwell. Alle groei wat nie na God toe is nie, is n groei na verrotting George MacDonald. Jy is nie wat jy dink jy is nie, jy is wat jy dink Anoniem. Almal wil graag groot wees, min sien kans om te groei Johann Wolfgang von Goethe. Dit wat met verdrag groei, hou die langste John Henry Newman. Ons moet of leer saamleef soos broers, of ons sal saam sterf soos dwase Martin Luther King. n Mens se verstand werk soos n valskerm. Dit is net iets werd as dit oopgegaan het René des Cartes. Ons leef almal onder dieselfde hemel, maar ons het nie almal dieselfde horison nie Conrad Adenhauer. Die kinders van vandag leer baie oor hoe om by die maan uit te kom, maar min hoe om by die hemel uit te kom David Jeremiah. Jou kind kan sy geleerdheid nog by die skool agterlaat; sy opvoeding sal hom vergesel tot in die graf C.J. Langenhoven. Jy kan niks uit die bank van die lewe trek wat jy nie daarin gedeponeer het nie Anoniem. Vir sy eie voordeel beklee n man n beroep; vir die voordeel van sy medemens volg hy n roeping C.J. Langenhoven. n Mens kan slim word van ander se kennis, maar nie wys word uit ander se ervaring nie Michael de Montaigne. Volharding is nie n uithouwedren nie; dit is honderde kort wedrenne. Die een na die ander Walter Elliot. Vroue met karakter is die gewete van die kerk en van die hele samelewing Waldo Emerson. Kyk! God het vir ons twee hande gegee: een om van Hom te ontvang en een om aan ander uit te deel A. Graham. 24