KAN GOD DIE MENS NOGSTEEDS OP `N BONATUURLIKE WYSE ONTMOET? Ester Blomerus. Maar die NATUURLIKE mens. neem die dinge van die Gees van God nie aan nie;

Similar documents
Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

God se Woord. God se Wil

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Het die Roomse Katolieke Kerk, Ons Werklik die Bybel Gegee?

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

DIE AA NDBOODSKA PPER

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

KRAG VAN TRANSFORMASIE

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Paulus se Verbasende Reise

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Seisoen van die Gees

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

GEBED VIR KERKLEIERS

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

BYBELS-GESONDE GESINNE

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

Waar is die Ware Christelike kerk vandag?

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Is die Bybel inderdaad genoeg as ons wil weet hoe om die Here ons God te behaag en te dien? Of het

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Die kerk van die Woord

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Inleiding: Oorsig oor die Bybel 11

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Deur Christus Alleen

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Kerkgeskiedskrywing: Hoe skryf ons kerkgeskiedenis?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

ANTIPAS HEROUT. OOR ONS ONDERWERP is. No 53 DIE KERK EN DIE STAAT

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Transcription:

KAN GOD DIE MENS NOGSTEEDS OP `N BONATUURLIKE WYSE ONTMOET? Ester Blomerus Maar die NATUURLIKE mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit GEESTELIK beoordeel word. (1 Kor. 2.14) Beskrywing van natuurlik volgens die apostel Paulus: Dit is die tipe mens wat selfs as gelowig kan deurgaan, maar wat nie daardie dinge wat deur die Gees van God aan ons oorgedra word, wil of kan aanvaar nie. Dit is dan die 1

bonatuurlike dinge wat die mens se rasionele rede uitdaag en wat dan net volkome verstaan en begryp sal kan word as ons onsself oop sou stel om die onverstaanbare, onverklaarbare dinge te kan meet aan die vermoë en bestaan van `n onverklaarbare God wie ver bo die mens se beperkte vermoëns verhewe is. God kan dan uit Sy heilige, afgesonderde bestaan tree om die natuurlike mens op sy vlak te kan ontmoet, MAAR dan moet die natuurlike mens bereid wees om te erken dat God wel op bonatuurlike wyse met hom kan ontmoet. Sou dit onmoontlik vir die mens wees om te kan glo dat God se weë die mens se bevattingsvermoë ver te bowe gaan, sal die mens natuurlik in sy beperkte denkpatroon vasgevang bly en dan sal hy homself geestelik verskraal sodat hy dan alles wat geestelik is, net volgens sy eie, vernoude, natuurlike, selfberedeneerde verwysingsraamwerk sal kan beoordeel. Die natuurlike mens sit gevolglik vir homself oogklappe op en dikwels omdat hy bang is om uit sy vernoude kassie, dit is sy oordrewe rasionele denke, te tree. Beskrywing van die geestelike mens : Hierdie tipe mens is `n bevoorregte omrede hy hom kan oopstel om dit wat onbegryplik vir hom is en wat sy verstand te bowe gaan, te kan beoordeel in die lig van wat God aangaande Homself verklaar, naamlik dat Hy ALMAGTIG en ALVERMOËND IS en juis omdat Hy die mens gees, siel en liggaam gemaak het, kan en wil Hy baie graag die mens op `n geestelike dimensie ontmoet teneinde Sy grootheid, Sy onoortreflike Godsbestaan, dit is vergeleke met die beperkte wesensbestaan van die mens, sinvol aan Sy skepsels te kan oordra. Ons behoort tog uit die geskiedenis van Job die onmeetbare verskil tussen God en mens te kan sien. Job verklaar juis dat God die mens in `n diepe slaap kan ontmoet (dit is die sogenaamde REM-slaap en dit is dan daardie geestesstaat waarin die mens wie in God glo en wie homself oopmaak vir God se Geeswerking, drome en visioene van God kan ontvang. (Job 4.13) In Hebreeus is dit,תרדמה uitgespreek as tardêma,... a lethargy or (by impl.) trance: - deep sleep (Strong). Wat ons dan kan aflei, dit is uit die kompakte oordrag van die Ou Testamentiese grondteks, is dat daar `n staat van diep slaap is wanneer die gelowige wel met die bonatuurlike kontak kan maak. Alhoewel trance wat in die algemeen aan psigiese (psychic) ervarings gekoppel word, ook bekend was aan die Ou Testamentiese sieners (profete), dit is tydens hierdie tipe bewussynlose ervarings - die staat waarin hulle openbarings van God ontvang het behoort ons nie spiritistiese heldersiendheid met God se egte openbaring aan Sy gesalfdes te verwar nie (v. Deut. 18.9-14). Dit is met ander woorde, terwyl die profeet sy spesiale visioenervaring met God beleef, is hy TYDELIK afgesluit van sy onmiddellike omgewing en hy gaan dan in `n staat van geestelike belewenis en omrede God dan baie nou met hom in kommunikasie gaan, sluit hy noodwendig af sodat hy optimaal met God kan verkeer. Maar daar is diverse wyses waarop God met Sy volk via die profete ontmoet het en wat dan die optrede van die profeet binne `n gegewe situasie wesentlik sou bepaal het. 2

Dieselfde tipe ervaring was natuurlik ook deur afvallige, kultiese profete belewe. Maar alhoewel die Bybel nie alles vir ons uitspel nie, behoort ons tog te kan besef dat die profeteskap veel meer behels as net blote verbeeldingsvlugte, hallusinasies en delusies, cliche`s wat so dikwels deur die natuurlike mens aan die deur van gesalfdes van God gelê word. Veral vandag! En as God en Sy Seun inderdaad dieselfde bly, waarom het God dan volgens algemene moderne mening weggedoen met hierdie tipe geestelike belewenisse, naamlik spesiale ontmoetings, dit is om Sy raadsbesluite aan Sy profete bekend te maak sodat hulle weer geloof in God se bestaan by die volk sou kon skep (Hos.12.11)? En die doel daarvan is tog duidelik, naamlik om God deur die mens en tot die mens te verheerlik! Die kernvraag is egter: Lê die probleem, naamlik om in bonatuurlike (geestelike) werking te kan glo, nie dalk inderdaad by die moderne Christen self nie en wie dan sy godsaanbidding só verwring het deur vooroordeel en tradisionele oorleweringe, dat hy inderdaad as natuurlik beskryf kan word nie? Feit bly staan: daar was deur die eeue heen, selfs in die vurige eerste eeuse kerklike bedeling, baie wat natuurlik in hulle denke gebly het juis omdat hulle hulleself nooit wou oopstel vir die DIEPER GEESTELIKE DIMENSIE nie, dit is daardie geestelike ingesteldheid waarmee God Sy eiendom inderdaad deur die Krag van die Heilige Gees toegerus het, al was dit dan net om prototipes binne die samelewing aan te stel om Sy werklikheid onder die volk van God lewend te hou - dit is veral verwysend na sieners en profete maar as ons eerlik wil wees raak God se uitbeweging die volle werking van die Gees van God en wat dan bo alle twyfel al NEGE besondere Geesgawes, dit wat God by die mens as eg en werklik sou tuisbring, behels (1 Kor. 12). Wie behaag die Here? Die natuurlike mens wat alles op `n wetenskaplike, rasionele wyse wil verklaar, of die geestelike mens wat deur die Gees van God gelei sal word omrede hy homself ontvanklik maak daarvoor hy onderwerp Hom gelowig en gehoorsaam aan God se groter gesag en inset naamlik vir bonatuurlike belewenis? Daar was gewis en seker deur die eeue heen baie skade en skande aan sogenaamde Heilige Gees-belewenis gekoppel. Tog, behoort ons nie die kaf van die koring te kan skei nie? Paulus spreek tog sy hoop in God uit, naamlik... dat Hy wat `n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus (Fil. 1.6). God sou dan die gelowiges tog sekerlik ook met geestelike insig (wysheid) toegerus het sodat hulle geloof nie net om aannames sou gaan nie (1 Joh. 2.27)! Maar soos wat sake huidig op die geloofsfront gaan, bevind gelowiges hulle skynbaar in `n geestelike dilemma, dit is nou hulle wat daarna strewe om God te behaag, naamlik om geestelik te DINK en te DOEN volgens Sy oorgelewerde wil en om met Sy Gees toegerus te wees sodat Sy Koninkryk enduit teen die mag van die Duisternis staande sal kan 3

bly (Hand. 1.8), Ons belewe gewis `n frantiese geskarrel na die Geesgawes (en veral die profete- en die apostelskap) en dikwels is dit wat aan ons opgedring word, niks anders nie as AFVALLIGE BELEWENIS, ook `n wanpersepsie van God se Woord! Maar die ware geestelike mens, wat Woordgebonde bly (!), sal wel altyd deur God se Gees gelei word, dit is hoe om tussen die kaf en die koring te kan onderskei! Let veral op die apostel Paulus se direksie:... sodat julle onberispelik en opreg kan wees (kan bly), kinders van God sonder (geestelike) gebrek te midde van `n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld (Fil. 2.15). Die Gawes van die Heilige Gees vandag en gister Dit is nie net vandag dat die Geesgawes in gedrang gekom het en dikwels deur die mens se toedoen skeefgetrek word nie! En dit is ook nie net vandag wat die kind en die badwater by die deur uitgegooi word net omrede negatiewe ervarings dikwels `n algemene verskynsel is nie. Maar ons behoort altyd, ten spyte van baie negatiewe dinge wat wel deur die mens se toedoen aan bonatuurlike werkinge en Geesgawes gekoppel kan word, in gedagte hou dat daar altyd `n egte kant van die saak ook is. En die geestelike mens, daardie een wat dan deur God gelei wil word en nie deur menslike insettinge en voorskrifte nie dit wat selfs Jesus se bediening intens gedwarsboom het SAL in staat gestel word deur God self om die goeie te behou! Dit is as ons gedurig sal waak en bid! Feit is, ons kan nie die heilige Gawes, dit wat deur die kruisdood van Jesus na ons toe gekom het nie, deur die bril van die natuurlike mens beoordeel nie (Hand. 2.33)! Hierdie tipe waterskeiding was van meet af in die liggaam van Jesus, dit is tussen eg en oneg, die vormgodsdienstiges aan die een kant, teenoor hulle wat die Lam wil volg WAAR HY OOK LEI en wat sake gevolglik altyd geestelik sal beoordeel of ten minste sal strewe om dit te doen. Toe ek byvoorbeeld onlangs weer die Westerse Tekstradisie nagegaan het, het ek opnuut tot die besef gekom dat daar, ten spyte van baie aannames van egtheid versus afvallige invloed wat deur belangrike tekskundiges gemaak word, `n anti-heilige Gees kultuur van meet af in die Kerk van Jesus in plek geval het en wat subtiel, tog sigbaar vir diegene wat bereid is om dieper te kyk, aan die werk was om `n dooie, vormgodsdiens, dit is gestroop van bonatuurlike ervaring, aan die nageslag oor te dra. Hierdie onderwerp vereis natuurlik verdere bespreking maar kyk gerus na die volgende uittreksel (Blomerus). Die volledige boek word baie kortliks op die webwerf bespreek. (As lesers meer oor hierdie boekreeks wil weet, kontak ons via hierdie webwerf). (60) DIE PSYCHICS (HELDERSIENDES) SE VISIOENE GEMEET AAN `N EGTE GODSBELEWENIS : 4

Die gnostiese sektes het aan towery geglo en ook visioene en drome ontvang maar hierdie duiwelsgeïnspireerde visioene behoort nooit verwar te word met Bybelse (of Heilige Gees geïnspireerde) gesigte en visioene van God nie. Paulus verwys in 1 Tim. 4.1 van leringe van duiwels en hierdie tipe belydenisse sou dus in sy tyd al gemanifesteer het. Die okkultisme sou dus ook en juis omdat die Esseners Joods-heidens was - in hulle belydenisse ingebed gewees het en as ons hulle belydenisse vanuit n Oosterse persepsie sou benader, sou dit vir baie Christene esoteries (openbarend) eerder as duiwels wees. Daarom behoort ons gelowiges altyd n skeidslyn tussen Bybelse openbaring en sataniese (demoniese) werking te trek. Visioene is ingebed in die Judaïsme want die profete het hierdie tipe ervarings gehad. Dit kom ook in die Nuwe Testament voor. Job verklaar dat God met die mens in n diepe slaap ontmoet en dit is so dat ons juis ons drome gedurende ons REM fase ontvang (=ons diep slaap.) Hoewel Job niks van ons moderne mediese navorsing af geweet het nie, het hy hierdie tipe slaap beskryf. Paulus het gesigte van God ontvang, Agabus was n Nuwe Testamentiese siener ( n profeet) en Johannes het op die eiland van Patmos sy apokaliptiese werk deur visioene van God ontvang. Die gode was beskou as die vals front waaragter duiwels hulleself verskuil gehou het en natuurlik met die doel om mense te mislei en om oor hulle n skrikbewind uit te oefen. Selfs jong Christene was dan bewus van die sataniese mag van duiwels want die Christene was, soos Paulus dit in sy briewe vermeld, in hulle vorige lewenswandel afgodedienaars. Hulle het dus nie probleme gehad met die konsep van duiwels nie en die afgodiese tempels was natuurlik die plek van duiwels. Ons behoort egter hierdie saak baie objektief te benader. Aristides verwys duidelik na heidense tempels maar volgens Tertullianus blyk dit dat die gnostiese sektes ook deel gevorm het van die katolieke en wie dan op daardie stadium nog die breë, algemene, kerklike stroom was wat uit verskillende tipes sektes bestaan het en wat veral na die heengaan van die apostels floreer het (Blomerus). Almal het aanspraak gemaak op die Christelike geloof maar tog was die oorgrote meerderheid van hierdie sektes nie apostolies nie en hier behoort ons die apostoliese briewe, veral Paulus en Johannes s n, te raadpleeg. Die post-apostoliese kerk, sogenaamd, het toe begin konsolideer en bekend begin staan as katoliek, wat in die algemeen (in general) beteken en dit was n etiket wat eintlik maar n beskrywing was vir algemene Christelike belydenis tot en met die vierde eeu n.c. toe dieselfde algemene kerk vanaf Konstantyn die Grote onder een sambreel verenig het en Staatkundige erkenning geniet het. Tot op daardie stadium het die postapostoliese Kerk nog nie deurgaans dieselfde liturgie onderskryf nie ofskoon Rome toe al n wakende oog oor kerklike voorskrifte gehou het. Volgens Carrington was die verskillende liturgieë maar eers teen ongeveer die vyfde eeu n.c. geïntegreer en toe belydenisse gesuiwer was van afvallige leringe. Tog, weereens, behoort ons ook hier objektiwiteit te behou veral in aggenome apostoliese en post-apostoliese belydenisse. Al die sektes wat toe onder hierdie een sambreel verenig het of 5

dan geleidelik onder hierdie gesag ingevou het - was derhalwe nie gnosties nie (= n generiese konsep wat volgens n graderingsskaal beoordeel behoort te word omdat sommige van hierdie tipe sektes meer Christelik-paganisties in hulle belydenisse was as ander wat dan baie meer heidens was) maar dit was juis die gnostiese sektes wat, soos reeds na verwys, ook visioene en drome ervaar het. Tog behoort ons nie uit die oog te verloor nie dat, midde-in hierdie konglomeraat van uiteenlopende, Christelik-heidense standpunte en belydenisse, en in die oorhoofse katolisistiese post-apostoliese era, daar sekerlik ook Christene sou gewees het wat nogsteeds apostolies in hulle benadering tot die geloof was. Tot en met Nicaéa (325 n.c.), het almal nie voor Rome se gesag gebuig nie, soos byvoorbeeld Tertullianus. Net soos wat daar vals en egte profesie was, so sou daar dus valse en egte visioene gewees het en die kriterium vir egtheid het natuurlik verband gehou met waarheid, of dan die Gees van Waarheid soos die apostel Johannes daarna verwys. Profesie visioene is n uitvloeisel van die gawe van profesie want daarom het die Ou Testamentiese profete ook bekend gestaan as sieners - behoort ook nooit net in die lig van prediking, wat ook geïnspireerd kan wees, beoordeel te word nie want die profetiese woord waarmee ons kennis maak in die Handelinge van die Apostels, spreek duidelik van salwing wat direk van God gekom het soos wat ons dit dan ook in die profeet Agabus, selfs Paulus, Petrus en Silas se bedieninge na vore sien tree. Paulus groepeer eintlik talespraak en profesie saam in 1 Thes. 5.19-20. Die uitblus van die Gees sou dus na dit wat bekeerlinge ervaar het, en soos wat ons dit in veral Hand. 19 lees, verwys het. Die woord psychic (heldersiendheid) kom, soos dit voorkom, vanuit die gnostisisme en baie openbaringsgelowe wat ook op drome en gesigte aanspraak maak, vind aansluiting by hierdie geloofsfilosofie. Dit is dus okkulties en glad nie Bybels nie. Dit is tog jammer dat die kind saam met die badwater uitgegooi word juis omdat kerktradisie net mooi alles omtrent die Gees-werkinge (dit is nou verwysend na Bybels gefundeerde Heilige Gees-werking) uitblus. Gevolglik word Heilige Gees-werking in die algemeen met psychic -geïnspireerde werking (of duiwelsgeïnspireerde verskynsels en manifestasies) verwar. Dit is net asof 1 Joh. 4.1 altyd integraal tot die Christelike geloof sal staan juis omdat die Gees-werkinge dit wat Jesus aan ons gegee het na Sy kruisiging en opstanding volgens Hand 2.33 - so vatbaar is vir kontaminasie en daarom maak ons dikwels kennis met n gekontamineerde beeld van die Heilige Geesgawes op persoonlike sowel as kerklike vlak (die Torronto Blessing wat in die negentigerjare begin manifesteer het in die Kerk van Jesus Christus is n sprekende voorbeeld van Oosterse kontaminasie). Geestelike kontaminasie vind ook nooit in isolasie plaas nie, hoewel dit dikwels in isolasie ontstaan en dan prolifireer totdat dit die hele deeg versuur het. As een tipe kontaminasie eers aan die gang gesit word, vind daar dikwels n kettingreaksie plaas en dan floreer dwaallering ook. Dit is soms ou dwaalleringe wat dan weer na vore tree sodat inskerping dan weer opnuut plaasvind. Die gewilde Alfa-kursus met die ou Roomse 6

tradisie van n onverstaanbare Triniteit wat op die spits gedryf was, is n sprekende voorbeeld hiervan (Gumbel). Dit is nie altyd maklik om op spirituele vlak valsheid van egtheid te kan onderskei nie juis omdat diegene wat gekontamineerd raak met leringe van duiwels (=manifestasies wat nie ooreenstem met die gesonde leringe van die apostels van Jesus nie), ook die Christelike geloof bely maar tog bou hulle baie duidelik nie op daardie fondasie wat Paulus aan ons voorhou nie (1 Kor. 3.12+). Dit is dan presies wat met die post-apostoliese kerk gebeur het en dit was veral die geestelike impak van afvallige belydenisse wat die apostoliese waarheid-belydenis verander het in n leuen. Gevolglik het die Kerk van Jesus toe ontaard in n vormgodsdiens wat veral alle gemeentelike Gees-werkinge verwerp het en duidelik omdat dit, soos vandag, as anti-intellektualisme beskou was en natuurlik ook omdat daar soveel vergrype op hierdie gebied plaasgevind het! Die apostels van Jesus en hulle volgelinge het baie nou met die Here geleef en daarom was hulle Heilige Gees-ervarings eg en werklik (Vorige besprekings in hierdie verband verwys en veral Boek 7 (Blomerus). As ons inderdaad wil terugkeer na daardie geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer was (dit wat vanuit die Bovertrek gekom het en waarna die apostel Judas verwys) behoort ons die belangrikheid van veral Paulus se lering voor oë te hou (1 Kor. 15.1-2; Hand. 2). Daar is genoegsaam vir ons in die Nuwe Testament verhaal om ons n goeie idee te gee van hoe die Gees-gawes in die eerste eeuse Kerk geopereer het (1 Kor. 12). Die Bybel verwys na die Heks van Endor - n spiritis - wie duidelik omgang met duiwels gehad het. Dit is daardie tipe gees-werking wat sterk deur God in veral Deut. 18.9-14 afgewys word. Weereens, vir die wedergebore Christen moet spiritisme altyd volgens Bybelse kriterium beoordeel word. Paulus gee ons baie goeie leiding oor die noodsaaklikheid van die bonatuurlike werkinge van God in die Christelike gemeentes. Volgens hom sal wat ten dele is dit is alles wat tot hierdie lewe beperk word en wat derhalwe ook die nege Geesgawes insluit - waaronder profetiese drome en visioene dan ook ressorteer en natuurlik ook verkondiging van die Woord - eers by die wederkoms van Jesus tot niet verklaar word. Nie voor dan nie! (1 Kor. 13.10). Kerke wat gevolglik Christen profete beperk tot en met n sekere fase in die kerklike geskiedenis, verkondig duidelik dwaallering. Ook hulle wat profesie uitsluitlik tot die verbale woord beperk, dit is voorbereide leringe en prediking, verkondig n belydenis wat deur Rome en haar monargale episkopaat in die Christelike leer ingebring is - Ignatius van Antiochië se skeiding tussen die Kollege van die Twaalf Apostels en die Kollege van die Biskoppe (Blomerus). Dit is strydig met Jesus se belofte. Hy het belowe dat Hy by Sy volgelinge sal bly tot by Sy terugkeer (Mat. 28.20). God sal dus ook profete en profetesse salf en aan hulle drome en 7

visioene gee met boodskappe wat van Hom kom tot by die wederkoms van Jesus juis omdat die Heilige Gees wat Hy in die Oppersaal uitgestort het, ook vir die wat daar ver is bedoel was. Maar dit sou net voortduur solank as wat die Kerk dit sou toelaat; derhalwe Paulus se sinvolle vermaning : Blus die Gees nie uit nie, verag die profesieë nie 1 Thes. 5.19-20). Die verwarring wat in die Kerk van Jesus plaasgevind het rondom die profetiese gawes (= dit is die sogenaamde Krag-gawes of die verbale gawes wat dan talespraak, uitleg van tale en profesie is), het nie van God gekom nie, maar dit was aangewakker deur valse leraars wat nie by die apostoliese leer gebly het nie. Ongelukkig het ons ook net n eensydige rekord van profesie wat deur dieselfde Kerk verag en uitgeblus was. As ons byvoorbeeld na profesie wat vanuit die Montanistiese beweging gekom het kyk daar was verskillende vertakkings van hierdie beweging, ook een in Rome en selfs Tertullianus het n lewenslange vriend onder hierdie beweging gehad en hyself was tot op n stadium lidmaat daarvan behoort een en elke profesie wat verhaal is, nie net summier as vals beskou te word nie (Blomerus). Israel het dieselfde met hulle profete gedoen! As ons byvoorbeeld dink hoedat daar onder andere, en op die aard van die Opebaringe van Johannes (Apokalips), na rampe en katastrofes wat die aarde sou tref, verwys word - ook inaggenome die Ou Testamentiese profete se lang uitstaande profesieë waarvan sommige nogsteeds hangend is behoort ons ook nie haastig te wees om veral biskopale beoordeling wat duidelik alles gou in vervulling wou sien, as ware maatstaf te beskou nie (v. die Montanistiese beweging). Profesie, en nog veel meer soos dit voorkom, talespraak, was nog altyd die stiefkind van die Kerk van Jesus Christus juis omdat (weereens!) kontaminasie op hierdie gebied gewoonlik prolifireer. Dit is dus die Kerk wat hierdie gawes uitroei en nie Jesus nie. Hou in gedagte dat Paulus in sy briewe teen sulke uitroeiing gewaarsku het (1 Thes 5.19). So ook is die verwysing in Sagaria dat n profeet deur sy eie ouers verwerp moet word as hy dit nog sou waag om te profeteer, duidelik van toepassing op die koms van die Messias want dit is Jesus wat dan persoonlik en met die merke in Sy hande, onder Sy volk sal wandel en hulle blinde oë sal oopmaak (Sag. 13.5). Dan eers sal profetiese voorskouiings (iets wat as n hulpmiddel vir die Kerk van Jesus gestuur was en wat duidelik nie net tot die apostoliese eerste eeuse kerk beperk was nie) nie meer nodig wees nie, want dan sal die ware Profeet in die midde van Sy volk, ook Sy bruid uit die heidendom, staan! (Open. 21). Dan het die voleinding van die aardse bestel vir die mens wat vanaf die kruisiging van Jesus onder Genade gestaan het, aangebreek. Om dus toegewyde Christene wat visioene en drome van God ontvang, te verwar met openbarings van heldersiendes, spreek nie alleenlik van diepe onkunde nie, maar so n houding het enorme skade aan die Liggaam van Jesus wat veronderstel was om dinamies en Heilige Gees-geïnspireerd te bly totdat Jesus weer terugkeer, gedoen.ook die mite 8

van n laaste profeet is iets wat Christene moet afwys want sulke tipe verkondiging berus gewoonlik op ikoonaanbidding asook op foutiewe interpretasie van die Bybel. Weereens, Jesus het belowe dat Hy by ons sal bly tot aan die voleinding van alle dinge, en dit is waarom Hy gawes aan Sy Kerk geskenk het toe Hy opgevaar het in die hoogte (Mat. 28.20; Ef. 4.8). Ongelukkig blyk dit dat die Kerk meer notisie van Freud neem as van die Bybel hy het drome met onopgeloste konflikte vereenselwig en dit is iets waarop ware Christene wat die ware Jesus wil bely tot en by Sy wederkoms, gedurig op bedag behoort te wees juis omdat die oordrewe klem op intellektualisme binne die Kerk van Jesus dikwels die direkte oorsaak is van die uitroei van nie alleenlik die Gawes van die Heilige Gees nie, maar ook die etikettering van gesalfdes wat God nog wil gebruik om geestelike leiding binne Sy Kerk te gee (1 Kor. 12; 1 Kor. 14; 1 Thes. 5.19-20 met verwysing na die biskopale mag soos bespreek onder Didache, Boek 8 (Blomerus). Die kenteken van ware (Heilige Gees-gesalfde) profesie is die vervulling daarvan, maar profesie is ook net vir die gelowige wat dikwels God se voorgeskrewe vereistes eers moet nakom - en veral in geloof moet bly volhard- alvorens die vervulling daarvan kan of sal realiseer. Derhalwe Paulus se voorskrif dat profesie nooit verag moet word nie want veragting is ongeloof wat God mishaag (Deut. 18; 1 Kor. 14; 1 Thes. 5.19-20). Sedert die Katolieke Kerk vanaf veral die derde eeu n.c. die Heilige Gees-gawes binne die gemeentes uitgeroei het en net biskopale leringe (intelektuele preke) voorgeskryf het, het die Kerk van Jesus geestelik verval en ironies, het moontlik net die geneigdheid tot ondersteuning van, of n affiniteit vir, die okkultisme oorgebly (vandag word daar gefokus op meditasie). Wat ook deeglik voor oë gehou behoort te word as die Heilige Gees-werkinge nagestrewe word in gemeentes, en veral met sataniese manifestasies soos die Torronto Blessing (wat teen ongeveer 1994 uitgebreek het) in gedagte, ook meditatiewe gebede en spiritisme wat ook die liggaam van Jesus binnegedring het, is dat die voorbeeld wat die Apostels van Jesus vir ons in die Handelinge-geskrif nagelaat het, nagevolg behoort te word en natuurlik ook hulle briewe (Judas v3). Die inwerkingstelling van die Heilige Gees-gawes vereis toewyding en aflegging van sonde omdat sonde en biddeloosheid n vatbaarheid vir satan se werking skep want dit skei ons direk van God. Getroudheid aan God se voorskrifte en die apostoliese belydenis, is ook noodsaaklik omdat dit die Gees van Waarheid aanwakker (Joh. 14.17; Joh. 15.26). Daar is sekerlik niks so walglik vir God as gemengde offers nie maar daar is ook min dinge so gevaarlik vir Christene as die manifestasie van satan binne die gemeentelike samekoms. Daarom behoort Christene wat in die Naam van Jesus vergader om die ware God te aanbid, terugkeer na die waarheidboodskap want ons kan alleenlik deur Jesus oorwin. Aanvullend tot voorafgaande uittreksel, die volgende : Tot en met die tyd van Samuel was die profete sieners genoem maar tog het hierdie 9

bewoording vir alle profete gegeld. Die profeteskap het nog nooit ten einde geloop nie, alhoewel ons behoort te besef dat daar baie afvallige profete is net soos wat die valse apostelskap ook gedy. Daar is, volgens die Heilige Skrifte, net twaalf spesiale gestuurdes van Jesus (apostels). Dit is hulle wat deur Jesus persoonlik onderrig was en wie die Christelike geloofsfondasie vir ons gelê het. Ware apostelskap gaan gepaard met spesiale kentekens maar die vereiste was ook om Jesus persoonlik (!) te gesien het. Paulus het `n baie kennelike ervaring met Jesus op Damaskusweg gehad (v. gerus na Hand. 9; 2 Kor. 12.12; Judas v.3). Bronverwysings: CARRINGTON, Phillip, The Early Christian Church, The Syndics of the Cambridge University Press, London, N.W.l, l957 (Vol. 2). BLOMERUS, Ester, Die Christelike Geloof, Sy Grondslag en Ontplooiing, Eerste Hersiene Uitgawe, Derde druk, 2010 (`n PDF reeks bestaande uit agt boeke). GUMBEL, Nicky, Soeklig op die Geloof, Struik Christelike Boeke, Afrikaanse vertaling, 1997. Die Bybel in Afrikaans, Vierde uitgawe (naslaan) 1957. STRONG, James, The Exhaustive Concordance of the Bible, ref. 8639, Hendrickson Publishers Februarie 2012 http://www.housealtarnetwork.com 10