Jaar 13 - Uitgawe 3 Kontak ons: 13 Februarie 2015

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

ALGEMENE SINODE NUUS IVM PRAAG 1 APRIL-GRAP:

Jaar 11 - Uitgawe 19 Kontak ons:

REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

INODALE NUUS. 6 Februarie NG WES-EN-SUID-KAAP MODERATUUR BELOON INNOVASIE! 2. #IMAGINE 2015: REGISTREER NOU! 3. BADISA SPOG MET NUWE EMBLEEM

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

REDAKSIONEEL ALGEMENE SINODENUUS NUUS UIT DIE SINODE

LYDENSTYD (3de SONDAG) DIE WET

Jaargang 16 - Uitgawe 2 26 Januarie 2018 REDAKSIONEEL

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Jaar 13 - Uitgawe 28 Kontak ons: 11 September GEMEENTES BIED AAN:

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Jesaja sien die Toekoms

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Die Anglo-Boereoorlog *

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Empathy Ouerhandleiding

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Die plek van jou tent

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

God se Woord. God se Wil

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

Die Kerk Kry Moeilikheid

nuus van ons gemeentes

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Seisoen van die Gees

Petrus en die Krag van Gebed

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Petrus en die Krag van Gebed

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

INODALE NUUS. 13 Februarie VROUE SINODALE BYEENKOMS TEKEN 3 JUNIE AAN! 2. UIT DIE KANTOOR VAN DIE NG ALGEMENE SINODE

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Januarie :00 Erediens. 8 09:00 Erediens (S7) SKOLE HEROPEN

Josua - van jongs af n leier

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Profetiese woord vir 2017 en verder

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Maart 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Daar is konflik in die gemeente

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

2018 Kalender Calendar

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Yours in Caravanning RUSSELL GIBBENS PRESIDENT

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

REDAKSIONEEL NUUS VANUIT DIE SINODE

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

25 Eenvoudige maniere om in jou woonbuurt sending-gerig te wees (Josh Reeves)

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Besprekingsvrae vir selgroepe

Transcription:

Jaar 13 - Uitgawe 3 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www.ngkerkvrystaat.co.za 13 Februarie 2015 To love another person, is to see the face of God - Jean Valjean 1. LYDENSTYD WORD DEUR ASWOENSDAG INGELUI: Die sewe wekesiklus waarin ons die lyding van Jesus gedenk, begin op Woensdag 18 Februarie 2015. Die doel van die veertig dae van toewyding is om meer te ervaar van die liefde wat van God kom. Mag gemeentes en lidmate baie seën tydens hierdie spesiale tyd van die Kerkkalender ervaar. 2. NUUS VANAF SHEPHERD: SERTIFIKAAT IN BEDIENINGSVERNUWING: Daar is nog plekke beskikbaar en u word hartlik uitgenooi om hierdie reis oor drie jaar te kom meemaak. Die eerste Blok begin vanaf 16-17 Februarie 2015 te Parys! Klik hier vir die inligting. FRESH EXPRESSION: Shepherd is bevoorreg om by Fresh Expression se bekendstelling en inligtingsdag betrokke te wees op 18 Februarie 2015 om 09:00 by die NG Gemeente Hugenoot - klik hier vir meer inligting. 3. GEMEENTES BIED AAN: Kyk ook by Herhalings, pt 11 vir ander gebeure wat verlede week reeds verskyn het. NG GEMEENTE RIEBEECKSTAD: Sheri Brynard, Internasionale Ambassadeur vir Down Syndroom en die enigste Down Syndroom onderwyser in die wêreld, tree op Saterdag 21 Februarie 2015 om 10:00 by hierdie gemeente op (geleë te h/v Artemis en Erneststraat, Riebeeckstad, Welkom). Koste beloop R50pp, kontak gerus vir Junita Olwage @ 083 736 7075, of die kerkkantoor @ 057 388 2697 vir kaartjies. NG GEMEENTE LANGENHOVENPARK: Gemeentes in Bloemfontein wat nie hul eie Wêreldbiddag vir Vrouebyeenkomste hou nie, word uitgenooi om hierdie geleentheid saam met die Langenhovenparkgemeente te vier op Vrydag 6 Maart 2015 om 09:00, asook om 18:00. Die prediker by hierdie geleentheid is proponent Leonie Pistorius en die tema vir 2015 is, Jesus sê vir hulle: Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het? Kyk ook by Herhalings, pt 11 vir meer inligting oor die Wêreldbiddag vir Vroue. NG GEMEENTE ODENDAALSRUS: n Gospel Country-aand... 1

4. #imagine 2015: Vanjaar se #imagine gaan groter as ooit wees. Die belangrike nuus is dat die inskrywings oopgemaak het en dat elke terrein beperkings het op die getalle wat kan kom. Die noorde en suide kan net 5000 en Oos-Kaap net 4000 akkommodeer. Jy kan op twee maniere help - gaan na die #imagine webwerf by http://online.imaginemovement.co.za/what-is-imagine/ en volg die eenvoudige aanlyn registrasieproses en begin tieners inskryf. Die tweede belangrike boodskap is dat gemeentes hul tieners moet opgewonde maak. Doen dit op twee maniere - skryf die datum groot orals neer, 10-12 April en wys die promosievideo in die kerk! Daar is twee video s op die YouTube-kanaal van 1 minuut, asook 5 minute lank. https://www.youtube.com/user/imaginemovementsa om hierna te kyk. Volg die skakel by 5. NUUS VANUIT DIE KANTOOR VAN DIE ALGEMENE SINODE: BELYDENIS VAN BELHAR TEOLOGIESE INHOUD: Om vrae op te klaar oor die NG Kerk se standpunt oor die teologiese inhoud van die Belydenis van Belhar, word gehoop dat lidmate die studiestuk uit 1988 wat die standpunt help vorm het, sal lees. Die Algemene Sinode van 1986 het aan die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake opdrag gegee om in die lig van Kerk en Samelewing en ander tersaalike stukke, 'n verslag op te stel wat die Belydenis van Belhar beoordeel. Hierdie verslag het vorm gegee aan die aanvanklike standpunt in 1990 dat Belhar nie in stryd met die drie Formuliere van Eenheid is nie, asook die besluit van 1998, wat steeds die amptelike standpunt van die Algemene Sinode is: "Die Algemene Sinode aanvaar dat die Belydenis van Belhar op sigself genome, nie met die Drie Formuliere van Eenheid in stryd is nie. Die volledige studiestuk kan hier afgelaai word (5+MB). 2

WORSHIP CONFERENCE 2015: Communitas en Ekklesia nooi almal na die Worship Conference 2015, n groot konferensie oor erediens en liturgie wat van 17-19 Maart 2015 by Helderberg Gemeente, Somerset-Wes gehou word. Die oorkoepelende tema van die konferensie is God bless Africa: Worship for a Time Like This. Die konferensie word aangebied in samewerking met die bekende Institute of Christian Worship, wat gekoppel is aan Calvin College en Calvin Seminary in Grand Rapids in die VSA. Vier van hulle personeellede (Neal Plantinga, vorige President van die Seminary, asook Kathy Smith, Duane Kelderman en David Rylaarsdam), sal ook optree. Daar word n baie groot verskeidenheid van werkswinkels en seminare aangebied, deur aanbieders uit n wye verskeidenheid van teologiese en kulturele agtergronde en daar sal beslis iets wees vir elkeen, predikers, selgroepleiers, kategete, lofprysgroepe en gewone lidmate. LW: Daar is veral ook baie spesifiek rekening gehou met die behoefte en belangstellings van gewone lidmate - kom leer en gesels saam! Om in te skryf, klik hier en vir meer inligting, kontak vir Joanie Batt @ 021 808 3381, Chrisna @ cmer@sun.ac.za, of Wilma @ 021 808 3624 (wler@sun.ac.za). FEDSAS MEDIAVERKLARING BEHEERLIGGAAMVERKIESINGS: FEDSAS is n vrywillige vereniging van skoolbeheerliggame van openbare skole en staan die behoud en bevordering van gehalteonderwys in dié skole voor. Meer as 1800 openbare skole is reeds lid van FEDSAS. Skoolbeheerliggaamverkiesings begin op 1 Maart 2015 landwyd. Dié verkiesings vind elke drie jaar plaas en is naas die nasionale, provinsiale en munisipale verkiesings die grootste verkiesing van openbare verteenwoordigers in Suid-Afrika. FEDSAS versoek dat die beheerliggaamverkiesings gebruik moet word om ʼn verskil te maak klik hier vir die volledige verklaring. 6. HUWELIKSBEVESTIGING - VOORREG OF FRUSTRASIE?: Hoewel predikante steeds as huweliksbevestigers geregistreer word by die Departement Binnelandse Sake, veroorsaak die uitdagings rondom die administrasie en organisasie daarvan dat hulle toenemend wonder of hulle moet voortgaan om die wetlike aspekte van huweliksluiting te hanteer. Ook in die VSA word hierdie debat gevoer, Christianity Today berig op 26 Januarie 2015 dat een uit vier predikante in die VSA voel dat hulle nie langer die siviele aspekte van huweliksluiting moet hanteer nie. Dis geen eenvoudige saak nie..., klik hier vir die berig. (Dankie aan Grens.Pos - nuusbrief Sinode Oos-Kaap) 7. NUWE PUBLIKASIES: BYBEL-MEDIA: 1 Korintiërs - Om in die wêreld kerk te wees, n 23-weke Bybelstudie vir groepe en individue deur Jaco Thom. 1 Korintiërs is n brief met praktiese raad oor n wye verskeidenheid onderwerpe. Ons wat vandag leef, ervaar nie presies dieselfde probleme as die gemeente in Korinte nie. Die manier waarop Paulus hulle vrae en probleme hanteer het, is egter vandag steeds van toepassing. Die gelowiges in Korinte, ʼn welvarende hawestad waar ʼn groot gebrek aan goeie waardes geheers het, moes talle uitdagings oorkom. In Paulus se antwoord aan die Korintiërs op hulle probleme, leer hy ons wat vandag leef ook hoe om kerk van Jesus Christus te wees in n wêreld wat Hom nie ken nie. Vir enige navrae, kontak vir Amanda van der Westhuizen @ 021 864 8231, of info@bybelmedia.org.za CUM BOEKE: Die bekende boek van Andy Stanley, Enemies of the Heart is nou in Afrikaans beskikbaar as Vyande van jou hart. CUM bied tans vir alle kerke, n promosie-afslag @ R25/boek aan, normale prys is R109.95. Klik hier vir meer inligting. 8. BEROEPENUUS: Ds André Fourie van die NG Gemeente Petrusburg, het die beroep na die NG Gemeente Volmoed, Oudtshoorn aanvaar - sy afskeidspreek is op Sondag 15 Februarie 2015. Ds Johann Els van die NG Gemeente Bloemfontein-Noord (Klipkerk), ontvang emiritaat sy afskeidspreek vind ook op Sondag 15 Februarie 2015 plaas. Ons bid vir beide hierdie leraars die Here se seën toe op die pad vorentoe dankie vir getroue diens gelewer aan die NG Kerk Vrystaat. 3

9. VAKATURES: 1. LERAAR VASTETERMYN (3JR KONTRAK) - NG VIERFONTEIN: Aansoeke word tans vir hierdie pos ingewag klik hier vir meer inligting. Daar bestaan n opsie om ná die drie jaar kontraktydperk, die kontrak te verleng NB! sluitingsdatum is Vrydag 20 Februarie 2015. LERAAR (VOLTYDS) NG HEILBRON-SUID: Hierdie gemeente beskik oor ʼn vakature vir ʼn voltydse leraar die sluitingsdatum vir aansoeke is 28 Februarie 2015, met diensaanvaarding so spoedig moontlik. Klik hier vir volledige besonderhede. Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za klik dan op Meer - Vakatures. HUISMOEDER: Die Vrystaat Nasorgsentrum in Bloemfontein (vir die versorging van verstandelike gestremde volwassenes), wag aansoeke in vir hierdie pos. Die geskikte persoon is n middeljarige, enkellopende persoon met geen afhanklikes. Inwoning is verpligtend en die persoon moet in besit wees van n geldige kode B bestuurslisensie en begrip kan openbaar vir die behoeftes van verstandelik gestremdes. Pligte behels die omsien na die psigiese en fisiese behoeftes van verstandelik gestremdes, skakeling met ouers, administratiewe take wat met die versorgingsfunksie verband hou en vervoer van inwoners. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 23 Februarie 2015 om 13:00. Stuur n volledige CV na nasorg@absamail.co.za, of faks na 051 436 6313 kontaktelefoon nr 051 436 6034/5. 10. NB! HERHALINGS VAN BERIGTE: Kennisgewings en inligting wat in n vorige uitgawe van Vrypos verskyn het, word hier vir jou gerief herhaal - neem asseblief daarvan kennis! 11. VERJAARSDAE: Baie geluk aan die leraars wat gedurende die komende week hul verjaarsdae vier mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees: 13 Februarie: Ds Piet Fourie - BETHLEHEM-PANORAMA - 058 303 3764, 082 463 0379, pietfou@telkomsa.net 16 Februarie: Ds Pieter Nel WARDEN - 058 643 0702, 082 879 1466, pcjnel@gmail.com 12. TEN SLOTTE: Ietsie oor die liefde... en dan..., ook vir hierdie week, die gereelde Eskom grappie! 4

Groetnis, tot volgende keer. THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: kerkinfo@ngkvs.co.za Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821 INDIEN U OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp) AS U VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier (dit sal n fout wees!) Gee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by kerkinfo@ngkvs.co.za stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na hierdie adres VRYWARING / DISCLAIMER Klik hier VAKATURE - LERAAR VASTETERMYN (3JR KONTRAK), NG VIERFONTEIN: Daar bestaan n opsie om ná die drie jaar kontraktydperk, die kontrak te verleng. GEMEENTEPROFIEL: Vierfontein is n klein plattelandse dorpie in die Noordwes-Vrystaat, ongeveer 25 km vanaf Viljoenskroon, 45 km vanaf Bothaville en 45 km vanaf Klerksdorp. Tans bestaan die gemeente uit 220 belydende lidmate en 27 dooplidmate, met drie plaaswyke en 12 dorpswyke. Van hierdie lidmate is 53% ouer as 60 jaar, 34% is tussen 31 en 59 jaar en 13% is onder 30 jaar oud. LERAARSPROFIEL: n Gelegitimeerde predikant in die NG Kerk wat lief is vir die Here en vir die kinders van die Here, opgewonde is oor die bediening op die platteland met n passie vir aktuele Woordverkondiging. Gereelde kontak met lidmate deur middel van pastorale ondersteuning en besoeke, is vir die gemeente belangrik. n Pligtestaat met Artikel 9 van die Kerkorde as basis, sal opgestel word. VERGOEDING: n Totale pakket tussen R25 000 en R35 000 per maand, is onderhandelbaar. n Ruim pastorie is ook beskikbaar. Voornemende kandidate word versoek om n volledige CV en kontakbesonderhede van minstens drie referente aan te stuur. Kandidate moet beskikbaar wees vir n preekbeurt en/of onderhoud. SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag 20 Februarie 2015 RIG AANSOEKE AAN: Die Skriba NG Vierfontein Posbus 1, Vierfontein 2615 of stuur per e-pos aan ajbestersr@gmail.com RIG NAVRAE AAN: 5

Ds Dries Cronjé (konsulent): 056 343 0051 / 082 921 0435 Mnr Johan Bester (skriba): 018 441 0063 (k) / 083 408 5935 Mnr WA Nel: 018 441 0010 / 082 651 4061 VAKATURE LERAARSPOS, NG HEILBRON-SUID: Die kerkraad en Gemeente wag in biddende afhanklikheid van ons Here, vir aansoeke om bogenoemde pos te vul. GEMEENTEPROFIEL: Die NG Kerk Heilbron-Suid is 'n plattelandse gemeente in die Noord-Oos Vrystaat, ongeveer 60 km vanaf die Vaal-Driehoek. Die gemeente bestaan uit 416 belydende lidmate en 83 dooplidmate, waarvan 187 lidmate bó die ouderdom van 60 jaar is. Daar is 'n tehuis vir bejaardes, asook 'n primêre en sekondêre skool binne die gemeentegrense - 20% van die lidmate woon op plase. Die gemeente is vernuwend in sy eredienste en gemeentefunksionering en het dinamiese aksies op die gebied van getuienis, jeug, vroue en diens van barmhartigheid. LERAARSPROFIEL: Die kerkraad en gemeente nooi gelegitimeerde persone in die NG Kerk wat dinamies en geesvervuld is en wat minstens aan die volgende voldoen: n Toegewyde gelowige wat die Here liefhet en dien en geroepe is vir n bediening in n plattelandse gemeente. Leierseienskappe besit met goeie menseverhoudinge wat na lidmate op alle sosiale vlakke en ouderdomme kan uitreik. n Passievolle en pligsgetroue prediker wat eredienste lei as n verrykende ontmoeting tussen God en die gemeente op n ontspanne en informele wyse. FOKUSAREAS: Die Gemeente plaas n sterk fokus op lidmaatbemagtiging- en betrokkenheid. Nomale gemeentebediening met huisbesoek volgens Artikel 9 van die Kerkorde met spesiale klem op Jeugbediening, vorm die basis van die kontrak en prediking. Moet saam met die kerkraad die gemeentevisie laat realiseer. VERGOEDING: Volgens sinodale skaal. Ruim behuising word voorsien. AANSOEKE: U word uitgenooi om n kort CV, vergesel van die name van twee referente, te faks na: 088 0588521990, of e-pos na ngheilbrons@telkomsa.net vir aandag die Saakgelastigde, me H Claassen. SLUITINGSDATUM: 28 Februarie 2015 - diensaanvaarding so spoedig moontlik. NAVRAE: Leierouderling: Mnr Johan van Rooyen 083 7021238 Voorsitter Admin: Mnr Sampie Orton 082 5432141 HERHALINGS: INHOUD 1. ALGEMEEN: BOA (BLOEMFONTEIN OMGEE-AKSIE): Maatskaplike- en ekonomiese probleme raak aan die orde van die dag - hierdie omgee-aksie wat uit verskeie kerke en maatskaplike organisasies in die Bloemfontein-area bestaan, bied in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, die volgende geleentheid aan: Spreker: Dawie Roodt, bekende ekonoom van die Efficient Group Tema: Die wêreld-ekonomie se inpak op Suid-Afrika Datum: Saterdag 21 Februarie 2015 Tyd: 09:30 6

Plek: NG Bloemfontein-Noord (Klipkerk) se saal h/v Aliwal- en 1ste Straat (Arboretum) Toegang: Gratis - Vooraf besprekings is egter noodsaaklik Navraag en besprekings: 051 430 6153 HULLE IS WEER TERUG IN BLOEMFONTEIN!: WÊRELDBIDDAG VIR VROUE - 6 MAART 2015: Die tema vir 2015 is deur die Wêreldbiddagkomitee van die Bahamas saamgestel en is: Jesus sê, Verstaan jy wat ek vir jou gedoen het? Wêreldbiddag vir Vroue (WBvV) is n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders wat elke eerste Vrydag in Maart sáám n gebedsketting in meer as 170 lande vorm. Die Wêreldbiddag strek oor grense en bind mense uit verskillende rasse, kulture en kerke tot groter onderlinge begrip en toewyding. Dit bied aan vroue wêreldwyd die geleentheid om: opnuut hulle geloof in Jesus Christus te bevestig; versterk te word deur die geloofservaringe van Christene uit ander lande en kulture; en ander se laste te help dra deur saam met hulle en vir hulle, te bid. Navrae: Joa van Aarde, tel 011 975 4598, e-pos wwwdp@telkomsa.net vir meer besonderhede. Inligting is ook op die webblad by http://www.wwdp.co.za beskikbaar. UITNODIGING TOT BYDRAES VIR DIE WERK VAN DIE ALGEMENE SINODE SE TAAKSPAN HOMOSEKSUALITEIT: Die Taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk insake Homoseksualiteit, nooi hiermee alle belanghebbendes uit om skriftelik n bydrae te lewer tot die werk van die Taakspan in opdrag van die Algemene Sinode 2013 (... gee opdrag aan die Algemene Sinode Moderamen om in voortsetting van die 2007 verslag oor homoseksualiteit ʼn studie te doen oor die status van selfdegeslagverhoudings in die lig van die Skrif en Gereformeerde tradisie), dit is n ondersoek na die status (juridies en eties) van selfdegeslagverhoudinge. Hierdie bydrae moet asseblief fokus op die status en etiese vrae rondom selfdegeslagverhoudinge. Wat is die voorwaardes waarbinne n verhouding tussen twee persone as eties gelukkend beskou kan word en sluit dit persone van dieselfde geslag uit of in? Beperk asseblief u bydrae tot vyf A4 bladsye en e- pos dit vóór of op Dinsdag 31 Maart 2015 aan algemenesinode@ngkerk.org.za, of pos dit aan, Taakspan Homoseksualiteit, Posbus 13528, Hatfield 0028. NB! Vrystaters word ook uitgenooi na n konsultasiegeleentheid met die Taakspan Homoseksualiteit wat op Donderdag 26 Februarie 2015 vanaf 17:30 tot 19:30 by die NG Gemeente Berg en Dal, Bloemfontein (h/v Albrecht- en Genl Hertzogstraat, Dan Pienaar), sal plaasvind. Indien u beoog om hierdie geleentheid by te woon, bevestig asseblief vóór 24 Februarie 2015 by Rita van Zyl, 051 436 2750 (k), of ngkbergendal@absamail.co.za CLF VROUEDAG OOK NOU IN BLOEMFONTEIN OP 30 MEI 2015!: 7

CLF Vrouedag BLOEMFONTEIN 30 Mei 2015 CLF se gewilde Vrouedag is op baie dames se kalenders iets waarna hulle jaar na jaar uitsien en sommer lank vooruit bespreek. Dié gewilde dag, wat tot dusver nog net in die Boland aangebied is, word DV op 30 Mei 2015 om 09:00 te Kopano Nokeng in Bloemfontein aangebied. Jak de Priester is die gaskunstenaar en Jana du Plessis die gasspreker. 'n Heerlike driegangmaaltyd en 'n bederfsak maak deel uit van dié oggend. Kaartjies beloop R285pp en is ten bate van die Een miljoen Bybels vir een miljoen kinders-projek. Besprekings kan gedoen word by clfbesprekings@gmail.com, of skakel 021 873 0198. Vertel asseblief vir jou familie, vriende en besigheidskennise van die geleentheid sodat hulle ook kan deel hê aan so 'n lekker bederfoggend... of, betaal sommer vir iemand spesiaal die toegangsfooi as 'n verjaardaggeskenk, of gebruik dit vir n spesiale geleentheid wat voorlê. 2. GEMEENTES BIED AAN: NG GEMEENTE ESTOIRE: Hulle bied op Valentynsdag, Saterdag 14 Februarie 2015 om 19:00, 'n heerlike romantiese aand aan saam met die InsideOut Singers dié geleentheid sal in die pastorietuin plaasvind. Koste beloop R150 per paar (enkele kaartjies vir groepe @ R75pp is beskikbaar) en sluit 'n ligte ete in. Besprekings kan gedoen word by Lettie 051 433 2599, of by Robbie 084 401 6117. KUIER LEKKER SAAM MET DIE NG GEMEENTE BRANDFORT: Vir kaartjies en inligting, skakel 051 821 1102, of vir mev Nellie Schutte by 074 888 1346. Gratis uitstalruimtes is beskikbaar vir bespreking hiervan, skakel Max by 082 334 2684. 8

3. KURSUSSE / WERKSWINKELS / OPLEIDING: VERITAS COLLEGE SA (BYBELSKOOL): Kom leer aan die hand van vyf maklike stappe hoe om Bybelinterpretasie te doen wat sal meehelp om die Bybel meer gefokus te lees en wat sal lei tot die beter verstaan van God se boodskap vir jou in jou spesifieke situasie. Indien jou gemeente nog nie by Veritas College ingeskakel het nie, is jy welkom om te kom aanmeld klik hier vir meer besonderhede. KURSUS: N LEWE VAN OORWINNING (Berading en bevryding): Hierdie kursus onder leiding van Pieter en Helene Theron, word deur die NG Gemeente Riebeeckstad-Erfdeel, Welkom (h/v Kennaught- en Dvoraklaan, Riebeeckstad), aangebied. Dit vind vanaf 6 tot 8 Maart 2015 plaas en die koste beloop R400pp (sluit Saterdagmiddagete en n handleiding in). Vir navrae en besprekings, skakel vir Bertie Ferreira by 082 444 8269, of die Kerkkantoor op 057 388 3186 (k/u Di, Do, Vr 08:00 13:00 en Ma, Wo 10:00 13:00). Klik hier vir meer inligting oor die onderwerpe wat behandel gaan word. PASTORALE BERADINGSKURSUS: VERKRAGTING, MOLESTERING EN BLOEDSKANDE: Prof Wentzel Coetzer bied hierdie kursus in Potchefstroom aan op Saterdag 14 Maart 2015. Klik asseblief hier vir al die inligting. ALFA (GESTIG:1987) KURSUS IN PASTORALE OPLEIDING, BERADING EN GEMEENSKAPSDIENS: Hierdie kursus word vanaf 1 Maart 2015 tot 29 Februarie 2016 aangebied. Die teikengroep is studente, predikante, jeugwerkers, onderwysers, maatskaplike werkers, enige professionele persone en persone wat verryk wil word. Persone moet rekenaargeletterd wees of toegang daartoe hê). Vir meer besonderhede hieroor, klik hier registrasie kan tot en met 28 Februarie 2015 geskied. VERITAS COLLEGE SA (BYBELSKOOL): As dit jou eerste kennismaking met Veritas College is, kan jy nog tot en met Woensdag 24 Februarie 2015 kom aanmeld by die NG Gemeente Fichardtpark (Altonasingel, 16). Die klasse word elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 deur ds André Barlow (084 547 9999) aangebied. Module 2 word elke tweede Donderdag aangebied, vir diegene wat reeds Module 1 voltooi het, maar waar dit nie vanjaar in die eie gemeente aangebied word nie. Voornemende deelnemers kan nog tot en met 24 Februarie 2015, ewe-eens kom aanmeld by Altonasingel 16, Fichardtpark om 18:00. Die fasiliteerder is dr Herman Steyn (083 925 4133). Module 3 word elke tweede Maandag aangebied vir die wat Module 2 voltooi het. Die plek en aanvangstyd is soos vir Module 1 & 2. Kontak gerus vir mnr Dirk Taljaard by 083 310 2166 vir meer inligting - die sperdatum vir aanmelding is 24 Februarie 2015. Module 4 word aangebied by NG Kerk Fichardkruin in Fichardtpark, elke tweede Woensdag van die maand om 18:00. Skakel gerus die fasiliteerder, ds Rikus van Zyl by 082 926 6519 vir meer inligting. Voornemende deelnemers kan tot en met 24 Februarie 2015 inskakel. Daar word nie toetse of eksamens geskryf nie en word net deur die Woord gewandel op Super 15 vlak! Die koste verbonde per module, beloop R340pp, of R280 per getroude paar. Alle Module opleiding duur ongeveer een jaar - besoek gerus die webblad by http://www.veritascollege.org/ Vir algemene inligting en verdere navrae skakel vir Herman by 083 925 4133. KURSUS: N LEWE VAN OORWINNING (Berading en bevryding): Van die onderwerpe wat bespreek gaan word, is: Hoekom staan ons nie in n lewe van oorwinning nie? Hoekom hoor ons nie God se stem nie? Die alkoholis, dwelmverslaafde, satanis, heks, verkragter... Selfmoord 9

Innerlike genesing Geestelike oorlogvoering Seksuele gebrokenheid Erfsonde en vloeke Hoekom is Christene nie vry nie? Heavy metal - musiek en die demoniese invloed van satanisme en heksery Kan n Christen dan n demoon hê? Wat is bevryding van demoniese magte? Wat is die oorsaak dat demone toegang tot my lewe kry? Verskil tussen demoniese besete en om n demoon te hê Die berader se lewe Die vyand Demone en hulle eienskappe Die praktiese bevrydingsproses Bevryding op jong kinders Selfbevryding Ondersteuningsgroepe Wie woon dit by?: n Breë spektrum mense woon die kursusse by: geestelike leiers, voorbidders, jeugwerkers, onderwysers en ouers wat nie onkundig wil wees nie, asook sommige wat vir genesing kom. PASTORALE BERADINGSKURSUS - VERKRAGTING, MOLESTERING EN BLOEDSKANDE: In hierdie kursus word gefokus op die pastorale begeleiding van persone wat geraak is deur verkragting, molestering of bloedskande. Aspekte waaraan aandag gegee sal word, sluit onder andere die volgende in: Inleiding, definisies, terminologie en statistieke Verskillende fases van misbruik - tipiese vier fases waardeur die proses gewoonlik beweeg Wat gebeur nadat jy jou storie vertel het? Simptome wat moontlik sou kon dui op onverwerkte seksuele trauma Moontlike konfrontering van die oortreder Die aspek van vergifnis - drie belangrike komponente Pastorale hantering van die trauma - gebed en begeleidingsfase PLEK: Studente Hervormde Kerk Silwerstraat 19 (langs klein kragstasie) DATUM: Saterdag 14 Maart 2015 TYD: 08:00 13:00 (VBO punte vir NG leraars = 5) GPS KOÖRDINATE: Suid: 26.41.590 - Oos: 27.5.079 KOSTE: R250 pp (egpare - R350) HANDLEIDING TE KOOP (OPSIONEEL): R160 (posgeld R25 ekstra) FOOIE KAN INBETAAL WORD BY: ABSA spaarrek: 9061802135 takkode: 335138 reknaam: SE Coetzer NAVRAE EN BESPREKING: 083 660 0409 of 082 577 8810 of 018 294 7457 of e-pos wentzel7@mweb.co.za 150 Jaar - Onblusbaar 10