BADISA dien mense in nood al vyf jaar

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

BADISA. Spieël Mirror. Ds Averell Rust het op 1 Maart 2007 as BADISA se. Nuwe Hoof Uitvoerende Beampte aangestel. BADISA kry besoek van departemente

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Jesaja sien die Toekoms

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Josua - van jongs af n leier

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Die Anglo-Boereoorlog *

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Called to serve: Southern Africa and all its people a perspective on the implementation of the Declaration 2002 of the Dutch Reformed Church

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Seisoen van die Gees

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Die impak van VVA in die jaar wat was. Tien Tafels en Tshehang Development and Training Centre IN DIE KOLLIG: KERSFEES PROVINSIALE NUUSBRIEF

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Profetiese woord vir 2017 en verder

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Die plek en rol van bejaardes in die Bybel met spesifieke toepassing op die praktyk 1. Prof. dr. GDS Smit 2

Dawid die Skaapwagter

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

RIGLYNE VIR WÊRELDVIGSDAG EREDIENS SONDAG 30 NOVEMBER (OF SONDAG 7 DESEMBER 2008)

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

ONS GEE OM VENNOOTSKAP VIR GROEI. mpa JAARVERSLAG

Ontmoeting met NG Kerk-Ringe, Oos-Kaap, Julie en Augustus Hoe kan die Kerk 'n rol speel in die onderwys?

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

DIE AA NDBOODSKA PPER

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

OKTOBER 2016 Die Kandelaar Bls. 1

NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus Kempton-Kruin vier 40 jaar!

Januarie :00 Erediens. 8 09:00 Erediens (S7) SKOLE HEROPEN

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Empathy Ouerhandleiding

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

LoveGodGreatly.com 1

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Inhoudsopgawe. Inleiding. Agtergrond. n Teologie van diens. Dienste gelewer. Begunstigdes. Visie vir dienslewering. Befondsing

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Transcription:

BADISA Spieël Mirror! Gesamentlike Bediening van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland) A joint ministry of the DR Church (Western and Southern Cape) and the URCSA (Cape) INkonzo edibeneyo ye NG Kerk (yentshona nomzantsi-kpa) ne URCSA yasekapa Jr 5 - Nr 1 - April 2008 Privaatsak X8, Bellville 7535 Tel: (021) 957-7130 Faks: (021) 957-7131 e-pos: cjswart@kaapkerk.co.za NPO/OSW 011 891 BADISA dien mense in nood al vyf jaar BADISA het op 1 April 2008 amptelik vyf jaar oud geword en dié mylpaal sal in die loop van 2008 by verskillende geleenthede gevier word. Dit was met huiwering dat die NG Kerk Maatskaplikedienste en die VG Kerk se Diakonale Dienste toestemming van die sinodes gevra het om te amalgameer. Daarna is baie vergaderings gehou om almal in te lig en deel te maak van die proses. Een van die belangrike stappe wat ons moes neem, was om te besluit op n naam van hierdie gesamentlike bediening van die twee kerke. Verskeie name is voorgestel, maar uiteindelik is daar op BADISA besluit. Dit wat n samevoeging is van BArmhartigheid, DIens/Diakonaat en SAam. Sonder dat ons dit geweet het, is BADISA ook n Tswana-woord wat Herder of Versorger beteken. Op 28 Januarie 2003 het die NG- en VG Kerke n ooreenkoms onderteken wat die oordrag van die verskillende programme na BADISA moontlik gemaak het. Na die amptelike vestiging van BADISA, was daar by verskeie saamtrekke seremonies waar eenheidskerse deur verteenwoordigers van programme aangesteek is. Die omskakeling na BADISA was op party plekke nie baie dramaties nie. Op ander plekke moes BADISA voormalige programme begelei om saam te smelt tot een program aangesien die staat dit nie toelaat dat twee programme op een dorp funksioneer nie. Een van die belangrike insette deur die bestuursprogram die afgelope vyf jaar, was om personeel en programme toe te rus en te bemagtig om die doel van BADISA uit te leef, nl om as waardegedrewe bediening met Jesus Christus as voorbeeld te streef om kwaliteitsdiens aan mense en gemeenskappe te lewer. BADISA dien ons naaste in nood deur omvattende en ontwikkelingsgerigte maatskaplike programme wat verbruikers in staat stel om optimaal te funksioneer. BADISA stel ook effektiewe netwerke in plek vir noodleniging en gemeenskapsontwikkelingsprogramme. Links teken die aktuarii van die NG- en VG Kerke die ooreenkoms vir BADISA se vestiging in 2003. Ander: Kerse is by verskillende samekomste aangesteek. Elke BADISA program is gevra om plaaslik n gesellige geleentheid te hou om die verjaarsdag te vier. Aan die einde van Augustus word n feesdiens in Bellville gehou waar ons die Here wil dank vir die afgelope vyf jaar van seën. Klokkedag herinner aan Hemelvaart Hemelvaart is nie meer n openbare vakansiedag in Suid-Afrika nie. Om die gemeenskap van Hemelvaart bewus te maak, het BADISA vir die tweede jaar n geleentheid gereël wat ons Klokkedag noem. Die gedagte met Klokkedag is dat lidmate en die publiek genooi is om op 1 Mei n klein klokkie te dra as getuienis oor die betekenis van dié dag. Gemeentes is ook gevra om op 1 Mei om 12.00 die kerkklokke te lui om sodoende die wêreld te herinner aan die betekenis van Hemelvaart. BADISA programme, gemeentes en groepe vrouelidmate het meer as 22 000 klokkies aangekoop en versprei. Programme gebruik die wins met die verkoop van die klokkies om hulle dienste uit te brei.

Besoekers aan BADISA 2 Presbiteriane praat saam oor MIV en vigs n Groep lidmate van die Presbiteriaanse Kerk in die VSA het BADISA besoek om te verneem hoe die kerke in Suid-Afrika die MIV en vigs uitdaging aanpak. Die tema van hulle besoek was AIDS in Africa, a time of hope and challenge. Party deelnemers het Afrika in die verlede al besoek en wou hulle kennis oor MIV en vigs in die deel van die wêreld uitbrei. Ander lede was kundiges op die terrein van MIV en vigs in Amerika en wou uitvind hoe die pandemie in Afrika hom afspeel. Die gesprek is ingelei deur n voorlegging deur ds Nelis du Toit (van CABSA) wat ook die sekretaris van die Vigstaakgroep van die VG- en NG Kerke in die streeksinode is. Hy het die breë prent en die uitdagings wat MIV en vigs aan die kerke stel, geskets. n Hele aantal BADISA programme in die platteland bied as deel van hulle program dienste aan persone wat deur MIV en vigs geaffekteer of geïnfekteer is. Sothemba is egter die enigste program wat uitsluitlik op die pandemie fokus. Sothemba Vigsaksie werk veral in die Noordelike voorstede van Kaapstad. Hulle het n groot aantal beraders wat by klinieke voor- en na-toetsberading doen. Jackie Pondo, een van Sothemba se koördineerders, het die Amerikaners ingelig oor Jackie Pondo, middel agter saam met die Presbiteriane hierdie en ander programme wat aangebied word. Sy het vertel dat hulle ingerig is om by hulle kantore kliënte vir die virus te toets. n Ander diens wat Sothemba lewer is om by sakeondernemings programme te loods om die stigma teen MIV en vigs af te breek en personeel te begelei om getoets te word. Persone met vigs word ook in ondersteuningsgroepe opgelei om krale- en naaldwerk te doen. KerkinActie vat hande met BADISA Ds Rust, Sietske Renting, Ronel van Zyl en Rommie Nauta in gesprek oor KerkinActie se vennootskap met BADISA. BADISA het onlangs besoek ontvang van die bestuurders van KerkinActie se programme in Suid-Afrika. KerkinActie is die Protestantse Kerk in Nederland se Bediening vir Diens en Getuienis. Ronnie Nauta en Sietske Renting was baie beïndruk met die omvang en verskeidenheid van BADISA se werk.hulle ondersteun vir die volgende jaar programme vir voorskoolse versorging. KerkinActie het ook aangebied om vrywilligers in Nederland te werf wat by BADISA programme kan werk. Leraars uit Duitsland doen navraag oor nood en barmhartigheid Di Dietmar Arends en Antje Donker van die Evangelies Gereformeerde Kerk in Duitsland het BADISA in Bellville besoek. Ds Arends is die voorsitter van hierdie kerk se Kommissie vir Barmhartigheid, terwyl ds Donker tans by die Beyers Naude Sentrum op Stellenbosch aan n projek oor ekonomiese geregtigheid werk. Beide wou graag weet hoe die NG- en VG Kerke omsien na mense in nood en hoe gemeentes by barmhartigheid betrokke is. Die wyse waarop BADISA gestruktureer is, was vir die besoekers nuut aangesien wetgewing in Duitsland anders is as in Suid-Afrika. Di Carl Swart, Antje Donker, dr Johan Botha (KGA) en ds Dietmar Arends

3 Fokus op Kinderhuise In die BADISA familie is daar ses kinderhuise wat saam meer as 750 kinders versorg. Die kinderhuise is: Durbanville Kinderhuis, Andrew Murray Kinderhuis in Wellington, Steinthal Kinderhuis in Tulbagh, Huis Van Heerde in Moorreesburg, Bright Lights in Pofadder en Die Herberg Kinderhuis in Robertson. Twee studeer maatskaplike werk Twee oud-inwoners van Bright Lights studeer tans maatskaplike werk by Hugenote Kollege. Die betrokke meisies, Jo-anne Haai en Ingrid Pheiffer doen nou hul prakties by die kinderhuis. Hulle wou graag terugkom na die kinderhuis, om soos Ingrid dit stel, na alles wat die kinderhuis vir my gedoen en beteken het, is dit meer net as reg dat ek op hierdie wyse iets terugploeg. Kinders vereer die Here deur geestelike dans by Bright Lights Die Geestelike Dansgroep by Pofadder Kinderhuis is daarop gemik om kinders en jongmense op n geestelike vlak te ontwikkel. Dié dansgroep is deur n soortgelyke groep van Brandvlei opgelei en touwys gemaak. Nou tree hulle gereeld by eredienste op en lewer vertonings aan besoekers by die kinderhuis. Die positiewe beeld wat die groep uitdra is nie net n aansporing vir ander kinders en jongmense nie, maar is tot stigting van mense se geestelike lewe en tot eer van God. Kinders vermaak deur tromslaan Bright Lights doen baie om die kinders in hul sorg, nuwe vaardighede aan te leer. So het daar twee baie unieke projekte tot stand gekom wat in groot aanvraag by die publiek is, naamlik n Trommeprojek en n Gumboots -dansgroep. Beide die groepe doen dit nie slegs vir ontspanning en terapeutiese redes nie, maar vermaak die publiek elke keer wanneer hulle optree. Hulle is al na verskeie geleenthede genooi op op te tree. Elke keer is daar groot waardering vir wat hulle vermag. Steinthal moet ver ry vir vakansie Huis Van Heerde se nuwe jeugleier Sandra Fortuin, n inwoner by Huis Van Heerde op Moorreesburg is onlangs tot hoofdogter by die Vaardigheidskool op Saldanha verkies. Haar leierseienskappe en innemende geaardheid het Sandra n natuurlike keuse vir hierdie verantwoordelike rol gemaak. Sandra wil graag na matriek verpleging gaan studeer. Die afgelope vakansie het Steinthal meer as 130 kinders uitgeplaas by familie of vakansie ouers. Slegs 22 kinders was tydens die vakansie in die kinderhuis. Om al die kinders veilig tuis te kry, moes die kinderhuis se bussies meer as 5000 km aflê. Daar is verskillende rigtings gery: Namakwaland en Weskus toe, Kaap toe, na die Overberg, Ceres Karoo en baie dorpe in die Boland. Kinders van die Suid-Kaap en die Karoo is met die trein of ander openbare vervoer huis toe gestuur. Na die vakansie moes die proses herhaal word om almal weer by die kinderhuis terug te kry. Steinthal is baie dankbaar vir al die gesinne wat hulle huise oopgestel het vir kinders. Dit is belangrik vir die kinders om die bande met hulle familie en gemeenskap te versterk.

4 Die VG Kerk op Middelburg was jare lank baie bekommerd oor die verwaarlosing en agteruitgang van bejaardes in die gemeenskap. Daarom het die destydse Diakonale Dienste meer 25-jaar gelede begin voorbrand maak vir die oprigting van n tehuis. Na baie onderhandelinge met die staat is Huis Silwerjare uiteindelik in November 1997 in gebruik geneem. Die tehuis het met 23 inwoners begin, maar huisves nou 54 gestremde en verswakte bejaardes. Mnr Rowayne Williams, die bestuurder, sê dat daar bykans 3000 bejaardes in Midros en Kwanonzame is. Ongelukkig is baie van hulle ongeletterd en word hulle maklik die prooi van ander Fokus op Bejaardes & HUB Middelburg hou oog oor bejaardes Die HUB aan die woord Henry Chadwick, n gesaghebbende geskiedskrywer noem in sy boek, The Early Church, dat een van die redes waarom die vroeë Christelike kerk so geweldig vinnig gegroei en uitgebrei het, te danke is aan die kerke se betrokkenheid by barmhartigheid. In aansluiting hierby, is dit verblydend dat ons kerke, NG- en VG Kerke saam met ander kerkgenootskappe vandag steeds hierdie besondere en eeu-oue tradisie, om betrokke te wees by noodlydendes, voortsit. Dit word al hoe meer duidelik dat die kerklike gemeenskap as n sosiale instelling n baie meer betekenisvolle rol kan en behoort te speel in die opheffing van ons gemeenskappe. By twee onlangse konferensies wat ek bygewoon het, is die betrokkenheid van Godsdiensgemeenskappe en Geloofsgebaseerde Organisasies by die Diens van Barmhartigheid beklemtoon. Die tema van die een konferensie was, Why is the poor still with us?. Die rede waarom die armes steeds met ons is en daar n groeiende gaping tussen rykes en armes is, het natuurlik baie te make met die regeringsbeleid in hierdie verband. Ons is egter te geneig om die vinger te maklik na die regering te wys. Dit is noodsaaklik dat ons mede-verantwoordelikheid aanvaar vir die toestand waarin baie van ons mense hulleself bevind. Die verantwoordelikheid van die Christen-gelowige, die kerk en geloofsgebaseerde organisasies, waarvan BADISA een is, kan nie geringskat word nie. Die ander konferensie wat die eerste in sy soort is in terme wat hulle pensioene probeer misbruik. Die Midros Dienssentrum voorsien verskillende dienste aan bejaardes op Middelburg. Hulle is geregistreer om op weeksdae 100 uitry-etes te voorsien en bied ook verskillende programme aan om bejaardes te stimuleer soos uitstappies, speletjies, oefeninge, gesondheidspraatjies, kwartaallikse verjaardae, fisioterapie en handvaardigheid. Een van die geleenthede waaraan bejaardes met vrymoedigheid deelneem, is wanneer hulle oor hulle jeug praat. Jacob Gwegwe vertel dat hy op n plaas in die distrik groot geword het. Die familie het gereeld indabas gehou oor die opvoeding van die kinders. Die kerklike gemeenskap behoort n baie meer betekenisvolle rol te speel in die opheffing van ons gemeenskappe Huisgodsdiens was n moet. Pa het die Bybel gelees waarna elke kind moes bid. Vrydag- en Saterdagaande was dit tyd om stories te vertel. En soggens vroeg moes ons die donkie aansteek sodat die plaashuis warm water kon hê, vertel hy. Bejaardes onthou boererate Tjar-tjarbostee vir n gladde vel; Wilde-als vir die hoes, Koorsbossie (Katjie-drieblaar) om n koors te breek; Volstruiseierdop om winderigheid en ongestelde maag van babas mee te behandel en Brandbossie om wonde mee te was en droog te hou. van die wye verteenwoordiging vanuit verskillende godsdiensgroeperinge het gefokus op die kwessie van drank en dwelmmisbruik (Middelafhanklikheid) wat ons gemeenskappe vernietig. Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling is begerig om sterker bande met die Godsdienssektor te vestig. Dit het by die konferensie duidelik geblyk dat die kerklike gemeenskap oor die kundigheid, kapasiteit, infrastruktuur en hulpbronne beskik om selfs n groter bydrae te kan lewer. Daar is meer as 10 000 vrywilligers by BADISA se werksaamhede betrokke, waarvan die meerderheid lidmate van die NG- en VG Kerk is. BADISA is die voertuig waardeur die twee kerke hul verantwoordelikheid tov Diens van Barmhartigheid wil beoefen. Ons bereik jaarliks meer as n miljoen mense. BADISA beywer hom om die eeu-oue tradisie van Diens van Barmhartigheid effektief te behartig. Tog besef ons dat daar nog soveel is wat ons behoort te doen. Ons vertrou dat u ons hierin behulpsaam sal wees. Neem daarom vrymoedigheid om by ons BADISA programme in te skakel of om ons te kontak. Martin Luther het gesê: n Christen is absoluut vry: meester van almal; onderdanig aan niemand. n Christen is ook absoluut gebonde: dienskneg van God en diensbaar aan almal. [Uit: Die groot boek van Christelike aanhalings deur Nina Smit] BADISA se bankbesonderhede BADISA, ABSA (Parow-tak), Rek. no. 4057204463

BADISA - 5jaar - Loof die Here BBADISA, die kerke se voertuig om Christelike Barmhartigheid te bewys, vier vanjaar haar vyfde bestaansjaar. Ons loof die Here dat Hy deur swakke mense, ander in nood aanraak. Word vandag nog n vennoot in hierdie aksie om kinders, gesinne, bejaardes en gestremdes te versorg. Gee aan persone met MIV en vigs of dié wat aan drank of dwelms verslaaf is, weer hoop. " Ja, BADISA, kan op my steun staatmaak. Ontvang hiermee my geskenk van: " R45, " R65, " R125, " R ( n ander bedrag) Die NG- en VG Kerke reik deur BADISA uit na kinders en bejaardes. Met u ondersteuning sal ons selfs beter diens lewer. Stuur asb jou bydrae aan: Die Direkteur, BADISA, Privaatsak X8, Bellville 7535 NPO 011-891/PBO 930006348 Mei 08 Magtiging vir n Debietorder aan BADISA (NPO 011-891/ PBO 930006348) Titel, Naam en Van: Adres: Kode Tel/Sel: ( ), E-pos: Ek/ons wil graag per debietorder die bedrag van R aan BADISA skenk. Ek/ ons magtig BADISA om te reël dat my/ons bankrekening gedebiteer word. Betaling: Op die eerste dag van elke maand vanaf 1/ /20 of kwartaalliks of jaarliks. Bankbesonderhede: Rekeningno: Bank: Tak(kode): Tipe rekening: Tjek / Spaar / Transmissie (merk tipe rekening) Handtekening: Datum: Dié opdrag bly van krag totdat ek dit skriftelik kanselleer. BS/Maart 2006 BADISA as gesamentlike bediening van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaapland) en die VGK (Kaapland) is waardegedrewe met Jesus Christus as voorbeeld. Ons lewer kwaliteitsdiens aan mense en gemeenskappe. Daar is 152 BADISA-programme wat fokus op kinders en gesinne, vroue, bejaardes, persone met chemiese afhanklikheid, gestremdes, MIV/vigs en armoede. BADISA ontwikkel saam met gemeentes effektiewe netwerke vir noodleniging en gemeenskapsontwikkelingsprogramme. Stuur aan: Die Direkteur, BADISA, Privaatsak X8 Bellville 7535 Of skenk deur die BADISA webtuiste te besoek en te klik op Maak n Bydrae